Oppas vir Google!

Google was onlangs in die nuus oor hulle sogenaamde “Streetview”-diens, waar all strate en geboue (private huise inkluis) gefotografeer word.

Dit kan dan besigtig word op webwerwe soos www.vpike.com.

Veral in SA is dit ‘n omstrede kwessie, omdat kriminele die inligting kan misbruik om misdaadbeplanning mee te doen.

Wat nou op die lappe gekom het is egter veel meer kommerwekkend. Die sogenaamde “Google Streetcars”, oftewel motors met gemonteerde kameras wat op en af in ons strate ry om die fotos te neem, is stilletjies met WiFi netwerkafluisterapparaat toegerus.

Terwyl die Google Streetcar stadig in die strate op en af ry, word inligting terselfdertyd ingesamel op mense se private draadlose netwerkstelsels. Die toerusting lees die naam (SSID) van die draadlose netwerk, sowel as MAC adresse van die ‘router’ en rekenaars daaraan gekoppel. Die Google spioenasie-apparaat probeer om op netwerke in te kom, en is gewoonlik suksesvol as die router se enkripsie en brandmure afgeskakel is.

Waar die router se sekuriteitvlakke laag was (geen enkripsie) het Google dan inligting gegaps en geberg, bv eposse wat mense gestuur het, kommentaar wat gelewer was op Facebook, blogs en webwerwe.

In Australie, Hong Kong, die VSA en verskeie lande in Europa is daar tans ‘n hengse storm aan die broei oor wat presies Google met die inligting wil aanvang. Hong Kong het Google vir etlike maande verbied om rond te ry, en het hulle nou gedwing om die onwettig-bekomde inligting uit te vee.

Soortgelyke inisiatiewe is van stapel geloop wereldwyd. Eers het Google dit ontken, maar het later beken en jammer gesê nadat hulle op heterdaad betrap is.

Google se verskoning is tweeledig. Ten eerste hulle probeer wifi routers identifiseer sodat dit as ‘waypoints’ gebruik kan word om selfone en mobiele rekenaars se koordinate mee te bepaal; en ten tweede hulle het kastig “per ongeluk” die programmatuur ingesluit in hul afluister-apparate wat dan mense se persoonlike inligting versamel.

As IT-deskundige het ek al op verskeie geleendhede skynbaar nietige, onbenullige dinge opgemerk wat Google aanvang, wat opsigself nikkseggend is, maar in die groter perspektief uiters kommerwekkend kan wees. Google maak dit bv baie moeilik om eposse wat met Gmail gestuur en ontvang is, uit te wis.

Hulle bied ‘n massale Gmail kapasiteit aan – 7 tot 10Gb per epos rekening, heeltemaal gratis.

Hoewel mens kan inlog op jou web-gebaseerde Gmail rekening en epos uitwis, maak hulle dit baie moeilik om te doen. Self gebruik ek Outlook om my Gmail-rekeninge te hanteer, maw epos te stuur en af te laai via Gmail. Jy kan Gmail stel om nie epos wat gestuur is of ontvang is, te berg nie maar om dit eerder dadelik uit te wis. Gaan loer egter ‘n rukkie later en jy sal sien al die posse sit steeds daar, en moet met moeite uitgewis word. Gmail steek selfs die “deleted items” leer weg en jy moet soek daarvoor as jy hom wil leegmaak.

Begin jy om epos uit te wis, kom ‘n Gmail boodskap op dat dit nie nodig is om jou eposse uit te wis nie, omdat jy so baie stoorspasie het! Ekself het derduisende posse in my inbox en sent items, maar kan slegs 100 eposse op ‘n slag uitwis – met groot moeite en tydsame gesukkel.

Vra jouself af – wat wil Google met jou epos maak? Die antwoord is dat hulle “bots” (klein inligting-versamelingprogammetjies) stuur deur jou epos, om te lees en data te versamel deur sekere sleutelwoorde te identifiseer.

Databasisse word dan geskep op gebruikers, die onderwerpe in hul eposse, epos adresse word gekollekteer en gebêre.

Netwerk-verbande word dan geskep tussen mense wat met mekaar korrespondeer, wat dan deur forensiese analiseprogramme gejaag word om sosiale verbintenisse te ontbloot. Dis alles goed en wel, maar kan ons Google glo dat hulle slegs die inligting gebruik en aanwend om demografiese profiele te skep vir uitsluitlik bemarkingsdoeleindes? Wat as Google die inligting beskikbaar maak aan regerings wat om hul beurt dit wil aanwend om politieke teenstanders lam te lê? Kan Google hiermee vertrou word?

Google se korporatiewe slagspreuk is “Do No Evil”. Hulle geskiedenis met betrekking tot bv Kommunistiese Sjina, waar hulle heel gretig saamgewerk het om Sjinese internet gebruikers te weerhou om polities sensitiewe webwerwe te besoek is skandalig en wys hoe maklik hulle die knie buig voor diktatoriale, totalitêre regimes.

Oor die jare het Google baie nikseggende dinge aangevang wat privaatheid-behepte mense die harnas ingejaag het. As mens egter al hierdie oenskynlik toevallige dinge in ag neem, vorm daar ‘n groter prentjie wat lelike implikasies inhou. Google se jongste eskapades om op private huis- en kantoornetwerke te spioeneer is maar nog ‘n rede om baie lig te loop vir hierdie Internet reus.

 

poker moneyлобановский александр игоревич харьков

‘n Aanslag teen demokrasie

As na die berigte op Verslaggewers Sonder Grense se webwerf gekyk word, kom joernaliste dwars oor die wêreld onder druk. Volgens dié organisasie is 21 vanjaar reeds in die uitvoering van hul werk doodgemaak, 160 het agter tralies beland, en is 112 mense wat nuus deur die internet versprei toegesluit.

Suid-Afrika is nie onder die lande wat ‘n beeld het van mediavryheid aan bande lê nie.

Die ironie is dat van die lande wat wel in berigte op die webwerf onder skoot kom, se optredes maar effentjies vergelyk met die voorgestelde wetgewing wat nou voor die parlement dien, die ANC se voorstelle oor ‘n mediatribunaal en veral die stellings in besprekingsdokumente wat voor die ANC se nasionale hoofraadsvergadering in September gaan dien.

Volgens die media neem die planne wat hier gesmee word die vorm van ‘n totale aanslag teen die gedrukte media in. Die ANC is ongelukkig oor die media die regering as swak en passief skets, wat individue se regte oorbeklemtoon, en wat fundamentalisties markgedrewe is.

Hoewel min hiervan heeltemal nuut is, dateer die laaste berigte op die webwerf van Verslaggewers Sonder Grense oor Suid-Afrika uit 2006. Toe het die land ook sy laagtepunt op die persvryheidsindeks behaal. Sedertdien het daar kort-kort ernstige dreigemente teen die vrye pers opgeduik, maar dit het nie meer tot Verslaggewers Sonder Grense se ore gekom nie, of dit is geïgnoreer en so het die land se posisie op die indeks verbeter.

Die media bevind hom inderdaad in ‘n moeilike posisie. Volgens berigte het die media wat gedurende die sokker-wêreldbekertoernooi in die euforie gebaai en so positief berig het soos wat die ANC graag wou sien, ‘n 20 % daling in verkope beleef. Dit net terloops.

Die werklike punt is dat die media nie sedertdien op ‘n heksejag teen korrupsie en onbevoegdheid losgetrek het om sy verkoopsyfers ‘n hupstoot te gee nie, maar omdat die media in ‘n demokrasie inherent ‘n waghondfunksie het, en daarom dikwels as die vierde been van ‘n demokrasie beskryf word. Is daar nie korrupsie nie, en is daar ‘n strewe na uitnemendheid met aanstellings om daarby te pas, sal die media nie negatief hieroor kan berig nie.

Groot gewag is gemaak van Suid-Afrika se verbeterde beeld in die buiteland na afloop van die toernooi.

Die toernooi was skaars verby, of die eerste plaasaanvalle en selfs plaasmoorde het voorgekom. Ook ander misdaadnuus kruip weer terug in die media. Meer nuusdekking oor tenderbelange van ministers is weer in die openbare domein, ironies meer in buitelandse koerante as in Suid-Afrikaanse koerante.

Dit gaan net een persoon kos om berigte oor die regering en die ANC se mediaplanne van Verslaggewers Sonder Grense – of in Engels as Reporters without Borders bekend, te stuur om te verseker Suid-Afrika gaan weer die kreeftegang op die persvryheidsindeks.

Dit het ‘n domino-effek op die Korrupsiepersepsie-indeks, en weer die beleggersvertroueindeks.

En so kan die sokker se persepsiekapitaal in ‘n ommesientjie verdwyn.

футболки поло детские купитьФільчаков прокурор

Markinor-peiling

Die geskiedenis leer dat peilings soms baie akkuraat kan wees, en soms redelik uit die kol kan wees. Om peilings in Suid-Afrika te doen is gewoonlik moeilik, veral omdat ‘n party soos die IVP se steunbasis gekonsentreerd en moeilik bereikbaar diep in die landelike gebiede is. Formules om hiervoor te kompenseer blyk dikwels ontoereikend te wees.

Tog dien peilings ‘n waardevolle doel. Dit gee veral aan politieke partye ‘n aanduiding van of hulle besig is om tot die harte van mense te spreek.

In die jongste Iposos-Markinor-peiling kan die volgende afgelei word:

Die ANC het steeds ongeveer 2-derdes steun, maar slegs ongeveer 2 persent blankes steun die party.

Die DA se steun staan op ongeveer 13 persent waar dit in April 2009 nog sowat 16 % stemme getrek het, en meer as die helfte van sy steun is wit.

Die Vryheidsfront + se steun staan nou op 0,3 na dit in die April 2009-verkiesing nog bykans een persent stemme getrek het.

Cope se steun het oor dieselfde tydperk met ongeveer die helfte na sowat 3 en ‘n half persent afgeneem.

Op die makro-skaal is daar dus ‘n baie stabiele steunbasis waar verkiesings effektief die karakter van ‘n etniese sensus aanneem.

Weens die post-1994-karakter van die verkiesings, is dit ongelukkig so dat ‘n baie groot deel van die ideologiese stryd hom afspeel in die geledere van partye wat skaars meer, en dikwels minder as een persent van die stemme trek. Hierdie partye – weens die klein persentasies, presteer ook dikwels tydens verkiesings veel beter en soms ook swakker as wat die peilings aandui. Hiervoor is talle redes, soos dat dié partye, soos die VF +, tot verhouding baie verkiesingskundigheid het, en dat die talle blapse wat die regering deurlopend maak, ‘n groot impak op die kleiner partye kan hê, al maak dit min indruk op die ANC se persentasie steun. As een druppel uit ‘n emmer vol water gehaal word, maak dit immers min verskil, maar gaan voeg daardie druppel by ‘n ander druppel, dan verdubbel die oorspronklike druppel.

Dat die ACDP bietjie steun bygekry het kan aan die demografiese aard van die peiling toegeskryf word, maar dit kan ook wees dat die party steun herwin het wat dit aan Cope se kits-opkoms afgestaan het. Die steun bly egter in die orde van een persent.

Die VF Plus se posisie kan dalk die kulminasie van baie faktore wees, soos dat baie van sy ondersteuners nou ter wille van werksgeleenthede in diaspore is, dat die leiding die steun nie raakgetref het nie en vele ander. Dit kan egter ook moontlik teruggevoer word na die besluit van die leier, dr. Pieter Mulder, om as adjunk-minister te dien. ‘n Interessante parallel is die ChristenUnie in Nederland wat na die voorlaaste verkiesing as kleinste party tot die regerende koalisie toegetree het. Die CU is die koalisie in as groeiende party, ‘n party met ‘n reputasie van besonder goeie en skoon administrasie, en ‘n dinamiese leier wat al deur joernaliste as die parlementariër van die jaar aangewys is.

Dit het opsigtelik waarde tot die regering van Nederland toegevoeg.

Dit het egter ook die ChristenUnie in so ‘n mate gebind dat dit nie meer soveel aksent kon plaas op dit wat vir die ondersteuners belangrik is nie. Die stryd teen aborsies is noodgedwonge op die agtergrond geplaas omdat die tweede grootste koalisievennoot, die Partij van de Arbeid, niks daarmee te make wou hê nie. Dieselfde lot het die destydse grootste party, die Christen-Demokratiese Appèl, getref.

Dit is ongetwyfeld so dat die kommersiële landboubedryf die insigte van dr. Mulder nodig gehad het in die see van onkunde en moedswilligheid binne die ANC. Dit het egter ook daartoe gelei dat hy self, as partyleier, nie so sigbaar was in die veroordeling van plaasmoorde nie. Sy party het wel erklarings uitgereik, maar dit maak in die teikengemeenskap minder indruk as dit nie van die partyleier kom nie.

Hiervoor is gekompenseer met ‘n meer aktiewe rol oor plekname, maar dit weeg blykbaar nie op nie.

зимние брюки для девочеклобановский александр интервью

‘n Kwessie van ras

Reeds etlike jare voor die 1994-bedeling aangebreek het is die laaste van die sogenaamde apartheidswette van die wetboek verwyder.

Die 1994-bedeling is ingelui as ‘n nie-rassige een.

Maar het dit gebeur?

Die oë is vandag op Bloemfontein gerig waar argumente ter strafversagting en strafverswaring teen die Reitz-vier gevoer sal word. Dit lei geen twyfel nie dat die opslae wat die gewraakte video gemaak het, grootliks te make het met die feit dat die akteurs aan die ontvangkant van ‘n nagemaakte ontgroeningsessie swart was. Was hulle, soos die vervaardigers, wit, het daar moontlik geen haan daarna gekraai nie.

Trouens, regsgeskiedenis is moontlik gemaak deurdat iemand skuldig bevind is aan crimen injuria op grond van moontlikheidsbewustheid. Gewoonlik maak die opset om ‘n misdryf te pleeg ‘n belangrike hoeksteen uit.

Ook in Bloemfontein vind daar vandag ‘n colloquium plaas met die tema: Back to the Future: Black Consciousness and Those Conscious of Their Whiteness.

Dit word deur die Anti-Racism Network in Higher Education (ARNHE) aangebied en onder die sprekers tel mense soos dr. Allan Boesak en me Christi van der Westhuizen.

Presies hoe nie-rassig is ‘n gemeenskap as daar ‘n herrie sou losbars as daar ‘n wit sakekamer sou bestaan, maar swart sakekamers, swart joernaliste-verenigings, swart regsverenigings en vele meer is fatsoenlik en aan die orde van die dag?

Kort-kort voer iemand aan dat ‘n swart persoon per definisie nie ‘n rassis kan wees nie, waarskynlik die mees rassistiese opmerking moontlik.

Die terme van omgekeerde rassisme en omgekeerde diskriminasie word ook gereeld gebruik, terwyl nie-rassigheid per definisie slegs rassisme en diskriminasie ken, ongeag van watter kleur skuldig sou wees.

Trouens, volgens sommige bronne is daar nou meer rasgebaseerde wetgewing op die wetboek as in die dae van apartheid. Word om ‘n staatsdienspos of onderwyspos aansoek gedoen, word die aansoeker se ras gevra, alhoewel die wet waarvolgens rasseklassifikasie gedoen is, reeds diep in die ou bedeling afgeskaf is.

Bykans geen meningspeiling word gedoen sonder dat die vraag oor ras opduik nie. ‘n Nielsen-peiling wat op die Media-24-webwerwe opduik vra ook die rasvraag, met geen opsie om “nie van toepassing” in te vul nie. Word die vraag oorgeslaan, kan die vraelys ook nie verder ingevul word nie.

Algemene verkiesings is grootliks danksy die aard van die grondwet, ‘n rassesensus.

Die formele wegdoen van ras sal uiteraard nie die rasbewustheid wat aanwesig is laat opdroog nie, maar kan dalk iets doen om rassisme en die drang tot rassediskriminasie op te hou voed. Solank die soustrein egter op rassebevoordeling kan teer, so lank sal dit stram gaan om ‘n werklike nie-rassige samelewing te bou.

En so lank Black consciousness ‘n baadjie van fatsoenlikheid – in teenstelling met byvoorbeeld wit bewustheid – aangetrek word, so lank sal slagspreuke soos Kill the Boer, Kill the farmer, en Skiet die Boere as aanvaarbaar of meer aanvaarbaar beskou word as die velkleur van die akteurs in ‘n koshuisvideo.

Die kort en die lank is as daar sulke vlakke van insig en verantwoordelikheid van studente opgeëis word, geld dit veel – veel meer van die samelewing se volwasse leiers.

Die leiers kan nie ‘n rasbehepte voorbeeld stel, en verwag dat die middelpuntvliedende kragte vir ‘n volkstaatgebaseerde grondwet nie momentum sal kry nie.

медицинскую справкуДанильченко Юрий Брониславович

Ingesteldheid op die negatiewe

Uitsprake teen korrupsie wat wissel van baie sterk, tot baie afgewater, kom al ‘n lang pad in die post-1994-bedeling.

Elke sterk uitspraak word reikhalsend deur ‘n voos gemeenskap omarm, om net daarna te ervaar dat ook daardie sterk uitsprake holle woorde geblyk het te wees.

Soos Tim du Plessis, redakteur van Beeld, onlangs geskryf het: Daar is ‘n skynbare opvatting dat leiers glo as hulle iets gesê het, is dit sommer gedoen ook.

Of die leiers werklik glo die uitsprake wat so vir verskillende gehore opgedis, en deur die media vergemeenskaplik gemaak word, uitgevoer moet word, is ‘n ope vraag.

Die voorbeelde tot die teendeel raak werklik legio, soos die slap arm-benadering oor die storm wat oor die kop van die minister van Kommunikasie, genl.Nyanda woed. Trouens, die slap-arm-benadering het skynbaar nou na sekere media oorgespoel wat dit skynbaar nie die moeite werd ag om die saak te dryf nie, of selfs daaroor te berig nie.

Die sak bagasie wat minister Lindiwe Sisulu, nou minister van Verdediging, besig is om op te bou, begin nou die omvang aanneem van die bagasiesakke met die minder vleiende naam wat troepe destyds mee opgesaal was. Vanoggend word berig dat sy haar eersdaags in die grondwethof kan vasloop in ‘n saak wat onafhanklik staan van haar skynbare houding dat die parlement geen oorsigplig oor haar ministerskap het nie.

Ook hier neem die president ‘n slap-armpie-houding in.

Onlangs is berig dat die koerante wat gedurende die wêreldbeker-sokkertoernooi so saam in die euforie verval het, vir daardie tydperk ‘n 20 persent daling in verkope beleef het. Hiervoor kan baie redes bestaan, maar op die oppervlak lyk dit of die gemeenskap reeds erg vuisvoos is, en dat positiewe nuus dikwels net as ongeloofwaardig beskou of ervaar word.

Baie kenners het oor ‘n post-euforiese depressie of selfs trauma gewaarsku, maar dat ‘n groot deel van die bevolking dit skynbaar reeds gedurende die euforie-tydperk beleef het, is waarskynlik nie wyd verwag nie.

Grondwet-optimiste, wat die grondwet opdis asof dit die evangelie is en daarvan soortgelyke heil verwag, raas gereeld oor die swartgallige braaivleis-praatjies, en het hulle skynbaar misgis met die erns waarmee die kollektiewe geheue wat so oor al die regering se negatiewe doen en late ontstaan en so die vertroue in die grondwet aftakel. Nie alle grondwetkenners is dit ook eens dat die grondwet so volmaak is as wat voorgehou word nie.

Die les is dat daar geen goeie tyd is om slap te wees oor korrupsie, swak dienslewering, die hersirkulering van onbevoegde kaders en vele meer goggas nie.

набор посудаДанильченко Юрий прокурор

Nasie vs volk

Op die wêreld se streekvlakke vind daar plek-plek blokvorming plaas wat kenmerke van konfederalisme het, soos die Europese Unie met die Europese parlement, die Afrika-Unie en vele meer.

Dit word gereeld voorgehou as bewys dat die begrip, volk, of selfs groep, uitgedien is. Ander verwys hierna as onderdele van ‘n gevaar van globalisering.

Ander fokus op die anderkant van die munt. Die Sowjetunie wat uitmekaar gespat het, Joegoe-Slawië wat nie meer bestaan nie, en Tsjeggo-Slawakeie wat in Tsjeggië en Slowakye uiteengeval het.

En nou is daar oplaas die Internasionale Geregshof se uitspraak oor Kosovo. In wese het dié wêreldhof bevind Kosovo se eensydige onafhanklikheidserklaring van Serwië oortree nêrens die internasionale reg nie, en daarom is dit wettig.

Ander wys weer daarop dat hoe meer blokvorming plaasvind, hoe sterker ontwikkel volke se strewe na selfbeskikking. Die herstel van die Skotse en Walliese parlemente het min of meer met die totstandkoming van die Europese Parlement saamgeval. België is in ‘n etniese federasie omskep, en steeds is daar groeiende strewes tot verdere onafhanklikheid.

Trouens, dit lyk of die oorhoofse inknoping, en die opkoms van volksidentiteit in regstreekse verband met mekaar staan.

Die twee kragte staan nie noodwendig teenoor mekaar nie. Trouens, die mate waarin volksidentiteit ondervang word, verseker dikwels die staatkundige integriteit van die nasionale eenheid. Switserland is ‘n ou voorbeeld, maar ook ander state, soos Indië se deelstate se grense is ooreenkomstige die volke se grense getrek. Nigerië het sy federale deelstate se grense oorgetrek om dit in pas met die inheemse volke se grense te bring.

Hierteenoor het Sri Lanka, wat ‘n simplistiese eenheidstaat-demokrasie verdedig, met ‘n volkskaalse burgeroorlog te make gehad, en is die Tamils militêr verslaan. Met die vlakke van organisasie van Tamils in diaspora behoef dit geen profeet om te weet dat vyandighede weer gaan kop uitsteek nie.

Die mediadekking wat die Kosovo-uitspraak in Suid-Afrika ontvang het, is presies simptomaties van wat waarnemers gemeen het sal gebeur in lande waar nasies met die middelpuntvliedende kragte van volksaspirasies te make kry. Die Baske, die Koerde en die Tibettane is genoem, maar nie Suid-Afrika nie. Die prisma waarteen Suid-Afrika volkeregtelik geweeg en beoordeel word, word nog te sterk beïnvloed der die apartheidsentimente wat ontlok is.

Trouens, word waarnemers wat gewoonlik die vloer in Suid-Afrika media kry se meningstukke gelees, het Suid-Afrika ‘n wonderlike grondwet wat alles kan bedek, maar wat net verkeerd toegepas word.

Die teenpool van die argument is uiteraard of ‘n grondwet wat so verkeerd toegepas kan word, inderdaad so wonderlik is. Prof. Koos Malan van Tuks en ander wys immers op die gebreke wat hierdie wantoepassing so moeilik maak. Die toestand van die grondwetlike meganismes word ook gereeld as bewys geopper, en die howe moet gereeld opgesoek word.

Trouens, die gebrekkige minderheidsbeskerming wat die grondwet bied, is stellig een van die vernaamste voedingsbronne en snellerfaktore wat die middelpuntvliedende kragte in werking stel en hou. Die Kosovo-uitspraak het boonop nou herbevestig – die selfbeskikkingsreg van volke is nie outyds of verkeerd nie, maar modern en onder sekere omstandighede geregverdig.

no deposit betФільчаков Олександр Васильович

IG verklaar Kosovo wettig

Dit is ‘n welbekende feit dat die volkereg (internasionale reg) die selfbeskikkingsreg van volke erken. Hoekom is die uitspraak op 22 Julie 2010 van die Internasionale Geregshof in den Haag oor Kosovo se reg op onafhanklikheid dan van soveel belang? Veral as dit ‘n nie-bindende uitspraak was?

Die belang lê ten eerste veral daarin dat dit ‘n wetlike status aan ‘n eensydige verklaring van onafhanklikheid verleen.

Die uitspraak sal wel eers nog met ‘n fyn kam deurgegaan moet word om te bepaal watter nuwe volkereg geskep is – met ander woorde – aan watter kriteria moet voldoen word om eensydige onafhanklikheidsverklaring wettig te maak.

Ten tyde van die uitspraak het 69 lande Kosovo se onafhanklikheid erken, waar die gewone norm ‘n 100 state is. Die VSA, een van die state wat vroeër reeds die onafhanklikheid erken het, het na die uitspraak die hoop uitgespreek dat nog state sy voorbeeld gaan volg.

Kosovo het deel uitgemaak van die ou Joegoe-Slawië, en na dié Balkanstaat uitmekaar gespat het, deel van Serwië. Die meerderheid inwoners is Albanese, met minderhede Serwiërs en ander groepe. Serwië se onwilligheid om Kosovo onafhanklikheid te laat kry spruit daaruit dat die hartland van Serwië eens in die huidige Kosovo gesetel was. Boonop vrees die Serwiërs – meestal Ortodokse Christene – dat die Kosovare – meestal Moslems – weerwraak kan neem weens die etniese suiweringspoging onder die leiding van oud-pres. Slobodan Milosovic van Joegoe-Slawië. Navo moes ingryp om die volksmoord te stuit.

Rusland, wie se Slawiese bevolking baie nou aan die Serwiërs verwant is, steun Serwië se weerstand teen Kosovo se onafhanklikheid.

Die twis is in 2008 deur die VN se Algemene Vergadering na die Internasionale Geregshof verwys.

Die Internasionale Hof het bevind dat daar in die Internasionale Reg niks is wat Kosovo se onafhanklikheidreg beletsel nie.

Waarnemers het dadelik daarop gewys dat daar ‘n groot verskil is tussen die reg om onafhanklik te wees, maar ook om die wêreld se politieke harte hiermee te wen. Hoewel dit versigtig nie uitgespel word nie, is dit duidelik dat die geskiedenis met Suid-Afrika se voormalige tuislande nou as ‘n klip in die maag bly lê. Voorts, sal staatsmanskap nou aan die dag gelê moet word, soos hoe om nou met die minderhede in Kosovo om te gaan. In wese hoe meer ‘n minderheid onderdruk word, hoe groter word die mate van outonomie waarop die volk of groep geregtig is.

Maar die politieke speelbal gaan nou interessant wees. Waarnemers was gou om uit te wys dat groepe wat na selfbeskikking of onafhanklikheid streef, bepaald kennis gaan neem van hierdie uitspraak. Volke wat genoem word is die Koerde, die Baske en die Tibettane, maar die berigte maak dit duidelik dat daar nog ‘n horde ander in Asië en Afrika is. Spanje, wat met die Baskiese en Kataloniese kwessies te make het, is byvoorbeeld een van die min Europese lande wat Kosovo se onafhanklikheid teenstaan. China, wat nog met Tibet en Taiwan soos klippe in die maag leef, is ook gekant teen die onafhanklikheid, en Indië, ‘n etniese federasie, is self taai in die bek.

Dat die Suid-Afrikaanse media skaars hieroor, en nie baie entoesiasties hieroor berig het nie, val moontlik in dieselfde dampkring van denke – die uitspraak kan ook hier as inspirasie vir bestaande en sluimerende selfsbeskikkingsreg dien.

Die interessantheid is dat Rusland en ander lande se teenkanting kan veroorsaak dat die VN nie ‘n mosie in ooreenstemming met die hof aanneem nie, al is die kwessie deur die algemene vergadering na die Internasionale Geregshof verwys. Rusland het reeds aangedui dat hy so ‘n mosie in die veiligheidsraad sal veto, en dit lyk of ander state met minderhede sal volg.

clue classic online gameАлександр Фильчаков Васильевич

‘n Ope uitnodiging tot gesprek aan FW de Klerk

Dit was nog altyd vir my onverstaanbaar hoekom u aan ons Afrikanervolk gedoen het wat u gedoen het en wil hiermee u uitnooi om in gesprek te tree en aan ons te verduidelik sodat ons as volk ook kan verstaan.

Ons onbegrip lê by onvermoë om te verstaan wat het ons verkeerd gedoen of nie gedoen nie wat u genoop het om ons uit te lewer aan die swartmense in Afrika?

Hoe voel u in retrospek daaroor?

Hoe voel u oor ons land se wanordelike verval?

Hoe voel u oor ons mense wat so uitgemoor word?

Hoe voel u oor ons kinders wat in substandaardskole opgevoed word?

Hoe voel u oor ons voorvaders se arbeid en geskiedenis wat vernietig word en is?

Hoe voel u oor oor n kwart van ons Afrikaners wat nou gereduseer is tot ‘n plakkerskampbestaan?

U is op die allerminste, dit aan ons verskuldig as u ‘n eerbare man is soos ons gedink het u is – per slot van rekening betaal ons Afrikanervolk nog u  maandelikse pensioen aan u elke maand.

yeella.comФильчаков прокурор

ANC wil rugby-inkomste beheer

Ek wonder aan wie behoort die nuwe stadion in Kaapstad waar daar nou rugby gespeel gaan word. Is dit nie ‘n manier van die ANC om ten volle beheer oor die inkomste te verkry nie en sodoende ook rugby stelselmatig in te skakel en te beheer deur ‘n toekomstige kommunistiese regime nie? Les bes, moet die ANC se stadionne betaal word. Dit is tog immers wat nou met die Blou bulle en Leeus gebeur!

Ek sal graag wil hoor wat sê Herman daarvan.

купить липецк техно вектор 7 3d 2-х камерныетопкарго отзыв

Weer plaasmoorde

Terwyl die klinkende munt uit die aanbied van die wêreldsokkerbekertoernooi nog getel word, lyk dit of die plaaasaanvalle en plaasmoorde na ‘n vervatslag hervat is.

Binne die kwessie van ongeveer ‘n dag is ‘n plaasvrou van Mooirivier, haar huishulp en ‘n plaaswerker vermoor. By Bethlehem is ‘n bejaarde boer die tweede keer vanjaar in sy opstal oorval en dié keer vir dood agtergelaat.

Dit is ongelukkig nie al wat die voorvalle met die era voor die toernooi gemeen het nie. Uit beskikbare mediabronne lyk dit of die minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, weer in al elf amptelike tale swyg.

Sy het wel kort voor die toernooi een maal in ‘n generiese sin plaasaanvalle veroordeel. En toe was dit ook ‘n ruk lank stil.

Trouens, die gerapporteerde misdaadafname gedurende die toernooi het in verskeie kringe die vraag laat ontstaan of misdadigers nie ook die boodskap gekry het dat misdaad, minstens vir die duur van die toernooi, nie aanvaarbaar is nie en dat verskerp daarteen opgetree gaan word. Die vinnige optrede, die swaar vonnisse wat die Fifa-howe opgelê het, en die regering se standpunt-inname het inderdaad die indruk geskep dat daar erns is om misdaad vas te vat.

Skaars is die toernooi verby, of ‘n ander beeld word uitgestraal: Wetgewing dien nou voor die parlement wat volgens aansprake dit vir die media baie moeilik gaan maak om korrupsie uit te snuffel, en pres Zuma self weier om ‘n vinger te lig oor ‘n minister wat weens beweerde tenderpreneurskap in die spervuur is.

Dit, ironies, terwyl hy nog ‘n koördinerende meganisme aankondig om korrupsie aan te spreek. Of dié meganisme meer gaan oplewer as sy vorige stap om ‘n minister in sy Kabinet hiervoor verantwoordelik te maak, maar dit toe gou geblyk het dié minister het sy amptelike kredietkaart misbruik – sal net die tyd leer.

Onlangs het die redakteur van Beeld, Tim du Plessis, in ‘n rubriek geskryf die regering op alle vlakke skep die indruk dat hulle meen iets is gedoen as hulle sê dit gaan gedoen word. In ‘n tikkie ironie berig ‘n Bloemfonteinse gemeenskapskoerant gister hoe ‘n opposisieraadslid die munisipale bestuurder as laaste uitweg self gaan spreek het oor ‘n gevaarlike diep mangat waarvan die deksel gesteel is. Die munisipale bestuurder het in sy teenwoordigheid ‘n munisipale amptenaar – wie se naam ook gepubliseer is – opdrag gegee om onverwyld vir die mangat ‘n nuwe deksel op te sit.

Weke later is dit nog nie gedoen nie.

Dit, in dieselfde munisipaliteit wat al skadevergoeding moes betaal nadat ‘n vrou in ‘n mangat sonder deksel beland het.

Solank die politici nie deurlopend en skerp oor misdaad uitsprake lewer nie, en nie self ‘n onkreukbare voorbeeld stel nie, so lank gaan die polisie teen ‘n orkaan probeer vee. Die wêreldbekertoernooi, volgens die regering se eie aansprake, het dit immers bewys.

dsp ac 224прокурор харьковской области