praag.co.za

Waar kruip die president weg?

Written by

in

Waar is die Amerikaanse president? Die wêreld is aan die brand met die Libiese opstand wat wreed onderdruk word, trouens die hele Midde-Ooste wat onstabiel raak, en Japan op die rand van ‘n algehele kernkatastrofe. En die president van die magtigste land op aarde is nêrens te siene nie.

Waar kruip die president weg? Terwyl Amerikaanse kenners die Japannese regering daarvan beskuldig dat hulle nie die volle omvang van die kernramp aan hulle inwoners kommunikeer nie, en dat die gevaar wat dreig heelwat ernstiger is as wat voorheen vermoed is, heers ‘n dawerende stilte in die Withuis.

Oor Libië raak die State Department al hoe meer onsamehangend. Geen senior politieke kommentator het meer ‘n idee wat die VSA se standpunt oor Libië is nie.

Die veelvuldige krisisse wat die president nou in die gesig staar, is soortgelyk aan die rampe wat Richard Nixon in sy eerste termyn 1969-1972 begroet het. Toe, soos nou, was die wêreld aan die brand. Oorloë het uitgebreek tussen China en die Sowjet-Unie, Indië en Pakistan, selfs El Salvador en Honduras.

Jordanië was byna oorgeneem van binne deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie. Daar was humanitêre rampe in Biafra (die gevolg van burgeroorlog), Bangladesj (as gevolg van oorstromings) en Nicaragua (dodelike aardbewing).

Daar was groot kopsere – insluitend ‘n oorlog wat hy geërf het in Vietnam, net soos Obama die oorloë in Irak en Afghanistan geërf het.

Maar in skrille kontras met Nixon en Kissinger egter, is daar nie tans ‘n samehangende Amerikaanse buitelandse beleid nie. Demokratisering, Bush se gewilde slagspreuk, is besig om Amerikaanse mag sienderoë af te takel.

Dat sulke tye leierskap vra, is gewis. Maar Barack Obama wat sy gemengde rasstatus met groot fanfare ‘n wêreldkwessie gemaak het, is kennelik nie opgewasse vir enige krisis wat ware leierskap, en nie ‘n goedkoop rassekaart, vereis nie.

Hoe leiers optree in tye van onverwagte krisisse is natuurlik die toets. Wat hulle dan doen, hoe hulle dan optree, definieer hulle onvermydelik. En Obama, wat 24/7 ‘n mikrofoon tot sy beskikking het om met die wêreld te praat, het Woensdag verkies om sportvoorspellings te maak en die een en ander oor onderwyswetgewing te mompel.

Obama definieer homself tans op ‘n manier wat hom as leiersfiguur finaal vernietig. En dit dra gevolge.

Een daarvan gaan ongetwyfeld wees dat aanhangers van “nie-rassigeheid”, die ideologie by verstek vir die eerste swart Amerikaanse leier, ontneem gaan word van ‘n belangrike ondersteuningspilaar, bloot deur sy totale afwesigheid om rigting te gee in tye van ontstuimigheid.

бак вФильчаков

Comments

Leave a Reply