Vrystaat-landbou se lagwekkende voorsitter

Die stem van rede sal seëvier in die debat oor grond, sê uitgaande voorsitter van Vrystaat-landbou Louw Steytler, maar daardie stem is gewis nie syne nie.

Steytler se sieninge van die beskerming wat die Grondwet bied, is só verbysterend, dat ‘n mens wonder hoe so ‘n onbekwame man tot ‘n leiersposisie verkies kon gewees het!

Steytler het sy gehoor weer getrakteer op sy “opinie” dat die Grondwet nie gewysig sal word nie.

“Die Grondwet sal nie verander word nie, dit is my opinie … As die druk kom sal ons dit beskerm met alles wat ons het,” het Steytler aan Vrystaatse boere op hul jaarlikse konferensie gesê. Het die man raadgewers, of het hy dit self uitgedink?

Dene Smuts, die DA se woordvoerder vir justisie en grondwetlike kwessies, en die enigste werklik bekwame persoon in die party, het die mite van die beskerming wat die Grondwet bied, al lankal ontbloot vir wat dit is: ‘n Bogstorie.

Dit sal nie nodig wees om die Grondwet te verander nie, omdat Artikel 25 reeds voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding, aldus Smuts.

Is Steytler oningelig, domastrant of moedswillig?

Steytler, wat glo boere benodig slegs ‘n “positiewe benadering tot die toekoms” om die groeiende bevolking van kos te voorsien, se geloof dat politiek uit landbou gehou moet word, laat ‘n mens met dieselfde tergende vrae.

Tans is landbou nét politiek en om soos ‘n volstruis kop-in-die-sand te hou, sal nie die ANC se houding ten beste beïnvloed nie. Dit sal alleen sorg vir ‘n ramp.

Die enigste wyse waarop kleinboere verstedeliking sal omkeer, sal uit nood gebore word, wanneer die stede se infrastruktuur ineenplof, of wanneer die regering jong swartes uit stede lok met geld in die vorm van uitkerings.

Hoe dit ookal sy, die ANC moet baie dankbaar wees vir Steytler se leiding, want dit is duidelik dat hy meen die boere gaan die spreekwoordelike melk en heuning aan Suid-Afrika se werkloses voorsien, op hulle eie onkoste.

Die ANC is nie bekommerd oor beleggers of die ekonomie nie. Selfs Julius Malema, van alle mense, weet dit nou ná sy besoek aan Londen.

O ja, en meneer Steytler, die Vrystaat se boere is Afrikaans…

 

лобановский класс

Dlamini-Zuma hunker na die groen weivelde… van pan-Afrikanisme

Die ANC-vroueliga se byeenkoms in die Pretoriase Stadsaal is Sondag goed bygewoon: om te luister na die nuutverkose Afrika-uniekommissie se voorsitster, Nkosazana Dlamini-Zuma.

Die vloerplanke by die stadsaal het gesidder onder die gewig van dansende kamerade, en was ‘n tydige herinnering aan Dlamini-Zuma se eie gewildheid binne die ANC. 

Die adjunk-minister van ekonomiese ontwikkeling, Hlengiwe Mkhize, het gesê die Vroueliga het besluit om die geleentheid aan te bied om self van Dlamini-Zuma te verneem wat haar verkiesing tot die Afrika-Unie se hoogste pos beteken. “Ons wou van haar hoor in plaas van in die media daaroor lees,” het Mkhize gesê.

Die blye tyding was dat die nuwe voorsitter beslis Oos kyk.

Dlamini-Zuma het opgemerk dat die AU, benewens sy werk met lidlande, ook met die wêreld besig is. “Ons het forums soos die AU-China-forum, waar ons sien hoe ons met China tot die wedersydse voordeel van elk kan werk. Daar is ook ‘n AU-Indië-forum.”

Dlamini-Zuma meen haar pos sal ‘n kritieke toets van haar vermoë wees om groter outonomie op die vasteland van Afrika te handhaaf. In haar toespraak het sy erken dat die verhouding tussen die Afrika-Unie, China en Indië – die huidige koloniale magte – moeilik mag wees en dat swartes sal moet besin oor die befondsing van die Unie wat van hierdie lande afkomstig is. “Dit is goed vir nou, maar ek hoop met die tyd sal ons ‘n gelyke verhouding hê.”

Maw, die geld vloei tans, maar Afrika gaan nie noodwendig enige teenprestasie daarvoor lewer nie. ‘n Tydige waarskuwing vir lande wat stemme wou koop.

Dlamini-Zuma het voorts gewaarsku: “Ek sal werk as ‘n dienaar van swartes en nie van Suid-Afrika nie. As Suid-Afrika, moet ons onsself binne die pan-Afrikanisme situeer, en nie net in enge eiebelang optree nie.”

Dlamini-Zuma het dit duidelik gemaak dat haar visie sal wees om Afrika-politiek van die belange van die Weste te verlos, en in plaas daarvan te verseker dat swartes hul eie reaksies op die kontinent se uitdagings bepaal. Sy het ‘n groot deel van haar uur lange toespraak daaran gewy. “Ons het ‘n trotse geskiedenis, ‘n trotse erfenis, maar wat kon verkeerd geloop het?” het sy gevra.

Sy het dié retoriese vraag dadelik beantwoord en gesê dat sy glo ‘n groter mate van swart invloed die sleutel tot die ontwikkeling van die Afrika-kontinent oor die lang termyn sal wees. “Wat verkeerd gegaan het, is toe mense van die Weste begin het om swart mense as slawe te neem,” het sy gesê. “Dit het begin met slawerny, die gesondstes en sterkstes is tot die voordeel van die imperialistiese lande weggevoer. Diegene wat dit gedoen het, het gedink ons ​​was submenslik … En daarna kolonialisme, [waar] Europeërs Afrika opgekerf het op die manier waarop ons dit vandag sien … en onder mekaar uitgedeel het asof ons net fauna en flora is.

“Hul doel was om die kontinent en sy mense vir hul eie verryking te ontgin.”

Die onderliggende boodskap is dat Dlamini-Zuma sal veg om die geskiedenis van eienaarskap en die gevolglike armoede en onstabiliteit wat dit volgens haar meegebring het, reg te stel.

Die skynbare vrygewigheid van Frankryk om mbv hul weermag Afrika se probleme in byvoorbeeld Mali op te los, sal egter die nuwe voorsitter se visie tot die uiterste beproef. Dlamini-Zuma se filosofie van die handhawing van swart beheer teen die hegemonie van die voormalige koloniale magte en die VSA, gaan nie maklik wees nie.

Maar Suid-Afrika is reg vir die uitdaging. Konflik in Libië en die Ivoorkus het ‘n bitter na-smaak gelaat, maar Suid-Afrika het in Januarie ‘n resolusie geborg wat verseker dat die Veiligheidsraad nou sal saamwerk met plaaslike liggame – veral die Afrika-Unie. Dit is daarop gemik om te verseker dat die Weste nie meer Afrika-politiek so maklik sal kan beïnvloed nie. Wat die Ooste gaan regkry, sal die toekoms wel leer.

 

topcargo кидалы

Zim se ‘holocaust’: Watter een?

Terwyl RW Johnson meen dat linkse Afrikaniste Robert Mugabe se grondhervormingsprogram sedert 2008 ophemel, is die ideologiese basis eintlik baie lank gelede gelê deur die organisasie by name PLAAS, wat steeds deur Brittanje en Amerikaanse organisasies ondersteun word.

Dit is vreemd dat Johnson nie bewus is hiervan nie, en slegs Moslems soos Samir Amin en Magmoed Mamdani uitsonder as die “linkse” sondebokke. Nietemin maak die skrywer interessante opmerkings oor die jongste Zimbabwiese holocaust. Ongelukkig maak hy egter geen melding van die een wat al dekades lank in die Angelsaksiese media verswyg word nie en wat aanleiding tot die jongste een gegee het nie.

Johnson probeer Mugabe se “Murambatsvina”-veldtog as die enigste mensetragedie skets, maar rep geen woord oor die Gukurahundi nie.

Die voorstanders van Mugabe se soort grondgryp is beslis bedrywig, soos Johnson opmerk, want hierdie Dinsdag gesels professor Bernadette Atuahene oor haar boek getiteld ‘We Want What’s Ours-An Evaluation of South Africa’s Land Restitution Program’, in die Seminaarkamer, Chalsty-konferensiesentrum, op die Weskampus van die Universiteit van die Witwatersrand. Gaan luister gerus na haar om Johnson se bekommernis te begryp.

Duidelik het die gesamentlike ideologiese offensief teen Afrikaners nou ‘n nuwe wending ingeneem aangesien die internasionale media se behandeling van wit boere as die tragiese slagoffers van die krisis in Zimbabwe seker uitgewoed sal raak as Suid-Afrika aan bod kom.

Daar was onlangs ‘n hele aantal artikels wat die voordele van “grondhervorming” ten behoewe van swartes uiteensit soos die opvallende voorbeeld van Lydia Polgreen se “In Zimbabwe Land Takeover a Golden Lining” (New York Times, 20 July 2012). Johnson was dus kennelik genoodsaak om in te spring met ‘n “nuwe” problematiek – die hiperboliese hedendaagse holocaust – noudat die Britte se agenda in Suidelike Afrika volvoer word en hulle dalk verantwoordelikheid moet neem daarvoor.

Me. Polgreen poog om te fokus hoofsaaklik op die 60 000 nuwe swart tabakboere, wat voortploeter op klein stukkies grond om £330,000,000 se tabak te lewer, ver van die 2000-oes van £522,000,000. Sy hemel ook Ian Scoones van die Universiteit van Sussex op oor die “mite dat grondhervorming ‘n ondeurdagte ramp” was. Landboukundiges is in elk geval nie verbaas oor enige opbrengs nie; Zimbabwe se klimaat is uiters geskik vir tabak.

Wat Zanu-PF-ondersteuning van swart boere betref, maak dit vir haar sin dat rykdom “meer billik verdeel word” want dit gee mense ‘n “gevoel van waardigheid en eienaarskap”. Dit is nie heeltemal duidelik hoe sulke positiewe gevoelens kan inspeel op ‘n honger maag nie.

Die World Food Program meen Zimbabwe verkeer op die vooraand van ‘n nuwe hongerseisoen waar 1,6 miljoen mense kos en bystand nodig sal hê – 60% meer as in die laaste hongerseisoen, as gevolg van nog ‘n rampspoedige graanoes van net 1.076.772 ton. 

Wit kommersiële boere was in staat om voldoende oeste van hul lande af te haal, selfs tydens volskaalse droogtes, danksy hul gesofistikeerde besproeiingstegnologie.

Dis jammer dat RW Johnson nie sulke doodeenvoudige kwessies voorheen geopper het nie, destyds toe die Britse regering Robert Mugabe se groot ondersteuner was. Dalk was hy toe te doenig met anti-apartheid.

данильченко юрій броніславович компромат

Max, die uurglas loop leeg

Wat Max du Preez in Bosnië en in Serwië, sowel as in Rwanda, Duitsland en Chili gesien het, is dat mense soos hy baie probleme optel omdat hulle ‘n totalitêre bewind staande hou.

Miskien was dit onvermydelik dat dit met hom sou gebeur: ‘n Ontkenning van die lelike hede, ‘n poging om die vergrype te herinterpreteer om die onaangename reuk van die huidige bewind reukloos te maak.

‘n Mens kry selde nog een van hierdie ou afgeleefde revisioniste van die Kommunistiese hemel-op-aarde. Al is Max effens subtieler, bly hy ongetwyfeld een: Swart apartheid is nie heeltemal so sleg nie, dit is gebaseer op edele bedoelings, swart Suid-Afrikaners ly nie net onder swart apartheid nie, maar baat ook daarby. En eintlik baat “ons almal” daarby, want Max baat daarby.

Wel, ons weet as Max nie sy rympie herhaal nie, is sy voorland dalk die Goelag. Erger nog, dit sal waarskynlik soos ‘n nuwe WVK wees, ‘n regte een, waar mense soos hy persoonlik “versoen” word met hulle wense van wit uitwissing.

Die korrupsie en onbevoegdheid van die huidige ANC-regering en sy hartelose houding teenoor die armes is nie water op die meul vir mense soos Max nie. Onderwys, misdaad en werkloosheid is erger nou as onder apartheid, en dit maak Max mal, want die ANC wil niks daaraan doen nie, en Max se uurglas loop leeg.

Hy sê apologete vir die verlede fokus gewoonlik op die ekonomie en die materiële voordele vir ‘n paar swart mense tydens die apartheidsjare en hulle kry ‘n groot vreugde om die lot van swartes in Suid-Afrika te vergelyk met dié in die res van Afrika. Maar wat Max vergeet is dat die Wêreldbank ook dieselfde doen. Dis slim linkse ekonome wat met syfers kan werk en nie net goed kan tik met ‘n woordeskat van 300 woorde soos hy nie, wat dit raaksien.

Dis soos daardie vertrek in die strokie Wayside op CartoonNetwork, waar die mure al hoe nader kom en die vertrek krimp. Die Wêreldbank is seker oor ‘n nare “apologeet vir die verlede” in die mense van Swapeland se gedagtes.

Irrasionele verklarings dat miljoene mense dood is tydens apartheid, en dat apartheid ‘n vorm van volksmoord was, is nie nodig nie, sê Max, want… “apartheid was boos genoeg”. Hiperbool, nie syfers of bewyse nie, is al wat Max nodig het om die ANC mee te ondersteun.

Hy vind die hele debat, sê hy, die poging om die ekonomiese en infrastruktuur aspekte van apartheid te bespreek, afstootlik. Ek kan net dink hoe erg dit vir hom moet wees. Dom, agtergehaal, aan die verkeerde kant as gevolg daarvan, en bang dat hy dieselfde lot as die totalitêre massamoordenaars van Bosnië, Serwië, Rwanda, Duitsland en Chili tegemoet gaan, dit moet vreeslik wees.

Hy bekommer oor die skade van gedwonge verskuiwings, die dompas-stelsel, werkreservering en die trekarbeidstelsel wat families vir generasies geraak het, maar skoon water, verstedeliking, voortslepende geweld, dalende lewensverwagting, ongebreidelde swart nasionalisme, plaasmoorde, ‘n Afrikanervolksmoord-in-wording en ‘n ekonomiese krisis, het hy klaarblyklik nie opgemerk nie.

Gelukkig het hy geen morele verantwoordelikheid as hy aanhou om in die verlede te leef nie, dink hy. Ongelukkig is daar te veel mense wat sy aandeel in hierdie hel wat Suid-Afrika vandag is, onthou.

Фильчаков прокуратура харьков

Brandstapel vir ‘n sterwende volk

Die Olimpiese skouspel in Londen was weer ‘n donquichotiese oefening in self-advertensie.

Die destydse Arbeidersregering het al voorheen daaraan gedink om die land te verenig deur te kom met wat hulle ‘n Britse “verklaring van waardes” genoem het.

Dié probeerslag het byna in ‘n algehele klug geëindig ‘n paar jaar gelede toe die publiek dit begroet het met hoonlag eerder as entoesiasme. The Times van Londen was moedswillig genoeg om ‘n leusewedstryd te borg, en die wenner was “Geen Leuse Asseblief, Ons Is Brits.”

Toe, net soos nou, sukkel Brittanje met ‘n handelsmerk wat die klasse-, rasse- en identiteitsverdelings op hulle eiland saamvat. Behalwe die vlag, die Union Jack, wat hulle deesdae soos die Amerikaners graag rondswaai by vieringe vir hul monarg, is daar ‘n leemte as woorde of beelde gevind moet word om Britsheid te beskryf.

Die seremonie van Vrydagaand was ‘n vreemde gedoente. Een Twittergebruiker het dit selfs ‘n “reuse brandstapel vir ‘n sterwende land” genoem. [That was not an opening ceremony. It was a funeral pyre for a dying country]

Die meeste Britte dink dis hul oulike aweregse gees en hul vermoë om lekker vir hulself te lag wat die wêreld gister aanskou het. Hoekom hulle sulke kwaliteite as Olimpies beskou, is nie seker nie. Vir die meeste van ons lyk dit na wat verloorders van hou. Miskien was daar net niks anders om te vertoon as die middelmatige suksesse van televisie-akteurs oor die afgelope dekades nie.

Dit is moeilik om te dink, byvoorbeeld, dat die Chinese, ‘n komiese akteur Rowan Atkinson (Mr Bean) in die openingstoneel van “Chariots of Fire” sal inspan, wat die ander deelnemers uit die pad stoot en eindig met ‘n onbeskofte geraas wat hulde bring aan Britse toilethumor.

Gelukkig sê die Britte, was daar geen politiek nie. Daar was miskien nie grappe oor die vroue en kinders wat in Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe gesterf het, plaasaanvalle,  of die oorlog vir olie nie, maar die seremonie is gewis deur linkse Arbeidersentiment gedryf.

Dit is opvallend dat lede van ‘n vakbond in ‘n optog van politieke opstokers van die verlede gestap het, Afro-Karibiese immigrante wat vir minderheidsregte geveg het, en die Jarrow hongerstakers, wat geprotesteer het teen die werkloosheid in 1936, deel was van die “sportiewes”.

Brittanje se eerste lesbiese soen van ‘n 1993-episode van ‘n TV-sepie “Brookside”, is vertoon, asook dansers wat die wapen vir die Kernontwapeningsveldtog nageboots het. Amerikaanse toeskouers wat dit glo gewaag het om hul vlae te vertoon, is met minagting behandel.

Die assistent van die Britse minister van Vervoer, Aidan Burley, wat verlede maand uitgeskop is nadat hy ‘n partytjie met ‘n ​​Nazi-tema in ‘n Franse ski-oord bygewoon het, het nietemin gedink die seremonie was hopeloos te links.

Danny Boyle, wie se film “Slumdog Millionaire” agt Oscars in 2009 gewen het, was die brein agter die opening. Hy het ontken dat hy ‘n politieke agenda het.

“Nie almal sal daarvan hou nie, maar mense sal in staat wees om dit te erken as regtig eerlik en opreg… Daar is geen stront in nie, en daar word geen punt gemaak nie.”

Die Britte, wat veels te veel geld op die byeenkoms uitgegee het, staar moeilike ekonomiese vooruitsigte in die gesig. Die geloof dat Brittanje finansieel kan baat by die Spele is tasbaar by die bestuur van die skouspel. Is dit waaraan hulle gedink het toe hulle besluit het om kinders wat op hospitaalbeddens rondrits, by ‘n sportbyeenkoms se opening in te sluit?

Фільчаков Олександр Васильович

Ope brief aan Afriforum

Die Afrikaanse webwerf Praag het op 9 Julie 2012 in ‘n artikel die bewering gemaak dat Mnr. Ernst Roets gesê het dat ras geen rol speel in plaasmoorde nie en daarmee die volksmoord wat teen ons volk gepleeg word misken.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het in reaksie hierop ‘n skrywe gerig aan Mnr. Roets op die 18de Julie 2012 waarin verneem is of hy korrek aangehaal is en of Mnr. Roets die Volksmoord teen ons volk erken.

In reaksie hierop het Mnr. Roets die skrywer verwys na AfriForum se webwerf. AfriForum se webwerf maak geen melding oor Mnr. Roets en/of AfriForum se siening oor Volksmoord nie en gevolglik is ‘n opvolg skrywe aan Mnr. Roets gerig vir opheldering. Hierdie skrywe van die Verkennersbeweging is tot op hede nie beantwoord nie.

Die vraag is steeds onbeantwoord: Erken Mnr. Roets en AfriForum dat daar ‘n Volksmoord gepleeg word teen die volk?

Aangesien nie Mnr. Roets of Mnr. Kallie Kriel uitvoerende hoof van AfriForum, aan wie die skrywes ook gestuur is, nie die vraag duidelik wil antwoord nie, het dit nodig geword om die vraag in die publiek te vra.

Hierdie vraag is tans uiters relevant aangesien daar verneem word dat die Solidariteitgroep, waarvan AfriForum lid is, onlangs ‘n vergadering met Mnr. Gregory Stanton van Genocide Watch gehad het.

Alwyn de Klerk

Sekretaris

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Фильчаков

Nie omdat dit maklik is nie…

Presies 43 jaar gelede het die eerste mens op die maan geland. Baie van ons het daardie aand vasgenaal voor die radio gesit en die die beroemde woorde aangehoor “One small step for man , one giant leap for mankind.”

Agt jaar voor die maanlanding op 25 Mei 1961 het Kennedy die Amerikaanse volk geinspireer met sy toespraak :

I believe that this nation should commit itself to achieving the goal before the decade is out, of landing a man on the moon and returning him safely to the earth. We choose to go… not because it’s easy, but because it’s hard.

Hoewel daar vandag baie bespiegel word of hulle werklik op die maan geland het, het hierdie woorde die verbeelding van die volk aangegryp.

Daar was een gemeenskaplike doel en die hele bevolkiing het dit ondersteun.

Vandag kan ons maar net droom van ‘n leier wat vreesloos opstaan en sê:

Ek glo dat hierdie volk homself daaraan moet toewy om die doel van selfregering op eie grondgebied te bereik, voordat hierdie dekade verby is.

Ons kies om dit te doen…. nie omdat dit maklik is nie, maar omdat dit moeilik is.

Фильчаков Александр Васильевич

Die ‘Groot Leier’

“Dankie, Stalin. Dankie, want ek is verheug. Dankie, omdat ek goed is. Maak nie saak hoe oud ek word nie, ek sal nooit vergeet hoe ons Stalin ontvang het nie, eeue later en geslagte wat nog kom, sal ons as die gelukkigste van sterflinge beskou word, as die mees gelukkige onder die mense, omdat ons in die eeu van die eeue geleef het, want ons was bevoorreg om Stalin te sien, ons geïnspireerde leier. Ja, en ons beskou ons as die gelukkigste van sterflinge, want ons leef in die tyd van ‘n ​​man wat nooit ‘n gelyke in die wêreldgeskiedenis gehad het nie.

“Die mense van alle ouderdomme sal jou naam uitroep, wat ‘n sterk, mooi, wyse en wonderlike mens jy is. Jou naam word gegraveer op elke fabriek, elke masjien, elke plek op die aarde, en in die harte van alle mense.

“Elke keer as ek myself in sy teenwoordigheid bevind, is ek deel van ‘n onderdanige volk deur sy krag, sy sjarme, sy grootheid. Ek het ‘n groot begeerte om te sing, om uit te roep, om te skree met vreugde oor die geluk wat ek ervaar. In watter land, in watter deel van die wêreld kan so ‘n ding gebeur?

“Alles te danke aan jou, o groot opvoeder, Stalin. Ek sal vir ewig gelukkig wees en vreugdevol, alles te danke aan jou, groot opvoeder, Stalin. Alles behoort aan u, die hoof van ons groot land. En die vrou waarvoor ek lief is wat my kind dra, daardie kind se eerste woord sal wees: Stalin.”

Dié aanhaling kom uit AO Afdjenko se ode aan die kommunistiese leier Josef Stalin, wat deur sy verheiliging as mens, die etniese en geografiese verdeeldheid in die Sowjetunie oorkom het. Die hele oefening is as noodsaaklik beskou, aangesien die bou van eenheid en konsensus miskien destyds die grootste uitdaging aan die Sowjetregering gestel het.

Die eindresultaat was die kultus van die “Groot Leier”, ‘n doelbewuste projek om individuele toewyding en lojaliteit op die almagtige leier te fokus, wie se persona die voorbeeld moes stel om die ideale sosialistiese man en sosialistiese vrou te skep uit die diverse etniese groepe wat hulself binne dieselfde grondgebied bevind het.

Stalin was nie die enigste “Groot Leier” in die geskiedenis nie. Hitler en Mao is twee ander bekende voorbeelde van suksesvolle persoonlikhede wat kultusstatus bereik het en waarbinne enorme mag gesetel was. Die tentakels en vergrype waartoe sulke mag gelei het, is ook ongelukkig vandag bekend.

Politieke ontleders meen die hedendaagse sukses van China is deels die gevolg van die afbou of dekonstruksie van die Mao-persoonlikheidskultus wat tot die geweldig skadelike Kulturele Revolusie gelei het.

‘n Trein in Noord-Korea wat tydens April 2003 aan die brand geslaan het, het veroorsaak dat die vuur na nabygeleë geboue versprei het. Verskeie mense het gesterf omdat hulle probeer het om portrette van hul “Groot Leier”, Kim Jong Il, van die vlamme te red. ‘n Paar bedenklike foto’s van die pofferige diktator is gered terwyl mense, nie foto’s nie, deur die brand verswelg is.

Dis ‘n bekende vervolgverhaal in Noord-Korea, waar mense hul koerante daagliks tydens ontbyt oopslaan om te lees van die opofferinge ten behoewe van die “Groot Leier”. Dit is natuurlik as hulle wel ‘n ontbyt hét. Want Noord-Koreaanse kommunisme veroorsaak, soos elders, voedseltekorte.

Aan diegene wat in slawerny en die onderwerping van mense glo, kan persoonlikheidskultusse ongetwyfeld volmaak sin maak. Aan die propagandiste wat sulke kultusse skep en onderhou, soveel te meer. Dit is soms selfs snaaks om die potsierlikheid daarvan te aanskou, as dit nie so heeltemal tragies was dat mense se siele van alle sin gestroop word nie.

In Togo en Turkmenistan heers dieselfde onderdanigheid aan die “Groot Leier”. In die Weste lag die media graag vir sulke groteske figure, maar daar is vreemd genoeg nie eintlik selfondersoek as dit by hul eie “Groot Leier”, Nelson Mandela, kom nie.

Want, maak geen fout nie, rondom Mandela is ‘n skrikwekkende persoonlikheidskultus gebou, groter selfs as dié van ‘n Stalin, ‘n Mao, ‘n Kim Jong Il en ‘n Hitler. In ‘n wêreldwye meningspeiling is bevind dat hy ‘n meer bekende handelsnaam as Coca-Cola verteenwoordig.

Hy word as vlekkeloos voorgehou, sondeloos en die ideale mens, as die verpersoonliking van die enigste nastrewenswaardige politieke ideaal, alles tipiese eienskappe van die “Groot Leier”.

Wêreldleiers, invloedrykes onder die invloedrykstes, het gister in die Westerse media oor mekaar se voete geval om hul onderdanigheid aan die Xhosa betuig, sy politieke ideaal te besing en sy vlekkeloosheid te bekragtig.

Kommerwekkend, om die minste te sê. Daar was nog nooit in die geskiedenis ‘n persoonlikheidskultus wat tot iets goeds gelei het nie. Die glimlaggende “Groot Leier” het nog altyd vir dood en verwoesting gesorg, asook die ergste ellende en slawerny.

Фильчаков прокурор

Mary Metcalfe sal nog droom van Verwoerd

Wie onthou nog vir Mary Metcalfe? Die voormalige direkteur-generaal van hoër onderwys wat ons telkemale aan die leergierigheid van swart kinders herinner het en dat hulle geneigdheid om te antwoord dat drie maal drie ses is, ‘n nalatenskap van apartheid is?

Metcalfe moes gister aanbevelings aan die departement van basiese onderwys maak om Limpopo se onderwysstelsel van ‘n verdere handboekfiasko – indien nie volledige ineenstorting nie – volgende jaar te red. Teen vergoeding, natuurlik.

Metcalfe se verslag beweer onder meer dat ‘n ineenstorting in die stelsel te danke is aan die “nie-beskikbaarheid van skoolpersoneel”. Wat het geword van al die leergieriges waarvan ons jare lank vertel is, wat agv Bantoe-onderwys so erg moes ly soos die ANC en DA beweer?

Noudat die minister, Angie Motshekga, haar onbetrokkenheid by die aangeleentheid verklaar het, sou Verwoerd en Bantoe-onderwys darem handig te pas gekom het as slaansakke. Die krisis is blykbaar so groot, dat die opstellers van die verslag vergeet het om dit te noem. Dalk sal Helen Zille eersdaags onthou…

Die DA sê intussen die Metcalfe-verslag moet in die parlement bespreek word.

Die kern van Metcalfe se aanbevelings is dat die departement aan verdere mikrobestuur onderwerp moet word en dat alle huidige handboekverspreidingskontrakte hersien en gewysig moet word om ‘n “herhaling van hierdie situasie” te vermy.

“Dit is dringend noodsaaklik dat vinnige en doeltreffende meganismes ingestel word … om die herstel en die lewering van boeke te fasiliteer …”

My wêreld! Geen giftige anti-Afrikaanse ideologiese uitlatings om die totale onvermoë van die swart departement te verklaar nie?

Nee, helaas nie. Dis glo te wyte aan “roekelose” oorbesteding deur die Limpopo-departement van onderwys, wat daartoe gelei het dat die onderwysbegroting vir 2011-2012 het teen die einde van verlede jaar reeds uitgeput was, sê sy.

En natuurlik dat Limpopo se skole oor “die armste kommunikasie-infrastruktuur in die land” beskik.

Wat het dan van die leergierige swart kinders van 10 en 15 jaar gelede geword? Kennelik het hulle nie betrokke ouers, onderwysers of administrateurs geword nie en word hul “leergierigheid” elders ontplooi.

Ten minste 33 000 skole in vyf distrikte in Limpopo het teen Woensdag verlede week nog nie graad 10- en graad 11-handboeke ontvang nie, ten spyte van vele beloftes.

Metcalfe en haar span was self nie eens in staat om ‘n akkurate beraming te maak van hoeveel boeke skole bereik het nie.

Selfs al word die departement deur die hof gedwing om handboeke te lewer, sal die Limpopo-handboekkrisis waarskynlik volgende jaar weens ‘n gebrek aan geld herhaal word.

Daar is egter ‘n uitkoms wat strook met die Afrika-gedagtegang. Die departement van basiese onderwys het op 28 Junie verslag gedoen dat 98% van handboeke gelewer is! Siedaar, ‘n maklike verklaring en die probleem is opgelos.

In werklikheid was slegs 15% van die handboeke op 27 Junie gelewer. Die leergieriges het nog nie ‘n skool daaroor afgebrand nie, behalwe om intussen rekenaars by een te probeer steel, waarskynlik nié uit leergierigheid nie.

Die boeke lê verwaarloos in pakhuise, riviere, en by stortingsterreine. Daar is nie swart leergieriges, ouers of onderwysers wat ooit ‘n plan sal maak om dit te gaan haal nie.

Die LUR vir onderwys in Limpopo, Dixon Masemola sê hy sal nié bedank oor die handboekkrisis in die provinsie nie, na die uitslag van die Metcalfe-ondersoek gister bekendgemaak is. Masemola sê sy departement het sedert vroeg verlede jaar al geweet dat ‘n krisis onafwendbaar is. Hy sê hy het ook probleme in die begroting in Februarie aan die wetgewer uitgewys toe hy sy begroting voorgelê het. Die Departement van Onderwys in Limpopo is een van vyf departemente wat onder administrasie geplaas is juis omdat wanbestuur voorgekom het.

Die wit struggle-heldinne Metcalfe en Zille is verantwoordelik vir die gemors. Hulle praktiese raad kom heeltemal te laat om die onderwysstelsel te red waarvoor hulle so verwoed ge-struggle het. Mary Metcalfe en Helen Zille sal nog droom van Verwoerd toe swart en wit skole na behore gefunksioneer het.

Александр Фильчаков

Waarheen?

As ek so deur al die berigte lees in die koerante en op die sosiale media dan wonder mens onwillekeurig: Waarheen?

Almal wil sê dat ons moet aanpas, of soos die Dinosaurus uitsterf. Ek wil egter die teendeel vandag beweer.

Indien ons sou saamwerk en alles doen wat die liberale pers en ander aanbeveel, dan sal ons vir seker uitsterf.

Ons taal sal vernietig word in die skole met die hele integrasiebeleid en gedwonge verengelsing, ons kinders gaan identiteitsloos raak, of is alreeds besig.

In die werkkultuur sal letterlik alles Engels word dat selfs twee Afrikaanssprekendes met mekaar Engels sal praat.

In ons kerke begin die aanslag van die Nuwe teoloë ernstig toeneem, soos duidelik gesien in die krisis binne die Hervormde Kerk, waar ons geloof aangeval word in al sy vorme, waar die Afrikaner se hele wese uitmekaar geskeur word.

Ons politiek is vernietig deur mense wat ons verraai het en waarin almal geglo het en ons aan ons eie lot oorgelaat het.

Ons is dus rigtingloos.

Wat kan ons red uit die dilemma?

Sterk leierskap van uit groepe en bewegings. Die klem lê nie op ‘n leier wat moet opstaan nie, maar leiers moet opstaan vanuit die Afrikanergemeenskap en daardie rigting aangee. Bestaan daar sulke mense en bewegings? Ja.

Die bewegings en leiers moet egter een gemeenskaplike doelwit nastreef wat ons weer sal laat opstaan en in onsself sal laat glo. Watter doelwitte kan daar nou vir ons wees?

Eerstens, die heel belangrikste is dat ons as ‘n Volk moet terugkeer na ons afhanklikheid van ons God waar ons krag al die jare vandaan gekom het.

Tweedens moet ons alle beskuldigings wie reg en wie verkeerd was in die verlede eenkant plaas want dit is besig om ons te verskeur.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Gee selfbeskikking vir die wat vra

In Suid-Afrika is daar deesdae drie soorte groepe, naamlik die Sosialis/Kommunis, die “Kom ons maak saam Suid-Afrika ‘n beter plek”-groep en die Selfbeskikkingpersoon. Soos ons weet, is die SAKP en die ANC-Jeugliga die voorbokke vir die nuwe Sosialistiese/Kommunistiese Suid-Afrika waar die rykdom aan almal uitgedeel word, veral die armes.

Die “Kom ons maak saam Suid-Afrika ‘n beter plek saam”-groep word verteenwoordig deur partye soos die DA, ACDP, COPE, die Nuwe VF+, asook die burgerregte-organisasie Afriforum en die vakbond Solidariteit . Hierdie groepe probeer ‘n gelykheidstaat te ontwikkel, waar gelyke status aan almal gegee moet word, op alle gebiede van die samelewing. Maar ongelukkig is hierdie groepe as ‘n eenheid nie rêrig ‘n beduidende faktor teenoor die ANC nie al is daar gewone burgers wat hierdie gedagte ondersteun.

Laastens kry ons die selfbeskikkingspersoon. Die groep sluit verskeie volke en sesessiegroepe in, wat onder hulle eie vaandel van selfbeskikking wil voortbestaan. Soos ons weet word hierdie groepe as ekstremiste beskou, wat partykeer misinterperteer word, oor waarvoor hulle staan. Hulle is net persone wat behoudend is ten opsigte van hulle kultuur, taal, of net oor hulle oor hulleself wil regeer in ‘n bepaalde gebied. Die is groepe soos die Dabalorivhuwa Patriotic Front wat die Venda verteenwoordig by UNPO , die “Cape Party” wat die Kaap onafhanklikheid wil gee. Dan in ‘n mindere mate die IFP wat ‘n Konfederale/federale stelsel wil hê vir groepe. Die VF+ was altyd die een wat ‘n Volkstaat wou hê vir die Afrikaner, maar nou vervang is deur ‘n paar organisasies wat hierdie droom wil verwesenlik. Ons moet besef dat daar mense is, wat nie eers by hierdie groepe betrokke is nie, maar wat hierdie gedagte sterk ondersteun.

Ek dink daar is plek vir almal onder die son wat ‘n sekere gedagte ondersteun, maar moenie die Selfbeskikkingspersoon afkraak oor wat hy dink reg is nie. Gee vir hierdie groepe hulle selfbeskikking en moenie hulle teenstaan nie, want hulle veg binne die Internasionale reg vir hierdie onafhankliheid. Kom ons maak hierdie persone gelukkig, dan hoef die ander nie meer na hulle “Volkstaatpraatjies” te luister nie. Kom ons wees regverdige mense en gun almal hulle eie lot, selfs hulle wat tevrede is om te bou aan die Nuwe Suid-Afrika.

Фильчаков прокурор харькова

Nou is elke swart-op-wit moord haatmisdaad

Volgens ‘n berig op PRAAG het President Zuma ontken dat plaasmoorde rasgedrewe is. Hoewel statistiek ‘n belangrike apparaat is om die situasie mee te ontleed, moet ons ook na die breer politiek konteks kyk. Om die waarheid te se bied laasgenoemde genoegsame bewys om nie langer oor hierdie kwessie te twyfel nie.

Dit verg ook geen bekentenis deur die midsdadigers of enige getuienis deur die oorlewendes om te bepaal of dit rasgedrewe is nie. Die buitensporig geweldadige aard darvan dui absoluut op haatmisdaad. Sadisme en die gepaardgaande foltering van die slagoffer is ‘n algemene tema in haatmisdaad.

Gebaseer op die ekstreem sadistiese aard daarvan kan daar dus geen twyfel bestaan dat plaas- en huisaanvalle (in die stede) haatmisdaad is nie. Mens moet dus gaan soek na die motiveerder wat sulke haat by jong swartmans teenoor witboere en blankes in die algemeen sou kon aanwakker. So ‘n oorweging moet ten eerste soek na enige aanhitsing tot haat en/of geweld. Natuurlik hoef ons nie ver te soek nie.

Blote ongelyke verdeling van welvaart is nie ‘n genoegsame motief nie, aangesien ongelyke welvaart nie tot sulke aanvalle in die res van die wêreld lei nie. Zuma en sy jeugleiers se sing van “Skiet die Boer” is getuienis genoeg. Internasionale voorbeelde is welombekend. In Rawanda was dit “Maak dood die kokkerotte.”

Dit kan ook nie geargumenteer word dat plaasmoorde die gevolg van blote griewe teenoor boere as werkgewers is nie. Die soortgelyke aanvalle op stedelike Afrikaners weerspreek dit. Boonop was ons almal al kwaad vir ons werkgewers, maar dit het nog nie een van ons gedryf om hom/haar te vermoor nie. Konflik by die werk is dus nie genoegsame motief vir ‘n patroon van moorde teenoor die lede van ‘n spesifieke minderheidsgroep nie.

Gegewe dat Zuma, Lamola, Malema (en sekerlik nog ander) volksmoord teenoor Boere aanhits moet hiedie haatmisdaad direk daaraan gekoppel word. Dit is die mees voordiehandliggende oorsprong hiervan. Plaasmoorde en moorde deur swartes op wittes in die algemeen, moet dus elke keer ten eerste in hierdie konteks ontleed word. Geen moord op ‘n witte deur ‘n swarte kan meer in isolasie hiervan gesien word nie. Dat die moordenaars altyd swartes is en wittes bykans nooit swartes vermoor nie, kleur die prentjie verder in.

Dit is dus totaal onwaar dat Zuma oningelig is oor plaasmoorde. Plaasmoorde is deel van die ANC se ‘Transormasie’ agenda. Dis immers ooglopend hoe dit ‘grondhervorming’ ten diens staan, veral as ons in ag neem dat die ANC en organisasies soos PLAAS die moorde aanhits. Dis tyd dat ons die regime op die internasionale arena aanspreek oor haatmisdaad teenoor wit Suid-Afrikaners.

Александр Фильчаков

Wat het Assange en WikiLeaks reggekry?

Julian Assange probeer tans uit die kloue van die gereg bly en skuil in die Ecuadoriaanse ambassade in Knightsbridge, Londen om uitlewering aan Swede en moontlik die VSA, te ontsnap.

Britse kommentators het intussen op allerlei maniere probeer om Assange swart te smeer. Hulle skuim van woede oor sy swak maniere, selfsug en voorkoms, asof dit kriminele foute verteenwoordig.

Hierdie kritiek vertel meer oor die etniese kudde-instink van Britse meningsvormers as om die geval Assange te belig. Sy prestasie as stigter van WikiLeaks om Amerikaanse diplomatieke kommunikasie te ontbloot, het egter aan mense regoor die wêreld insig verskaf in hoe hul regerings werklik optree.

Sodanige openbare kennis is noodsaaklik omdat kiesers uiteindelik besef wat hulle verteenwoordigers in werklikheid mee doenig is en dit is ongelukkig dikwels nie om kiesers se wense uit te voer nie.

Danksy WikiLeaks, is meer inligting beskikbaar oor wat die VSA en ander state doen en dink as ooit tevore.

Daar was ander voorbeelde in die geskiedenis soos die publikasie van die seëvierende Bolsjewiste in 1917 se geheime verdrae, insluitende planne om dele van die Midde-Ooste aan Brittanje en Frankryk te gee. Dan ook die Pentagon Papers wat danksy Daniel Ellsberg in 1971, die sistematiese verdraaiings deur die Johnson-administrasie oor Vietnam blootgelê het. Op soortgelyke wyse as Assange, is Ellsberg deur die Amerikaanse regering uitgeskel en gedreig met die swaarste straf.

Daar is ook vele ander raaisels en politieke intriges soos die Palestynse leier Jasser Arafat se polonium-vergiftiging wat pas deur ‘n Switserse laboratorium oopgevlek is en die hele argief van Palestynse dokumente wat in Tunisië, selfs nou ná die Arabiese Lente, opgesluit lê. Dié kwessies geniet nie veel aandag by WikiLeaks nie, wat kennelik ‘n ander agenda nastreef.

Wikileaks stel natuurlik net die soort inligting vry wat hulle pas, soos wat die Britse en Amerikaanse regerings, die Palestynse owerhede en elke ander staat en opposisiegroep doen.

‘n Buitengewone aspek van die veldtog teen Assange egter, is dat die joernaliste die grootste vryheid voel om duisende woorde oor sy beweerde foute uit te pomp, maar nooit word melding gemaak van baie meer ernstige internasionale oortredings en misdade wat geopenbaar is deur WikiLeaks nie.

Sulke vergrype is kort daarna gepubliseer in vyf koerante – Die New York Times, The Guardian, Le Monde, Der Spiegel en El País. Niemand het dié koerante aangeval nie, maar Assange persoonlik eerder onder druk geplaas.

Hoofstroom joernaliste lyk kwaad dat hulle professionele gebied binnegeval is deur ‘n Australiese rekenaarbleeksiel, oftewel “nerd”, wat hul werk blykbaar baie beter kan doen. Die Britte veral is natuurlik altyd erg vyandig en venynig teenoor diegene met verskillende kulturele en politieke norme.

Die bewerings van verkragting wat in Swede gemaak is teen Assange, is ernstig. Sulke bewerings van verkragting kan ‘n reputasie vernietig, maar waar nie-bestaande getuienis is, het Britse en Amerikaanse joernaliste tipies in elk geval voortgegaan met karaktermoord.

WikiLeaks se dokumente is uniek en insiggewend oor wat die VSA doen en wat hulle regtig dink van die wêreld waarin ons leef, baie meer as Assange se persoonlikheidstekortkominge. Daar is byvoorbeeld ‘n diplomatieke nota gestuur deur die Amerikaanse ambassade in Kaboel in 2009 wat premier Hamid Karzai as ‘n “paranoïese en swak individu wat onbekend is met die basiese beginsels van nasiebou” beskryf. Nogtans word hy steeds voorgehou as ‘n geloofwaardige vennoot vir die VSA.

Dit is senior en ervare Amerikaanse amptenare wat hul ware mening gee oor die man waarvoor Amerikaners en Britte besig is om te veg én te sterf. 

Die onlangse onderhoud deur Assange met Imran Kahn, die Pakistanse krieketspeler en nou uiters gewilde politikus, is ook verhelderend. Op ‘n stadium verduidelik Kahn hoe Paksitanse leiers deur die VSA omgekoop is om teen hul eie mense op te tree, terwyl hulle skynheilig voorgegee het om hul kiesers se belange te dien.

Dit klink trouens presies soos ‘n analise van Suid-Afrika, waar Afrikanerleiers omgekoop is om teen mede-Afrikaners op te tree om ‘n Afrikanermagsbasis te vernietig, ‘n proses wat steeds voortduur.

Alle regerings geniet in ‘n mate van skynheiligheid om mag te monopoliseer, maar daar moet tog perke wees, soos internasionale regsbeginsels vereis.

Assange en WikiLeaks ontmasker nie diplomatieke terughoudendheid in die belang van die gladde funksionering van die regering nie, maar ontbloot valsheid waarin die grusame dood van honderde duisende mense geregverdig word.

As die staat inligting tot só ‘n mate beheer en die vermoë het om dit na willekeur te manipuleer, maak dit die reg om te stem grootliks betekenisloos. In Suid-Afrika is die voortslepende geweld teen boere maar een so ‘n voorbeeld waar die staat weier om die verskynsel selfs net te erken! Deur dit nie te erken nie, hoef hulle nie op te tree nie. En so sal die ANC ook geen verleentheid vir hul buitelandse ondersteuners skep om die yslike tekortkominge van die reënboognasie te ontbloot nie.

Dit is waarom mense soos Julian Assange so noodsaaklik is vir ons, al het hy en sy ondersteuners ook hul eie agenda. Die diplomatieke notas het die eensydige, en selfvervullende aard van mag en selfs ons veelgeprese “demokrasie” help blootlê.

Александр Фильчаков Васильевич

Die probleem met ekstremistiese gematigdes

Daar is al baie name geslinger na ‘ons’ toe. Ver-regs, ekstremiste, rassiste ensomeer is niks nuut nie. Ons sien ons self dalk as konserwatief en/of behoudend. Al hierdie name is ‘n poging om die faksies binne ons volk te identifiseer sodat ons dienooreenkomstig kan weet wie staan langs my en wie staan oorkant my.

Ons is lief om die linkses ook as die ‘liberales’ te beskryf. Dit is egter ‘n fout. Volgens my HAT is liberaal:

Vrysinnig, ruim denkend, nie ortodoks.

As ‘n Selfstandige naamwoord word dit as volg beskryf: voorstaander van onder andere ekonomiese en kulturele vryheid.

Vir die laaste tien jaar is ek betrokke by ons volk se strewe na vryheid, “onder andere ekonomiese en kulturele vryheid”. Die inisiatiewe en aksies, soos Praag is ‘vrysinnig, ruim denkend en nie ortodoks’. Ons volk dink elke dag aan nuwe maniere om vryheid te bekom, nuwe planne om ons volk te red van hierdie situasie en ons ondersoek nuwe gedagtes en idees. Per definisie is ons dus liberaal.

Gaan kyk ons na konserwatisme in die HAT:

“Verkleefdheid aan die bestaande orde, behoudsug.”

Ek het absoluut geen verkleefdheid aan die bestaande orde nie. Ek wil nie die bestel behou waar ons mense vermoor en verkrag word nie. Die ‘linkses’ wil alles hou soos dit is. Hulle is nie beskikbaar om uit die doos te dink aan nuwe idees en planne vir die voortbestaan van ons volk nie. Hulle is dis besig met konserwatisme.

Linkse(s). Persoon behorende tot ‘n groep of party wat na die liberale, radikale, soms kommunistiese kant neig OF wat deur hervorming of revolusie die bestaande politieke orde wil omverwerp.

Regse (s). ‘n Persoon behorende tot ‘n groep of party wat ‘n konserwatiewe tradisionele beleid volg en gekant is teen radikale verandering op politieke, sosiale of ekonomiese gebeid.

Met ander woorde: As jy deur hervorming of revolusie, bestaande uit vrysinnige, ruimdenkende en nie ortodokse metodes, die bestaande politieke orde wil omverwerp, dan is jy ‘n “Linkse liberalis”.

As jy gekant is teen radikale verandering op politieke sosiale en ekonomiese gebied, omdat jy verkleef is aan die bestaande orde, is jy ‘n “Regse Konserwatiewe”

Ons het dus in 1994 verander van regses na linkses sonder om dit te besef. Dit is ook duidelik uit baie skrywes en opinies dat baie van ons mense nie besef ons het die verandering beleef nie. Hulle wil behoudend staan, soos voor 1994, teenoor wat “ons s’n” is terwyl ons alles verloor het. Die gedagte-sprong het nog nie heeltemal posgevat nie en daarom is dit vreeslik deurmekaar. Ons voel ons moet behoudend staan want ons het dit opgebou, maar ons het geen mag om dit te doen nie. In dieselfde asem is die ANC nogsteeds besig om radikaal te wil verander en het hulle nog nie besef hulle beter behoudend begin optree oor wat nou “hulle s’n” is nie.

Gematig. Wat nie tot uiterstes gaan nie. Besadig, kalm, beheers.
Ekstremis: Iemand wat tot uiterstes gaan
Ekstermisme: deurdrywing tot die uiterste toe, rigting wat uiterstes nastreef…

Die grootste probleem wat ons het is egter die ‘gematigdes’. Die klomp mense hier in die middel wat nie betrokke wil raak nie. Hulle het geen behoefte om betrokke te raak nie. Hulle is vasgevang tussen wat hulle weet is reg en dit wat die media vir hulle vertel is reg. Meeste van hulle voel skuldig oor iets sonder om te weet waaroor.

Dit is dalk ‘n teenstrydigheid maar die beste beskrywing van hierdie mense is Ekstrimistiese gematigdes. ‘n Groot deel van ons volk is so verward en verboureerd dat hulle vasgryp aan hierdie gematigde reddingsbootjie. Hulle het gematigheid verander in ‘n totale hipernorm wat nie anders kan beskryf word as ‘n tipe ekstremistiese ideologie nie. Die oomblik as jy met ‘n pool, ongeag links of regs, naby hulle kom onttrek hulle onmiddelik. Dit is ‘n oordrewe apatie wat heers onder hierdie mense. Hulle wil glad nie assosieer met enige vorm van politiek nie. Hulle doen wat hulle kan om hierdie gematigheid te beskerm. Die sukses van organisasies soos Afriforum en die DA spreek boekdele hiervan.

Die ekstremistiese gematigde klou vas aan inligting wat beweer dat dinge nie so erg is nie en daarom sal hulle nooit Naspers bevraagteken nie. Hulle klou vas aan die idee dat multikulturaliteit ononderhandelbaar is en daarom sal hulle nie die DA bevraagteken nie. Hulle glo dat dit reg is dat hulle kinders ook die ‘ander’ geskiedenis moet respekteer en leer, daarom sal hulle nooit die kurrikulum bevraagteken nie. Hulle is so ekstremisties vasgevang in hulle situasie dat hulle weier om enige iets te bevraagteken en weier om betrokke te raak.

Dalk is dit as gevolg van ‘n oordrewe sin van konserwatisme. Dalk is hierdie gematigdes ook nog onder die indruk dat ons moet behou wat “ons s’n” was. Dit is miskien ‘n onderliggende ‘regse’ assosiasie wat hulle tot daar dwing. Die oorgang van ‘regs konserwatief’ na ‘links liberaal’ het eintlik reeds plaagevind onder ons wat as ‘regses’ deur die media geklasifiseer word, sonder dat ons dit weet. Dalk is dit die kloof waar die gematigdes vasgekeer is- hulle verstaan nie dat hulle hierdie kopskuif moet maak nie. Hulle staan met hulle rug teen die muur en poog eenvoudig om so neutraal as moontlik voor te kom, selfs in ‘n ekstreme mate.

Ons sit met ‘n groot probleem in Suid-Afrika. Dit is duidelik dat die ANC nog nie ophou ‘struggle’ het nie. Demokrasie is nie vir hulle genoeg nie, hulle wil radikaal ingryp en verander. Die sogenaamde ‘regses’ wil ook ‘n radikale verandering teweegbring. Ons sit dus tegnies met twee opponerende ‘linkse’ groepe in Suid-Afrika wat verskillende doelwitte wil bereik.

Dus: Ons sit met “Ekstremistiese linkse liberale” wat nou eintlik “regse konserwativiste” is en “Regse konserwativiste” wat besig is om eintlik “estremisties links-liberaal” op te tree, sonder dat iemand dit weet. Ons sit met ‘linkse liberaliste wat sosialisme as beleid het” en “linkse liberalisme wat volksvryheid” as beleid het. Dit laat die arme “ekstremistiese gematigdes” eintlik as die enigste ware “regse konserwativiste” oor sonder dat hulle dit weet.

Die enigste verskil tussen die linkse ANC en die linkse “Regses” is dat hulle ‘n spesifieke doelwit het waarheen hulle werk, genaamd die Vryheidsmanifes. Dit het tyd geword dat ons ‘n Vryheidsmanifes van ons eie opstel waarmee al die faksies kan assosieer. Dit het tyd geword dat ons ander terminologie moet gebruik om die huidige verwarring uit te skakel. Dit het tyd geword om te aanvaar ons is liberaal in ons stryd en ons kan ons losmaak van die behoudende bande. Ons moet nuut, vrydenkend en innoverend optree. Die tyd het gekom om die ‘ekstremistiese gematigdes’ te ontneem van die gerief en gemak om weg te kruip. Dit is tyd om jou kant te kies. Dit is tyd om, soos die linkse liberalste dit noem- te “struggle!”

Олександр Васильович Фільчаков