Die Pous se vyande haal hom in

Die aankondiging van die Pous om sy amp neer te lê, was seker te wagte, aangesien hy kwalik die mees onlangse inbreuk op sy privaatheid – sy lyfeienis wat sy persoonlike korrespondensie steel, die sogenaamde “Vatileaks” – sou kon oorleef.

Sy amp is gekenmerk deur sy vermoë om baie gedugte vyande te maak. Die aankondiging van sy uittrede is glo met blydskap in die VSA ontvang.

In 2008, het die Pous die Joodse gemeenskap ontstoke gelaat deur die bevordering van ‘n nuwe weergawe van die Goeie Vrydag-gebed wat vra dat die Jode “gered word van die duisternis”.

Kort voor sy verkiesing in 2005, het hy homself sterk uitspreek teen die misbruik van kinders in die kerk, en gesê: “Hoeveel vullis is daar in die kerk, en selfs onder diegene wat as priesters dien, hulle wat heeltemal aan Hom behoort te behoort!”

Dit was die oorheersende nuusstorie van die Katolieke Kerk van 2009-10. Slagoffers van seksuele misbruik het na vore gekom in Ierland, Oostenryk, Switserland, Italië, Nederland, Duitsland en die VSA, op uitnodiging van, en weens aanmoediging deur die Pous om die kerk te suiwer van hierdie euwel.

Sy pogings om die kerk te suiwer, is egter deur sy opposisie aangewend om hom in ‘n slegte lig te stel.

Benedictus XVI, oftewel Joseph Ratzinger is Beiere, Duitsland, gebore uit ‘n familie van die boere. Sy destydse lidmaatskap van die Hitlerjeug, waarby hy aangesluit het op die ouderdom van 14, is baie vinnig deur die media uitgelig na sy aanstelling.

Die Pous het nie net vyande in Joodse kringe gemaak nie, maar het Moslem-leiers woedend gehad na ‘n toespraak aan universiteitsprofessore tydens ‘n besoek aan Duitsland, waar hy verwys het na Bisantynse tekste wat die leringe van Mohammed as “bose en onmenslike” leerstellinge beskryf het. Hy moes daarna om verskoning vra.

Mahmoud Ashour, die voormalige adjunk van Kaïro se Al-Azhar-moskee, die Sunni-wêreld se magtigste instelling, het onmiddellik na die pous se versoenende toespraak egter gesê “Dit is nie genoeg nie. Hy moet om verskoning vra omdat hy die oortuigings van Islam beledig. Hy moet om verskoning vra in ‘n openhartige wyse en sê dat hy ‘n fout gemaak het.”

Die Britte het veral gesorg dat die Pous onder die indruk bly dat hy ‘n verleentheid is. Sadiq Khan, ‘n Britse junior Gemeenskapsminister, het gesê dat hy die aanvaarding van die eens uitgeslote biskop Richard Williamson “hoogs onsmaaklik” vind en dat die stap “groot kommer” wek.

Kahn, duidelik nie Joods nie, het in reaksie op kritiek van Pous Benedictus se besluit om die holocaust-ontkenner Williamson te verskoon, vir homself naam gemaak in die Britse parlement.

Mnr Williamson, ‘n lid van die ultrakonserwatiewe sekte, die Gemeenskap van St Pius X, is outomaties geskors 20 jaar gelede nadat hy as ‘n biskop aangestel is deur ‘n wegbreek-aartsbiskop sonder pouslike goedkeuring.

Die Pous het sy ekskommunikasie ongeldig verklaar, saam met drie ander wat ook georden is sonder pouslike goedkeuring. Williamson het herhaaldelik ontken dat Jode in die gaskamers gesterf het tydens die Tweede Wêreldoorlog.

‘n Sweedse televisiespan het tydens ‘n onderhoud met Williamson ondubbelsinning gehoor dat daar “absoluut geen historiese bewyse bestaan dat ses miljoen Jode doelbewus in gaskamers as ‘n doelbewuste beleid deur Adolf Hitler gestref het nie”.

лобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae