Drie eeue van persvryheid verkrummel

Wanneer ‘n eerste minister soos David Cameron sê hy glo in ‘n vrye pers, is daar natuurlik gewoonlik ‘n “maar” iewers in die sin, want sy vorige mediawoordvoerder se betrokkenheid by die huidige mediameeluisterskandaal wat Brittanje geskud het, is nie juis advertensie vir die premier nie.

Reeds tagtig jaar gelede, het ‘n vorige Britse premier Stanley Baldwin koeranteienaars vir die uitoefening van “mag sonder verantwoordelikheid, die prerogatief van die prostituut deur die eeue heen”, aan die kaak gestel.

Die Britse premier het Sondag aangekondig dat, as ‘n gevolg van die poniekoerant News of the World se betrokkenheid by korrupsie en meeluistery, regulering van die media liewer aan ‘n “onafhanklike liggaam” oorgelaat sal word.

Hy het tydens ‘n mediakonferensie gesê die huidige persklagtekommissie gaan geskrap word en daarmee in wese selfregulering van die pers afgeskaf. Dié woelinge kom ontydig vir groot mediabelange in Suid-Afrika, waar “selfregulering” deesdae die gonswoord geword het.

Andy Coulson, tot onlangs die einste Britse premier se mediawoordvoerder en vorige redakteur van News of the World, het homself intussen aan die Londense polisie oorgegee en is onmiddellik in hegtenis geneem. 

Cameron het ‘n strafregtelike ondersoek van die polisie asook ‘n onafhanklike ondersoek onder voorsitterskap van ‘n regter na mediapraktyke, aangekondig om die verleentheid vir sy premierskap te probeer verberg.

“Persvryheid beteken nie dat die pers bokant die wet moet staan nie,” het hy gesê. Maar die vraag is nou of hernude statutêre beheer oor die pers – sensuurwette is in 1965 in die VK afgeskaf – hoegenaamd persvryheid kan waarborg?

Die Arbeidersparty, daarenteen, het die skepping van ‘n statutêre liggaam “met behoorlike ondersoekende bevoegdhede” verwelkom.

The Daily Telegraph se hoofopskrif, Good-bye, cruel World – ‘n verwysing na Pink Floyd  se treffer – was tekenend van die Konserwatiewe kiesers se dilemma: Staatsbeheer oor die media kan niks goeds inhou nie, veral nie onder ‘n Arbeidersregering nie.

Dit was die linkse koerant, The Guardian, wat die volle omvang van die skandaal ontbloot het en wat nou statutêre ingryping in mediaregulering voorstaan.

In Suid-Afrika, was dieselfde eierdansie te bespeur. Leopoldt Scholtz, Media24 se korrespondent in Europa, en iemand wat homself graag voordoen as ‘n voorstander van persvryheid, het sy lesers soos gewoonlik nie ingelig oor wat op hulle wag nie.

Cameron se swak oordeel in die benoeming van die heer Coulson in ‘n senior posisie en sy patetiese “grandstanding” tans om sy politieke lewe te red, gaan drie eeue van vryheid van spraak in Brittanje vernietig. Ook in Suid-Afrika sal die roeringe op die moedereiland gevoel word.

коммерческая тайна украинатопкарго отзывы

Wat skuil agter stakings?

Niemand glo meer dat stakings in Suid-Afrika net oor loonverhogings handel nie. Daar is toenemende bewyse dat die vakverbond Cosatu stakingsoptrede steun, aanblaas en werkers dreig om en masse op te tree omdat dit die enigste manier is om sy magsposisie in die Drieparty-alliansie af te dwing.

Stakings in die land is sonder twyfel sosialisties-gedrewe. Een van Karl Marx se leerstellinge was immers dat die werker nie ten volle betaal word vir die volle waarde van sy produksie nie. Sosialisme in die 20ste eeu is egter tweërlei van aard. Dit kan by die stembus geskep word of deur middel van ‘n rewolusie. Albei het die uitwissing van die klassestelsel ten doel.

Is dit dít wat nou in Suid-Afrika gebeur? Ofskoon die meerderheid van die duisende stakers kwalik as geskoold beskryf kan word, is hulle vir die duur van die staking in beheer van die regering, die arbeidsmark en hulle medeburgers. Nie-stakers word vermoor, aangerand en geïntimideer en werkgewers se loonaanbod word minagtend verwerp. Miljoene rand se skade word aangerig en die stakers weet maar al te goed dat daar nie genoeg polisiemanne en -vroue is om die vrede te bewaar nie.

Vakbondleiers ontken platweg dat hulle lede vir die skade verantwoordelik is. Intussen word vragmotors aan die brand gesteek en nie-stakende veiligheidswagte word van bewegende treine afgegooi. Ontleders wys dikwels op die sogenaamde Apartheids-babalaas wat sy kop tydens stakings uitsteek. Bevrydingsliedere word oor-en-oor gesing en daar word nie net teen die baas betoog nie, maar teen ‘n stelsel wat al verstof het.

Werkgewers moet ook blameer word. Loononderhandelings word dikwels ter kwader trou aangepak of daar word nie behoorlik verduidelik wat van die onderneming gaan word as dramatiese loonverhogings toegestaan word nie.

Die regering is egter die grootste sondaar. Tegnies word enige arbeidsoptrede as wettig beskou omdat Cosatu deel van die Drieparty-alliansie is. Uiteindelik word dit ‘n hanegeveg tussen die ANC-president en die Cosatu-leier.

Gewelddadige stakings gaan voortduur solank die regering die knie buig voor Cosatu se spiermassa. Is dit nie tyd om self ‘n bietjie die spiere te bult nie?

светЛобановский Харьков

Staar Suid-Afrika revolusie in die gesig?

Beste mede-Afrikaner,

Sedert 1994 en selfs daarvoor, het die hoofstroommedia in Suid-Afrika nog altyd die blanke en Afrikanerbevolking probeer sus deur radikale uitsprake van ANC-lede oor revolusie en grondhervorming as “blote praatjies” af te maak. In sommige kringe is daar selfs oor die hamer-en-sekel as ‘n soort modebykomstigheid gegiggel. Oor die afgelope tyd en sedert Julius Malema se meteoriese opgang, plaas Beeld, Business Day en ander koerante egter toenemend bekommerde rubrieke en kommentaar oor nasionalisering en grondgrypaksies soos in Zimbabwe wat die land op sy knieë kan dwing.

Hier by PRAAG ontleed ons reeds jare lank die ANC se onderliggende radikalisme wat een of ander tyd in eweneens radikale optrede vertaal móét word. Dit kom dus as geen verrassing dat Malema, wat hom inderdaad op die “Freedom Charter” van 1955 beroep, asook Cosatu, tans nasionalisering en volskaalse sosialisme, selfs kommunisme, ernstig oorweeg nie.

Vandag het Max du Preez ‘n artikel op die grootste webwerf in die land, news24.com, geplaas waarin hy insgelyks die “stank van revolusie” bespeur:

http://www.news24.com/Columnists/MaxduPreez/The-sickening-smell-revolution-20110706

Hierop het ek ‘n kort, ietwat sarkastiese, antwoord geskryf:

http://praag.co.za/dan-roodt-magazine-178/9891-dis-die-parfuum-van-revolusie-max.html

Die vraag is egter: wat kan elkeen van ons doen, noudat ons voortbestaan, ons ekonomie, grond, eiendom en moontlik selfs ons lewens en dié van ons geliefdes deur revolusie bedreig word? Soos die Duitse vroue in Oos-Europa wat aan die einde van die tweede wêreldoorlog nie op negatiewe nuus wou reageer totdat hulle die rusperbande van die Russiese tenks in die strate gehoor het nie, gaan vele van ons mense tans ook nie reageer nie. Twee miljoen van daardie vroue het omgekom en miljoene ander is verkrag en verontmenslik omdat hulle nie betyds wou reageer nie. Dis bloot menslik om slegte nuus te wil ontken of te wil ignoreer.

PRAAG is ‘n grootliks virtuele beweging, maar wat oor beduidende internasionale kontakte, eie media, tegnologie, toegang tot ander media en ook ‘n landwye organisasie met latente vermoëns beskik.

Ons gaan beslis op verantwoordelike en doelgerigte wyse op die bedreiging van revolusie reageer. PRAAG HET ‘N PLAN. Ons sal die besonderhede van daardie plan punt vir punt en soos dit nodig raak, bekendstel.

Enige ander “planne” wat onlangs aangekondig is, bestaan uit blote diplomatieke druk, meer realisties, uit ‘n gebedel vir buitelandse simpatie. Nóg Brittanje, nóg die VSA onder mnr. Barack Obama, het enige simpatie vir die Afrikaner en sal hande gevou toekyk hoe ons deur ‘n revolusie van die radikale linkse tipe vernietig word. Ons is op onsself aangewese, geheel en al. Dit moet ons nóú aanvaar.

Verskeie Afrikaanse organisasies beskik oor aansienlike fondse van tot ‘n miljard rand en meer wat vir ons huidige oorlewingstryd gebruik sou kon word. Weens die bande van daardie organisasies met mnr. FW de Klerk en die kabaal van verraaiers wat ons herhaaldelik in die rug gesteek het, sal sodanige organisasies egter eerder geld aan ons vyande beskikbaar stel as om ons volk in nood te hulp te snel.

Oor die volgende dag of twee sal ons ook begin om nuusbriewe per e-pos uit te stuur, maar ons vra elke Afrikaner of blanke wat met die Afrikanergroep identifiseer, om die volgende dinge te doen. Die aksies gaan van baie maklik en onbetrokke tot groter betrokkenheid en opoffering, dus:

1. Skep bewustheid. Stuur hierdie boodskap aan al u familie en vriende om hulle bewus te maak, op Facebook en op e-pos.

2. Ontvang nuusbriewe. Plaas u e-posadres op ons webwerf vir nuusbriewe deur op die banier aan die regterkant genaamd “Nuusbrief?” te klik. Dit sal ongeveer tien sekondes van u tyd neem! Hier is die regstreekse skakel na die nuusbrief-intekening:

http://praag.co.za/lists/?p=subscribe&id=1

3. Sluit by PRAAG aan deur die vormpie op die volgende bladsy in te vul (dit neem ‘n minuut of twee):

http://praag.co.cc/af

4. Vorm steunkringe van 8 tot 10 mense in u omgewing wat uit bure, vriende of familie bestaan, mense waarop u in tyd van nood vir bystand kan reken en sorg dat u elkeen se landlynnommers, selfoonnomers, adresse, e-posadresse, ens., byderhand het. Verkies ‘n verantwoordelike persoon of leier en onderleier. In verdere nuusbriewe sal ons u inlig aan watter soort landwye struktuur u sal kan deelneem om voorvalle van geweld en oproer, asook tekorte aan water, elektrisiteit of voedsel te hanteer. Onthou die dodelike drie 3’s: 3 minute sonder suurstof, 3 dae sonder water, 3 weke sonder kos. Indien ons boere van plase verdryf gaan word, sal voedselskaarstes baie gou ontstaan, pryse sal vinnig styg en teen daardie tyd sal die rand ook drasties in waarde begin verminder soos wat buitelanders via die finansiële markte hul kapitaal uit die land onttrek.

5. Sorg dat u oor kontant beskik om in buitelandse valuta om te sit want sodra paniek ontstaan en die rand tot die vlak van ‘n Zim-dollar begin daal, sal u dollars of euro nodig hê om voedsel of brandstof mee te koop, net soos in Zimbabwe gebeur het. In dié verband is daar slegs een reël wat elke handelaar in banke of aandelemakelarye wêreldwyd ken: “As jy paniekbevange wil raak, doen dit eerste!” Oor die volgende paar dae sal ons ‘n eenvoudige en wettige skema aankondig waarmee u gemaklik kleiner bedrae na die buiteland kan oorplaas na ‘n Afrikanerverskansingsfonds waaruit u ook weer fondse sal kan onttrek soos wat dit later nodig blyk. Anders as die Duitse vroue aan die einde van die tweede wêreldoorlog, gaan ons nie wag vir tenks of gewere in die strate nie. Ons skrik eerste en ons reageer eerste van almal. Net soos ons ontleding lank voor Max du Preez, die Business Day of Beeld s’n korrek was.

6. Binne die volgende twee tot drie weke sal ons omvattende voorstelle maak oor ‘n alternatiewe staatkundige model waarmee revolusie bemoeilik kan word, indien nie heeltemal afgeweer kan word nie. Daarmee saam sal ons begin om verdere kommunikasie- en burgerlike strukture in te stel wat ons bevolking meer paraat sal maak om ongrondwetlike optrede deur radikale elemente binne die ANC-jeugliga en ander organisasies die hoof te bied.

Die geskiedenis van Afrika sedert 1960 is een van dikwelse burgeroorloë, revolusies, oproer, ekonomiese en voedselkrisisse soos in Zimbabwe en selfs volksmoord soos in Rwanda. Meer as ooit in sy geskiedenis is Suid-Afrika vandag ‘n Afrikaland wat volgens Afrikareëls funksioneer. Slegs gekke of lesers van die huidige regime se propaganda in die hoofstroommedia sal dit wil ontken.

Ons mag nie langer in ontkenning leef nie. Neem die eenvoudige stap om ten minste op ons nuusbrief per e-pos in te teken aan die regterkant van ons webwerf praag.co.za of direk by hierdie skakel:

http://www.praag.co.za/lists/?p=subscribe&id=1

U sal binnekort weer van my hoor.

Tot dan wens ek u sterkte toe.

Met vriendelike groete,

Dan Roodt

Naskrif: ‘n Mens hoef slegs die onbekende te vrees of dít waarop ‘n mens nie voorbereid is nie. Revolusies het deur die geskiedenis dieselfde gewelddadige patroon gevolg. Ons weet dus presies wat om te verwag. As volk het ons Hugenote-voorouers die Bartholomeusnag van 24 Augustus 1572 in Frankryk oorleef, Vegkop en Bloedrivier, asook die konsentrasiekampe en verskroeide-aardebeleid van Brittanje van 1900 tot 1902. Sonder versiendheid in die verlede, sou ons nooit tot hier gekom het nie. Hou moed!

освещение лестницы светодиоднойлобановский александр интервью

Die Swart Koukus begrawe, lank leef die Swart Koukus!

Die Swart Koukus in die Amerikaanse Kongres lê begrawe. En niks minder as ‘n Afrika-oorlog het dié afsterwe bewerkstellig nie. Toe Obama, die Nobelpryswenner vir vrede, op 24 Junie die Kongres se goedkeuring vir die befondsing van die NAVO-inval in Libië gevra het, het die swart muurblommetjies se humanitêre ywer verwelk.

Op die koop toe, is dit ‘n Libië wat nog geen voet teenoor die VSA verkeerd gesit het nie, en eerder die VK en Europa geteister het voordat skielike vergifnis vir die kolonel en toenadering van die vorige Britse premier, Tony Blair gekom het. Die nimlike leier het dan voor duisende kameras terreur afgesweer!

Obama het met 238 stemme teen 189 die geldkraan vir die militêre inval oopgehou. Wat hy egter onteenseglik verloor het, is die geveg om die VSA se deelname aan die NAVO-inval te bestendig. Met 295 stemme teen 123 het die Huis van Verteenwoordigers toestemming vir Amerikaanse deelname geweier.

Slegs ses lede van die SK het gestem dat die befondsing gestaak word en dat die VSA moet onttrek uit Libië. Die res het óf befondsing goedgekeur óf militêre inmenging, of albei.

Die Swart Koukus het daarmee enige politieke waarde wat hulle vir hulle kontinent gehad het, ongedaan gemaak. Nie ‘n onbenulligheid as ‘n mens onthou hoe hulle altoos gespog het met hulle invloed om “regime change” en demokrasie in Suid-Afrika teweeg te bring nie.

Selfs regstellende aksie in Suid-Afrika, RA, waar die meerderheid oor die minderheid “reggestel” word – ‘n sotlik teenstrydige begrip as daar ooit een was – is ‘n trotste uitvoerproduk van die Amerikaanse SK.

Van swart broederskap, humanitêre sensitiwiteit, Afrika-fokus, demokrasie en al die ander mooiklinkende titels waaraan die Swart Koukus so swaar dra, het nou dadels in Libië gekom.

Die Swart Koukus sal ‘n blanko tjek teken om enige aantal sterftes van mense, ook van hul eie ras, goed te keur. Kongreslede wys daarop dat die Koukus nie swepe gehad het om hulle rigting te gee nie en dat die Koukus op hul eie “moraliteit” en intellektuele kragte moes staatmaak.

Die uiteinde was dat die meerderheid swart lede hul ondersteuning vir NAVO beklemtoon het, die “humanitêre” inmenging in ander lande se soewereiniteit voorstaan en oor die algemeen ‘n uiters imperiale uitsig op internasionale politieke geskille geopenbaar het, in weerwil van wat werklik in Libië aangaan.

Gaddafi bly gewild in Libië en die Amerikaans-geleide inval het waarskynlik die VSA ten nadele gestrek. Maar nie net die VSA nie. Amerikaanse inmenging sal ongelukkig lei tot ‘n teenreaksie teen wittes en die Weste, en die VSA sal hulle anti-wit sentimente sonder twyfel weer moet betuig.

Michelle Obama se besoek aan Suid-Afrika met die klem op swartheid, was dalk die deurslaggewende faktor om die Koukus se gewete te salf.

Sal die heropstanding van die Swart Koukus weer danksy die “wit rassiste” in Suid-Afrika kan geskied?

сауна кабинаАлександр Фильчаков

Waarom hemel Leopold Scholtz vir Solidariteit op?

Leopold Scholtz skryf vandag ‘n lofprysing aan Solidariteit in Die Burger. As ‘n mens iets doelbewus verswyg kan gewoonlik daaruit afgelei word dat daar ‘n motief vir die verswyging bestaan.

Ek stel die volgende aan u, dr. Scholtz: Die feit dat u nou Flip Buys en sy Solidariteit voorhou as die redelike stem uit die NSA eintlik n desperate poging is om die volksverraaier, FW de Klerk, se aansien in die buiteland te probeer red deur steun vir sy ineengestorte NSA-reënboognasie te skep.

Hoekom word u en FW de Klerk se deelname as deel van die Solidariteitsgroep nie genoem nie? Dit kan n mens ook laat wonder waar Pik Botha en Roelf Meyer moontlik inpas?

Graag verneem ek u mening rondom die ongetemperde volksmoord wat deur die ANC-regime stilswyend toegelaat word, die diskriminasie by werksgeleenthede en nou die onteiening van blankes se plase wat tot dusver vir voedselsekerheid gesorg het. Die ANC se ontbinding van veiligheidsgroepe om die boere te probeer beskerm en nou ook die eerste plaasbesetting deur swartes in die NSA is insgelyks uiters kommerwekkend.

So pas het die kragbron ESKOM hulle onbekwame ANC-mense tot meer as 500%-verhogings toegestaan terwyl dit in die vooruitsig gestel word om die kragtariewe nou so te verhoog dat dit nie meer bekostigbaar vir die gewone man op die straat gaan wees nie.

Dit ontwyk my watter regdenkende mens nog bereid sal wees om onder hierdie uiters onsuksesvolle ANC-regime samewerking te wil bewerkstellig ná 17 jaar se stereotipe vernietiging van ons land – sonder om een enkele mens se lewe te verbeter of twee bakstene op mekaar te pak. Wat uitstaan is die regime se ongekende selfverryking  benewens natuurlik FW de Klerk se eie verryking. Flip Buys tref my as naïef of dalk gaan dit vir hom maar ook net oor finansies en is hy bloot besig om vir sy organisasie geldelike steun in die buiteland te soek terwyl ons mense in die NSA-dwingelandy aanhou krepeer.

обувь для яхтингаФильчаков прокурор

Groendruppel-verslag sê SA is diep in die knoffel

Kort op die skokkende Ouditeur-generaal-verslag oor die stand van Suid-Afrikaanse munisipaliteite, waar net sewe van 283 munisipaliteite “skoon” ouditverslae gekry het, is die Groendruppel-verslag uitgereik, met amper net so ‘n ‘n treurige verhaal.

Een wat lewens kos.

Van die 821 rioolaanlegte wat getoets is, het 40 ‘n uitstekende beoordeling gekry. Hulle het Groendruppel-status verwerf. Nog 78 is as goed beskryf, en 243 het ‘n “gemiddelde standaard” gehandhaaf. Altesaam 143 het swak presteer en die toestand van 317 is as kritiek beskryf.

Meer as die helfte van die aanlegte – en dalk nog van dié in ander kategorieë, laat dus onveilige water na die land se waterbronne soos riviere en damme deur, en selfs na ondergrondse waterbronne soos in die dolmietryke gebiede.

Hoewel reënwater wat oor veld loop waarop diere gemis het ook effens bydrae tot die vlakke van E.coli (Escherichia coli) in die land se waterbronne, is die ongesuiwerde rioolwater by verre die grootste en deurlopendste oorsaak.

Hoewel die E.coli-variant wat in Suid-Afrika soveel siek mense oplewer, op sy eie nie baie dodelik nie, kan dit in kombinasie met ander faktore wel dodelik wees. Ondervoede babas, en mense met MIV is in lewensgevaar. E.colivlakke word maklik gemeet, en dien as ideale klikbek dat ander, meer gevaarlike siektes wat in dieselfde groeimedium leef, teenwoordig kan wees. Hieronder tel cholera (met sterftes in oa Soweto) en tifoïde (sterftes by Delmas).

By verskeie plekke soos Welkom en Kroonstad is al kriminele klagtes teen die betrokke munisipaliteite gelê oor die wyse waarop die inwoners aan rou riool blootgestel word. Soms is klagtes by herhaling gelê, en soms het die Groen Skerpioene ingetree.

Die onlangse E.colisterftes in Europa dui daarop dat dit ‘n probleem is waarmee die land nie durf voete sleep nie. Hoewel die stam wat die Europese sterftes veroorsaak het nie dieselfde stamme is as dit wat gewoonlik in Suid-Afrikaanse rioolwater, of Amerikaanse kitskosse voorkom nie, blyk dit dat E.coli wel nuwe stamme kan muteer (daar is reeds meer as 700 stamme) en dit kan net ‘n kwessie van tyd wees voor die land deur ‘n ramp van epidermiese proporsies getref word.

Die patetiese verslae wat munisipaliteite by die Ouditeur-generaal gekry het, boesem egter min vertroue in dat die situasie gou voldoende onder beheer gebring sal word. ‘n Lang beskuldigende vinger kan weer na die beleid van kader-ontplooiing gewys word.

напряжение генератора при нагрузкеФильчаков

Die plan agter Malema

Ek het reeds voorheen gesê dat ons Malema steun moet toesê met die nasionalisering van myne. Die probleem is egter nie Malema nie.

Nadat ek ‘n klompie nuusartikels bestudeer het, het ek tot die slotsom gekom dat daar iets is wat ons miskyk. Malema word deur die media en spesifiek deur die Media 24-groep gesteun; hy word opgebou soos wat hulle Nelson opgebou het.

Wat sou die rede daarvoor wees? Die mynmagnate besit dan die pers?

My hipotese

Elke Afrikaland wat in oorlog gedompel is, was die werk van onder meer die CIA, en die betaalmeesters was die Joodse families soos Rothschild, Oppenheimer, ens. Terwyl die oorlog woed, myn hierdie mense onverpoosd en mens kan sien dat hulle sulke oorloë aanblaas om hulself te beveilig teen ander partye wat daar sou wou myn.

Verlede week het die nuwe HUB (Nicky Oppenheimer het op 21 April afgetree) van Anglo aan die media verduidelik dat die nasionalisering van myne nie in die Vryheidsmanifes voorkom nie. Ons weet reeds uit die Rivoniasaak dat dit primêr Jode was wat die Vryheidsmanifes opgestel het. Dus tree Malema oënskynlik buite die Vryheidsmanifes op? Maar die mediabase blaas hom steeds op?

My logika se vir my een van drie dinge:

1. Iets groters word verbloem deur Malema uitermatige persdekking te gee.

2. Iewers het die plan verander, en dit het nodig geword dat ander rolspelers afgeskrik moet word om in Suid-Afrika te belê.

3. Die geldbase wil chaos binne SA hê en die myne tot ‘n stilstand kry wat ‘n groot invloed op die wêreldekonomie sal hê indien veral China nie ystererts vir staal kan verkry nie.

Die tyd sal leer watter opsie (indien enige van die bogenoemde) wel die plan is. Wat belangrik is, is om te weet is dat die mediadekking alleenlik sal gebeur indien dit die geldbase se goedkeuring wegdra.

Onlangse wapenopslagplekke gevind

‘n Paar maande gelede is heelwat wapens gevind. (Ek praat nou nie van die enkele geweertjies in Durban wat bestem was vir Somaliese seerowerbevegting nie.) Onder meer ‘n hele skeepsvraghouer met 9mm- en AK 47-patrone by Kimberley, en ook ‘n groot opslag by Hammanskraal. Hou in gedagte dat dít wat gevind is slegs ‘n aanduiding is dat grootskaalse wapen- en ammunisievoorrade bestaan en alles vir seker nie gevind is nie. Wat ek daarvan maak, is bloot dat dit wel ingevoer word per skeepshouerhoeveelhede; die hoeveelheid wat reeds hier is, bly ‘n ope vraag.

Hierdie wapens kan nie ingesmokkel word sonder die medewete en toestemming van die CIA nie; dit is doodeenvoudig onmoontlik aangesien hulle baie fyn dophou wat gaan waarheen. Daar is dus by my geen illusie dat die CIA en bondgenote iemand buite die SA regering wil bewapen nie.

Wanneer ek dit dan nou saamplaas om ‘n geheelbeeld te vorm dan kan ek sien dat die geldbase ‘n ander plan volg. Ek weet nie of die omkoopgeld, ens. nou te duur geraak het vir hulle en of hulle doodeenvoudig al lankal aan die plan werk nie. Die kwessie is dat ons moet wakker wees, want Malema is net ‘n pion en doen nie die dinkwerk nie.

Opsommend

  • Malema word buitensporig opgeblaas deur die pers;
  • die geldbase beheer die pers;
  • iewers speel iemand speletjies wat nie ten bate van die swartmense of witmense van Suid-Afrika is nie, maar ‘n heel ander doel op die groter wêreldmarkte het.

Vraag

Hoe sou die wêreldmoondhede voordeel trek indien SA in anargie verval?

лазерный пескоструй купитьФильчаков Александр Васильевич

Munisipale oudit bly donker wolk met minder donker randjie

‘n Jaar gelede het die sedertdien rustende minister van Samewerkende Regering, Sicelo Shiceka, ‘n gesamentlike nuuskonferensie met die Ouditeur-generaal toegespreek. Die doel van die konferensie was om gesamentlike doelwitte te stel, wat onder meer insluit dat alle munisipaliteite teen 2014 skoon oudits moet behaal. By dié geleentheid is ook aangekondig dat handleidings aan 283 munisipaliteite oorhandig is om dié doelwit te behaal.

Sedertdien is gereeld politieke stellings gemaak dat die doelwit van ‘n 100 % skoon oudits teen 2014 op koers is.

Pas is die uitslag bekend gemaak van die land se munisipaliteite se oudit-vertonings vir die boekjaar wat Junie verlede jaar ten einde geloop word.

So ‘n verslag is omvattend en sal deeglike studie verg om verantwoordelike vertolkings te maak. Van die regering se kant word uiteraard op die blinker kant van die munt gefokus, en van diegene wat hulle reeds op vertolking verlaat, op die minder blink kant.

Wat die blinker kant betref het die aantal munisipaliteite wat ongekwalifiseerde verslae gekry het, van vier na sewe verbeter. Dit sluit een Metro in – Kaapstad, vir wie dit in elk geval nie ‘n nuwe ervaring is nie.

Altesaam 57 munisipaliteite het hul ouditmenings verbeter, 165 se status het nie verander nie, en 15 het agteruit geboer.

Die feit is dat ‘n ongekwalifiseerde ouditmening die enigste aanvaarbare is. Dit is ook nie so onbereikbaar moeilik nie, soos blyk daaruit dat Mpumalanga, enkele jare gelede nog Mamparralanga genoem weens onder meer onderwysskandale, en nou op die voorpunt van munisipale onrus oor dienslewering, die meeste skoon oudits opgelewer het, naamlik drie uit sewe.

Die ongemagtigde en vrugtelose uitgawes het met 77 % toegeneem, maar 51 munisipaliteite, waaronder Johannesburg, se verslae is teen die afsnytydperk nog nie ingedien nie. Hierdie munisipaliteite presteer gewoonlik power. Die prentjie kan dus aansienlik swakker lyk. Boonop is die vlak van verslagdoening van sowat 84 % van die munisipaliteite gebrekkig, dikwels skokkend gebrekkig.

Sodra belangrike data bekom kan word – die Ouditeur-generaal se webwerf is nou baie moeilik bereikbaar – sal besonderhede vasgestel kan word soos hoeveel munisipaliteite skoon ouditmenings met ‘n paar inskrywings gekry het. Dit word gewoonlik ook as skoon oudits aangebied, en is waarskynlik die rede waarom Overstrand en ander Wes-Kaapse munisipaliteite wat gewoonlik goed vaar nie op die lys is nie.

Die tempo waarteen verbetering skynbaar intree, laat dit ooglopend lyk of die 2014-ideaal nie naastenby bereik sal word nie. Dis egter nie iets waarmee voete gesleep kan word nie – so ‘n verslag moet koue rillings langs die ruggrate van beleggers en potensiële beleggers afstuur – om nie van die inwoners van daardie munisipale gebiede te praat nie.

Ongelukkig het die ANC hom onlangs opnuut verbind tot die indiensnemingspraktyke wat die probleem veroorsaak, waaronder kaderontplooiing die hoofprobleem is. Die minister se herontplooiingskomitee onder die leiding van George Seitisho verseker dat onbekwame en selfs skelm amptenare elders gehersirkuleer word – met dieselfde gevolge. Dieselfde komitee is ook getaak met die omkeerstrategie. Van ‘n hout-yster gepraat….

пескоструй на керхертопкарго кидалы

Internasionale juridiese gewete?

Die lasbrief wat die Internasionale Strafhof in Den Haag vir Moeammar Ghaddafi, sy seun en “troonopvolger” en die hoof van Intelligensie uitgereik het, stuur skokgolwe oor die wêreld. Veral uit Afrika is daar ontsteltenis.

Die optrede kan egter beswaarlik as anti-swart afgemaak word.

Lasbriewe op aanklagte wat met volksmoord, of die doodmaak van burgerlikes verband hou, is ruim uitgereik vir oortreders en beweerde oortreders uit Joegoe-Slawië, en kort-kort word oor nog arrestasies en uitlewerings berig.

Die Groot-merekonflik en etniese moordorgies lewer ook elke nou en dan arrestasies op, terwyl ander dele van Afrika ook al ‘n uitlewering of wat opgelewer het. Die Taylor-verhoor het selfs ‘n diamant-nadraai in die Suid-Afrikaanse howe gehad, waarby die Mandela Trust en Naomi Campbell betrek is.

Afrika het egter ook ‘n paar kladmerke agter die blad. Pres. Oamar al Bashir van Soedan word byvoorbeeld nie uitgelewer nie, en soms blatant deur Afrikalande gesteun. Stilswyend is daar blykbaar ‘n internasionale vergelyk dat solank Bashir sy samewerking gee vir die onafhanklikheid van Suid-Soedan, so lank sal sy vryheid stilswyend geduld word.

Intern in Afrika is sake egter ook nie altyd mooi gestroomlyn nie. Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe bied byvoorbeeld huisvesting aan die oud- Ethiopiese diktator Haile Mirriam Mengistu. Mengistu is in ‘n stadium in sy eie land ter dood veroordeel.

Hoewel Afrika sake na anti-Afrika of anti-swart probeer herlei, sit dié leiers se turf. In die eerste plek kan hulle geen sweempie vordering toon vir hul pogings om die Libiese kwessie op te los nie, en Ghaddafi het telkemale omtrent dadelik sy sogenaamde ondernemings aan basies enigeen verbreek deur weer aanvalle op burgerlikes te loods.

In die eerste plek is die regter wat aan die hoof staan van die groep regters wat die lasbrief uitgereik het, ‘n vroueregter uit Botswana. In die tweede plek het die regters van die ontbinde SAOG-tribunaal ook met stappe teen die SAOG begin. Dié tribunaal het bekendheid verwerf toe dit uitspraak teen Mugabe se grondgrype gelewer het, maar die SAOG dit eerder ontbind het as om sanksie te gee aan die uitspraak.

Teen dié agtergrond klink Afrika se besware teen die Ghaddafi-lasbrief op die nie-Afrika-oor verspot. Lande buite Afrika neig om ‘n heel ander persepsie oor die Libiese krisis te hê, soos die onlangse besluit van Denemarke om slegs die rebelle-owerheid in Libië as wettige regering te erken. Ghaddafi word gewoon nie as deel van enige toekomstige Libië beskou nie.

Dit beteken egter ook nie dat daar besliste pragmatiese negatiewe aspekte is in die uitreik van die lasbrief nie. Ghaddafi sal nou baie moeiliker uit die beergreep op die Tripolitaanse gebied van Libië gedwing word, omdat hy nou streng gesproke geen veilige hawe buite sy land sal kan vind nie. Boonop geld dieselfde vir die enigste mens aan wie hy bereid sou wees om sy gesag af te staan, sy seun Saif al-Islam.

Intussen neem vrae toe oor hoekom Ghaddafi dié soort behandeling kry, terwyl die wêreld traag weggespring het met selfs beperkte, persoonlike sanksies teen die bewind in Sirië. Ook daar kom daar bykans weekliks na die Vrydagaand-gebede slagtings van burgerlikes aan die hand van die militêre voor. Die getal vlugtelinge in Turkye neem geleidelik toe, wat bykans verseker dat ‘n oplossing gevind sal moet word – of Turkye sit met ‘n permanente vlugtelingbevolking wat onder meer Koerde insluit – ‘n klip-in-die-maag-vooruitsig vir die Turke. Die tipe sanksies wat lande teen die Assad-bewind instel, is grootliks ongekoördineerd en opsigtelik impotent.

free online slots gamesлобановский александр харьков

Ope brief aan Naspers en Media24

Die direkteure van Naspers,

Die direkteure van Media 24,

Die redakteur van Beeld,

Die redakteur van Volksblad,

Die redakteur van Rapport.

I/s: Die verval van ‘n etiese gedragskode binne die media

Ek rig die volgende skrywe aan u om duidelikheid te probeer kry oor ’n paar opvallende aspekte binne die spesifieke koerante, soos verteenwoordig deur hulle redakteurs.

Vryheid van spraak

Mediagroepe, joernaliste en die man op straat is almal bekommerd oor die nuwe inligtingswet. Die beheer van inligting is, soos ons almal weet, ’n uiters gevaarlike speletjie. Daarom is dit juis ironies dat terwyl u aan die een kant baklei vir die behoud van vryheid van spraak, u aan die ander kant vryheid van spraak belemmer. Elke keer as ek ’n kommentaar plaas op Rapport se webwerf verskyn daar ’n kennisgewing op my rekenaar wat lees my kommentaar word gemodereer. U is uiters ontsteld oor die idee dat die regering inligting wil modereer, maar tog beoefen u dieselfde praktyk oop en bloot!

By omtrent elke artikel in hierdie koerante is ’n funksie waar lesers, soos ek, kommentare kan lewer. Die slag wanneer dit nie gemodereer word nie, is dit ’n wonderlike geleentheid om die waarde van vryheid van spraak te illustreer. Die vraag wat ek in verband hiermee aan u wil stel, is hoekom sekere kontroversiële artikels nie oor hierdie funksie beskik nie? Dit kan nie as gevolg van finansiële redes wees nie, want ’n debat wat volg in hierdie kommentaar-funksie genereer trefslae vir julle webwerf wat weer gebruik word om advertensiekostes te bepaal. Dit is dus teen finansiële koste dat julle nie vryheid van spraak hier toelaat nie… Hoekom dan nie?

Skeefgetrekte perspektief

Ek maak ’n punt daarvan om die kommentare te bestudeer en dit is duidelik dat u lesers nie saamstem met van die sentimente wat deur veral rubriekskrywers ten toon gestel word nie. Dit is vreemd dat ’n koerant ten spyte van hierdie skeefgetrekte beeld nog steeds kan voortgaan om hoofsaaklik een tipe sentiment te verteenwoordig terwyl daar weke verbygaan waar ons as lesers nie ’n enkele insetsel van ’n behoudende Afrikaner te sien kry nie. Die enigste afleiding wat mens kan maak is dat julle nie die behoudende Afrikaner se bestaan erken nie, terwyl die kommentare oorheers word deur hierdie einste sentiment. Deur net een sentiment (wat male sonder tal deur my as leser as anti-Afrikaner ervaar word) te huisves, is mos nie ’n objektiewe of realistiese verteenwoordiging nie? Kyk mens na die toon van sommige rubrieke is dit duidelik dat die Afrikaner nie meer welkom is by die koerante waarvan hulle die mark is nie. Die oomblik as ons net sekere idees, net sekere kommentare, net sekere sentimente aanbied as verantwoordelike media, is ons besig met propaganda. Is u besig met propaganda?

In die week van 20 tot 26 Junie was koerante oorlopens toe vol met berigte rakende die besoeke van Oprah Winfrey en Michelle Obama. In dieselfde week het ’n onafhanklike internasionale organisasie met die naam “Genocide Watch” (Genocidewatch.org) aangetoon dat Suid-Afrika opgeskuif gaan word na vlak 6 uit ’n moontlike 8 vlakke van volksmoord. Voor u dink dit is weer ’n “regse” belang, wys ek u graag daarop dat daar twee groepe is waaroor die organisasie besorgd is, by name die blanke bevolking van ongeveer 4 miljoen sowel as die swart immigrante van ongeveer 10 miljoen. Is dit bloot swak joernalistiek dat daar nie ’n berig geplaas word dat die groter deel van u lesers alreeds 6 uit 8 stappe gevorder is in terme van volslae volksmoord nie, of skuil daar ander motiewe agter?

Dit is ironies dat ’n multimiljoen- (of is dit multibiljoen-) randorganisasie soos u miljoene rande se sensasie genereer uit vier jong mans wat ’n video maak oor hulle frustrasie met gedwonge integrasie (wat myns insiens ook ’n tipe van vryheid van spraak verteenwoordig) terwyl die direksies van Naspers en Media 24 asook die topbestuur van Naspers oorheers word deur wit mans. Berig na berig is geskryf oor die probleem met transformasie na aanleiding van die Reitz-debakel, dog blyk dit u direksie is baie ver van verteenwoordigend af? Inteendeel, ek sien slegs een swart man op die direksie… U hamer dus op hierdie arme vier seuns, terwyl u self skuldig is aan ’n onwilligheid om te transformeer? Miskien as u self voel watter impak dit op ’n individu en huisgesin het wanneer iemand op grond van sy wit velkleur afgedank word, sal u ’n beter begrip hê vir die frustrasie wat duisende lesers elke week op u forums openbaar.

As leser is ek moeg vir hierdie subtiele subjektiwiteit wat in ons kele afgeforseer word. Die grootste gevaar vir vryheid van spraak is nie die regering nie, maar die media wat eenvoudig weier om sekere sienings en opinies te plaas in ’n land waar ons veronderstel is om gelyke regte te hê. As julle dan ’n mondstuk wil wees vir een of ander sentiment, wees ten minste net eerlik daaroor of as julle waarlik verantwoordelike media wil verteenwoordig, doen dit so deur almal se kant van die saak te erken!

детская одежда интернет магазиныtopcargo