praag.co.za

Maak Obama se velkleur hom dan meer bekwaam?

Written by

in

In dié hoofartikel maak die skrywer, vermoedelik Beeld se redakteur, verskeie verbasende stellings en gevolgtrekkings. Hy verwys byvoorbeeld na die probleme wat Amerika en die wêreld bedreig, soos oorloë, aardverwarming en die ekonomie. 'n Paar sinne later skryf hy:

"Hy is swart én hy is wit in ’n tyd dat die ideaal van nie-rassigheid al hoe belangriker word, maar nog nie ons samelewings rig nie – hier sowel as in ander lande."

Kan ons dus die volgende afleiding maak: die wêreld het weliswaar probleme, o.a. ekonomiese en klimaatprobleme. Obama is egter 'n goeie man om dié probleme op te los,  noodwendig beter as, sê, John McCain. Hoekom? Wel, want Obama is halfswart en McCain wit.

Ek is jammer, maar dit volg nie. Wat het iemand se koffiekleurige vel te make met sy vermoë om 'n dreigende geld- en ekologiese ramp af te weer? Wat op dees aarde het nie-rassigheid te make met die ekonomiese krisis? Is alle mense voorts dan nie "dieselfde", ongeag ras nie, Beeld? Is dit nie rassisties om sekere eienskappe aan iemand toe te dig bloot omdat hy van 'n sekere velkleur is nie, Beeld?

Tweedens, vir wie is nie-rassigheid "toenemend belangrik"? Dis beslis nie belangrik vir die toenemend Afro-fascistiese ANC nie, want 'n wit ANC-leier of president vir Suid-Afrika is só onwaarskynlik dat die blote gedagte daaraan belaglik is. As Beeld na nie-rassigheid verwys, kan hy ook sekerlik nie ook Suid-Afrika daarby wil insluit nie, waar staatsrassisme en etniese oorlogvoering teen minderhede hoogty vier. Ras is opperbelangrik en allesoorheersend in Suid-Afrika. Dit bepaal of jy 'n werk mag kry, en of jy in jou moedertaal mag skoolgaan.

Die mees interessante Freudiaanse glipsie in die hoofberig is egter die volgende:

"Obama verteenwoordig as sulks ook die bewys dat etniese minderhede nie vir altyd uitgesluit word van mag en posisie nie. Dit eggo ook in Suid-Afrika, waar mnr. Mathews Phosa, ’n leier van die ANC, die Obama-voorbeeld eergister aan wit Suid-Afrikaners voorgehou het."

Baie interessant, komende vanuit die pen van 'n Naspers-ideoloog soos Beeld se redakteur, nie waar nie? Die hoofartikel is positief en opgeruimd; dit praat telkens van hoop. Kan ons dus aanneem dat Beeld Obama as 'n soort wortel voor die minderheidsdonkies van Suid-Afrika laat swaai? "Kyk – julle, SA se minderhede, kan ook eendag politieke mag terugkry, nes Obama." Dit lyk vir my  kompleet asof die skrywer sê dat die herverkryging van politieke mag iets is vir minderhede om na te streef.

Hy erken dus per implikasie dat die verlies aan politieke mag rampspoedig was vir Afrikaners, 'n uitkoms wat tot ons enorme nadeel was. Hy moedig ons per implikasie aan om Obama se voorbeeld na te streef, en ons te beywer om politieke mag te herower.

Het die skrywer egter mooi gedink wat dit in Suid-Afrika sou impliseer?

Vir 'n minderheid – kom ons sê Afrikaners – om weer effektiewe politieke mag binne die sogenaamde reënboognasie te bekom, sal noodwendig lei tot die ineenstorting van die illusie wat die sogenaamde reënboognasie verteenwoordig. Die dag as daar 'n verkose Afrikanerleier is, met genoegsame mag, wat sy volk nie onmiddelik na selfbeskikking lei en losmaak van die onafwendbare ondergang van die reënboognasie nie, is die dag dat ek my sleutelbord eet.

конверт для новорожденного зимний купить спбДанильченко

Comments

Leave a Reply