Wat skuil agter stakings?

Niemand glo meer dat stakings in Suid-Afrika net oor loonverhogings handel nie. Daar is toenemende bewyse dat die vakverbond Cosatu stakingsoptrede steun, aanblaas en werkers dreig om en masse op te tree omdat dit die enigste manier is om sy magsposisie in die Drieparty-alliansie af te dwing.

Stakings in die land is sonder twyfel sosialisties-gedrewe. Een van Karl Marx se leerstellinge was immers dat die werker nie ten volle betaal word vir die volle waarde van sy produksie nie. Sosialisme in die 20ste eeu is egter tweërlei van aard. Dit kan by die stembus geskep word of deur middel van ‘n rewolusie. Albei het die uitwissing van die klassestelsel ten doel.

Is dit dít wat nou in Suid-Afrika gebeur? Ofskoon die meerderheid van die duisende stakers kwalik as geskoold beskryf kan word, is hulle vir die duur van die staking in beheer van die regering, die arbeidsmark en hulle medeburgers. Nie-stakers word vermoor, aangerand en geïntimideer en werkgewers se loonaanbod word minagtend verwerp. Miljoene rand se skade word aangerig en die stakers weet maar al te goed dat daar nie genoeg polisiemanne en -vroue is om die vrede te bewaar nie.

Vakbondleiers ontken platweg dat hulle lede vir die skade verantwoordelik is. Intussen word vragmotors aan die brand gesteek en nie-stakende veiligheidswagte word van bewegende treine afgegooi. Ontleders wys dikwels op die sogenaamde Apartheids-babalaas wat sy kop tydens stakings uitsteek. Bevrydingsliedere word oor-en-oor gesing en daar word nie net teen die baas betoog nie, maar teen ‘n stelsel wat al verstof het.

Werkgewers moet ook blameer word. Loononderhandelings word dikwels ter kwader trou aangepak of daar word nie behoorlik verduidelik wat van die onderneming gaan word as dramatiese loonverhogings toegestaan word nie.

Die regering is egter die grootste sondaar. Tegnies word enige arbeidsoptrede as wettig beskou omdat Cosatu deel van die Drieparty-alliansie is. Uiteindelik word dit ‘n hanegeveg tussen die ANC-president en die Cosatu-leier.

Gewelddadige stakings gaan voortduur solank die regering die knie buig voor Cosatu se spiermassa. Is dit nie tyd om self ‘n bietjie die spiere te bult nie?

светЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae