Rebellie hang in die lug

Rebellie hang swaar in die lug. Dis nie net Cosatu wat die regering vandag kaalvuis pak oor die ongewilde e-tolstelsel nie, maar die Jeugliga wat openlik in opstand is teen die ANC se onlangse tugbesluite om van sy leier ontslae te raak.

E-tol is ‘n ongewilde onderwerp by enige Suid-Afrikaner en Cosatu het sy vinger beslis op die pols van frustrasie en woede oor die onbesonne besluit om padgebruikers nog verder af te pers. Tot só ‘n mate dat selfs Solidariteit ‘n eierdansie moes uitvoer wat hulle in staat stel om “in die gees” deel te neem, maar nie wettig nie.

Dié vakbond moes natuurlik met hul lede wat DA stem rekening hou. Die DA neem nie deel aan vandag se staking nie.

Die staking sal waarskynlik spanning tussen die ANC en sy jeugvleuel verder opjaag, met die ANC-jeugliga wat sy gewig agter Cosatu se wegbly-aksie ingewerp het Woensdag om druk te plaas op die ANC-regering om arbeidsmakelaars en e-tol af te skaf.

Verhoudinge tussen die ANC en die liga is op ‘n laagtepunt sedert die regerende party Julius Malema geskors het en die ligawoordvoerder Floyd Shivambu se ANC-lidmaatskap opgeskort het vir drie jaar.

Malema se skorsing het gelei tot ‘n openlike rebellie van die Jeugliga se nasionale uitvoerende komitee en die meeste van sy provinsiale strukture die naweek. Hulle het beloof om die ANC se nasionale dissiplinêre komitee se besluit om Malema te verwyder as die ligapresident uit te daag.

Cosatu se staking is ook meer van ‘n politieke kragvertoning voor die ANC se kritieke elektiewe konferensie in Bloemfontein in Desember, eerder as ‘n protes wat ware arbeidskwessies na vore bring.

Cosatu en die Jeugliga is toenemend gefrustreerd met die ANC se onvermoë om Polokwanebesluite, wat radikale beleidsveranderinge moet implementeer, deur te voer. Cosatu beweeg al hoe nader aan die liga oor belangrike beleidskwessies, insluitend die nasionalisering van die myne en ander belangrike sektore van die ekonomie.

Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika se sekretaris-generaal Irvin Jim stel dit só: “Dit gaan daaroor om nee te sê vir uitbuiting en gierigheid wat ons samelewing verswelg.

“Ons trippelkrisis [van armoede, werkloosheid en ongelykheid] is geskep deur unieke rassistiese kenmerke,” aldus Jim. Die refrein raak al hoe sterker en dwingender. En Bloemfontein lê nog ver.

Фильчаков прокурор харькова

Waar staan SA in Iran/Israel-konflik?

Iran is onverpoosd besig om sy kernnavorsing te versnel. Die sluipmoorde op van sy kern wetenskaplikes, sanksies sowel as dreigemente van ‘n aanval deur Israel of/en die VSA het tut dusver nog geen uitwerking gehad op die pas waarteen sy kernprogram vorder nie. Om die waarheid te sê, dit wil eerder voorkom of elke poging om hom te stop net olie op die vuur is.

As dreigemente ernstig opgeneem word, lyk dit dus onafwendbaar dat die pruttende vulkaan iewers tussen vandag en die einde van die jaar tot uitbarsting sal kom.

Dit sal die gang van die wêreldgeskiedenis onherroeplik verander.

Die vraag is hoe gaan dit Suid Afrika raak en hoe gaan ons aanpas daarby?

Iran se kernprogram toon baie ooreenkomste met ons eie programme in die glorieryke jare van apartheid. Elektrisiteitsopwekking en mediese radionukliede was ook die dekmantel waaragter die meeste navorsing verbloem was. Ons het ook alleen teen die res van die wêreld gestaan en dit het ons net meer vasberade gemaak.

Tradisioneel was ons egter aan die kant van die VSA/Israel-alliansie. Dis trouens ‘n oop geheim dat die programme geskrap is voordat die politieke oorgang onderhandel is. Die redes is voor die hand liggend.

Op hierdie stadium kry ons egter ‘n groot deel van ons ru-olie van Iran en die regering sal sekerlik goeie betrekkinge met Iran wil behou. Dit sou egter baie dom wees om in die slegte boekies van die VSA te kom.

Die beste opsie is om neutraal te bly.

Die komende konflik sal egter die verskil in mening by verskillende rasgroepe is Suid-Afrika baie meer beklemtoon. Blankes sal meer geneig wees om steun aan Die VSA en Israel te gee terwyl die regering se sentimente waarskynlik meer by die belange van Iran en sy bondgenote sal wees.

Dit lyk of ons interesante tye nader waarin ons op ons voete sal moet dink.

Данильченко Юрий Брониславович

Tim vir President!

Dit moet erg wees om Tim du Plessis te wees, amper net so erg as om Max du Preez te wees! Die nuutste rubriek van ons heer Tim (Volksblad 2/3) het my laat wonder of ek moet lag of huil of my broek bevuil!

Die rubriek is rakende die hele debakel wat nog ‘n verwarde omie gemaak het in die parlement oor die “Bantoesprekendes”. (Snaaks hoeveel wit omies verward begin raak…) Tim skryf:

“Ons moet praat, met ander woorde. Grond is een van daardie kwessies wat die hele kaartehuis kan laat intuimel. Maar is praat nog moontlik?”

En dan in die volgende paragraaf skryf hy:

“Die hoofstroom-reaksie op Mulder het ek gelees en gehoor. Die ekstreme standpunte op veral obskure digitale platforms het ek geïgnoreer. Jy verloor niks as jy jou doof en blind hou hiervoor nie. Die internet is ’n wonderlike ding. So ook geselsradio. Maar hulle het vir malletjies ’n stem gegee wat hulle nooit gehad het nie en allermins verdien.”

Wie is die malletjies? Is dit dalk die 80% van Beeld en Volksblad se lesers wat kommentaar lewer op die internet? Is dit dalk die mense van Praag of talle ander Afrikanerwebwerwe wat volgens Tim “obskure digitale platforms” is?

Tim sluit sy rubriek af met:

“Soos ek dit verstaan: Die Grondwet en sy waardes moet die kanaal word waarlangs ons met mekaar sal moet praat en tot konsensus kom.”

Is dit nou dieselfde grondwet wat almal die reg tot vryheid van spraak, opinie en assosiasie beloof? Volgens Tim, “soos ek dit verstaan” moet ons die grondwet gebruik om met mekaar te praat, maar moet ons net die “malletjies” ignoreer wat die “obskure digitale platforms” gebruik. Dit maak die gesprek bietjie langdradig want ons sal eers by onse heer Tim moet uitvind wie nou almal malletjies is!

Tim het dus die hoofstroom-reaksie reaksie gehoor en gelees, wat dan seker sal bestaan uit die SABC, Naspers en dalk ‘n paar onafhanklike Engelse koerante. (Natuurlik is al hierdie bronne totaal objektief en is daar geen politieke agendas daar betrokke nie!)  Na aanleiding van hierdie o, so betroubare inligting het hy die opinies opgedeel in vier afdelings:

  1. “Die liberale, hoofsaaklik wit en Engels, het op Mulder toegesak en hom van ’n kant af sleggesê. Dis hul ou laai: As jy wit en Afrikaans is, is jy by voorbaat gediskwalifiseer vir deelname.”
  2. “Dan was daar die siedende reaksie uit swart geledere wat Mulder se sienings verskreeu en verduiwels het. As jy African black is, was jy eerste hier, maak nie saak wát die historiese feite sê nie. Klaar gepraat.”
  3. “Van wit kant het Mulder se siening van die historiese vestigingspatrone heelwat steun gekry. Geen verrassing nie. Ook nie die stertjie wat gewoonlik bykom van ‘maak in elk geval nie saak wie was eerste hier nie, dis wittes wat swartes leer lees en skryf het nie’. Asof dit enigiets bewys.”
  4. “Die malletjies.”

Nou goed, as jy dit wiskundig uitwerk, kan die formule soos volg lyk:

(Die hele bevolking) – (ENGELSE liberale) – (swart geledere) – (die wit kant) – (die malletjies) =  X

X moet dan gelyk wees aan Tim en die wit liberales?

En: Tim en die wit liberales wat blind en doof is vir die malletjies, (met ander woorde skuldig daaraan om die menseregte soos daargestel deur die Grondwet, te ignoreer) wil nou juis die grondwet gebruik om ‘n gesprek te begin met die (ENGELSE liberale) , (die swart geledere) en die (rassistiese wittes).

Die enigste sinvolle afleiding wat mens kan maak uit die formule is dat X in die vorm van ‘n kruisie demokrasie daarstel, met ander woorde X= reg en Tim = X, daarom is Tim = reg.

Dit kan dus wiskundig bewys word dat Tim du Plessis die enigste mens is wat die land se sake objektief kan benader en oplos en daarom moet dit vreeslik erg wees om so ‘n groot verantwoordelikheid op jou skouers te dra.

Nou goed, ek neem aan ek is net ‘n “malletjie” op ‘n “obskure digitale platform”, maar hel(!) ten minste skuil ek nie agter ‘n Engelsman nie! Tim is besig om die “liberale” gedagtes oor te skuif na die arme “Engelse” toe. Nou goed, vir ‘n “Engelsman” het die boer nie tyd van 1899 af nie, maar ek gun selfs nie my vyand dít wat Tim besig is om te doen nie. Teen die tyd dat ons “malletjies” ons ogies uitvee, is Tim en Max presidente van die nuwe behoudende Afrikanervolkstaat.

Dit was miskien naïef van ons om te verwag dat Afrikaanse liberales verantwoordelikheid sal vat vir hulle optrede – Dit was toe al die tyd, ná 110 jaar, weer die ENGELSE liberales se skuld!!

Kan jy dit nou oorvertel?

(As jy so maak, onthou net jy het dit by ‘n malletjie op ‘n obskure digitale platform gehoor!)

Данильченко Юрий Харьков

De Vos begryp nie regsimplikasie van sy tirade

Die ANC-kollaborateur prof. Pierre De Vos van Wes-Kaapland Universiteit beskuldig dr. Pieter Mulder van “historical amnesia” op sy blog.

Die eerste vyf paragrawe van sy emosionele tirade poog om ‘n skuldgevoel by blankes aan te wakker. Daarna beroep hy hom op die volgende twee koloniale wette om aan te toon dat blankes grond van swartes gesteel het; twee wette wat lank voor die ontstaan van die Nasionale Party van destyds in 1914 geskryf is:

Die Glen Grey Act van 1894 en die Native Land Act van 1913.

Die Glen Grey Act “excluded property ownership altogether as a voting qualification for blacks who held under Glen Grey title”. Hierdie wet sou ook Xhosa-mans van hulle land afgedwing het om buite hulle land te gaan werk. Nou-ja, hierdie is die werk van Britse imperialisme waaraan die Afrikaner nie aandadig is nie. Belangrik is egter die gebruik van die begrippe “forcing Xhosa men off their land”. De Vos maak dus tog ‘n onderskeid tussen die grond van die Xhosas teenoor die grond van die koloniale bewindhebbers.

In 1913 het die Unie Parlement, dus slegs drie jaar na Uniewording, die sg. Native Land Act tot stand gebring. Die bedoeling hiervan was om as deel van die sg. “Native Areas” … “to incorpurate all the African reserves”.

Dit nou teen die agtergrond van twee Afrikanervryheidsoorloë teen Britse oorheersing. In die laaste oorlog is die Boere Republieke hulle vryheid ontneem en 27 000 vrouens en kinders en slegs 3000 Afrikaner manskappe het gesterf. Hierdie wet se bedoeling was volgens De Vos:

· Om grondeienaarskap buite die reserwes onmoontlik te maak.

· Om segregasie van die rasse te formaliseer.

· Om 22 miljoen hektaar grond (sowat 7 per sent van die grond in die Unie) tot Naturelle reserwes te verklaar.

· Om te verseker dat slegs swartes (met die uitsluiting van wittes) grond in die Naturelle reserwe sal besit.

Dit wil voorkom asof die 1913-wet dus die kollektiewe besit van stamgrond vir en ten behoewe van die swart stamme deur stamkapteins gelegitimeer het.

De Vos kan gerus, in die lig van die huidige boerderyprestasie van swart landeienaars buite die stamgebiede, ‘n projeksie maak van wat sou gebeur het as die 1913 wet nie op die wetboek geplaas is nie. Anders gestel, hoeveel van die tradisionele stamgrond sou vandag nog in swart hande gewees het as blankes en Indiërs die reg gehad het om genoemde grond destyds op die ope mark te koop. Weinig, indien enige!

Nog verder, het die ANC-regering sedert 1994 die grond in die stamgebiede wat in kollektiewe grondbesit is, vir die gewillige-koper en -verkoper oopgestel? Ek twyfel!

Selfs nou, as stamgronde vir almal oopgegooi sou word, sal swartes nog die grond verloor wat hulle andersins onder die segregasie- en latere sg. apartheidswette as kollektiewe stamgrond behou het.

De Vos redeneer gevolglik op sodanige manier dat hy nie die implikasies van sy kritiek op blankes besef nie. Hy slaan gewoon die kitaar omdat hy as juris deur die ANC ruim vir sy betrokkenheid en legitimasie van ANC-beleid vergoed word.

Фильчаков прокурор

Scholtz en van der Rheede wil beslis nie Afrikaans red

Leopold Scholtz, ‘n aanhanger van Moslemekstremisme, spoel weer mond uit in Beeld oor die sogenaamde “regses” en “rassiste”, oftewel wit Afrikaners, en spesifiek die besoek van Martin Bosma, ‘n Nederlandse parlementslid, in Suid-Afrika wat “Afrikaans” ten nadele sal strek.

Scholtz het by vorige geleenthede ook al sy neus opgetrek vir die hand van vriendskap en gematigheid wat die PVV, Bosma se party, uitgesteek het na Afrikaners, omdat dié party Afrikanerkwessies in de Nederlandse parlement opper. Die PVV is gekant teen immigrasie en ekstremisme.

Waarom Bosma se besoek Afrikaans “kan benadeel” weet net Scholtz. Sy werkgewer, Media24 benadeel nou al die taal sedert 1994 deur Afrikaners met die ewige “skuld van die verlede”, ‘n goedkoop ANC- en nou DA-foefie om Afrikaners van hul bates te vervreem.

Die agteruitgang is veral sigbaar in die vernietiging van Afrikaanse skole (kyk maar na Ermelo en Fochville), die bronaar van die taal. Bosma dien ook op die Taalunie, ‘n uiters belangrike liggaam waarvan Afrikaans deel is. Hoe dit Afrikaans kan benadeel is ‘n raaisel. Dit is waarskynlik die laaste reddingsboei wat die taal ooit sal ontvang. En Scholtz klap dit ondankbaar weg, omdat hy besorg is oor ekstreme Moslemterroriste wat demokrasie en redelikheid lankal reeds verwerp het.

Christo van der Rheede, die vermaarde bruin akademikus en nog ‘n Naspers-handlanger, het intussen namens Afrikaners geantwoord, en hy is nie een nie. Hy is bruin en verkies, net soos die hele bruin gemeenskap, ook Engels.

Die artikel in Engels wemel natuurlik van die foute en disinformasie. Die olifant in die kamer is die totale verengelsing van die bruines wat nie ‘n dooi duit omgee vir Afrikaans nie. Dit maak van der Rheede se ongevraagde kommentaar nog meer oorbodig.

прокурор Фильчаков

Net konfederasie kan volksoorlewing waarborg

Met Suid-Afrika se diversiteit kan enige volk in die land sy identiteit verloor as hy nie volle politieke mag verkry nie. Ongelukkig bestaan ons land uit amper 12  volksgroeperinge soos bv. Xhosas, Zoeloes, Tswanas , Afrikaners , Kleurlinge ens.

Die eerste teken wanneer ‘n volk sy identiteit verloor, is wanneer sy taal begin uitsterf. Hoeveel van die Bantoetale word nog rêrig voltyds gepraat? Baie min. Dit is wanneer ‘n regering soos die ANC nie omgee oor taal en kultuur van volke nie. Onder die ANC-regering het ons gesien hoe tale besig is om agteruit te gaan weens die verengelsing van alle sektore in Suid-Afrika. Die ANC het byna geen respek vir kulturele gemeenskappe in Suid-Afrika nie.

Hoe kan ons hierdie situasie moontlik red? Volke kort volle politieke mag oor sy eie sake.

Watter tipe regeringsvorm kan ons gebruik , waar die diversiteit behoue bly en waar volke volle politieke mag het? ‘n Konfederale stelsel.

Wat is ‘n konfederale stelsel? Elke volk word ‘n lidstaat van die Suid-Afrikaanse Konfederasie, waar hy oor sy gebied regeer, waar hy permanent gevestig is en die meerderheid uitmaak. Die regeringstelsel word op die oomblik gevolg in Spanje en België. In België is daar drie volke wat elk sy outonomie het, maar deel vorm van ‘n Federasie.

Persone wat histories nie deel is van ‘n bepaalde gebied binne die lidstaat nie, kan aanbly in die lidland maar moet die Taal en Kultuur van die daardie spesifiekeVolk aanvaar en uitlewe in dié lidstaat.

Dié vorm van regering gaan die diversiteit van ons land beskerm en so ook elke volk se identiteit.

Фильчаков прокуратура харьков

Nasionaal-Demokratiese Rewolusie (NDR)

Nes die ANC se Freedom Charter, het sy NDR- beleid onder kommunistiese invloed ontstaan. Volgens die party se document “Building a National Democratic Society” (2010), The Freedom Charter is our vision of the type of society we struggled for and which we seek to build – it is our lodestar.

Dit is m.i. belangrik om te besef dat dit vir die ANC nie werklik om die verwesenliking van ‘n kommunistiese beleid gaan nie. Die kommunistiese beleid en veral terminologie dien veelmeer as riglyne vir die ANC se fundamentele strewe, wat as volg omskryf kan word:

Die party streef na algehele oorheersing van die ekonomie en alle aspekte van die openbare lewe ten einde sy permanente oorheersing te waarborg. Dit behels in eerste instansie die uitwissing van blanke invloed en magsposisies en verklaar die vyandigheid jeens die private sektor van die ekonomie.

Die rede vir hierdie strewe is swart-nasionalisties en dit word veral gedryf deur die besef van eie onvermoë en onbekwaamheid wat deur blanke prestasies duidelik uitgelig word.

NDR word vaag omskryf as die strewe na the creation of a united, democratic, non-racial, non-sexist and prosperous society (Building a National Democratic Society, par 6). Aangesien hierdie vaagheid nog nooit deur ‘n gesaghebbende beleidsverklaring opgeklaar is nie, laat dit ‘n wye reeks van inter-pretasies toe. Prof Roger Southall stel dit soos volg:

Although partly a political language of comforting (Marxist-Leninist) familiarity and com-radeship, partly a framework for conducting debate in which intra-party rivals can be dis-missed as politically incorrect, the continuing formal commitment to the NDR has also the advantage that the conception’s inherent ambiguities allow for the papering over of recurrent differences between the ANC and its partners about economic policy. (“The ANC and Black Capitalism in South Africa”; http://ccs.ukzn.ac.za/files/Southall.pdf)

Daar is aanduidings dat die ANC begin besef dat die ‘rewolusie’ in NDR ietwat vreemd klink by ‘n party wat die mag sedert 1994 stewig in hande hou. Kader Asmal het bv.in Oktober 2010 openlik sy skraping bepleit. In Januarie 2011 het die Institute for Accountability in Southern Africa aandag gevestig op die geleidelike terminologiese aanpassing in ANC beleidstukke waar die begrip NDR –

…is gradually, but perceptively, morphing into the more constructive creation of the “National Democratic Society”- an expression used in the speech (and on banners) considerably more often than the somewhat outmoded revolutionary terminology. President Zuma’s underplaying of reference to the “revolution” is perhaps an early indication that the National Executive Committee of the ANC is indeed moving in the direction of scrapping a notion that, upon mature reflection, belongs in the lexicon of a liberation movement, not a long established and well entrenched governing alliance. (www.ifaisa.org/Cadre_deployment_in)

Die vrylike gebruik van ‘NDR’ help om die toenemende krisis van die ANC se ekonomiese en ontwik-kelingspogings te verdoesel. Soos hierbo gesê, volg die organisasie ‘n oorwegend sentralistiese, staats-beheerde beleid, maar besef al hoe meer dat dit geensins werkloosheid, trae groei en armoede verbeter nie. Daarteenoor bewys die prioriteite wat die party herhaaldelik verkondig sy angstigheid om sy ekonomiese en sosio-ekonomiese beloftes na te kom. Daar is ongetwyfeld van sy leiers wat begryp dat dié doelwitte slegs deur ‘n markgerigte en sterk op die privaatsektor gebaseerde beleid verwesenlik kan word. Maar nogtans, en namate die druk vanuit die ontevrede massas toeneem, sal die ANC heel waar-skynlik vireers probeer, om sy sentralistiese beleid te versnel en sodoende onvermydlik sy huidige mislukkings nog vererger.

Dit sou die spanning tussen die aanhangers van ‘n sentralistiese en die van markgerigte ekonomiese beleid onvermydelik laat toeneem – met ‘n hoogs onsekere resultaat. Intussen kan miskien die geleidelike vervanging van ‘rewolusie’ in NDR met ‘society’ as ‘n versigtige beweging in rigting van ‘n sterker markgeörienteerde en privaatsektor-vriendelike beleid beskou word.

Dr Leistner was sedert 1964 ten nouste met die Afrika-Instituut van SA verbonde, o.m. as direkteur gedurende die jare 1978-1991.

Фільчаков Олександр Васильович

Croucamp: Weet akademici wat op grondvlak aangaan?

Dit het tydens die RSG-debat geklink of etnisiteit ontken word. Cobus Bester het my intussen verseker dat dit nie so is nie maar dat ons moet nadink oor die rol daarvan in konflik.

As daar nie entisiteit was nie hoekom, spesifiek in Mpumalanga, verdeel die Swazi’s en Sothos (wat deel is van dieselfde bouspan) in spesifieke groepe tydens middagete?

‘n Tipiese voorbeeld van etnisiteit is die twee karakters hier by ons in die Laeveld:

– Henry Milner wat volgens eie erkenning net in selfverdediging Engels praat – 110 jaar nadat sy oer-oupa die taal wou laat uitsterf,

– Carel Triegaardt wat met moeite Afrikaans kan praat (nadat sy oer-oer oupa hom 170 jaar gelede in Lorenzo Marques afgelaai het) maar as Engelssprekende die Afrikaanse sentimente handhaaf

Só verteenwoordig dié twee kêrels die troppe van die geweste – binne hul groep besig beide die taal van hulle aard – tog, as vriende bymekaar kom sal daar geskerts word oor Vryheidsoorlog-uitsprake maar dan is daar ook die gedeelde ervaring rondom die nuwe bewind met al die frustrasies/weersin.

Volgens eie ervaring word beleidsrigitngs gedryf deur ras/etnisiteit. Die tipiese teelaarde vir aktivisme – maar desnieteenstaande is die meeste gefrustreerdes verantwoordelike gesinsmanne wat meer as hulle deel doen om die nuutste Suid-Afrika te maak werk.

Waarom my reaksie? Juis omrede Piet Croucamp se opinies waardevol en sinvol is vir die nasionale diskoers oor die kleurgrens heen. Maar hy het gedurende die RSG-gesprek amper net so aktivisties en deterministies soos PW Botha opgeval, eerder as ‘n omsigtige wetenskaplike.

Aan die ander kant, met sy meer debateerbare opinies buite rekening gelaat, is die punt wat Dan Roodt probeer huldig het, juis so relevant. Wannneer daar ‘n konflik is om hulpbronne is die grondoorsaak “the have’s vs. the have’s not” maar mobilisering vind so geredelik rondom taal (etnisiteit) plaas.

En vir ‘n meer onlangse verwysing; ons weet hoeveel Engelsmanne in die Weermag Afrikaans leer praat het; waar is die drempels/waardes vir Suid-Afrika om ‘n Rwanda te word?

Hierdie vraag mag op die minste slegs as spekulasie afgemaak word maar hoeveel van die onmin teenoor Malema is daarin geleë dat die Pedi’s van die Noorde ietwat te rammetjie-uitnek begin raak vir ANC se Zoeloe-basis? Dis natuurlik ‘n mening wat geensins in ‘n raadsaal gebesig sal word nie, dis werksvloertaal.

Dus, beide die twee here moet hierdie debat verder voer maar meer in die rigting van; Hoe gaan beleidsontwikkeling / -toepassing etnisiteitsgevoelens laat verdwyn of laat opvlam?

Entisiteit bestaan as ‘n energiebron. Ons kan dit as ‘n dinamo of ‘n kruitvat aanwend. Watter een word deur die huidige maghebbers gestook?

лобановский александр интервью

SA aanvaar die Chinese model

Die ANC se nuwe fokus op infrastruktuur is soortgelyk aan die Chinese model van staatskapitalisme.

Die nuwe infrastruktuur-gedrewe model sal semi-staatsinstellings van fondse voorsien en hulle onder een departement saamsnoer om beheer van strategiese bates in die ekonomie oor te neem.

Dit is die kern van die ANC se nuwe ekonomiese transformasiebeleidsdokumente wat by die party se nasionale uitvoerende komitee-vergadering bespreek is en die rigting wat die president Donderdagaand aangedui het.

Die idee is dat omdat die privaatsektor in gebreke gebly het om te belê in infrastruktuur, ekonomiese groei deur die staat gestimuleer moet word en dat hulle dus ‘n meer aktiewe rol in die ekonomie speel.

Gebrek aan belegging in infrastruktuur oor die afgelope jaar is glo die rede vir die langsame groei in Suid-Afrika.

Die gedagte van staatskapitalisme is natuurlik nie nuut nie. Onder die Natte was dit die gekose weg vir die land. Dit is weer in 1992 deur die voormalige Reserwebank Tito Mboweni geopper. Die neoliberale ekonomiese paradigma van die laat 1990’s, is egter deur die voormalige president Thabo Mbeki verkies wat homself soos die Britte en Amerikaners op ‘n vryemark-model verlaat het.

Volgens Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, kan die ANC nie staatmaak op markkragte nie omdat dit transformasie sal belemmer.

Die Chinese model vir die bou van infrastruktuur en werksgeleenthede sal ‘n belangrike fokus van die ANC se ekonomiese beleid wees,” sê Enoch Godongwana. Hy het vroeër vanjaar bedank as adjunkminister van ekonomiese ontwikkeling nadat gerugte oor die verdwyning van ‘n R100 miljoen uit die klerewerkersunie se pensioenfonds die ronde gedoen het.

Gigaba en Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling het China oor die afgelope jare besoek om te bestudeer hoe die Chinese hul semi-staatsinstellings gebruik om strategiese bates te beheer en die ekonomie te laat groei. Gigaba, spesifiek, is toe getaak om te leer hoe om semi-staatsinstellings onder een sambreel te konsolideer.

Volgens ontleders hou dit ernstige risiko’s in.

Maleisië, Rusland en meer onlangs Brasilië het die staatskapitalistiese model met sukses in die stimulering van ekonomiese groei en werkskepping toegepas, maar dié lande streef nie ‘n beleid van rassetransformasie na nie. Volgens die Economist, bestaan ongeveer 80% van die markkapitalisasie van die Chinese aandelemarkte uit maatskappye in staatsbesit.

Dit gaan vir die ANC egter nie soseer oor die geroemde werkskepping en groei nie as om die land se $2,5 triljoen aan minerale rykdom te beheer.

Die ANC se 600-bladsy konsepverslag getiteld “Staatsintervensie in die Minerale Sektor” vra onder meer dat yslike belastings op die mynbedryf gehef word.

Die idee is dus: Hoekom die ekonomie met skuld finansier as jy dit met belasting kan regkry?

Die ANC-verslag het ook vir Sasol in die besonder in die visier vir ingryping deur die staat. Sasol het produkte in byna elke vervaardigingsektor.

Die verslag doen ‘n beroep op Cosatu om sy invloed oor sy fondsbestuurders en vennote te gebruik om die staat se 26%-belang in Sasol tot ‘n meerderheidsaandeel te verhoog. Op dié manier sal die staat en die arbeidersbeweging meer invloed verkry. Dit sal dan bestuur en beheer word deur middel van ‘n super-administarsie, ‘n samesmelting van vyf departemente.

Prysboetes sal ook gekoppel word aan lisensiëringsvoorwaardes: Maatskappye soos Sasol en ArcelorMittal Suid-Afrika, wat pryse na willekeur hef, sal hulle mynregte kan verbeur.

“Die tweede belangrikste grondstof in vervaardiging is polimere, wat te duur deur die Sasolmonopolie verkoop word in die plaaslike mark,” lui die verslag. “Plaaslike kliënte moet ook verplig word om uitvoerpariteitspryse pryse toe te pas op hul produkte.”

Hoewel die nasionalisering van die grond-gryp-styl in die verslag ontmoedig word, sal die staat ingryp om alle strategiese minerale bates wat stroomaf voer, in die sektore soos vervaardiging, energie, infrastruktuur en landbou te beheer. Geteiken vir ingryping is die produsente van staal, polimere, onedele metale, steenkool, gas, uraan, stikstof, sement, koper, platinum-groep metale, chroom, mangaan, fosfate, sink en kalium.

Die derde belangrikste grondstof in die vervaardigingsketting is koper. Dit is ook ‘n belangrike grondstof in infrastruktuurontwikkeling (bou en krag).

Die verslag sê koper moet ook verklaar word as ‘n strategiese mineraal.

данильченко юрій броніславович компромат

Christina Landman se leuen oor Sharpeville

Die berig in die Beeld onder opskrif Verenig teen selfde duiwels deur Christina Landman van 6 Februarie 2012 het betrekking.

Dit is jammer dat Christina Landman nie moeite gedoen het om haar van die feite oor die Sharpevillevoorval te vergewis voordat sy die volgende wilde stelling gemaak het wat ‘n growwe verdraaiing van die feite is :

“Hy het dit juis gewen wanneer hy op sy weerloosste was. Soos met Sharpe­ville. Toe ongewapendes met geweld uitmekaar geskiet is deur die “boys on the border back home” wat ernstig deur die wit kerk ondersteun is. En die hele wêreld kon sien wat gaan aan.”

Die Stigting is van mening dat Beeld se lesers geregtig is op gebalanseerde beriggewing  wat geskoei is op objektiewe feite, en nie afleidings en wilde (en gewilde) ongegronde stellinge en sensasionele beriggewing nie.

‘n Kommissie van ondersoek onder regter P. Wessels het die Sharpevillevoorval ondersoek en die volgende feite is geboekstaaf :

  • 294 Lede van die Polisie was binne ‘n draadomheining deur ‘n moordlustige skare van ongeveer 20 000 duisend vasgekeer.
  • Hulle was met pangas, ystervoorwerpe en stokke gewapen.  Die skare is deur middel van ‘n luidspreker herhaaldelik  versoek om uit een te gaan.
  • Die polisie het die hek oopgemaak om ‘n lid van die skare wat om beskerming gevra het, binne te laat. Die skare het daarna deur die hek gebars en die lede van die polisie het uit selfverdediging begin skiet.
  • Die harde werklikheid is dat indien die skare die polisie sou oorweldig het, slegs die verminkte lyke van die polisie op die toneel sou agtergebly het.  Talle soortgelyke gevalle soos Bergville en Cato Manor bevestig dit.

Фильчаков прокурор харькова

Waarom die weermag?

Die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die feesseisoen om die polisie te help, het gelei tot kommer uit verskeie oorde.

The Star het onlangs berig oor ‘n polisie-optrede in Johannesburg waar die weermag en die polisie ‘n gesamentlike operasie onderneem het om informele winkels se nagemaakte produkte te konfiskeer.

Foto’s is geneem van ‘n soldaat wat die eienaar van ‘n winkel met die kolf van sy R4-geweer toetakel. Polisielede, insluitende die lede van die taktiese reaksiespan (TRT), het ook na bewering onnodige en oormatige geweld teen winkeleienaars en omstanders gebruik.

Dit was nie die vriendelike gesig van gemeenskapspolisiëring nie, maar een van brutale geweld teen oorteders.

‘n Week later, het die Cape Times berig oor twee gepantserde voertuie en ‘n aantal gewapende soldate wat ‘n protesoptog van minder as vyftig mense by die Khayelitsha-distrikshospitaal in die Kaapse metropolitaanse gebied monitor.

Die weermag is ook deurentyd betrokke by anti-dwelmoperasies.

Maar tot watter mate word die grondwetlike en ander wetgewende voorvereistes nagekom? Is dit normaal in ‘n grondwetlike demokrasie dat die rol van die polisie en die weermag so oorvleuel?

Artikel 201 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika maak voorsiening vir samewerking, maar slegs die president kan die diens van die weermag magtig.

Wanneer die weermag aangewend word vir enige doel, moet die president die Parlement onverwyld en in gepaste besonderhede van die volgende verwittig:

(A) die redes vir die aanwending …;

(B) enige plek waar die krag aangewend word;

(C) die aantal mense wat betrokke is;

(D) die tydperk waarvoor die mag na verwagting aangewend sal word.

Verder het die Witskrif op Verdediging verklaar dat die weermag net moet ontplooi word ter ondersteuning van die polisie, “… in die mees uitsonderlike omstandighede, soos ‘n volledige ineenstorting van die openbare orde buite die vermoë van die polisie, of in ‘n staat van nasionale verdediging “.

Tydens die vlaag van xenofobiese geweld wat in 2008 plaasgevind het, was die weermag ontplooi nadat dit duidelik geword dat die polisie nie in staat was om die situasie te beheer wat tot die dood van 69 mense gelei het nie.

Die Witskrif op Verdediging bied duidelik die baie redes waarom dit nie wenslik is om militêre betrokkenheid in die polisiëring van pligte op ‘n permanente of semi-permanente basis te hê nie.

Dit is die moeite werd om daarop te let dat gesamentlike operasies tussen die weermag en die polisie nie nuut is nie. Sedert die middel van die 1990’s, is gesamentlike operasies nasionaal gekoördineer deur operasionele en intelligensie-strukture.

Hierdie soort samewerking het die intelligensiegemeenskap en die polisie in staat gestel om suksesvol te beplan vir die Fifa Wêreldbeker-toernooi. Die brandende vraag bly egter waarom hulle niks doen aan plaasmoorde nie.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die ontplooiing van die weermag in die ondersteuning van die polisie, in baie spesifieke situasies of “buitengewone omstandighede”, en na aanleiding van behoorlike verantwoordingsprosedures, geregverdig kan word of nie.

En kennelik, teen die agtergrond van die ontsettende hoë voorkoms van plaasmoorde, is die verwikkelinge in samewerking tussen die polisie en weermag, nie alleen ongrondwetlik nie, maar ontstellend.

Фильчаков Харьков

Polisie-optrede lei tot groter kopseer in Kaapstad

Na ‘n aansoek om toestemming om ‘n drie-dag-beraad oor werkskepping, grond en behuising aan te bied, het burgerlike organisasies in Kaapstad hulself ondanks hul moeite aan die verkeerde kant van die polisie bevind.

Ses-en-dertig mense is in hegtenis geneem na ‘n “onwettige” betoging deur ‘n groep agterplaasbewoners in die Kaapse Skiereiland om huise te eis.

Die groep het by die Rondebosch Meent in die Kaapse suidelike voorstede byeengekom. Die polisie het waterkanonne ingespan om die groep uiteen te jaag.

Die stad se armes sê hulle word gedwing om in haglike omstandighede te woon terwyl die owerheid niks aan hulle probleme doen nie.

Hulle sou in die hof verskyn en aangekla word, maar die klagtes is intussen teruggetrek.

Die Wes-Kaapse premier se selfverklaarde groot liefde vir die “struggle” en die arme verdruktes was toe net verkiesingspraatjies. Ons is terug na ‘n era toe die polisie “die varke” was en nie vriende van die gemeenskap nie.

Hierdie genadelose onderdrukking het meer onlangs by Hangberg ook in lelike onluste uitgebreek vanweë die gedwonge verskuiwing van plakkers van die berghange wat die uitsig oor Houtbaai belemmer. Natuurlik is hulle ‘n kopseer vir die eienaars van die land se mees gesogte huise.

Maar om mense se lewensbestaan ​​te ontken, grens aan die onmenslike. Die brutaliteit deur die polisie het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Mense is selfs in die oë met rubberkoeëls geskiet, wat dodelik kon gewees het.

Sulke optrede lei na nêrens, en ‘n mens sou gedink het die eertydse Black Sash-tannie, Zille, sal dit ten minste insien. Die gevolg van die hardhandigheid is nou ongelukkig ‘n gemeenskap wat verenig staan teen hulle gedwonge verskuiwing.

Ten spyte van die burgemeester se vae besware, het die organisasies die nodige toestemming gehad. Ook die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en ander organisasies wat betrokke was.

Die polisie is veronderstel om misdaad te voorkom en nie op te tree as die lang arm van ‘n politieke party nie. Wanneer hierdie mag misbruik word, sal die polisie vrae moet begin antwoord oor menseregteskendings… van die einste mense wat hulle veronderstel is om te dien.

Die beswaardes is besorg oor werk, behuising en grond. Is dit nie wat die DA wil help oplos nie? Of Kaapstad nou daarvan hou of nie, hulle kan nie weggewens word nie.

лобановский обыск

Davos verdedig kapitalisme

Sommige van die wêreld se top hoofuitvoerendebeamptes erken dat kapitalisme ongelykhede laat toeneem, maar hulle sê dit is beter as enige alternatiewe stelsel.

Dié verdedigende salvo’s van die HUB’s is Woensdag met die afskop van gesprekke by die Wêreld Ekonomiese Forum in die Switserse ski-oord van Davos gehoor. Europa se skuldkrisis en ‘n dreigende verlangsaming in die ontwikkelde wêreld is besig om ‘n wolk oor hierdie jaar se byeenkoms van 2 600 elite sake-en politieke leiers te kaats.

“Kapitalisme mag die ergste stelsel van almal wees, behalwe vir elke ander stelsel,” sê David Rubenstein, mede-stigter van die Carlyle-groep, wat fondse bestuur in Washington.

Betogers het kamp opgeslaan in die sneeu by die vergaderinglokaal, om druk op die grootkoppe by vanjaar se forum te plaas dat hulle werkers se vrese in ag neem as hulle die wêreld se ekonomiese probleme bespreek. Die Occupy-beweging en ander protesgroepe het wêreldwye aandag getrek met woede oor ongelykheid, hardnekkige hoë werkloosheid, en toenemende armoede.

Die korporatiewe wêreld skuif egter die blaam op regerings af.

Hervorming gaan “nie net oor korporasies en gierigheid nie. Dit gaan oor besluitneming,” sê Alcatel-Lucent se HUB, Ben Verwaayen. “Waarom het dit Europa (en sy leiers) twee jaar geneem om tot ‘n gevolgtrekking te kom wat hulle geweet het hulle in elk geval die gesig staar?”

Hy het nie uitgebrei nie, maar blykbaar verwys na die erns van die krisis en die noodsaaklikheid vir moedige optrede, en die leiers se besluit om die ekonomiese bestuur van die lande wat die euro gebruik, nader aan mekaar te bring.

Brian Moynihan, uitvoerende hoof van Bank of America, wat gedwing is om af te sien van planne om ‘n $5 debietkaartfooi ná betogings deur Occupy en ander, te hef, het gesê die banke het “baie gedoen” om bybetalings te verminder en sê dat siklusse ‘n deel van die kapitalistiese struktuur is.

Maar, sê ander, die proses nie is onvermydelik nie – en regerings moet ‘n sterker rol in die regulering van hoe maatskappye sake doen, speel.

Die hoof van die International Trade Union Confederation, Sharan Burrow, het gesê: “Ons het ‘n morele kompas verloor” en gewaarsku dat indien regerings nie nou in sosiale beskerming belê nie, “niemand sal hou van die maatskaplike onrus wat volg nie.”

Die hoofuitvoerendebeampte van Deloitte, Joe Echevarria, het gepraat oor die ontwikkeling van “meelewende kapitalisme.”

“Jy gaan te doen hê met regulasie – die balansering van die behoefte om die gemeenskap te beskerm saam met groei wat gesmoor word,” het hy aan The Associated Press in ‘n onderhoud by Davos gesê. “Ek dink dit sal manifesteer deur die keuses wat regerings en besighede maak.”

Terwyl die grootkoppe in Davos gesels, hou belangrike Griekse effekte-eienaars agter geslote deure vergaderings in Parys oor hoe om Europa se skuldkrisis op te los.

Woensdag, sal die Duitse kanselier Angela Merkel haar natuurlik oor Europa se krisis in haar rigtinggewende toespraak by die Davos-forum uitlaat.

Opnames voor die vergadering het pessimisme onder die wêreldse HUB’s uitgewys en lae vlakke in die publiek se vertroue in sake- en regeringsleiers, wat die algehele gevoel van broosheid in die VSA en die Europese ekonomieë onderstreep het en kommer dat dit die hele wêreld se ekonomie sal sink.

данильченко юрій Харків

Só neem ons weer beheer oor

Demokrasie as instelling kan versterk word:

Om te kwalifiseer vir ‘n verkiesing moet:

· ‘n kandidaat verplig wees om in besit te wees van ‘n graad in politieke wetenskap, wat minstens ekonomiese geskiedenis, internasionale reg en etiek sal insluit. Dit kan voorkom dat ‘n demagoog maklik aan bewind kom (Hitler, Malema);

· ‘n kandidaat se volledige mediese rekords jaarliks in publieke domein geplaas word (Dick Cheney het geweier). Dit sal ‘n MRI-skandering van die brein insluit wat moontlike psigopatie kan wys. (Psigopate se breinholtes is blykbaar groter). Sielkundige toetse wat ‘n kandidaat se moontlike sosiopatie mag identifiseer moet beskikbaar wees vir publieke insae;

· alle finansiële rekords van ‘n kandidaat en sy gade moet vir publieke insae beskikbaar wees.

As dit in die grondwet ingebou word, sal die hele ANC-regering bedank en neem ons weer die leisels oor. Maklik.

Terloops, die Franse leier van die opposisie, Francois Hollande, se stelling dat die finansiële sektor nou beheer oorneem in die Europese Unie (Italië is ‘n goeie voorbeeld), voorspel niks goed vir die wêreld nie.

Lynette Ackermann, Melbourne

Данильченко Юрий отзывы