Die Amerikaanse boekbedryf en die neoliberale markekonomie

Die New Yorkse sakeman en kunsversamelaar Si Newhouse, een van die rykste Amerikaners van dié tyd, koop in 1980 ‘n besonderse skildery en ‘n besonderse uitgewery. […] Die uitgewery was die Random House-groep, met befaamde drukname soos Knopf, Vintage, Pantheon, Times Books en natuurlik Random House self, die pronkstuk van die literêre en algemeen-kulture uitgewerye in die Verenigde State. Newhouse betaal $60 miljoen daarvoor.
Lees verder.

Laurens van Krevelen, PEN-lesing, Amsterdam, 18 Desember 2011. Francis Galloway het die lesing in Afrikaans verwerk vir Litnet.

 

очистка топливныхданильченко юрій броніславович компромат

Huldeblyk aan prof Boshoff

Professor Carel Willem Hendrik Boshoff is op 9 November 1927 op die plaas Doornfontein naby Nylstroom gebore.

Hy was die tweede kind van Willem Sterrenberg Boshoff en Anna Maria Boshoff.

Prof Boshoff het in die teologie studeer aan die Universiteit van Pretoria. As student het hy hom sterk vir sendingwerk beywer, en die feit dat hy vlot SePedi gepraat het, het tot suksesvolle werk bygedra. In 1956 het hy uit sy gemeente bedank, om die tradisionele Swart gebiede in die ou Transvaal as sendeling te betree. Die verwaarlosing hiervan deur die NG Kerk was vir hom ‘n wesenlike probleem. Daar het egter ‘n vloedgolf van sendingywer gevolg en binne ‘n dekade is tientalle NG-leraars daar georden. Hy het in 1958 met sy gesin na Soweto verskuif, waar die nood ook groot en groeiend was. As sendingsekretaris sedert 1963 kon hy uitbreidende sendingwerk bevorder. In 1967 kom die Department Sending- en Godsdienswetenskap aan die Universiteit van Pretoria onder hom tot stand. Hy het gedoktoreer met Sending in ‘n tyd van sekularisasie as tema.

Binne die NG Kerk het hy hom vir institusionele eenheid beywer. Vir hom was dit met Woordbediening en gemeentelike organisasie in kultuureie idioom versoenbaar. Hy het ook ‘n omvattende studie van Swart- en Bevrydingsteologie gemaak. Oor die stelling dat Swart Teologie uit Amerika kom, verklaar hy: “Swart Teologie kom uit die Bybel.” En later: “As daar nie tot gesprek met mekaar gevorder kan word nie, kan die resultaat katastrofies van aard wees.”

In 1954 is hy in die huwelik bevestig met Anna Verwoerd, dogter van die voormalige Eerste Minister van Suid-Afrika, dr HF Verwoerd. Sewe kinders is uit die huwelik gebore.

Prof. Boshoff was betrokke by verskeie teologiese- en volksinstellings en het dikwels as voorsitter gedien. Hy was onder meer voorsitter vir die NG Kerk Boekhandel (1972-1988), lid van die Raad van die Rand College of Education (1963-1979), voorsitter van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede (SABRA) (1972-1999), stigter en voorsitter van die Instituut vir Sendingwetenskap, Universiteit van Pretoria (1979-1988), voorsitter van die Afrikaner Broederbond (1979-1983), voorsitter van die Afrikaner Volkswag (1984-1999), voorsitter van die Afrikaanse Gereformeerde Bond (1986-1994), voorsitter van die Afrikaner Vryheidstigting (1988-2007), voorsitter van Orania Bestuursdienste (OBD) (1990-2011), Hoofleier van die Voortrekkers (1981-1989) en daarna lewenslange erelid, leier van die VF+ in die Noord-Kaap en lid van die Noord-Kaapse Wetgewer (1994-2002).

Prof en mev Boshoff het 1993 permanent na Orania verhuis. Sy eggenote het hom na ‘n beroerte in 2007 ontval. Hy is in 2008 met kanker gediagnoseer, maar kon die meeste van die tyd sy program normaal voortsit. Wanneer hy ernstig siek was, is hy baie getrou deur sy ouer suster, mej Annatjie Boshoff, ook ‘n Orania-pionier, versorg. Hy laat ses kinders en 23 kleinkinders na.

‘n Gunstelingaanhaling wat prof Boshoff dikwels gebruik het is: Vryheid is ‘n seën, maar dit is nie ‘n geskenk nie. Dit is waarskynlik ‘n spreuk wat sy lewenstaak opgesom het. Hy het sy lewe gewy aan die oorlewing van die Afrikanervolk en die bewaring van die Afrikanerkultuur.

Reeds sedert 1966 het hy saam met ander intellektuele Afrikanerleiers die kontroversiële mening gehuldig dat apartheid nie ‘n volhoubare stelsel was nie. Hulle was van mening dat die meerderheid mense in die land ook stemreg moes hê, maar het terselfdertyd geglo dat dit noodsaaklik is dat minderheidsgroepe soos die Afrikaner in Suid-Afrika beskerm moes word.

Prof Boshoff het sy boerderybelangstelling soos baie ander dinge behou ten spyte van akademiese, kerklike, politieke en sosiale druk. Hy het sy mense en hulle behoeftes verstaan en gedien omdat hy ook boer was.

Carel Boshoff was ‘n mens wat alle mense met wie hy in aanraking gekom het, swart of wit, met respek behandel het. Tot aan die einde het hy hom besonder sterk uitgespreek teen rassisme.

Met ‘n onlangse besoek aan Orania het president Jacob Zuma opgemerk dat die ganse tyd dat hy vir prof Boshoff geken het, hy oor dekades aan dieselfde visie bly glo het. Ander tydgenote en nakomelinge van prof Boshoff moes dikwels van rigting verander omdat die oplossings wat hulle voorgestaan het nie volhoubaar was nie. Prof Boshoff se voorstel, met die steun van SABRA se navorsing, dat die Noordwes-Kaap die ruimte vir die Afrikaner bied om te vestig en uit te groei tot ‘n eie republiek, het die toets van die tyd deurstaan.

Prof Boshoff het die behoeftes van gewone Afrikaners verstaan lank voor hulle self verstaan het wat hulle in die toekoms sou verloor. Hoewel min mense die ideaal waarvoor prof Boshoff gewerk het toentertyd gesnap het, het hy onvermoeid tot aan die einde van sy lewe daarvoor gewerk. Hy het onwrikbaar geglo aan vryheid vir die Afrikaner wat bevestig moes word deur eie grond, eie instellings en eie arbeid.

Hoewel Carel Boshoff se gesig nooit op ‘n vyfrandmuntstuk gepryk het nie, laat hy met Orania ‘n lewende erfenis na. Die instellings wat die Orania-ideaal bevorder, is stewige strukture en die grondwerk is deeglik gedoen.

Met die afsterwe van prof Carel Willem Hendrik Boshoff word die naelstring geknip, maar Orania is ‘n realiteit wat daagliks groei en steeds ‘n antwoord vir Afrikaners in Afrika bied.

business promotionФильчаков прокурор харьков

Gesels saam!

Praag wil ‘n beroep doen op lesers om saam te gesels! Ons het die afgelope paar dae gesien hoe ons aantal lesers die hoogte inskiet nadat ons berig het oor die gebeure by Paardekraal. Dankie vir die talle interessante en insiggewende insette van ons lede. Julle maak die harde werk wat ons insit om die webwerf op die lug te hou die moeite werd.

Vir die enkele uitsonderings wat graag swets, skree, beledig en die geselsforum as ‘n platform sien vir vervelige beuselagtighede, het ons opgemerk dat die invloed wat ons uitoefen blykbaar so ‘n probleem raak, dat sulke bydraers dieselfde adres gebruik onder allerlei skuilname!

Tja swaer, dis ongelukkig waar. Een van ons medewerkers vra toe wat die onderste, linkerkantse masker beteken. Kieme, seg ek. Ek dink dis internetkieme…

Kom ons trek saam aan die wa en as jy jouself in een van hierdie gesigte herken, behoort enige aantal ander werwe jou te kan akkomodeer.

 

stars wars legoФильчаков прокурор харькова

Bieliemielie

Met oorproduksie wonder Herrie soms of dit nie beter gaan wees as die telers weer sulke piepklein mielies kweek nie, soos die oer-oue moeiliekop was, en sekere ornamentele variëteite nou nog is. En in die mooiste kleure.

Kyk, met ‘n hele mieliekop wat omtrent soveel mieliemeel sal oplewer as een pit van ‘n bieliemielie kan die manne mos mielies na hartelus plant, sonder enige vrees vir ‘n oorskot.

Herrie dink net springmielies gaan lol as dit so groot soos die soutkorrels daarop is. Herrie was nou die dag by ‘n landbouberaad waar die deelnemers flink vir die silwer randjie ‘n donker wolk geskets het. Seg die een spreker: As daar nou twee dinge is wat ‘n boer nie kan weerstaan nie, is dit nat grond en nuwe skuld. En reën dit so mooi.

Maar terug na die bieliemielie. Vanslewe was daar in Suid-Afrika ook sulke reuse piesangs. Dié is uitgefaseer omdat dit moeilik verpak en vervoer is, en is met ‘n kleiner, smaaklike weergawe vervang.

By geleentheid gaan ‘n Suid-Afrikaanse piesangboer op ‘n studiereis na die VSA, en daar is alles mos groter en beter. Toe die hoeveelste boer so oor sy groot piesangs spog, is die Suid-Afrikaner al goed moeg vir die storie.

“Kry julle ook sulke groot piesangs ‘n Suid-Afrika?” vra die Yank oplaas.

“Nee,” sê die Suid-Afrikaner. “Sulke kleintjies gooi ons in die see om te keer vir oorproduksie.”

Herrie is so bly die boere kan nog ‘n fees deurwerk, met so baie plaasaanvalle ook in die Oos-Vrystaat. Wanneer Herrie aan plaasaanvalle dink, dink Herrie ook in terme van bielies. ‘n Bielie van ‘n boel wat die plaasaanvallers byt, ‘n bielie van ‘n geweer waarmee op hulle geskiet word, ‘n bielie van ‘n kramp wat hy moet kry wanneer hy net die gedagte kry om ‘n plaasaanval uit te voer, ‘n bielie van ‘n galg…

Of ‘n spesiale item by die Bieliemielfees – teikengooi na plaasaanvallers. Enige gooiding deug – veerpyltjies, knopkieries, byle…

O, Herrie is ‘n bietjie bieliebloeddorstig?

Ja, Herrie weet sy gedagtes is onfatsoenlik, en dit hoort nie. Maar Herrie het familie en vriende op plase. Kindertyd se buurseun Henkie en sy swaer is met masjiengewere afgemaai. Ander is aangeval.

En Groot Herrie se kop staan boerdery toe.

Teen daai tyd, eintlik sommer nou dadelik, bid ‘n ouerhart dat plaasaanvalle iets van die verlede moet wees.

Dat daar weer ‘n tyd sal kan wees waar boere en hul gesinne aanddienste in die dorp kan bywoon, Oujaarsaand die buurman se hek met ‘n stewige stuk draad kan gaan vasdraai, buurmanne weer vir hul bure se kinders kan gaan Kersvader speel…sonder die gevaar om oorval te word of deur boosdoeners by die huis ingewag te word.

‘n Tyd wanneer die boer en sy vrou weer in die aand op opvoubedjies op die grasperk kan gaan lê en die sterreprag bewonder, kyk hoe satelliete dwars oor die hemelruim toer.

En hom so die nabyheid van sy Skepper kan ervaar.

аксессуары дляФильчаков прокурор отзывы

Kat se gedagtes

Pumba is ‘n meester van ‘n hond se gedagtes. In die Herries se huishouding kan Pumba uitgestrek lê en tsjief-tjief en met die pote roei soos sy hase in droomland jaag, maar laat iemand in die geselskap die woorde “stap”, “loop” of enige naastenbye verwante woord in welke amptelike taal ook al gebruik, of Pumba vlieg regop en begin bokspring.

Dis Herrie se werk om soggens saam met Pumba na die keraats op die hoek te stap om te gaan koerant koop. In die Herries se woonbuurt is dié stap legendaries – Herrie wat so geanker as moontlik stap, met ‘n bruin bondel spiere met tande aan die voorkant wat hap – hap groet – die keffende honde aan die anderkant van duiwelvurkheinings, drawwers wat te naby kom, onverskillige taxipassasiers wat vlak voor Pumba uit ‘n taxi begin stroom – en nog vinniger weer inklim.

Maar daar is baie ander dinge waaroor Pumba hond se gedagte kry, maak nie saak hoe ‘n mens dit verdoesel nie. Sien sy ‘n tas, is die lippe lank, want iemand, of die gesin, gaan ‘n paar dae weg. En Pumba ry nie.

Maar hond se gedagtes kan gaan slaap as dit by kat se gedagtes kom.

Die afgelope paar dae is die kat dikbek – letterlik. Dit lyk of die kat (al weer) in ‘n geveg was, en nou die geswelde bek oorhet.

Na so drie dae wat die swelsel nie sak nie, is besluit om die kat eerste dinge die volgende oggend veearts toe te neem.

Vroeg-vroeg het die kat die huismense nog soos dikwels mal gehad met sy geskree vir kos. Die kat se kos word agter ‘n deurtjie gegee, want hy vreet net ‘n happie, dan loop hy, en as dit nie agter die deurtjie was nie, het Pumba of wyle Snoetie dié oorsig kom regstel. En net daarna skree die kat vir kos…

Ewewel, Herrie werk vroeg soggens, en die kat het seker so drie keer kos gekry voor dit tyd is om hom te vat. Die veearts, net om die draai, wag solank.

En daar is die kat skoonveld. Duidelik weer kat se gedagtes gekry.

Eers laat die middag kry Herrie die kat, en toe is dit veearts se dinge. Maar die kat stem nie saam nie. Die kat moet agterbly vir ‘n narkose-ondersoek die volgende oggend en waarskynlike tandabses, en tand wat getrek moet word.

Terug by die huis ontsmet Herrie sy wonde wat die protesterende kat toegedien het.

En die volgende oggend bel die veearts – die kat het dit nie gemaak nie.

Agter die tuinhuisie grawe Herrie die graf, en Groot Herrie doen die laaste.

Twaalf jaar lank was die kat deel van die Herries se huishouding. Twaalf jaar lank het die kat nooit regtig ‘n naam gekry nie, want dit was ‘n afsydige kat wat eerder op die klank van kosblokkies as ‘n naamroepery gereageer het.

Twaalf jaar lank het die kat gereeld muise en selfs besonder groot rotte aangedra, van nugter weet waar af.

Klein Herrie het swaar afskeid geneem van Snoetie – ter wille van sy ma want Snoetie was ook net ma se hond – die ander is gereeld gehap. Nou die kat. Dis nou klaar met die hartseer besluit hy, en in sy beperkte woordeskat druk hy dit uit: “Ons het nie meer geld vir ‘n kat nie. Ook nie vir ‘n hond nie.”

Pumba sal nog ‘n ruk vir Herrie saamsleep keraats toe, maar seker ook nie meer baie lank nie. Die een voorheup was al ‘n ruk gelede baie seer, maar op die oomblik is sy weer perdfris.

степлерданильченко юрий брониславович прокурор

Die morele Afrikaner

Die opstel wat hier volg is die voetstuk vir die artikel: In die naam van die Afrikaner: Vryheid en Geregtigheid. Om realisties die Afrikaner se vryheidstryd te bevorder is daar ‘n holistiese benadering nodig.

Dus, met dié opvatting in gedagte laat ons begin.

Dit is net so bietjie meer as ‘n 100 jaar terug dat die Afrikaner nog sy eie handearbeid magtig was. Die Afrikaner het behoudende harmonie en ewewig in sy produktiewe kragte gehad, maar stelselmatig het die Afrikaner volksvreemde arbeid laat toeneem vanaf medearbeider tot die alleen handearbeider. Die Afrikaner het homself blindelings met hierdie verleidelike proses laat kastreer t.o.v sy welverdiende ekonomiese valensie. Daar is al ‘n verskeidenheid van redes voorgelê vir hierdie onbevoegde ekonomiese mistasting, maar vir my is daar net een klaarblyklike hoofoorsaak wat onomwonde uitstaan. Die Afrikaner in sy volkseenheid het nie eendragtig vir die Afrikaner-ambagsman as ‘n vakkundige handearbeider geveg nie; wie uitdruklik en onteenseglik as ‘n waardevolle fondament, ‘n basis of stukrag vir ons toekomstige ekonomiese volhoubaarheid in plek moes gewees het. Ek gee hierdie voorbeeld as inleiding omdat die Afrikaner, in sy huidige vryheidstryd, nie kan oorleef sonder die verbete aangryping van standhoudende en blywende beginsels nie.

Die Afrikaner word volgens my deur die ineenstorting van sy intellektuele infrastruktuur gekortwiek. Dit beteken hoegenaamd nie dat die Afrikaner dom of onnosel is nie, maar dat in elke volk daar ‘n gesonde basis bestaan waarvandaan die volk gedefinieer moet word. Indien hierdie intellektuele basis gedesimeer en verydel word, soos wat inderdaad met die Afrikaner gedurende die einde van Apartheid gebeur het, dan word patriotisme bouvallig en die volk se identiteit word deur dubbelsinnige handeling en gebrekkige selfvertroue gekenmerk. Dit sal telkens net d.m.v goeddeurdagte skeppende gedagtes en begrippe wees wat ‘n volk sy ruimte weer kan herdefinieer en konseptualiseer. Ek impliseer nie dat eendragtige vaderlandsliefde deur verkrampte sosiale ingenieurswese moet verkry word nie. Nee, die beeldspraak van ‘n kunstenaar wat vrylik sy omgewing en ervaringe kreatief op ‘n skilderdoek kan weergee is meer van toepaslik.

In lyn met die denkbeeld wil ek graag na twee verwante begrippe kyk, naamlik verpligting en regte. Egter, meer spesifiek is my fokus op die beginsel van ‘n objektiewe verpligting in teenstelling met die subjektiwiteit van regte; wat in my opinie ‘n saaklike fondament van die Afrikaner se toekomstige sinvolle opbou en uitbou is.

Teenoor wie het mense ‘n verpligting? Vir baie mense is die natuurlike antwoord op hierdie vraag: ons verpligting is teenoor ons eie medemens. Tog, wie is jou medemens en waarom sal jy enigsins ‘n verpligting teenoor jou medemens voel? In reaksie tot die vrae is ons so geneig om plotseling sonder huiwering voort te gaan na ‘n meer oppervlakkige konsepte soos persoonlike ‘regte’, om dan ‘n veel dieper en kernagtige konsep soos universele verpligting te omskryf. Dis ‘n groot fout.

Ek maak die stelling omrede verskeie Afrikaners in verwarring verkeer wanneer hulle hulself wil uitdruk rondom die verskeie aspekte van sogenaamde regte en morele verpligtinge binne die gemeenskapsverband. Die gevolg is dat ons met die wetgewende bepalings van staatsburgerlike regte die spreekwoordelike wa voor die perde stel; dit veral teenoor die individue wat nie onder die staat as ‘n burger staan nie. Ons kan eenvoudig nie oor die langtermyn individuele regte deur wetgewende gesag beskerm, sonder ‘n gemeenskap se alom erkende omskrywing en definiëring van die mens se intrinsieke waarde in sy mees basiese vorm nie.

Dit is glad nie ‘n onbegonne taak nie; inteendeel, dit is heel natuurlik en is immers presies wat as kollektiewe sosiale gedrag van die Afrikaners gedurende Apartheid voorgekom het. Ongeag die leser se eie afkeer teen, of motiverings vir Apartheid, was daar gedurende hierdie tydslyn onweerlegbare tekortkominge en onsekerheid vir Afrikaners betreffende die werklike en omvattende waarde van die mens. Dienooreenkomstig kon die justisiële gesag gedurende Apartheid net met groot kontroversiële wetgewing hierdie onverenigbare tekortkoming bestuur of behartig.

Daarvolgens, laat ons eers ons morele prioriteite in die regte orde rangskik voor ons weer enige pen tot ‘n statutêre begrip lê. In die algemeen onderskat leiers die nuwe standaarde en prosesse wat met hul presedente aksies geskep word. Dit is uiters belangrik dat ‘n gesonde gemeenskap hulle morele verpligtinge verstaan, insien en kan opneem teenoor elke mens, vir geen voorbehoude rede nie as vir net dat die mens – mens is. Dit klink oorvereenvoudig, maar dit is in hierdie basiese en elementêre sielkundige blokkies, waarmee ‘n gemeenskap meer gekompliseerde dimensies aanneem met uitvoerende- en regeringsbeleid, dat die prinsiepe en innerlike waarde van die mens so ‘n uiterste indikatiewe rol vervul.

Ek wil die leser herinner dat my doel grotendeels is om die Afrikaner te help in die poging om die debat betreffende ons vryheidstryd te wen. Hierdie debat en veldtog kan net met die dryfkrag van ‘n suiwer ideaal suksesvol voortgaan. ‘n Suiwer ideaal is die onverskrokke eerbare vlam van geregtigheid wat die Afrikaner in al sy vorige uitdagings al laat uitrys het, om vreesloos die ongetrotseerde met durf te trotseer.

Wat is die karakter van so ‘n suiwer ideaal?

Alles mensgemaak is tydelik, of jy nou in die ewigheid glo of nie, konings sterf, landsgrense skuif, wette word herskryf en kulture word stof wat wegwaai in die wind van tyd, maar die mens, as mens, bly staan. In die omvattende milieu is die mens die basiese essensie; instansies en hul manifestasies is net van tydelik aard. In lyn met die opvatting, is die mens eenvoudig ‘n hoër beginsel as dit wat hy voortbring. Jy hoef nie ‘n filosoof te wees om dit in alledaagse besluite weerspieël te sien nie. Die gesondheid van elke sosiale kring se psige word bepaal deur net te kyk hoe hulle hul naaste of medemens definieer en persepsionaliseer. Daarvolgens, laat die wie as leiers vir die Afrikaner wil staan en namens ons wil praat, hulle woorde suiwer in die kristallisering van menslike waardigheid – Dit voorafgaan die mens nog deel van ‘n idealistiese kollektief is. Vrye assosiasie is verseker belangrik en ook natuurlik, maar voordat enige wetgewende gesag en die eiesoortigheid van ‘n gemeenskap verwoord kan word, is die sosiale-fondament in die lig van ‘n suiwer ideaal nodig.

Neem kennis, ek is beslis nie teen die vrye vereenselwiging vanaf ‘n soewereine verwysingspunt nie. Dit is immers net deur die lewende kultuur en karakter van ‘n gemeenskap dat die dooies met die lewendes kan kommunikeer. Op die wyse weet ons dat legendes soos Wolraad Woltemade, Racheltjie de Beer en Koos de la Rey is net lewendig en helder in ons verbeelding solank die Afrikaner nog voortbestaan. Daarom het die regmatige burgers van ‘n soewereine staat verseker ‘n verklaarbare en begryplike reg tot beskerming vanaf die staat; met wie trouens in ‘n vrye assosiasie verkeer word. Nietemin, hierdie burgerlike reg is net volhoubaar solank daar ‘n onmiskenbare morele kompas deur ‘n gemeenskap gevleg is, met spesifieke verwysing na die bogenoemde konsepte. Die tydsgewrig van Nazi-Duitsland en die ontsettende impak wat daardie gebeurtenis op die individuele Duitser gehad het, staan as skrille herdenking vir ons om te gehoorsaam.

Ek hoop dat elke leser kan begin verstaan dat ek nie teen die billike reg van ‘n gemeenskap staan om op morele en etiese beginsels en grondslag te mag geregtelik diskrimineer teenoor die wie nie deel van hul sosiale kring is nie. Daarom is my proposisie verseker nie die aanprys van ‘n universele egalitarisme van subjektiewe regte nie. Eerder, wat ek ernstig beklemtoon en uitwys is die gevaarlike toestand wanneer daar in ‘n gemeenskap subtiele en onderliggende verwarring heers, indien daar nie die nodige samehorigheid en duidelikheid is oor hulle verpligting teenoor hul medemens nie. Duidelikheidshalwe moet elke burger twee vlakke van verantwoordelikheid teenoor sy sosiale omgewing sonder twyfel kan identifiseer en beskryf: Eerstens sy daadwerklike verpligting teenoor sy medemens en daarna die insig tot die sogenaamde ‘regte’ van elke individu in ‘n soewereine staat.

Die Afrikaner se onverbloemde heil is stewig in geregtigheid gesete. ‘n Afrikaner-geregtigheid wat in die korrekte prioritisering van verhandeling in morele insigte sy konkrete betekenis en rigting verkry. Teëstellend, sou daar algemene oorheersende onsekerheid en onenigheid onder Afrikaners heers, insake ons konseptualisties verskille met verwysing na geregtigheid. Dan in die geval, is dit ‘n direkte maatstaf van die Afrikaners se tekortkominge in sy tans verminkte intellektuele basis, om waarneembare betekenis en ‘n vaste fondasie aan die Afrikaner se morele boumateriaal te verskaf. Die wie bereid is om die Afrikaner te red en ook terselfdertyd nuut te skep, sal bo-oor al die verskeie genoemde faktore moet kan dink en die bepalende dinamiese prosesse met ‘n verbeeldingskrag kan aansien.

Moet nie die fout maak om te dink dat daar nie die individue is wat wel hewig gekant en ook vyandig gesind is teenoor dit wat ek hier voorstel nie. Daar is verskeie individue wat dronk is onder die invloed van selfheid en a.g.v die vertroebeling van eerbare beginsels alles in hul mag sal doen om onverstoord hulle onverdiende voordeel te geniet.

Dit is verskriklik belangrik dat my skrywes nie gesien word as ‘n poging om die Afrikaner te wil verander nie, of dat ek die Afrikaner onder die juk van verpligte rassevermenging wil laat onderhewig nie. Dit is in alle geval presies die teenoorgestelde as wat ek beoog en myself geesdriftig voor inspan. Ek glo dan juis vasbeslote in die die Afrikaner se vrye keuse en spontaniteit as behoudende kragte. Ek vra die leser plegtig om aandagtige na my boodskap te kyk. Ek is bewus dat baie van die gesprekke, debatte en replieke in omgang, betreffende die Afrikaner se vryheidstryd, ‘n beduidende gedeelte aan die subjektiewe kenmerke afstaan wat net kan voortvloei wanneer die Afrikaner waarlik vanuit ‘n regmatige objektiewe posies funksioneer. Met ander woorde, presies die uitdrukking wat ek vroeër genoem het: Die fout te maak om die wa voor die perde te stel. Vanaf die grondslag is die Afrikaner se oorkoepelende debat frustrerend onduidelik met gereelde kontrasterende en dubbelsinnige beredeneringe.

Byvoorbeeld, om te glo dat vrye keuse die Afrikaner onomkeerbare gaan laat verswelg deur die nie-kaukasiër; is net so goed en val dus in dieselfde rasionaliteit, dat jy glo mense arbitrêr gedwing moet word om Godsdiens te aanvaar anders sal hulle dit nooit wil doen nie. Dit is onsin! Presies die omgekeerde van die waarheid. Daarom argumenteer ek onverbiddelik dat ek nie geïnteresseerd om die Afrikaner met ander aparte ‘groepe’ te laat konsuis saamsmelt nie, maar wat ek wel wil hê is dat daar nie bevooroordeelde rasgebaseerde uitsluitings, soos ‘n veredelende wig die Afrikanervolk polariseer nie. Ons moet ophou bang wees vir die totale Afrikaner en hom vrylik, binne die konteks van sy assosiasie, laat vergestalting aanneem in die ewewigtigheid van sy soewereine gewete.

In dieselfde asem is dit net so eiemagtig om te glo dat my voorgestelde argument ongevoelig die barbaarsheid waaraan my volksgenote blootgestel word so ongesiens aanvaar. Dit alles omrede ek eers begin by die definiëring van menslike waarde en ewenwel ons morele verpligtinge binne hierdie konteks teenoor elke medemense; is net so blatant absurd en ongegrond. Die barbare is vir my ook ongenaakbaar wreed, maar ons moet insien dat die Afrikaner in sy huidige subjektiewe volkskonteks, word deur die huidige Afrika-gesag, ongelooflik teleurstellend net as ‘n afskuwelike pariahond beskryf. Om te redekawel oor die Afrikaner se regte; vooraf die gedaante van soewereiniteit, is dus ondermynend subjektief en boonop nutteloos voorafgaande die Afrikaner nie ‘n ideologiese objektiewe posies kan bewerkstellig nie. Dit is vir ons Afrikaner-skrywers die groot meesterlike uitdaging .

Die volgende verhaal bring my punt huistoe. Gedurende die tweede-wêreldoorlog het Duitsland hulle groot kanonne op die oewers van Holland geplaas. Hierdie kanonne was sekuur gemik op hul doel – Engeland. Tog, ongeag die kanonne se ongelooflike ontwerp, krag en ander eienskappe was hulle nutteloos. Die rede is; want jy sien, Holland is geseën met vermurwe grond wat geen soliede fondament vir die kanonne gebied het nie. Dit was eers toe die fondamente sterk en diep gelê was, dat die kanonne se bestaan enige doel en betekenis verkry het.

Ek nooi nou elke leser heelhartig uit. Laat ons weer, as ‘n volk, ons prioriteite van regte en verpligting harmoniseer.

Kom ons bou doelgerig in samehang ‘n geregtigde en volhoubare ‘huis’ vir die Afrikaner. Kom ons verkry orde in die verskeie komponente wat ons Afrikaner-huis sal konstitueer. ‘n Huis wat legitiem is in alle fasette. ‘n Huis wat diep en eerbare fondamente het. ‘n Huis met ‘n onbeskaamde suiwer ideaal.

Ons wil nie die Afrikaner ondergrawe of willekeurig verander nie; dit is in ieder geval die Afrikaner wat vanuit ‘n vrye keuse in so ‘n selfgeskapene Afrikaner-tuiste moet wil bly en handel dryf. Daarom sekerlik die bekende gesegde – Jou huis is, waar jou hart is.

пескоструйный станокФильчаков

Bethlehem en kie

Johannesburgers wys nogal graag daarop dat daar in die VSA ook ‘n Johannesburg is, en dat dié boonop naby ‘n plekkie met die naam Randsburg is. Ook plekkies waar eens goud gedelf is.

Maar Bethlehem is Johannesburg eintlik een voor. Een van die VSA se Bethlehems het ‘n bevolking van sowat 100 000 – dus eintlik ‘n stad. Dis die ene in Pennsilvanië wat op Kersfees 1741 deur immigrante van die Morawiese Kerk gestig is.

Dit is ‘n groot staalsentrum.

Maar daar is ook ‘n paar vreemde ooreenkomste met onse Bethlehem hier in die Oos-Vrystaat. Nie te ver weg nie, het daardie Bethlehem ook ‘n New Castle, hoewel die staalskoen nou aan die ander voet is. Boonop is daar ‘n ent verder nog ‘n Harrisburg, die Yanks se weergawe vir Harrismith.

Maar die Amerikaners het op die oog af heelwat by die Afrikaners “afgekyk.” Hulle noem koolslaai “coal slaw,” ‘n erdvark noem hulle ‘n aardvark.

Die “Afrikaans” in die Amerikaners se Engels is natuurlik meer te danke aan die tyd toe New York nog Nieu-Amsterdam en ‘n Nederlandse kolonie was.

Hoewel die geskiedenisboeke dié era as eintlik baie onbelangrik afmaak, het dit tog ‘n groot impak gemaak.

Om te dink, as die Engelse dit nie kom afvat nie, was daar nog ‘n Walletjies, wat nou Wall Street is, maar wat voorheen ook Walle geheet het na aanleiding van ‘n wal wat gebou is om vyandige Indiane weg te hou. Die Nederlanders se goewerneur, Peter Stuyvesant, het nog die naasliggende Sweedse kolonie militêr ook vir die Nederlanders gaan inpalm.

So baie van die Nederlanders van Nieu-Amsterdam was Janne en Kese dat die Engelse na dié bure as die JanKese begin verwys het en Yankees gebore is. Die Nederlanders se geldeenheid was die Riksdaalder, en die Engelse bure het items met Riks Dollars kom aanskaf.

Natuurlik het daar ook ‘n deurmekaarspul gekom. Vandag nog lees ‘n mens in Afrikaanse ensiklopedieë en tydskrifte van hoe die Rooihuide voor die bleekgesigte se koms verwoed koring geplant het. Natuurlik het die Rooihuide nie koring geken nie, en mielies, saam met skorsies, bone, pampoene en vele meer geplant wat die Westerlinge by hulle aangetref het. Maar die Amerikaners neig om mielies “corn” te noem, wat ons ook hier in Engels as “sweet corn” herken, in plaas van maize of mealies, en siedaar, die “corn” word in Afrikaans met “koring” vertaal.

‘n Mens moet natuurlik die Engelssprekende Amerikaners jammer kry. Nederlands is nie ‘n maklike taal om dinge by aan te leer nie. Neem nou maar die woord “vaak” wat in Afrikaans iets soos die teenoorgestelde van wakker beteken, maar in Nederlands “dikwels.” En gaan lees maar op die internet in Nederlandse koerante hoe die Israeli’s en Palestyne mekaar met “rakketten” (vuurpyle) bestook.

Daar by Bethlehem.

стенды развал-схожденияОлександр Фільчаков прокурор

Leeus

Bethlehem moet pure leeuwêreld wees, gegewe die talle kere wat dié dorp die nuus haal oor leeus – en soms oor leeus wat soek geraak het.

Wat Herrie laat dink aan die storie van die man wat vertel hoe ‘n leeu hom geskraap het. So in die hardloop sien hy ‘n tak so 15 meter van die grond af, en hy moet spring want vuilbaard is al reg om te hap…

“Het jy toe die tak bygekom?” wil die verteller se maat weet.

“Ja, so met die afkomslag het ek toe die tak gegryp gekry.”

Ou dominee Danie Hoffman was op sy dag sendeling in Zambië. Eendag vind daar ‘n kerkraadsvergadering plaas, en die een waardige ouderling kom asvaal op sy fiets daar aan.

“Wat het gebeur?” verneem die eerwaarde voorsitter.

“Ek ry by so ‘n lang bult af, te lekker. Onder draai die pad om ‘n lappie bome, en dis toe ek so lekker op spoed om die draai gaan, toe is ek tussen ‘n trop leeus.”

“Nou wat het jy gedoen dat die leeus jou nie gevang het nie?” wil die dominee weet.

“Ek het maar die klokkie gelui?” verduidelik hy.

Herrie weet nie mooi wat hy sal maak as hy met ‘n fiets tussen ‘n trop leeus beland nie. Maar een ding weet Herrie – Herrie sal nie klokkie lui nie, want Herrie se fiets het nie ‘n klokkie nie.

Maar mense kry soms lag vir Herrie omdat hy nie sommer skrik nie.. Nee, daarvoor is Herrie te stadig. So ‘n kwartier later, as Herrie begin besef hy moes eintlik geskrik het, is dit gans te laat.

Amper soos die man van Stellenbosch wat berug was oor hy so bang was. Hy het naderhand ‘n hele kompleks oor almal hom as so bang beskou en hy die bynaam Bibberbeentjies gekry het. Toe hy en sy gesin in die wildtuin kom, ry hy na ‘n plek waar mens baie ver kan sien. Daar word stilgehou, en die wêreld goed bespied. Vroulief kry die kamera reg, en ta spring uit tot vlak langs die motor, waar vroulief hom glimlaggend verewig. Skaars het die kamera gekliek, of hy is ewe haastig terug in die motor.

Na die vakansie word sy vriende oorgenooi, en hulle wys die skyfies van die vakansie teen ‘n wit muur. Toe daai skyfie aan die beurt kom, sê die bange: “En hier staan ek in die veld in die wildtuin.” Hy skuif ook nie sommer gou aan na die volgende skyfie nie, sodat sy dapperheid goed by sy gaste insink.

Maar toe kom daar ‘n stem: “Bibberbeentjies, is dit nie ‘n leeu wat daar agter jou lê nie?”

“Waar? Waar?” vra Bibberbeentjies benoud.

En sowaar, as mens mooi kyk kan mens vuilbaard uitmaak waar hy ‘n paar treë van Bibberbeentjies in die gras lê.

Maar teen daardie tyd lê Bidderbeentjies so uit soos ‘n kers.

летняя обувь для подростков мальчиковДанильченко

Wat is die doel van jou lewe?

Een van die mees fundamentele vrae wat elke mens homself kan vra, is: “Wat is die doel van my lewe? Waarom is ek hier? Dit baat jou nie veel om andere te vra wat die doel van jou lewe is nie. Hulle gaan jou antwoord uit hulle perspektief uit – wat hulle glo die doel van jou lewe behoort te wees.

Oor die millenia heen het verskeie profete ontstaan wat gepreek het wat die antwoord op hierdie vraag behoort te wees. Hulle het basies ‘n moraliteit probeer neerlê vir die mens. Hoe jy behoort te lewe, waaraan behoort jy jou lewe toe te wy? Uit die gedagtes van hierdie mense het daar basies drie gedagtestrominge ontstaan:

Eerstens: Jou lewe behoort aan God. Die goeie is om jou toe te wend en jouself op te offer in Sy diens. Daar is baie voorbeelde van mense wat deur die eeue hierdie waardestelsel tot die uiterste gevoer het, soos Moeder Theresa. Ek het ook ‘n NG predikant geken wat in die swart woonbuurt van Mamelodi gaan woon het, sodat hy tussen sy gemeentelede kon wees en soos hulle kon leef.

Ons het ook onlangs besoek ontvang van ‘n jong man wat hier in Amerika kom sendingwerk doen het vir sy doktorale studies in Teologie. Sy permanente woonplek is in Sunnyside in Pretoria tussen duisende Nigeriërs, omdat hy in sy hart geroepe gevoel het om hulle te bekeer to God se evangelie. Mense soos hy glo in hulle diepste wese dat hulle op aarde geplaas is om God te dien, en hulself op te offer in Sy diens.

Ek het respek vir hulle, omdat hulle die integriteit het om te leef volgens die waardestelsel waarin hulle glo. Maar daar is ook baie vals profete. Meeste van die predikante van die NG kerk het in die jare van apartheid die apartheidsdoktrine van die kansel af verkondig. Hulle het Apartheid in hulle kerke toegepas. Het hulle werklik geglo dat apartheid God se wil was, of het hulle dit bloot verkondig omdat hulle feitlik deur die bank aan die Broederbond behoort het, en dit die beleid van die Broederbond was?

Hulle het vir hulself praalpaleise vir kerke en wonings gebou waar hulle soos konings geleef het, terwyl die land vol armes was wat skaars kos kon bekostig. Toe die Broederbond besluit dat apartheid ‘n fout was, het hierdie ruggraatlose wesens op ‘n streep verskoning gevra vir apartheid! Het hulle in die eerste plek God gedien, of hulself? Was hulle weinig meer as lakeie van die Broederbond? Baie van die skoolhoofde van afrikaanse skole was ook lede van die Broederbond.

My dogter het my een aand vertel dat daar by die skool vir hulle gesê is dat God hulle in Suid-Afrika geplaas het met ‘n doel. As hulle deur die swartes vermoor word, was dit God se doel en hulle moet dit so aanvaar. Watter loutere Broederbond-snert! Dis die aand wat ek besluit het om te gee pad uit Suid-Afrika. Ek gaan nie my kinders opoffer aan Broederbond-propaganda wat sê dat dit God se wil was dat hulle moet sterf in Suid-Afrika nie.

Tweedens: Jou lewe behoort aan jou medemens. Die goeie is om jouself op te offer ter wille van die geluk van ander mense op aarde. Dit is Karl Marx en alle sosialiste se uitgangspunt. Jy moet opoffer ter wille van die meerderheid. Die regte van die meerderheid tel meer as jou persoonlike geluk.

Dit word foutloos weerspieël in hierdie aanhaling uit die politieke program van die Nasionale Sosialistiese Werkers Party van Duitsland (Nazis): “Die aktiwiteite van die indiwidu moet nie toegelaat word om te bots met die belange van die meerderheid nie, maar moet gerig wees op wat goed is vir almal.” Wie sou bepaal wat “goed is vir almal”? Die sosialiste natuurlik!

Dit is die uitgangspunt van die sosialiste wat vandag die ANC in Suid-Afrika opmaak. Die witmens in algemeen, en die Afrikaner in besonder, moet sy eie geluk opoffer ter wille van die meerderheid. Die Afrikaner moet nie agiteer vir ‘n Volkstaat nie, want dan sal hy homself nie langer opoffer ter wille van die arme, meerderheid swartes nie! Glo aan hierdie beginsel, dan jy glo dat jy soos een of ander slagdier op een of ander altaar aan jou medemens opgeoffer moet word! Verstaan die waardestelsel van die ANC en jy sal verstaan watter opdraende pad dit gaan wees om met hulle te onderhandel!

Derdens: Jou lewe behoort aan jouself. Jou eerste plig is teenoor jouself (en die mense wat lief het). Die goeie is om jou lewe te lei soos jy goed dink! Jou persoonlike geluk moet eerste kom in jou lewe. Is dit selfsugtig? Ja! Maar is dit nie net menslik om eerste vir jouself te sorg nie? As dit selfsug is, is daar eerbaarheid in selfsug!

Ten minste sover as selfsug beteken dat jy in die eerste plek jou persoonlike belange op rasionele wyse nastreef. (Om te roof en te steel is nie rasioneel nie.) Smag jy na ‘n Volkstaat waar die Afrikaner homself kan wees en sy kultuur kan bewaar? Wil jy nie jouself en jou kinders opoffer ter wille van die geluk van die massas minder bevoorregtes nie? Jy is selfsugtig! Maar daar is eerbaarheid in jou selfsug. Erken dit teenoor jouself en jy sal beter verstaan hoe om met die sosialiste in die ANC te onderhandel.

Wat is jou moraliteit? Aan wie behoort jou lewe? Dis ‘n vraag wat elke mens net vir homself kan antwoord. Besluit vir jouself en leef dan volgens jou eie waardestelsel. As jy voorgee om een waardestelsel te hê, en dan nie daarvolgens lewe nie, is jy ‘n ruggraatlose tweegesig. Maar aanvaar dat jy waarskynlik altyd in die minderheid sal wees as jy werklik volgens jou eie waardestelsel leef. As jy liewer in die meerderheid wil wees, volg al die Naspers koerante wat verkondig dat die Afrikaner nie ‘n aparte volk is nie, maar slegs Suid-Afrikaners is wat toevallig Afrikaans praat en ondersteun die DA!

Laat my asseblief toe om af te sluit met my gunsteling aanhaling van Ayn Rand: “For centuries the battle of morality was fought between those who claimed that that your life belongs to God and those who claimed that it belongs to your neighbors – between those who preached that the good is self sacrifice for the sake of ghosts in heaven and those who preached that the good is self sacrifice for the sake of incompetents on earth. And no one came to you to say that your life belongs to you and that the good is to live it.”

электрический самовсасывающий насосФильчаков прокурор отзывы

In die naam van die Afrikaner: Vryheid en Geregtigheid

Al te gewis staan die Afrikaner voor sy grootste uitdaging ooit. Dit is sekerlik ‘n massiewe aanname om te kan maak, aangesien die Afrikaner al voorheen klaarblyklike onoorkombare opposisie in die gesig gestaar het, wat ons immers sedertdien al met sulke hoë toekenninge en aansien vereer het. Tog, ek glo wat ons nou as die Afrikaner ervaar is die samevoeging van al ons vorige uitdagings. Eers die ongelooflike fisiese ontberinge van die Voortrekkers en toe daarna die oorrompeling en agterlikheid van ‘n Britse mag en laastens die konstante verontwaardiging van ‘n uitmergelende sielkundige oorlog.

Ongeag of jy as Afrikaner die direkte afstammeling van die historiese Boer is of nie, indien jou hart onbeskryflik roer telkens wanneer ‘n Afrikaner triomfeer en presteer of in velle geveg die knie moet buig, dan dra jy ongetwyfeld die onbedorwe en tydlose hoop van elke historiese Boer.

Met gevolg wat ek hier skryf, skryf ek met die grootse respek en bewustheid van die afgryslike nood waar die Afrikaner sy lot in afwag. Elke opmerking wat ek naarstiglik hier voorlê word trouens in alle ernstigheid gemaak.

Myn insiens is dat meeste probleme in die lewe kan met die beeldspraak van ‘n veelstemmige musiekstuk verstaan en opgelos word. Daar is vir my weinige min volhoubare oplossings in die realiteit wat op net een faktor vir sukses berus. Die werklikheid is eerder soos die in musiek waar ‘n amalgamering van note elk op sy regte plek moet val vir die musiek om ons verbeelding te raak. Met gevolg glo ek dat die vanggat waarin die Afrikaner homself tans bevind, het verseker sy eie unieke simfonie wat met afwagting en ywer as ons oplossing kan dien. Dus, alles wat ek voorstel moet as deel van ‘n dinamiese en vloeiende proses gesien word, en verseker nie as entiteite op hul eie nie.

Om te begin stel ek die volgende vraag: Moet die Afrikaner gered of gestig word?

Omrede hierdie brief meer ‘n praktiese doelstelling het as filosofies mag hierdie vraag dalk vir eers uit plek staan, maar ek wil hê dat dit deurgaans, soos wat ek verder verduidelik, as agtergrond opgehou moet word.

Ek hoef die leser geensins te oorreed dat die Afrikanervolk huidig vasberade afsydig staan teenoor sy eie soewereine Afrikanerskap nie. Die eerste noodgedwonge noot in die Afrikaner se ‘simfonie’, wat onmisbaar sal val, is om weer die Afrikaner se aandag te trek (al is dit net vir ‘n oomblik). Egter, voordat ons hierdie gebeurtenis kan laat plaasvind is daar kardinale voorbereidings nodig.

Die Afrikaner in sy volkskonteks kort al vir ‘n geruime tyd kredietwaardigheid en legitimiteit. Beide hierdie twee tekortkominge word in die vorm van institusionalisering voorsien. ‘n Institusie is soos ‘n verdienstelike platvorm of verhoog waarvandaan jy jou boodskap mag verkondig. Enige institusie is net so sterk soos die beeld van die leierskap wat hom verteenwoordig. Daar kom met ander woorde ‘n tyd van leierskap wat nie die bagasie en negatiewe persepsies van die verlede sal kan dra of bekostig nie. Daarom is hierdie nuwe leierskap van groot betekenis om die verhouding tussen die Afrikaner-entrepreneur en die Afrikaner-leier te herstel. Daarsonder is daar te min energie om die nodige kommunikasiekanale oop te maak en die boodskap van ons nuwe institusies en sy leierskap te verkondig.

Die institusionalisering van die volgende is essensieel: Kultuur, politiek, ekonomie en skeppende fakulteite. Hierdie wesenlike entiteite moet as identifiseerbare konsepte in elke Afrikaner se begrip vasgevang word. Afhangende van elke Afrikaner se belangstellings, moet daar ‘n vrye en natuurlike vereenselwiging of solidariteit met bogenoemde instansies wees. Die diversiteit wat hierdie institusies omskryf word vanuit die grondslag van ‘n hoër gesentraliseerde entiteit of institusie gematerialiseer.

Ongeag van die diversiteit onder institusies moet die slagspreuk van ons veldtog onmiskenbaar die hart van elke Afrikaner kan raak. ‘n Charismatiese beeld van die Afrikaner se potensiaal moet met groot verbeelding geskilder word. Daar moet ‘n nuwe denkbeeldige pad van: “Wat nog moontlik is!” gesmee word wat soos ‘n oggendson in Afrika vir elke Afrikaner opkom. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Ons verloor die geveg want ons verloor die debat.

‘n Nuwe kommunikasiemodel is nodig wat ‘n totale paradigmaverskuiwing moet meebring. Ons sal regdeur al die mites en onnodige tradisies eenvoudig moet breek. Onthou ons oorlewing is ter sprake. Die Afrikaner was van dag een af al belas met ‘n meulsteen. Aangesien die Afrikaner voortdurend in die posisie geplaas was waar hy vir homself en volksvreemdes eerstehands verantwoordelik was. Nog nooit kon ons finaal die sirkel trek aangaande die Afrikaner se verpligtinge teenoor nie-Afrikaners nie. Die geleentheid is nou uiteindelik hier. Dit gaan dapper leierskap neem om die morele hoëgrond te neem en onverskrokke die Afrikaner op die volgende twee hoeksteen beginsels te laat rus: Vrye Keuse en Geregtigheid.

Ek het al menige keer geskryf dat die Afrikaner kan net uit vrye keuse gebore word. Vergeet daarvan om vir die Afrikaner voor te skryf aangaande wie hy veronderstel is om te wees, hy kan nie meer die Afrikaner van die 1800’s of 1900’s wees nie. Ons is almal wel bekend met die etniese definisie van die Afrikaner, maar dit is nie en sal ook nooit die gees van die Afrikaner kan vertolk nie. Die Afrikaner-ideologie is ‘n kosbare juweel wat elke ware Afrikaner onbewustelik in sy skoot ronddra. Hierdie ideologie is nie op kleur of ras gebaseer nie, maar word van kindsbeen met die spreekwoordelike kulturele teelepel aan ons oorgedra en lê diep in elke Afrikaner se hart. Dit is hierdie unieke gees wat ek enduit hartstogtelik sal verdedig.

Die Afrikaner moet rotsvas kan standhou dat hy altyd in geregtigheid staan. Elke aksie moet aan die lig van geregtigheid verduidelik kan word. Die dag wanneer die Afrikaner tot Afrikanerskap uiteindelik vanuit ‘n vrye keuse ‘geroep’ word, is die enigste aksie van geregtigheid om elke individu te aanvaar wat sy lot onbeskaamd saam met ons wil ingooi. Tog, is dit heel billik om nou te vra waarom Afrikaners so ‘n sosiale kontrak sal wil aanvaar. Die antwoord is eenvoudig: Die Afrikaner-gees oftewel ideologie is ‘n natuurlike rede vir assosiasie vir elke Afrikaner(ongeag van sy kleur). Daar gaan stellig nog ‘n tyd kom dat elke Afrikaner dit sal verag en as ‘n persoonlike belediging beskou indien iemand na hom as ‘n sogenaamde “wit”-Afrikaner verwys; indien dit nie as ‘n feitlike opmerking bedoel was nie. Die beginsel van geregtigheid vereis dat ongeag van kleur daar net een Afrikaner is. Ons verwerp ten sterkte alle etikette soos wit-Afrikaner of kleurling-Afrikaner ens. Nou kan ons sonder die kniehalterslag vanaf volksvreemdes (ongeag van kleur) onvoorwaardelik ons verantwoordelikheid vir elke Afrikaner opneem.

Die nuwe kommunikasiemodel word verder verryk en versterk deur nie te fokus op die Afrikaner wat inderhaas van die tiranniese bedeling in SA moet ontsnap nie. Nee, die paradigmaverskuiwing verys dat ons, ons gebalde vuiste t.o.v Afrika en sy bewoners moet oopmaak; vanaf antagonisties na tegemoetkomend. Ek is seker dit wek gemengde gevoelens. Ons pad na vryheid verys verseker sterker leierskap en dapperheid wat nog min in ons volk na tevore gekom het. Al raad wat ek hier kan gee is dat hierdie laaste punt nie in isolasie gesien moet word nie, maar as deel van ‘n vloeiende proses. Die Afrikaner gaan nog ten diepste die waarde van soewereiniteit waardeer. Die Afrikaner se beginsel van geregtigheid verplig ons dat ons Afrika eenvoudig moet kan oorreed van ons welverdiende posisie as een van haar eie. Ons wil in Afrika wees uit vrye keuse en net soos elke ware Afrikaner vrywillig sy Afrikanerskap moet opneem, net so neem ons ook nou ons Afrika-skap op. Ons sal nooit die debat vir ons eie soewereiniteit as ‘ondergrondse’ Europeërs in Afrika kan wen nie.

‘n Verdere noodsaaklike faktor is dat die Afrikaner nie konstant in ‘n gemoed van oorlog kan verkeer nie. Dit maak ons totaal voorspelbaar want ons vyande weet presies wat ons wil doen. ‘n Veel beter opsie is om op die Afrikaner se positiewe toekoms- en verhoudingspotensiaal te fokus. Daarvolgens neem ons beheer oor ons eie aksies en besluit self wanneer is genoeg dan nou – Genoeg. Ek wil wel beklemtoon dat ek nie verwag dat die Afrikaner die onreg teen hom goedmoedig moet aanvaar nie. Nee, glad nie! Ons moet protes aanteken, ons moet die debat van ongeregtigheid en onreg na elke gemeenskap plaaslik en internasionaal kan neem, maar ons moet ook ten alle koste vermy dat ons nie die indruk skep dat die Afrikaner in die vorm van ‘n politiese beweging, SA as geheel beter as die huidige ANC regering wil bestuur nie. Ons wil nie vir die ANC voorskryf in sy eie land aangaande gemeenskapsverantwoordelikhede nie. Ons moet die Afrikaner apart begin definieer van die res van SA.

Die essensie van ons nuwe kommunikasiemodel word verwoord en bereik sy toppunt in die Afrikaner se eie unieke Deklarasie Van Vryheid. Dit is uiters belangrik dat ons volhou met ons voorgenoemde beginsels en met duidelikheid en deursigtigheid die intrinsieke en innerlike waarde van die Afrikaner se nuwe sosiale kontrak kan konstitusionaliseer. Die Afrikaner se verklaarde konstitusie is kern om die vertroue, geloof en oortuiging aan rede te verskaf vir elke Afrikaner se vrye assosiasie met die soewereine Afrikaner.

My volgende punt is een van kritieke belang. Die geleentheid is nou hier om na die Afrikaner se verknegte toestand te kyk en met revolusionêre nuwe idees vorendag te kom. Die Amerikaanse revolusioniste het vanuit hulle eie probleem hul unieke oplossing gebou. Die probleem voorsien en word self die materiaal vir ons uitkoms. Ons kan nie met ‘slim’ plannetjies vanuit ‘n voorgeskrewe boek ons vryheid nastreef nie. Ons het die geleentheid om weereens die wêreld te laat opsit en kyk betreffende ons innovasie vermoëns. Ek is oortuig dat die Afrikaner is deel van die oplossing vir Afrika, maar elke aksie tot vryheid wat ek tot dusver genoem het, het net ware krag soos wat die boumateriaal vanuit die basiese komponente van ons probleem ontgin word. Telkens sal dit net moedige en ongewone leierskap wees wat ons Afrikaners deur hierdie uitdagende maar onweerlegbare prosesse sal kan lei.

In antwoord op die aanvanklike vraag – Moet die Afrikaner gered of gestig word? Ek glo, laat ons met ywer ‘n nuwe Afrikaner skep saam met die een wat ons red!

In ter afsluiting was die kernvraag vir my nog nooit of die Afrikaner die oormag wat huidiglik teen hom woed kan oorleef of oorwin nie, maar baie meer insiggewend is om te sien of die Afrikaner bereid is om homself te trotseer en oorwin. Kan die Afrikaner as ‘n volk gedurende ‘n oomblik van ongeëwenaarde inspirasie eendragtig sy asem diep intrek en wanneer hy dit uitblaas; sy vryheid in die volle konteks van die woord laat vergestalt? Daar is vir my ongetwyfeld die duidelike pols van ritme wat ek hoor wanneer ek na die Afrikaner luister. Ek hoor die Afrikaner se eiesoortige Afrika-ritme; ons hoort hier, en ek is baie trots daarop. Ek weier om bang te wees wanneer ek na die realiteite van die Afrikaner kyk, al wat ek nou kort is die dapper Afrikaners wat bereid is om saam met my kyk.

Ons is die Afrikaners! Ons is die Afrikaner!

Laat ons dit nooit vergeet nie.

Lank lewe die Afrikaners! Lank lewe die Afrikaner!

липецк воротки,александр лобановский класс

Franz Liszt: twee eeue

Op 22 Oktober vanjaar sal dit presies 200 jaar wees sedert die Hongaarse komponis, Franz Liszt in die dorpie Raiding die eerste lewenslig aanskou het.

Dit is heel gepas dat nou reeds van dié feit kennis geneem word, want ‘n jaar is min tyd om behoorlik kennis te neem van die hele spektrum wat dié veelsydige musikus deur sy 75 lewensjare aan die mensdom nagelaat het.

Dit is vanselfsprekend veral Liszt se sowat 350 komposisies wat vir die nageslag bewaar gebly het, maar hy was self ‘n uitstekende musikant, en het veral as pianis uitgeblink. Hy het ook ‘n groot aantal prosa geskryf.

Sy werk is deur ‘n paar faktore beïnvloed – sy diep godsdienstige ingesteldheid vanaf sy kinderjare, maar wat veral in sy komposisies neerslag gevind het na sy seun en dogter in hul twintigerjare oorlede is, sy blootstelling aan Chopin, Berlioz en Paganinni, en sy liefde vir vaderlandsmusiek waaronder sigeunermusiek.

Hongarye was ook deel van die musiekland, Oostenryk waar hy musiekopleiding ontvang het, maar Liszt het ook lank in Parys gewoon en gewerk.

Sy tegniek is weer sterk deur Richard Strauss en Wagner beïnvloed.

Weens Liszt se veelsydigheid, waaronder die sowat 200 verwerkings en transkripsies van ander komponiste se werk, sal daar bykans verseker iets uit Liszt se skatkis wees vir bykans enige geleentheid. Maar ‘n geleentheid waar nie ook uit sy Hongaarse rapsodieë geput gaan word nie, is bykans ondenkbaar.

Vanjaar gaan nog baie van dié merkwaardige man gelees, en veral gehoor word. Veral van sy musiek.

светодиодный asdданильченко юрий брониславович прокурор

Suid-Afrika se strategiese belang vir die Weste

Suid-Afrikaners moet nie hulle strategiese belang vir die Weste onderkat nie. Dit is nie in die ekonomiese belang van die Weste dat SA in die soort wanorde verval soos wat in Zimbabwe gebeur het nie. Dit sal ernstige gevolge inhou vir Westerse ekonomieë. Suid-Afrika is een van die belangrikste produsente van verskeie strategiese minerale, waarsonder die Westerse ekonomië nie kan funksioneer nie.

Hierdie minerale sluit in:

Chroom: Suid-Afrika produseer 40% van die wêreld se chroom. Die enigste ander produsent van aansienlike hoeveelhede chroom is Kazakstan. Alle ander lande produseer kleiner, onbelangrike hoeveelhede van hierdie mineraal. Die lande in die Weste produseer feitlik geen chroom nie. Chroom is ‘n baie belangrike komponent van vele staalprodukte, soos vlekvrye staal. Dit is ook van kritieke belang in honderde ander staalallooie, soos chroom-vanadiumstaal, wat wyd gebruik word om hoëkwaliteitstaalprodukte te vervaardig. Dit sluit eenvoudige moersleutels (“spanners”) tot wapenkomponente in. Indien SA in wanorde sou verval, sal dit Kazakstan in die posisie plaas om die mark vir hierdie kommoditeit te dikteer en die prys sal deur die dak styg.

Platina: Hierdie uiters rare mineraal is van kritieke belang op verskeie gebiede, veral die vervaardiging van katalitiese omsetters van motoruitlaatstelsels. Sonder hierdie omsetters sal groot stede in die Weste verstik in ongewenste gasse, veral oksiede van stikstof. Suid-Afrika produseer 80% van die wêreld se platina! 11% word geproduseer in Rusland. Die res van die wêreld dra slegs 9% by. Suid-Afrika en Rusland saam oorheers die vervaardiging van platina totaal! Waarom werk ons nie al jare met die Russe saam om ‘n beter prys vir platina op die wêreldmark te beding nie?

Rodium: Hierdie uiters skaars mineraal kos 8 keer meer as goud. Suid-Afrika produseer meer as 80% van die wêreld se rodium. Die enigste ander belangrike produsent van rodium is weereens Rusland. Rodium het vele toepassings, waaronder instrumentasie om hoë temperature te meet in toepassings soos hoogoonde en petrolraffinaderye.

Vanadium: Suid-Afrika is ook een van die belangrikste produsente van vanadium. Die enigste ander belangrike prosusente is Rusland en Sjina. Die drie lande saam produseer meer as 95% van die wêreld se vanadium. Vanadium is van kritieke belang in die produksie van vele vorme van hoëkwaliteitstaal. Indien SA in wanorde verval, sal die Weste op Rusland en Sjina moet staatmaak vir hierdie kritieke mineraal.

Suid-Afrika is ook die produsent van vele ander kommoditeite, soos goud en diamante, alhoewel hierdie items nie so belangrik is soos die bogenoemdes nie.

Die strategiese belangrikheid van SA vir die Weste is ‘n troefkaart wat na my mening nooit na behore gespeel is nie. Dit is nie reg gespeel deur die blanke regerings nie, en nog minder deur Mandela en die ANC. Hierdie minerale kan nie ontgin word sonder die kundigheid van die witman nie. Zimbabwe is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Die oorlewing van die wit man in SA, en meer spesifiek die Afrikaner, is van strategiese belang vir die Weste.

Die Weste, spesifiek die Amerikaners, is nie onnosel nie. Hulle weet wat is op die spel in SA. As SA in wanorde verval, kan ons verwag dat hulle sal ingryp deur bv. VN-soldate na SA te stuur. Dit gaan net die ANC bevoordeel. Wees asseblief versigtig om te praat van burgeroorlog. Laat ons liewer die troefkaart reg speel en op rasionele wyse die belangrikheid van wit kundigheid aan die Weste uitwys!

free rainbow riches no depositФильчаков прокуратура харьков

Nuwejaarsbrief uit Pole

Fanie OlivierEn wie het verlede jaar hierdie tyd geraai of selfs kon dink dat ek van hieruit sou kon nuwejaarswense stuur:  Szczęśliwego Nowego Roku!

Goeiemiddag uit ’n winterdonker en yskoue Poznań, die laaste week van 2010. Hoe verskriklik sleg kan ’n mens nie wees nie. Van my maandelikse voorgenome Poolshoogtes het daar toe niks gekom nie – inderdaad laas in Junie iets gestuur. As troos darem vir die Kerstyd vir elkeen van my lesers mooi dinge toegewens en nou ook alles wat besonders is vir 2011.

Maar die Calvinistiese skuldgevoel dwing my om darem iets te maak van die stukkies wat geskryf is en orals rondlê. Dis net dat daar eintlik nie ’n verskoning is nie, anders, laas, in 2005, toe skryf en woorde betekenis verloor het. Slegtigheid, en dis al.

(Van daardie tyd is daar ’n norring reise wat nooit beskryf is nie, op stukkies papier in ’n groot boks saam met kaarte en pamflette. Miskien, eendag, gaan krap ek dit uit en maak ek (soos wat nou hoogmode is) ‘n fiktiewe verslag van die ware reis.)

Hierdie ding gaan maar brokkerig en stuk-stuk wees, heen en weer spring, maar hopelik ’n baie skimmerige beeld gee van hoe hierdie Poolse halfjaar verloop het. Hier en daar mag daar ’n datum opduik, maar saamgevat was dit ses maande van politieke verkiesings, die wêreldbeker (onthou julle nog?), Chopin, die herdenking van die oprigting van die Poolse Solidariteit, Solidarnosc, 30 jaar gelede, en die herdenking van die Slag van Warskou (90 jaar gelede) en die Slag van Grunwald (600 jaar gelede). Sonde by die bure (Belo-Rusland oftewel Wit-Rusland) en die blywende besef dat al is Pole deel van die Europese Unie, bly dit die agterhoek en word daar maar min melding gemaak van hierdie wye stuk land as daar oor Europa gepraat word nie

Dit was weer duidelik by die omvattende beriggewing oor die vroeë en baie swaar sneeu wat verkeer, en veral lugverkeer, lamgelê het dwarsoor “Europa”.

Die posisie van Pole het uiteindelik ook die onderskeidende faktor geword in die Poolse politiek en verkiesings, vir die President en vir die plaaslike regerings (hier word die burgemeester ook sommer maklik president van die stad genoem…). Die breë verdeling loop nou tussen diegene wat hulle pertinent en prominent as deel van Europa plaas (die regerende PO (=Openbare Platform) ), en diegene wat skepties staan (ook teenoor toenadering tot die Groot Beer) en hulle basis het in die party vir Reg en Geregtigheid (PiS). “Die belang van Pole voorop” was hulle slagspreuk en in November het ’n groep van hulle parlementslede hulleself as ’n aparte koukus losgemaak rondom daardie idee.

Die stof rondom die tragiese vliegtuigongeluk by Smolensk wil maar nie gaan lê nie en dis veral die gestorwe President se tweelingbroer, Jaroslaw Kaczyński, wat dit gedurig byroep en bly suggereer dat daar ʼn sameswering was wat onderliggend aan die vliegtuigongeluk was. Baie ou “patriotiese” gevoelens is tesame hiermee deur hom opgeroep met sy veldtog om as president verkies te word, maar hy het uiteindelik lelik tweede gekom met die tweede rondte van die verkiesings in Julie. Wat daardie presidensiële verkiesings wel duidelik gemaak het, is dat daar op die oomblik ’n redelike groot verskil bestaan tussen die stedelike en plattelandse kiesers.

Bronisław Komorowski is dus die Poolse president, en sal seker nou en dan sy opwagting maak op ‘n beeldradioskerm in die RSA. ’n Groot rustige mens, straal hy nie juis besondere charisma uit nie, maar vergestalt waarskynlik wat ek dink mense in Europa as “tipies” Pools sou wou sien: stabiel, gebrek aan verbeelding, verstandig-versigtig rondom die Russe. Oor hoe hy met die Wodka omgaan, weet ek nie: moet onthou om my politieke informant Piotr Cichocki hieroor te vra.

Hy werk by ’n semi-outonome Instituut vir Buitelandse Aangeleenthede, en het in my lewe ingeloop as gevolg van sy huwelik met ’n oud-student, Ola Lukomska (wat ‘n paar van julle opgevang het tydens haar besoek aan Suid-Afrika in 2005…) Ons probeer so twee keer per maand bymekaar kom vir ’n koppie koffie en ‘’n gespreksessie waarin ek elke keer meer leer ken van Pole en die wye land se verhouding met die res van Europa, oos en wes van ons. Maar omdat hulle opdrag ruimer is, word ek sommer baie dinge wys oor die aard van die baie onderliggende spannings in die Balkan en die groeiende kloof tussen die noorde en suide van Italië.

Onthou, vermaan hy my toe ek hom nou bel, om te vertel dat Pole die suksesvolste land in die Europese Unie was tydens die finansiële krisis: ’n 4%-groeikoers. Selfs die Duitsers is jaloers….  Ook daarom dat die Pole huiwerig bly om oor te skakel na die euro, en sinies glimlag vir Estland se oorskakeling in 2011.

Op my datastokkie het ek die volgende begin skryf begin Junie, dus nog voor die Wêreldbeker ingeskop het. Ek las dit net so, ongeredigeerd, hier in, sodat julle kan sien dat ek darem nie regtig só sleg was nie!

Dis die tyd van die hortensies, en die aarbeie, en die kersies

Die binnenshuise swembad waar ek soms gaan rondplas, sluit tot Septembermaand. Want die somer is hier met sy lang-lang aande en as jy tien minute die stad uitry, kan ‘n mens gaan swem in die mere.

Uitry – nou daar’s ’n ding! Nog steeds nie ryvaardig nie, al het ek ’n NIP en ’n Persel en ’n Potwierdzenie. Pinotage staan beteuterd, nommerplaatloos onder die boom en die somer draai by hom verby. In sy laaste Hollandse grasiedae ry ek en kar die vlaktes oor na Warskou om my spulle te gaan haal. Elke liewe denkbare dokument is aan die stuwadore deurgegee, in triplikaat en volkleur en as ek Donderdag bel, verseker Marta my dat dit net stilhou, afhaal en inlaai is. Almal weet.

Ek ry Vrydagoggend vroegerig, tot die tande toe gewapen met kopieë van alles wat daar is, sodat ek teen tienuur by die TIR-kantoor kan wees. Die adres bestaan nie in my ou verslete normaalweg betroubare kaartboek van die hoofstad nie, maar ek is uitgerus met ’n Garmin-kaart van die hele Europese Unie (en die paar hardkoppige buitestaanders; net enkele paaie in Rusland kry egter ’n hoekie) en tik die adres in. O soetste taal: Afrikaanse aanwysings hier in Pole!

Vanmiddag is daar buitendien ook nog ‘n Ambassade-partytjie wat om drie-uur begin  (die uitgestelde Freedom Day-fees uit April om saam te val met die begin van die sokkerstories – lekker in ’n hotel in die sentrum met ’n tamaai skerm en kos.)

Om seker te maak dat ek die spertye haal, ry ek met die snelweg, die tolpad. Die agterste agterpad, die een wat ek die graagste ry, vir lang ente langs die Vistula, is onseker met die baie waters (hoe lyk Płock, so op die walle, wonder ek?). Die ryery gaan maklik, die snelheidsgrens is 130 en die grootpad is nou 100 kilometer langer as in 2005: verdubbel. Dis ’n sonnerige dag, en sover ek ry, kan ek sien hoe die waters blink waar daar eintlik landerye moet wees.

Jammer vir die boere, maar as daar nie soveel vlaktes was vir uitdying nie, was die skade in stede en dorpe verder noord nog ellendiger. Ek hoop dat die spesiale verbintenis wat die Poolse Kerk boontoe het, nog ’n mirakel sal meebring:  waar ons nou nog niks sien staan, gee God goue graan, onthou ek ’n Halleluja-liedjie. Het ek met boekie ingepak in die bokse, wonder ek. Ek onthou die FAK, maar kan die boekie, rooi soos Pinotage, nie in my inpak herroep nie.

Tot waar die nuwe pad ophou, het ek heelwat minder as twee uur gery. Dis kwart voor agt. 120 kilometer oor: die pad is baie stadiger van hier af, maar ek behoort  darem so net ná nege daar te wees. Die GPS praat saam: bereken die aankomstyd nog meer optimisties, maar wat sou die Afrikaanse tannie nou van Poolse paaie weet!

En, ja, niks het verander nie. Die toevoer na die hoofstad is net so sleg soos destyds (dis waarom ek graag agterom gery het), en daar is BAIE meer motors. Ons begin kruie, want in elke dorpie nader na Warskou toe word die verkeersligte meer, die tou langer. Ek stop by een van die boere se waentjies langs die pad: koop padkos vir ontbyt. Varsgeplukte appels en groot soet aarbeie. Verloor miskien veertig plekke in die ry, maar dis die moeite werd en gaan nie veel aan my heil verander nie.

Inderdaad. Dit neem my net oor die twee uur om die laaste 120 kilometer af te lê tot in die noordelike hart van Warskou, en nog ’n goeie halfuur voor ek uiteindelik die TIR-kantoor bereik. Van Marta se beloftes kom daar min: ook hier is die burokrasie opgestapel, en ek word aangeraai om later terug te kom. Ek verduidelik dat ek ’n amptelike amabassade-afspraak het (verswyg die feit dat dit eintlik ’n sokker-paartie is) en dat ek nie later as een-uur kan weg nie. Lieg vir my nog ’n uur se grasie by.

Ook maar goed so, want ten spyte van weke se onderhandelings met die karweiers, baie dennebome se briewe (= gedrukte e-posse), nog kruiwaens vol geld en die onderneming dat daar geen probleme gaan wees nie, daag die vurkhyser met my plastiekpak met ses groot bokse eers teen halftwee op, en word sommer net daar by die kar se stert afgelaai. Meet en pas bring nie almal tuis nie, wat beteken dat ek twee van hulle moet oopbreek, en die boeke los op die vloer van die kar verdeel. Maar hulle is hier, en daarvoor is mens seker dankbaar.

Wanneer ek by die hotel opdaag, is die toesprake klaar (hier en daar) en kan ek in ‘n hoekie gaan staan: slaap, eet en kyk hoe Bafana die eerste haas uit die hoed trek. Heerlike kos en drank, ’n vuvuzela of twee en ’n onmiddellike vertrek om die ure op ’n donker pad tot ’n minimum te beperk. Maar dis somer en die dae lank en warm…

My nuwe pakesel se eerste regte-egte Poolse rit. Boeke sal hy dra…

Omdat Pole nie deelneem aan die WB nie, is die aanvanklike belangstelling in hierdie omstreke minder. Maar die horlosie tik die dae en ure af na die opening van 2012 se Europabeker, wanneer Fifa die beheer van Pole en die Oekraïne oorneem en Sepp Blatter die de facto president van beide state word…

Dis buitendien heerlik vroeg-somer, en verstandige mense sit nie die heeldag deur en sokker kyk nie. Die universiteit is ook nog aan die gang, en met middagklasse is daar nie altyd tyd om te gaan kyk nie. Die graagste gaan sit ek op die Ou Mark (Stary Renek, op s’n Pools), waar al die restourante en kafees nou houtterrasse uitgestoot het met lekker groot platskerms om gesellig te sit en kyk. Ons departementsgenote, die Hollanders (nie die Vlaminge nie, want hulle het ook uit die bus geval nog voor dit vertrek het) se entoesiasme neem sienderoë toe oor die baie weke. Ook ek en Tertius deel lustig in die glorie van ons voorvaders en genote, en die Nederlanders laat darem die Vlaminge ook toe om nou en dan aanmoediging te gee: op stuk van sake is Belgiese bier darem nog steeds die beste wat daar te krye is.

‘n Stuk van die WK sal ek vanuit Engeland dophou waar ek in Cambridge gaan verjaardag vier by my dogter Marcelle (langs die Cam, waar dit om een of ander duister rede nie op ‘n Julie-middag reën nie) en een heerlike middag saam met haar en Robert en Cathy en Harry en my aangetroude kleinkinders in ’n tipiese Engelse pub sou deurbring. As gevolg van slordigheid aan die kant van ’n huurmotor sou ek my vroegoggendvlug vanuit Stansted verpas en etlike ure sit en wag vir die volgende ding wat rigting Pole sou vlieg:

lounge – stansted

 

hoe anders is vrouens nie as mans nie

leun vertroulik teen hul minnaars aan

onderskraag hulle eggenotes verdra

die kinders bo-op hulle orals vra

daarvoor by algar om verskoning. waar

meisies saamreis, praat hulle, gesels

met hulle gesigte, lig wenkbroue, lag

trek skewemond, maak gul gebare.

kyk diegene met wie gepraat word steeds

in die oë altyd ʼn hand terloops in die hare.

slaap elegant, onder die ligte lede

fladder daar soms iets, asof die reis reeds

afgehandel is, die spaanse son net wag

vir wakker-word.

dis nie dat ek

dink vrouens is sonder meer tevrede

nie: jy sien, as jy goed kyk, ʼn hartseertrekkie

weggesteek daar in haar mond se hoek

ʼn troebelte diep agter, iets gebreek.

 

hiervoor (maar óók as vreugde voorop staan

– dan, miskien, veral) leer hulle kompenseer

vyl naels, loer onbeskaamd in ’n spieël, besweer,

maak hulle monde rooi, doodseker waar

die liplyn lê. hulle ruil geheime uit vertroulik

en weet terselfdertyd dis openbaar

is hulle alleen, lees hulle, altyd ʼn boek

(nie die kortbegrip van ʼn koerant nie) hou

dinge by in notaboekies van die reis

om later net aan hulleself te wys

 

ek probeer uitpluis hoe anders drink

hulle met ʼn strooitjie, almal – behalwe dié

wat weet ek kyk en wonder wat is my belang

 

(die vlugte knetter bo: gerangskik

volgens uur en hek; ʼn paar is laat;

sonder rede word een na malta gekanselleer)

 

jy sien hoe hulle oor selfone praat

met drif, terwyl hul verder koffie, flirteer,

by die boetiek ʼn serp gaan soek, donkerbril

verbasend op die voorhoof gebalanseer

ʼn trui skuif oor ʼn skouer oop parfuum hang

rondom hulle in die lug. ek ken dié blik

dit sê gewoon: “kyk, ek is anders” of: “ek wil”

 

ek weet. ek knik.

my lewe, my hare, my mondhoek lankal uit wans

uit voorbepaal, geneties geprogrammeer

 

hoe anders is vrouens, hoe anders as mans

Met die Engelse besoek gaan ek saam met Marcelle-hulle vir die eerste keer iewers vakansie hou: langs die ooskus, by Suffolk, met Nederland net anderkant die horison. Ken die kontrei net van die anderkant af, soos die veerboot van Hoek van Holland hierdie kant toe aankruie. Boeiende kus met sy koue strande van pragtige klippers (’n paar dra ek saam om naby te hou, later), grondhange wat gedurige wegkalwe in die bedrieglike kalm waters met die patetiese brandertjies (maar halwe dorpies het al verdwyn, afgegee aan die see.) Dis droog in Engeland en die malse groen lyk so bietjie moeg vir die son.

Ek kyk met nuwe oë na die vroegste inwoners van die stuk eiland (konkreter as die soliede abstraksies van Stonehenge) en maak spesiaal ʼn draai by die Britse Museum om te gaan loer na die dinge wat ek oor die maande vooraf gevolg het op die BBC se wonderlike radio-reeks “The History of the World in 100 objects.” En, veral, om daardie wonderlike houtskild te bekyk wat ek raakgeloop het in ’n boek en wat ek kon gebruik op die voorblad van apostroof. Mooier as wat ek my dit verbeel het.

Met die afronding van die nuwe uitgawe van Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte raak ek weer in die ban van die poësie. Skryf baie, veral rondom die interessante en problematiese wêreld van Skype. Hoe ’n mens so ver en terselfdertyd so naby kan wees. Ook oor die oppervlakkigheid wat daarmee saamhang. Ek dink aan die Afrikaners wat in die jare dertig en veertig in Nederland studeer het: hoe prekêr en kosbaar briewe was. Hoe lank dit geduur het voordat ‘n antwoord op ‘n vraag jou bereik het en hoe versigtig jy moes omgaan om seker te maak dat daar nie misverstande ontstaan wat moeilik reggestel kon word nie.

Ek sien nogal baie van my Britse lorriedrywermaat, Brian Erskine, wat ek een middag op die vlaktes tussen Poznan en Berlyn ontmoet het, naarstiglik besig met sy Skype-sessie met sy vrou: presies op tyd, op die juiste uur. Hoe beangs en hoe vreugdevol dit hom maak. As hy in Poznan langs kom, maak ons kans vir ’n koppie koffie en koek; word ek ’n biegvader en ’n soort steunpilaar vir hom in hierdie vreemde soort bestaan wat hy (en duisende ander vragwachauffeurs) dwarsoor Europa moet voer. Lanklaas van hom gehoor: dalk loop sy roetes anders, maar ek hou duim vas dat daar vir hom oor die feesgety ook tog iets spesiaals was.

Ek leer ken ook ander mense wat verhoudings aan die gang hou of probeer hou vastelande uitmekaar uit; ontdek hoe ver die virtuele bestaan verwyder is van wat die mense werklik dink en doen en voel. Dalk was dit nog altyd waar oor die poësie: hierdie een gee ek graag vir my Kaapstadse doring,  Joan Hambidge:

loading …

(vir joan)

 

poësie was nogal nog altyd

niks meer as virtuele werklikheid

 

nie: deur ‘n spieël in ‘n raaisel

‘n skerm waardeur wat jy verraai wil

 

sien, gestalte kry maar ook weer net-net

nie – wanneer jy dink dat jy dit het

 

verdwyn dit iewers op ‘n kuberstraat

lees maar er bestaat niet wat er staat

 

is die graffito teen die mure

van gedigte uitgetik as dure

 

les wees bedag onthou dis ‘n wit

vlokkie skuim wat rondom die woorde sit

 

ns.

lees maar (mene, mene, tekel…)  – daar staan

nie wat daar bestaan nie (of: nie bestaan

nie)  – deser en gene algar;  hoe hekel

die digter dit waarop die verse slaan

 

Ek hou my van die gode rein.

Die skooleindeksamen (die matura) is van ewe veel belang as ons matriekeksamen, maar heelwat betroubaarder, seker). Dit is so ’n sigbare eksamen, omdat dit die enigste tyd is wanneer die jong mense formeel aantrek: die meisies met wit bloese en swart rompe of langbroeke, die seuns eweneens in swart en wit, selfs met ’n das. Op die trems is dit stiller, loer die kinders (?) vir oulaas na hulle aantekeninge. Prestasie staan sentraal, want hoewel universitêre opleiding gratis is (mits jy bly presteer), is toelating beperk en plekke maar min. Tensy jou ouers geld het, is uitstekende prestasie ’n voorvereiste.

Ook by ons instituut val die kleredragkode op (dis die eerste keer wat ek hier eksamen meemaak, besef ek – altyd vroeër reeds weg op reise) en by die finale BA-mondelinge kry die paneel elkeen blomme van die kandidate na die afhandeling daarvan. Soms bring die plattelandse ouers nog ’n mandjie met groente of tuisgebak saam om dankie te sê : seker ook maar gehoor hoe swak akademici betaal word.

Omdat my hele departement in Suid-Afrika is vir die kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging, word ek opgekommandeer om te gaan insit by mondelinge van studente wat ek hoegenaamd van geen kant af ken nie. Ken maar my plek en hou my mond (behalwe vir my vooraf opgestelde vrae wat aan die modereerder gegee moet word…), en aanvaar dankbaar die twee ruikers blomme wat my kamers die ene somer maak. Vensters heel dag oop, en selfs ’n vlieg of twee.

Hierdie eerste Europese somer ontglip die greep van die uitgebreide reise van vroeër: ek bring ’n blitsbesoek aan die Suid-Afrika om te kyk hoe lyk die Kaap en hoe gaan dit met my ma (die lofsang vir my suster wat hierdie tweede Poolse verblyf moontlik maak, kan nooit genoeg wees nie) en vang vir Jac en Annaline Conradie op (my eerste gaste op kamer hier in Nieszawska) en ry met hulle so ’n bietjie rond (ons is bevoorreg om ’n swerm ooievaars te sien wat besig is met hulle afskeidsdans voor die vertrek suide toe).

Aanvanklik wou ek hierdie somer na die drie Baltiese state (Estland, Letland en Litoue) reis en het daarvoor ’n maand se kampeer opsygesit. Onbekende en omstrede landstreke, wat soos dr Marius Hugo moes baklei teen hulle agtergrond. Ook nuuskierig oor Estland waar Skype ontstaan het, en wat toe ons in Finland gaan draai het, nog ontoeganklike, verbode terrein was.  Dis al deel van die bestaande Europa waar ek nog nie was nie, en is daarom hoog op die lys.

As gevolg van ander dinge wat opduik, bly daar net onder twee weke oor: daaroor is die langtermynweervoorspelling uiters pessimisties, met tien dae daarvan toegesê aan reën. Toe ek twintig, dertig was, was kampeer in reën ’n avontuur, maar vandag voel ek daaroor anders.

Ek herbesin. Volgende somer, dan?

Iewers in 2009, met dié dat ek so blaai deur die kunsboeke, vind ek uit dat daar nog ’n plek is waar ek nog nie was nie. Waarskynlik het ek dit bewustelik vermy, maar die aantal skilderye wat ek nou agtergekom het in Wene versteek is, maak dit werklike alternatief. Die weer lyk goed, en daar is ’n kampeerterrein aan die oostekant van die gevierde blou Donou. Dus Wene as eerste alternatief, en daarna na kollega Ewa se noordooste van Pole, Olsztyn en die land van die Teutoniese kastele en die baie mere.

In die eerste week van September dus na Wene. Dis ook die tyd van die rugbytoer in Suid-Afrika, wat op onvergeeflike en belaglike wyse nie direk in SA op die TV vertoon word nie. Hier kan ek dit via internet sien – gelukkiger dus as my pêlle by die “huis”. Op my skootrekenaar in die kombuis op die camping (al plek waar daar ’n sein is) kyk ek en nuuskierige oningewydes tussen kunsgalerye en kampkos rugby.

Omdat ek die rekenaar opgeslaan het en die muis se tentpenne in is, skryf ek sommer terwyl ek sit en kyk. Die volgende gaan haal ek uit ’n lêer diep uit sy hart:

Die ryery gister was onvoorstelbaar frustrerend. Orals word daar paaie gebou – in Pole vir 2012 se sokker, onder andere – met Europese Unie-geld om daardeur die Sowjetstate “aanvaarbaar” te maak vir die Wes-Europeërs. Het my amper tien uur geneem om die 600 kilometer te ry, en het dus eers ná sesuur opgedaag. Ná die tentjie opgeslaan is (kampeer is nie meer ‘n avontuur nie!), was daar dus nie meer tyd vir enige museum nie. Fout, sou ek later leer: die groot museums is afwisselend Woensdae- en Donderdaeaande oop tot 10uur. Lees altyd die gidsboekies ordentlik!!!!!

Bietjie in die sentrum gaan rondloop, maar sonder ‘n kaart! Die stad is onbegryplik stil, regtig sonder ‘n kloppende hart. Dalk die dronkverdriet van ná die somer; dalk sou dit anders gewees het onder ander omstandighede.

Maar ek vermoed dat ek dit altyd oor Wene vermoed het, en daarom hier (onbewustelik) weggebly het. Maar nou-ja: die museums wag: die Breughel wat my op die spoor gebring het, die Duhrers, Rubens (wat hier groot in aanvraag was) en natuurlik Klimt. Vier groot galerye. Sal miskien eers Sondagoggend ry om alles in te pas, aangesien ek gister een verloor het.

Voorlopig hou die weer nog, en hoef ek nie bekommerd te wees oor die (iewers onvermydelike) klam tent nie. Die gewaande sigaretaanstekerlaaier vir die skootrekenaar werk nie, wat dus beteken dat ek net sal kan werk waar daar krag is. Het egter gisteraand ‘n internetkafee opgespoor – daar is baie van hulle, en as daar hier niks is nie, kan ek daar gaan inloer om te kyk wat met die voetbôl gebeur.

Dis jammer dat die ry so frustrerend was (dis veral die swaar vragverkeer op al die verleggings), want die landskap hier deur die Sudetenland is nog steeds pragtig. Maar hoeveel bloed het daar nie oor die eeue hier gevloei nie. Ek wonder so by myself hoe finaal al hierdie grense is: of die wigte en teenwigte nou sterk genoeg is om ‘n verdere Europese oorlog te verhoed. Elders is dit natuurlik onvermydelik, maar hopelik darem ver genoeg om my kans te gee om daar ’n grondseiltjie te gaan span.

Die kampeerterrein is gerieflik (daar is gras vir die tente!) en vollerig. Maar dit raas as gevolg van die nuwe verbypad wat vlak hierlangs loop. Gelukkig slaap ek maklik (altyd, orals – dis die groot genade wat my gegee is) sodat dit uiteindelik nie pla nie. Ek sal in ieder geval in die rondloop vandag uitkyk vir ‘n alternatiewe plekkie as dit dalk kwaai sou begin reën.

Laataand: was maar moeilik om vandag nie so ’n bietjie hartseer te word nie: al die mooi skilderye, al die skilderye van die minnaars van die Middeleeue tot vandag toe, al die onthulde en onthullende vrouens.

Op die Weense inwalslysie is daar ses museums, waarvan ek vandag uiteindelik net by twee uitgekom het: die hanteerbare Belvedere en die massiewe Kunsthistorische Museum waar ek uiteindelik ‘n hele verdieping agterweë laat bly het. “Gelukkig” is die Akademie der Bildenden Kunste gesluit tot Oktober, sodat ek dit darem van my lysie kan afhaal. Dit laat twee dinge wat nie “onderhaalbaar” is nie, en hier en daar ekstra dinge wat toevallig nou aan die gang is en wat ek andersins nie (nooit?) weer sal kan sien nie.

Die Breughels het al my verwagtings oortref: hier is nog meer as wat ek gedink het. Die belangrikstes is almal hier: die kinderspeletjies, die boerebruilof, die boeredans, die Toring van Babel, die jagters met honde in die winter. Daar is ‘n onvoorstelbare Rubens (Die kop van Medusa). Drie roerende laat Rembrandt selfportrette (ek was seker twee van hulle is in die VSA), ‘n Dürer-altaarstuk met kleur wat ek nie gedink het hy in staat was om te gebruik nie. “Verlore” (“Lost”) van ‘n Oostenryker, Van Stucke, waarvan daar nie ‘n poskaart te koop is nie, en nie eers in die gids verskyn nie.  Daar is Titiaan, Tintoretto en Caravaggio: een of twee van hulle het ek al afbeeldings van gesien, maar ‘n klomp is nuwe ontdekkings.

Soos altyd is die sien van hierdie dinge oorweldigend, fisies van die baie loop en emosioneel om dit te verwerk. En uiteindelik kan ‘n mens nie die dinge alles uitmekaar hou nie. Dis hoekom ek maar die gidsboekies koop en later weer probeer bestek opneem. Maar daar is altyd ook die ontdekkings wat nie opgeneem is nie, en wat ‘n mens uiteindelik nie meer kan plaas nie. So herroep ek skielik ’n aangrypende skildery (“Die kluisenaar en ……. een of ander vrou uit die mitologie”): die storie is dat ten spyte van al sy pogings om haar die hof te maak, sy hom ignoreer – hy is oud en verslons, terwyl sy jonk en fleurig is. Dan gee hy haar uiteindelik ‘n slaapdrankie: nie om haar te molesteer of verkrag nie, maar net sodat hy ‘n paar uur ongestoord na haar kan kyk. Aangrypend mooi, maar nou sal ek nooit weet wie die skilder was nie.

Voorheen het ek altyd ‘n boekie saamgeneem en my indrukke van spesifieke skilderye (en die name daarvan en van die skilders) neergeskryf, maar het dit die laaste vyf, ses jaar nie meer gedoen nie.

Uiteindelik word ook hierdie “kiemselle” self so ‘n oorweldigende en verwarrende versameling, en dan is daar gedurig ook nog goeters wat bykom. Soms is van die goeters net ‘n beeld, of ‘n frase, maar somtyds is dit ‘n hele “idee” wat daar kom sit.  Soos die “idee” oor ‘n tydgenootlike versreeks oor die twaalf take van Herakles – hier en daar daaroor gelees, goeters afgelaai van die internet, jammer vir myself gevoel omdat ek nie my basiese mitologiese verwysingsboeke by my het nie, maar kom om een of die ander rede net nie daarmee aan die gang nie.

Op ‘n manier weet ek ook dat ek dit moet doen om vir myself te wys dat ek nie ‘n “toevallige” digter is nie, maar dat ek in staat is om iets te vat en dit behoorlik uit te bou. MAAR: hoekom is dit nodig om so iets te bewys?????????????? Skryf is vir my ‘n baie persoonlike saak (en het dit oor die laaste 20 jaar al hoe meer geraak) : soms is ek jammer oor die publikasie van .apostroof want daarmee het ek allerhande verwagtings gaan staan en skep.

Niks so gevaarlik soos kamptentfilosofie nie. Miskien moet ek ook gaan slaap en kyk of ek nie net na ses die magtige St Stephans-toring (327 trappies) kan uit nie. Dit, is, op stuk van sake, ‘n naamgenoot.

Maar eers die oordenking: wat ‘n wonderlike uiteenlopende groep skilderye vandag oor die Heilige Hieronimus gesien nie! En rondom die Passie van Christus. Oor die verskrikkings wat in die naam van die Bybel en Christus gepleeg is, moet mens nie ophou praat nie, maar terselfdertyd het dit darem ‘n kunsskatkis daargestel wat onoortreflik is.

En nou sien ek ek het nog nie eers Klimt genoem nie. En dis een van die redes hoekom ‘n mens kwansuis Wene toe moet kom – vir “Die soen“. Redelik oorskat, uiteindelik, want daar is baie ander dinge van sterker en aangrypender is: Die drie leeftye van die vrou en Die maagd sal ek nie sommer vergeet nie. Watter merkwaardige skilder tog nie, en watter tydsgees om in te leef en te skilder. Grense om te versit, bedelings om te laat kantel.

’n Volgende beurt:

Nog ‘n dag vol baie mooi dinge (hoewel dit halfpad effens begin reën het) Ek het toe getrou aan my woord die Heilige Stephanus se toring uitgeklim: 363 trappies. Bly ek kan dit nog doen!. Miskien sal my kuite vanaand daaroor iets te vertelle hê. Die koffie en croissant daarna was nogal beduidend lekker en ek was nog betyds by die museum toe die deure oopmaak.

Albei vandag se museums is basies kuns van die 20ste eeu (dis nou die deel van die permanente versamelings (van die jaar toet tot nou) wat op die oomblik uitgestal word). Watter wonderlike voorreg het hierdie mense nie om elke drie maande of so ‘n totale nuwe uitstalling van uitsonderlike goed te sien nie. Daarom het ek die Dürer-vlerk (waarvoor ek hierheen gekom het) misgeloop, maar kon darem ‘n poskaart daarvan kry.

Daar is heelwat van die Oostenrykse skilders rondom die tyd van die Jugendstil en daarna wat ek glad nie ken. Daar is ‘n man, Schiele, wat ‘n massiewe klomp erotiese tekeninge en skilderye gemaak het, nogal skokkend by tye. Soos altyd het ek weer ‘n gidsboek gekoop, maar die dinge wat daarin vertoon word gee nie werklik die aard van die oeuvre weer nie. Maar daar is ook Kokoschka-skilderye, en ‘n pragtige perd van Toulouse-Lautrec. En Chagall, die man wat so onbeskaamd Wit-Russies en Joods was, en wat daardie sfere in die magiese en droomvoorstellings voorgestel het. Daar is ‘n pragtige een van ‘n meisie wat op daardie groenblou gras van hom aan die slaap is (sommer so skuins oor die heuwel) en droom van ‘n groot bos blomme.

 Het myself ook bederf en ‘n paar “posters” gekoop om my kaal mure op te vrolik en ’n yskasmagneet of twee. Poskaarte vir bekendes en bemindes ver.

Blaai ek nou weer deur die gidsboeke, pamflette  en die poskaarte, besef ek hoeveel daarvan ek inderdaad nie genoem het nie: die fabelagtige Bestearium-uitstalling van Walton Ford (gaan kyk op die internet as julle hom nie ken nie, soos ek), die landskappe van Klimt, die ekspressionistiese goed in die Leopold-museum, die blote opset van die Albertina.

’n Hoogtepunt was ongetwyfeld die kennismaking met die argitek en ontwerper Joseph Maria Olbrich, wat op 40-jarige leeftyd in 1908 oorlede is. Daar was ’n omvattende uitstalling oor die kunstenaarsdorp in Mathildenhöhe in Darmstadt, waar hy werksaam was, sodat ek die geleentheid gekry het om veel meer van hom (wonderlike meubels ontwerp…) te sien as wat onder andere omstandighede die geval sou wees. Was ’n besondere era in die Oostenrykse kuns, so op die eeuwisseling tussen die 19de en 20ste eeue en goed gesien en name leer ken waarvan ek onbewus was. Gaan loer maar via jou soekenjin by iets soos die Sezession of Vienna Secession .

As stad het Wene my nie bekoor nie (en die mense is nogal sonder woema), maar ek sal weer ’n keer daar gaan draai vir die museums.

Darmstadt lui ander klokkies in die geskiedenis: die eerste Duitse stad waar daar formele maatreëls teen Jode ingestel is (lees ek…) Dit bring mens weer terug na Pole en Auschwitz, die onvermydelike besoekpunt vir enige buitelander.

My Durbanse baas, Rosemary Wildsmith, was die tweede Suid-Afrikaner op deurgang na ’n kongres wat ek so ’n bietjie rondgery het hierdie somer. Na twee uitvoerige stappe by Auschwitz en Birkenau (ek probeer altyd oorreed: gaan kyk die bevrydingsfliek, maar daarna eers na Birkenau (’n paar kilometer daarvan en dan terug na Auschwitz), laai ek af en sit ek terug en lees. Of maak sommer ’n skelm slapie op ’n parkbankie as die son skyn.

Kraków is die basis vir verkennings as die son nog langerig skyn, maar dan moet ’n mens ook nog ’n dag volledig opsysit om net so ’n smakie te kry van die pragtige stad. In een van my twee briewe het ek gepraat oor die begrafnis van die vorige president in die Wawel-katedraal – my eerste besoek daarna, en dit is opvallend hoe baie mense net inkom om om die graf te loop en die koue marmer te soen. Smolensk gaan nog lank bly spook in die kollektiewe onderbewuste van die Poolse volk.

En die bewuste manipulasie, ook. In Junie, dag ek, verskyn daar ’n ellehoë houtkruis op die kasteelplein in Warskou ter herdenking aan die gesneuweldes by Smolensk. Dit word gou ’n simbool van die regse nasionalistiese politiek, en die verwydering daarvan na ’n nabygeleë kerk word spoedig ’n rampsalige toutrekkery en beskuldigings. Die regering is te bang om mense te konfronteer (alhoewel die Kerk reeds die verskuiwing goedgekeur het), maar beloof in ieder geval ’n herdenkingsplaat. Monument, skreeu die teenkant, ’n moerse monument: die kruis, die kruis vir altyd!!!!! Uiteindelik, soos ’n dief in die nag en terwyl die dissipels slaap, word die kruis tog verwyder en veilig in Jesus hoede staangemaak.

Ek moet klaarmaak as ek nog voor middernag in die RSA wil opdaag. In ieder geval te lank vir ’n ordentlike mens om te lees…  Ek los dus maar ’n klompie dinge vir Januarie se brief. Ek moet in ieder geval probeer kyk wat het ek reeds in die amper verbygegane dekade oor geskryf. En niemand sal eintlik weet wat wanneer en waar en hoe dinge hier gebeur nie. Dus: die waarheid, soos T T Cloete destyds gesê het, gelieg. Oor Zakopane, die soutmynkatedraal, die koue winter en ’n stukkie Kaapse somer, ons studente (’n groep amper reeds op pad na die sonskyn…), priesters en pedofilie, Olsztyn en die gevrieste mere en dalk ’n ontmoeting met die nuwe ambassadeur.

Dis vroeg donker en die vuurwerkskietery het lankal begin. Die Pole is daaroor uitspattig, en die goeters is regtig duur en in ons deurmekaarderige buurt sal daar seker nie veel gebeur nie.

’n Mens moet seker iewers heen gaan waar daar ’n georkestreerde vertoning is, maar dis koud buite en die sypaadjies bedrieglik van die ys. Bly dus maar vanaand hier in my kamertjies met prei- en aartappelsop en dink dankbaar aan die goeie dinge wat hierdie jaar met my gebeur het. En klink ’n glasie op haar.

En, ja, nooit weer slaan ek ’n maand oor nie: dis my nuwejaarsvoorneme vir 2011 !!!!!!!!!!

Ligvoet die nuwe jaar in:

 

hy gooi die bene kyk hoe hulle self

’n lê gaan kry. deur sy skrefiesoë delf

hy dan na dieper sin, maar dis verniet:

hawu! daar’s net die mooiste goed vir 2011

 

Szczęśliwego Nowego Roku!

домаАлександр Фильчаков Васильевич

2010 – Aardskuddende jaar

Aardbewings, die stand van tussengroepverhoudings, plaasmoorde, verbintenis tot die grondwet, mediavryheid en meer kom aan die beurt in hierdie beknopte bespreking van die afgelope jaar se aktualiteitshoogtepunte.

Aardbewings

Die jaar 2010 was in verskeie opsigte ‘n aardkuddende jaar – ook letterlik.

Die reuse aardbewing van magnitude 9 wat op 26 Desember 2004 ‘n verwoestende tsunami ontketen het, is pas ses jaar herdenk. Hoewel vanjaar nog nie ten einde geloop het nie, was vanjaar, volgens die syfers van die Amerikaanse Geological Survey (USGS) self ‘n bielie-aardbewingjaar.

Die aardbewing van magnitude 7 wat Nieu-Seeland se tweede grootste stad, Christchurch op 3 September 2010 geskud het, het immers in dieselfde jaar voorgekom as wat Haïti se hoofstad deur ongeveer net so ‘n sterk aardbewing in puin gelê is, en Chili deur ‘n regtige grote getref is – 8,8 wat die vyfde grootste sedert 1900 was.

As na die statistiek vir ernstige aardbewings sedert 2003 gekyk word, wil dit sonder om afleidings te maak, op die oog af voorkom asof aardbewings van meer as magnitude sewe op die Richterskaal aan die toeneem is. Vanjaar is reeds 20 van meer as sewe geregistreer, en een van bo agt. – ‘n totaal van 21 net voor die jaar ten einde geloop het. Nog 23 aardbewings wat tussen 6,5 en 6,9 gemeet het is reeds vanjaar aangeteken.

Die jaar 2007 is die enigste jaar sedert 2003, wat enigsins kon kompeteer en toe was daar 13 aardbewings van sterker as sewe, en ‘n yslike vier van bo agt.

Volgens die USGS was die grootste in dié tydperk die bielie van 9 (die tweede sterkte ooit gemeet, en bronne dui dit as tussen 9 en 9,3 aan) wat ook die verwoestende tsunami ontketen het wat verskeie lande aan die Asiatiese kus die dag na Kersfees 2004 getref het. Ironies was dié jaar besonder stil aan groot aardbewings, en slegs 6 van bo sewe, een van bo agt, en die bielie self is dié jaar gemeet.

In 2003 was nog ‘n beduidende aardbewingjaar en was daar 13 bo 7, en een bo agt.

Ander nuusgebeure wat in hierdie artikel bespreek of genoem word, is moontlik nie die mees aardskuddende gebeure van die jaar nie, maar is hoofsaaklik gekies oor die oordra-potensiaal op die nuwe jaar, en veral die impak op die landswye munisipale verkiesings in 2011.

Tussengroepverhoudinge en die groot sokker

Teen die einde van 2010 het die uitslae van verskillende peilings uitgelig dat Suid-Afrika se tussengroepverhoudings taamlik bedremmeld daaruit sien. Die kreeftegang op hierdie terrein sedert 1994 is nie nuut nie, maar dit is nuuswaardiger as gewoonlik omdat dit in dieselfde jaar geld as waarin die land die wêrelkdbekersokkerttoernooi aangebied het. Die euforie het in baie gevalle in ‘n post-euforiese trauma omgesit.

Die beste samevatting van die probleem is moontlik die volgende aanhaling uit ‘n regse webwerf: “Julius Malema bly my held. Elke keer wat hy sy mond oopmaak bekeer hy duisende mense tot die volkstaatgedagte.”

Die stand van tussengroepverhouidings het ook onder die vergrootglas beland na Rapport ‘n aanhaling van die skryfster, Annelie Botes, gepubliseer het en ook Steve Hoffmeyr uitlatings oor die debat gemaak het. Iets wat eintlik in die doofpot geprut het, het na die oppervlak geborrel.

Plaasmoorde

Plaasmoorde het vanjaar besondere aandag getrek, in die eerste plek weens die moord op die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche te midde van ‘n storm oor die sing van onder meer “Maak dood die Boere.” Die plaasmoorde op ‘n Belgiese en ‘n Kanadese burger het ook vir internasionale dimensies gesorg, terwyl die moord op ‘n bekende filantroop in die Oos-Vrystaat ook retoriek dat die boere se beweerde swak behandeling en selfs mishandeling van plaaswerkers plaasmoorde veroorsaak, in ‘n ander perspektief gestel het. Die moord op die tweejarige Willemientjie Potgieter was nie die laaste plaasmoord van die jaar nie, maar het ten slotte baie bygedra daartoe dat plaasmoorde as euwel onderstreep is. Hoewel verskeie dele van die ANC dié betrokke plaasmoord veroordeel het – ‘n seldsame verskynsel – dra die ANC se gebrekkige uitsprake hieroor, en sy appèl teen die verbod op die liedjie, Maak dood die Boere, tot polarisasie by. By geleentheid, vanjaar, was die ANC-strydros, prof. Jakes Gerwel in sy rubriek in Rapport beswaard omdat die ANC gereeld as vyand van die land voorgehou word.

Tweepartybedeling

Weens politieke inkorrektheid word die versugting na ‘n de facto tweepartybedeling nie dikwels hardop uitgespreek nie. Die suggesties hiervoor is meer volop.

Die politieke inkorrektheid spruit waarskynlik uit die gedagte dat ‘n effektiewe tweepartybedeling die beste opsie bied om die ANC as saak van nasionale prioriteit by die stembus te verslaan. Verkiesings in Suid-Afrika, in die woorde van dr. Pieter Mulder, is in hoofsaak etniese sensusse. ‘n Openlike pleidooi vir ‘n tweepartystelsel, onbedoeld of nie, sal by baie as ‘n verdieping van die stem-polarisasie beskou word. Hierna kan die land die luukse van normale politiek van werklike veelparty-demokrasie geniet. Politiek inkorrek omdat dit in wese bevestig dat die kieserskorps nie gereed is vir die grondwet nie.

Tog is die gedagte nie heeltemal nuut nie. Die saak het die eerste keer prominensie verkry toe die destydse leier van die NNP, Marthinus van Schalkwyk, kiesers aangeraai het om nie hul stemme op klein partytjies te mors nie. Dit het woede ontlok van die destydse DP-leier, Tony Leon, sodat dit eintlik as verrassing gekom het dat die DP / DA self later, toe die DA die amptelike opposisie geword het, dié taktiek begin gebruik het.

Ook die media-aanslag dui op ‘n gewoonlik onuitgesproke irritasie met kleiner partye.

In alle billikheid, kleiner partye, en selfs die grotes in die SA-konteks soos die IVP, UDM en Cope, dra dikwels by tot die persepsie dat hulle ‘n luukse is wat die land nie nou werklik kan bekostig nie. ‘n Groot probleem is dat verskeie opposisieleiers sterk diktatoriale kenmerkie dra, en “hul” partye as’t ware soos persoonlike eiendom hanteer.

Die subtiele of openlike voorspraak vir ‘n tweepartybedeling is vir ander partye, veral partye buite die sosiaal- en liberaal-demokratiese dampkring, bv die Christen-demokrate, ‘n beginselprobleem. Veral die kleiner Christen-Demokratiese Party (CDP) spreek sy misnoeë hiermee gereeld uit, en meen kiesers wat sterk oor Christelike waardes voel word sodoende effektief ontkieser.

Die feit is egter dat die jaar ten einde snel, en die munisipale verkiesings nader kom, met Cope wat in ‘n warboel is, en die IVP waar sy leier, Mangasotho Buthelezi, vir Robert Mugabe lesse leer van hoe oud iemand kan wees om steeds ‘n beergreep op ‘n party uit te oefen.

Grondwetlikheid

Vroeër vanjaar skryf Tim du Plessis, redakteur van Beeld soos volg in ‘n rubriek: : “’n Nuwe tydsgees is aan die ontwaak. Mense, gemeenskappe, minderhede, noem maar op, staan op en sê” ‘Genoeg is genoeg. Nou vat ons ons regte terug.” Hy verkwalik die liberale wat die taalstryd in Stellenbosch veg onder die vaandel dat dit ‘n keuse tussen Afrikaans en uitnemendheid is.

Tim het al tevore nuwe denke oor voormalige politieke korrekte kwessies uitgelig.

Benewens uitsprake oor mediavryheid, het die regering en ANC verskeie ander sake op die agenda geplaas wat ‘n verbintenis tot die grondwet onder verdenking plaas. Verskeie sake het in die howe beland, byvoorbeeld die versuim om ‘n taalwet deur te voer soos die grondwet vereis, terwyl nasionaliseringspraatjies en planne vir grondonteiening voortduur terwyl die onteiening van mineraleregte nog bereg word,

Selfs die kommissie wat aangewys gaan word om na die moontlike vermindering of selfs afskaffing van provinsies te kyk, word met erns bejeën omdat die drie vlakke van regering in die grondwetlike beginsels wat by Kemptonpark onderhandel is, vervat is. Die argelose negering hiervan wek nie net kommer oor ‘n verbintenis tot grondwetlikheid nie, maar tot die ooreenkomste by Kemptonpark waarop die grondwetlike beginsels geskoei is.

Verskeie kommentators wat as liberaal en selfs links bekend staan, het tot enkele maande gelede dit gereeld nodig geag om Suid-Afrikaners te verseker dat die land oor ‘n uitstekend, en selfs die beste grondwet ter wêreld beskik. Hulle is nou vreemd stil.

Ander het op leemtes begin wys, sommiges van ‘n tegniese aard soos die afwesigheid van meganismes om talle van die ideale in die praktyk te laat realiseer. Meer stemme gaan ook op dat die land se grondwet ideologies nie geskik is om heterogeniteit effektief te ondervang nie, en verwys na modelle soos die Indiese, dié van Nieu-Seeland en die Europese Unie.

Plekname, die taalkwessie tel onder die terreine waar die leemtes met kommer uitgewys word. Soos in vorige jare gaan stemme op vir ‘n nuwe Kodesa om ‘n grondwet te heronderhandel.

Die hof moes ook ingryp oor die regering se versuim om sy burgers se belange in Zimbabwe te beskerm, en het ‘n skikking met Vrystaat Landbou bereik oor onder meer die beskerming van inwoners deur te onderneem om die Lesothogrens beter te beveilig.

Korrupsie

Vanjaar het verskeie kommentators die sielkundige sprong gemaak deur te verklaar dat korrupsie reeds in die land endemies geword het. Ander was meer versigtig deur te wys daarop dat Suid-Afrika die kenmerke van ‘n disfunksionele staat toon, terwyl prof Sampie Terblanche die land as ‘n parasitiese staat beskryf het. Terwyl heelwat ander misdaadsyfers in die jongste statistieke effens afgeneem het, styg handelsmisdaad steeds beduidend. Dit staan in die konteks van die nuus dat die Britse Accountancy and Actuarial DisciplineBoard (AADB) weer met ‘n fyn kam na aspekte van die omstrede wapentransaksie kyk, en dat sowat ‘n miljard rand se omkoopgeld aan Suid-Afrikaners betaal is.

Kwessies wat dikwels as hand aan hand met korrupsie aan die bod kom is tenderpreneurskap, kaderontplooiing, en oplaas die kwessie van ANC-adel. Lg het veral onder bespreking gekom toe sommige hoogs omstrede ministers, soos Lindiwe Sisulu, se posisie hoegenaamd nie in gedrang was toe ander ministers die trekpas gekry het nie.

Die land se inkomstegaping – nou die hoogste meetbare ter wêreld – voed heel duidelik van die nasionaliseringspraatjies,

En so tussenin het verskeie Vrystaatse tenders in die Hooggeregshof beland, en is nie net deur die howe tersyde gestel nie, maar in minstens een geval hertoegeken.

Mediavryheid

Bykans die hele jaar is ernstig debat gevoer oor die regering se mediaplanne; ‘n beoogde mediatribunaal en wetgewing oor die hantering van inligting. In die proses het die Amerikaanse groep, Freedom House, Suid-Afrika geherklassifiseer as land wat slegs gedeeltelik persvry is. ‘n Ruk daarna het Verslaggewers sonder Grense die ANC voor stok gekry, en kort daarna die land met vyf plekke op die persvryheidsindeks laat tuimel. Suid-Afrika beklee nou die 38ste posisie, met Namibië (21), Kaap Verde, Ghana en Mali (almal 26) wat meer persvry as Suid-Afrika is. Sowat ‘n dekade gelede het Suid-Afrika die 21ste plek as mees persvrye land in Afrika beklee.

‘n Ander aspek is dat die media skynbaar toenemend spartel om kwaliteit joernaliste aan te stel, en beide die ekonomiese klimaat en die veranderende mediaomgewing kry dikwels die skuld. By ‘n Sanef-kursus het die persombudsman, Joe Thloloe, die nuusredakteurs onder meer aangespreek oor gebrekkige kennis. Ongelukkig sny gebrekkige kennis diep, soos blyk uit die gebrekkige en dikwels erg eensydige politieke insigte wat gereeld opgedis word.

Buiteland

‘n Opkoms van regs het verskeie belangrike lande, soos die VSA, Nederland, België en Swede vanjaar gekenmerk.

Kort voor die einde van die jaar is Noord- en Suid-Korea weer aan mekaar se kele, en is daar ‘n onderliggende kommer dat kernwapens ingespan kan word. Niemand kan werklik voorspel dat Noord-Korea se oorlogspraatjies – ‘n taktiek om binnelandse kohesie te verseker – nog lank net praatjies gaan bly nie.

Bykans geen aspek op die internasionale verhoog word nie meer regstreeks of onregstreeks deur die Islamkwessie beïnvloed nie. Die opkoms van regs in Europa word onder meer hieraan toegeskryf. By brandpunte soos die Midde-Ooste het dit ‘n bepaalde rol, en verskeie terreuraanvalle wat met lugdienste verband hou, is gefnuik.

Munisipaliteite

Munisipaliteite is nie net in die nuus oor aanstaande jaar se munisipale verkiesings nie, maar ook weens ‘n konstante stroom nuus oor sake wat verkeerd loop – OG-druipverslae, Eskom-rekenings wat in die rooi is, dienslewering wat swak is.

Nogtans volhard die ANC met sy kaderontplooiingsbeleid. Uitsprake dat dity aan gehalte gekoppel moet wees, blyk lippediens te wees. Na berig word is die hoof van die minister se ontplooiingstaakspan ‘n voormalige munisipale bestuurder van Plettenbergbaai wat self in die slag gebly het – eers in Bronkhorstspruit, en toe by Plettenbergbaai na hy nog deur die destydse Wes-Kaapse ANC-regering as administrateur aangewend is om Kannaland uit die gemors te lei.Die stroom onthullings oor die ontplooiings en herontplooiing van kaders wat reeds uitgevang was, hou net nie op nie.

Hoewel dit te vroeg is om te sê of dit ‘n impak op die verkiesingsuitslae gaan hê, was daar reeds heelwat briewe en blogkommentare van binnelanders wat in die Wes-Kaap gaan vakansie hou het, en beïndruk is met die vlakke van dienslewering en afwesigheid van slaggate waar die ANC nie op provinsiale of munisipale vlak die septer swaai nie.

Trojaanse perd

Die bundel oor die Trojaanse perd wat glo in die NG Kerk sou losloop, is tekenend van ‘n dieperliggender probleem, en is ook goed geïllustreer toe ‘n storm om die moderator, prof. Piet Strauss se kop oor die evolusiekwessie losgebars het.

Die jong aarde kreasionistiese tydskrif, Juig, het prof. Strauss gevra wat die NG Kerk se amptelike standpunt oor evolusie is, waarop hy sy eie standpunt gestel het. Dit het die kerk genoop om sy eie standpunt weer uit te reik, wat volgens onder meer die webwerf, Kletskerk, van dié van prof. Strauss verskil.

Hoewel die bekendstelling van Sediba uit die Wieg van die Mensdom bygedra het om die evolusiedebat van verlede jaar – die 200ste geboorteherdenking van Darwin – na vanjaar te laat oorloop, sou die “debat” om ‘n ander rede in elk geval plaasgevind het – so fel dat sommige media dit aktief gestuit het.

Dit kan as ‘n onderdeel beskou word van ‘n dilemma waarmee die Afrikaanse susterskerke te make het – wat in ‘n oorvereenvoudigde sin in poolvorming rondom fundamentalisme aan die een kant, en die nuwe hervorming aan die ander kant vasgevang word. Suiwer gereformeerdheid / reformatoriese kom van twee kante onder druk. Dit loop dikwels oor in ‘n politieke dimensie soos die Belhar-kwessie vir die NG Kerk, en die apartheidsresolusie vir die NH Kerk. In die GKSA manifesteer dit oor ander kwessies soos vroue in die amp en watter Psalms gesing behoort te word of nie.

Teen hierdie agtergrond sal die hoofstroom-lidmate van die susterkerke waarskynlik voel die term “Trojaanse perd” sou meer gepas op die outeurs van die bundel van toepassing gemaak kon word. Dit word verder beklemtoon deur die verweefdheid met “creation science” met die jong aarde kreasionisme. Die standaard-wetenskap beskou “creation science” as ‘n kwasi-wetenskap en verskeie wetenskaplike publikasies lig bedrog deur van die hoofkarakters uit.

Omdat die verdelingslyne verweefd is, en dikwels senior teoloë betrek, sal die kerke omsigtig, en waarskynlik traag, wees om nie die kwessies beslissend en teologies te ondervang nie. In verskeie gevalle is kerkskeuring nie uitgesluit as Salomo se wysheid nie ingespan word nie.

Die hartseer werklikheid is dat die pole so diep verskans is, dat die afwending van skeuring waarskynlik die bloeiproses gaan uitrek, die bitterheid verdiep en in elk geval deurlopend tot ‘n dreinering van lidmate gaan lei.

Die koerante se briewekolomme, veral die blogs, en verskeie webwerwe bied werklik ontstellende leesstof oor Christene, en selfs lidmate van dieselfde kerke, mekaar bodemloos slegsê, en laster en leuens is aan die orde van die dag.

Selfs die politieke debat, wat self dikwels skandelike vlakke van slegsê en walglikheid bereik, sukkel om by die debatte wat in die naam van godsdiens gevoer word by te hou.

Die opsteller, Herman Toerien, is ‘n onafhanklike politieke ontleder.

купить мебель для участка шиномонтажалобановский харьков класс