praag.co.za

Die Swart Koukus begrawe, lank leef die Swart Koukus!

Written by

in

Die Swart Koukus in die Amerikaanse Kongres lê begrawe. En niks minder as ‘n Afrika-oorlog het dié afsterwe bewerkstellig nie. Toe Obama, die Nobelpryswenner vir vrede, op 24 Junie die Kongres se goedkeuring vir die befondsing van die NAVO-inval in Libië gevra het, het die swart muurblommetjies se humanitêre ywer verwelk.

Op die koop toe, is dit ‘n Libië wat nog geen voet teenoor die VSA verkeerd gesit het nie, en eerder die VK en Europa geteister het voordat skielike vergifnis vir die kolonel en toenadering van die vorige Britse premier, Tony Blair gekom het. Die nimlike leier het dan voor duisende kameras terreur afgesweer!

Obama het met 238 stemme teen 189 die geldkraan vir die militêre inval oopgehou. Wat hy egter onteenseglik verloor het, is die geveg om die VSA se deelname aan die NAVO-inval te bestendig. Met 295 stemme teen 123 het die Huis van Verteenwoordigers toestemming vir Amerikaanse deelname geweier.

Slegs ses lede van die SK het gestem dat die befondsing gestaak word en dat die VSA moet onttrek uit Libië. Die res het óf befondsing goedgekeur óf militêre inmenging, of albei.

Die Swart Koukus het daarmee enige politieke waarde wat hulle vir hulle kontinent gehad het, ongedaan gemaak. Nie ‘n onbenulligheid as ‘n mens onthou hoe hulle altoos gespog het met hulle invloed om “regime change” en demokrasie in Suid-Afrika teweeg te bring nie.

Selfs regstellende aksie in Suid-Afrika, RA, waar die meerderheid oor die minderheid “reggestel” word – ‘n sotlik teenstrydige begrip as daar ooit een was – is ‘n trotste uitvoerproduk van die Amerikaanse SK.

Van swart broederskap, humanitêre sensitiwiteit, Afrika-fokus, demokrasie en al die ander mooiklinkende titels waaraan die Swart Koukus so swaar dra, het nou dadels in Libië gekom.

Die Swart Koukus sal ‘n blanko tjek teken om enige aantal sterftes van mense, ook van hul eie ras, goed te keur. Kongreslede wys daarop dat die Koukus nie swepe gehad het om hulle rigting te gee nie en dat die Koukus op hul eie “moraliteit” en intellektuele kragte moes staatmaak.

Die uiteinde was dat die meerderheid swart lede hul ondersteuning vir NAVO beklemtoon het, die “humanitêre” inmenging in ander lande se soewereiniteit voorstaan en oor die algemeen ‘n uiters imperiale uitsig op internasionale politieke geskille geopenbaar het, in weerwil van wat werklik in Libië aangaan.

Gaddafi bly gewild in Libië en die Amerikaans-geleide inval het waarskynlik die VSA ten nadele gestrek. Maar nie net die VSA nie. Amerikaanse inmenging sal ongelukkig lei tot ‘n teenreaksie teen wittes en die Weste, en die VSA sal hulle anti-wit sentimente sonder twyfel weer moet betuig.

Michelle Obama se besoek aan Suid-Afrika met die klem op swartheid, was dalk die deurslaggewende faktor om die Koukus se gewete te salf.

Sal die heropstanding van die Swart Koukus weer danksy die “wit rassiste” in Suid-Afrika kan geskied?

сауна кабинаАлександр Фильчаков

Comments

Leave a Reply