Waarom Amerika se ‘halfbloedprins’ nie die w?reld gaan red nie, deel 2

ImageTerwyl die VSA verswak word deur sy interne ideologiese en rasseverdeeldheid, het die land ook die pad byster geraak wat sy buitelandse beleid betref. Dis te betwyfel of die liberale Hillary Clinton hoegenaamd hieraan gaan verander. Kortom, Amerika het sy tradisionale posisie as bewaker van Westerse veiligheid versaak en is tans onseker oor wat sy werklike belang behoort te wees.

Ek meen Amerika se behandeling van die blankes in Suider-Afrika verskaf een leidraad tot die land se nuwe buitelandse beleid (of gebrek daaraan). Amerika het sowel die Smith-regering in die destydse Rhodesië as die vorige Afrikaner-geleide regering van Suid-Afrika aktief ondermyn. Die gevolge was voorspelbaar: twee ver-linkse en uiters anti-Westerse swart regerings het in beide lande aan bewind gekom. In Zimbabwe het Robert Mugabe se Zanu-PF-party met hul etniese suiweringsveldtog teen blanke boere die land se ekonomie verwoes en het een helfte van die bevolking na Suid-Afrika gevlug en die ander helfte ontvang voedselhulp van die Rooikruis en Westerse liefdadigheidsorganisasies.

In Suid-Afrika het Amerika die ANC, wat destyds 'n kommunistiese organisasie was wat stedelike terreur in Suid-Afrika gepleeg het, aktief ondersteun met geld, publisiteit en diplomatieke middele. Kwansuis was Amerika ten gunste van "demokrasie" in Suid-Afrika.

Kom ons vergelyk wat tans in die Gasastrook aan die gang is met die situasie destyds in Suid-Afrika. Almal weet dat, indien 'n verkiesing more in die Gasastrook gehou sou word, sou die radikale Palestynse party, Hamas, dit wen. Logies beteken "demokrasie" in die Gasastrook Hamas, 'n anti-Westerse terroristeorganisasie wat vuurpyle op Israelse burgerlikes afvuur.

"Demokrasie" in Suid-Afrika het in 1994 die ANC-bewind beteken. Die ANC-bewind is met sy anti-blanke en anti-Westerse beleid van "transformasie" besig om presies dieselfde einddoel te bereik as Robert Mugabe in Zimbabwe: om die subkontinent van alle blankes te suiwer in 'n rasseprogram wat nog veel duideliker is as enigiets wat die Nazi's in Duitsland aangaande die Jode verklaar het.

 Terwyl Amerikaners lief is daarvoor om oor hul waardes en integriteit te praat, is daar een ding wat selfs voor Obama baie helder was en dit is: Amerika beskik, wat buitelandse beleid betref, oor geen waardes nie. Dit gaan bloot om wat kardinaal Richelieu destyds raison d'état genoem het. Omdat beide groot partye in die VSA die multikulturele samelewing en multikulturele staat as ideaal aangeneem het, beteken dit dat die VSA se belang voortaan bloot ekonomies en militêr-strategies van aard is.

 Blanke, Christelike Suid-Afrikaners, wat in twee wêreldoorloë, asook in Korea, aan die Amerikaanse kant geveg het, verkeer nie verder of nader aan Amerika as kommunistiese Chinese, fundamentalistiese Moslems of Hindoes nie.

 Hoewel Huntington destyds aan die einde van die koue oorlog Amerika se nuwe stryd as "tussen beskawings" gedefinieer het, het selfs dít ná Obama verval. Obama is die eerste president van 'n post-Westerse en post-Christelike Amerika.

 Dis geen wonder dat Edward Saïd en ander akademiese filosowe gaande oor Obama is nie, want hy verteenwoordig die postmoderne, nie-identiteit van Amerika.

 Die Franse romanskrywer, Jean Raspail, het gepraat van die komende derdewêreldrevolusie wanneer die eertyds Westerse, Christelike of sekulêre state deur ander betrek gaan word soos wat die hermietkrap in 'n weekdier se skulp intrek. Die Amerikaanse vlag, volkslied en ander parafernalia verteenwoordig daardie dop van die ou Amerika wat nou deur 'n nuwe wese beset word, 'n wese sonder waardes of wie se enigste waarde iets soos "diversiteit", die aanvaarding van alle waardes, van die Tien Gebooie tot klitoridektomie op Afrikavroue in die VSA, is.

 Daar bestaan 'n algemene opvatting onder linkse pasifiste dat mense met oortuigings of 'n gedefinieerde nasionale of etniese identiteit maklik oorlog maak. Hibriede mense of diegene sonder 'n vaste identiteit is daarom meer vredeliewend en indien alle nasies en volkere verdwyn, sou daar ewigdurende vrede op aarde wees.

 Maar wat hulle uit die oog verloor, is dat oorloë net in 'n beperkte mate oor identiteitskwessies soos taal, kultuur, godsdiens of ras gaan en meermale oor geld en hulpbronne geveg word. Immers sou geen land teen 'n ander oorlog verklaar bloot omdat die kultuur en gebruike van so 'n land van sy eie verskil nie. Gewoonlik is daar een of ander instrumentele of strategiese sneller vir oorlog.

 Die linkse aanname dat die nuwe identiteitlose VSA dus 'n vredeliewende land gaan wees, is foutief. Juis omdat Amerika geen waarde meer voorstaan behalwe "demokrasie" nie (wat ook 'n vorm van regering deur die gepeupel kan wees), asook in 'n ekonomiese krisis verkeer, gaan sy globale invloed taan. Groot lande of ryke waarvan die invloed taan, maak gewoonlik oorloë in 'n desperate poging om hul vorige invloed te herwin. Die eerste wêreldoorlog het uitgebreek omdat die Habsburgryk besig was om te verbrokkel.

 Terwyl Obama as "man van vrede" hom wou differensieer van 'n "oorlogsugtige" Bush, kan ons seker wees dat hy ook nie sal skroom om militêr op te tree indien Amerikaanse belange soos markte of toegang tot energie bedreig word nie. Dít wat ons in Suider-Afrika gesien het oor die afgelope dekade of twee, waar die VSA bereid was om die vernietiging van pro-Westerse nasies te steun omdat dit kwansuis in sy globale belang was, kan voortaan weer en weer gebeur.

 Veronderstel daar kom 'n konflik tussen Indië en Italië, byvoorbeeld. In so 'n geval gaan die koue multikulturele hart van Amerika afsydig staan teenoor die geboorteplek van die Westerse renaissance met sy kunsskatte en eeue oue kultuur en eerder Indië, 'n groter mark met meer mense, steun.

 Omdat Amerika opgehou het om 'n Westerse land te wees, het hy geen vriende meer nie, net belange.

 Maar ons weet maar te goed dat die res van die wêreld, buitekant die dekadente Weste in die vorm van Amerika en Wes-Europa, nog glad nie sy waardes afgesweer het nie. Moslems sal sterf of ander doodmaak vir hul godsdiens, Japan sal geen immigrante toelaat nie en die meeste Afrikalande sal aanhou om diskriminerende maatreëls teen blankes te handhaaf, selfs al verteenwoordig sulke blankes hul eie burgers.

 Terwyl Amerika gehensop het in Huntington se beskawingsbotsing, duur hierdie konflik eenvoudig elders ter wêreld, soos veral ook tussen die Israeli's en Palestyne, onverpoos voort.

 Vanweë sy omhelsing van postmoderne identiteitloosheid met sy halfbloedprins vir president, het Amerika nie net 'n gevaar vir homself geword nie, maar ook vir alle Westerse lande en nasies wat voortaan, anders tydens die koue oorlog byvoorbeeld, glad nie op Amerikaanse steun sal kan reken nie. Trouens, NAVO kan maar net sowel ontbind, want dit het geen sin meer om 'n Westerse verdedigingsalliansie in stand te hou terwyl die Weste as sodanig opgehou het om te bestaan nie.

 Een van die mees onheilspellende aspekte van onlangse Amerikaanse beleid is die "nuwe koue oorlog" teenoor Rusland. Oor die afgelope dekade of meer is sowel die Amerikaanse regering as liberale drukgroepe soos George Soros se Open Society Foundation besig om die state rondom Rusland in die naam van "demokrasie" te destabiliseer.

 Onlangs het ek 'n boek deur 'n Britse skrywer met die titel "Soviet nationalities policy in practice" gelees, asook 'n baie insiggewende gesprek met 'n Russiese diplomaat oor Abkasië en Suid-Ossettië gehad. Die ou Sowjetunie het uit iets soos 138 nasionaliteite bestaan. Daardie komplekse etniese en nasionale tapisserie het nie met die ondergang van die Sowjetryk verdwyn nie, inteendeel. In elke onafhanklike staat wat ná 1989 tot stand gekom het, bestaan daar ook beduidende etniese minderhede.

 In Georgië het Amerika daardie etniese kompleksiteit uitgebuit ten einde die twee pro-Russiese minderheidsgroepe, die Abkasiërs en Suid-Ossetiërs deur die Georgiërs te laat oorheers. Dit is min of meer 'n herhaling van wat in Suid-Afrika gebeur het, waar die VSA en Brittanje die destyds pro-Westerse Afrikanervolk in 'n nuwe bestel ingedwing het waarin hulle oorheers en op die duur vernietig gaan word.

 Die VSA is voortaan 'n reus sonder vriende wat bereid is om op diegene te trap wat nie 'n simplistiese, multikulturele en "diverse" globalisme ondersteun nie. Rusland is nie langer die ideologiese vyand van Amerika nie, maar omdat die land, anders as byvoorbeeld die toenemend multikulturele en identiteitlose Wes-Europese state, oor 'n sterk onafhanklikheidsin en nasionale identiteit beskik, beskou die VSA hom steeds in 'n sterk vyandige lig.

 Oor die afgelope jare was daar 'n gulde geleentheid om die historiese vyandigheid tussen Amerika en Ruslang te besleg en sodoende 'n nuwe wêreldvrede gegrond op die gesamentlike mag van die twee ou koueoorlogvyande en grootste kernmoondhede te skep. Amerika het egter doelbewus Rusland se uitgestrekte hand van vriendskap weggeklap en gaan voort met 'n beleid van ondermyning en kwalik bedekte vyandskap teen Moskou.

 Dit wil voorkom asof Pole, vanweë sy status as bufferstaat tussen Rusland en Wes-Europa, 'n spesiale plek in die Amerikaanse magspel in Europa beklee. Vanuit Pole gaan die VSA poog om die Rusland as volkstaat te ondermyn en tot die nuwe religie van multikulturalisme en identiteitloosheid oor te haal.

 Iets wat Afrikaners vir 'n lang tyd nie kon verstaan nie, is waarom die VSA wat in mentaliteit, godsdiens en kultuur so naby aan ons is, juis ons grootste vyand kon word. Danksy Amerika word ons vandag deur die verskriklike, rassistiese en terroristiese ANC regeer. Dat ons in ons duisende jaarliks vermoor, verkrag en gemartel word en daar elke dag teen ons op grond van ras en taal gediskrimineer word, skeel die waardelose Amerikaanse regering geen duit nie.

 Wat blanke en Westerse Amerikaners moet besef, is dat hulle tans meedoen aan die aftakeling en uiteindelike vernietiging van die Europese beskawing. Obama is reeds die magtigste nie-Westerling in die geskiedenis. Amerika het reeds gekantel na die anti-Westerse en anti-Europese kant in Huntington se beskawingsbotsing. Trouens, vele van die probleme van Wes-Europa rondom immigrasie en verwarring rondom die lande se nasionale identiteite is te wyte aan Amerikaanse invloed. Pleks daarvan dat Europese lande hul eie nasionale kulture 'n eie benadering teenoor globalisering en immigrasie ontwikkel, is hulle besig om die Amerikaanse ideologie van diversiteit en multikulturalisme sito-sito oor te neem.

 Ironies genoeg het Amerika die rol van die ou Sowjetunie as uitvoerder van 'n totalitêre ideologie oorgeneem. Pleks van klassegelykheid wat tot die nuwe utopie moes lei onder kommunisme, moet rassegelykheid en kulturele relatiwisme ons nou die hemel op aarde laat beërwe.

 Die messiaanse bewondering vir Obama in die Europese media voorspel niks goeds nie. Dit wil lyk asof Europa hoegenaamd nie in staat is om vir homself te dink nie en so in die ban van Amerikaanse idees rondom ras en diversiteit verkeer dat regstellende aksie binnekort ook op die ou kontinent toegepas gaan word. Want het Obama self nie ook die hoogste sport bereik danksy regstellende aksie iewers in sy loopbaan nie? Al was dit dan net die feit dat hy maklik toegang tot die Harvardse regsfakulteit gekry het.

 Ekonome het dit al tot vervelens toe herhaal, maar die krag van Amerika is, benewens sy groot mark van 300 miljoen mense, gebou op entrepreneurskap en individuele verantwoordelikheid, anders as die aantal sosialistiese en semi-sosialistiese stelsels van Europa met hul burokrasieë, gebrek aan sosiale mobiliteit en verlammende regulasies.

 Obama gaan vir seker, te midde van die huidige ekonomiese krisis, die Amerikaanse welvaartstaat uitbrei om veral sy eie gemeenskap, die swart Amerikaners, terwille te wees. Ekonomies gaan Amerika dus kwyn op dieselfde oomblik as wat hy toenemend by buitelandse oorloë betrokke gaan raak om sy invloed in die wêreld te probeer handhaaf.

 'n Hele paar skrywers het al gewys op die ooreenkoms tussen die huidige Amerikaanse ondergang en dié van die Britse ryk tydens en ná die Eerste Wêreldoorlog. Die VSA gaan homself militêr en strategies ooreis op dieselfde oomblik as wat hy ekonomies agteruitgaan.

 Hopelik sal die Republikeinse Party die sin daarvan begin insin om die blanke Amerikaners rondom hul tradisionele waardes te monster sodat die Obama-tydvak nie te lank duur nie.

Wat ons situasie in Suid-Afrika betref, is die VSA nou waarskynlik meer as ooit kop in een mus met die ANC, hoewel die ANC self hom natuurlik geensins aan Amerika verbonde voel nie en eerder 'n vriend van China en Indië wil wees.

Saam met die kleiner volkere op die Europese vasteland waar die Amerikaanse model van globalistiese, identiteitlose verbruikerisme ook veld wen, het ons veel te vrees van die VSA wat, anders as Woodrow Wilson in 1920, nie meer die reg op nasionale selfbeskikking erken nie.

Terwyl Amerika gedurende die twintigste eeu hom daarop geroem het dat hy die beskermheer van vryheid was, het die land nou die kampvergter vir multikulturalisme en anti-Westerse onvryheid geword.

развивающийся ковриклобановский александр фото

Maak Obama se velkleur hom dan meer bekwaam?

ImageBeeld het 'n hoofartikel op sy werf geplaas wat nóg 'n moeisame hagiografie oor Amerika se vermeende Messias, Barack Obama, verteenwoordig. Dis een van vele waarmee die lesers reeds sedert einde 2008 geteister word, namate dit duidelik geword het dat Obama eers die nominasie van die Demokrate en toe die verkiesing sou wen.

In dié hoofartikel maak die skrywer, vermoedelik Beeld se redakteur, verskeie verbasende stellings en gevolgtrekkings. Hy verwys byvoorbeeld na die probleme wat Amerika en die wêreld bedreig, soos oorloë, aardverwarming en die ekonomie. 'n Paar sinne later skryf hy:

"Hy is swart én hy is wit in ’n tyd dat die ideaal van nie-rassigheid al hoe belangriker word, maar nog nie ons samelewings rig nie – hier sowel as in ander lande."

Kan ons dus die volgende afleiding maak: die wêreld het weliswaar probleme, o.a. ekonomiese en klimaatprobleme. Obama is egter 'n goeie man om dié probleme op te los,  noodwendig beter as, sê, John McCain. Hoekom? Wel, want Obama is halfswart en McCain wit.

Ek is jammer, maar dit volg nie. Wat het iemand se koffiekleurige vel te make met sy vermoë om 'n dreigende geld- en ekologiese ramp af te weer? Wat op dees aarde het nie-rassigheid te make met die ekonomiese krisis? Is alle mense voorts dan nie "dieselfde", ongeag ras nie, Beeld? Is dit nie rassisties om sekere eienskappe aan iemand toe te dig bloot omdat hy van 'n sekere velkleur is nie, Beeld?

Tweedens, vir wie is nie-rassigheid "toenemend belangrik"? Dis beslis nie belangrik vir die toenemend Afro-fascistiese ANC nie, want 'n wit ANC-leier of president vir Suid-Afrika is só onwaarskynlik dat die blote gedagte daaraan belaglik is. As Beeld na nie-rassigheid verwys, kan hy ook sekerlik nie ook Suid-Afrika daarby wil insluit nie, waar staatsrassisme en etniese oorlogvoering teen minderhede hoogty vier. Ras is opperbelangrik en allesoorheersend in Suid-Afrika. Dit bepaal of jy 'n werk mag kry, en of jy in jou moedertaal mag skoolgaan.

Die mees interessante Freudiaanse glipsie in die hoofberig is egter die volgende:

"Obama verteenwoordig as sulks ook die bewys dat etniese minderhede nie vir altyd uitgesluit word van mag en posisie nie. Dit eggo ook in Suid-Afrika, waar mnr. Mathews Phosa, ’n leier van die ANC, die Obama-voorbeeld eergister aan wit Suid-Afrikaners voorgehou het."

Baie interessant, komende vanuit die pen van 'n Naspers-ideoloog soos Beeld se redakteur, nie waar nie? Die hoofartikel is positief en opgeruimd; dit praat telkens van hoop. Kan ons dus aanneem dat Beeld Obama as 'n soort wortel voor die minderheidsdonkies van Suid-Afrika laat swaai? "Kyk – julle, SA se minderhede, kan ook eendag politieke mag terugkry, nes Obama." Dit lyk vir my  kompleet asof die skrywer sê dat die herverkryging van politieke mag iets is vir minderhede om na te streef.

Hy erken dus per implikasie dat die verlies aan politieke mag rampspoedig was vir Afrikaners, 'n uitkoms wat tot ons enorme nadeel was. Hy moedig ons per implikasie aan om Obama se voorbeeld na te streef, en ons te beywer om politieke mag te herower.

Het die skrywer egter mooi gedink wat dit in Suid-Afrika sou impliseer?

Vir 'n minderheid – kom ons sê Afrikaners – om weer effektiewe politieke mag binne die sogenaamde reënboognasie te bekom, sal noodwendig lei tot die ineenstorting van die illusie wat die sogenaamde reënboognasie verteenwoordig. Die dag as daar 'n verkose Afrikanerleier is, met genoegsame mag, wat sy volk nie onmiddelik na selfbeskikking lei en losmaak van die onafwendbare ondergang van die reënboognasie nie, is die dag dat ek my sleutelbord eet.

конверт для новорожденного зимний купить спбДанильченко

Waarom Amerika se ‘halfbloedprins’ nie die w?reld gaan red nie, deel 1

ImageDie stortvloed internasionale gelukwensinge wat op eergister se inhuldiging van Barack Obama as Amerikaanse president gevolg het, is deur slegs twee vals note bederf. Die eerste was Wallstraat wat nie die euforie van die twee miljoen mense op die Washingtonplein tussen die staatsgeboue gedeel het nie en gedaal het.

Die tweede was die kommentaar van die Russiese eerste minister, Wladimir Poetin, wat opgemerk het dat hy "daarvan diep oortuig is dat die grootste teleurstellings uit grootse hoop voortspruit".

Die byna kinderlike uitbarsting van geesdrif rondom Obama deur die Amerikaanse media is ook in die Suid-Afrikaanse reaksie op sy inswering weerspieël. Trouens, dit wil voorkom asof die meeste plaaslike joernaliste ingeskrewe lede van die Amerikaanse Demokratiese Party kan wees, gegewe hul openlike voorkeur vir Obama gedurende die Amerikaanse presidentsverkiesing.

Die Amerikaanse internetskrywer Steve Sailer het intussen 'n boek oor Barack Obama gepubliseer onder die Harry Potter-agtige titel, America's half-blood prince, waarin hy Obama se eie standpunt oor "ras en erfenis" ontleed. Sailer kom tot die gevolgtrekking dat die Amerikaanse elites hul greep op die werklikheid verloor het deur te dink dat Obama die land se rasseprobleme gaan wegtower. (America's half-blood prince kan gratis in PDF-formaat van Vdare.com afgelaai word.)

As voorbeeld van die fantasiewêreld wat Amerikaanse elites vir hulself rondom "diversiteit" geskep het, verwys Sailer na die media, albei groot politieke partye, die akademie en Wallstraat wat vyftien jaar lank makliker lenings aan minderheidsgroepe voorgestaan het.

Dié beleid het direk tot die subprimakrisis en die grootste ekonomiese insinking sedert die 1930s aanleiding gegee. Trouens, Obama het self in 1994 as 'n sogenaamde "burgerregte-advokaat" die grootste huidige bank, Citibank, gedagvaar om meer geld in swart woongebiede uit te leen.

Anders as wat die liberale en linkse media aan ons voorhou, beteken Obama se verkiesing nie dat ras in die VSA "oorstyg" is nie; inteendeel. Obama se verkiesing is regstreeks te wyte aan die toenemende verdeeldheid van Amerika waarin ras 'n baie groot rol speel. Anders as in 1960, toe blankes meer as 85% van die Amerikaanse bevolking uitgemaak het, is hulle nou minder as 70%. Die demografiese agteruitgang van Amerikaanse blankes raak egter eers duidelik as mens van die volgende syfer kennis neem: slegs 56% van skoolgaande kinders in Amerika is nog blankes!

Die meerderheid blanke Amerikaners, veral in die sogenaamde "rooi state" van die Midde-Weste, is steeds konserwatief, Christelik en Republikeinsgesind. Hoewel McCain as kandidaat nie die verbeelding gaande gemaak het nie, het 55% – die meerderheid – van blanke Amerikaners nogtans vir hom gestem.

Soos in Europa waar die kwynende sosialistiese partye na veral Moslem-immigrante kyk as 'n moontlik bron van kiesers, hang die sukses van die Demokratiese party in die VSA geheel en al daarvan af om die swart en Hispaniese steun te monster. Dit is natuurlik presies wat in die afgelope verkiesing gebeur het, waar tot 90% van alle swart Amerikaners vir Obama gestem en sy steun onder Hispaniese kiesers insgelyks nuwe rekords opgestel het.

Reeds tydens die vorige Bush-verkiesing is daar gepraat van Amerika, "die verdeelde nasie". In die huidige geval het 'n alliansie van liberale blanke elites en gekleurdes die tradisionele Amerikaner getroef en is Obama van plan om die land byna ewe onherroeplik te verander as wat Suid-Afrika in 1994 verander is. Immers was "verandering" die hooftema van Obama se veldtog.

Steve Sailer toon in sy boek aan dat Obama tot die jaar 2000 'n radikale, anti-wit swart leier van die tradisionele tipe was wat gepoog het om onder die swart kiesers van Chicago steun te werf tydens die nominasiestryd van 2000. In 'n kiesafdeling wat 65% swart was, het Obama te staan gekom teen 'n ander swart kandidaat, verteenwoordiger Bobby Rush, 'n voormalige Black Panther. Rush, wat veel ouer as Obama was, het neerhalend na Obama verwys as iemand wat nog net van die burgerregtebewewing gelees het en nie self daaraan deelgeneem het nie. Hy het bygevoeg: "Barack word in ons gemeenskap as 'n witman met 'n swart gesig gesien."

Tot Obama se teleurstelling het Rush hom met 61% teen 30% verslaan omdat die swart gemeenskap van Chicago hom nie as "swart genoeg" gesien het nie, met sy Harvard-opvoeding, wit ma en wit grootouers wat hom opgevoed het. Hy het egter in dieselfde kiesafdeling grootskaalse steun onder die minderheid blanke kiesers verwerf. Hierna het Obama hom minder as 'n swartbewussynsfiguur begin voordoen en eerder as iemand wat "die rasse kan verenig", met ander woorde 'n swart kandidaat wat ook blanke steun kan verkry. Met die tussenkoms van die beeldpoetser David Axelrod, het Obama eers 'n senaatspos en daarna die presidentskap verwerf, steeds met behulp van sy appèl op liberale blankes en die gekleurde steun wat suiwer op grond van ras agter hom ingeval het. Trouens, hoewel daar sekerlik konserwatiewe swartes bestaan, het byna geen van hulle vir die Republikeinse party gestem nie en het Obama 'n rekordsteunpersentasie van 90% onder Afro-Amerikaners aangeteken.

Amerika is dus 'n land wat verdeeld is, sowel in terme van ras as ideologie. Obama se blanke ondersteuners glo in die ideaal van die multikulturele samelewing en haat eintlik die ou Amerika, dié van hul ouers en grootouers met sy Christelike, middelklaswaardes, sy patriotisme en verheerliking van die pioniersgees.

Met Obama as president en die verwagte swaai na links wat in die VSA gaan plaasvind, gaan die konflik tussen die ou, nasionalistiese, eens blanke WASP-Amerika, en die nuwe multikulturele, globalistiese Amerika verhewig.

Paul Krugman, die bekende liberale akademikus en rubriekskrywer in die New York Times, het verlede jaar tydens die verkiesing voorspel dat die Republikeinse party na regs gaan beweeg en "meer rassisties" gaan raak. Waarskynlik het hy heeltemal gelyk, want daar bestaan allerlei politieke strominge in die VSA waarvan die hoofstroommedia nog nie kennis geneem het nie en wat inderdaad die Republikeine in 'n regse rigting mag du.

Obama se groot oorwinning oor McCain was 'n klinklare teken dat George Bush en die neo-konserwatiewes die party in 'n doodloopstraat laat beland het. Pleks van hul tradisionele kiesers in die "rooi state" en onder die blanke middelklas te mobiliseer, het die GOP tevergeefs gepoog om die Demokratiese party in sy appèl op swartes, Spaanssprekendes en die liberale kusstede na te aap – met rampspoedige gevolge.

Hoewel die VSA se demografie vinnig ten gunste van gekleurdes met hul groter aanwas verander, gaan blankes nog tot die jaar 2040 die meerderheid in die land wees. Indien die Republikeinse party in die volgende verkiesing die logiese stap neem om hom op die blanke kieser te rig, gaan die handskoene afkom en die huidige ideologiese en rassegaping in die VSA tot die skaal van die Grand Canyon laat vergroot.

Wedersydse beskuldigings van "rassisme" gaan, soos in Suid-Afrika, ook die norm in Amerika word, juis danksy Obama se verkiesing en die nuwe hegemonie van links wat onder sy presidentskap tot stand gaan kom.

Waarop grond ek die stelling dat die Republikeinse party na regs gaan beweeg? Soos elkeen wat die Amerikaanse presidentsverkiesing gevolg het kon agterkom, was die media oorwegend ten gunste van Obama. Amerikaanse universiteite het ná die kampusrevolusies van die sestigerjare ewe links of selfs meer links as Europese universiteite geraak. Marxistiese, feministiese en anti-Westerse professore met permanente aanstellings lei elke nuwe geslag joernaliste op en breinspoel hulle met die multikulturele geloof. Trouens, Obama se blanke moeder, Ann Dunham, was 'n vroeë voorbeeld van die soort gebreinspoelde multikulturalis wat in blanke Amerika slegs die negatiewe gesien het en wat oortuig was dat Kenia of Indonesië veel voortrefliker as haar geboorteland was.

Die Demokratiese party se linkse intellektuele en ideoloë oorheers daarom sowel die Amerikaanse universiteite as die hoofstroommedia soos die gevestigde koerante en netwerktelevisie. Die internet, wat ook deur Obama baie goed gebruik is om fondse in te samel, is egter besig om die geslote linkse propagandamasjien in die VSA wesentlik te bedreig.

Die opkoms van 'n Nuwe Regs, regs van die huidige Republikeinse party, wat spesifiek op rassekwessies fokus, is deur die internet moontlik gemaak. Sowel Steve Sailer en Peter Brimelow, skrywer van Alien Nation, se webblad Vdare.com as Jared Taylor se American Renaissance, verteenwoordig die intellektuele voorhoede van die Nuwe Regs wat uiteindelik die uitgeputte Republikeinse party móét oorweldig.

Soos 'n Russiese kommentator onlangs beweer het, bestaan die gevaar dat Amerika – juis vanweë sy rasse- en kulturele diversiteit – in twee of meer stukke mag skeur. Obama, die halfbloedprins wat die Demokratiese party tot sy grootste sege in baie jare aangevoer het, gaan die uiteindelike konfrontasie en moontlike skeuring tussen die twee Amerikas, die oue en die nuwe, nie kan keer nie.

Die Berlynse muur het die verwydering tussen Oos en Wes, tussen kommunisme en kapitalisme, tussen twee Europas, versimboliseer. Die muur is afgebreek en Europa is verenig, maar dit was 'n fisieke muur van beton. Soos die Fransman Alain de Benoist egter gesê het, is die grense van bloed veel sterker as fisieke versperrings.

Maar Amerika se mag in die twintigste eeu was gegrond op sy militêre betrokkenheid by die twee Wêreldoorloë van 1914 en 1939 waardeur hy as geografiese buitestaander geen verliese gely het nie, omdat die oorloë nooit op sy bodem gevoer is nie. Finansieel en geostrategies het die VSA egter enorm gebaat by sowel die Eerste as die Tweede Wêreldoorlog en het die "Amerikaanse eeu" ontstaan.

Hillary Clinton, Obama se mededinger om die Demokratiese benoeming, is so pas ingesweer as minister van buitelandse sake. Sowel Obama as Clinton gaan die twee oorloë in Irak en Afghanistan moet hanteer, asook die resultaat van die VSA se vele geostrategiese foute van die afgelope jare, onder meer in Suider-Afrika waar Zimbabwe besig is om te disintegreer en Suid-Afrika dreig om dieselfde paadjie te loop.

In 'n tweede rubriek oor Obama wat binnekort hier sal verskyn, gaan ek verduidelik waarom Amerikaanse invloed onder die nuwe president wêreldwyd gaan kwyn, eerder as wat, soos die media aan ons voorhou, dit gaan toeneem met die klem op sogenaamde "sagte mag" wat die nuwe Amerikaanse bewind voorstaan. Ek wil een en ander sê aangaande die posisie van die Afrikaner teenoor die Obama-bewind, aangesien die huidige bestel in Suid-Afrika suiwer die produk is van Britse en Amerikaanse druk op ons land in die laat tagtigerjare. FW de Klerk was niks anders as 'n Amerikaanse en Clintonitiese marionet nie en hy het 'n volledig Amerikaanse stelsel, kompleet met 'n "heilige" grondwet en die ideologie van regstellende aksie op grond van wit skuld, hier laat invoer. Meer daaroor in die tweede deel van my rubriek oor Obama.

тамбов пеногенераторы,Фильчаков прокурор харьков

Israel: Is dit werklik apartheid?

ImageDie SA regering se optrede Vrydag teenoor die Israelse ambassadeur was nie veel meer as wat mens van ‘n klomp rassistiese barbare kon verwag nie. Om ‘n land wat homself net verdedig teen ongeregverdigde aanvalle se ambassadeur in te roep en vir drie ure lank oor die kole te haal is niks anders as onverbloemde rassisme nie.

Mens kan net wonder hoekom die regering sulke aksies apartheid sou noem, terwyl die klomp beroepskelms wat aan die bewind van die land sit, maar net kan maak en breek soos hulle wil. Die ou beginsel van reëls vir ander en uitsonderings vir hulleself blyk aan die orde van die dag te wees met die spul onbeholpe mense wat die arme Israelse ambassadeur so onbeskof uitgetrap het.

Die een beskrywing van Jacob Sithole, die nasionale vergadering se voorsitter van die portefeuljekomitee op buitelandse sake, dat die mense deur die grensposte tussen Israel in Gasa moes gaan soos beeste deur ‘n dip is inderdaad uiterste snert, soos wat ambassadeur Dov Segev-Steinberg dit beskryf het.

Ek kan nie sien dat daar verskil is tussen die optrede van Suid-Afrika met sy kwynende grensbeheer en dít wat die Israeli’s toepas nie. Indien die regering sê dat die toepassing van grensbeheer op sigself rassisties is en soortgelyk is daaraan om beeste deur ‘n dip te jaag, kan mens wel die stelling maak dat die SA regering ook die “arme Zimbabwiërs” deur die “beestedip” jaag by ons grensposte. En na my mening is dit niks minder as rassisme nie.

Die oproep van Cosatu om alle Israelse produkte te boikot verteenwoordig soortgelyke chauvinisme teen Israel. Dit is dieselfde toepassing van sogenaamde “swart ekonomiese bemagtiging” wat deur die huidige ANK-regering toegepas word. Dit kom neer daarop dat indien persoon A een produk maak en persoon B maak dieselfde produk, persoon B ondersteun moet word op grond van sy politieke affiliasies, en siende dat Israel nie op dieselfde geregtig is nie, is dit geheel en al onkonsekwent.

Die ANK-LP Patrick Sibande, wat die Israelse ambassadeur beskuldig dat hulle besig is met ‘n etniese reinigingsprogram, is natuurlik ‘n mooi een om te kan praat. Mens kan baie maklik die stelling maak dat die ANK ook besig is met ‘n etniese reinigingsproses, wat alle blankes en boere wat nie die ANK-logo op hulle agterent getatoeëer het nie sal aantree vir die skoonmaakproses.

Die land se boere word op die huidige stadium uitgemoor en verjaag van hulle grond af op ‘n baie subtiele manier, eerder as om die grondhervormingsproses behoorlik in aksie te kry. Die rede daarvoor is dat dit meer kos om grond te koop op die basis van gewillige koper en verkoper as om die boere te laat uitmoor deur ‘n klomp onheilige swart helsems. Dit is die ANK-regering se antwoord op die grondprobleem, want grond is mos gelyk aan rykdom, volgens die swart redenasie.

Daar is verskeie verhale van blankes wat uit ander dele van Afrika gekom het en wat by hul latere terugkeer net die treurmares moes aanhoor van hoe sleg dit gaan. Op die vraag oor hoekom, aangesien hulle mos nou grond het wat rykdom versinnebeeld, was die antwoord dat daar nie “die witbaas” is om vir hulle te kan vertel oor hoe om dinge te doen nie.

Nog iets wat ek in mnr. Sibande se rigting kan gooi, is die feit dat die swart Afrikaan nie gebore in staat is om iets te kan bou wat nie voorheen daar was nie, en selfs al het hy ‘n stelsel geërf wat voorheen 100% in werkende toestand was, kan ek amper ‘n waarborg gee dat dit binne ‘n kwessie van 5 tot 10 jaar so erg beskadig word dat dit amper onherstelbaar raak. As voorbeelde kan mens maar net kyk na ons staatsdiens, ons poskantoor (wat verbasend genoeg nog so-so werk) ons gesondheidstelsel wat in sy maai is, die polisie- en regstelsel, en nog baie ander wat mens kan uitsonder vir dié besondere voorreg.

Die stelling van die ANK-LP, Albertinah Luthili dat Israel die internasionale pers uithou uit Israel omdat hulle nie wil hê dat iemand kan sien hoedat hulle sogenaamd “willy nilly” skiet nie, is net nog ‘n pot snert. Ek glo in dié geval het Israel geleer dat dit beter is om die pers uit te hou, aangesien nog min mense in die wêreld geleer het hoe simpatiekgesind die liberale wêreldmedia die klomp vadoekkoppe werklik is. En daar is min dinge so gevaarlik as ‘n klomp bevooroordeelde persmanne en dames.

Met verwysing na die vuurpyle wat Hamaslede so elke dan en wan oor die grens stuur, en wat klaarblyklik nie soveel skade gemaak het nie, ek wonder hoeveel die ANK daarvan sal hou indien daar blanke buurlande was wat ook elke nou en dan net so ‘n paar ekstragroot vuurwerke oor die grens sou gestuur het net om die mense aan die ander kant wakker te maak.

O wee, ek kan net dink watter internasionale insident dit kon veroorsaak. “Whites involved in aerial attacks on poor black neighbours” sal die hooftrekke lui en die hele wêreld sou saamstaan om die arme wittes te verguis.

Die ambassadeur het die vraag gevra of die ANK-regering maar net die ander wang sou draai indien iemand skielik sou besluit om honderde vuurpyle in Kaapstad in te skiet, waarop die antwoord meer waarskynlik stilte was, wat myns maar ‘n baie goeie weergawe van ‘n “ja” was.

Selfs nadat die Israelse ambassadeur ‘n skyfievertoning gewys het van geboue wat positief as teikens geïdentifiseer is en van waar Hamas hulle skietgoed aanmekaarsit en vuur, was die ANK-lede steeds skepties, wat maar getrou is aan die aard van hulle politiek, om niks te glo nie, die bewyse ten spyt.

Die stelling van Dov Segev-Steinberg, die ambassadeur, dat Hamaslede onskuldige vroue en kinders as menslike skilde gebruik, het op dowe ore geval, ook in pas met ‘n regering wat net hoor wat hulle pas. Die feit dat sulke optrede teen elke reël in die Geneefse konvensie indruis, beteken niks vir ‘n regering wat self meer reëls verbreek as wat daar ooit geskryf is nie.

Mens kan laasgenoemde maar net meet aan die reaksie wat die regering getoon het teen ons geliefde Zimbabwiese leier, mnr. Mugabe, se optrede oor die laaste jaar.

Dit heet “stille diplomasie”, wat elke beskaafde reël verdraaien verwring, en aan die res van die wêreld die middelvinger toon as hulle iets te sê het oor sy verkeerde optrede. En ons moet natuurlik nie vergeet dat alles wat verkeerd gaan in Zim op die “aksies teen ons demokrasie” geblameer word nie.

Iets wat opvallend is, is dat Hamasleiers gesê het dat indien die Israelse skietstilstand wat in werking getree het eensydig is, hulle wat Hamas is, sal aanhou om die stryd na die Israeli’s te neem, ongeag die koste daaraan verbonde.

Ek dink dit is op hierdie stadium wat ek aan Hamas sou vertel om dalk versigtig te wees vir dít waarvoor hulle vra, want soms kry mens dit ook.

Indien Hamas moeilikheid sou soek deur te sê dat hulle met niks anders as die totale vernietiging van Israel tevrede sou wees nie, moet hulle baie versigtig wees, want soos hulle al in die verlede geleer het, neem dit nie veel om die trotse Israeli’s om te krap nie.

Een van die redes hoekom Israel oor baie jare soveel teruggehou het, is dat Hamas tussen die burgerlike bevolking skuil, soos wat dit enige goeie lafaard betaam, pleks daarvan om op te staan en die straf te vat soos ‘n man. Dis die Islamitiese ekstremis se styl om onskuldige mense by sy lafhartige stryd te betrek, en te sorg dat hulle ook sterf, sodat hy agterna aan die wêreld kan toon hoe ‘n “verskriklike wreedaard” die vyand dan nou werklik is.

Verder is dit in die natuur van die lafaard om mense as skilde voor te hou, en dan sy eie tekortkominge op ander te blameer, weereens om sy eie onskuld aan die wêreld voor te hou.

Die feit dat Hamas een van die ondergrondse bunkers vir hul leierskap onder ‘n hospitaal gebou het, spreek boekdele van hul aard, omdat hulle staatmaak daarop dat Israel genoeg terughouding sal toon om nie hospitale met bomme plat te vee nie.

Dit is amper net soos ons moderne weergawe van die swart woongebiede, waar kriminele elemente hulle tussen die gewone bevolking in skuilings ingegrawe het en die mense rondom hulle met ‘n ysterhand regeer. Dit is mos maklik om tussen hordes mense weg te kruip as mens hulle met vrees kan beheer, en dit geld vir beide Hamas en ons tipiese swart misdadiger op tuisbodem.

Die stelling van ons geagte president Kgalema Motlanthe dat vroue, kinders en ander onskuldige mense doodgaan in die konflik beteken nie eintlik veel nie, as mens dit sien in die lig van wat die huidige regering toelaat. Die moorde op onskuldige boere, verkragting van vroue en kinder, ontvoerings, aanrandings en so meer is niks anders as oorlogvoering teen blankes nie. Hoe die klomp aan bewind dit ook al stel, dit bly iets wat mens met ‘n gevoel van afsku en naarheid kan vervul.

Sondagoggend was daar weer ‘n insident waarin daar deur ‘n Palestynse groep op ‘n paar Israelse soldate geskiet is, waarna Israel geantwoord het met grondvuur en ook vuur vanuit die lug. Sover bekend is niemand in die skermutseling dood nie, maar daar is Palestyne gewond in die voorval wat in die noorde van die Gasastrook plaasgevind het.

Israel se besluit om hulle eie skietstilstand in werking te stel was na my mening ‘n briljante skuif. Dit het al die mag en onderhandelingsmateriaal uit die hande van die Palestynse vyand gehaal en aan hulle wel die reg voorbehou om indien daar weer vyandelikhede deur die teenstaanders gepleeg sou word, op te tree soos wat hulle sou goeddink.

Vir sover dit die Suid-Afrikaanse regering en enige bondgenote se kommentaar aangaan, wil ek aan Israel sê om hulle te ignoreer, hulle en die Palestyne van Hamas voëls van eenderse vere is.

для насоснойлобановский александр дети

Daardie ou koei, apartheid

ImageUit my huidige navorsing oor die Grensoorlog het ek op 'n interessante obiter-feit afgekom. Tydens die voorbereiding vir die onaangenaamheid by Cuito Cuanavale het die toenmalige president, PW Botha, 'n strategiese beplanningsessie bygewoon. Iewers tydens die geskrum rondom planne, idees en inligting, het 'n relatiewe junior offisier die opmerking gemaak dat dit half jammer is dat daar 'n staande verbod op die gebruik van slagtenks in Angola is.

Almal in die SAW het van dié verbod geweet maar niemand kon met sekerheid sê waar dit vandaan gekom of wie dit uitgevaardig het nie. Dit het van “bo” afgekom en was 'n algemeen aanvaarde feit. Die gesprek het weggeswenk na ander sake totdat 'n peinsende PW dit onderbreek het.

Hierdie ding van die tenks wat verbied is, het hy gesê, hy weet niks daarvan nie. Hy weet wel dat hý nooit van so 'n verbod gehoor het of dit goedgekeur het nie. Die vergadering was stomverbaas. Sover dit militêre sake in Suid-Afrika betref het, was PW so “bo” as wat “bo” kan wees; “bo” hom was daar niks nie. Almal het maar net hierdie verbod aanvaar en dit nooit getoets nie. Daarna kon die beplanners die aanwending van Olifanttenks in hulle taktieke inwerk.

Die onbetwiste wêreldleiers in die aanwending van die algemeen aanvaarde feit (eintlik moet ons dit in hoofletters skryf: AAF) is die liberale propagandasmouse wat die Afrikaners van die ‘90’s en die dekade daarna 'n rat voor die oë gedraai het. Die AAF soos ons dit hier aantref, is 'n stelling waarin die waarheid ten beste slegs brokkiesgewys verteenwoordig word. Dit is met ander woorde 'n mite wat in die kollektiewe nasionale bewussyn gevestig is deur dit aanvanklik met drif te verkondig en onophoudelik in die openbare debat te herhaal. Dit word van 'n standpunt na 'n AAF verhef wanneer die aanvoerder daarvan dit as 'n vasgestelde waarheid behandel, so al asof daar 'n konsensus in die debat daaroor bereik is. Dit word ortodoksheid en dié wat daarteen sou redeneer is 'n sosiaal-historiese ketter.

Hierdie Algemeen Aanvaarde Feit word egter afgetakel wanneer dit vir welke rede ook al herbesoek word. Dan word dit soos 'n defektiewe produk herroep na die openbare debat waar die waarheid dié keer die finale oordeel daaroor sal vel. 'n Goeie demonstrasie hiervan is juis die Slag van Cuito Cuanavale.

Dié uitmuntende SAW-prestasie was net nie deel van die volksbewussyn nie. Toe dit plaasgevind het in 1987-’88 was die NP-leierskap te besig om polities suutjies te trap in hulle proses van onvoorwaardelike oorgawe om die slag te vier op die wyse wat dit verdien het. Naspers, met hulle onfeilbare opportunistiese neuse teen die politieke grond, het dit toe al lankal as onfatsoenlik gesien om Afrikanerprestasies te vier. In die nasionale bewussyn was Cuito Cuanavale 'n vormlose stukkie geskiedenis waarrondom 'n vae gevoel van katastrofe gedrapeer was. 'n SAW-nederlaag by Cuito Cuanavale het 'n Algemeen Aanvaarde Feit geword.

En so sou dit gebly het, totdat die smalende ANK in hulle misplaaste hubris besluit het om die Kubane se gewaande skynoorwinning twintig jaar na die slag te vier. Toe het dit weer 'n legitieme debatspunt geword. Dié keer het die waarheid geseëvier. Vir die eerste keer het die gewone Afrikaner bewus geword van die uitmuntende, klinkklare, glorieryke en onbetwisbare oorwinning wat die SAW behaal het.

Die liberalis, daardie weergalose formuleerder van AAF’s, se swakheid lê daarin dat hulle, wanneer hulle posisie begin wankel, dit probeer stut deur die Algemeen Aanvaarde Feite met hernude drif te verdedig.

Die volgende feitestel wat begin vibreer op die buitewyke van die openbare debat is dié van Apartheid. Tans is dit 'n Algemeen Aanvaarde Feit dat Apartheid 'n stelsel van onverdunde boosheid was, ontwerp om te onderdruk en toegepas om die landsmeerderheid onder die hak te hou. Volgens die AAF was daar geen versagtende waarde in Apartheid nie.

Die romanskrywer Deon Meyer demonstreer dié knieplukreaksie wanneer hy benoud sê dat, ongeag van die heersende omstandighede in die land, alles beter is as Apartheid.

Maar wanneer die kontras tussen die voorspoed vir almal onder Apartheid toenemend vergelyk word met die algehele verval onder die ANK-regime, begin mense hardop torring aan die AAF. Wanneer die smalende strydwyf, Mamphela Rampela, byvoorbeeld op 'n konferensie mor dat die Bantoe-onderwys van Apartheid ver superieur is bo vandag se opvoedingsdebakel, kan ons maar weet dat Apartheid ingeskryf word op die onderwerpslys van die openbare debat.

Wat volgende gebeur is dat 'n paar skril stemme begin skrei oor die instelling van Apartheid. Die rasieleiers in hierdie reaksie is, onvermydelik, die Nasperskoerante en hulle diep deskundiges ter ondersteuning in die verbasendste plekke op. Een van die opvallendste was dié van 'n volbloed Dopperprofessor.

In Beeld van die 30ste Desember gryp Professor Amie van Wyk die aflosstokkie wat so wiggel-waggel in die greep van die onderhouers van die AAF van Apartheid. Daarmee storm hy holderstebolder in 'n suigsandmoeras van onsinnigheid in.

In sy rubriek, “Kerk moet sy oë op die groot vraag hou,” versaak hy verskeie eksegetiese sleutels waarop die Gereformeerde Kerk homself vir so lank geroem het. Eers kug hy in taal wat vol fronse is oor wat hy “biblisisme” noem. Hy beskryf dit as “daardie benadering waar jy vooraf 'n standpunt inneem en dan op soek gaan na losstaande Bybeltekste om jou standpunt te begrond.”

Dít, sê hy, is “wat met apartheid gebeur het.”

“Daar staan tog duidelik in Handelinge 17:26 dat God ‘voorafbepaalde tye en die grense van hulle [al die nasies se] woonplek vasgestel het.’”

Hy trek dit dan deur na die Afrikanernasie (sic.) “En dit geld ‘al die nasies,’” skryf hy, “dus ook die grense en die woonplek van die Afrikanernasie.”

“Wie kan nou daarteen stry?” vra hy voordat hy oombliklik daarteen begin stry.

Hy sê dit is 'n “groteske wyse” om die Bybel te gebruik omdat daar dan vergeet word van die versoeningswerk van Christus. Die kerk is “nuwe skepping van God… wat alle grense van taal en kultuur oorstyg.” Om dit te staaf verwys hy na Efesiërs 2:15-18.

En net hier versaak die liewe professor die beginsels van gesonde eksegese. Hy maak van 'n beginsel gebruik wat akademies bloedarmoedig is. Dit is bekend as die “Skrif verklaar Skrif”-metode. Dit is byvoorbeeld 'n ou staatmaker van die Charismatiese beweging wanneer hulle gekonfronteer word deur Skriftuurlike aanwysings wat ongerieflik in hulle teologie lê. Hulle pypkan dit bloot deur te redeneer die stukkie kan nie op sy eie verstaan of aanvaar word nie. Dan paradeer hulle 'n ander Skrifgedeelte waarmee hulle meer gerieflik is.

Die professor doen dieselfde. Hy sê as’t ware: “Vergeet nou eers van Handelinge 17:26. Kom ons gaan kyk na Efesiërs 2:15-18.”

Daarmee probeer hy 'n bepaalde deel uit die Bybel wegskryf, of ten minste onder die mat van 'n ander stuk in vee. Maar ons kán nie van die Handelinge-gedeelte vergeet nie. Daar staan dit, elke keer wat ons die Bybel daar oopmaak. Die gedeelte in Efesiërs is nie 'n reinigingsmiddel wat dié in Handelinge oplos en verwyder nie.

Die regte benadering, die een wat die professor so goedsmoeds verontagsaam, is om Handelinge 17:26 behoorlik te ontleed volgens die sleutels van behoorlike eksegese wat metodes insluit soos oorweging van die literêr-historiese agtergrond daarvan, die konteks en die taal waarin dit geskryf is. Daar kan dan geen twis wees nie: Die Here hét volke se gebiedsgrense vasgestel en as dít 'n grondslag vir Apartheid is, nou ja, dan het dié stelsel 'n Bybelse ondersteuning.

Die keuse van die gedeelte in Efesiërs is ook vir die arme professor se betoog 'n ongelukkige een. Dit gaan dáárin oor die toegang wat heidense volke tot die reddingswerk van Christus het. 'n Konsekwente toepassing daarvan volgens die professor se voorstel sou tot gruwelike onsinnigheid lei, soos dat ons die aanwysings in Romeine 13, dat die regering die plig het om die burgers van 'n land teen boosdoeners te beskerm, ook moet verontagsaam. Die professor stel dus voor dat ons van ons veiligheidsdienste ontslae moet raak. Jesus hét mos vrede en medemenslikheid kom bewerkstellig.

Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie, het die ou mense gewaarsku. Laat slapende honde met rus. Apartheid is 'n ou koei met lang slagtande. So lank as wat die liberalisskrywers die gewaande, onberedderbare boosheid daarvan as 'n Algemeen Aanvaarde Feit met rus laat, sal dit hulle nie byt nie.

Maar in hulle toenemende desperaatheid sleep hulle dit nou al hoe meer weer in die openbare debat in.

Die ou koei kom uit die sloot; die iesegrimmige hond ontwaak. En ek voorspel dat die hare gaan waai.

no deposit casino freeОлександр Васильович Фільчаков

Nuwe party kan nie blanke belang dien

Dit maak nie saak hoe erg die Kongres van die Proletariaat (sg. Cope) na blankes vry nie, die meerderheid van hul steun kom van swartes en swartes se belange as landsburgers is onversoenbaar met dié van blankes. Dus kan die Kongres van die Proletariaat (sg. Cope) nooit blanke belange dien nie.

Dieselfde geld vir die DA (en dus by implikasie enige ander party) wat onder swart kiesers wil groei. Die DA sal blanke belange moet afsê en ekslusief op swart belange begin fokus as hul werklik beoog om swart kiesers te trek. Tot hierdie beleid het Zille en haar bestuur hul reeds verbind.

Swartes is egter baie meer rassisties in hul leierskapskeuse as blankes, wat beteken dat Helen Zille sal moet waai. Tans lei die DA nog aan die Westerse illusie dat hulle swartes gaan oorhaal om vir hul te stem. Dit wil die DA doen deur te bewys dat hulle oor 'n beter administrasie beskik en dus dienste kan lewer. Zille wil swart kiesers van die DA as alternatiewe

regering oorreed deur haar administrasie van Kaapstad as vertoonlokaal te gebruik. Wat hierdie voormalige Black Shash 'comrade' nie verstaan nie is dat ongeag die feit dat sy op haar dag MK-terroriste gehuisves het die swartes haar ten eerste as wit beskou. Vir hulle is sy 'n blanke bevoorregte en dus die onderdrukker. Soos Mahatma Ghandi dit gestel het "… there is no people on Earth who would not prefer their own bad government to the good government of an alien power…" Ek reken jy kan ook die woorde "alien power" met die woorde "alien people" vervang. Dit verstaan Zille en die linkse blankes nie.

Die DA en blanke ondersteuners van Cope is in die liberale denkwyse vasgevang waar individuele regte en behoeftes alle ander oorheers. Hulle kan dus nie die rol van ras en etnisiteit waarneem nie. Die feit dat ras en etnisiteit boonop in 'n histories verdeelde samelewing soos SA as politieke motiveerders geaksentueer word, ontglip hulle totaal.

Hulle dink in terme van die paradigma van die 20ste eeu en gaan nooit inhaal by die postmoderne werklikheid waar die ontwikkelde sentrum deur die onderontwikkelde periferie oorspoel word nie. Die blanke liberales besef nie dat die librale eksperiment regoor die wereld aan die faal is nie. Hulle is te hardkoppig om te erken dat ons vandag lewe te midde van die botsing van beskawingsvlakke. Terloops, selfs die wêreldekonomiese krisis waarin ons vandag verkeer is die gevolg van ongebreidelde kapitalisme wat onder andere 'n resultaat van liberalisme is. Vanaf Wallstraat, tot die immigrantebuurte van Parys, tot die voorstede van Suid Afrika, is die liberalisme besig om die een mislukking na die ander te produseer.

Blankes wat hul hoop op Cope of die DA plaas, mors hul tyd op 'n bestel wat ons net verder gaan ondergrawe. Swart kiesers is so rassisties dat as te veel blankes openlik Cope ondersteun, gaan dit net veroorsaak dat Cope swart kiesers verloor. Die blanke boere wat Morgan Tsvangarei so openlik ondersteun het, het hom baie swart steun gekos. Die vraag is of mens deel wil wees van 'n bestel waar jy die opposisieparty in die geheim ondersteun omdat jou velkleur aanstoot gee? Verder stem jy dan bloot vir daardie party om die regerende party te ontsetel terwyl jy weet dat daardie party ('Cope' en toenemend die DA) swart belange dien wat lynreg met joune bots… Dit klink vir my na 'n verloor-verloorsituasie.

Eerder as wat Afrikaners hul tyd by die stembus gaan mors, sluit eerder aan en gaan woon 'n paar kampe van die Kommandokorps of TLU Veiligheid by… Weens die skeuring van die ANC gaan die wiele, na alle waarskynlikheid, nog erg afkom. Met die verdiepende wêreldwye finansiële krisis is dit te betwyfel of die "Westerse moondhede" gaan inmeng om enige swart regering in Afrika teen 'n opstand te probeer beskerm. Wanneer die magsvakuum dus ontstaan, en dis maar net 'n kwessie van tyd, moet die Afrikaner oor die vermoë beskik om dit te vul. As geweld losbreek, gaan nóg Cope, nóg Helen Zille, met haar geskiedenis van betrokkenheid by anti-blanke organisasies, tot die Afrikaner se redding kom.

продажа грузового шиномонтажногоАлександр Фильчаков

ANC se logika oor Gasa en Zimbabwe

ImageMet sy gewone onkreukbare logika, is die ANC-regime, by monde van Gwede Mantashe, besig om sy mond uit te spoel oor die konflik in Gasa.

Israel is derduisende kilometer van Suid-Afrika verwyder, op 'n ander vasteland. Die konflik het bitter min met Suid-Afrika uit te waai. Die ANC swyg weliswaar op geheimsinnige wyse oor die regstreekse oorsaak van die konflik, naamlik Moslem-terreur soos deur Hamas teen onskuldige Israeli's met sy vuurpyle gepleeg is. Miskien moet dit ons nie verbaas nie – die ANC is immers 'n terroristeorganisasie bekend vir sy lamsakkige moorde op ongewapende burgerlikes, soos die Magoo's- en Amanzimtoti-bomme. Kennelik identifiseer Mantashe-hulle hulself met terreursaaiers.

(Ek wonder terloops wanneer Hamas en Hezbollah gaan besef dat hulle nie die militêre stryd teen Israel kan wen nie.  Wat Egipte nie in 1967 en 1973 kon regkry nie, gaan Hamas ook nie in 2009 vermag nie. Of is dit makliker vir die Palestyne om te kla en te kerm, om vuurpyle te skiet, as om jouself op te hef soos die Koreane en ander Oosterlinge sedert 1945 gemaak het?)

Reg oorkant ons grens is daar egter 'n verdrukkende regime, met 'n weermag waarvan die Vyfde Brigade sowat 20 000 Matabeles in die jare negentig vermoor het. Die Matabeles is bloedverwante van Suid-Afrika se Zoeloes.

Mense sterf daagliks aan cholera in daardie land, 'n regstreekse gevolg van die regime se onbevoegdheid en traak-my-nie-agtige houding teenoor sy eie mense. Daar is meer mense dood aan cholera tot op hede as wat daar in Gasa gesterf het.

Tog swyg die ANC-regime soos die graf oor die situasie in Zimbabwe. Die los kanon Mantashe rep g'n woord oor Zimbabwe nie. Wat mis ek hier? Is die dood van Palestyne belangriker vir die ANC as die dood van onskuldige Zimbabwiërs?

Kennelik is dit dieselfde soort logika as dié waarmee die ANC-regime enersyds kla oor die gebrek aan vaardighede in Suid-Afrika, maar andersyds aktief teen diegene met die intelligensie en vermoëns om die vaardigheidstekort aan te spreek, op grond van hulle velkleur diskrimineer.

Miskien is ek net nie getransformeerd genoeg nie, maar die ANC se logika oor Gasa verwar my.

мир яхтФильчаков прокуратура харьков

Wiskunde-apartheid?

ImageSoos 'n hoofartikel hier op die Praagwerf uitwys, moet mens die matriekuitslae met 'n groot sak sout opneem. Nie net word uitslae "aangepas" (lees "gekook") nie, maar ook is dit duidelik dat die standaard veral in 2008 heelwat laer was as in die onlangse verlede, om nie te praat van 20 jaar gelede s'n nie. Die aantal onderskeidings het "onverklaarbaar" die hoogte in geskiet (dis nou as mens so naïef wil wees om die blatante politieke inmengery wat lei tot verlaagde standaarde moedswillig te ignoreer.)

Dit is veral so met wiskunde. Die topleerlinge het skielik 'n hele aantal onderskeidings behaal, meer as voorheen, maar aan die ander kant van die prestasiekurwe het dinge maar beroerd gegaan. Dis 'n vreemde verskynsel, nie waar nie? Duidelik het die vak se vraestelle makliker geword, al het die vak verander, maar andersyds is daar sommiges wat skynbaar moeilik aanpas by verandering en hulle het heelwat swakker gevaar, ten spyte van die makliker vraestel. 

Laat ek eerder die versoeking weerstaan om hierdie aanpassingsprobleme in verband te wil bring met kultuur, algemene aanpasbaarheid, intelligensie en 'n gebrek aan toekomsvisie en vindingrykheid.

Bogenoemde onderskeidings beteken egter min in internasionale terme. Suid-Afrika se skoolleerlinge kom telkens heel laaste in internasionale toetse, veral in wiskunde. Lande soos Finland en Singapoer kraai dikwels koning.

Volgens Beeld is daar nou oproepe vir 'n aanvullende vraestel vir toppresteerders, omdat die topleerlinge waarskynlik in 2009 nóg beter gaan doen met wat slegs gesien kan word as 'n substandaard-moeilikhheidsgraad. Volgens die berig in Beeld is die huidige vraestel nie ‘n genoegsame uitdaging vir topleerlinge nie en berei dit hulle nie voor vir die uitdagings wat wiskunde op universiteit stel nie.

Só ‘n aanvullende vraestel is 'n interessante voorstel en dit moet immers ‘n doel hê. Een doel kan wees om die keuring vir studievelde soos medies, rekeningkunde en ingenieurswese te vergemaklik of om voornemende werkgewers ‘n beter idee te gee oor ‘n kandidaat se ware vermoëns. En dis net hier waar die politieke teenstand gaan inkom.

Soos gesien in die huidige uitslae, is die topleerlinge in matriek meestal Afrikaners en ander blankes, al verteenwoordig hulle ‘n klein minderheid. Dit kan met gróót sekerheid voorspel word dat ‘n buitensporige deel van diegene wat sou kwalifiseer vir so ‘n aanvullende vraestel, ook Afrikaners gaan wees.

Wat gaan Cosatu of die ANCYL se reaksie wees as 90% van diegene wat hierdie vraestel skryf, blankes en spesifiek Afrikaners gaan wees? Gaan ons weer krete van “rassisme” moet aanhoor wanneer 90% van diegene wat op grond van prestasie kwalifiseer vir mediese studie blankes is?

игрушка интернет магазинФильчаков Харьков

Bravo Israel, welgedaan, gee die terroriste gas

ImageEk het met ‘n baie lekker lag vanoggend gelees oor die Suid-Afrikaanse regering wat skielik dink dat hulle vir Israel kan vertel hoe om sy eie buitelandse en militêre beleid te hanteer en om die aanvalle op die Gasastrook onmiddellik te staak.

In ‘n vorige verklaring oor Israel het die regering hulle stilswye en verdraagsaamheid teenoor Zimbabwe se geliefde leier, Robert Mugabe, se streke  verdedig en vir die Israeli ambassadeur vertel dat hulle, (die SA regering) baie besig is om die sake in Zimbabwe op te los.

Nog ‘n dosis humor rondom Israel was toe aartsbiskop Tutu te vertel had dat die aanvalle op die Gasastrook alle tekens van oorlogsmisdade bevat, ‘n “onbillike oormag van dodelike vegvliegtuie” wat genadeloos bomme op die arme weerlose Palestyne neerwerp met totale minagting vir die lewens van Hamas se “onskuldige” Islamitiese ekstremiste.

Toevallig is dit dieselfde mense wat in 2005 laas die Israeli’s ietwat omgekrap het met selfmoordbomaanvallers wat in baie gevalle onskuldige mense doodgemaak het net om seker te maak dat hulle kwota van 144 maagde of wat ook al vir hulle nadoods verseker word. Ek het nogal slegte nuus vir die Palestynse ekstremiste: as jy dood is, is jy dood, en geen hoeveelheid maagde gaan jou weer gelukkig of lewendig maak nie.

‘n Mens wonder ook hoekom so baie vroue in die hiernamaal? Is dit as beloning omdat jy so selfloos jou lewe weggegooi het om die vyand te dood, of eenvoudig omdat julle ekstremiste sulke gierige mense is? Ek is seker dalk te dom om die waarde van 144 maagde te kan insien, maar sover ek redeneer, is een vrou heeltemal genoeg, dankie, en ook volgens wet al waarop ek geregtig is.

Presies wat dink ons regering het hulle tot nou toe in Zimbabwe vermag waarop hulle hulself kan roem? Sover ek kan sien, net mooi niks nie.

Die magsdelingsooreenkoms wat ons geliefde Thabo Mbeki uitgewerk het, word nou ná meer as drie maande steeds nie toegepasnie. Die situasie in Zimbabwe het van sleg tot uiters sleg verval, wat betref mediese dienste, voedselvoorsiening en cholera wat uit beheer raak (daar word al hoe minder syfers bekend gemaak, het hulle dalk iets om weg te steek?).

Om alles te kroon wil die liewe ANC-mense nou vir die wêreld kom voorhou hoedat hulle, die ANC, die modelregering is wat alles vermag het om ‘n utopie te skep. Kom by, mense, en dink weer. Die ANC het nog nooit veel meer reggekry as om te vernietig nie.

Uit hulle eie het hulle nog nie met een opbouende stelsel vorendag gekom nie, terwyl Israel se wetenskaplikes nogal nie sleg gedoen het op ‘n hele paar gebiede nie en internasionale erkenning daarvoor geniet.

Die Israeli’s verdien net die hoogste respek. Hulle het in die middel van ‘n harde stuk droë, genadelose grond hulleself bewys en daar ‘n goeie lewe vir hulle burgers uitgekap. Hulle het ‘n weermag wat met die beste ter wêreld kan meeding en nywerherde opgebou wat van hul land ‘n gedugte teenstaander maak, ‘n volk wat in ‘n groot mate selfonderhoudend is wanneer dit nodig is.  

In die Sesdaagse oorlog jare terug het die omliggende Arabiese state tot hul spyt ontdek dat Israel geen sagte teiken is nie

En dan wil die klomp ANC-makkers vir hulle vertel hoe om hulle eie sake te bestuur?

Ek sê welgedaan Israel, en hou julle maar net doof vir mense wie se siening nie eintlik tel nie.

Indien die ANC wel wil hê dat Israel hulle ernstig moet opneem, sal daar heelwat verandering in Suid-Afrika moet geskied. Sover het die ANC wel aan Israel bewys dat hulle onbetroubaar is, dat hulle geldgierig is ten koste van hulle eie mense, dat hulle besig is met hulle eie vorm van terrorisme en stille oorlogvoering teen die blankes en Afrikaners in die land wat ongestoord voortgaan.

Hulle het getoon dat die wet nie van veel waarde is nie en dat dit oor die algemeen gemanipuleer word om sekere hooggeplaaste mense te kan pas of te beskerm. Met so prestasierekord sou ek nie verbaas wees as Israel hulle net afvee aan die ANC nie, want daar is niks om voor bang te wees nie.

Rondom biskop Tutu is mens amper stomgeslaan. Want die arme gek sit daar in sy gerieflike plekkie en het die vermetelheid om die een land wat dit tot dusver reggekry het om baie aanslae te weerstaan van oorlogsmisdade te beskuldig.

Wel mnr. Tutu, hoekom kyk jy nie nader aan die huis nie?

Of is die dood van meer mense ná sogenaamde “demokrasie” as in ‘n gewapende oorlog vir jou ‘n prestasie? Is die volgehoue aanslag teen boere, Afrikaners, vroue en kinders jou idee van ligte Vrydagaandvermaak?

Is volksmoord jou idee van ‘n naweek se pret?

Klaarblyklik so, want as jy jou oë sou oopmaak en bietjie meer sou dink, sou jy sien dat hier in SA ook oorlogsmisdade aan die gang is. Meer spesifiek deur die regering van die dag wat op stelselmatige wyse deur middel van die sinistere magte van misdadigers en korrupte polisie ongestoord kan voortgaan met hulle misdadige bewind, net soos in Zimbabwe, sonder vrees vir vervolging. As ek nie beter geweet het nie sou ek dink dat daar aan hulle soms kwotas gegee word om vol te maak: ons wil soveel vermoor hê dié naweek; ons wil soveel aanrandings en rooftogte hê.

Dit is natuurlik maklik om te kan sien hoedat die regering van die dag heel maklik agter baie onheil kan sit, want verkiesings kos geld en plase moet oorgeneem word. Want die regering het beloftes om na te kom, en as dit nie op ‘n eerlike manier gedoen kan word nie, sal dit op ‘n ander manier gedoen word.

Ek wonder of mnr. Tutu nie dalk eerder ‘n uitnodiging wil rig aan die vredeliewende Palestyne en vra dat hulle al die ekstremistiese selfmoordbomaanvallers eerder na SA wil stuur nie. Ek dink dan sal hy seker weer die een of ander bekvol te kla hê indien hulle skielik hier sou opgeblase voel.

Mens kan dit nie altyd hê net soos wat jy dit wil hê nie, mnr. Tutu.

So hou jou selfvoldane menings vir jouself asseblief, en hou op om te praat oor goed waarvan jy eintlik niks weet nie en weier om die waarheid in die oë te kyk. Of maak die waarheid dalk te seer vir woorde? Hou asseblieftog op om die splinters in die wêreld se oë met tange te verwyder, terwyl jy die balke in jou eie oë nie met ‘n vurkhyser wil laat uithaal nie.

Indien jy die waarheid wou praat, sou jy met die regering in gesprek tree oor die volksmoord wat eintlik reg onder jou neus aangaan, op ‘n minderheidsgroep wat by die dag minder word.

купить водопад для домаtopcargo

‘n Tsjeggiese Europa

ImageVan vandag af is die Tsjeggiese republiek vir ses maande lank voorsitter van die Europese Unie. Dié land neem die leiding by die polities korrekte Franse oor.

Plaaslik word Frans deur die Alliance Française geadverteer as "Le français, langue au service de la diversité" oftewel, "Frans, 'n taal in diens van diversiteit". Hierdie polities korrekte slagspreuk som min of meer Frankryk se buitelandse beleid op, want dié land sien hom toenemend as Europese pleitbesorger vir die Derde Wêreld en dan veral vir Afrika. Hoewel Afrikaners tradisioneel die bevolkingsgroep in ons land is wat die meeste belangstelling en waardering vir die Franse kultuur gekoester het, handhaaf Frankryk vir alle praktiese doeleindes 'n kulturele boikot teen ons.

Met die Tsjegge is dit egter anders gesteld. Die Tsjeggiese president, Vaclav Klaus, is sterk anti-sosialisties en omdat sy land nooit kolonies gehad het nie, ly hy geensins aan die sindroom van wit skuld nie.

Die Afrikanervolk behoort die volgende ses maande as 'n geleentheid aan te gryp om ons griewe aan die Europese Unie oor te dra. Immers is die huidige bestel te wyte aan Britse en Europese inmenging in Suid-Afrika se binnelandse aangeleenthede. In vele opsigte beskou die Europese Unie steeds ons land as 'n kolonie en is hulle voortdurend besig om hulle met onderwys, landbou, verdediging en ander kwessies te bemoei.

Volgens meningsopnames glo die meeste Afrikaners vandag dat daar nie meer 'n toekoms vir hulle oor die langer termyn in Suid-Afrika bestaan nie. Afrikaners glo dat hul eiendom en ander bates, soortgelyk aan dié van blanke Zimbabwiërs, binne die afsienbare toekoms afgeneem sal word en dat hulle waarskynlik gedwing sal word om hul geboorteland te verlaat. Meer as 'n miljoen blanke Suid-Afrikaners het in elk geval reeds uit die land gevlug vanweë geweldsmisdaad en die stelsel van geïnstitusionaliseerde anti-blanke rassisme wat as "transformasie" bekendstaan.

Die Europese Unie se wette en beginsels wat erkenning aan kleiner volkere en tale verleen, maak dialoog met die EU moontlik oor die volgende sake:

  • Erkenning van die Afrikanervolk as 'n nasionale minderheid in Suid-Afrika met 'n eie taal, kultuur, identiteit en afkoms.
  • Erkenning vir Afrikaans as nie net 'n Afrikataal nie, maar ook as Europese taal binne die kader van die "Europese Buro vir Minder Gebruikte Tale". Die groot aantal Afrikanervlugtelinge in veral Groot Brittanje wat van die Suid-Afrikaanse geweld en diskriminasie wegvlug, geniet tans geen erkenning vir hul taal binne Groot Brittanje nie, nóg binne die EU waarvan ons voorouers vandaan kom. Sodanige erkenning vir Afrikaans mag 'n sleutelrol in die oorlewing van ons taal speel, aangesien Afrikaans in die praktyk geen amptelike status meer in Suid-Afrika geniet nie.
  • Erkenning vir die feit dat ons ons in Suid-Afrika bevind vanweë, enersyds, Nederlandse en Britse kolonialisme wat die vestiging van blankes aan die suidpunt van Afrika moontlik gemaak het en, andersyds, Franse godsdienstige onverdraagsaamheid wat ons Hugenotevoorouers uit Frankryk verdryf het. Ons volk het nie net uit die lug geval nie, maar is die gevolg van dié twee historiese feite.

Sedert die 1980s het dit sowel Britse as EU-beleid geword dat die Afrikanervolk nie op enige vorm van soewereiniteit of selfbeskikking geregtig is nie – iets wat in stryd is met die Europese Handves van Regte – en wat vir Suid-Afrika geweldige gevolge het. Een gevolg daarvan is die meedoënlose verafrikanisering van ons eens Westerse land, met 'n verlies aan kundigheid, kapitaal en entrepreneurskap wat uiteindelik op 'n tweede Zimbabwe móét uitloop.

Hierdie soort argumente moet met die EU onder die Tsjeggiese voorsitterskap aangeknoop word. Indien dit EU-beleid is dat alle Afrikaners uiteindelik etnies vanuit hul geboorteland gesuiwer moet word, hetsy deur fisieke aanvalle, hetsy deur wetgewing wat hul ekonomiese en opvoedkundige kanse benadeel, dan goed en wel. Maar ten minste sal Afrikaners dan weet waar hulle met die Europeërs staan, terwyl die res van die wêreld ook van hierdie afsydige standpunt sal kennis neem.

Op sy minste, kan ons Afrikaners deur dialoog met die EU vinniger van hul illusies oor die toekoms ontneem. Op sy beste kan ons 'n diplomatieke proses aan die gang sit wat op die duur 'n katalisator kan word om ons mense uit hul moedeloosheid en apatie wakker te skud aangesien hulle sal kan sien dat ons wel eventueel deur die 27 lidlande van die Europese Unie ernstig opgeneem word.

wedding hairАлександр Фильчаков