Verraad en die Rooivalk-helikopter

Image14:04:03 Is dit moontlik om jou land te verraai? Sonder om die definisie van verraad self te ontsyfer, het dit oor die algemeen te doen met gebrekkige lojaliteit.

In werksverband is lojaliteit aan die baas of selfs maatskappyvisie nogal belangrik, maar as dit 'n staatsinstelling is, moet mens dan eintlik ook lojaal wees teenoor die eienaar of staatsgesag.

Aan die ander kant is 'n land verdeel in belangegroepe en lojaliteit aan enkele belangegroepe beteken nie noodwendig dislojaliteit aan die land nie.

Die afleiding kan gemaak word dat mens aan die land lojaal kan wees sonder om aan belangegroepe of maatskappye lojaal te wees, en natuurlik andersom.

Nadat lojaliteit ingeburger is, is dit is egter 'n sielkundige skok wanneer daar verandering in hierdie verwysingsraamwerk plaasvind. Soos byvoorbeeld hier in die goeie ou Suid Afrika… of is dit regtig nog? En vir wie?

Neem nou maar minister Alec Erwin wat suksesvol sy werk gedoen het in twee staatsdepartemente naamlik handel en nyywerheid, asook openbare ondernemings. In sy jaarlikse begrotingsrede is die omonwonde afleiding en instruksie aan openbare ondernemings dat privatisering onderneem moet word sonder om die staat te na te kom, met ander woorde die goueaandeelgedagte.

Die idee daaragter was duidelik deel van Mbeki se tweede ekonomie waar hy staatsarms wou gebruik om swart transformasie letterlik in te bestuur indien nie af te dwing nie. Die eerste poging in een onderneming, naamlik Denel, was om die uitvoerende amptenaar van sy keuse aan te stel, by name Victor Moche, 'n Xhosa met intelligensieopleiding vanagter die ystergordyn.

Nadat Denel uitmekaar geskeur is, waar die bes-presterende afdeling forensiese ondersoekers was, het ons Arabiese vriende en vriendelike vakbonde soos UASA uiteindelik daarin geslaag om Alec Erwin se frustrasie en skaamte op/af te kikker waarna hy vir Victor Moche met Shaun Liebenberg vervang het.

Met die oorname was die verhoog natuurlik reg vir die opkoms van die nuwe Denel-strategie van (sic) ontbondeling. Die probleem was/is egter dat die maatskappy nie finaniseel sterk genoeg was nie, met gevolglik lang beloftes van groot rykdom aan die belastingbetaler, in 'n tyd toe teenhandel van internasionale wapenaankope die politiek korrekte begrip was.

Dit het toe gelei na die Alec Erwin-konsep van 'n ekonomies onafhanklike militêre bedryf wat sonder subsidies soos in die motorbedryf plaaslik die wonderwerk van tegnologie kon vervolmaak. Die weermag was natuurlik in ekstase daaroor omdat dit gevolg het op al die wonderlike oorsese besoeke en spesiale toelaes wat die langonderdrukte soeke na erkenning gestreel het.

In hierdie omgewing word die Rooivalkprogram toe ook ywerig bemark onder toesig van niemand anders as die parlement in samewerking met buitelandse sake nie. Die doelwit om “ysters” verkoop was egter minder belangrik omdat die ware doelwit eerder was om die organisasie te integreer met Eurocopter of Agusta op een of ander manier. Maar die minister se instruksie is toe nooit uitgevoer nie want hy het nou die dekreet uitgereik dat Rooivalk nog slegs 5 jaar bedryf sal word. Die soeke na tegnologie ten spyt. Die totstandkoming van 'n staatsgesteunde elektriese motor onder beheer van oud-Rooivalkpersoneel as voorbeeld van een van die Rooivalk se nie-ekonomiese voordele, om nie eers van ander gevolglike maatskappye te praat nie, is nou vir ewig vir Suid Afrika verlore.

Dieselfde minister reik dus uiteenlopende dekrete uit teen landsbelang en dood daarmee die nie-ekonomiese voordeelbeginsel wat aanvanklik in Amerika na vore gekom het, die SR-71A Blackbird tot gevolg gehad het en plaaslik vervat word in die King II-verslag.

Die proses wat gebruik word deur die departement van openbare ondernemings om die steierende Denel (en daarmee saam die hele lugvaartbedryf) te bestuur, is om 'n kontrak of “compact” aan te gaan waar “strategiese” oogmerke vasgevat word wat lei tot sleutelprestasieareas.

Hierdie “compact” vra natuurlik dat 'n lugvaartnywerheid met klein en mediumgrootte ondernemings gevestig moet word. Wie daarvoor geld moet uithaal, is nie duidelik nie, veral nie in die lig daarvan dat Rooivalk beëindig moet word wat 10% van die kontantvloei in Denel bestuur nie. Die gekners van tande deur die Sentrum vir Sekerheidstudies en die Verenigde Nasies omdat geen gewapende helikopter in Kongo beskikbaar is nie het blykbaar geen uitwerking nie.

Wat die “compact” níé voor vra nie, is vir Rooivalk. Wie is nou lojaal aan wie? Die vraag is altyd wie hierdie “compacts” skryf en of hulle lojaal is aan die land, wat hoogs betwyfelbaar is en daarom lei tot die vraag aan wie mens werklik lojaal moet wees.

Is daar dan werklik enige ander keuse as lojaliteit teenoor 'n eie moderne kultuur en familie, waar 'n mens jou ook al in die wêreld mag bevind?

деревянная баня под ключОлександр Фільчаков прокурор

Help! skree Afrikalande

Image08:17:57 Dis interessant dat die Afrika-, Karibiese- en Stille-Oseaanlande nou skielik moet bekommerd raak oor die feit dat die wêreldmarkte ‘n stukkie grondpad met baie slaggate getref het. Die feit dat die AKS-lande nou skielik ‘n beraad gehad het om die verswakking in die markte oorsee te bespreek – en dan natuurlik die gevolge van die ekonomiese krisis op die betrokke lande self – wys weer net een ding: hulle bekommernis oor hulself, terwyl hulle nie ‘n vinger wil lig om iets aan hul eie heil te verander nie. Immer die martelaars.

In hierdie rubriek het ek net so ʼn paar Afrikalande uitgesonder wat deel is van die AKS groep van lande, maar die hele lys is aansienlik langer. Ek het hieronder ‘n tabel opgestel, weereens nie volledig nie, wat mens ‘n redelike idee gee van die lande se sterk en swak punte.

Indien mens na die lys kyk, is dit duidelik dat al die lande wel iets het wat ekonomies nuttig kan wees, en in ʼn paar gevalle is dit meer as net nuttig. Die potensiaal bestaan vir Afrikalande om leiers op bepaalde gebiede te wees, maar dit blyk dat daar altyd die een of ander rede is dat Afrikalande hulp moet ontvang.

Mens kan net wonder met watter verwagtinge die nasies byeen gekom het in Ghana se hoofstad, Accra, en wat hulle beoog het om te bereik.

Die feit dat verskeie lande se ministers die ontwikkelingshulp nou op sowat 25% minder skat dink ek beteken nie veel nie, aangesien die oorgrootte meerderheid van die lande in elk geval nie die korrekte besteding uitvoer waarvoor die geld bekom is nie. En in dié gevalle waar die fondse wel reg aangewend word, is daar soveel probleme met korrupsie en ander onderduimse aksies dat niemand behalwe ‘n klein handjie vol mense vrug van die projekte pluk nie. Dit blyk die Afrikamanier te wees.

             Landnaam                                          In land se guns                                  Probleme, nadele

Angola 

Yster, diamante, olie

Probleme met menseregte skendings, korrupsie, smokkelary

Botswana

Diamante, minerale, toerisme

Probleem dat bestaansboerdery steeds groot is in land, lae reënval, soms droogtes

 

Kameroen

Ru-olie-produksie en -raffinering, kakaobone, koffiebone, aluminium, tekstiel, hout

Probleme met korrupsie baie groot, bestaansboerdery steeds algemeen

Sentraal-Afrikaanse Republiek

Goud, uraan, diamante, ander minerale

Siviele onrus, geweld tussen regeringsgroepe en rebellefaksies

Tsjad

Olie, tekstiel, sigarette

Probleme met vlugtelinge vanaf Darfoer (Soedan), wisselvallige reënval.

DRK

Mynbou, diamante, koper, sink, ander minerale, kobalt, ru-olie, koffie

Probleme met onstabiliteit, faksiegevegte, rebellegroepe, korrupsie

Ivoorkus

Sogenaamde vrye ekonomie

Probleme met kinderslawe-arbeid wat weer toeneem, politieke onrus, faksiegevegte, rebelle groepe, onderdrukking van menseregte

Kenia

Bosbou, visserye en landbou, koffieverbouing, tee, toerisme, 

Probleme met regering en faksiegevegte, korrupsie, vervoerinfrastruktuur- probleme

Namibië

Myne, diamante, lood, sink, tin, silwer, wolfram, uraan, koper, vissery

Ontoereikende landbou- potensiaal, mynbou te klein, toerisme is groot 

Nigerië

Ru-olie-ontginning, landbou

Probleme, onstabiliteit, regeringsmagte en rebellegevegte, sabotasie van oliepyplyne en platforms

Swaziland

Mynbou, steenkool, onverwerkte asbes, tekstiel- vervaardigings- bedryf

Bestaansboerdery, hoogste MIV/vigssyfers in Afrika suid van Sahara

Liberië

Diamante, ystererts, rubber, hout, kakao, koffie

Land is vernietig deur burgeroorlog

Malawi

Tabak, tee, suiker, katoen, koffie grondbone

Uitvoerekonomie, baie vatbaar vir wisselinge elders in wêreld

 

Mosambiek

 

Toerisme, landbou, visserye

 

Deur burgeroorlog vernietig, stadig weer besig om reg te kom

Rwanda

Koffie, tee, velle, tin erts

Vernietig deur burgeroorlog, volksmoord, korrupsie, vloede

Sierra Leone

Diamante, kakao,  koffie, vis

Burgeroorlog, korrupsie, kinderslawe-arbeid, kindersoldate

Somalië

Lewendehawe, piesangs, vis, velle, houtskool

Burgeroorlog, korrupsie, wetteloosheid, seerowery 

Soedan

Olie en petroleum- produkte, katoen, sesamprodukte, suiker  

Geloofsonverdraagsaamheid, burgeroorlog, godsdiensoorlog, rebellegroepe teen regeringsmagte

Zimbabwe

Katoen, tabak, goud, tekstiel produkte, magnetiese en nie-magnetiese allooie

Korrupsie, magsvergrype, volksverhongering,  onverdraagsaamheid teen minderheidsgroepe

My siening is dat indien die lande daar byeengekom het om hulle armoede aan die wêreld voor te hou as bewys dat hulle gehelp moet word, die wêreld net so entjie wyer kan kyk as hulle redes wil sien hoekom die lande níé gehelp moet word nie. In die bostaande kolomme is reeds heelwat bewyse, as mens dit so wil stel.

Daar is heelwat lande hierbo met swak en korrupte regerings, rebellefaksies wat teen regering veg, geloofsonverdraagsaamheid, kindersoldate, kinderslawe-arbeid, etniese onverdraagsaamheid. So kan die lys voortgaan, (en ek het probeer om bondig te wees).

Wat wel opvallend is omtrent bogenoemde lande is dat almal wel iets het wat hulle tot eie ekonomiese voordeel kan aanwend, maar ek dink die een ding wat grootliks by die swart Afrikaan ontbreek, is die wil om vir homself iets te doen.   

As mens so kyk, is mynbou en landbou twee bedrywe wat redelik wyd oor die lys versprei is.

Hoewel vele van die nasies nie totaal onafhanklik van handel kan wees vir hulle voortbestaan nie, is hulle nou so erg afhanklik van buitelandse hulp dat hulle daarsonder seker totaal in die verderf sou verval.

Maar ek dink dat baie van die nasies tesame met andere ook vir hul eie ondergang te blameer is. My redes daarvoor is soos volg.

Dit het begin met kolonialisering wat gelei het tot Westerse invloede. Dit het later uitgebrei na mediese dienste wat tot gevolg gehad het dat die bevolkings gegroei het teen ‘n hoë tempo wat vroeër of later ‘n katastrofe sou afgee wat nou met ons is. Dit is redelik eenvoudig dat ‘n sekere stuk grond net soveel mense kan dra, wat voedselvoorsiening. betref Die voedsel voorsiening deur die VN en ander organisasies oor dekades het verder gehelp om die groter komponent van die AKS -ande verder te verswak, in dié opsig dat hulle geleer het om afhanklik te wees van voedselhulp in pleks daarvan om dit self te verbou.

Die een ding wat baie Afrikalande nie wil doen nie, is die aanpassing by die Westerse manier van doen, maar hulle verwag steeds om soos die Weste te lewe. Steeds is daar die geneigdheid om soos die voorgeslagte onder ‘n boom te wil sit en dagdroom van groot troppe beeste en ‘n kraal vol vroue, maar aan die ander kant is die Afrikaan nie bereid iom te werk vir dit wat hy wil hê nie. Hulle smag na alles wat Westers en blink is, maar vergeet dat anders as beeste, geld nie net in ‘n bank lê en aanteel nie. Dit moet op die een of ander manier verdien word.

Mens kan nie hoop om ‘n eerstewêreldland te word terwyl jy derdewêreldse gewoontes aankleef nie. Die twee dinge is net nie versoenbaar nie.

Dit is nou maar net soos Afrika en sy geesgenote is. Hulle dink dat die wêreld hulle ‘n lewe skuld, terwyl hulle eintlik niks gedoen het daarvoor nie.

Dat die verlede wel bevlek is met donker dade, soos slawehandel en ander vorme van stropery is ongetwyfeld so, maar siende dat daardie praktyke lank reeds gestaak is, dink ek nie dat die Weste die lande enigiets meer skuld nie, gegewe ook die kolassale bedrae hulpgeld wat sedertdien deur die Weste aan Afrika bewillig is.

Wat mens wel waarneem is dat hoewel astronomiese bedrae geld in die lande gestort word by wyse van ontwikkelingshulp, dit geen beduidende verskil gemaak het aan die omstandighede daar nie. Dan begin mens later wonder hoekom die Weste die moeite doen om miljarde dollars en ponde in ‘n bodemlose put in te smyt.

Dit wil voorkom asof die mense wat op die vergadering byeen gekom het van een belangrike beginsel vergeet het: “Welsyn begin by die huis", soos die Engelse spreekwoord lui.

Indien hulle gedink het dat die eerstewêreldlande hulle eie bevolkings gaan laat krepeer, net om verder geld te mors op ‘n hoofsaaklik ondankbare stuk grond wat ryklik bedeeld is met minerale, landbougrond en water, alles wat hy nodig het om ‘n leier op die gebied van mynbou, olievoorsiening, landbou en vissery te wees, moet hulle weer dink. Ek dink die dae van onbepaalde welwillendheid en gaafheid is vir eers verby.      

Die middele in Afrika is daar, en die lande het meer in die vorm van ontwikkelingshulp gekry as enige ander wêrelddeel. Maar steeds kan hulle net nie op hul eie voete staan nie. Waar daar wel suksesverhale is, is dit normaalweg gevalle waar blankes vanaf Westerse lande die organisasies bestuur en beheer. Nou kan ek net begin wonder daaroor. Is dit omdat hulle nie wil nie of omdat hulle nie kan nie?

Sover het ek opgemerk dat as mens daagliks saam met iemand werk in ‘n beroep, dan begin mens tog om iets van die werk te leer, en hoe langer mens daar werk en leer, hoe meer begin mens van die betrokke veld te wete kom. Dus wil ek glo dat dieselfde beginsel vir ander mense ook gelc. Maar dit blyk dat die Afrikaan die uitsondering op die reël is.

Die aangeleerde hulpeloosheid, tesame met sy armoede, blyk al te wees waarop hy hom kan roem, niks meer nie en niks minder nie. Soos David Bullard gesê het, die Afrikaan soek iets of iemand om te blameer vir sy ellendes.   

Nóg die lewe , nóg die Weste skuld die Afrikaan iets. En hoewel die Weste tog dink dat hy die een of ander gewetenskuld teenoor swart Afrika het, dink ek dat daardie gewete tog met tyd kan opdroog, soos wat ekonomiese toestande op eie bodem begin versleg.           

Die Suid-Afrikaanse adjunkminister vir handel en nywerheid, mnr. Rob Davies, het die stelling gemaak dat dit nie reg is dat die kleiner lande moet betaal vir die foute van die wêreld se ryker lande nie.

Ek wil dit hier stel dat die ryk lande baie lankal reeds vir hulle eie foute betaal en dat hulle nou dalk op ‘n punt kom waar hulle nie meer veel verder kán betaal nie. Hulle het aan die begin probeer help, en op dié manier betaal, deur die bevolking aan beter gewoond te maak as waartoe hulle self in staat is. Daarna het die betaling aangehou deur geld in ontwikkeling in te pomp vir mense wat duidelik nie genoeg omgee om ontwikkel te word nie.

Indien daar iets is wat die Weste aan Afrika skuld, is dit die geleentheid om op sy eie voete te staan, en dit kan net op een manier bewerkstellig word. Hoe hard dit ook al mag klink, die regte ding om te doen is om die kontinent aan sy eie genade oor te laat en hulle te forseer om weer selfonderhoudend te raak. Dit is dalk die enigste manier om ’n kontinent met soveel potensiaal van totale ondergang te red.

Dit sal aan die begin absolute rampspoed en teenspoed veroorsaak, maar mens leer op jou vinnigste as die magie aan die rugstring begin vasklou. Dit is daardie gewaarwording van honger wat mense se grysmassa soms die nodige hupstootjie gee om weer te begin werk.

Wat die lande se ministers nie aan dink nie, is dat hulle doen en late redelik fyn deur die wêreld dopgehou word, en dit is dalk iets wat nou teen hulle begin tel. In baie van die lande is die regerings wat aan bewind is nie so heel demokraties verkose as wat hulle die res van die wêreld wil laat dink nie. ‘n Goeie voorbeeld is ons liewe buurman, Zimbabwe.

Die regering van nasionale eenheid is klaarblyklik in die proses om daargestel te word, maar sover dit die finale samestelling van die sogenaamde regering betref, blyk dit dat die proses een lang uitgerekte saak gaan word, wat waarskynlik ten doel het om die MDC te ontmoedig en op dié manier uit sy plek in die regering te hou. Die eindresultaat is natuurlik aan ons almal te bekend, hernude uitbraak van geweld en onderdrukking van opposisiepartylede onder onmenslike omstandighede. Hoewel dit tans redelik stil is daar, is die uitbreek van burgeroorlog nog glad nie uitgesluit nie.

Daar word ook van kleiner lande gepraat wat veral kwesbaar is met die nuwe verwikkelinge op internasionale markte, en as voorbeeld kan ek Swaziland hier ophaal. Dis ‘n klein koninkrykie waar die bevolking met die minimum moet klaarkom, terwyl hulle koning in weelde woon met ‘n horde vroue wat onlangs op ‘n inkopie-uitstappie gegaan het na die buiteland. Dit is redelik duidelik dat die koning net so nou en dan die regte geluide maak asof hy sou omgee vir sy volgelinge, maar tussenin net aan homself dink. Verder kan mens byvoeg dat die land vanjaar minder grond as ooit bewerk het vir landbou, terwyl hulle krepeer van honger en met een van die hoogste MIV/vigs syfers ter wêreld sit.     

Ek is natuurlik ook van mening dat Mauritius se minister wat vir die klein lande opgekom het liewer nie te veel moet sê nie. Volgens ‘n verslag wat oor dwelmhandel gaan, is Mauritius ver van skoon as dit kom by dwelmhandel, en die logiese nadraai daarvan, geldwassery. Want wat is ‘n makliker manier om geld “te was” as om dit in gebou,e vakansieoorde en dies meer te belê? Verskeie dwelmsindikate is ook werksaam in Mauritius, en tot hulle daar skoongemaak het, het hy nie te veel om te sê rondom balke in ander sê oë nie.

Mnr. Rob Davies se stelling dat die groot moondhede vinnig geld kan kry om hulle kwynende ekonomieë te red, verbaas my. Wat wil hy hê moet hulle anders doen as om dít wat hulle oor jare opgebou het te red ? Dit is die enigste opsie wat enige regdenkende land sou oorweeg, maar dit wil voorkom asof die liberale Afrika-mentaliteit hom ook al platgetrek het.

Ek dink dat as die AKS-lande hulle asems ophou vir verhoogde beloftes van ontwikkelingshulp, hulle in is vir ‘n groot verrassing; dit sal nie vinnig gebeur nie. Die teendeel, dat die beloftes van hulp kleiner mag word soos wat vele ministers op die byeenkoms vrees, is ‘n baie meer realistiese verwagting. 

Die vraag is net wat die Weste nou gaan doen. Gaan hulle soos altyd in die verlede ‘n lewenslyn uitgooi vir ‘n sinkende land of gaan hulle vir eens die regte ding doen en die kontinent los dat hy weer kan leer om op sy eie voete te staan? En ek praat nie eers net van die vasteland van Afrika nie. Die Karibiese lande en Stille-Oseaanlande is hierby insgesluit. Net die tyd sal leer…

воронеж балансировочноеtopcargo

Drie gevare

ImageIn ’n mediaverklaring van 6 Oktober het die Vryheidsfront Plus gewaarsku dat die ANC-Jeugliga militêre opleiding ontvang in kampe in Eshowe, Kwa-Zoeloe Natal. Hierdie aksies is onheilspellend, aangesien hulle in die teken staan van militante uitsprake van ene Isaac Mahlangu, die sekretaris-generaal van hierdie Jeugliga. Blykbaar het Mahlangu woorde gebruik soos “moor die kakkerlakke uit wat in ons weg staan” wat ’n mens laat terugdink aan soortgelyke uitsprake op Hoetoe-radiostasies tydens die groot slagting in Rwanda in 1994.

Selfs die flou verskonings wat die ANC dikwels gebruik om sulke aksies en uitsprake te verdedig, hou geen water nie. Een van die verskonings is dat hierdie kampe opgerig is vir veterane wat nie geïntegreer was in die nasionale weermag nie. Die probleem is egter dat baie van hierdie ‘veterane’ op daardie stadium ongeveer sewe jaar oud was. Ander onheilspellende uitsprake wat hierdie militante optredes in ’n verdagte lig stel is Julius Malema se uitlatings “Kill for Zuma” en natuurlik Zuma se eie lofsang “Bring my masjiengeweer”.

Die slagting in Rwanda destyds het nie op ’n impuls gebeur nie. Dit was die resultaat van jarelange sluimerende konflikte gewees. Dieselfde kan ons sê van Suid-Afrika. So vroeg as die vyftiger- en sestigerjare het Kommunistiese geskrifte al gestel dat blankes en enigiemand wat blanke ‘koloniale’ ambisies koester in Suider-Afrika aan ’n aggressiewe diktatuur blootgestel moet word. Tydens die kentering in die begin van die negentigerjare het swartes strydkrete en lofsange geuiter waarin blankes bedreig was. Daardie YouTube-fragment waarin Mandela en Kasrils as verteenwoordigers van MK gesing het dat hulle hulself toegewy het om blankes te dood en ander lofsange, soos waarin swart aktiviste aan wyle Joe Slovo ’n belofte gemaak het dat hulle met hul masjiengewere sal inbeweeg om ‘hulle’ (wie anders?) te skiet, behoort, om die minste te sê, wenkbroue te laat lig.   

Hiermee gepaardgaande kan ons die wetgewing ter berde bring wat die ANC-regering probeer bewerkstellig om die besit van vuurwapens te verbied of ernstig te belemmer. Dit word steeds moeiliker vir wetsgehoorsame burgers om vuurwapens te besit. Die veronderstelling is natuurlik dat wapens doodmaak, en sonder wapens sal geweld afneem. Die werklikheid is dat hierdie veronderstelling nie naastenby akkuraat is nie. Vir diegene wat hieraan twyfel verwys ek graag na die volgende voorbeelde van verlede eeu:

1)    In die Sowjet-Unie – die ANC se ideologiese heimat – was in 1929 streng wapenwette ingevoer, en in die periode 1929 tot 1953 het dit die lewens gekos van ongeveer 20 miljoen mense wat hulself nie kon verdedig nie.
2)    In 1911 het Turkye ’n soortgelyke wapenverbod ingevoer, en in die periode 1915 – 1917 het dit die lewens van anderhalf miljoen Armene gekos.
3)    Duitsland se wapenverbod was in 1938 ingevoer, en van 1938 – 1945 het dit ’n tol geëis van 13 miljoen lewens van burgers wat hulself nie kon verdedig nie.
4)    China het soortgelyke wetgewings ingevoer in 1935 en in die periode 1948 tot 1952 het dit 20 miljoen weerlose politieke dissidente se lewens gekos.
5)    Guatemala het gevolg in 1964 met wapenwette, en in die periode 1964 tot 1981 was 100 000 Maya-Indiane tereggestel.
6)    Oeganda het ’n soortgelyke verloop gehad in 1970, en in die periode 1971 tot 1979 het 300 000 Christene deur middel van teregstelling die dood tegemoet gekom.
7)    Kambodja het in 1956 streng wapenwette ingevoer, met die berugte "Killing Fields" as gevolg in die periode 1975 – 1977. Ongeveer anderhalf miljoen mense was tereggestel.

Altesame is na skatting verlede eeu 56 miljoen mense tereggestel as gevolg van streng wapenwetgewings wat dit onmoontlik gemaak het vir hulle om hulself te verdedig. As die studie van geskiedenis enige sin het, dan behoort hierdie voorbeelde enige wetsgehoorsame Suid-Afrikaner met agterdog en onheil te vervul.

As daar drie gevare is waarop ’n mens bedag moet wees, is dit hierdie bogenoemde faktore, naamlik 1) Militêre opleidingskampe; 2) Aanhitsery teen blankes en impimpi’s (swart ‘verraaiers’); en 3) drakoniese wapenwette vir wetsgehoorsames. Wat hierdie drie gevare nog enigsins kan beïnvloed is die huidige skeuring in die ANC. Dit kan moontlik lei tot onderlinge konflikte tussen verskillende ANC faksies, en in ’n herhaling val van die eeue-oue stamkonflikte tussen Zoeloe en Xhosa. Andersyds kan blankes juis ekstra geteiken word om die aandag af te lei van die breuke binne die ANC, en allerlei verskonings weer aangewend word om dit goed te praat, soos byvoorbeeld dat blankes die stamkonflikte bekokstoof het of derglike onsinnige argumente.

Die ANC weet desnieteenstaande dat tyd aan sy kant is. Vanuit Europa word daar louwarm gereageer oor die probleme in Suid-Afrika. ’n Belangrike rede vir die louwarm reaksie uit Europa, dink ek, is juis die ietwat pessimistieser houding wat mense het oor Afrika. Daar heers ’n stemming dat Afrika nie sommer gered kan word deur bloot meer geld te gee nie, en ’n soort apatie begin manifesteer. Baie Europeers voel in elk geval nie meer persoonlik betrokke by die lot van Afrika nie. Daar is eweneens geen duidelike skuldkwessie wat die gewetenslas oor Afrika aanbetref nie. Nog twintig jaar gelede was die Afrikaner die brandpunt van Europa se skuldgevoelens gewees, en noudat al die voormalige koloniale bastionne geval het en ’n golf van vernietiging en puin agtergelaat is deur swart diktators, voel Europa kennelik nie meer so skuldig hieroor nie, waarskynlik omdat die gesig van Afrika se ellende nie direk terug te herlei is na die koloniale invloede nie, maar juis die postkoloniale aksies.

’n Belangrike faktor is ook dat vooraanstaande linkse skrywers, joernaliste en intellektuele ook nie meer glo in die Afrikadroom nie. Van die mees radikales is wreed ontnugter en hou hulself besig met minder polities-gevoelige aktiwiteite, waardeur die res van die wêreld nie meer daagliks of weekliks gekonfronteer word met oordrewe nuusvoere oor Afrika wat hul gewete op een of ander manier kwel nie.

Dit verander egter nie die werklikheid op voetsoolvlak nie. Hoe dit ook al sy, dit lyk vir my soos ’n goeie idee om soveel moontlik hierdie opleidingskampe en ander terreurvorme aan die groot klok te hang. Dit is hier waar die rol van Afrikaners in die buiteland van belang kan wees, om hul gaslande se politici van die erns van die situasie op die hoogte te stel.

In die geval van Nederland, fluktueer die persepsie van ander groepe gewoonlik tussen twee uiterstes, naamlik van doodslaan tot doodomhels. Die gety is al besig om te keer in die guns van die Afrikaner. Dit is nou die tyd om die saak te stel. Wie weet, miskien kan die Nederlanders met dieselfde bewondering en heldenmoed weer begin terugblik op ‘Dat vrije volk’.

подростковая спортивная одежда для мальчиковДанильченко Харьков

Beheptheid met ras raak absurd

ImageDie jongste voorval van studentepret toe een of meer Potchefstroomse studente 'n Facebook-groep met die woord "houtkop" daarin begin het, is – soos in die Reitzvideogeval – met uitroepe van verontwaardiging en morele meerderwaardigheid begroet.

Dreigemente van die Noordwes-universiteit dat hy die betrokke student of studente dissiplinêr gaan verhoor, dra by tot die Middeleeuse atmosfeer wat reeds in die land heers rondom enigiets wat met ras of rassisme te make het. Herhaalde heksejagte op kampusse ten einde studente polities korrek en onderdanig te maak, onderdruk vrye debat en meningsvorming.

Trouens, daar was by verre meer akademiese vryheid onder apartheid toe die linkse Engelstalige universiteite vry was om te sê wat hulle wil, Marx en Lenin te behandel, revolusie te predik en oor die algemeen die Afrikanerhaat wat tot onlangs endemies onder lede van Suid-Afrika se Engelse elite teenwoordig was, te laat botvier.

Spraakvryheid in die land en op kampusse word toenemend bedreig deur kleinlike, histrioniese reaksies op soms moedswillige, meer dikwels skadelose of satiriese uitlatings deur jong blanke studente wat uiting aan hul frustrasies gee oor rassevoorkeure in die werkplek en kwotastelsels vir studie.

Terwyl die Suid-Afrikaanse media 'n skuim-om-die-mond-drif vertoon telkens wanneer daar 'n sweem van anti-swart rassisme op die horison verskyn, is dit veelseggend dat die veel groter en langduriger groepe op Facebook geïgnoreer word waarin daar etniese haat teen Afrikaans en Afrikaners uitgespuug word.

Suid-Afrika het 'n land geword wat sinoniem is met geweld, waar moord, roof en verkragting alledaags is. In die huidige bestel word taalregte en die kulturele identiteit van miljoene burgers daagliks vertrap.

Hierdie rampokkerrepubliek baai in sy wetteloosheid en immoraliteit soos die spreekwoordelike vark in modder! Is dit daarom nie ironies dat 'n land wat so gevoelloos staan teenoor die mees basiese regte van sy burgers – soos die reg op lewe of op eiendom – so 'n oordrewe gevoeligheid vir woorde met 'n rassekonnotasie openbaar nie?

Terwyl die euwel van onkiese of politiek onkorrekte taalgebruik met fanatiese ywer deur ons moderne inkwisiteurs of geloofsregters bestry word, is 'n hele beskawing besig om te vergaan.

Dat die hedendaagse student homself in kru taal met spelfoute uitdruk, is tog die verlangde resultaat van Kader Asmal se uitkomsgebaseerde onderwys, nie waar nie? Ook die bier- en sekskultuur waarmee Afrikaanse universiteitshoofde vandag hul studente bedwelm sodat hulle nie vrae vra oor die groteske onreg wat daar vandag teen die Afrikaner en Afrikaans gepleeg word nie, verklaar die onvermoë van baie jongmense om hulself anders as kru uit te druk.

Hoeveel sulke onbenullige insidente waar 'n dronk of (minder waarskynlik) nugter student 'n taboewoord of -uitdrukking gebruik en agterna die seweuurnuus haal, gaan daar nog wees voordat die absurditeit daarvan tot ons deurdring?

lagoon gameданильченко юрій Харків

Razelle Botha stry vir ‘n verlore saak

ImageNadat ek Vrydag se berig in Beeld gelees het oor Razelle Botha wat nou baie mooi regkom ná die rooftog op haar ouerhuis vroeër vanjaar het ek gedink daar is hoop vir die jong dame.

Met die deurlees het dit duidelik geword dat die trauma van die rooftog nog lank nie uit haar sisteem is nie, aangesien sy nou redelik op die nuwe hulphond staatmaak vir emosionele ondersteuning, terwyl die dier nog opleiding as 'n hulphond ondergaan. Vir sover dit emosionele ondersteuning betref, is honde absoluut perfek.

Hulle is altyd daar om mens te kom natneussoetjies gee as jy dit nodig het, en sal dikwels kom en voor mens sit en die poot op jou skoot neersit, so asof hulle aan mens net wil sê dat alles sal regkom, en daardie aanraking gebruik net om dit te versterk.

Ek verstaan dat diere wel daardie sintuig het wat maak dat hulle weet wanneer die eienaar so 'n drukkie en bietjie liefde nodig het. Dit is juis daardie eienskap wat van diere sulke goeie helpers en geselskap maak. En ek is sterk van mening dat labradors seker van die beste diere is wat dié eienskappe betref. Hulle aanvaar mens net soos jy is; hulle is onvooraardelik lief vir jou.

Dit is toe ek verder lees dat ek sien wat die jong dame se planne vir die toekoms is. En ek hoop dat haar drome kan realiseer. Wat ek wel glo, is dat sy baie sterk is om sover te genees het en daarmee wil ek haar ook net die beste toewens. Die mediese studies in Kanada is 'n groot droom en ek hoop dit word vir jou waar.

Maar waarvoor wil jy terugkom en hier kom werk? Presies wat het die land se mense aan jou gedoen dat jy so grootmoedig is om elders te wil gaan leer, net om daarna weer terug te kom en daardie hardeverdiende kennis te kom mors op mense wat jou sover nie veel meer as pyn, leiding en hartseer veroorsaak het nie? Ek verstaan dat mens iets soos patriotisme kan hê; ek glo ook daarin.

Maar hoekom terugkeer en dalk dieselfde mense wat jou van jou gesonde sterk liggaam ontneem het, kom help? In soveel opsigte is hulle nie veel meer as barbare nie, maar dan wil mense kom en hulle help, omdat dit sogenaamd die regte ding is om te doen. Ek kan jou amper verseker dat indien jy oorsee sou gaan studeer en hier wil kom praktiseer, jy allerhande struikelblokke sal teëkom net om die rompslomp af te handel om jou beroep te betree.

En as jy dink dinge gaan vorentoe beter raak, dink weer. Dieselfde barbare wat jou geskiet het se broers en susters sit daar op hoë vlakke in die regering en maak allerhande planne om die voortbestaan van die Afrikaner, jy ingesluit, so kort as moontlik te maak, en indien jy net herinner moet word, jy is reeds deel van die statistiek. Jy is gelukkig dat jy nog lewe. Dat dinge eers baie erger gaan word, is amper ongetwyfeld, dus moet jy jou dan nou al maar regmaak om onder baie teenkanting hier te kom werk onder omstandighede wat net kan vererger.

Kan iemand my dalk net vertel wat presies so wonderlik is aan die verskynsel dat mense wat geliefdes verloor, en beseer word in aanvalle altyd dink dat die mense wat die gruweldade pleeg sal verander?

Selfs met die Amy Biehl-saak het die vermoorde dame se ouers die moordenaars vergewe, en op die een man se troue met hom gedans. Die feit dat haar ouers 'n instituut gestig het om vir die mans wat haar vermoor het werk te gee as hulle uit die tronk uitkom, slaan my dronk. Watter soort semi-breindoodmens doen dít vir monsters wat jou dogter grusaam vermoor het?

Een van die Amy Biehl-stigting se oogmerke is om geweld te verminder in die omgewing waar sy deur swartmense vermoor is. Nou wil ek vra: hoeveel sukses het die stigting al gehad? Hoeveel moorde, verkragtings en aanrandings is al voorkom deur die stigting?

Wat maak van mense sulke wonderlike wesens dat hulle dat hulle altyd net wil vergewe? Ek is terdeë bewus daarvan dat dit 'n Bybelse beginsel is, maar ek wil nou hier vra": hoeveel van wat dié mense doen, is net om op die einde raakgesien te word, 'n vorm van morele ekshibisionisme?

Ongelukkig dink ek dat nóg jy nóg ek die mense wat soveel geweld pleeg kan verbeter. Diegene wat jou geskiet het, is nie mense nie maar monsters, beslis laer as diere. Want diere maak nie so nie; diere sal nie doodmaak net vir die lekker nie. Hulle gedrag word bepaal deur reëls wat ons as mense nie altyd verstaan nie, maar dit is uiteindelik in die belang van hulle voortbestaan as spesie. As diere wel doodmaak, is dit normaalweg vir voedsel of andersins as siekte uitbreek en geslaglyne wat gestaak moet word, soos wanneer 'n leeumannetjie wat 'n nuwe trop oorneem al die kleintjies van die vorige leier doodbyt.

Jy is seker welkom om met jou lewe te maak net wat jy wil, dis jou keuse, maar onthou net, as jy soos Amy Biehl se ouers hulle wil kom help wat jou leed aangedoen het, kan jy net bedroë daarvan afkom.

Vir die swartman sal jy net nog 'n maklike teiken wees, nog 'n Afrikaner wat tussen hulle en sogenaamde vryheid staan, aangesien hulle nie onderskei tussen vriend en vyand as hulle wil steel en moor nie.

Vra maar die Biehl-gesin. Hulle dogter was 'n anti-apartheidsaktivis en sy het steeds met haar lewe geboet. Dink net daaraan voordat jy jou te veel verbind tot 'n saak wat sonder verdienste is.

пескоструйное оборудованиетопкарго отзывы

Boesak se bedanking

 ImageDr Allan Boesak het bedank uit al sy ampte in die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika, nádat sy volgehoue propaganda oor die Belydenis van Belhar verwerp is op 'n vergadering in Hammanskraal.

Al wat ‘n blanke NGK-lidmaat is, skeur uiteraard agv Boesak se besluit op die oomblik hulle klere, en strooi sekerlik tans as op hul gemeenskaplike hoofde. Wat sal tog van Afrikaner-Christene word, sonder die geestelike leierskap van ‘n korrupte, rassistiese bedrieër soos eerwaarde Boesak en sy tragi-komiese blanke metgesel, Elna?

(Antwoord: ons sal in der waarheid uiters dankbaar wees om ontslae te wees van sy soort – my lewe sal aansienlik beter wees as ek nooit weer die Boesaks se gesigte in die media hoef te aanskou nie.)

Die rede vir Boesak se bedanking is, ironies genoeg, die gewraakte Belydenis van Belhar, ‘n stuk Marxistiese gelykheidspropaganda gebraak deur die onheilige, politiek korrekte driemanskap van professore Dirkie Smit, Jaap Durand en ds Gustav Bam. Die huidige groot propagandis en evangelis vir die genoemde belydenis is tans die veroordeelde misdadiger, die einste dr Allan Boesak, voormalige ANC-aktivis, swendelaar en gekrenkte.

(Is sy soort kriminele skuim werklik die beste waarmee die magte van duisternis vorendag kon kom as hulle segsman?)

Boesak is berug vir sy losse sedes waar dit die armes aanbetref. Hy het byvoorbeeld geen morele besware gehad teen die diefstal van R250 000 van naïewe Deense skenkergeld nie – geld wat vir die armes bedoel is, maar gesorg het dat Boesak in weelde kon lewe.

Duidelik voel die veroordeelde misdadiger en sy blanke vrou, Elna Boesak, dat hulle besonder verontreg sou wees, desnieteenstaande die kwartmiljoen rand wat dr Boesak by die Dene verduister het. God hou, volgens die Boesaks en ook die groteske Belydenis van Belhar, báie van hom en sy misdadige soort, en min van hardwerkende blankes wat daagliks om oorlewing stry.

Dié besondere belydenis is derhalwe deurspek met politieke propaganda; God is glo veral die god van die arme en die verontregte, volgens dié dokument. Maak nie saak of jou armoede en verontregting selftoegedien is nie; maak nie saak of jy ‘n swendelaar soos Boesak is nie; hoe meer verontreg jy jou voel, hoe meer kan jy volhou God hou meer van jou as van die res.

Die Marxistiese boodskap van die Belydenis van Belhar – ‘n sosialistiese dokument met  dieselfde doelstellings as Das Kapital – naamkik die herverdeling van bates, is onomwonde: blank is boos, swart is beide goed en te na gekom. Swartes is volgens die belydenis glo histories benadeel. Blankes skuld swartes derhalwe glo onbeperkte vergoeding daarvoor, vergoeding wat slegs sal staak as Boesak en sy garde besluit dis nou genoeg. Dit geld alle blankes, selfs tot in die sewende geslag.

Die aanvaarding van die Belharbelydenis is uiteraard vir dr Boesak ‘n voorvereiste op die pad na sy voorgenome plundery van die NGK se bates. Laat ons geen fout maak nie: die belydenis se anti-blanke propaganda en aandrang op eenheid is niks anders as ‘n aandrang daarop dat blanke gemeentes se bates beskikbaar gestel moet word vir die grypsug van die Boesak-tipes nie.

Jy, jou walglike, kolonialistiese NGK-lidmaat, skuld Boesak dus iets, volgens die linkses wat die Belydenis van Belhar in jou keel wil afdruk. Haal uit en wys, of word as 'n regse afgemaak. Jou dankoffers moet vir Allan en Elna 'n groter herehuis in Bishopscourt aankoop. Weier jy, is jy per definisie "rassisties".

Hoe vreemd tog dat die groot meerderheid blanke lidmate nie die Belydenis van Belhar wil aanvaar nie. Hoe rassisties van hulle! Of miskien juis nie. Die werklikheid is, dis bloot ironies. Daar is niks vreemds daaraan nie. Ons kan kennelik skynheilig wees en “bieg” dat ons “aandadig” sou wees daaraan dat ons voorouers andere leer lees en skryf het, dat ons hulle ingelig het oor skoene, die geskrewe woord, skarniere, besproeiing en kwantumfisika. Mea culpa – ons is jammer daaroor. Of moontlik nie.

Blanke NGK-lidmate is egter nie diegene wat bevry moet word nie. Dit is eerder dat die samelewing moet aanbeweeg. Dis nodig dat politiek korrekte propaganda soos die Belharbelydenis gesien moet word vir wat dit is: ‘n stuk politieke dwaalleer, wat ontwerp is om die vaandeldraers van beskawing, die blankes, te onderdruk, en om hulle laaste bastion, hul kerk, se bates te plunder.

1 euro depositФильчаков прокуратура харьков

Europa gaan rassepolitiek tegemoet

ImageDie demografiese druk op Europa manifesteer in interessante politieke ontwikkelinge, soms selfs verbasend. Een só 'n onlangse berig handel oor die leier van Portugal se Hammerskingroep. Dié Amerikaanse wit suprematiste uit Texas, wat hulle naam te danke het aan Pink Floyd se Wall, is in lande soos Kanada, Engeland, Frankryk, Italië, Duitsland, Nederland, Hongarye, Spanje, Nieu-Seeland en Australië teenwoordig.

Wat Portugal betref, is Hammerskinleier Mario Machado, Vrydag tot 4 jaar en 10 maande gevangenisstraf gevonnis op aanklagte van diskriminasie, onwettige wapenbesit, dreigemente en geweld. Ses ander lede moet ook tronkstraf uitdien en 17 is opgeskorte vonnisse opgelê, 7 beboet en 5 vrygespreek. Die groep het die lewe vir Afrikane en donker Portugese glo onaangenaam gemaak met rassistiese pamflette en dreigemente van geweld.

Merkwaardig, dié brokkie nuus, aangesien die Portugese oor die algemeen hoegenaamd nie rasbewus is nie. Die owerhede het kennelik besluit om 'n voorbeeld te maak van burgers wat met rassevoorkeur optree. In die breë is dieselfe woelinge oral in Europa sigbaar.
 
Frankryk en Spanje poog om Afrikane reeds in Afrika te ontmoedig om die seereis  na groener weivelde aan te pak deur die Afrikalande van hulp te voorsien om hulle burgers binne te hou. Deur middel van Frontex se samewerking het die aantal onwettige aankomelinge deur die suid-westelike grense na die EU gestabiliseer, maar die gevaar van instroming is nie verby nie en die politieke wil ter versterking van effektiewe grensbeheer in dié twee lande bly onwrikbaar.
 

Le Monde het Saterdag berig dat Frankryk hulle doelwit van 26 000 deportasies oortref het. In die eerste helfte van 2008 is 17 200 onwettige immigrante uitgesit. Die ministerie wat daarmee gemoeid is, sê dit kos 2 200 euro per geval en hulle het 42 miljoen euro vir 2009 opsy gesit.

 
Na buite probeer Frankryk, soos Spanje, hulle ou koloniale magsbasisse tevrede hou, maar in die praktyk lyk dinge anders. In België is dit slegs die cordon sanitaire, die verbod op ander partye om met die grootste party, Vlaams Belang, in koalisie te tree, wat die gewilde anti-immigrasieparty uit die regering hou.
 
In Oostenryk het die regse populiste Haider en Strache verlede week skitterend gevaar in die algemene verkiesing en hierdie week het Griekse owerhede laat blyk dat die suid-oostelike flank van die EU hoogs deurdringbaar geraak het. Athene se stadskern is onder beleg. Die stad word beleër deur Afrikane wat niks en niemand ontsien in dwelmskermutselinge nie en 'n wit uitvlug na veiliger buurte is besig om die stadige dood van die stad te verseker. En Griekeland se linkse politici stem hierdie keer saam.
Die opkomende regse alliansie in Oostenryk se slagspreuke was kinderlik in hul eenvoud: "Ons het die reg om te besluit wie in Oostenryk mag woon". Helaas nee, want in 1999 het die EU sanksies teen Oostenryk oorweeg nadat Jörg Haider in 'n koalisieregering getree het.

In dieselfde week het die omstrede Nederlandse politikus Geert Wilders die einde van Europa en die Weste in 'n toespraak by die Hudsoninstituut in New York aangekondig. Wilders het 'n oproep om weerstand teen Islamisering gedoen. Weliswaar bestaan die bedreiging vir hom nie in vermenging nie, maar in die feit dat die Moslems nie daarin belangstel om te vermeng nie.

Die gevolgtrekking wat Wilders maak bly egter dieselfde as die wit suprematiste s'n. Die meeste regse anti-immigrasiegroepe in die EU word ondersteun deur 'n rasbewuste komponent. Of Moslems nou hul weersin in vermenging te kenne gee of nie, hulle moet uitgedryf word.

Tot onlangs kon of wou ander Westerlinge nie begryp waarom Afrikaners teen demografiese verswelging weerstand gebied het nie, maar hulle ervaar nou die skok van andersheid aan eie bas. Vrome vermanings oor naasteliefde en begrip vir andersheid, hetsy kultureel hetsy biologies, is besig om op dowe ore te val. Etniese mededinging op Westerse grondgebied gaan verhewig soos wit demografiese afgang versnel en vir die beleërde wit bevolkings vervaag die verskil tussen etno-kulturele en biologiese definisies van andersheid.

комплектующие для инструментальныхФильчаков прокуратура харьков

Facebook, sal ek of sal ek nie?

Image11:17:17 Dié Saterdagmiddag het ek en vriend Gustav op Messenger gesit en klets, hy daar op die plaas en ek in die dorp. Tydens die gesprek het ons so ongeveer die wêreld se probleme opgelos in die vinnige uurtjie wat ons in kuberland gekuier het. Die onderwerpe het alles gedek van misdaad tot musiek, soos gewoonlik, en natuurlik ons nuutste ontdekkings op die internet vir die week.

Dis toe net daar wat Facebook se naam opspring en hy die ding se lof besing en my sterk aanbeveel om die ding te probeer. Hoe meer hy vir die saak argumenteer, hoe meer skop ek teen die indringer, met die latere toegewing dat ek sal loer as ons klaar gepraat het. Nou ja, die gesprek was later oor, met iets wat my aandag soek en toe gaan loer ek maar.
Die intrapslag was amper genoeg om my so die harnas in te jaag, met die opstel van die profiel en daardie klein stukkies inligting dat ek baie ampertjies besluit het om dit te los as 'n slegte ondervinding. Maar ek het belowe, dus strompel ek maar voort.
Die eerste teken wat interessant was, is die feit dat ek die ou hoërskoolvriende kon gaan opsoek, dié wat nog lewe en wat wel op Facebook is. Aha, toe, die skoolnaam, die jaar, druk "enter". Dis net daar waar die frustrasies weer begin het. Die name en gesigte is dié van mense wat ek sowat 23 jaar laas gesien het. Die feit dat ek in 23 jaar nie by een reünie was nie maak dit nie makliker om mense te herken nie. Daar was wel so 'n paar gesigte wat ek geken het, maar hulle was maar grootliks in die minderheid.
Dan kom die volgende uitdaging, om 'n uitnodiging aan die mense te rig wat ek wel herken het, en weereens begin ek dink nie in die suiwerste Afrikaans nie, maar in 'n taal wat eerder op die Kaapse vlaktes sou tuishoort. "Wat de hoenders is die letters wat ek moet ontsyfer ?" Hmm, uiteindelik is ek verby stap een, net om weer deur die tegnologie gestuit te word. Ek het op een "vriendemaak" die keuse gemerk om 'n kode op die selfoon te kry, wat ná 'n hele paar dae steeds nie aangekom het nie, en hoe kry mens die versoek nou weer af? Wel, die ding moet maar daar bly. Ek het die vriendin in elk geval lankal opgespoor waar sy nou in Kanada bly, so die een kontak minder op FB maak nie saak nie.
Die hele ding het vir my soos een vrek deurmekaar doolhof begin lyk, en die vooruitsig om met elke kennismaking die stryd deur te voer het my nie werklik aangestaan nie. Na ek die tweede dag opgegaan het, was daar darem een van die mense wat saam met my op 'n gat-sonder-waterplekkie gebly het in ons skooljare en ek het 'n uitnodiging aanvaar wat sy gestuur het. Wel, miskien nie heeltemal gat-sonder-water nie, want die Hartbeespoortdam was teen die gehuggie, wat deesdae seker 'n Gautengse rykmansbuurt is. Wel, ek het nou die wonderlike totaal van een vriend op die wêreldwye Facebook. Iets om oor huis toe te skryf!
Toe kom die kennisgewing dat ek 'n boodskap op my "muur" het. Ok, nou hoe lees ek die pos? Weereens begin die soektog, en wonder bo wonder kry ek darem die ding, eintlik nie so erg moeilik nie, ek moet net lees.
Dankie tog dat ander mense ook soms wonder wat van mens geword het, want van dié punt af het daar 'n paar name op die vriendelys verskyn, en al onthou ek nie almal so heeltemal perfek nie, is daar wel 'n paar breinselle wat begin om mense se gesigte en name te plaas, al vat dit tyd. Dis op dié manier wat een van die vriende saam met wie ek allerhande waaghalsige dinge as kind aangevang het my toe weer opspoor, en onmiddellik was daar sekere dinge wat ons steeds in gemeen gehad het. Hoewel hy ongelukkig nie meer in Suid-Afrika woon nie.
Toe begin die soektog na groepe wat dalk dieselfde belangstelling het waar ek kan inskakel. En weer is dit vorentoe en agtertoe tree om iets te kry wat die moeite werd is. Uiteindelik is daar een wat die oog vang, en ek gaan klik op die aansluitblokkie. Reg, nou kan ek myself darem ook as deel van 'n groep ag, met die regte om dalk iets te kan plaas wat die mense kan lees, dalk daarop reageer.
Haha, ek het die eerste keer iets geplaas op die muur van die een groep, in die hoop dat iemand darem sal reageer, maar dit wil voorkom asof mense lede is net in naam, maar nie in daad nie. Dit lyk asof die lidmaatskap van die groepe net iets is wat mens op jou profiel wil sit, in plaas daarvan dat dit iets moet wees wat mens aktief ondersteun en op die hart dra. Ja, ek weet dat nie almal baie tyd tot hulle beskikking het nie, maar mense, waar is julle lojaliteit aan die groepe waartoe julle julself verbind het? Wat is dit met julle?
Ek het weer gaan kyk op 'n paar van die groepe wat ek gesien het maar nie by wil aansluit nie, aangesien ek niks in gemeen het met die beginsels waarvoor hulle staan nie. Daar is darem enkeles wat maar dun om die lyf is, met geen of baie min substansie in hulle opstelling. By nabetragting het ek tot die gevolgtrekking gekom dat ons klompie wat vir Praag se webwerf self skryf baie meer doen om mense bewus te maak van wat in die land aangaan as baie van die "groepe" wat op Facebook bestaan (hoewel PRAAG self oor 'n Facebook-groep beskik wat darem besig is om te groei).
Dis wel hartseer dat gebruikers nie hul groepe meer aktief ondersteun nie, want Facebook verteenwoordig 'n kragtige instrument as mens dit net reg aanwend. Dit het die vermoë om mense te kan saamsnoer soos wat min ander media dit kan regkry, as mense net dít wil doen waartoe hulle geroepe voel.
Vandag het ek gaan rondsnuffel op die foto-albumfunksie; dit was nogal pret, want dis daar waar mens allerhande interessante foto's sien van wat wie gedoen het en hoe die mense nou lyk. Dis weereens 'n kragtige stuk gereedskap wat mense kan gebruik, en die toepassings in so wyd: verspreiding van inligting, kennis, noodsaaklike idees wat wyd en syd verkondig moet word. Dis letterlik legio, die maniere waarop dit aangewend kan word. Aan die begin het ek so 'n bietjie gespartel met die saak.
En toe ek so 'n bietjie gaan lees was dit nie te moeilik om my eerste album op te laai nie. Solank mens net lees en die instruksies volg. 'n Vriend van my in die IT-bedryf het my altyd vertel "LDDS", kom ek vertaal dit so, "lees die dekselse skerm", dis so maklik. Wel, dis die teorie; in praktyk werk dit nie altyd so nie, maar mens kom darem redelik ver met die LDDS-metode. Nou hoop ek maar dat die "vriende" wat ek op Facebook het daar sal gaan loer, nadat ek die moeite gedoen het om die foto's te gaan plaas.
Ek het later weer gaan loer op 'n muur van die groep waarvan ek lid is, maar helaas, daar is nog niks nuuts opgesit nadat ek my laaste sê daar gesê het nie. Dis toe mos net daar waar ek so ongeveer my speelgoed uit die hok gooi en 'n boodskap plaas, iets in die volgende trant: "Komaan mense, waar is die aktiewe mense wat in Afrikaans skryf, dig en sing, is die muur net 'n versiering, of wat, gebruik die ding…"
Wel ek het nog niks gesien in reaksie op die boodskap daar nie, maar ek is seker immer die hoopvolle gek, dus ek sal maar aanhou hoop. Ná so 'n paar uur is daar steeds niks geplaas nie. Ek was in dié tyd dorp toe, 'n paar sakies gaan afhandel en het met paar vriende ook gesit en gesels, oor 'n beker koffie.
Wel, die een goeie ding wat ek van Facebook kan sê, is dat dit darem vir mense die geleentheid gee om te kan netwerk, vir wat dit werd is. Dis net dat as die netwerk geen resultate toon nie, dan is dit mos maar 'n mors van tyd, tensy daar met die intrapslag besluit word dat tydmors die groot doel van die saak is.
Dus kan ek nou eerlik sê dat hoewel die Facebook-eksperiment vir my wel met ou vriende in aanraking gebring het, dit nie veel meer bereik het nie, maar ek laat dit maar daar, as goeie ondervinding waarteen ek dit afskryf. Maar ek kan duidelik sin dat dit ook verslawend kan raak, veral vir die persoon wat bloot behoefte aan kontak het en dit nie vir 'n spesifieke doel – soos om 'n bepaalde saak te bevorder – wil gebruik nie.

inexpensive wedding hairданильченко юрій броніславович

Viva Krimokrasie, Viva!

ImageEk wonder of die ANC gedink het voordat hulle gepraat het, toe hulle onlangs die stelling gemaak het dat nie slegs minderheidsgroepe die teikens van moord in SA is nie.

Mense, die een punt wat ter sprake moet wees is nie dat moord oor die hele spektrum van die bevolking versprei word nie, maar dit is dat moord nie behoort te gebeur nie.

Daar is so 'n paar kwessies wat mens hier kan opper en dan probeer om te beantwoord.

1) So moet ons wag totdat daar 'n sekere aantal van ons vermoor word voordat ons mag kla?

2) Net die ANC laat die feit dat die swartmense teen 'n hoë tempo uitgewis word, na 'n prestasie klink.

3) In enige ander land is daar groter besorgdheid oor minderheidsgroepe wat uitgewis word.

4) Die vraag is nie hoeveel van watter groep vermoor word nie. Eerder: hoeveel van watter groep vermoor ander groepe se lede?

Oor punt nommer een, wil julle hê dat daar eers 'n sekere hoeveelheid van die minderheidsgroepe se mense, uitgedruk in persentasie, uitgemoor moet word voordat dit julle sal bekommer? Ek glo die antwoord is nee, want as julle te veel toelaat sal dit dalk die regering se reputasie in die oë van die buiteland skaad, en dit kan julle nie bekostig nie. Die feit dat die ANC die Afrikanerblanke reeds laat sleg lyk oorsee kan dalk net eendag in sy swart gesiggie opblaas. Die rede daaroor sal ek later aanraak.

Wat verder merkwaardig is, is dat die ANC-regering waarskynlik die enigste ter wêreld is wat dit na 'n prestasie laat lyk as daar meer van hulle eie volksgenote uitgemoor word as die ander groepe wat in die land teenwoordig is. Dat hulle dit na 'n prestasie laat klink, is soos die sogenaamde oorwinning wat hulle gedurende die bosoorlog by Cuito Cuanavale behaal het. In die betrokke veldslag het die verliese van die Suid-Afrikaanse troepe op 31 gestaan het vir die verlies van 4785 kommunistiese troepe.

Terloops, wil hulle nie dalk meer sulke geweldenaars in die swart woongebiede instuur sodat hulle verder die stryd kan wen nie? Want as verlies beteken dat mens wen, kan ek my ongelukkig nie by die sogenaamde wenkant skaar nie. Wat wel hieruit behoort te blyk, is dat die regering sy gesamentlike medusa-kop moet laat sak en erken dat hy die stryd teen misdaad – en veral teen moord en verwante geweldsmisdade – verloor het, maar nee, hy staan trots op en verklaar dat nie net minderheidsgroepe die teiken van moordenaars is nie, maar die meerderheidsgroep van die bevolking ook.

Dit is amper asof hulle volgens hulle eie beskeie mening 'n klop op die skouer moet kry vir elkeen van die minderhede wat vermoor of verdryf word. Dat laasgenoemde groepe kleiner word by die dag as gevolg van onbeheersde toestroming uit sekere noordelike buurlande is ongetwyfeld so, en steeds sien die swartmense nie die gevaarligte flikker nie.

In enige ander Westerse land, anders as die gemiddelde onbeholpe, korrupte Afrika-krimokrasie, sal daar groot bekommernis wees as die minderhede so geteiken word soos wat in Suid-Afrika gebeur, maar dit wil voorkom asof die res van die wêreld sy rug op die lot van die Afrikaner in Afrika gedraai het. Hom vir die wolwe gegooi het.

Wel mense, die dag sal kom wat die Afrikaner gaan sê: "Nou hou dit op!"

Mens kan reeds neigings in die nuus sien waar die mense se verdaagsaamheid teenoor misdaad baie gesak het en waar die mense wat voorheen meer sou toegee 'n harder houding in die stryd teen misdaad inneem. Dit word duidelik as mens die nuus oor die laaste paar maande beskou en waarneem hoedat kapers en rowers meer dikwels met hul lewens betaal vir hulle misdade teen mense wat keelvol daarvoor is om altyd net slagoffers te wees.

Wat verder belangrik is, is nie hoeveel lede van die minderhede vermoor word nie, maar wel hoeveel van die meerderheid betrokke is by die moord op die minderhede. Ek dink dat die antwoord op die vraag wel van meer waarde is, aangesien dit deesdae wêreldwyd erken word dat die swart Afrikaan baie meer geneig is tot geweld, moord en misdaad as blankes of Asiërs. Suid-Afrika se statistieke en tronkbevolkings spreek vanself.

Die feit dat die huidige regering grotendeels die geweld teen minderhede ignoreer, moet met sy grypsug in verband gebring word. Hy is besig om op 'n  berekende, sistematiese manier die land te stroop van alles wat van waarde is: geld, minerale, enigiets wat hy kan vat, breek of vernietig.

Die een belangrike punt wat die swartman vergeet, is dat hy in die verlede van die blanke afhanklik was en dalk vinniger as wat hy dink weer op dieselfde pad kan beland. Mugabe en sy Zimbabwiërs is vandag afhanklik van voedselhulp wat grootliks deur blanke Britte verskaf word. Dit impliseer dat die twee minderhede in die land wat die hoogste inkomste per kop weer sal moet bydra om die hordes onbeholpe swartmense te moet ophef as ons landbou en ekonomie eers geruïneer is.

Iets wat ek dus aan die regering wil voorstel is dat hy, pleks daarvan om toe te sien en toe te laat dat minderhede na willekeur vermoor en aangeval word, ons eerder opgepas behoort te word soos dit waardevolle bydraers tot die land se welvaart betaam. Die ANC-regering het baie meer om in die proses te verloor as wat hy tans dink.

Die VF+ het vroeër vanjaar namens die Afrikaner by die UNPO geregistreer. Die geweld wat ons tans teister, kan beslis gesien word as 'n bedreiging wat neerkom op totale uitwissing. Behoort daar nie internasionaal hieroor klagtes gelê te word nie, by die UNPO, die VN se Menseregtekommissie en ander internasionale organisasies?

Dit sou interessant wees om hulle reaksie te hoor op die stelling van die skeurende ANC, dat nie net minderheidsgroepe as teikens vir moord uitgesoek word nie. As mens die berig so tussen die lyne deurkyk, wil dit voorkom asof die ANC homself probeer verontskuldig en dít kan hy nie.

Ons wette is reeds streng genoeg; hulle word eenvoudig nie toegepas nie. Daarbenewens glo die ANC dat kriminele meer regte as wetsgehoorsame burgers behoort te hê.

Viva Krimokrasie! Viva!

free casino bonus games slotsлобановский александр игоревич класс

Nou gaan ons belas word vir ons rekenaarnetwerke

Image08:42:41 Het jy 'n rekenaarnetwerk by die huis of in jou (klein) sakeonderneming? Selfs net 'n kleintjie waar jy en jou gesin 'n internet-verbinding deel? Indien wel, is daar moontlik slegte nuus vir jou en jou beursie.

OKOSA, die volslae getransformeerde morone (laasgenoemde is uiteraard 'n toutologie), wat tien jaar lank hofsake teen Radio Pretoria gevoer het in 'n poging om die stasie te sluit, en ook vir die rampspoedige privatisering van Telkom en die lang vertragings met Neotel veranwoordelik was, gaan jou moontlik slaan met 'n R1 000-jaarlikselisensiefooi vir die blote voorreg om jou eie rekenaarnetwerk te bedryf.

Verstaan goed – jy sal self die netwerk moet aankoop, opstel en onderhou. Die regering sal geen bydrae hoegenaamd lewer nie (mens kan net sowel tegniese hulp met 'n netwerk van 'n trop sjimpansees verwag), maar jy sal steeds moet opdok.

Dis nie duidelik of die R1 000 ook gewone tuisnetwerke met 'n ADSL- verbinding en 'n draadlose netwerk sal insluit nie, maar die bewoording van die voorgestelde regulasies wek tog daardie indruk. Dis weliswaar moontlik dat die regulasies eintlik op besighede gemik is, maar die regstellende-aksieopstellers van die regulasies was te onbevoeg om dit duidelik te verwoord.

Selfs al is dit slegs op besighede gemik, is dit niks anders as nog 'n vorm van sluipbelasting en kruipende grypsug deur die korrupte regime nie, en nog 'n nekslag wat die land selfs meer onmededingend sal maak.

casino roulette freeФильчаков прокурор харькова

Amerikaanse nagmerries

ImageOp ‘n dag in Julie 2004 het die Demokratiese Party in die VSA verlief geraak op Barack Obama. Tot op daardie oomblik was Obama ‘n onbekende gemeenskapsaktivis in Chicago wat tot die Illinois-senaat in 1997 verkies is. Sy aktiwiteite was beperk tot sy Chicago-basis waar sy assosiasie met verlinkse figure soos pastoor Wright, asook Bill Ayers en Bernadine Dohrn (die stigters van die Weathermen-terroristegroep), sy politieke ideologie gevorm het.

Obama se gewildheid is deels te danke aan die huidige soeke in die VSA en Westerse lande na “Black Excellence”, en in Obama is dit gevind. Barack Obama is ‘n talentvolle politikus en ‘n uitstekende orator wat sy posisies logies kan verdedig. Hy is relatief jonk en aantreklik, en het ‘n stemtoon wat linksgesinde ondersteuners in ‘n beswyming laat verval. Dit is nie duidelik dat Obama wel die verkiesing in November sal wen nie; sy teenstander (John McCain) is ‘n gesoute en populêre oorlogsheld wat Obama, ten spyte van Obamania, by die stembus kan verslaan.

Hoe dit ook al sy, die volgende Amerikaanse president (óf Obama, óf McCain), gaan ‘n bankrot VSA met diepliggende ekonomiese, sosiale en internasionale probleme van George Bush erf. Die blaam vir die VSA se huidige probleme word dikwels aan George Bush se administrasie toegedig, maar dit is meer eerlik om die oorsprong van die probleme verder in die verlede te soek.

Die oorloë in Irak en Afghanistan is te wyte aan gebeure in die 1990s en die terroristeaanvalle op 11 September 2001, ‘n skrale 9 maande ná Bush die leisels van Bill Clinton oorgeneem het. Die finansiële krisis is die gevolg van dekades se onverantwoordelike besluite in Wallstraat. Amerika se sosiale probleme is hoofsaaklik te wyte aan ‘n immigrasiebeleid wat reeds dekades lank disfunksioneel is. Die kultuuroorlog tussen regs en links het sy oorsprong in die 1960s. Dit is verder duidelik dat daar nie maklike oplossings vir die VSA se komplekse probleme is nie, en die mees gevaarlike probleem (die finansiële krisis wat reeds verskeie banke geëis het) kan ‘n resessie of depressie veroorsaak.

Met dié skrywe is die Amerikaanse regering besig om ‘n pakket van $700,000,000,000 (700 miljard dollar) saam te stel om te verhoed dat nog banke bankrot speel. Terwyl daar nog politiekery oor die pakket se doelwitte is, is dit duidelik dat een of ander pakket wel aanvaar sal word. Intussen steier die aandelebeurse in die VSA onder die nuus dat groot finansiële maatskappye (Fannie Mae en Freddie Mac), en verder ‘n versekeringsmaatskappy wat gespesialiseer het in die versekering van riskante finansiële transaksies (AIG) en nog drie bekende aandelemaatskappye (Merrill-Lynch, Lehman Brothers en Bear Stearns) bankrot is. Nog banke is bankrot of in die moeilikheid (Washington Mutual, Indy-Mac en Wachovia), en daar word naarstiglik geprobeer om hulle te red.

Wat het gebeur, en wat kan ons nou verwag?

Dat die VSA se ekonomie aan groot risiko's blootgestel was, is nou so duidelik soos daglig. Onlangse opmerkings dat die “fondamentele” van Amerika se ekonomie goed is, was dom en verkeerd. Die VSA se ekonomiese probleme het reeds in die 1950s begin, toe die VSA die grootste ekonomie op aarde was (50% van alle ekonomiese aktiwiteit op aarde was in die 1950s Amerikaans. Hierdie ryk ekomonie (van ‘n sterk land met ‘n bevolking met baie sosiale kapitaal) het ‘n verbruikersklas geskep op wie se skouers rykdom elders gebou is. Die herrysing van Japan se ekonomie, asook Duitsland se ekonomiese wonderwerk in die 1950s en 1960s, is gebou op uitvoere na die VSA, waar verbruikers se geld Japannese en Duitse invoere in rykdom in Japan en Duitsland omskep het.

Die verhouding tussen Amerikaanse verbruikers en winste in Japan en Duitsland is vandag nog geldig, net die rolspelers het verander. Die Amerikaanse verbruiker koop steeds reusehoeveelhede goedere wat in die res van wêreld vervaardig word: Elektroniese toerusting en speelgoed uit Sjina, Korea en Japan, motors uit Japan en Europa, voedsel uit Suid- en Sentraal-Amerika en soms Suid-Afrika, asook klere uit Sjina en Europa. Die verhouding was nie ongesond in die vroeë dekades (1950-1970) nie. Die VSA was self ‘n nywerheidsreus met groot uitvoere na die res van die wêreld (motors, masjinerie, ruolieprodukte, chemikalieë, voedsel en dies meer).

Maar sedert 1970 het iets verander. Die Amerikaanse verbruiker voer steeds dollars uit in ruil vir invoere soos motors en elektroniese ware, maar anders as voorheen verkoop die VSA nie meer genoeg motors, masjinerie, en dies meer, om die invoere te balanseer nie. Die gevolg is ‘n tekort op die Amerikaanse regering se lopende rekening, en die Amerikaanse regering het begin geld leen om hulle begroting te laat klop. Fantastiese hoeveelhede geld is oor die afgelope dekades geleen, en vandag is die totale regeringskuld van die VSA baie triljoene dollar (‘n triljoen dollar is $1,000,000,000,000).

Die handelswanbalans is verder gekompliseer deur die VSA-regering se internasionale politieke doelwitte. Miljarde dollar is oor die laaste vier dekades geskenk as buitelandse hulp aan lande in Afrika, Suid-Amerika en die Midde-Ooste (Afrika alleen het die ekwivalent van vier Marshallplanne in hulp ontvang, met skynbaar geen resultate nie). Die oorloë in Irak en Afghanistan is duur, en kos nie net Amerikaanse lewens nie, maar ook miljarde dollar se toerusting, voorraad, oorlogstuig en ammunisie.

Dan is daar ruolie: Olieproduksie in die VSA neem sedert 1970 af terwyl die vraag na olieprodukte (petrol en diesel) styg. Die tekort word verlig met invoere vanuit die Midde-Ooste en ander OPUL-lande. Teen ongeveer $100 per vat is die totale rekening $700 miljard net oor die laaste jaar, en triljoene dollar oor die laaste 30 jaar. Dit is geld wat die VSA aan vyandiggesinde regerings betaal, wat uiteindelik in Europese banke beland, en wat dit dan op hulle beurt weer aan die Amerikaanse regering en banke leen of, in sommige gevalle, gebruik om Amerikaanse landmerke te koop (soos die Chrysler-gebou wat onlangs deur Abu Dhabi gekoop is). Geld vir olie eindig uiteindelik as Amerikaanse skuld aan die res van die wêreld – inderdaad ‘n ironiese toedrag van sake.

In 2007 het die totale Amerikaanse skuld die 10-triljoendollarmerk verbygesteek, en dit is net die oorsese skuld van die Amerikaanse regering. In teenstelling hiermee is die totale bruto nasionale produk van die VSA ‘n geskatte 13 triljoen dollar in 2007, en word die totale verbandlenings in die VSA tans op 9,2 triljoen dollar geskat.

Die vooruitskatting van die regering se finansïele uitleg aan sosiale programme (medies, pensioene, rente op lenings, en dies meer) beloop om en by ‘n totaal van 40 triljoen dollar meer as die totale geprojekteerde inkomste van die VSA se federale regering oor die volgende 7 dekades. Daar is reeds ‘n algemene erkenning dat hierdie finansiële omstandighede nie volhoubaar is nie, en dat iets êrens sal moet meegee.

Daar word bespiegel dat die ontrafeling van die Amerikaanse huisleningsmark onderliggend is aan die huidige finansiële krisis: ‘n Daling in pryse het die huismark ondermyn, en verkopers vind skielik dat die miljoendollarhuis met ‘n verband van ‘n miljoen dollar, nou net vyfhonderdduisend dollar werd is. Dit is derhalwe nie die moeite werd om die verband af te betaal nie, maar om bankrot te speel en weer voor te begin. Banke wat groot hoeveelhede geld in huislenings belê het, of wat bondels huislenings in die mark in gesofistikeerde finansiële kontrakte gekoop het, het skielik uitgevind dat hulle beleggings byna waardeloos is en onderpresteer. Die aandelebeurse het skerp hierop gereageer, en soos die aandelepryse van banke afgeneem het, het hulle in finansiële moeilikheid beland en moes êrens ‘n reddingsboei soek: Hetsy 'n koper, hetsy ‘n belegger, of selfs ‘n reddingsboei van die regering.

Maar dit is nie die hele verhaal nie. Onderliggend aan die ontrafeling van die huisleningsmark is stygende voedselpryse, wat skerp sedert die begin van 2007 gestyg het, asook stygende werkloosheid in die VSA. Opwaarts neigende voedselpryse en werkloosheid veroorsaak dat leners minder geld het om huise teen geswolle pryse te koop, of om die rente op huislenings te betaal. Dit het huispryse afgedwing en die finansiële krisis veroorsaak.

Waarom het voedselpryse gestyg? Die styging in ruoliepryse het duurder energiepryse beteken (duurder diesel en kunsmis), en die verhoogte insetkostes wat produsente moet dra, word in die pryse van voedsel weerspieël. Dit is dan die gevolge van ‘n stygende ruolieprys: aan die een kant inflasie, en as dit baie styg, dan destabiliseer dit banke en kapitaalmarkte.

Vandag is die VSA finansieel gesproke ‘n kwesbare reus. Die land is belas met ‘n finansiële krisis, is onderworpe aan die soms vyandige houers van haar buitelandse skuld van triljoene dollar, is verder vasgevang in duur oorsese militêre avonture, en moet op die koop toe ruolie teen $700 miljard per jaar invoer, ‘n bedrag wat jaar ná jaar toeneem, en wat danksy die fisiese realiteite onderliggend aan die ontginning van ruolie, nie gaan afneem nie. Die probleme wat die land in die gesig staar, is so skrikwekkend dat die Duitse minister van finansies, Peer Steinbrück, onlangs opgemerk het dat die VSA haar posisie as die wêreld se mees belangrike finansiële sentrum gaan verloor.

D-dag kan vir die VSA kom as die oorsese houers van haar skuld vertroue verloor in haar vermoë om rente op die skuld te betaal. Op daardie dag sal hulle die lenings inroep en dollers begin verkoop. Dit sal die VSA verarm, en waarskynlik ‘n depressie wêreldwyd veroorsaak omdat ekonomiese groei in Sjina en ander wêrelddele steeds op die Amerikaanse verbruiker gebaseer is. Die sosiale en politieke gevolge van so ‘n ontrafeling van die Amerikaanse ekonomie is te verskriklik om oor na te dink.

Intussen is Barack Obama en John McCain in ‘n kop-aan-kopwedloop gewikkel om die volgende president te word. Obama het ‘n sterk kans om McCain te verslaan, en indien hy dit regkry, sal dié ongetoetste man president word van ‘n reuseland met geweldige ekonomiese en miltêre probleme. Die president sal nie net die ekonomie moet red om sosiale onrus te voorkom nie, maar sal ook internasionaal met vyandiggesinde en onstabiele regerings te doene kry. Op dié gebied is McCain baie beter toegerus as Obama, maar die Amerikaanse verkiesing sal uiteindelik beslis word op enkele aangeleenthede: die oorlog in Irak, die finansiële krisis, en dan natuurlik ook die tenore kwaliteit van Obama se stem en McCain se ouderdom. Amerikaners sal uiteindelik net kry wat hulle verdien, maar ek kan nie dieselfde oor die res van ons sê nie.

тамбов мебельАлександр Фильчаков прокурор

Verliesrefrein

ImageEk weet nou nie wie die regisseur was nie en nog minder kan ek vir jou sê wie verantwoordelik was vir die keuse van die musiek en die ontwerp van die klankbaan. Maar ek kan vir jou met alle sekerheid sê daar was 'n oomblik van begeesterdheid toe hulle, vir wat ons die "Katedraaltoneel" kan noem, op Francisco Tarrega se "Recuerdos de la Alhambra" besluit het.

Want wat hulle deur die musiek beskryf, is nie die gewyde uiterlike aanslag wat die katedraal op die pelgrim se ore loods nie. Dán sou hulle 'n magtige pyporrel gebruik het, met die dreunende majesteit van die basnote, die soepel welluidenheid van die middelregister en die swiepende triomf van die verkoperde hoë note; klanke wat alles – die kolossale strukture, die hemelhoë plafon, die vloer, as't ware die molekules in die atmosfeer self – laat vibreer. En hulle sou seker die ontsag in die jong gemoed beklemtoon het met die donker, diepgewydheid van skimagtige monnike se neuriesang.

Hier vervul die klankbaan egter nie die funksie om bloot die oorweldiging van die visuele te begelei nie, maar om eerder die intieme, innerlike reaksie van die verbysterde seun te vertolk.

Dit is musiek van 'n verruklike eenvoud – wat uitslofend moeilik is om te speel. ("Enige negejarige, kan 'Herinneringe aan die Alhambra' speel," het kitaarvirtuoos John Williams gesê, "met vyftien jaar se oefening.") 'n Eenvoudige, effe weemoedige deuntjie is in die voorgrond op 'n onderlaag van 'n ritselende tremolo, alles deurgewerk met 'n sleurende ritme wat klassiekemusiekluisteraars met weinig moeite sal vereenselwig met die aandrang van die noodlot. Dit is musiek van verlange, heimwee en gelatenheid oor verlies.

Veertien jaar later het die legendariese skepper van atmosferiese musiek, Mike Oldfield, dit vir die hooftemamusiek op die klankbaan van die bekroonde rolprent, "The Killing Fields," gebruik – dié keer gespeel op die panfluit. Dit was spokerige musiek, nabootsend van die ontliggaamde stemme van 'n skare gewone, onskuldige mense wat vergruis is in die bloedkoors van Pol Pot se Kambodja. Ons hoor daarin die vergeefse roepe van mense wat terugreik na 'n eenvoudige, vervulde lewe.

Ons s'n is in teenstelling 'n klein fliek, 'n verstommend onskuldige, selfs naïewe rolprent, een wat onbeskaamd geflikflooi het vir warm gevoelens. Maar as ons dit nou sien, geskakeer deur die kennis van wat ons verloor het, is dit 'n bitter film, vol onvervulbare versugtinge.

"Groete van die Eerste Minister" vertel die verhaal van 'n Karoo-seuntjie, die agtjarige Manie, wat, genoop deur die langdurige droogte op die familieplaas in die Hopetown-omgewing, op sy persoonlike Odusseia vertrek om die hulp van die Eerste Minister en die N.G. Kerk se moderator (wat hy fraai-fraai maar met 'n sekere gepastheid die "moddermaker" noem) te gaan werf.

In sy kruistog word hy begelei deur 'n verskeidenheid gidse, die eerste daarvan 'n langafstandvragmotorbestuurder. Dié is geprikkel deur Manie se vertelling van sy oupa se deelname as penkop aan die Slag van Magersfontein. Terstond besluit die vragmotorbestuurder om Manie te neem om die toneel te besoek. In die teenwoordigheid van 'n groepie jong, forse, glinsteroog beroepsoldate wat die terrein vir opleidingsdoeleindes besoek, wys Manie se mentor vir hom die kontoere en valle en hoeke van die slag uit. En wanneer Manie die slagveld verlaat, nou stemmig, gekonfronteer met 'n nuwe insig oor die vertering van oorlog, laat hy 'n Mauser-doppie wat hy opgetel het op die graf van die Onbekende Klein Doedelsakspelertjie.

Hulle reis neem hulle deur die sentrale hartland van Suid-Afrika, Noord na die industriële kompleks van die Witwatersrand. En hoe ontroer dit nie nou om, vanuit die ruim kajuit van die Mack-vragmotor wat deur Manie se nuwe vriend bestuur word, dáárdie Suid-Afrika van 1970 te sien nie. Want dit is 'n land waarin die ywer en doelgerigtheid van 'n geharde jong volk gesien word, met nuwe snelweë wat uitgelê word, nywerheidsgebiede wat verrys, komplekse wat verskyn, huise in aanbou. Al hierdie drif om te bou, om te vestig, om te verbeter, word gehuls in 'n nasionale atmosfeer van orde, sindelikheid, toegeneentheid en gemeenskaplike agting. Wat 'n land, wat 'n land, wat 'n lánd!

Dramaties gesproke is hierdie gids se rol uitgedien teen die tyd wat hulle Kemptonpark bereik. Manie, wat 'n goedgunstige maar verydelende lokval van die vragmotorbestuurder vermoed, glip uit die vragmotor en verdwyn oor die nuwe snelweg tussen die karre deur.

Sy vlug neem hom na die aanloopbaan van die lughawe wat na Jan Smuts vernoem is, en verder, totdat hy deur 'n lang, hoë skreef van 'n deuropening 'n vliegtuigloods betree.

Recuerdos de la Alhambra… tremolo, ritseling en weemoed in 'n sleurende deuntjie…

Want in hierdie loods – 'n gebou van asembenemende omvang – staan een vliegtuig – 'n glimmende, gladafgewerkte, elegante, gespierde konstruksie, so groot en majestueus dat die aanskoue daarvan geloof en ongeloof deurmekaarwriemel. Want hierdie is 1970, 'n tyd toe die Suid-Afrikaanse Lugdiens 'n hooggeagte redery was. En dit is die jaar van die Boeing 747, waarvan die S.A.L. een van die eerste ontvangers en gebruikers was.

En daar, voor klein Manie wat nou nog verder wegkrimp in sy verwondering, staan hy: Tafelberg. Ons makrostraler met die lang, silwer romp, die vier swaar motore aan die terugswiepende vlerke, beslaan met die heroïese oranje-blanje-blou nasionale vlag en die sierlike Vlieënde Springbok op die hoë metaalvaandel van die vertikale roer.

Tremolo, polsing en weemoed veroorsaak deur 'n onvermoë om oorweldigte emosies te verklaar… en terwyl die kitaarmusiek groter, dringender word, draai Manie op sy hak om, so skielik en doelbewus dat die kyker verstaan dat die Karoo-seuntjie presies sal weet wat hy volgende sien.

Die loods se hoofdeur is op 'n skreef oop en dit vorm 'n helder skag van lig, skraal en so hoog asof dit in die hemel self begin. En heel onder, minuskuul in die regop streep lig is die silhoeët van 'n enkele vrou wat nie soseer verskyn as wat sy net skielik dáár is nie, baie soos 'n engel.

En Manie, sonder huiwering of bedeesdheid nael na haar en slinger sy seuntjiearms om haar. Ons sien nou sy is 'n lugwaardin, poppiemooi in haar vietse poeierblou uniform, hofskoene en regop hoedjie.

Die seun snik met 'n wye, ontroosbaar droefheid: "Tannie… tannie… die vliegtuig, die vliegtuig, die vliegtuig."

Want wat moet 'n seun sê as hy die eerste keer gekonfronteer word met die moontlikhede van sy kultuur en tradisie, 'n beskawing wat iets so majestueus wonderliks soos 'n passasierstraler kon baar en dit kon berg in 'n gebou so groot dis asof dit die oorspronklike Tafelberg self kon bevat?

Die res van Manie se verhaal is so voorspelbaar as wat dit stroperig fraaitjies is. Tog moet ons altyd dankbaar wees teenoor die regisseur en musiekverskaffer wat vir ons 'n oomblik van sulke verstommende filmiese insig gebring het – wat vergelyk met die diepsinnigste oomblik van enige "Killing Fields".

Manie se reis neem hom na middestad Johannesburg en 'n Hillbrow van skoon sypaadjies, versorgde parkies en beleefde mense, waar die grootste middernagtelike misdaadkrisis se bekamping 'n gil ver is voordat die knap, altyd waaksame S.A.P.-lede om die draai gejaag kom in 'n karamelkleurige Chevrolet Kommando met 'n grommende reguitsesenjin en loeiende bande. Orde. Geborgenheid. Samelewing. Vooruitgang.

Natuurlik ontmoet Manie uiteindelik sy "moddermaker", 'n statige ou leraar wat sonder huiwering in sy studeerkamer saam met die seun kniel en bid. En natuurlik neem die dominee hom na die Uniegeboue en die diepste binneste daarvan, reg tot in die Eerste Minister se kantoor. Dié is, onvermydelik, so aangegryp deur Manie se opregtheid en opoffering dat hy sonder verwyl die weerburo skakel en as't ware reën vir die dorre Karoo opkommandeer.

Dit is die einde van Manie se verhaal en hy vertrek. Die rolprent sluit af met Manie, sy ouers en sy oupa wat, begelei deur die kitaarklankbaan, deur golwende grasvlaktes loop van die ou Karoo na lang en goeie reën.

Maar ons is nie klaar nie. Dit is 'n tendens in Hollywood om nuwe weergawes van ou rolprenttreffers te maak. Dis natuurlik vir ons onmoontlik om 'n nuwe interpretasie van "Groete van die Eerste Minister" te skiet. 'n Agtjarige seuntjie op reis van Hopetown na Pretoria sal nooit opdaag nie. Hy sal ongetwyfeld onderweg ontvoer, verkrag en/of vermoor word en sy liggaampie ru-weg gedissekteer word vir die moetiemark.

Miskien kan ons wel 'n addendum vir die rolprent verfilm:

Die hede. Agt-en-dertig jaar later. Manie is nou ses-en-veertig jaar oud. Hy verskyn weer by die Uniegeboue, in die nag. Ná 'n reeks hoogs onwaarskynlike toevalle, bevind hy hom in die nag in dieselfde kantoor waar die Eerste Minister na sy verhaal geluister het.

Daar is nou nie meer 'n eerste minister nie, maar 'n president.

Manie gaan staan agter die statige chroompyp-en-leerstoel waarin die eerste minister gesit het. Hy vryf daaroor en dink aan al die manne wat daardie stoel eens beset het, vir wie die welvaart van elke inwoner van die land belangrik was; manne wat nie gehuiwer het om die juk van miljoene ongeletterde, primitiewe mense, vreemd aan hulle volk, op hulle te neem nie. Hierdie manne het daarin geslaag om 'n volk te bestuur sodat dié in pas kon marsjeer met die mees gevorderde nasies in die wêreld. Terselfdertyd het hulle vooruitgang, opvoeding, veiligheid en mediese sorg voorsien vir die miljoene lede van ander volke in die land. Hulle was eiesoortig daarin dat hulle nie net daarin kon slaag om die strukture en ruimtes te skep waarin 'n gesofistikeerde Westerse gemeenskap ontstaan het nie, hulle het ook die hoogste lewenspeil vir enige Derdewêreldse nasie op aarde bewerkstellig.

En dan dink Manie aan die huidige besetters van daardie stoel en daardie gebou – regeerders wat met sorgvuldige ongetraaktheid wag gehou het oor die moord van bykans vyfhonderdduisend mense in die land, wat met monumentale hubris en gulsigheid die skatte van die land vir hulleself gebuit het en wat vasberade toegesien het dat alles wat goed en reg gebou was, nou onderwerp is aan verval en aftakeling en roof.

Manie, die boer, weet ook dat hierdie regering deur sluheid of onnoselheid die land se vermoë om voedsel te vervaardig, onherroeplik beskadig het en daardeur die aanvoorwerk gedoen het vir 'n toekomstige hongersnood wat die gruweldood van miljoene mense kan kos.

Die Uniegeboue, eens beman deur bouers en beskermers, is nou ingeneem deur afbrekers en verwoesters – dis asof daar uit hulleself 'n miasma van organiese suur die hele atmosfeer van die land ingesypel het en waar dit ook al raak vreet en verteer en verkrummel dit. In enige redelike wêreld sou hulle vanweë hulle venyn, onvermoë en hardvogtigheid tereg gestaan het in die hoogste internasionale howe op aanklagte van misdade teen die mensdom.

As Manie dink aan hoe dit toe was en toe hoe dit nou is…

… tremolo, polsing, sleurende deuntjie…

'n bitter refrein kronkel en kronkel en kronkel deur hom:

Wat het ons gedoen?

Wat het ons gedoen?

Wat hét ons gedoen?

bog bad wolfлобановский обыск

Demokrasie in Afrika lei dikwels tot geweld

ImageGerrit Brand van Die Burger meen ek was teenstrydig in my onlangse kommentaar oor Die gevare van demokrasie. Een van die Burger se lesers, Joan (Hambidge) reageer op Brand se webjoernaaldeur te sê dat sy polemiek die essensie van my argument misken, naamlik dat demokrasie in Afrika dikwels tot geweld lei en dat enige magstryd tussen twee groot swart partye (indien die ANC byvoorbeeld sou skeur) heel moontlik tot grootskaalse onluste of selfs burgeroorlog kan lei.

Ek het die voorbeelde van drie Afrikalande genoem waar 'n verkiesing of die moontlikheid van regeringsverandering tot burgeroorlog (Ivoorkus en Kenia) of ekonomiese ineenstorting (Zimbabwe) gelei het. Waarom kan dieselfde nie ook in Suid-Afrika gebeur indien die huidige magstryd tussen die Zuma-faksie en die Mbeki-faksie nie meer binne die regerende party, maar daarbuite sou plaasvind nie?

Die Burger se susterkoerant Beeld het reeds vandeesweek 'n – myns insiens naïewe – pleidooi gelewer dat die ANC behoort te skeur. Dit sou dan tot die grootse konfrontasie tussen die twee faksies lei wat óf gaan bewys dat Suid-Afrika 'n volwasse demokrasie van die Westerse tipe is óf ons land in 'n tipiese Afrikamagstryd tot die dood toe gaan dompel.

In die aanloop tot die 1994-verkiesing is 1000 mense vermoor. Destyds het Thabo Mbeki dit as 'n kleinigheid afgemaak. Ook die Westerse media het nie veel aandag geskenk aan die geweld en intimidasie rondom die sogenaamde "eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika" nie, aangesien dieselfde joernaliste en meningsvormers die volksmoord in Rwanda, wat in dieslfde jaar plaasgevind het, grootliks geïgnoreer het.

Demokrasie is geen doel op sigself nie. Die enigste rede waarom demokrasie oor die afgelope twee eeue of so in die Weste ingeburger geraak het, is omdat dit (dikwels, maar nie altyd nie) tot goeie regering lei. Gestel nou egter dat demokrasie in 'n land soos Suid-Afrika níé tot goeie regering lei nie, maar juis die teenoorgestelde? Pleks van "ordelike regering" soos PW Botha gesê het, kry ons dan wanorde, hebsug, korrupsie, ongebreidelde geweld, onbekwame amptenare en bowenal etniese oorheersing. Indien hierdie vorm van "demokrasie" behels dat mense in hul huise of op straat deur gewapende bendes aangeval word, Afrikaanse skole en universiteite onder dwang verengels word en daar op rassebasis 'n tirannie van die meerderheid ingestel word, is die kool nog die sous werd?

Voor 1989 is liberale demokrasie dikwels gesien as die teenpool van kommunisme met sy eenpartymodel waarin die staat die totale samelewing beheer. Sedert die ineenstorting van die Berlynse muur – en Suid-Afrika is helaas die eerste internasionale voorbeeld daarvan – word demokrasie of "demokratisme" dikwels as voorwendsel gebruik vir imperialisme of om juis totalitêre beheer oor 'n land in te stel. Net soos wat die ou Sowjetunie gelykheid en sy begrip van kommunistiese volksregering as voorwendsel gebruik het om lande te destabiliseer, regerings tot 'n val te bring en sy invloed uit te brei, speel die VSA en Brittanje vandag die rol om hul nuwe imperiale droom in die naam van demokrasie te volvoer.

Is Irak vandag meer "demokraties" as onder Saddam Hoessein?

Dit ly geen twyfel dat die Mbeki-faksie deur Brittanje en Amerika gesteun word nie, omdat die alliansie van die Xhosa- en Indiër-elite, asook die linkse Engelse wat hul van kommunisme tot demokratisme bekeer het, die mees pro-Amerikaanse groepering in die land verteenwoordig. Hulle hang ook die Amerikaanse ideologie van die kulturele en etniese smeltkroes aan wat tot een wêreldkultuur oftwel "McWorld" moet lei.

Die Mbeki-bewind was ook die mees anti-Afrikaanse regering wat Suid-Afrika nog gehad het – en dit sluit die Britse koloniale regerings van die negentiende eeu in. Volksmoord of dan op sy minste kultuurmoord op die Afrikaner vorm reeds twee eeue lank die vernaamste element van die Britse buitelandse beleid teenoor Suid-Afrika. In dié opsig het Mbeki en veral sy onderwysministers hul uitstekend van hul taak gekwyt en kan Brittanje net trots voel op alles wat vermag is om 'n "finale oplossing" vir Suid-Afrika se "Afrikanerprobleem" te vind.

Zuma het tot dusver laat blyk dat hy nie die Brits-geïnspireerde Afrikanerhaat van die Mbeki-bewind deel nie. In watter mate sy ontvanklikheid vir 'n herstel van Afrikanerregte en selfs -soewereiniteit opreg is, sal die tyd wel leer.

Enige magstryd wat daar van hier af aan tussen die twee faksies mag plaasvind, gaan egter nie volgens die spelreëls van Westerse liberale demokrasie gespeel word nie, maar sal vroeër of later verval in intimidasie en geweld volgens die Afrikamodel.

Die oplossing vir Suid-Afrika en Suider-Afrika se probleme is myns insiens nie simplistiese demokrasie of demokratisme nie, maar 'n konfederasie wat Lesotho, Swaziland, Botswana en Zimbabwe insluit en waarin etniese identiteite en selfbeskikking vir diegene wat dit verlang beskikbaar sal wees.

Ironies genoeg staan die VSA natuurlik presies dít in Oos-Europa voor maar in Suid-Afrika moet ons met sentralistiese oorheersing vir lief neem.

светильник оптикаtopcargo отзыв

Julius Malema wil ook maar soustrein ry

ImageDie paleisrewolusie is voltrek. Brutus Zuma en sy maatjies het, soos wyd verwag, vir Caesar in die rug gesteek, en Caesar Mbeki is polities gesproke dood.

Die vraag op ons almal se lippe is sekerlik uiteindelik: hoe beïnvloed dit mý?

Daar is diegene wat spoke opjaag en ‘n groot skuif na links voorsien onder ‘n Zuma-regering. Die Business Day se berig hieroor verwoord die vrese as volg:

“The critical question for the economy is whether there will be policy continuity,’’ Goolam Ballim, group econo-mist at Standard Bank, said.

In eenvoudige terme: gaan ‘n Zuma-regering begin om rampspoedige, uitgediende linkse of sosialistiese beleidsrigtings daar te stel? Gaan hulle poog om Suid-Afrika in Venezuela te verander, met ander woorde, maar sonder Venezuela se toegang tot olie-rykdom? Gaan jou eiendom, grond, plaas, myn of woonhuis onderworpe wees aan nasionalisering soos in Zimbabwe gebeur het? Gaan die regering onbekostigbare en onhoudbare sosialistiese programme instel, wat geklike beloftes maak soos gratis onderwys en mediese sorg aan almal, terwyl dit onduidelik is wie dit moet befonds?

Vir jou en my as belastingbetalers, asook besighede, sal bostaande rampspoed meebring. Dit sal eerstens sorg dat die rand in duie stort, namate die regering probeer nie om rykdom te skep nie, maar om geld te skep wat hy kan spandeer op populistiese beloftes. Daar is ‘n enorme verskil tussen die twee. Zimbabwe het baie geld – triljoene Zimbabwiese dollars – maar bykans geen rykdom nie. Tweedens sal alle oorblywende blankes met vaardighede, landuit vlug. Diegene wat agterbly sal die oues, siekes en ongeskooldes wees.

Te oordeel aan die retoriek, veral uit Cosatu- en ANCYL-geledere, is bostaande of iets soortgelyk wel wat in die vooruitsig gestel word.

Noem my sinies, maar ek is nie heeltemal so seker dat die linkses volledig in hulle eie retoriek glo nie. Ja, hulle sal sekerlik simboliese gebare teenoor die armes probeer maak, maar sal dit met ware oortuiging wees?

Lees byvoorbeeld hierdie uitlating van die ANCYL:

We hold a firm view that this dastardly act of cowardice is the work of desperate forces who believe they can intimidate us into submission. It is a sad day in our country to realize that we still have apartheid-style tactics …. We dare these forces of darkness to confront us openly in broad daylight. The Youth League condemns this act of cowardice in the strongest possible terms. An attack on leaders of the ANCYL is an attack on the ANCYL itself.

Waarna verwys dit? Het iemand ‘n bom geplant by die ANCYL se hoofkantoor? Nee; daar is by Julius Malema se Mercedes ingebreek, waar dit voor sy rykmanswoning in Sandton geparkeer gestaan het. Hy is kwaad, want iemand het sy besittings gesteel. Malema is duidelik ‘n aanhanger van die kapitalisme waar dit by homself kom, en ongeag sy linkse retoriek oor andere. 'n Toegewyde sosialis sou 'n fiets gery het en in Alexandra gewoon het, nie in Sandton nie.

As ek tot op hede enige iets oor die menslike natuur geleer het, is dit dat dit voorwaar ‘n rare politikus is wat nie eerstens na sy eie belange omsien nie.

Hoekom was die ANC so haastig om van Mbeki ontslae te raak? Hy sou in ieder geval net enkele maande lank nog president kon wees. Dit kan sekerlik nie ongeduld wees om iets aan die armes se lot te doen nie. Malema ry in ‘n Mercedes en woon in Sandton – wat traak dit hom as die misrabeles nog ‘n paar jaar lank in Alexandra krepeer?

My siniese kant maak my vermoed iets anders is hier op die spel, en my raaiskoot is dat dit eerder gaan oor eiebelang en ongeduld om op die soustrein te klim. Cosatu, Zuma en kie is heel moontlik veel eerder moeg daaroor om hulle beurt op die soustrein af te wag, as wat dit oor die belange van die armes gaan.

Kersfees kom en hulle wil moontlik ook die sousvliegtuig na Doebaai haal, ten einde die inkopiestormloop nie mis te loop nie.

wedding hair bands and tiarastopcargo кидалы