Die rede waarom ek PRAAG lees het verdwyn. Disqus! Die “comments” op die nuus was waarom ek jul webblad besoek het.
Laat my asseblief weet of die funksie gaan terugkom – of nie.
Groetnis
Rifrug
Rig briewe aan: briewe@praag.co.za.
Die rede waarom ek PRAAG lees het verdwyn. Disqus! Die “comments” op die nuus was waarom ek jul webblad besoek het.
Laat my asseblief weet of die funksie gaan terugkom – of nie.
Groetnis
Rifrug
Is Saoedi-geld besig om Kaïro se Morsi-regering te ondermyn vra Philip Giraldi in die American Conservative?
Die politieke onrus in Egipte bied eenvoudige verduidelikings wat ten volle verstaanbaar vir lesers in Londen, Parys of New York is, want berigte maak gebruik van politieke terme en uitdrukkings waaraan daardie gehore gewoond is.
Die Egiptiese president Mohammed Morsi word uitgebeeld as ‘n Islamitiese fundamentalis met ‘n Islamitiese agenda wat ook ‘n onbekwame leier is wat nie in staat is om enige van Egipte se vele probleme – veral sy krimpende ekonomie – op te los nie.
‘n Opstand van die middelklas wat ware hervorming na president Hosni Mubarak wil sien, sowel as van die proletariaat en werkersklas, wat met reeds marginale lewensstandaarde aan die ontvangkant van brutale polisie geweld is, is die onophoudelike nuus uit Egipte. Die goed gedokumenteerde gevalle van marteling deur die owerhede, raak ‘n groeiende kopseer vir Morsi.
Maar die konvensionele wyshede is nie heeltemal akkuraat nie. Washington het bewyse dat so veel as ‘n miljard dollar in die geheim in Egipte ingevloei het sedert die Junie-presidensiële verkiesing.
Die geld het die onluste laat plaasvind, met inbegrip van junior offisiere in moefti, wat die regime wil dwing om te reageer met oormatige kragdadigheid om sodoende legitimiteit te verloor. Dit is presies wat aan die gebeur is.
‘n Sukkelende Morsi sal waarskynlik noodgedwonge ‘n nuwe stelsel van nasionale eenheid moet aanvaar wat die weermag insluit. Die primêre doel van die nuwe opset sal wees om die orde sogenaamd te herstel, wat die weermag se status verder sal verbeter. Die Egiptiese weermag se bevelvoerder, genl. Abdel Fattah al-Sisi, het klaar voorgestel dat hulle ingryp indien die burgerlike regering nie in staat is om die oproer te beheer nie.
Die geld vir die aanhoudende konfrontasie kom van Saoedi-Arabië en die Golf State, waarvan nie een Morsi ondersteun nie. Hulle vrees dat die slordige demokrasie, soos dit is, in Egipte en elders te midde van die Arabiese Lente kan oorspoel na hul eie ondemokratiese lande, en verlang na ‘n terugkeer van Mubarak se ysterhand, wat polities betroubaar was en politieke ekstremisme vasgevat het. Hulle wil graag ‘n regering van nasionale eenheid sien wat deur die weermag gewaarborg word.
Sodoende hoef die weermag nie aan die demokratiese ‘eenheidsproses’ deel te neem waarby ander moet inval nie.
Die Amerikaanse regering is glo bewus van hoe die geld in Egipte gebruik word. Daar is ‘n sentiment in die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad en in die Withuis ten gunste van ‘n terugkeer na iets soos die Mubarak-bewind in Egipte, as dit “demokraties” gereël kan word sonder te veel oproer.
Daarom klink ‘n regering van nasionale eenheid na die aangewese oplossing vir die “konflik”.
Die grootste taalgroep in Kenia is die Kikuyu, en hulle leier Uhuru Kenyatta is nou die President van die land.
In alle Europese lande behoort die politieke mag ook aan verteenwoordigers van die dominante taalgroep. Europese lande se grense maak van hulle taalstate of etniese “stamstate”.
Net so in Suid-Afrika is die tradisioneel Zoeloesprekende Jacob Zuma nou die Staatspresident.
Maar sonder Max du Preez se politieke aksies teen apartheid – ook ‘n sisteem van taal- en stamstate – sou ‘n tradisionele Zoeloe nie vandag Suid-Afrika soos ‘n taal- of stamstaat regeer het nie.
Die ANC wat met die NP-onderhandel het, en die ANC wat in 1994 die bewind van Suid-Afrika oorgeneem het, was destyds nie gelei deur Zoeloe-sprekendes nie.
Alhoewel die ANC aanvanklik tydens sy stigting en daarna gelei is deur Zoeloesprekendes as die meerderheidstaalgroep van Suid-Afrika, het hierdie Zoeloe-groep verdeeld geraak toe die jong Prins Mangasuthu Buthelezi uit die ANC-jeugliga is, en Inkhata gestig het met ondersteuning van Westerlinge. Met die Zoeloesprekendes verdeeld, het ander taalgroepe en belangegroepe binne en buite Suid-Afrika die ANC gelei.
Totdat Jacob Zuma die meerderheid Zoeloesprekendes weer verenig het binne die ANC, deur meeste Inkhata ondersteuners van ‘n ouer Butelezi terug na die ANC se kant toe oor te kry.
Hoe het Jacob Zuma dit reggekry, behalwe deur vele tradisionele Zoeloedanse, tradisionele Zoeloetroues, tradisionele Zoeloegesegdes en tradisionele Zoeloegesange?
Jacob Zuma se meteoriese opgang in die ANC, is direk te danke aan Max du Preez.
Voor die Vrye Weekblad was die nederige beeswagter Jacob Zuma na die landelike en agterlike Zambie gepos, terwyl die ANC se intellektuele topleiers soos Tambo en Thabo in die metropolitaanse Londen vertoef het en van hoogs beskaafde Engelse letterkunde geleer het.
Teen 1989 was Max du Preez en Jaques Pauw se Vrye Weekblad bankrot, en ‘n aardskuddende joernalistieke “scoop” was noodsaaklik om hulle honger mae te voed. Geen staat op aarde wou die Vrye Weekblad help met hulle fantastiese Vlakplaas-moordplaas-apartheidsgruwelstorie, deur vir Dirk Coetzee beskerming te bied nie, en hom uit Suid-Afrika onder die oe van die dodelike intelligensiedienste uit te smokkel nie.
Maar die nederige Jacob Zuma het persoonlik die risiko geloop en geleentheid gebruik om Max en Jacques te help met hulle onoplosbare dilemma – hoe om Dirk Coetzee se lewe te waarborg.
Vanuit Zambie het Jacob Zuma in die geheim – sonder medewete of goedkeuring van die Zambiese regering – soos ‘n intelligente masjien gewerk om al die nodige polities-sensitiewe en lewensgevaarlike sake rondom Dirk Coetzee te reel. Die uiteinde?
Jacob Zuma lewer vir Dirk Coetzee in lewende lywe in Londen af. Die Vrye Weekblad se internasionale “scoop” in 1989 beteken die begin van die einde van die Afrikanerstaat se militere mag. ‘n Paar maande later hou FW sy 1990 toespraak in die morele realiteit van: hier staan ek, ek kan nie meer anders nie.
Die ANC het begin onderhandel, want die NP se morele staatsmag is wereldwyd aangetas, en die NP het nie meer ‘n skoon staat om op te staan nie.
Mnr Mandela fokus die ANC se magstrategie op die Zuma-, Du Preez- en Coetzeespan se ontblote immoraliteit van die NP se staatsmag, en FW moet daardie magte ontbind. Daarmee is die moontlikheid van ‘n militere staatsgreep verminder, en so ook die NP se magsposisie tydens onderhandelinge. Die res is geskiedenis, soos opgeteken deur Professor Hermann Giliomee.
So was Jacob Zuma saam met Max du Preez verantwoordelik vir die mees ondermynende nuusstorie teen die apartheidstaat.
Die groot sukses van die pers-operasie en die gevolge daarvan, het aan Jacob Zuma hogere aansien en gesag binne die ANC verleen, soveel so, dat hy in 1990 by onderhandelinge met die Afrikaner-regering betrek is, vir Mandela se verkiesingsveldtogte in Kwazulu-Natal gebruik is, en later Adjunk-President van Suid-Afrika geword het. Vanuit hierdie posisie – die hoogste van ‘n Zoeloe in die hele land – het Thabo Mbeki met groot sielewroeging vir Zuma ontmagtig, met die wete dat dit ‘n politieke risiko inhou in ‘n land waar Zoeloesprekendes oor die algemeen, en inwoners van Kwazulu-Natal in die besonder, die meerderheidsgroep in Suid-Afrika vorm.
Idees het gevolge. Die Vrye Weekblad se internasionale “scoop” -idee het daartoe gelei dat Suid-Afrika binne 15 jaar vanaf Londen-ANC-oorname, ‘n tradisionele Zoeloe-Staatspresident gekry het. Zuma was nie binne die opvolgplanne van menere Mandela of Mbeki nie.
In die Zambiese kamp, vanwaar Jacob Zuma deur middel van Vrye Weekblad ‘n deurslaggewende politieke slag teen Pretoria geslaan het, was daar geen staatsjurisdiksie nie, ook nie eens die van Zambie nie. Die ANC as “soewereine” party het self strawwe vir kriminele oortredings soos verkragting in die kamp uitgedeel. So is op ‘n keer 6 maande van manlike MK-lede aldaar se salaris afgetrek, nadat ‘n minderjarige meisie gekla het oor verkragting.
Volgens haar eie memoirs – soos bespreek in ‘n Suid-Afrikaanse hof in die saak tussen die Staat en Jacob Zuma, na ‘n aanklag van verkragting – was die klaagster, Khwezi, verskeie kere as minderjarige verkrag. Khwezi was nie ‘n ANC-kampprostituut nie, maar het wel in banneling-kampe met vele enkellopende jong mans vertoef, ook die Zambiese kamp, waar sy Jacob Zuma die eerste keer ontmoet het.
In hierdie kampe, ook binne in die staat van Zambie waar Jacob Zuma saam met Vrye Weekblad gewerk het, was daar geen grondwetlike regstelsel nie. Kriminele gruwelgebeurtenisse aldaar, het dus nooit dieselfde politieke skade aan die ANC-party veroorsaak, as die wat destyds binne apartheid-Suid-Afrika as regstaat plaasgevind het nie.
Daarom het die ANC as non-staat-entiteit op die duur die assimetriese MK-oorlogvoering-, en gepaardgaande perspropagandastryd teen die Afrikanerstaat gewen: kriminele seksdade in ANC-kampe het nooit die wereldnuus oorheers nie. Vanuit so ‘n kampie in Zambie waar jong dames soos Khwezi MIV opgedoen het – waarskynlik weens verkagtings, of omgang met baie mans – het ‘n intelligente Jacob Zuma egter met behulp van ‘n arm Max du Preez en die bankkrot Vrye Weekblad, die morele hoe grond van ‘n staatsmoondheid vernietig.
In 2005 het persberigte van dieselfde Khwezi se verkragtingsklag teen Jacob Zuma ook gedreig om laasgenoemde se morele hoe grond en politieke loopbaan te vernietig. De saak bevestig die verskil in media-reaksie tussen beweerde kriminaliteit in ‘n staat en in ‘n non-staat. Terwyl Jacob Zuma deel van ‘n staat was, was die perspublisiteit rondom Khwezi se beweerde verkragting internasionaal. Terwyl dieselfde Jacob Zuma deel was van ‘n non-staat kamp in Zambie, was daar geen perspublisiteit rondom ‘n toe nog minderjarige Kwhezi se beweerde verkragting aldaar nie.
‘n Verdere voorbeeld van verskil tussen staat en non-staat is die mediadekking rondom die oorlede Mosambieker wat deur die Suid-Afrikaanse staatspolisie oor die pad gesleep is, versus die publisiteit van bloedige plaasmoorde op die platteland, waar die moordenaars nie staatsamptenare is nie.
Die platteland self is ook nie staatsgebied nie, maar randgebied waar die staat se kostes per kapita om barbarisme te bestry baie hoeer is as in die stede van dieselfde staat, met die gevolg dat die staatspolisiering op die platteland swakker is, of in die praktyk nie bestaan nie. Die platteland is dan ‘n non-staatgebied, net soos in Zambie se afgelee ANC-kamp waar Jacob Zuma die eerste keer vir Khwezi ontmoet het.
Nadat die hof Zuma onskuldig bevind het op die beweerde verkragting van Khwezi in die staat van Suid-Afrika, het Zuma se politieke mag in veral Kwazulu-Natal toegeneem.
Vir baie Zoeloe-sprekendes was dit bekend dat President Mbeki, ‘n Xhosa, se Minister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, met Khwezi gekommunikeer het, voordat sy die aanklag van aanranding teen Jacob Zuma by die polisie ingedien het. Ook was dit bekend dat dieselfde Mbeki, nooit klagtes van verkragting van ‘n toentertyd minderjarige Khwezi laat ondersoek het, terwyl sy saam met Zuma in die ANC se manskamp in Zambie gewoon het nie
Eers nadat Zuma se meteoriese opgang in die ANC se NOK in 1989 begin het, danksy Max du Preez, Dirk Coetzee en die Vrye Weekblad, het Khwezi se herhaaldelike verkragtingsklagtes binne die ANC, vir Mbeki se Minister van Intelligensie genoop om die regterlike staatsgesag sy gang te laat gaan, sodat dit vir Zuma tot ‘n staatshof kon daag.
Zuma se verdediging het egter vir Khwezi onder kruisverhoor geneem, en dekades se inligting het aan die lig gekom, van ‘n jong Khwezi se kennismaking met Zuma in die Zambiese manskamp pre-1989, en die res van haar tragiese sekslewe binne die ANC.
Khwezi se vader was ‘n politieke aktivis wat saam met Jacob Zuma op Robbeneiland was. Dit was waarskynlik haar vader se politieke aktivisme wat Khwezi van kleins af blootgestel het, en laat belangstel het, in die politiek van jongs mans in verafgelee kampe sonder staatsjurisdiksies en polisiebeskerming. Sy het van jongs af die kampe besoek, en MIV-positief geraak.
Max du Preez het ‘n paar jaar gelede die nuushooftrekke gehaal toe hy vir President Mbeki ‘n veelwyweraar genoem het. Max het gereken almal het in elk geval geweet dat Mbeki ‘n getroude rokjagter was.
Maar die grootste nuus was Max in sy lewe gemaak het, was saam met Jacob Zuma – toe nog ‘n nederige intelligensie-beampte in Zambie. Daardie nuus in die Vrye Weekblad, het die apartheidstaat dodelik gewond, en vir Zuma tot in die ANC se NOK verhef. Met die suksesvolle werwingswerk wat Zuma as tradisionele Zoeloe vir die ANC in ‘n verdeelde Kwazulu-Natal gedoen het, is hy tot in die tweede hoogste posisie van die ANC en die staat geplaas.
Na die Khwezi-verkragtingssaak, het die Polokwane-rewolusie gevolg, is Mbeki as staatspresident herroep, en het President Jacob Zuma die land se leisels oorgeneem. Nou is Suid-Afrika normaal, soos Kenia, met die taal van die hoogste gesag van die land, verteenwoordigend van die taalmeerderheidsgroep. China het die uitkoms van demografiese demokrasie van state in Afrika al vroeer so ingesien en daarvolgens Afrika-beleid bepaal, maar die demokratiese Weste, wat ook op daardie beginsel gebasseer is, het nie.
Kom ons veronderstel dat daar ʼn land met die naam Dystopia is wat bestaan uit ʼn heersersklas en miljoene onderdane waaroor die heersers met ʼn ysterhand regeer. Die heersersklas het ʼn sekere ideologie wat hulle gebruik om hul heerskappy oor hul onderdane mee te regverdig. Een van die kenmerke van die ideologie is dat dit ʼn sekere ideaal aan hul onderdane voorhou waarna almal van hulle behoort te strewe. Daar word van hulle verwag om sekere van hul basiese vryhede en plesiere op te offer, sodat die verwesenliking van die ideaal makliker en vinniger kan plaasvind. Die lede van die heersersklas het méér geriewe, geleenthede en vryhede as hul onderdane, maar selfs húlle het sekere gedragskodes wat hulle behoort na te volg. Hulle moet byvoorbeeld die opdragte van hul leiers sonder teëspraak uitvoer en ten minste in die openbaar, optree volgens die streng vereistes van die heersende ideologie. Die miljoene onderdane word vreesbevange gehou, beide deur hul eie medeburgers wat op hulle spioeneer én deur ʼn sterk polisiemag. Indien enige van hulle dit sou waag om die geldigheid van die ideologie te betwyfel of om te weier om getrou die wette van die staat te gehoorsaam, word hulle daaraan herinner dat hulle moet ophou om so selfsugtig te wees en dat hulle die welsyn en “vooruitgang” van die breë samelewing altyd in gedagte behoort te hou. Goeie voorbeelde vanuit die onlangse geskiedenis was natuurlik Nazi Duitsland van die vroeë twintigste eeu, die ou Sowjetunie en die huidige Rooi-Sjina.
Daar is verskeie metodes wat die heersersklas kan gebruik ten einde te verseker dat hul onderdane sal voortgaan om die staat se ideologie klakkeloos te aanvaar. Terwyl hulle aan die een kant ʼn sterk polisiemag of ʼn skrikbewind met gepaardgaande gewelddadige optredes kan gebruik, kan hulle aan die ander kant d.m.v. hul gedurige propaganda in koerante, op die TV en radiostasies, sorg dat hul onderdane die ideologie meer geredelik sal navolg. Hulle kan selfs films en ander sogenaamde vermaak gebruik om sekere woorde en dade van die akteurs as navolgenswaardig voor te hou. Naderhand sal hul onderdane die “gewillige slawe” wees van hul heersers en sal hulle selfs nie eens besef dat hulle weinig vryhede meer het nie. Hulle sal die heersende ideologie aanvaar as die enigste “redelike” rigtinggewende maatstaf vir hul eie gedrag. Vervolgens sal hulle dit nie eens oorweeg om anders oor die doel en betekenis van hul lewens na te dink nie. Dit sal daarna vir die heersers ook nie meer nodig wees om hul onderdane gewelddadig te onderdruk nie.
Min mense besef deesdae dat hedendaagse “Westerse” demokrasieë soos bv. die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koninkryk en selfs die Nuwe Suid-Afrika, in sekere opsigte baie soortgelyk is aan die bogenoemde onderdrukkende eenparty-diktature. Kiesers in demokrasieë aanvaar dikwels klakkeloos sekere lewenswaardes wat aan hulle voorgehou word. Die keuses wat aan hulle voorgehou word betreffende lewensbelangrike politieke kwessies, is soms baie beperk. Die twee grootste politieke partye in die bogenoemde drie lande stem dikwels saam oor belangrike kwessies, terwyl hul leiers in die openbaar met mekaar debatteer oor onbenullighede. In die VSA is leiers van beide die Demokratiese en Republikeinse Partye, uitgesproke ondersteuners van die regering van Israel, terwyl hulle ʼn “laissez faire” houding het jeens die instroming van onwettige immigrante vanuit veral Meksiko. Die leiers van die twee grootste partye in die VK – die Arbeidersparty en die Konserwatiewe Party, het die VSA se oorlogsverklarings teen Irak en Afghanistan, “soos-een-man” ondersteun. In Suid-Afrika ondersteun baie leiers van die ANC en die DA die regering se verklaarde beleid t.o.v. “Regstellende” Aksie, Swart Bemagtiging en selfs toenemende grondgrype (grondhervorming). Die hoofstroom media in hierdie drie lande is in die besit van ʼn klein groepie super ryk eienaars wat gevolglik ʼn geweldige invloed uitoefen op die uitslae van “demokratiese” verkiesings.
Ten einde gesag te verleen aan hul boodskap het baie Afrikaanse predikante met die woorde “So spreek die Here” voorgegee dat hulle namens God praat. Die Rooms-Katolieke Kerk het gedurende die Donker Eeue hul onderdane vreesbevange, ongeletterd en “dom” gehou deur bv. die Bybel slegs in Latyn aan hulle beskikbaar te stel en slegs biskoppe en priesters toe te laat om die Bybel op ʼn sekere manier aan kerklidmate te verduidelik en te interpreteer. Baie “afvalliges” is op gewelddadige wyses gedwing om die heersende godsdienstige “ideologie” van die kerk te aanvaar. Deesdae gebruik die (ware) heersers van Westerse demokrasieë die begrip “politieke korrektheid” om mense se lewenswaardes en denke in ʼn sekere rigting te kanaliseer. Die geïndoktrineerde onderdane word oningelig gehou aangaande die invloed van die ware maghebbers “agter” die openbare politici, deur hul aandag gedurig te fokus op vermaaklikheidskunstenaars se doen en late en op die nuutste sportgebeure. Sommige kerkleiers moedig hul lidmate dikwels aan om regeringsleiers as “bondgenote” te beskou met wie hulle behoort saam te werk om die maatskaplike probleme in die land op te los. ʼn Persoon wat dus onnadenkend van kleins af die heersende ideologie van die staat en die dogmas van die kerke navolg, word deur baie regerings- en kerkleiers as ʼn “goeie” en navolgenswaardige mens voorgehou.
In die verlede het rewolusionêre groepe hul boodskap aan die massas oorgedra d.m.v. massavergaderings, pamflette en koerante. Hulle het die huidige regerings geblameer vir die swaarkry van die meeste inwoners van die land en het ywerig hierdie propagandaboodskap aan andere oorgedra. In die Weimar Republiek het die Nazi’s hoofsaaklik die Jode beskuldig vir die Duitsers se swaarkry, terwyl die Bolsjewiste die Tsaar en sy ondersteuners geblameer het vir die Russe se swaarkry. Dis moontlik dat daar magte “agter die skerms” was wat hierdie rewolusionêre groepe gefinansier het en selfs gesorg het dat hulle genoeg wapens en ammunisie kon aanskaf. Daar was in beide lande dus ʼn klein groepie aktiviste wat doeltreffende metodes gebruik het om miljoene ander mense te beïnvloed en gevolglik die vorige regimes te vervang met ʼn onderdrukkende eenparty-diktatuur. Nie-rewolusionêre politieke partye en organisasies wat die ondersteuning geniet van die eienaars van TV-kanale, radiostasies of dagblaaie, het gewoonlik ʼn groter kans om sukses te behaal.
Gestel ek bevind myself binne-in die bogenoemde denkbeeldige land Dystopia waar die meeste mense “goeie” burgers van die staat is en onnadenkend die heersende ideologie ondersteun. Gestel ek besef dat die heersersklas nié die welsyn van hul onderdane in ag neem nie en dat hulle slegs die ideologie gebruik om hul onderdane mee te mislei. Gestel ook verder dat ek besef dat die meeste onderdrukte onderdane emosioneel sal reageer teenoor enigiemand wat die geldigheid van hul lewensbeskouing sou betwyfel. Ek besluit egter dat ek ʼn bydrae wil lewer tot die verbetering van ten minste sommige mense se lewenskwaliteite. Ek beskik oor oorgenoeg inligting aangaande die wandade van die heersersklas en die geleidelike vermindering van die meeste mense se vryhede en agteruitgang van hul lewensomstandighede. Daar is wel ʼn internet beskikbaar waarop ek my inligting kan plaas en waartoe die meeste mense toegang het. Hoe sal ek te werk gaan om die inligting aan andere oor te dra?
Ek kan dit miskien oorweeg om iets onwettigs in die openbaar te doen ten einde die publiek se aandag te trek. Voordat ek sou besluit om gewelddadig op te tree deur ʼn terroriste-daad te pleeg, moet ek besef dat die kanse goed gaan wees dat die meeste mense daarna ontsteld sal wees daaroor en dat ek in die tronk kan beland. Ek kan ʼn (ondergrondse?) beweging stig en probeer om soveel as moontlik lede te werf, of ek kan probeer om ten minste ʼn klein groepie mense te bereik met my boodskap. In albei laasgenoemde gevalle moet ek nog steeds ʼn manier vind om my boodskap aan mense oor te dra deur individueel met elkeen te gesels en/of my boodskap op die internet te versprei. Ek weet dat die oorgrote meerderheid dit nie eens naastenby sal oorweeg om my boodskappe op die internet te lees nie. Ek besef uiteindelik dat daar weinig kanse is dat ek en my ondersteuners die regering omver sal werp.
Dit is egter verbasend dat daar wél mense binne onderdrukkende eenparty-diktature is wat bereid is om die geldigheid van amptelike ideologieë te betwyfel. Dit dui daarop dat daar tog ʼn mate van “vrye wil” en uniekheid by mense teenwoordig is wat dalk nié volledig afhanklik is van die oorweldigende invloed van hul lewensomstandighede of selfs van hul gene of DNS nie. Kan dit wees dat mense wel ʼn onsterflike siel het wat ʼn vonk van vrye wil binne-in hulle laat ontstaan – ʼn vonk wat hulle lateraan laat besef dat die lewe tog op die ou end nie die moeite werd is as mens geen vrye denke het of jou skeppingsvermoë kan gebruik om die lewe vir jouself en andere meer interessant en betekenisvol te maak nie? Die Griekse filosoof Sokrates het tereg duisende jare gelede by sy verhoor gesê: “An unexamined life is not worth living” …
Nou die dag ‘n baie interessante Stroomop, die program op KykNet, gesien. Baie, baie interessant.
Dat Ton Vosloo en Koos Bekker knap sakemanne is, en innemende en gawe persone is, is nie te betwyfel nie. Maar wat hulle vermag het is net te goed om waar te wees. Ek meen, hier kom hulle van die Kaap af Transvaal toe en binne ‘n ommesientjie is Beeld die enigste koerant.
Ton vertel hy was vir ‘n jaar Harvard toe om, soos ek dit verstaan, bloot ‘blootgestel’ te wees aan allerlei heilsame invloede. Dit kos ‘n klomp geld om (met sy gesin?) te gaan staan en blootgestel wees en op die manier lyk dit vir my na ‘n stap in ‘n plan. Die feit dat Ton teruggekom het as ‘n ‘veranderde man’, soos hy dit stel, wys daardie stap van die plan was suksesvol.
Terloops, dis altyd vir my goed dat reis aanbeveel word om horisonne te verbreed. Die reisiger kom dan in aanraking met vreemdelinge waarvan die meeste nog nooit gereis het nie. Hierdie vreemdelinge wat nog nooit gereis het nie deel dan hulle sienings, uit hulle koerante verkry, met die reisiger en die reisiger keer terug met verbreedte horisonne. Hy sien nou dinge net soos die non-reisigers daar anderkant se koerante wil hê hulle dinge moet sien.
Evenwel, Ton kom toe daar anderkant tot die gevolgtrekking dat “ons kan nie so aangaan soos ons aangaan nie” en hy kom toe terug en verander dit. Merkwaardig, selfs vir ‘n buitengewoon bekwame man soos Ton Vosloo, is dit nie? Dink net, wat Helen Suzman en Van Zyl Slabbert en Colin Eglin en wie weet wie nog almal jare mee gesukkel het kom Ton-hulle uit die Kaap (en Harvard) uit hier aan en nie lank nie en ons gaan nie meer aan soos ons aangegaan het nie EN vra nog verskoning vir die manier waarop ons aangegaan het. ‘n “Far-king miracle”, verskoon my Engels. Daar is ‘n klankie in die staat Denemarke.
Wat dink Ton-hulle van die uiteinde van hulle storie? “Helen was toe al die tyd reg” reken Ton maar Helen het op ‘n kol gesê wat nou aangaan is nie wat sy in gedagte gehad het nie en nie waarvoor sy haar beywer het nie (en dit was meer as 4 jaar terug, dinge is nou nóg erger). Pik Botha het ook op ‘n kol gesê mens kon nie hierdie “gemors” destyds voorspel het nie (natuurlik verkeerd; die “dommes” het vir hom gesê dit gaan gebeur).
Dit word al hoe duideliker dat, hoe slegter dit gaan, hoe meer dokkies word gemaak om die oorgawe te regverdig. Die idee wat oorgedra word is dat, alhoewel plaasmoorde, korrupsie en wegholmisdaad nie mooi is nie, “apartheid” sleg genoeg was om die huidige gemors te regverdig. Ek sit “apartheid” in aanhalingstekens want niemand verduidelik eintlik wat hierdie apartheid nou eintlik was nie.
Ten slotte, hoe kan mens ‘n program “Stroomop” noem as hy handel oor mense wat stroomaf beweeg?
Die NG Kerk het veral die laaste vyf jaar baie “oop” begin raak teenoor mense wat anderse idees het oor die aard van die Goddelike, oor die Bybel as beweerde onfeilbare “Woord van God”; asook oor die lewe na die dood. Besorgde lidmate soos o.a. dr. Henriëtta Klaasing en dr. Hennie Mouton het onlangs hul kommer daaroor uitgespreek in die boek “Die Trojaanse Perd in die NG Kerk”. Dis veral die (gewese?) nuusredakteur van Die Kerkbode, Jean Oosthuizen, wat d.m.v. sy Kletskerk-webblad gepoog het om oop gesprekke te stimuleer met ateïste en ander vrydenkers. Prof. Julian Müller het met sy boek “Om te mag twyfel”, probeer om lidmate se aandag te vestig op ánder godsbeskouinge as die tradisionele beskouing aangaande die onoorbrugbare kloof tussen die Teïstiese (Persoonlike) God en Sy minderwaardige skepping. Prof. Müller is onlangs as dosent by die Teologiese Fakulteit van UP opgevolg deur die meer “behoudende” dr. Johann Meylahn. Baie NG Kerkleiers het dus vir baie jare Jean en Julian se “afvallige” idees verdra. Dit is dus insiggewend dat daar onlangs so drasties teenoor Jean opgetree is deur hom te skors en 10 minute kans te gee om sy kantoor te ontruim. Sedertdien was daar oor en weer beskuldigings tussen Jean en die bestuur van Die Kerkbode, in verband met wie ook al gelieg het oor die blad se beplande borgskap vir sekere gesprekke by die komende Woordfees te Stellenbosch.
Daar was heelwat onlangse woelinge in die Hervormde (NH) Kerk wat verband hou met sekere politiese besluite van die kerk oor die sg. sondige aard van Apartheid. Dit het aanleiding daartoe gegee dat sommige gemeentes weggebreek het van die NH Kerk en ʼn meer “behoudende” en pro-Apartheid “Bond van onafhanklike Hervormde Kerke” op 26 Januarie 2013 gestig het. Die NG Kerk het by monde van hul moderator, prof. Nelus Niemandt, onlangs die NH Kerk genader vir moontlike toekomstige eenwording tussen die twee kerke. Is hier ʼn poging om ʼn groter, meer regeringsgesinde Afrikaanse kerk tot stand te bring?
Beide die NG en NH Kerke het tydens hul sinodes in 2011 besluite geneem wat die destydse Apartheidsbeleid veroordeel het. In hierdie artikel het ek gewys op die “slim” manier waarop NG Kerkleiers te werk gegaan het om “progressiewe” besluite af te wissel met meer “behoudende” besluite. Progressiewe/liberale besluite soos o.a. die aanvaarding van die Belhar belydenis as moontlike vierde belydenisskrif en die keuse wat lidmate het tussen die geloof in die werklikheid of onwerklikheid van die Duiwel. Meer “behoudende” besluite soos o.a. die afkeur van gay huwelike en die besluit oor die groot doop. Dit is welbekend dat die Afrikaner Broederbond in die verlede ʼn geweldige invloed gehad het op heelwat besluite van sinodes. In die insiggewende DVD’s , “Die Vals Priesterdom: Vrymesselary onder SA Kerkleierskap”, word die jarelange invloed van Vrymesselary binne veral die NG Kerk van naderby bekyk. Kan dit wees dat die onlangse “Kerkbode en Woordfees” debakel deel is van ʼn groter politieke plan van die Vrymesselaar drukgroep binne die kerk? ʼn Plan om die Belhar belydenis op die ou end meer aanvaarbaar te maak vir “gewone” lidmate, sodat hulle dan meer gelate die regeringsbeleid t.o.v. veral toenemende grondhervorming sal aanvaar?
Die NG Kerk beplan om op 20 April 2013 ʼn Belhar-dagkonferensie te belê waarby die aanvaarding van die Belhar belydenis as vierde belydenisskrif meer indringend bespreek sal word, vóór hul Algemene Sinodesitting later hierdie jaar. Indien ortodokse (behoudende) lidmate daarna beswaar maak teen die aanvaarding, kan hul besware moontlik gesmoor word deur hulle daaraan te herinner dat die NG leierskap darem nie té “liberaal” of progressief is nie, juis omdat húlle die teologies “liberale” Jean Oosthuizen vroeër in die jaar geskors het..
[1] http://kerkbode.co.za/?p=2720
[1] http://www.praag.co.za/index.php/menings-magazine-196/briewe-magazine-230/10434-belhar-belydenis-gaan-blankes-verder-verdeel.html
[1] http://www.trumpetcall.co.za/dvds.php.
Die nuus dat Mamphela Ramphele haar eie party gaan stig ten einde “haar land te red” is vir ‘n geruime tyd al bekend. Die bekendstelling is effens vertraag deur haar wens om die openbare steun van Desmond Tutu en diverse ander vername manne te werf.
Dr. Mamphela Ramphele se Agang is by Konstitusieheuwel, in Johannesburg Maandag amptelik geloods.
Die DA-leier, Helen Zille, wat na bewering hard probeer het om Ramphele vir die DA te werf, en selfs aan haar die leierskap van die party aangebied het, moet seker wonder of sy nie die aankondiging van haar eie uittrede uit die politiek moet verhaas nie.
Ramphele het glo $20 miljoen uit die VSA van ondersteuners ontvang wat bekommerd is dat Suid-Afrika ‘n mislukte staat word.
Cope, in ‘n gevorderde toestand van inploffing, het intussen die vooruitsigte van enige opposisie in Suid-Afrika ‘n verdere nekslag toegedien, en Ramphele is volgens alle aanduidings ‘n ongeluk wat wag om te gebeur.
Ramphele is aangestel as vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad in 1996. Voor dit het sy ‘n verskeidenheid navorsings-en administratiewe poste by die universiteit beklee wat sy nooit sou verwerf het as sy wit en manlik was nie. Sy sou kwalik as bode in ‘n ander gedaante kwalifiseer.
Die universiteit kon slegs vier jaar lank haar wanbestuur verduur, die kortste tyd wat enige visekanselier by die Universiteit van Kaapstad in die pos gedien het.
Senior akademici sê dit het die UK sewe jaar geneem om te herstel van die skade wat Ramphele aangerig het. Haar versuim om te luister na goeie advies was glo haar grootste bate. Haar besluit om al die kunste en sosiale wetenskappe in ‘n reuse-fakulteit, groter as ‘n hele universiteit soos Rhodes, saam te snoer, was ‘n ramp vir die instelling.
Ramphele is daarna genader om voorsitter van die Independent Development Trust te word. Die IDT was ‘n unieke en waardevolle organisasie. Dit is deur die Nasionaliste opgerig met ‘n onafhanklike raad en grondwet, en het nie miljoene nie, maar miljarde in die bank gehad.
Thabo Mbeki en Essop Pahad het Ramphele gevra om die IDT te oorhandig aan die regering wat sy met groot genoegdoening dadelik gedoen het.
Die IDT het geld in die bank gehad, baie ernstige skenkers, ‘n onafhanklike grondwet en onafhanklike trustees. Ramphele het gou klaargespeel daarmee en die instelling volledig getransformeer tot ‘n parasietskatkis.
Die IDT is oorhandig aan ANC-kaders en Ramphele sal vandag onthou word as die vrou wat die IDT vernietig het.
In 2000 is Ramphele as ‘n vise-president en besturende direkteur (een van baie) van die Wêreldbank aangestel. Bronne binne die bank sê hulle het “binne weke” besef dat hulle ‘n fout begaan het. Dit was duidelik dat die bank se president, James Wolfensohn, dit ook geweet het. Binne ‘n kort tydjie het dit ook duidelik geword dat haar kontrak nie hernu sou word nie. Sy het die Bank in 2004 verlaat, tot groot verligting van almal daar.
Helen Zille se pogings om haar te nooi die DA se leierskap oor te neem, sê dus nie veel van Zille se eie vaardighede nie, behalwe dat sy heeltemal te desperaat voorkom vir swart steun.
‘n Politieke party wat van stapel gestuur word met ‘n persoon soos Ramphele aan die stuur, het ‘n baie kort lewensverwagting, iets wat Zille moes oorweeg het voordat sy Ramphele opgehemel het.
Dit laat die DA met net een ander opsie, naamlik samewerking met die ANC. ‘n ANC-DA-koalisie sal radikale, selfs gewelddadige weerstand van die SAKP-Cosatu faksie uitlok, iets wat hulle moeilik sal aanvaar.
Die DA se inploffing is dus net ‘n kwessie van tyd. Ramphele se rampspoedige versugting na roem, is ‘n gegewe.
Ene Gert Swart, waarskynlik ‘n skuilnaam, sê hy skaam hom vir die kommentare op Nuus24, weens die blatante rassistiese uitsprake wat deur sy “mede-Afrikaners”.
Hy meen dit is duidelik dat ons almal meer ingelig moet word oor ras en maak die volgende stellings:
– Het jy geweet dat wetenskaplikes geneties nie verskillende rasse kan identifiseer nie? Ras bestaan nie.
– Het jy geweet dat die stigter van die Afrikanervolk en grootste Afrikaner wat ooit geleef het, Andries Pretorius, eintlik ‘n “kleurling” was. (Hy het “swart” bloed in beide sy vader en moeder se lyne gehad.)
– Het jy geweet dat ons almal eens swart was. Die eerste Europeërs was swart en hulle het verander om by die fisiese omstandighede wat in Europa geheers het (daar was ‘n mini-ystydperk) aan te pas.
– Besef jy die fundamentele immoraliteit van rassisme? Wie het sy velkleur gekies of op meriete verdien?
Rassisme is ‘n euwel en moet uitgewis word en die enigste manier om dit te vermag is deur opvoeding.
Die aankondiging van die Pous om sy amp neer te lê, was seker te wagte, aangesien hy kwalik die mees onlangse inbreuk op sy privaatheid – sy lyfeienis wat sy persoonlike korrespondensie steel, die sogenaamde “Vatileaks” – sou kon oorleef.
Sy amp is gekenmerk deur sy vermoë om baie gedugte vyande te maak. Die aankondiging van sy uittrede is glo met blydskap in die VSA ontvang.
In 2008, het die Pous die Joodse gemeenskap ontstoke gelaat deur die bevordering van ‘n nuwe weergawe van die Goeie Vrydag-gebed wat vra dat die Jode “gered word van die duisternis”.
Kort voor sy verkiesing in 2005, het hy homself sterk uitspreek teen die misbruik van kinders in die kerk, en gesê: “Hoeveel vullis is daar in die kerk, en selfs onder diegene wat as priesters dien, hulle wat heeltemal aan Hom behoort te behoort!”
Dit was die oorheersende nuusstorie van die Katolieke Kerk van 2009-10. Slagoffers van seksuele misbruik het na vore gekom in Ierland, Oostenryk, Switserland, Italië, Nederland, Duitsland en die VSA, op uitnodiging van, en weens aanmoediging deur die Pous om die kerk te suiwer van hierdie euwel.
Sy pogings om die kerk te suiwer, is egter deur sy opposisie aangewend om hom in ‘n slegte lig te stel.
Benedictus XVI, oftewel Joseph Ratzinger is Beiere, Duitsland, gebore uit ‘n familie van die boere. Sy destydse lidmaatskap van die Hitlerjeug, waarby hy aangesluit het op die ouderdom van 14, is baie vinnig deur die media uitgelig na sy aanstelling.
Die Pous het nie net vyande in Joodse kringe gemaak nie, maar het Moslem-leiers woedend gehad na ‘n toespraak aan universiteitsprofessore tydens ‘n besoek aan Duitsland, waar hy verwys het na Bisantynse tekste wat die leringe van Mohammed as “bose en onmenslike” leerstellinge beskryf het. Hy moes daarna om verskoning vra.
Mahmoud Ashour, die voormalige adjunk van Kaïro se Al-Azhar-moskee, die Sunni-wêreld se magtigste instelling, het onmiddellik na die pous se versoenende toespraak egter gesê “Dit is nie genoeg nie. Hy moet om verskoning vra omdat hy die oortuigings van Islam beledig. Hy moet om verskoning vra in ‘n openhartige wyse en sê dat hy ‘n fout gemaak het.”
Die Britte het veral gesorg dat die Pous onder die indruk bly dat hy ‘n verleentheid is. Sadiq Khan, ‘n Britse junior Gemeenskapsminister, het gesê dat hy die aanvaarding van die eens uitgeslote biskop Richard Williamson “hoogs onsmaaklik” vind en dat die stap “groot kommer” wek.
Kahn, duidelik nie Joods nie, het in reaksie op kritiek van Pous Benedictus se besluit om die holocaust-ontkenner Williamson te verskoon, vir homself naam gemaak in die Britse parlement.
Mnr Williamson, ‘n lid van die ultrakonserwatiewe sekte, die Gemeenskap van St Pius X, is outomaties geskors 20 jaar gelede nadat hy as ‘n biskop aangestel is deur ‘n wegbreek-aartsbiskop sonder pouslike goedkeuring.
Die Pous het sy ekskommunikasie ongeldig verklaar, saam met drie ander wat ook georden is sonder pouslike goedkeuring. Williamson het herhaaldelik ontken dat Jode in die gaskamers gesterf het tydens die Tweede Wêreldoorlog.
‘n Sweedse televisiespan het tydens ‘n onderhoud met Williamson ondubbelsinning gehoor dat daar “absoluut geen historiese bewyse bestaan dat ses miljoen Jode doelbewus in gaskamers as ‘n doelbewuste beleid deur Adolf Hitler gestref het nie”.
Blykbaar is rolspelers met duistere motiewe soos in Suid-Afrika se Boeremagverhoor – waar die owerhede oënskynlik onskuldiges tot geweld aangehits het – nie beperk tot ons land nie. In September 2012, na ‘n 21-maande-verhoor, het ‘n hof drie voormalige weermag-generaals in Turkye tot 20 jaar gevonnis omdat hulle glo ‘n staatsgreep beplan het. Dit was maar die puntjie van die ysberg.
Die hof het gesê die verweerders was van plan om ‘n oorlog te voer met naburige Griekeland en ontploffings in Turkse moskees te organiseer byna ‘n dekade gelede om ‘n staatsgreep teen premier Erdogan se regering te regverdig.
Saam met die generaals, is byna 330 beamptes, insluitend senior lui, skuldig bevind in die beplanning van die staatsgreep. Al die verweerders ontken die aanklagte as onregverdig en onwettig, en sê die getuienis is doelvervaardig.
Honderde ander Turkse beamptes word insgelyks beskuldig van sameswering teen die staat.
“Altesaam ongeveer 15 persent van die top weermaglui, wat kolonels en generaals insluit, is afgedank,” sê ‘n waarnemer. Die Turkse bewindhebbers wou kennelik die invloed van die weermag breek, volgens kenners eers die mees invloedryke groep in Turkse politiek.
“Dit is die belangrikste oorsaak van hierdie groot ontnugtering in die weermag.”
Volgens berigte in die media, is daar tans sowat 10 persent van alle Turkse generaals en admiraals, 348, agter tralies toegesluit.
Aan die einde van Januarie 2013 het die uittog van Turkse dienende beamptes ‘n nuwe rondte in die stryd tussen die premier en sy weermag aangekondig. Turkye se nommer twee, en vlootbevelvoerder Admiral Nusret Guner het bedank, na bewering oor die aanhouding van honderde van sy kollegas. Sy voortydige vrywillige aftrede het gelei tot nog ‘n vlaag bedankings.
“In die afgelope paar jaar is my kamerade, sommige oor wie se patriotisme ek nie twyfel nie, en nog nooit die geringste twyfel gehad het nie, skuldig bevind,” het Nusret Guner, in sy afskeidstoespraak aan sy kollegas gesê. Hy het ook gesê hy het gevra om toegelaat te word om te bedank in September verlede jaar, onmiddellik na die sensasionele staatsgreepverhoor, maar sy versoek is nie toegestaan nie.
In die tussentyd het Erdogan se Turkye aktief ondersteuning aan die rebellekant in die Siriese burgeroorlog verleen, waar Ankara tradisioneel eers goeie verhoudings met Damaskus gehandhaaf het.
Ankara se ondersteuning aan die Siriese rebelle beloof om in die toekoms in ‘n nagmerrie vir die premier te ontaard. Koerdiese separatiste wat droom van ‘n staat van hul eie het baie meer aktief in beide Turkye en Sirië geraak. En aangesien die swaarste las van die gewapende aanvalle van die Koerdiese militante op die Turkse leër se paraatheid rus, kan die verslegtende toestand in die Turkse leër ernstige probleme in die nabye toekoms beteken.
Recep Erdogan glo hy is ‘n kalief en die nuwe sultan van die Ottomaanse Ryk met sy beleid wat het gelei tot “zero vriende”, sê sy kritici.
Intussen het die hoof van die Nederlandse intelligensie-agentskap gewaarsku dat dosyne Nederlandse burgers wat saam met rebelle in Sirië veg, kan terugkeer as geharde, getraumatiseerde en selfs groter radikale vegters.
In ‘n seldsame onderhoud met die Nederlandse televisie Donderdag, het Rob Bertholee, hoof van die Algemene Intelligensie en Sekuriteit, gesê dat die getal Nederlandse onderdane in Sirië vinnig groei en hy is bekommerd oor hul terugkeer omdat hulle sy aan sy die stryd met radikale Islamitiese rebelle in die burgeroorlog voer.
“In my waarneming is daar groot rede tot kommer as gevolg van die gevegservaring wat hulle verkry, die ideologiese oortuigings en die feit dat hulle getraumatiseer kan word daar,” het Bertholee aan Nieuwsuur gesê.
Daar was nog geen terreuraanvalle in Nederland onlangs nie, maar owerhede het gewaarsku oor die groeiende risiko van die Moslems wat oorsee gaan om vir hulle geloof te veg en dan terugkeer huis toe.
‘n Deskundige het Vrydag gewaarsku dat die kwessie nie net die Nederland, maar oor die hele Europa, tot probleme kan lei.
Peter Knoope, direkteur van die Internasionale Sentrum vir Teen-terrorisme in Den Haag, het gesê die werklike probleme kan na vore kan tree wanneer die Siriese burgeroorlog uiteindelik eindig. Hy het gesê na konflikte soos die een in Sirië, daar gewoonlik ‘n soort herverspreiding van die vegters na iewers anders is. Hulle is geleer om te veg, en sommige van hulle weet nie hoe om op te hou nie, sê hy.
Soos Knoope, het Bertholee gesê die probleem is nie net ‘n Nederlandse een nie. Hy beraam dat honderde mense van regoor Europa en dosyne van die Nederlande na Sirië gereis het om, in wat hulle beskou as ‘n heilige oorlog, te gaan veg.
Die Nederlandse assesserings sluit aan by Frankryk wat ook kommer oor sy burgers wat in Mali by radikale Islamitiese vegters aansluit, uitgespreek het. Dié werwing vind plaas in weerwil van die Franse militêre teenwoordigheid in Mali.
Franse polisie het vier jeugdiges hierdie week in hegtenis geneem wat vermoedelik probeer het om by radikale Islamitiese vegters in Wes-Afrika aan te sluit, en radikale imams geskors om openbare orde te help bewaar. Die Franse voorstede beloof om die toekomstige slagveld te wees, waar die staat se toepassing wet en orde reeds tot ‘n groot mate die aftog geblaas het.
Die Bertholee sê propaganda wat die burgeroorlog romatiseer help om jongelinge in Sirië se maalstroom van geweld in te lok, wat moeilik kan wees om te ontsnap.
“Ek dink baie van die djihad-vegters wat gaan besef baie vinnig dit is minder romanties as hulle vertel is,” het hy gesê. “Maar op terseldertyd besef hulle daar is geen pad terug nie.”