Gaan die ‘internasionale gemeenskap’ herleef?

Ná die Anglo-Amerikaanse koalisie se suksesvolle missie in Kosovo in 1999, is die gedagte van ‘n “liberale intervensie” begrawe saam met tien duisende Irakse burgerlikes.

Die diplomatieke chaos wat gevolg het op Tony Blair en George W. Bush in 2002-03 het waarskynlik ‘n nuwe tydperk van Amerikaanse isolasionisme ingelei, bloot omdat daar skielik te veel anti-Amerikaanse vure ontbrand het om dood te slaan.

Barack Obama is in 2008 op ‘n golf van anti-oorlog sentiment ingestem, terwyl David Cameron Downing Street 10 verlede jaar betree het deur aan te dring daarop dat die Weste “nie demokrasie vanaf 40.000 m kan laat val nie”. Cameron het natuurlik daarmee bedoel dat Amerikaanse lugaanvalle nie die antwoord op alles kan wees nie.

Tog het die afgelope drie weke bewys – hierdie keer met minder medialawaai  en allerlei beloftes oor ‘n “beter wêreld” – dat die Anglo-Amerikaanse beleid van kragdadigheid weer uit die dode opgewek is.

Beide resolusie 1973 oor Libië en resolusie 1975 oor die Ivoorkus gee aan eksterne magte die gesag om “al die nodige” maatreëls te neem om “burgerlikes te beskerm teen geweld”. Vir alle praktiese doeleindes, is die Veiligheidsraadbesluit  ‘n blanko tjek vir ingryping in die werkinge van ‘n soewereine staat. Waar dit die wil van die kiesers laat, is tans ‘n ope vraag.

Westerse diplomate konsentreer op die “bedreiging wat ‘n humanitêre katastrofe inhou”. Die gesprekke in die gange van die VN lui dat mense nie wil wag vir ‘n bloedbad soos in Rwanda nie.

Alhoewel daar gemeen word dat die kragdadige optrede van die VSA, Brittanje en Frankryk voortvloei uit die “Verantwoordelikheid om te beskerm”-doktrine wat in 2006 aanvaar is deur die VN-lidlande, dien sulke optrede vanselfsprekend die om belange van die VSA en sy bondgenote te beskerm.

“Humanitêre” aksie is deur die onderskeie plaaslike owerhede ondersteun. In Libië, het die Arabiese Liga die groenlig gegee en in die Ivoorkus, was dit Ecowas en die Afrika-Unie.

Rusland of China kon kwalik “nee” sê nadat die Arabiere en die Afrikane self vir die Anglo-Amerikaanse intervensie gestem het. Daar sal egter ‘n prys later wees om te betaal vir die Britte en die Franse, aangesien lande soos Indië erg gekant is teen sulke ingryping.

Gaan die “internasionale gemeenskap” weer met kragdadige ingryping en ‘n multipolêre wêreld herleef?

мембранный напорный бакЛобановский Харьков

‘n ‘Etiese’ beleid

Die chaos en geweld wat Libië tans verwoes, laat vrae omtrent die gedrag van Brittanje en veral sy voormalige eerste minister, Tony Blair. ‘n Regime wat reeds 400 van sy eie burgers vermoor het, Libië, is onlangs nog soos die Verlore Seun in Britse arms terugverwelkom.

Toe Blair in 1997 ‘n “etiese buitelandse beleid”, in teenstelling met wat vermoedelik die onetiese een van John Major of Thatcher was, belowe het, het niemand seker Brittanje se grotesk onetiese gedrag in Irak en nou Libië kon voorspel nie.

Soos met baie dinge wat Blair kwytgeraak het, klink die woorde pragtig, maar is die werklikheid van Britse skynheiligheid en die gevolge daarvan, een wat die wêreld toenemend na die rand van ‘n afgrond lei.

Die vroeë pogings van die Blair-regering om sy “etiese” buitelandse beleid met baie min omstredenheid te implementeer ten spyte van min etiese besluite, was om die Ierse Republikeinse Leër te snoeker.

Hierdie ooreenkoms is wyd beskou as een van die min ware prestasies van die heer Blair en niemand kan ontken dat Ierse terrorisme, indien nie verdwyn nie, iets van ‘n rariteit geword het. Dié ooreenkoms het meegebring dat Sinn Féin en die IRL nooit verplig gaan wees om baie van hul donker geheime te openbaar nie. Maar dis die prys van vrede, sê algar.

Blair se ander pogings om aan die uitvoering van ‘n “etiese” buitelandse beleid gestalte te gee, het egter met die Irakese inval vasgeval. Maar diegene wat Irak onthou, vergeet Suid-Afrika, Kosowo, Sierra Leone en Oos-Timor. Die DA, by monde van ‘n histeriese Helen Zille en Beeld se opiniestukke, herinner ons daagliks aan die Britse fout om die ANC aan die stuur van sake te plaas. Asof sy en haar party mbv die Britte nie instrumenteel was in die magsoorname nie.

Nee, die Britse strategie om “etiese” redes voor te hou om ‘n ander land binne te val ten einde dit te “bevry van tirannie” is nie met die inval in Irak uitgedink nie. Die Britte was al doenig van voor 1994 om wit Afrikaanse en Zoeloe-mededingers  in Suid-Afrika uit te skakel. Trouens, die bloudruk vir die hele oefening in Libië is feitlik volkome op die “val van apartheid” geskoei en het in Washington voorkeur- buitelandse beleid onder die vaandel van “regime change” geword.

So lank as wat die betrokke lande klein en goedgelowig is, is die intervensies beperk en die plaaslike bevolking grotendeels vriendelik teenoor die Angelsaksiese “bevryders”, maar hierdie beginsel is ernstig uitgedaag deur Saddam Hussein se Irak wat bewys het die “maklikes” is dikwels te veel om te hanteer.

Blair moes oplaas duisende Irakse lewens opoffer om van Saddam Hoessein ontslae te raak en die doelwit van “demokrasieskepping” is die vlammetjie wat die Midde-Ooste waarskynlik heelhuids gaan laat ontbrand.

In Sirië is Assad besig om geen lewe te spaar om sy leierskap te bestendig nie, maar dis ‘n vriend van die VSA. Geen vliegspersone of “humanitêre” aanvalle teen Sirië dus nie…

Al die leuens oor Irak se wapens van massavernietiging, wat lankal reeds  as onsin ontbloot is, is vergete, terwyl die Britte voortstoom om hulle vriend die kolonel die loef af te steek.

Die opsie om tirannie in Libië te ondersteun het natuurlik daartoe gelei dat wapens deur Brittanje aan Libië verskaf is, asof die Britte nooit sou kon raai dat Ghadafi dit teen sy eie mense sou gebruik nie. Dit is al te waarskynlik dat die  Britse wapens handig te pas gekom het vir die Libiese veiligheidsmagte om ‘n paar van die 400-plus betogers te vermoor.

‘n Etiese buitelandse beleid, miskien soos ‘n wêreld sonder armoede, is ‘n utopiese idee. En die wêreld het reeds duur betaal vir utopiese drome.

Die vraag in Libië is nie of die VSA genoeg wapens het om elke Ghadafi-ondersteuner dood te maak nie. Hulle het meer as genoeg. Die vraag is nou of die Britte en hul Amerikaanse vriende nog kan aanhou wegkruip agter mooiklinkende frases soos “etiese buitelandse beleid” en “regime-verandering” sonder om baie onopreg te klink.

As die antwoord “nee” is, is die vet in die vuur…

детский велосипедАлександр Фильчаков прокурор

Grond: Vermorsing moet bereken word

Delhi, Indië se lewendige hoofstad, bied ‘n menigte kulinêre opsies om die stad en sy verskeidenheid van besoekende toeriste, diplomate en sakeleiers goed te voed.

Maar agter hierdie oënskynlike kulinêre voorspoed lê stygende voedselonsekerheid. Voedsel-verwante inflasie in Indië was reeds bo 18 persent in Desember, wat straatprotes oor hoë uiepryse laat ontvlam het.

Selfs beskeie prysstygings het ‘n vernietigende impak op die inkomste en voortbestaan van miljoene. Indië se kleinboere gaan gebuk onder skuld en watertekorte. Reeds 200.000 van hulle het selfmoord gepleeg oor die afgelope 13 jaar.

Indië is nie alleen nie. Net ‘n paar jaar verwyder van die 2007-2008 globale voedselkrisis, is die wêreld weer op die rand van akute voedselonsekerheid: stygende pryse van beide voedsel en olie, lae landbou opbrengste, wispelturige weer en onblusbare vraag. Die gevolge kan gesien word in Bolivia, waar top regeringsamptenare kos in hulle huise berg, of die Midde-Ooste, waar die stygende koste van basiese voedselsoorte ‘n strydkreet vir rewolusie word.

Tog is die krisis anders as die vorige een. Kenners beweer dat hierdie tekort gekoppel is aan die etanol-industrie. Met koringpryse – en dié van suiker en voedselolie – al stygende, dui die geskiedenis daarop dat inflasie in koringpryse binnekort gaan volg.

Die impak van ‘n nuwe globale voedselnood gaan waarskynlik erger as dié van die vorige een wees, Daar is 75 miljoen meer ondervoede mense vandag as wat daar was in 2008.

Mees ontstellende is egter die wanbalans tussen vraag en aanbod. Die wêreld se bevolking sal na verwagting nagenoeg 40 persent groei oor die volgende vier dekades, en voedselproduksie sal moet uitbrei met 70 persent teen 2050.

Indië se minister van Landbou het onlangs erken dat massiewe hoeveelhede voedsel wat geproduseer word, vermors word, omdat slegs 2 persent van die land se kos verwerk word.

Grondhervormingsaktiviste in Suid-Afrika het nog nie hiervan melding gemaak nie. Ook nie van die verslegtende infrastruktuur wat verspreiding belemmer nie.

кукольный домик купитьОлександр Васильович Фільчаков

Watter netwerk?

In ‘n post-revolusionêre Egipte, waar hoop en verwarring daagliks in botsing is om ‘n nuwe samelewing te bou, het godsdiens as ‘n kragtige politieke krag na vore getree.

Die opstand van Tahrirplein wat deur sekulêre ideale ontbrand het, en gespog het met moderne tegnologiese onderskraging deur Twitter en Facebook, is deur ‘n baie ou godsdiens gekaap. Die Moslem-broederskap, ‘n eertydse verbode Islamitiese groep  is aan die voorpunt daarvan, in stilswyende vennootskap met die militêre regering.

Dit is ook duidelik dat die jong, opgevoede sekulêre aktiviste wat aanvanklik die rewolusie gedryf het nie langer enige invloed uitoefen nie.

As die besgeorganiseerde en mees omvattende opposisiebeweging in Egipte, moes die Moslem-broederskap onvermydelik ‘n voorsprong in die stryd om invloed hê.

“Die Broederskap is ‘n adres waarheen jy kan gaan om 100.000 mense van die straat af te kry,” sê Elijah Zarwan,’ n senior ontleder by die International Crisis Group. Dit is waarom die weermag noue bande met die organisasie wat hulle eers verwerp het, gesmee het, meen Zarwan.

“Ons is almal bekommerd,” sê Amr Koura, 55, ‘n televisie-regisseur, wat die menings van die sekulêre minderheid huldig. “Die jong mense het geen beheer oor die rewolusie meer nie. Dit was duidelik in die laaste paar weke dat baie bebaarde mense beheer geneem het. Die jeug is weg.”

In die vroeë stadiums van die rewolusie, was die Broederskap huiwerig om oproepe vir betogings te maak. Dit was slegs nadat dit duidelik geraak het dat die protesbeweging momentum kry dat hulle ingeklim het. Die Broederskap hou ‘n lae profiel, as ‘n oorlewingsinstink geslyp gedurende dekades van onderdrukking deur die staat.

Die vraag was of die Broederskap beheer sal neem met sy superieure organisatoriese struktuur. Dit blyk nou dit het.

Toe die nuwe premier, Essam Sharaf, die skare in Tahrir-plein dié maand toegespreek het, was Mohamed el-Beltagi, ‘n prominente Broederskaplid aan sy sy. Nog ‘n lid is aangestel op die komitee wat wysigings aan die Grondwet voorstel.

In Egipte vrees inwoners dat hulle land sekulêr sal word. In ‘n onlangse referendum het hulle oorweldigend “ja” gestem om ‘n Moslemland te wees. Daar is groeiende getuienis van die Broederskap se opkoms en die oorweldigende mag van Islam.

Die ironie kan niemand ontgaan nie.

светильник купитьпрокурор Фильчаков

Verstaatliking van die Onderwys

Prof Deon Geldenhuys maak ‘n saak in Beeld (2011-03-25) uit met goeie argumente waarom Afrikaners toenemend die Universiteit van Johannesburg ter syde stel en elders akademiese tuistes probeer vind. Die hele debat is egter mosterd na die maal.

Toe die 1996-grondwet in artikel 29 ‘n onderskeid maak tussen openbare/staatlike onderwysinstellinge en die reg op onderwysinstellinge van ‘n besondere kultuur en religieuse rigting privatiseer, het die klok vir RAU gelui. Die volgende stap van die regering was om die privaatwette verbonde aan universiteit op te hef. Daarmee is die onderwys verstaatlik.

Die ironie is dat toe bg. gebeur het, daar weinig stemme in Afrikanergeledere opgegaan het om die regering halt te roep. Dit geld ook prof. Geldenhuys. Tewens, Afrikaners is medeaandadig aan die skryf van die 1996-grondwet. Toe was FW de Klerk die dirigent en Deon Geldenhuys ‘n tenoor in die koor. Op daardie stadium het Geldenhuys hom onttrek aan die Stigting vir nasionale Minderhede, omdat hy nie sy beroep skade wou berokken nie.

Die gevolg is dat bv. Potchefstroom sy Christelike grondslag kwyt is, die Universiteit van die Vrystaat God se naam uit die leuse weglaat en RAU nou stelselmatig verengels en verswart. Ons wat destyds op die gevaar van stelselmatige verstaatliking gewys het, is toe op ‘n syspoor gerangeer.

Die punt is dat onderwys per definisie ‘n nie-staatlike funksie van die burgerlike samelewing moes wees. Ouers se reg om die religieuse rigting en kulturele inslag van die onderwys te kies is nie onderhandelbaar nie.

Wat staan ons dus te doen: eenvoudig! Raak ontslae van ‘n totalitêre owerheid en vervang dit met ‘n Christen-demokratiese stelsel wat owerhedsmag beperk en begrens. Om dit te kan bereik het ons ook die hulp van goedgesinde swart- en bruinmense nodig.

play onlineДанильченко Юрий прокурор

Israel: Hoogs plofbaar

Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu het na berig word sy reis van 23 Maart na Moskou uitgestel na aanleiding van ‘n bomontploffing by ‘n busstop in sentraal-Jerusalem wat soveel as 34 mense beseer het. Die ontploffing volg op ‘n reeks onlangse vuurpyl-aanvalle uit die Gazastrook wat so ver as die buitewyke van Asdod en Berseba gestrek het, sowel as die 11 Maart-slagting van ‘n Israeliese familie op die Wes-Oewer van Itamar.

Netanyahu, wat reeds agv ‘n politieke krisis probeer om sy brose koalisieregering bymekaar te hou, staar nou ‘n ernstige dilemma in die gesig. Daar was sterk aanduidings dat Netanyahu ‘n vergadering met die Palestynse president Mahmoud Abbas in Moskou sou hê om die vredesproses te weer aan die gang te kry en nog ‘n militêre veldtog in die Palestynse gebiede te verhoed, maar daardie plan is nou effektief ontspoor.

Alhoewel die presiese terreurdaders en hul ondersteuners onduidelik bly, is daar blykbaar ‘n Palestynse faksie of faksies wat doelbewus die krisis wil eskaleer en sodoende die potensiaal vir militêre ingryping deur Israel in die Palestynse gebiede wil bewerkstellig.

Aanvalle in Jerusalem, alhoewel skaars, laat Israel bekommerd dat ‘n meer militante teenwoordigheid in die Fatah-beheerde Wes-Oewer aan die opbou is bykomend tot die Hamas-beheerde Gazastrook.

Selfs voor die busaanval in Jerusalem, het die Israeliese adjunk-eerste minister Silvan Shalom gesê Israel sal dalk na Gaza moet terugkeer ten spyte van die plofbaarheid van militêre ingryping. Die afgelope paar jaar van Palestynse geweld teen Israel is meestal gekenmerk deur vuurpylaanvalle uit Gaza, sowel as ‘n vlaag aanvalle in 2008 waarin militantes stootskrapers gebruik het om teikens in Jerusalem aan te val. Hoewel verskeie eise en ontkennings uitgereik is vir baie van die voorvalle, bly die daders van hierdie aanvalle – waarskynlik doelbewus – gesigloos.

 

Die breër plaaslike konteks is relevant is vir Israel en die Palestynse gebiede. Iran is duidelik besig met ‘n geheime destabilisasieveldtog in die Persiese Golfstreek om sy Soennie-mededingers te ondermyn, veral in Bahrein en Saoedi-Arabië. Die Saoedies is nou betrokke is by ‘n verskeidenheid van maatreëls om te probeer om Sjiïtiese onrus te onderdruk binne die koninkryk self.

Die vrees bly egter dat Iran ‘n aantal geheime bates in die streek besit wat hulle te eniger tyd kan aktiveer. Indien Iran ‘n front met behulp van sy reeds goedgevestigde skakels met Hezbollah in Libanon, Hamas en ander spelers in die Gaza en West -Oewer opbou, gaan Israel moet optree. En gouer as later.

дом игрушек киевФильчаков Харьков

Ou koeie en klein jakkalsies

Die onlangse kritiek op Dr Dan Roodt oor ‘n gedig wat hy 30 jaar gelede geskryf het, het my aan die dink gesit. As iemand my sou aanvat oor iets wat ek 30 jaar gelede gedoen of gesê of geskryf het, hoe sal ek dit antwoord?

In die eerste plek is 30 jaar ‘n lang tyd. Ek aanvaar dat ‘n jonger persoon nie ‘n begrip sal hê van wat alles in so ‘n tydperk in ‘n mens se lewe kan verander nie. Gestel iemand is 30 jaar oud, 30 jaar vantevore was hy ‘n baba. Kan ons dit steeds teen hom hou dat hy 30 jaar gelede doeke gedra en homself bevuil het? Natuurlik nie! Gestel iemand is 40 jaar oud, 30 jaar gelede was hy 10 en het toe vrugte gesteel uit iemand se tuin. Is hy vandag nog steeds ‘n dief? Gestel iemand is vandag 50 jaar oud, 30 jaar gelede was hy twintig en het saam met sy maters gesuip en kroeggevegte gehad. Vir die afgelope 25 jaar sit hy nie meer sy mond aan drank nie en weet nie hoe lyk die binnekant van ‘n kroeg nie. Noem ons hom nog steeds ‘n kroegvlieg? Gestel ‘n 70 jarige het op 40 ‘n middeljare krisis beleef en ‘n kortstondige verhouding buite die eg gehad. Vir 30 jaar doen hy dit nie meer nie, is hy vandag nog ‘n egbreker?

In die tweede plek verander ‘n mens se standpunt met verloop van tyd. Ek dink dit was Mark Twain wat vertel het: toe hy 18 was het hy waargeneem dat sy pa die domste persoon is wat hy ken, toe hy 21 was het hy waargeneem dat sy pa die afgelope 3 jaar baie geleer het. Hopelik leer mens met verloop van tyd. Jy behoort te leer uit waaraan jy blootgestel word, uit ondervinding wat jy opdoen, en ook uit die foute wat jy maak. Selfs mens se waardes, ideologie en godsdiens kan met verloop van tyd verander. Dit is heel moontlik dat iemand in sy jeug rebels was en alles verwerp het waarvoor sy ouers gestaan het, net om later te besef hy was verkeerd en sy ouers was reg. Daar is die jong boer vars uit die universiteit wat beter weet as sy ongeleerde pa, daar is die Hippie met blomme in sy hare wat die wêreld wil verbeter, ensomeer. Daar was ook ‘n briljante jong Saulus wat later die Apostel Paulus geword het.

Derdens is daar die probleem dat dit wat jy jare gelede geskryf het, beskikbaar bly om gelees te word. Veral as dit nie in jou privaat dagboek was nie, maar miskien as ‘n brief of – wee jou – as iets wat gepubliseer is. Intussen het jy of van standpunt verander of jy het geleer hoe om jouself beter uit te druk, maar daar staan dit vandag nog swart op wit. Hoe hanteer jy dit? Dit gebeur soms dat iemand dit wat hy geskryf het formeel repudieer en alle bestaande kopieë opspoor en vernietig. Meeste skrywers laat dit wat hulle geskryf het, staan – dit is ‘n deel van sy geskiedenis en van sy ontwikkeling as skrywer.

Dan is daar die geval van letterkunde. Ek aanvaar die meeste mense lees nie letterkunde nie en begryp ook nie hoe dit werk nie. Dink aan ‘n fliek, in die verhaal is daar ‘n held wat – sê maar- 50 skurke doodskiet. Beteken dit dat die draaiboekskrywer in sy persoonlike hoedanigheid glo skurke moet doodgeskiet word? Nie noodwendig nie, hy vertel net ‘n storie. Toe Shakespeare geskryf het hoe Romeo and Juliet selfmoord pleeg, het hy tog nie selfmoord aanbeveel as die oplossing van liefdesprobleme nie. Die skrywer van letterkunde poog om ‘n dieper gedagte tuis te bring by sy lesers en daarvoor gebruik hy sekere tegnieke. Een so ‘n tegniek is satire: menslike dwaashede of tekortkomings word bespotlik voorgestel met die doel om verbetering te bewerkstellig. Ons sien dus dat by letterkunde, ‘n skrywer nie noodwendig sy persoonlike siening gee nie en dan mag hy boonop op ‘n sekere manier skryf om ‘n sekere doel te bereik – en die doel is dalk juis die teenoorgestelde van wat sy woorde self sê.

Dit help ‘n skrywer veel om vir ‘n lang tyd te swoeg en sweet om iets te skryf en dit word nie gepubliseer nie. Om gepubliseer te word, is nie vanselfsprekend nie. Indien dit letterkundig van aard is, word hierdie werk geresenseer deur vakkundiges. Daar is ‘n proses van ondersoek en kritiek waardeur dit gaan.

As iemand vandag my moet beskuldig oor iets uit my tienerjare, wat moet ek antwoord? Ja, dit is waar, maar wat moet ek nou daaromtrent doen? Dis water onder die brug deur. Ek is al vir 30 jaar ‘n christen, voor dit was ek ‘n agnostikus. Wat sê dit? Ek is ‘n bekeerde sondaar, “I was lost, but now I am found”. Laat die een wat sonder sonde is, die eerste klip optel!

Ten laaste, wat nou van die huidige smeerveltog teen Dr Roodt? Dr Roodt word toenemend gesien as een van ons opkomende leiers, ‘n persoon wat hier en in die buiteland gerespekteer word. Waarom word daar na 30 jaar ‘n bohaai gemaak oor ‘n satiriese gedig wat hy as tiener geskryf het? Vir my lyk dit na ‘n doelbewuste aanslag met ‘n verskuilde agenda – of het ons ons eie hoogheiliges soos die Fariseërs van ouds? Dr Roodt is ook een van die VVK kandidate – kan dit ‘n bedekte poging wees om die VVK te stuit?

печка для сауныДанильченко Юрий Харьков

Jemen, nog ‘n oliekopseer

Die toestand in Jemen lyk kommerwekkend met  veiligheidsmagte in die hoofstad van Sanaa wat in ‘n stryd met president Ali Abdullah Saleh se magte gewikkel is. Die president beweer, net soos Libië se Gadhafi, dat die “meerderheid van die Jemeense mense” hom ondersteun.

Terwyl die militêre ingryping in Libië oorheers in die nuus, is die krisis in Jemen en die implikasies daarvan vir die Persiese Golf se stabiliteit ‘n groter strategiese kopseer vir die VSA.

Saoedi-Arabië het reeds met die bedreiging van ‘n Iranse destabilisasie veldtog ingegryp deur magte te ontplooi in Bahrein. Dit is duidelik ‘n poging  deur die Weste se olieverskaffer om te verhoed dat Sjiïtiese onrus versprei. Maar ‘n tweede front dreig nou om die Saoedi-greep te breek in Jemen.

Die keerpunt in Jemen het gekom ná 18 Maart se Vrydaggebede, toe tienduisende betogers in die strate ingevaar het om te eis dat Saleh uitgeskop word. Die opstand is swaar onderdruk met 46 mense dood en honderde gewond.

Alhoewel Jemen op ‘n laer strategiese vlak as Bahrein, Saoedi-Arabië of Koeweit is, is die land ook nie immuun teen Iran se agenda nie.

Met Bahrein as ‘n brandpunt vir sektariese onrus, kan Iran se invloed die hele oostelike-Arabië omkeer om die VSA te ondermyn deur sy geallieerde Soennie-mededingers te verdryf.

Daar is boonop gemengde seine van die Saoedi-koninkryk in die hantering van die huidige krisis. Een van die president se sterk opponente, Brig. Gen. Ali Mohsen al-Ahmar, is anti-Westers en is ‘n gunsteling van die koningshuis.

Saoedi-Arabië gaan binnekort gedwing word om ‘n taai keuse betreffende die toekoms van Jemen te maak op ‘n tydstip wanneer Riyadh kan nie ‘n verdere krisis in die Persiese Golfstreek kan bekostig nie.

осушители сжатого воздуха промышленныеданильченко юрій броніславович компромат

Openbare Beskermer maak skoon

Net voor die wêreldmarkte ineengestort het, het die sogenaamde “jaar van higiëne” in Europa gefokus op die moraliteit van die politici en die media, wat in die skynbare beweging na konserwatiewer waardes al hoe meer bevraagteken is.

Die knou wat die wêreldekonomie weg het, het die aandag gou weggevoer van hierdie luukse. Maar nie voor belangrike Europese politici van die media as die vierde, nie-amptelike been van die demokrasie verwys het nie. Ironies, was die “vader” van hierdie gedagte, Yves Leterne, kort hierna self die slagoffer toe die media ‘n misstap aan die groot klok gehang het.

Met ontrafeling van die fiskale krisis het die media ‘n ontsaglike belangrike rol gespeel om van die oorsake – soos die matelose inhaligheid van vele aan die bokant van die korporatiewe leer – aan die kaak te stel.

Veral toe ‘n groot Amerikaanse firma wat staatshulp gekry het om uit die verknorsing te kom, dadelik ‘n groot hap hiervan gebruik om rojale bonusse aan die topbestuur toe te ken, het die media dit goed aan die kaak gestel, sodat die stap omgekeer moes word.

In Ysland het die ysterhand-bankiers nog argaïese wetgewing gebruik om hul konkelwerk te verdoesel, toe die media daaroor rol, en Ysland nuwe wetgewing instel wat dit aan die voorpunt van mediavryheid geplaas het.

In Suid-Afrika was daar veral twee bastions wat weens hul Zuma-bande onaantasbaar geblyk te wees het – Shabir Shaik en Paul Ngobeni. Laasgenoemde was een van die strategiese ontwerpers van pres,. Zuma se verweer in die hofsaak wat met Shaik verband hou. Hy is ‘n voortvlugtige uit die VSA waar ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname in Massachusetts steeds geld.

In Suid-Afrika is hy onder meer as die minister van Verdediging, Lindiwe Sisulu, se regsadviseur aangestel. Alle deure om vas te stel hoe hy in die eerste plek aangestel kon wees, en verder, hoe hy daarin kon slaag om ‘n veiligheidsklaring te kry, is skynbaar toegeklap.

Die media het egter aanhou vrae vra oor Shaik se opspraakwekkende parool, en oor Ngobeni se doen en late. Hierdeur is opposisiepartye wat ook gekrap het, vlerke gegee.

Skielik is Shaik in aanhouding en word sy sake skynbaar nou in alle erns ondersoek. Ngbeni is met volle salaris geskors hangende ‘n moontlike afdanking. Formeel word Ngobeni se kop geëis oor ‘n aanval op minister Trevor Manuel.

Sinies, maar meer waarskynlik, hou dit verband met ‘n verslag oor Ngobeni se sake wat binne twee weke van die Openbare Beskermer verwag word.

Die huidige Openbare Beskermer het gou gewys dat sy geen regeringsmarionet is nie, en die bevinding teen onder meer nog een van Zuma se getrouste kornuite, die nasionale polisiekommissaris Bheki Cele, onderstreep dit. Haar bevinding het sleg op Zuma se beeld gereflekteer. Shaik het die politieke reddingsboei wat hy gekry het duidelik, en tot verleentheid van Zuma misbruik. En die beskikbare feite oor Ngobeni laat ‘n gunstige verslag deur die Openbare Beskermer na wensdenkery klink.

Die media se rol om ‘n persepsie te versterk dat Zuma een ding oor korrupsie sê, maar ‘n ander toepas veral as dit by lojaliste kom, is skynbaar besig om sy tol te eis.

для баниФильчаков прокурор

Waar kruip die president weg?

Waar is die Amerikaanse president? Die wêreld is aan die brand met die Libiese opstand wat wreed onderdruk word, trouens die hele Midde-Ooste wat onstabiel raak, en Japan op die rand van ‘n algehele kernkatastrofe. En die president van die magtigste land op aarde is nêrens te siene nie.

Waar kruip die president weg? Terwyl Amerikaanse kenners die Japannese regering daarvan beskuldig dat hulle nie die volle omvang van die kernramp aan hulle inwoners kommunikeer nie, en dat die gevaar wat dreig heelwat ernstiger is as wat voorheen vermoed is, heers ‘n dawerende stilte in die Withuis.

Oor Libië raak die State Department al hoe meer onsamehangend. Geen senior politieke kommentator het meer ‘n idee wat die VSA se standpunt oor Libië is nie.

Die veelvuldige krisisse wat die president nou in die gesig staar, is soortgelyk aan die rampe wat Richard Nixon in sy eerste termyn 1969-1972 begroet het. Toe, soos nou, was die wêreld aan die brand. Oorloë het uitgebreek tussen China en die Sowjet-Unie, Indië en Pakistan, selfs El Salvador en Honduras.

Jordanië was byna oorgeneem van binne deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie. Daar was humanitêre rampe in Biafra (die gevolg van burgeroorlog), Bangladesj (as gevolg van oorstromings) en Nicaragua (dodelike aardbewing).

Daar was groot kopsere – insluitend ‘n oorlog wat hy geërf het in Vietnam, net soos Obama die oorloë in Irak en Afghanistan geërf het.

Maar in skrille kontras met Nixon en Kissinger egter, is daar nie tans ‘n samehangende Amerikaanse buitelandse beleid nie. Demokratisering, Bush se gewilde slagspreuk, is besig om Amerikaanse mag sienderoë af te takel.

Dat sulke tye leierskap vra, is gewis. Maar Barack Obama wat sy gemengde rasstatus met groot fanfare ‘n wêreldkwessie gemaak het, is kennelik nie opgewasse vir enige krisis wat ware leierskap, en nie ‘n goedkoop rassekaart, vereis nie.

Hoe leiers optree in tye van onverwagte krisisse is natuurlik die toets. Wat hulle dan doen, hoe hulle dan optree, definieer hulle onvermydelik. En Obama, wat 24/7 ‘n mikrofoon tot sy beskikking het om met die wêreld te praat, het Woensdag verkies om sportvoorspellings te maak en die een en ander oor onderwyswetgewing te mompel.

Obama definieer homself tans op ‘n manier wat hom as leiersfiguur finaal vernietig. En dit dra gevolge.

Een daarvan gaan ongetwyfeld wees dat aanhangers van “nie-rassigeheid”, die ideologie by verstek vir die eerste swart Amerikaanse leier, ontneem gaan word van ‘n belangrike ondersteuningspilaar, bloot deur sy totale afwesigheid om rigting te gee in tye van ontstuimigheid.

бак вФильчаков