Mandela, die swart god

ImageGister op 18 Julie, soos by vele ander geleenthede, is ons deur sowel die staat as die Suid-Afrikaanse media in kennis gestel dat Rolihlahla Mandela, andersins bekend as Nelson, ‘n soort Christus of Mohammed van ons tyd sou wees.

Trouens, die dagblad Beeld het letterlik op 19 Julie in ‘n hoofartikel geskryf dat “ons daarom (kan) glo dat God deur sy genade rolmodelle soos Nelson Mandela voorsien”. Volgens dié koerant is Nelson Mandela “die gewildste model van menswees vandag”.

Die Katolieke kerk met sy redelik konserwatiewe Duitse pous, sou seker huiwer om die man van Qunu as heilige te verklaar, maar kennelik sal dit nie veel neem om ‘n huidige geslag polities korrekte Afrikaners te oortuig om die Nuwe Testament vir Long Walk to Freedom te versaak en Madiba onbeskaamd te begin aanbid nie.

In die meeste dagblaaie het daar op 18 Julie bylaes verskyn waarin Sy Majesteit Nelson I opgehemel word. Ook op RSG het Van Zyl Slabbert, Koos van der Merwe en ene mnr. Owen Dean, ‘n prokureur van Pretoria, ons vergas op die vername rol wat die Grote Nelson in die geskiedenis gespeel het. Volgens mnr. Dean is die handelsmerk “Nelson Mandela” ewe veel werd as dié van Coca Cola, McDonalds of Sony.

Op ‘n manier kruis wins, publisiteit en politieke korrektheid mekaar om die handelsmerk Nelson Mandela te skep. Enkele jare gelede het ek in ‘n meer filosofiese oomblik gepraat van ‘n soort heidense en goddelike entoesiasme waarmee handelsmerke vandag deurdrenk is. Dit geld ook die politieke handelsmerk van Mandela, die Cocacola-man van die internasionale swart politiek.

In Sandton is daar vir hom ‘n kolossus van brons in die sosiaal-realistiese Sowjetstyl op ‘n plek wat Nelson Mandela Square heet, opgerig. In die pers en op TV word daar na hom verwys as Madiba, ‘n term wat aan sy sibbe ontleen is. Mandela is naamlik ‘n lid van die Madiba-sibbe wat terug te voer is na ‘n Tembu-hoofman van die agtiende eeu met daardie naam wat die Transkei in die agtiende eeu geregeer het.

In weerwil daarvan dat die Transkei en die Ooskaap sedert die 1950s meer hulp en regeringsubsidies as enige ander provinsie ontvang het, bly dit die armste gebied in Suid-Afrika.

Vanwaar dus dié vergoddeliking van iemand wat ons as ‘n doodgewone Xhosa uit die haglike Transkei ervaar? Boonop iemand wat hom maar moeisaam in cliché-Engels uitdruk en wie se grootste twee onderskeidings sy 27 jaar in die tronk en sy leen van ‘n rugbytrui in 1995 is.

Ek kan my goed voorstel dat die gewone Afrikaner daarbuite kwalik dié uitbarsting van gewyde aandag aan die kolossus Mandela begryp. In die tagtigerjare was baie min mense in Suid-Afrika van sy bestaan bewus en indien buitelandse besoekers nie af en toe die pelgrimstog na sy sel op Robbeneiland aangepak het nie, sou die wêreld haas van hom vergeet het.

Hoe het die kolossus Mandela dan, as’t ware uit die niet, ontstaan?

Dis amper asof Hy – en ek is seker Beeld en ander Afrikaanse koerante sou Hom graag verder met hoofletters wou aanbid of vereer – vanuit ‘n wolk op ons neergedaal het. Hy is die swart Moses, die vader van die nasie, die wêreldpresident wat moontlik selfs uit die Verenigde Nasies se gebou in New York kon regeer het. Nie so lank gelede nie, het ‘n internasionale meningsopname trouens bevind dat indien die wêreld se bevolking aan ‘n presidentsverkiesing sou deelneem, Mandela die gewildste keuse sou wees.

Dis asof Mandela – of ‘n duistere mag waarvan hy die Mohammed of die Christus is – die wêreld getoor het. Oënskynlik beskik die swartmense van Afrika oor toorkrag, hoewel ons jare lank daarvoor gelag het. Hoe anders het dié nederige gevangene wat so lank in sy apartheidstronk gely het, ‘n statuur bereik waarna geen leier van ‘n groot moondheid, ‘n George W. Bush, ‘n Angela Merkel, ‘n Sarkozy, ‘n Gordon Brown, ‘n Wladimir Poetin, sou kon aspireer nie?

Eintlik is die proses glad nie so geheimsinnig as wat dit vir sommige mag voorkom nie. Mandela het eenkeer gesê dat sommige terroriste staatshoofde word. Hy en Fidel Castro het heelwat in gemeen, behalwe dat Castro ‘n man van aksie was. Mandela, daarenteen, is meesal passief. Hy is ‘n politieke monnik wat jare lank in sy tronksel gesit het nadat hy op aandrang van ‘n paar wit kommuniste soos Bram Fischer die destydse Suid-Afrikaanse regering van Verwoerd omver probeer werp het.

Verwoerd het tydens Mandela en die ander Rivonia-aangeklaagdes se quijotiese sabotasiekomplot geregeer. Hy het ons land as ‘n Westerse moondheid in Afrika gesien, wat in sy tyd doeltreffend gefunksioneer het, anders as die vervalle en so te sê mislukte derdewêreldstaat wat Suid-Afrika ná Mandela se oorname geword het. Die gedagte dat Mandela en ‘n paar Xhosa-grootpraters en grootdoeners dus in 1962 die staat met sy goed opgeleide polisie- en weermag onder blanke beheer omver sou kon werp sonder die hulp van die destydse Warskouverdraglande byvoorbeeld, was op sy minste komies, indien nie geheel en al absurd nie.

Enkele jare gelede het Sam Nujoma van Namibië gedreig om die herenigde Duitsland militêr te gaan verower en meer onlangs het Robert Mugabe Brittanje as ‘n “klein spikkel” op die wêreldkaart beskryf. Afrikaleiers, weet ons, skroom nie om ydele dreigemente te maak, om katedrale in die oerwoud te bou of om hulself as ‘n nuwe Napoleon, Caesar of Alexander die Grote te kroon nie.

In dié opsig is Mandela, die man van Qunu – ‘n gehuggie in die Transkei waar hy as kind beeste opgepas het – geen uitsondering nie. Hy was die eerste swart prokureur in Johannesburg in die vyftigerjare en het homself daarom as ‘n belangrike man gesien wat verdien het om die magtigste staat in Afrika te regeer. Mandela is afkomstig uit die Transkeise adel, ‘n familie van hoofmanne. Ek kan my voorstel dat daar hordes ander mindere hoofmanne oral in Afrika is wat al in hul grootheidswaan soortgelyke drome gekoester het.

Mandela het my nog altyd herinner aan die held van die Pools-Amerikaanse skrywer Jerzy Kosinski se novelle Being There. Die boek is destyds ook verfilm met Peter Sellars in die hoofrol. Dit gaan om ‘n tuinier wat verstandelik vertraag is, nie kan lees of skryf nie, maar op ‘n dag die tuin waar hy gewerskaf het, moet verlaat. Deur ‘n sameloop van omstandighede word hierdie eenvoudige, ongeletterde man een van die magtigste mense in die VSA en word hy selfs vir die pos van president oorweeg.

Dis presies wat met Mandela gebeur het. Jare lank was dit slegs enkele linkse Westerlinge wat hulle ontferm het oor die grootdoenerige megalomaan wat 27 jaar lank magteloos in sy tronksel gesit het. Mandela het nog nooit oor enige strategiese of intellektuele denke beskik wat hom in staat sou gestel het om sonder Britse of Amerikaanse hulp die mag in die land oor te neem nie.

Hy was bloot die blaar in die wind, die eenvoudige tuinier wat oor die verhoog van die geskiedenis gestrompel en die lotto gewen het. Feit is dat daar na die burgerregtebeweging in die VSA tydens die sestigerjare en veral na die sluipmoord op Martin Luther King ‘n vakuum onstaan het vir een of ander swart leiersfiguur wat deur die liberale Westerse media tot ‘n soort opperhoof van alle Afrikane of alle swartes gekroon kon word. Indien so ‘n persoon boonop ‘n gevangene en ‘n martelaar vir vryheid kon wees, soveel te beter.

Die lottowiel het gedraai en eensklaps was daar Nelson op Robbeneiland. Van die oomblik dat die Britse rocksterre die saak van sy vrylating aangeneem het – wat terloops alles op die aandrang van een man, die Anglikaanse priester Trevor Huddleston, geskied het – het Mandela ‘n metamorfose van vergeetlike Xhosa-megalomaan tot internasionale superster ondergaan.

Die enigste verskil tussen Nelson Mandela en Brad Pitt, afgesiend daarvan dat Pitt ‘n blanke is, is dat Mandela nog nooit ‘n fiktiewe karakter in ‘n film vertolk het nie. Nietemin is hy as liefling van die Westerse liberale media – en dan veral die BBC en die res van die Britse media wat absoluut gaande oor hom is – ewe seer ‘n glanspersoonlikheid as enige groot naam uit Hollywood of die internasionale popmusiekbedryf. Mandela sing nie, hy vertolk nie rolle in films nie, hy skryf nie, hy sê nooit meer as enkele sinne nie, maar hy is verseker van ‘n internasionale gehoor. Hy is sy eie reality show. Duisende joernaliste gaan elke onsinnige sinsnede of gebaar van hom tot vervelens toe analiseer vir die verborge juweel van versoening of verdraagsaamheid wat daarin mag skuil.

Terwyl Mandela gevangenis toe gestuur is omdat hy geweld op ‘n skaal wou pleeg waartoe hy en sy makkers nie in staat was nie, word hy vandag vereer as ‘n man van vrede, wat swart en wit in die land met mekaar wou “versoen”. Die enigste blywende erfenis wat hy ons gelaat het, is die misdaadpandemie wat aan Suid-Afrika die hoogste verkragtingsyfer ter wêreld en die derde hoogste moordsyfer (na Swaziland en Colombia) besorg het. Een van die eerste dinge wat hy as president gedoen het, was om 9 000 geharde misdadigers uit die tronke vry te laat as deel van ‘n presidensiële amnestie.  Hierdie vloedgolf misdadigers het onmiddellik begin om die prekêre stelsel van wet en orde in Suid-Afrika te destabiliseer.

Mandela het al herhaalde kere die mees onredelike aanvalle op die Weste geloods. Hy is ‘n bewonderaar van die  afgetrede Fidel Castro en kolonel Moeammar Kadaffi. Nietemin is alle Europeërs en Noord-Amerikaners gaande oor hom. Vandag oor die radio het een of ander privaatmaatskappy dit goed gedink om ‘n koor van kinderstemme op te neem wat vir hom “Veels geluk, liewe Madiba” in Afrikaans sing en oor RSG as deel van ‘n advertensie uitgesaai is. Blykbaar was daar klagtes van die Afrikaanse luisters van RSG, maar die omroeper het vanmore gesê dat almal vandag vir Mandela ophemel en daarom gaan “ons nie daarvan wegkom nie”.

Mandela kan ook as ‘n soort “kokosneut” in die Suid-Afrikaanse sin gesien word. Swartes noem ander swartes wat te veel soos blankes optree of blanke waardes aanneem kokosneute, as sou hulle “swart van buite maar wit van binne” wees. In ‘n sekere sin is Mandela ‘n uitvloeisel van die blanke verbeelding, veral die blanke liberale verbeelding.

Nuus uit Afrika is gewoonlik sleg. Daar is oorloë, hongersnood, korrupsie, vigs, armoede en droogtes in die Sahel. Die meeste presidente en diktators van Afrikalande leef in weelde terwyl hul volgelinge krepeer. Die Westerling word gekonfronteer met die Afrikawerklikheid wat hy nie kan of wil verstaan nie. Sy gewete smeek om een of ander uitsondering, een of ander bewys dat die teendeel ook waar kan wees, dat daar ten minste een goeie leier in Afrika kan wees.

Dit mag wreed klink, maar die tronk het Mandela op meer as een manier beskerm. Nie net het dit hom teen die Bisantynse magstryde binne ‘n organisasie soos die ANC, deels terroristegroep, deels regering-in-ballingskap wat jare lank deur veral Swede gefinansier is, beskerm nie, maar dit het hom ook teen homself gevrywaar. Daar is nie ‘n enkele ANC-leier wat nie op een of ander manier korrup is nie; dis eenvoudig deel van die kultuur. In die gevangenis kon Mandela nie soos sy mede-ANC-leiers die veelbesproke Sweedse fondse vir homself toeëien of soos Allan Boesak Deense kerkgeld verduister nie.

Soos die hoofkarakter Chance in Kosinski se novelle, word hy deur sy onskuld in ‘n verdorwe wêreld gekenmerk. Hy het die tronk na 27 jaar as ‘n onskuldige man verlaat. ‘n Onskuldige swartman wat boonop teen daardie tyd wêreldberoemd was. Kon die wêreld so ‘n godgegewe geskenk miskyk? Natuurlik nie. Ook Mandela se ouderdom het in sy guns getel. Hy kon net een termyn as president dien en toe is hy deur Thabo Mbeki opgevolg wat deesdae omtrent so gewild in die plaaslike en internasionale media soos Robert Mugabe is.

Hoe sou Mandela die Zimbabwe-krisis gehanteer het? Sekerlik nie anders as Thabo Mbeki nie, wat eenvoudig al agt jaar lank besluiteloos met “stille diplomasie” voortploeter. Maar Mandela was nie lank genoeg president om enigiets te gedoen het nie, of selfs lank genoeg vir mense om agter te kom dat hy so te sê niks gedoen het nie. Ironies het Koos van der Merwe, Suid-Afrika se langs dienende parlementslid, in sy hulde aan Mandela vermeld dat “hy hom nie veel met staatsake bemoei het nie; hy was eerder ‘n soort vaderfiguur, die groor versoener”.

Indien Mandela jonger was, sou hy ‘n tweede termyn as staatspresident kon gedien het en uiteindelik soos die gediskrediteerde, ongewilde en toenemend geïsoleerde Thabo Mbeki geëindig het.

Behalwe natuurlik om 9 000 moordenaars, verkragters en rowers op ons los te laat. Ook hierin het hy ‘n bladsy uit Fidel Castro se boek geneem. Toe Fidel deur die VSA gekritiseer is oor menseregte in Kuba, het hy eenvoudig al die gemeneregmisdadigers uit sy tronke vrygelaat en Miami toe gestuur. Nie net het hy van ongewenstes ontslae geraak nie, maar hy het ook vir sy grootste vyand ‘n enorme probleem op sy grondgebied geskep. Die misdadigers wat Mandela kwytgeskeld het, het waarskynlik meer as ‘n miljoen blankes uit vrees vir misdaad die land laat verlaat.

Dog op ‘n sekere vlak is Mandela reeds bokant alle kritiek verhewe. Mens kan feitlik enigeen kritiseer: politici, natuurlik, bekendes en gewone mense, selfs die Pous wat God se verteenwoordiger op aarde is. Die Deense spotprenttekenaars het met Mohammed die draak gesteek en ‘n internasionale herrie ontketen. Maar om Mandela by te kom, is werklik heiligskennis. Ek is waarskynlik die enigste rubriekskrywer in Suid-Afrika en in die wêreld wat op die Groot Man se negentigste verjaardag geen klakkelose hagiografie skryf nie.

Daar bestaan aanhoudende gerugte oor Mandela se stigtings wat nie behoorlik geoudit word nie. Hoe kan iemand wat net vyf jaar president van Suid-Afrika was en op daardie stadium minder as ‘n miljoen rand per jaar verdien het, sedertdien die lewenstyl van Tom Cruise of Tiger Woods handhaaf? Hy besit verskeie wonings in die duurste buurte in Johannesburg en onderhou kinders en kleinkinders, ‘n uitgebreide familie van 28. Waar kom sy ooglopende rykdom vandaan? Net om dié vraag te vra, oortree die ongeskrewe reël dat niemand veronderstel is om Mandela se integriteit te bevraagteken nie.

Die Mandela-kultus is egter ‘n ongeluk van die wêreldgeskiedenis en het niks met die eienskappe van die man self te make nie. Soos wat die ou Sowjetunie aan ons die heropvoedingskamp en proletariese wetenskap gegee het, het die VSA aan ons regstellende aksie en die ideologie van swart lyding oorgedra. Daar was ook Jimmy Carter wat vir Andrew Young in 1977 as Amerikaanse ambassadeur by die VN aangestel het. Young het ‘n groot rol gespeel om Robert Mugabe president van Zimbabwe te laat word. Hy het ook gesê dat Kubaanse troepe in Angola stabiliteit aan daardie land verleen.

Binne hierdie internasionale konteks het Mandela ‘n mite geword, die selflose swart leier wat bereid was om tot die dood toe vir sy mense se vryheid te stry. Die opkoms van swart mag vanaf die laat vyftigerjare in die VSA was iets nuuts in die wêreld. So ook die onafhanklikwording van die Afrikastate. Toe Zambië deur die Britte onafhanklik verklaar is, het die land iets soos sewentien gegradueerdes gehad. Afrika-onafhanklikheid was ‘n staatkundige eksperiment en is dit miskien nog steeds. Hoe meer die postkoloniale Afrikastate misluk het, hoe groter was die versugtiging na ‘n swart leier met net ‘n greintjie geloofwaardigheid.

Obama se gewildheid in Amerika kan aan dieselfde logika toegeskryf word. Ons het voorbeelde van swart sukses en integriteit nodig omdat ons elke dag swart mislukking en oneerlikheid, veral in Afrika, moet ervaar. Obama en Mandela is die antiteses van Robert Mugabe, Charles Taylor en die ander berugte voorbeelde van swart leierskap wat van Afrika “die hopelose kontinent” gemaak het, soos die Britse Economist eens daarna verwys het.

Daar is egter ook ‘n ander manier om die vergoddeliking van Madiba, oftewel Mandela, te begryp. Die Westerse kultuur oorheers eenvoudig nie meer in die wêreld nie. Tydens hul kommunistiese fase het Oos-Europese lande dikwels ook ‘n sogenaamde “persoonlikheidskultus” rondom hul leier gevoer. Dog gelykheid is so ‘n basiese norm in die Weste dat blankes nie in staat is om aan een van hulle politieke helde goddelike status toe te ken nie.

Sowel ou Griekeland as republikeinse Rome het ‘n vorm van demokrasie beoefen. Enige burger van Athene kon ‘n politieke amp beklee. Na die Romeinse konsul van republikeinse Rome is verwys as “die eerste tussen gelykes”. Ten tye van Darius en Xerxes se invalle in Griekeland in die vierde eeu voor Christus, het beide Persiese leiers goddelike status gehad. Sedertdien staan die buitensporige verering en goddelike status wat aan keisers in die Midde-Ooste en Verre Ooste verleen word in die Weste bekend as “oriëntalisme”.

Een van die beste voorbeelde in die moderne tyd van die kontras tussen Westerse en Afrikaleierskap is aan my vertel deur ‘n voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse ambassade in Den Haag. In die vroeë negentigerjare het die destydse eerste minister, Ruud Lubbers, vir ‘n visum aansoek gedoen om Suid-Afrika te besoek. Tot die verbasing van die ambassadepersoneel het Lubbers op sy fiets aangery gekom en saam met die gewone mense in die tou gestaan. Nadat hy sy paspoort afgehaal het, het Lubbers weer doodluiters op sy fiets geklim en weggery.

Geen Afrikaleier sal ooit gesien word dat hy met ‘n fiets ry nie. As Robert Mugabe se vloot swart Mercedesse met sy lyfwagte en handlangers iewers met loeiende sirenes heen ry, moet die res van die padgebruikers aftrek om die Groot Man verby te laat. Ook in Suid-Afrika kan mens gereeld op die snelweg tussen Pretoria en Johannesburg swart politici sien jaag in ‘n ry swart Mercedesse of BMW’s terwyl die gewone man vir hulle moet padgee.

Afrika mag verhonger en militêr swak wees, maar deur figure soos Mandela en moontlik Obama is die kontinent besig om die Westerse siening van leierskap radikaal te beïnvloed. Mandela is die grootste opperhoof van alle tye wat die indaba onder ‘n boom of om die kampvuur via die televisie – daardie kampvuurtjie in elke sitkamer soos die Franse filosoof Jean Baudrillard dit in sy boek oor Amerika beskryf het – globaal uitgebrei het. Die Oosterse vergoddeliking van keisers het via die dekadente Westerse media oorgegaan in die gedweep met die swart hoofman. As erfgenaam van die Madiba-sibbe, is Mandela draer van die hoofmankultus in Afrika en beklee hy sy posisie te danke aan die voorvaders wat oor hom waak.

Die galapartytjie en rockkonsert wat in Londen se Hydepark gehou is en wat deur die Clintons, Naomi Campbell, Will Smith, Tony en Cherie Blair, asook ‘n horde Britse en Amerikaanse groepe en sangers bygewoon is, verteenwoordig die Afrikafees wat in sy hedonistiese heerlikheid oplaas die hart van die eertydse Britse Ryk verower het.

Daardie juigende jongmense by die 46664-konsert ter ere van Mandela in Londen het vir ons net een boodskap gehad: ons hang ons goddelike hoofman aan.

поворотные линейные светодиодные светильникиФильчаков прокурор

Nog ‘n G8 beraad

ImageDie G8-lande (Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Rusland, Groot Brittanje en die Verenigde State) het weereens beraad gehou, dié keer in Japan. Die doel van die organisasie is om leiding aan die wêreld te gee, veral op ekonomiese gebied. Die beraad word jaarlikse gehou, maar ministers van finansies, omgewingsake en buitelandse sake ontmoet meer dikwels om die agenda van die beraad saam te stel en voor te berei.

Die G8-lande word as die toonaangewende ekonomieë beskou, en is deesdae meer belangrik as die Verenigde Nasies en Veiligheidsraad; organisasies wat op die wêreldorde van 1950 gebou is, en wat sedertdien deur patologiese diktators en regimes gekaap is. Desnieteenstaande, is die G8 ook taamlik tandloos, en die groep se invloed, indien enige, is meestal beperk tot moralistiese uitsprake en vingerwysings. 

Die mees onlangse beraad het drie sake uitgesonder vir spesiale aandag, naamlik (1) Die Wêreldekonomie, (2) Omgewingsbewaring en Klimaatsverandering, en (3) Afrika. Die drie items is die gewone agenda vir die G8, ten spyte daar van dat daar skynbaar nog nooit enige vordering gemaak is met preke en goeie voornemens na ‘n ontmoeting nie.

Afrika is elke keer op die agenda van die G8, waarskynlik omdat die Christelike sendelingopdrag so sterk onder die G8-leiers is, waarvan ten minste 6 (met die uitsondering van Japan en Rusland waar kommunisme in laasgenoemde die Christelike kultuur vernietig het) se onlangse kultuur en afkoms in Christendom gewortel is. Die patologiese armoede en geweld in Afrika ken geen perke nie, en die Weste, wat deels hiervoor verantwoordelik voel, kan dit nie ignoreer nie.

Die ander twee items, naamlik die wêreldekonomie en omgewingsbewaring, hou nou verband:  die huidige oliekrisis veroorsaak ekonomiese spanning, terwyl dieselfde verbruik van olie tot aardverhitting bydra.

Die oliekrisis, wat eerder as ‘n energiekrisis ontleed moet word, het sedert 2007 begin byt. Verskeie G8-leiers, met die uitsondering van Rusland, is erg onthuts oor die olieprys, en het onlangs eers in Jeddah, en toe weer in Spanje, met OPUL-lande onderhandel en hulle versoek om meer olie te produseer om die histories hoë prys na benede te dwing. ‘n Volgehoue hoë energieprys sal inflasie veroorsaak, en as die lesse van die 1970s onthou word, sal ons eersdaags stagflasie en daarna ‘n resessie ervaar.

Toe die vertoeë aan OPUL in Jeddah nie werk nie, het waarnemers eers spekuleerders geblameer, en daarna is verwyte rondgeslinger oor die afname in eksplorasie in die Noordsee en die VSA. Alles en almal is nou al geblameer, behalwe natuurlik die basiese ekonomiese wet dat aanvraag en produksie balanseer:  As die produksie van olie afneem, of as die aanvraag styg en produksie stagneer, sal die prys sodanig styg om aanvraag af te dwing tot dit in ekwilibrium met produksie kom.

Dit word nou algemeen erken dat die wêreld sedert die begin van 2007 in die greep van ‘n volskaalse energiekrisis verkeer:  Die G8 voel die krisis nog net oppervlakkig in hulle ekonomieë (hoër brandstof, voedsel en kragpryse) , maar manifestasies in die ontwikkelende wêreld sluit voedseltekorte, kragonderbrekings, en fisiese tekorte aan brandstof in. Die res van die storie moet nog geskryf word, maar veral die armer dele van die wêreld gaan baie swaar deurloop, en hongersnood in sekere wêrelddele is nie uitgesluit nie.

Die enigste oplossing is om die aanvraag na olie in die G8-lande onder bedwang te kry, maar kanse hiervoor is skraal. Die ryker G8-lande is juis die beste gesitueer om duurder olie te bekostig, en om ander bronne (wind, kernkrag, en dies meer) te aktiveer. Die “peak oil” verhaal is nou besig om te ontwikkel en die eerste tekens van die krisis kan ons reeds in hoër elektrisiteitsrekeninge, hoë brandstofpryse, bankrot lugrederye, en veral hoër voedselpryse sien. Die latere manifestasies sal realiseer in die grootskaalse afname in oorsese reise en die hervestiging van die mensdom, dan uiteindelik hongersnood en selfs energie-oorloë. Daar is nie ‘n maklike oplossing nie, en mense wat dink dat biobrandstof, windenergie, kernkrag of wat ookal tot ons redding gaan kom, verstaan nie die omvang van die probleem nie. Die mensdom het olie letterlik geëet, en minder olie beteken veral onder andere minder voedsel.

Terwyl die G8-leiers onder mekaar debatteer en OPUL se hulp versoek, is voedselpryse steeds besig om te styg. Die rede hiervoor is tweevoudig: eerstens energiepryse, en tweedens biobrandstof. Oortollige graan wat voorheen as hulp aan eksponensieel groeinde bevolkings in die ontwikkelende wêreld geskenk is, word nou eerder in biobrandstof omgesit. Tesame met Sjina en Indië se groeinde aptyt vir vleis en graan, veroorsaak dit akute tekorte op die wêreldgraanmark.  Onluste oor voedseltekorte is reeds besig om uit te breek, en ontwikkelende lande met ontploffende bevolkings is magteloos om die effek van die energiekrisis om te keer, en om onluste wat as gevolg van voedseltekorte uitbreek, te voorkom.

Dit is teen hierdie agtergrond dat Afrikaleiers (in die vorm van Suid-Afrika se ANC-leierskap) weer bakhand by die G8-beraad opdaag. Suid-Afrika se teenwoordigheid by die beraad moet ontleed word ten opsigte van die Zimbabwekrisis, wat Westerse leiers reeds erg omgekrap het. Robert Mugabe, wat skynbaar deur sy mede-Afrikaleiers erken word as staatshoof in Zimbabwe, in daad indien nie in woord nie, word nou openlik deur die G8 as ‘n illegitieme leier beskou, en hulp aan Afrika word gekoppel aan die oplossing van die krisis in Zimbabwe. In ‘n sterk bewoorde verklaring word aanbeveel dat dit Afrikalande se plig is om Mugabe te verwyder: ‘n senior Kanadese leier sê “The role of the Africans, since it's in their region, is to take whatever steps are needed to remove Mr. Mugabe from power, and this is up to them to do it."

Niemand verwag wonderwerke nie, maar daar is nou duidelik ‘n verwagting geskep. Dit kan egter nie te ernstig opgeneem word nie. Daar is ‘n hele geskiedenis waar Westerse lande beloftes maak om hulp aan Afrika te verskaf. Drie jaar gelede is daar in Gleneagles belowe om hulp te verdubbel, waarvan maar min gekom het. Die koppeling van hulp aan die Zimbabwekwessie is nuut, en plaas veral Suid-Afrika se ANC-leiers in ‘n onbenydenswaardige posisie: Hoe keer die ANC hulle historiese ondersteuning vir Mugabe oortuigend om?

Die werklike oplossing vir Afrika se probleme is uiteindelik nie gesetel in Westerse hulp nie. Hulp vanuit die Weste maak ‘n klein groepie ryk Afrikane nog ryker, en doen niks om die kontinent te ontwikkel nie. Die verslawing van ryk Afrikaleiers aan Westerse hulp doen baie meer skade as goed, en is in der waarheid ‘n belasting op armer Westerse burgers ten gunste van ‘n korrupte en ryk opperklas in Afrika.

Afrika kan egter voordeel trek uit handel met die Weste, en dit sal die ontmoontlike verg:  Dat Westerse lande regverdige handelsooreenkomste met Afrika sluit, dat Westerse subsidies wat Afrikaboere so baie skade doen, stop, en laastens, dat goedkoop vervoer dit moontlik maak om produkte uit Afrika uit te voer. Dit is ontmoontlik dat al die vereistes bevredig kan word. Subsidies en geslote grense koop stemme in Westerse lande, en die stygende olieprys maak vervoer onbekostigbaar duur. Derhalwe is Afrika steeds waar dit 20 jaar terug was, en verder terug as wat dit 50 jaar terug was.

Die verhouding tussen Afrika en die G8 is dus, om die minste te sê, disfunksioneel. Westerse lande se handelspraktyke, subsidies, en oliedors, maak dit onmoonlik vir ontwikkelende lande in Afrika om met handel in die wêreldekonomie mee te ding. Al wat nog uit Afrika kom is onverwerkte grondstowwe, gerugte van hongersnood, korrupsie en oorlog, en alle pogings om uit die verhouding te breek is skynbaar hopeloos.

Die oplossing is natuurlik vanselfsprekend (maar word steeds universeel deur Afrikaleiers ontken): Moedertaalopvoeding, verbete optrede teen kriminele en korrupte gedrag (Singapoer het reeds gewys hoe om dit te doen), en sterk kultureel-gevestige instellings, ook vir Afrikaners en vir alle ander bevolkingsgroepe. En oor twintig jaar sal die vrugte daarvan gepluk word. Die waarheid is dat Suid-Afrika en Afrika nie die huidige vernietigende politieke sieninge en beleid van die ANC kan bekostig nie. 

Maar ek hou nie my asem op nie.

Op die G8 se agenda het klimaatsverandering ook aandag geniet. Dit is, as die energiekrisis en Afrika se probleme in ag geneem word, miskien die minder belangriker item. Nie omdat dit potensieel minder ernstig is nie, maar omdat dit oor ‘n langer periode sal ontwikkel, terwyl Afrika se probleme en die energiekrisis eersdaags nog groter probleme kan veroorsaak. As Westerse lande die olietekort gaan verlig deur meer steenkool te gebruik gaan die klimaat potensieel nog meer beïnvloed word. Dit is egter skynbaar ‘n probleem vir 2025 en nie vir 2010 nie.

Op dié wyse het nog ‘n G8-beraad gekom en gegaan.  Die wêreld se belangrikste lande het hulle agendas vergelyk en saamgestem dat daar ‘n energiekrisis is, waaraan hulle nie veel gaan of kan doen nie, omdat hulle dit skynbaar nie heeltemal verstaan nie. Daar is darem versoeke dat Saoedi-Arabië meer olie te pomp. Maar dit kan die Saoedis skynbaar nie doen nie, terwyl ander OPUL-lande soos Libië ontken dat daar ‘n probleem is.

Daar is ook ooreengekom dat Robert Mugabe verwyder moet word, en Afrikalande is deur hulle verteenwoordiger by die beraad (Suid-Afrika) laat weet dat hulle dit self moet doen. Die bakhandkontinent is daar gelaat met vae beloftes van meer hulp as hulle teen Mugabe optree. Ek stel my voor dat korrupte leiers van ander Afrikalande bekommered begin wonder: As dit vandag Mugabe is, wie is dan volgende? Maar ek dink nie hulle hoef te veel slaap te verloor nie: Die Weste is besig om invloed te verloor, en die energiekrisis gaan die wêreld se prioriteite baie verander. Oosterse lande het skynbaar ‘n ander lewensuitkyk en sal die Westerse vakuum uiteindelik vul.  

Afrika gaan dus arm bly, en hulp wat wel opdaag sal in die korrekte bankrekeninge beland. Verder sal haar leiers hulle korrupte en patologiese regeringspraktyke onverstoord voortsit. Ek dink nie eers dat Robert Mugabe uitgestoot sal word nie – daarvoor is die bewondering wat die ANC vir hom het, net te groot.

 

как сделать каменку для бани своими рукамитопкарго

Die geopolitieke spel rondom Zimbabwe

ImageDie meeste Afrikaners is met reg geskok deur Robert Mugabe se optrede teen die blanke boere van Zimbabwe wat die land in ʼn ekonomiese krisis van ongekende omvang gedompel het.

Die Suid-Afrikaanse media beskryf egter tans grootliks die situasie in Zimbabwe vanuit die Britse perspektief. Brittanje het dertig jaar gelede sanksies teen die destydse Rhodesië ingestel ten einde Mugabe aan bewind te stel. Tans wil die land, tesame met die VSA, internasionale sanksies teen Mugabe instel om van hom ontslae te raak. Watter ironie!

Die voormalige vakbondleier, Morgan Tsvangirai, word deur die Britse media – en natuurlik ons eie media, sowel Engels as Afrikaans, wat Brittanje slaafs navolg – voorgestel as die ridder op die wit perd wat die land van ondergang gaan red.

Die vraag is egter of Tsvangirai die gekonfiskeerde bates van die blanke minderheid in sy land gaan herstel, of nie. Te oordeel aan sy openbare uitsprake, gaan dit vir seker nie gebeur nie.

Intussen het Rusland en China besluit om die Anglo-Amerikaanse voorstel vir sanksies teen Mugabe en dertien van sy vertrouelinge by die VN-veiligheidsraad te veto. Beide lande sien waarskynlik in die anti-Westerse retoriek van Mugabe ʼn strategiese geleentheid om punte teen die Weste aan te teken.

Immers gaan dit allermins vir Brittanje om die herstel van eiendomsreg in Zimbabwe. Heelwat Britse sakemanne sien tans ʼn geleentheid in Zimbabwe raak om die bates van uitgesette blanke Zimbabwiërs teen ʼn appel en ʼn ei op te koop en vinnige winste te behaal. Die frustrasie van die Britte wat wil toesien hoe Zimbabwe soos ʼn ryp appel in hul skoot val, is voelbaar.

Brittanje speel reeds dekades lank ʼn rol om die Westerse gemeenskappe van Suider-Afrika – waaronder in die eerste plek die Afrikanervolk – te ondermyn en aan swart radikales uit te lewer wat hulle hetsy uitmoor, hetsy hul bates afvat en hulle uit hul geboorteland wil verdryf. Wat Suider-Afrika betref, is Brittanje die grootste anti-Westerse moondheid van almal en laat die verwoestingswerk van Londen die Russe en Chinese ver agter.

Dis daarom ironies dat Brittanje nou self aan bande gelê moet word deur ʼn anti-Westerse koalisie van die ANC, die Afrika-unie, Rusland en China wat die vetoregte van laasgenoemde twee lande by die Veiligheidsraad gebruik het om die Anglo-Amerikaanse inisiatief te kelder.

Die rede vir die Afrikaner se sukses in die sestigerjare van die vorige eeu was die cordon sanitaire wat Verwoerd rondom Suid-Afrika gehandhaaf het. Effektiewelik het Suid-Afrika die sogenaamde fontliniestate van die destydse Suidwes, Rhodesië, die twee Portugese kolonies (Angola en Mosambiek), asook Botswana beheer en het hul militêre en ekonomiese samewerking geniet. Toe Vorster egter die cordon sanitaire begin aftakel, het dit hoogstens anderhalf dekade geneem voordat die sleutels van die Uniegebou aan die ANC oorhandig is. Sonder om ʼn skoot te skiet, moet mens byvoeg.

Die belang van China by Zimbabwe is voor die hand liggend. Nie net wil die Chinese toegang tot Zimbabwe se minerale rykdom hê nie, maar die Mugabe-bewind is diep in die skuld by die Chinese wat by verskeie geleenthede reeds groot bedrae buitelandse valuta aan die land voorgeskiet het. Dog in strategiese terme is Zimbabwe, ʼn land sonder ʼn hawe, die skakel in Verwoerd se ou cordon sanitaire van frontliniestate rondom Suid-Afrika.

Met al die Suid-Afrikaanse ondernemings wat regoor die Afrikavasteland sake doen, is die volgende afleiding nie vergesog nie: wie Suid-Afrika beheer, beheer Afrika suid van die Sahara. China het dit lankal verstaan; vandaar sy toenemende betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse ekonomie, waaronder sy twintigpersentaandeel in Standardbank, ons land se grootste korporatiewe bank.

Met sy steun vir die verswakte Zimbabwe by die Veiligheidsraad, is China besig om te bou aan sy Suider-Afrikaanse strategie. Reeds beheer China so te sê die frontliniestate wat ons land omring. Dat Suid-Afrika – die minerale skatkis met tagtig persent van die wêreld se platinum – uiteindelik soos ʼn ryp appel in China se skoot mag val, lyk toenemend moontlik.

Nie net word die Weste verswak deur sy politieke korrektheid, geriatriese bevolkings en multikulturalisme nie, maar in Suider-Afrika het die Weste teen sy vernaamste bondgenoot, die Afrikanervolk, gedraai. Deur die Afrikanervolk vir vernietiging en verdrywing te bestem, het Brittanje en Amerika ons subkontinent so te sê op ʼn skinkbord aan hul geostrategiese mededingers oorhandig.

Sekerlik ervaar Londen na gisteraand se stemming in die Veiligheidsraad ʼn gevoel van magteloosheid. Dit sal egter getemper word deur die Britse meerderwaardigheidsin wat sal maak dat dié land sy invloed op Suider-Afrika bly oorskat.

Soos ek al die afgelope sewe of agt jaar by geleentheid gesê het, lyk Suid-Afrika se toekoms soos dié van Zimbabwe. Die ANC is nie minder van ʼn rampokkerregering as Zanu-PF nie. Teen die tyd dat die ANC soos Mugabe tot meer ekstremistiese optrede teen blankes en Afrikaners oorgaan, sal die skynheilige Britte moontlik ook hul gewone stortvloed van morele verontwaardiging vanuit die kantore in Fleetstraat begin lewer.

Dat China op die duur vir Brittanje in Suider-Afrika ore gaan aansit, lyk tans egter na ʼn uitgemaakte saak.

internet casinoФільчаков Олександр Васильович

Polisie is lafhartige bliksems

Dié stuk skryf ek na aanleiding van die polisie se aanranding op mnr. Fanie Kriel van Pretoria.

Mnr Kriel, ek hoop jy slaag daarin om die polisie suksesvol hof toe te neem en die mag vir miljoene te dagvaar.

Mag die meerderheid van die eerlike Jan Publiek die wapen opneem teen die polisiemag en hulle ook so aanrand, in groepsverband as dit moet, sodat daar geen vinger gewys kan word na een enkele persoon nie!

Ek besef dat ek in dié verband geensins beter is as die gespuis wat die daad gepleeg het nie, maar hoe kan mens voortaan op die polisie vertrou om jou te beskerm as hulle ons goedsmoeds aanrand?

Soos verskeie studies al in die redelik onlangse verlede aangetoon het, bestaan ‘n groot deel van die huidige polisiemag uit geharde misdadigers met misdaadrekords.

Dít wat hulle aan jou gedoen het, was barbaars en hoewel ek voorheen van mening was dat geen mens dit verdien nie, begin ek nou voel dat die sogenaamde geregsdienaars wat so opgetree het dit aan eie lyf moet voel.

Mag hulle self eendag in die posisie verkeer waar hulle die slagoffers is, dat daar teen hulle op dié wrede genadelose manier opgetree word.

Die feit dat daar nie melding gemaak word van die kriminele polisiebeamptes se ras nie maak dat mens met redelike sekerheid kan aanvaar dat dit swartes was wat die reg so verkrag het.

Mag die polisiekaptein wat aan hom gesê het dat hy die saak moet los self eendag voel wat hy aan die slagoffer vertel het. Dit sal net reg wees dat die bordjies verhang word en die dom, korrupte bliksem aan eie bas ervaar wat hy ander aandoen. ‘n Oog vir ‘n oog. Ek hoop dat sy woorde eendag in sy eie kop sal maal terwyl hy lê en soebat en smeek vir genade terwyl iemand hom ook verwoes. En daarna moet hy onthou wat hy aan mnr. Kriel gesê het: “dis tog maar net menslik om foute te maak en dat hy die sakie moet vergeet”.

In die kaptein se geval hoop ek dat hy ook maar net-net in die een of ander intensiewesorgeenheid deurgehaal word, maar hy moet die skade aan sy lyf elke liewe dag vir die res van sy lewe voel, die herinnering moet so by hom spook dat hy nie weer sy oë sal kan toemaak sonder om die drogbeelde te sien en elke hou van voor af te voel nie.

En mag hy daarna dink aan die woorde wat hy so maklik uiter: “los maar die sakie net hier, daar sal niks van kom nie”. Die vraag is net, was dit ‘n waarskuwing of ‘n dreigement, mens sal nooit weet nie, kaptein, net jy sal weet hoe jy dit bedoel het, maar ek hoop dat as dit ‘n dreigement was, dit sal terugkom om jou tot selfmoord te dryf. Jy is nie ‘n mens nie, jy is slegter as ‘n dier en verdien nie die pos, salaris en verantwoordelike posisie wat jy tans in die samelewing beklee nie.

Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê.

бланк справки для бассейнаАлександр Фильчаков

Mugabe minag sy meesters openlik

Image“Go hang a thousand times” het Mnr. Robert Mugabe, tot onlangs ‘n Ridder aan die tafel van Brittanje se Koningin Elizabeth II, deur sy woordvoerder geantwoord toe Westerse regerings druk op hom uitoefen om opsy te staan as regeringshoof.

 
Op sy manier dwing Mugabe se hardkoppige en uitdagende houding ‘n mate van respek af.  Met sy vuis in die lug, en ‘n Bybel om ingesweer te word as staatshoof in die koloniale taal, stuur hy terselfdertyd die boodskap dat die Britte en die Amerikaners in hulle peetjie kan vlieg.
Hy sal doen wat hy moet doen.

Mugabe se vertoon is na alles ‘n duidelike illustrasie dat die voormalige koloniale moondheid se invloed nou sodanig getaan het dat hulle wense en politieke druk op Zimbabwe en op sy regering, nie meer sy gedrag, of die van sy land, noemenswaardig kan beïnvloed nie.

Dit was nie altyd so nie.  Dekades gelede sou geen Afrika staatshoof hom so aan die Britte afsmeer nie. Inteendeel, die Britte, en tot ‘n mindere mate die Franse en Spanjaarde, was supermoonthede wat hulle invloed en wense oor lang afstande op vyandiggesinde mense met geweld afgedwing het.  Europa se politiek en mag was die enigste mag, en hulle politiek was noodwendig die politiek van Afrika, die Amerikas, en van die Ooste. Opstandige stamme of lande is summier ingeval en gedissiplineer.  Opstandige leiers is veroordeel en tereggestel.  In Afrikaanse geskiedenis is beide Slagtersnek en die Anglo-Boereoorlog voorbeelde van Brittanje se koloniale politiek en vermoë, en hulle brutale houding teenoor afvallige onderdane.

In hierdie Eurosentriese wêreld, waaraan baie Afrikaners nog gewoond is, is die aannames van Europese oormag natuurlik en vanselfsprekend.  Die Britte (asook ander Europese lande en die VSA) se ekonomiese en politieke invloed in die Suid-Afrika van 1940 of 1960 was oorweldigend.  Dit was bykans onmoontlik om Suid-Afrika voor te stel sonder Brittanje en haar heersende Koning of Koningin. Toe Suid-Afrika in 1961 uit die Gemenebes gestap het, was dit ‘n traumatiese ervaring aan beide kante.

Maar selfs dit het nie Brittanje se invloed in die land verminder nie. Brittanje het betrokke geraak aan beide kante van die anti-apartheidsbeweging. Terwyl haar burgers in die vorm die Aartsbiskop van Canterbury en Peter Hain teen apartheid gewerk het, het haar regering, later onder leiding van Margaret Thatcher, ruimte vir die SA regering probeer skep om ‘n volskaalse rewolusie te verhoed.

Met Mandela se vrylating in 1990 was Brittanje se internasionale rol uitgedien, en haar koloniale sfeer het teruggekrimp to net Noord-Ierland en ‘n paar onbeduidende eilande in die Atlantiese en Indiese Oseane. Brittanje sit steeds op die Veiligheidsraad, maar het geen noemenswaardige invloed meer nie.  In die onsekere gees omarm die eens magtige Brittanje elke moderne politieke en sosiale gier en soek sy haar waardigheid in ‘n rol as ‘n “middle power” buitelands, en binnelands as ‘n post-moderne pretpark.

Nelson Mandela, gebore ‘n Britse onderdaan, vier sy 90ste verjaarsdag in London en kondig daar aan dat hy die openbare lewe verlaat.  Hiermee oorhandig hy sy morele nalatenskap aan die Britte. As voormalige koloniale onderdaan egter, kry Mandela uiteindelik die morele oorhand oor sy voormalige heersers, beide in Brittanje en in Suid-Afrika.

Die ommekeer in die verhouding tussen Mandela en sy voormalige Britse koloniale heersers, en Mugabe se houding teenoor die Britte, mag dalk onverwant klink. Daar is egter ‘n gedeelde onderstroming:  In beide gevalle het die magsverhouding omgekeer.  In Mandela se geval defineer sy visie Brittanje se toekoms, en in Mugabe se geval ontbloot dit Brittanje se impotensie en haar dekadente ondergang.

Brittanje, eens magtig en invloedryk, se dekadensie is nou volbring.

Groot dele van Europa, asook Brittanje, is besig om ‘n radikale verandering te ondergaan.  In Brittanje se geval is immigrasie besig om haar Engelse populasie in die geheel te vervang. Lae bevolkingsaanwas en baie immigrante werk saam om Mandela se Brittanje te skep; ‘n sosiale eksperiment in ‘n multikulturele milieu met ‘n onbekende uitkoms.   Die ondergang van Engelse en Skotte as outentieke Britte ontneem Brittanje van haar identiteit en daarmee die bron van haar mag en invloed.

Brittanje steier vandag onder die nagevolge van die bomontploffings in London in 2005, is bekommerd oor radikale Moskees in Birhingham, Lancashire en Manchester, is volslae impotent in Irak en Afghanistan, kan net magteloos toekyk in Zimbabwe, en het feitlik geen invloed meer op internasionale vlak nie.

Die laaste gesogte Britse eer is Ridderskap. Politieke leiers en sportsterre, filmsterre en popsterre, besigheidsmans en skrywers, staan letterlik tou om tot Ridder geslaan te word. In die tou was Robert Mugabe, en in 1994 word hy tot “Knight Commander of the Order of the Bath” deur Koningin Elisabeth II geslaan. Dit was na die moorde in Matabeleland, en dit was die Britse poging om Mugabe te beinvloed en te beheer.  Die eens magtige Ryk voor wie menige dapper vegters geswig het, was in 1994 reeds gereduseer tot ‘n impotente pretpark wat haar hoogste eer aan moordenaars en popsterre gee.

Brittanje het geen rede meer om te wees nie. Terwyl naragtige diktators haar uittart word haar geskiedenis voor ons oë uitgewis terwyl haar mense soos mis voor die môreson verdwyn en verander in wêreldburgers wat geen erg vir haar het nie.

Robert Mugabe bal sy vuis en sê: “Go hang a thousand times”!

Die oorblywende Britte wat dit hoor trek hulle skouers op en klim in die volgende karretjie in die pretpark.  Koningin Elisabeth II het hom darem van sy Ridderskap gestroop, en meer as dit kan sy nie doen nie.

Die koloniale dae is verby.

ветровка пеликан для девочкиОлександр Васильович Фільчаков

Kurt Darren sing op die maat van Britse propaganda

ImageDie orgie van Britse selfvoldaanheid verlede week toe Nelson Mandela soos 'n tweede Here Jesus in Londen rondgeparadeer is, toon duidelik in watter mate Brittanje heeltemal in sy skik is met die huidige bestel in Suid-Afrika. Nie net word Afrikaners en ander blankes stelselmatig deur regstellende aksie uit die land verdryf nie, maar ons word ook in ons huise aangeval, beroof en vermoor.

Die grusame insident verlede week waar 'n swanger vrou en haar ongebore baba van agt maande gedood is deur haar kop op die vloer pap te slaan, het min of meer op dieselfde tydstip plaasgevind as wat Cherie Blair, Bob Geldof en ander dronk Engelse glanspersoonlikhede saam met hul Xhosa-afgod vir die kameras geposeer het. Een van die Britse koerante, die Daily Mail, het openlik die spot gedryf met die beroemde Britte en Amerikaners soos Bill Clinton wat getoon het tot watter swak smaak hulle in staat is.

Die Groot Madiba het soos 'n bejaarde pous of geriatriese Kremlinfiguur uit die vervloeë dae van die Sowjetunie 'n bewerige, marionetagtige hand na die skares gewuif. Sy toenemend belaglike kleredrag soos die swart hemp met 'n Kaddafi-agtige Afrikakaart op die bors geborduur, het die sirkusaard van die gebeure verder beklemtoon. Mandela se Kaddafi-hemp en Annie Lennox se wit bene in rooi skoene by 'n geel rok wedywer om die eerste prys in die Engelse gwharkompetisie.

Die enigste afwesige persoonlikheid op die gastelys was Robert Mugabe, wat onlangs vir ons 'n gepaste demonstrasie van Afrikademokrasie gelewer het. Om een of ander onverklaarbare rede het Mugabe egter in Londen se onguns verval nadat hy jare lank deur die Engelse op die hande gedra en met hulpgeld gepamperlang is.

In dié konteks is dit vreemd dat 'n Afrikaanse sanger soos Kurt Darrren hoegenaamd uitgenooi is om aan die sogenaamde 46664-konsert in Hydepark deel te neem. Maar so 'n uitnodiging geskied sekerlik as 'n vorm van bedekte vernedering wat aan die adres van die Afrikaner gerig is.

Vandaar dan ook die druk op Darren om reëls te sing wat sy ondersteuners tuis as kwetsend en anti-blank sou ervaar en wat die Britse propagandaspel tot sy uiterste gevoer het.

Die vraag is of Afrikaanse kunstenaars hoegenaamd behoort deel te neem aan sulke Britse propagandaoefeninge wat bedoel is om die ANC se wankelende bewind met elektrisiteitstekorte en die verval in wet en orde te onderskraag?

Immers erken Groot Brittanje en die horde Britse popsangers en openbare persoonlikhede wat almal die linkervleuel van die Arbeidersparty ondersteun, nie die bestaan van die Afrikanervolk nie en daarmee saam kwalik die bestaan van Afrikaans wat reeds twee eeue lank deur Engeland ondermyn word. Uitsprake van die British Council in Namibië het enkele jare gelede Afrikaans as 'n "struikelblok by die aanleer van Engels" getipeer en die owerheid van daardie land aangespoor om meer doelgerig op te tree om die taal deur wetgewing te knak en uit te wis.

Gelukkig hoef die British Council nie sulke oproepe aan die ANC te rig nie, want die party van die geëerde Mandela is sedert sy bewindsoorname in 1994 fanaties hiermee besig.

Kurt Darren het bedroë daarvan afgekom en is deur die Britse propagandameesters misbruik om die illusie van normale kultuuruitwisseling met Suid-Afrika te skep.

In die vervolg behoort Afrikaanse kunstenaars sodanige uitnodigings van die hand te wys. Mandela mag die Britte se skoothondjie wees; ons en ons sangers is dit nie.

консольный насосФильчаков Александр Васильевич

Eskom se idio(tiese)-sosiologie

ImageDaar was die afgelope tyd heelwat media-oproepe vir blanke Suid-Afrikaners om tuis te bly en nie te emigreer nie. Maar om tuis te bly beteken om misdaad, beurtkrag, vuil water en nou ook xenofobie teen te werk.

Dit word dus daagliks duideliker dat om in SA te bly, 'n sekere emosionele en mededingende balans gaan verg. Hierdie balans kan met die volgende voorbeeld verduidelik word:

Sedert die elektrisiteitskrisis in SA, het die volgende langsamerhand na vore gekom:

  1. 80% van Eskom se winste kom van die residensiële mark wat minder as 20% van die elektrisiteit verbruik. 80% van hierdie winste gaan na die steenkoolverskaffers wat beteken dat die hoofsaaklik wit middelklas van SA sekere swart steenkoolmiddelmanne verskriklik ryk maak.

  2. Wanneer Eskom dus beurtkrag toepas, sny hy krag by sy winsgewende kliente af – ons gewone middelklas – omdat ons geen politieke bedreiging is nie. Wat egter gebeur is dat die residensiele elektriese verbruik met ongeveer 10% daal wat beteken dat Eskom se (totale) winste ook met 10% daal. Die steenkoolmiddelmanne kry dus minder geld en dít is 'n politieke probleem.

Word Eskom verder ondersoek, word gevind dat die verwagte kosprys (wat hy van homself verlang), R00.18/kwu is, terwyl hy minder as dit verkry vanaf oorsese en nywerheidsentiteite. Wanneer die wins dus daal, kan minder en minder van hierdie subsidiëring plaasvind en kan die gevolgtrekking gemaak word dat die hele land en sy bure effektief op die rug van die wit blanke ry, vandaar die oproep na blankes om terug te kom na SA.

Die blanke in SA moet dus nie net die uitheemse swarte in Mosambiek of Malawi van (sy) krag  voorsien nie, van (sy) kos en (sy) werk nie, maar moet na dit alles keer dat dieselfde monde wat hy gevoer het, hom vermoor. Dít verg 'n idio-emosionele balans.

Een ding wat mense moontlik kan help om hierdie emosionele balans te hou, is om 'n redelik onbekende wet te gebruik naamlik PAJA – Promotion of Administration Justice Act (Wet 3 van 2000).

Dit is nie van veel hulp vir die sakemanne nie. Maar die arme werknemers wat blootgestel word aan swak administratiewe bestuur, het hiermee 'n direkte heenkome tot 'n mosie in die hoër howe. Hierdie wet is direk afgelei vanaf die grondwet en val dus buite die arbeidswet. Personeel kan dus sonder die witboordjiestigma van vakbondhulp hulself wend na regsbevele. (Eskom se personeel byvoorbeeld.)

'n Ander wet waarmee die administratiewe foutjies vasgevat kan word, is natuurlik die Public Finance Management Act 1999.

Hierdie wet is amper drakonies in wese en amper onoorwinbaar indien toegepas. Al wat moet gebeur, is dat die gewone (Eskom-) man in die straat hierdie wette in hul volle omvang moet gebruik. Meestal is 'n mate van regshulp nodig en daar is vakbonde van nut. Maar die bereidwilligheid van kundiges moet nie onderskat word nie. Om emosionele balans te behou, moet mens soos die advertensie sê “sien die potensiaal (van die wette) en wag dan vir die (oortredings-) geleentheid om voor te kom”.

для баниОлександр Васильович Фільчаков

Malema verwoord essensie van ANC-denke

Image Dis nogal amusant hoe vandag se Sunday Times op die uitspraak van Julius Malema, die ANC-jeugleier, reageer. Malema word afgemaak as die “mamparra van die week” en oor die algemeen word sy uitspraak ten gunste van geweld nie ernstig opgeneem nie.

Nie te lank gelede nie is Robert Mugabe se dreigemente insgelyks as retoriek beskou wat mens nie “letterlik” moes opneem nie. Ook in die tyd van Peter Mokaba wat lustig voor sy ondersteuners gesing het, “Kill a Boer, kill a farmer”, is ons verseker dat dit bloot ‘n vryheidsliedjie en ‘n metafoor was.

Intussen word boere (kleinletter) en Boere (hoofletter) steeds by die duisende elke jaar vermoor.

Sedert die ANC aan bewind gekom het, word die datum 16 Junie jaarliks gebruik om anti-wit sentiment in die land aan te blaas. Die feit dat meer swartes verlede maand in die geweld teen vreemdelinge as op 16 Junie 1976 gesterf het, word deur niemand as van belang beskou nie. Daar sal nooit ‘n spesiale vakansiedag vir die slagoffers van geweld teen buitelanders wees nie.

Dat Malema dus 16 Junie gekies het om geweld te predik, is nie toevallig nie. Net gister het hy sy standpunt herbevestig en gesinspeel op die tradisie van gewelddadige revolusie in die ANC.

Die ANC, soos Mugabe se Zanu-PF, die ou Bolsjewiste in Rusland, Mao Tsetoeng en sy Rooi Wagte, asook baie ander, is ‘n organisasie wat die geweldsetos as’t ware met sy moedersmelk ingekry het. Die gematigde gesig wat die ANC aan die sakesektor en aan buitelandse diplomate toon, is slegs ‘n masker. Daaragter skuil ‘n meedoënlose, revolusionêre monster wat nie sal rus voordat Suid-Afrika geheel en al “getransformeer” (lees: revolusionêr verander) is nie.

Dat blankes en veral die Afrikaner glad nie deel uitmaak van die ANC se toekomsplanne nie, is geen geheim nie. Malema het vandeesweek bloot bevestig dat pogings deur die howe om Zuma van die presidentskap te weerhou en om grondonteiening en die res van die ANC se radikale program te kortwiek, uiteindelik met geweld beantwoord sal word.

Dit wil ongelukkig voorkom asof die Afrikaner – en veral sy vorige geslag leiers wat in hul kinderlike naïwiteit gedink het dat ons die verval en onstabiliteit van post-koloniale Afrika à la Zimbabwe gespaar gaan bly – steeds in die waan verkeer dat die swart nasionaliste van die ANC ons goedgesind is.

Ons mense is ook geneig om die gerusstellings van die buiteland, spesifiek Brittanje, vir soetkoek op te eet. Immers was dit die Britte wat FW de Klerk en Roelf Meyer oortuig het om onvoorwaardelik aan die ANC oor te gee, pleks van beter te onderhandel vir ‘n bedeling waarin ons nog oor ‘n mate van mag en invloed, asook waarborge vir ons voortbestaan, beskik het.

Die Britte het insgelyks in 1980 vir Robert Mugabe as ‘n briljante swart leier opgehemel en ‘n rooskleurige toekoms vir die nuwe Zimbabwe voorspel. Tans poog Brittanje om sy eie maaksel in daardie land ongedaan te maak deur ‘n baie middelmatige vakbondleier by name Morgan Tsvangirai teen die revolusionêre Mugabe te steun. Brittanje meng ook openlik in dié land se sake in, net soos wat dit in die laat tagtiger- en vroeë negengtigerjare in Suid-Afrika se sake ingemeng het ten einde die revolusionêre party, die ANC, aan bewind te stel.

Hoewel Zuma berekend oor die afgelope jaar gerusstellende uitsprake oor die Afrikaner en sy plek in die land gemaak het, kan dieselfde nie van sy kollegas en veral sy ondersteuners soos Mamela en die ANC-jeugliga gesê word nie.

Die radikales is stadig maar seker besig om die oorhand in die ANC te verkry en die onlangse uitbarstings teen vreemdelinge het reeds aangetoon watter kruitvat Suid-Afrika vandag, 12 jaar na die einde van die gewraakte apartheid, verteenwoordig.

Revolusionêre retoriek word gewoonlik gevolg deur revolusionêre optrede. Dit is die les van post-koloniale Afrika waarvan nie ‘n enkele land ‘n gewelddadige bewindsverandering met gepaardgaande wanorde en selfs burgeroorlog vrygespring het nie.

Daar is diegene wat beweer dat die Afrikaner vandag, onder die invloed van Sewendelaan en Naspersdagblaaie met hul PK-propaganda, sy eie geskiedenis vergeet het. Ons mense sal ‘n nog groter fout begaan deur die Afrikageskiedenis van die afgelope dekade of vier te ignoreer.

gaming lagoonФильчаков прокурор харьков

SA rassewaansin peil nuwe dieptes

ImageIn 'n verregaande beslissing wat aan die tragi-komiese grens, het die Grondwethof vandag beslis dat Sjinese "swart" is, en derhalwe mag voordeel trek uit die gewettigde plundery van ander se bates bekend as swart ekonomiese bemagtiging (SEB).
 
Laat ek hierdie belaglike beslissing in perspektief stel: mense wat dikwels nie gebore Suid-Afrikaners is nie, mense van gans en al 'n ander kontinent, mense wat dikwels nie enige inheemse taal nie, maar slegs Kantonees of Mandaryns magtig is, gaan benewens gebore Suid-Afrikaanse Sjinese in die toekoms bo blankes bevoordeel word, want hulle is glo "swart".

Gaan die Sjinese voor in die ry staan vir bemagtiging wanneer konsessies vir perlemoenontginning uitgedeel word?

Blankes wie se families dikwels reeds vir geslagte op die kontinent woon, se status as tweedeklasburgers is opnuut bevestig deur hierdie verregaande hofbeslissing. Blankes wat nog nooit enige swarte benadeel het nie, moet ook die onderspit delf ten gunste van die nuwe geelswartes. Blanke kinders wat sedert 1994 gebore is, wat nooit in hulle lewe voordeel getrek het uit enige rassewetgewing nie, ook die armblankes wat krepeer in die blanke plakkerskamp langs die Krugersdorpdam, boorlinge van Afrika, sal moet terugstaan vir moedertaalsprekers van Kantonees.

Kan ons verwag dat daar nuwe soorte rassekwalifikasies ingestel gaan word om ook die gebore Taiwanees as swart te beskryf? Gaan die ANC-bewind een of ander toets, naas die potloodtoets, bedink om te bepaal wie se oë Oosters genoeg trek om te kwalifiseer vir "swart" ekonomiese bemagtiging?

Dit is asof blankes in 'n Kafka-stuk vasgekeer is, waarin die bewind se waansinnige rassisme hom noop om enige iemand as swart te kategoriseer, net solank hy nie 'n gebore blanke Suid-Afrikaanse burger en veral nie 'n Afrikaner is nie. Ek sou nie verbaas wees as blonde Swede met ligte gelaatstrekke tot ere-swartes verklaar sou word uit hoofde van die Skandinawiese lande se ruimskootse befondsing van die huidige bewind se terreurdade in die verlede nie.

Die vraag is hoe lank blankes hierdie onhoudbare situasie gaan verdra. Daar moet sekerlik 'n punt kom wanneer ons gaan opstaan en weier om verder as tweedeklasburgers vertrap te word. Gaan die rassewaansin van die ANC-bewind die sade vir 'n opstand onder Afrikaners plant, een wat heeltemal vermybaar was?

деревянные потолочныеАлександр Фильчаков Васильевич

Brittanje se Noordsee-olie

Image Toe Margaret Thatcher as eerste minister in Brittanje oorgeneem het in 1979, was Brittanje bekend as Europa se "Siek Man". Daar was legio redes vir die Britse ekonomie se sklerose wat sedert die Tweede Wêreldoorlog geteister is deur hoë werkloosheid, relatiewe armoede, en selfs sosiale onrus.
Brittanje se rykdom was histories op haar koloniale beleid gebou. Engelsprekende gemeenskappe in die voormalige Noord-Amerikaanse kolonies het geleenthede vir handel in ‘n gemene taal en kultuur gebring, terwyl rykdom elders in suikerplantasies, die ontginning van edelmetale en diamante in Suid-Afrikaanse myne, en in die uitvoer van vervaardige goedere uit Brittanje na haar kolonies, geskep is. Internasionale finansies en investering word steeds op die Londonse Beurs behartig, vanweë London se eertydse posisie as koloniale hoofstad. Voorts het voormalige Engelse kolonies Engeland in twee Wêreldoorloë gered, want ‘n gemene politieke denke, taal en kultuur wat die VSA en Brittanje deel, het tot 'n soort natuurlike bondgenootskap gelei.

Die Eerste Wêreldoorlog het ‘n dramatiese negatiewe effek op die Britse ekonomie gehad, en die Depressie van 1933 het veral groot sosiale en ekonomiese probleme geskep. Die Tweede Wêreldoorlog het ook die nodige ekonomiese en militêre steun vanuit die VSA en ander voormalige kolonies (ook vanuit Suid-Afrika) verseker, en Brittanje is bankrotskap gespaar. Haar ekonomie het egter enorme rykdom in die oorloë afgestaan, en die Gemenebes het gedurende die Tweede Wêreldoorlog hulle ekonomieë (gebaseer op die Pond) oopgegooi vir handel met die VSA om Brittanje se ekonomie te red.

In die na-oorlogse jare het die Britse regering se vooroorlogse flirtasie met sosialisme in ‘n obsessie verander. Sosialistiese instinkte in veral die Arbeiderspartyregering van 1945-51 het uiting gekry in kollektiewe beleidsrigtings en in die nasionalisering van verskeie industrieë. Selfs die Britse Konserwatiewe Party het verskeie van die sosialistiese impulse ondersteun. Maar onderliggend aan Brittanje se sosialisme was die ondergang van Brittanje se eens voortreflike stoom-tegnologiese ekonomie van die 18de eeu. Verouderde arbeidsbeleid, tesame met verouderde tegnologie in beide die ontginnings- and vervaardigingsektore, het Brittanje se kanse geknou, en armoede in die werkersklas het eindelik uitgeloop op stakings en ander arbeidsonrus.

Gedurende the 1950s het Brittanje se ekonomie sodanig verswak dat haar leiers die einde van die Gemenebes voorsien het (dit sien mens byvoorbeeld in Harold MacMillan se “Winds of Change” toespraak in Kaapstand in 1960). Britse leiers het rigting verander, weg van die Gemenebes, om ‘n ekonomiese toekoms in die Europese Unie te soek. Die 1960s was weereens ‘n moeilike dekade, en arbeidsonrus en stakings het toegeneem in ‘n algemene ekonomiese afname in Brittanje tot en met Margaret Thatcher se oorname in 1979.

Thatcher het ‘n Nuwe Brittanje belowe, en het in alle oënskyn haar belofte nagekom. Onder haar en haar ideologiese opvolger, Tony Blair, het Brittanje haar posisie in die wêreld tot ‘n mate herstel. Die oorlog in die Falklande, en Blair se entoesiastiese toetrede tot die oorlog in Irak was ‘n teken van ‘n meer welvarende en self-versekerde Brittanje, en die verval van die na-oorlogse jare was skynbaar omgekeer.

Die belangrikste ekonomiese nuus uit Brittanje in die 1970s, te midde van stakings, onrus, die “Winter of Discontent” en die val van Edward Heath and Jim Callaghan se regerings, is die ontdekking van Noordsee-olie naby Brittanje se kus. Die ekonomiese manifestasie van die ontdekkings het eers gedurende Thatcher se regering gekom, omdat dit baie tyd en baie kapitaal geverg het om die Noordsee-olievelde te ontwikkel.

Uiteindelike sou die inkomste en ekonomiese groei in die olievelde beide Brittanje en Noorweë se ekonomieë baie baat (gedurende die 1980s), tot so ‘n mate dat Brittanje se ekonomiese uitsig van siek tot robuust en gesond onder Thatcher sou verander, wat ook op haar eie manier besig was om die invloed van arbeidersunies in Brittanje te breek.

Met Thatcher en Noordsee-olie word Brittanje weer ryk:  Haar oorsese bates en investering neem toe van 12 biljoen pond in 1979 tot 110 biljoen in 1986 – ‘n mate van groei wat histories net deur die Japanese ekonomie ge-ewenaar word. Dit is die effek van ‘n olie-bonus op ‘n Westerse ekonomie – van ‘n siek man tot voortreflike groei en rykdom. Brittanje se ekonomiese opbloei duur steeds in ‘n mate voort, en fantastiese hoeveelhede rykdom is geskep en uitgegee in London, met olie-sjeiks en mynmagnate wat oorsee investeer en rykdom terugbring na London. Die Londonse Beurs is een van die belangrikste beurse ter wêreld, en groot hoeveelhede geld word daagliks daar gewissel in terme van investering, handel en ander transaksies.
Image
In 'n grafiek op BP se statistieke webwerf word olie-produksie uit die Britse deel van die Noordsee teen jaartal voorgestel, tot en met 2006. Brittanje het bykans geen olie tot in 1975 geproduseer nie. In 1976 styg produsie vinnig met die Noordsee-ontwikkeling, om ‘n kruin in 1984 te bereik.  

Thatcher word eerste minister in 1979 en pluk dus die vrugte van investering in die ontwikkeling van die olievelde. Teen dié tyd was Brittanje ook al ‘n netto-uitvoerder van olie en olie-produkte (plastiek, kunsmis, ens). Daar was teen 1988 ‘n afname in die olieproduksie, maar nuwe tegnologie (byvoorbeeld om sywaarts te boor) keer die afname om, en die produksie bereik ‘n nuwe hoogte in 1999. Die velde word egter toenemend uitgeput en dit begin moeiliker word om olie te produseer. ‘n Dramatiese afname in die produksie van olie, tussen 5% en 10% per jaar, word tans ervaar en in 2006 het die produksie reeds met 46% afgeneem gemeet teen die spits in 1999.  

In 2008 is Brittanje weer ‘n netto invoerder van ru-olie, en geen nuwe tegnologie gaan hierdie feit omkeer nie. Die Noordsee-meevaller is uitgeput, en die enkele belangrikste rede vir Brittanje se ekonomiese opbloei in die Thatcher-jare geld nie meer nie.

Dit beteken nie dat Brittanje skielike ekomiese ondergang gaan ervaar nie. Inteendeel, die investering in ander sektore van die ekonomie gedurende 1975-2005 is steeds ‘n belangrike deel van die ekonomie wat rykdom in ander sektore genereer. Daar is egter nie meer goedkoop en maklike energie nie en Brittanje moet nou saam met ander lande ru-olie uit die Midde-Ooste invoer.

Noordsee-olie, tesame met Meksiko se reuse Canterell-veld, het die olieskokke van die 1970s omgekeer, en was onderliggend aan die wêreld se uitstekende ekonomiese toestande gedurende die 1980s en 1990s. Die afname in produksie in hierdie velde veroorsaak tekorte op die oliemark vandag, en veral met toename in aanvraag uit Sjina en die Ooste, stoot dit die prys op, tot oor die $130 per vat, vergeleke met ‘n prys van onder $90 per vat sedert my laaste bydrae oor olie. Die onderliggende rede aan die olie-prys se dramatiese onlangse toename is presies die uitputting van Noordsee en Meksikaanse olie (en Rusland se onvermoë om hulle produksie te verhoog), wat vervang moet word met verhoogde produksie in die Midde-Ooste.  Daar is egter tekens dat selfs Saoedi-Arabië nie meer die kapasiteit het om produksie noemenswaardig te verhoog nie.

Daar is steeds in baie Westerse kringe ‘n ontkenning dat ‘n nuwe energiekrisis dreig wat merkwaardige ekonomiese gevolge kan hê. Die wêreld se produksie staan vandag op ongeveer 86 miljoen vate per dag (taamlik konstant sedert 2005), en daar is huidige tekens dat dit nie volhou kan word nie. ‘n Onvermydelike afname, soortgelyk aan die afname in produksie uit die Noordsee, kan verdere prysstygings veroorsaak, en $200 per vat, of selfs meer, is nie buite die kwessie nie. Dit is so selfs as die huidige prys die gevolg van spekulasie is – in daardie geval sal die prys eers afneem, voor dit weer verhoog onder markdruk weens ‘n tekort. ‘n Jaar gelede was ‘n prys van $100 per vat ondenkbaar, maar vandag lyk dit goedkoop.

Die geopolitieke gevolge van fisiese tekorte in ru-olie sluit hongersnood en oorloë in, soos wat die wêreld sal moet aanpas in ‘n laer-energie ekonomie sonder maklike vervoer in die vorm van motors en internasionale vlugte, asook dan akkute voedseltekorte weens tekorte in kunsmis en duur dieselolie, en dies meer.

In die geval van Brittanje is die verband tussen Noordsee-olie en die rykdom en vooruitstrewendheid van jare tussen1980 en 2005 nie toevallig nie.  Daardie rykdom was dalk meer as gevolg van Noordsee-olie, as gevolg Thatcher. Die onderliggende redes vir Brittanje se ekonomiese agteruitgang na die Tweede Wêreldoorlog tot in 1975 is steeds daar, maar was verdoesel, en dit sal nou weer na vore begin kom. In die volgende dekades gaan Brittanje weer ‘n periode van relatiewe afname met gepaardgaande probleme ervaar, en dit in ‘n wêreld waar olieprysskokke die wêreldekonomie gaan ontwrig en menslike vernuf tot die uiterse gaan toets.

мыльные наборыФильчаков прокурор харьков