Europa se demografiese ramp

ImageOp 22 April 2007, stem 85% van Frankryk se kiesers in die eerste rondte van die presidentsverkiesing om ’n opvolger vir Jacques Chirac aan te wys.  Frankryk, eens ’n dinamiese staat met vindingryke burgers wat eeue lank ’n sentrale rol in Europa gespeel het, is vandag ’n lustelose en onsekere land.  Die ekonomie doen swak; onluste in 2005 het Franse burgers ontsenu en die land se internasionale beeld baie skade aangedoen.  Met die telling van die stemme op 22 April, wen die regse kandidaat Nicholas Sarkozy die eerste rondte met ongeveer 30% van die stemtotaal.  Die sosialistiese kandidaat, die aantreklike Ségolène Royal, eindig tweede met 26% van die stemme.  Weens die verdeling van die stemme onder die ander kandidate, is die resultaat in die tweede en finale ronde geen uitgemaakte saak nie, en òf Sarkozy, òf Royal kan seëvier.

Met die verkiesing en uitslag merk politieke ontleders in die Weste op dat die Franse nou uiteindelik besef dat ’n nuwe rigting nodig is om die land uit sy stagnasie te red.  Frankryk, wat ’n kernmoondheid is en ’n vaste verteenwoordiger in die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, was na die Tweede Wêreldoorlog die sentrale moondheid in Wes-Europa. Terwyl die Verenigde Koninkryk se ekonomie deur stakings en sosialistiese beleide ontwrig is, en Italië la dolce vita verkies het, en Duitsland sy oorlogswonde gelek en selfvertroue ingeboet het, het Frankryk sy mag wêreldwyd geprojekteer, ’n kernmoontheid geword, en kultureel Frans uitgevoer via la Francophonie.

Maar eindelik was die na-oorlogse wêreld net ’n voortsetting van die status quo.  Europese moonthede het kollektief en individueel die wêreld oorheers, en sedert 1652 is Afrikaners gewoond daaraan om in ’n Europees gesentreerde wêreld te leef.  Dié feit was selfs waar in die onmiddellike jare na beide wêreldoorloë wat Europa op ’n kontinentale vlak verniel het.  Die vyf groot Europese moondhede (Frankryk, Italië, Duitsland, Spanje en Engeland) het telkens weer herstel om hul posisies as internasionale ekonomiese en kulturele reuse in te neem. Saam met die eertydse Engelse kolonies (die VSA, Kanada en Australië) oorheers Europa die wêreld steeds aan die begin van die 21ste eeu, en bly dit moeilik om ’n wêreld voor te stel waar Europese magte nie die leiersrolle speel nie.

Tog is dit presies wat nou mag gebeur. Verskeie politieke ontleders is vandag baie meer skepties oor die onmiddellike toekoms van sowel die Europese ekonomie as Europa se politieke toekoms.  Dié skeptiese houding word goed opgesom deur Mark Steyn in die voorwoord van sy boek America Alone, waar hy die volgende skryf:

“Let me put this in a slightly bigger nutshell: much of what we loosely call the Western world will not survive the twenty-first century, and much of it will effectively disappear within our lifetimes, including many if not most European countries.  There’ll probably still be a geographical area on the map marked as Italy or the Netherlands – probably – just as in Istanbul there’s still a building known as Hagia Sophia, or St. Sophia’s Cathedral.  But it’s not a cathedral; it’s merely a designation for a piece of real estate.  Likewise, Italy and the Netherlands will merely be designations for real estate.”

Afrikaners is baie vertroud met die idees wat Steyn hier verkondig. In die besonder bestaan die Suid-Afrika, en die Suidwes-Afrika, en die Rhodesië, en die Mosambiek, wat ons eens geken het, nie meer nie.  Ja, daar is steeds plekke op die kaart wat Victoria Falls heet, of Tsumeb, of Upington of Durban.  Maar die plekke het wesentlik verander.  Vandag is die stadsrade nie meer Afrikaans of Engels nie, word hulle regeer vanuit provinsies en vanuit sentrale regerings wat objektief vyandig staan teenoor die wit burgers wat die plekke gestig het, en is die kulturele Zeitgeist heeltemal vreemd teenoor kultuurgroepe wat so onlangs as 20 jaar gelede aan dié plekke as ’n tuiste gedink het. 

Die konvensionele aanname oor Europese geskiedenis is dat Griekse, Romeinse en Midde-Oosterse beskawings die toestande geskep het wat Europa op ’n merkwerdige reis tot by wêreldoorheersing sou neem.  Die Christendom, Griekse filosofie en politieke sisteme, wetenskap, die Romeinse idee van kolonisering, het tydens die Renaissance gekombineer om Europese moondhede te skep met enorme politieke, sosiale en militêre mag.  In kompetisie met mekaar, het die moondhede oorlog teen mekaar gevoer, alliansies gevorm, en uitgebrei om die wêreld te “ontdek”, te oorheers, te koloniseer, en het hulle op ’n sending vertrek om die Christendom en hulle tale te versprei.

Die vlak van wetenskaplike en tegniese oorheersing van Europese bevolkings sedert die Renaissance is steeds verbysterend, selfs vandag.  In die lys van die beste wiskundiges in die geskiedenis is byna almal Europees, met die uitsluiting van Chandrasekhar, wie se kort lewe sy bydraes kortgeknip het.  Euler, Gauss and Newton, waarskynlik die mees invloedryke wiskundiges sedert Archimedes, en omtrent al die ander merkwaardige wiskundige talent, is Europees, tot vandag toe.  Filosofie word steeds deur “dooie Europese mans” oorheers, ’n feit wat Westerse feministe erg ontstel. Kant, Nietzsche, of Hegel, en selfs Marx, onder andere, tel as dominante figure wat saam met die religieuse invloede van die Midde-Ooste, die Westerse kultuur geskep het.  In die beeldende kuns is die Europese erfenis sonder gelyke, ten spyte van wat mens soms hoor.  Die kunsskatte van Griekeland, Italië, Frankryk, Engeland, Duitsland en selfs Rusland vorm ’n gesamentlike erfenis sonder enige gelyke op aarde.

Moderne ekonomiese stelsels is alles die resultaat van Europese wysgere en ekonome, van Marx tot by Adam Smith. Die vryemarkstelsel, sosialisme, kommunisme, en al die ander moderne sosiale, politieke en ekonomiese sisteme is Europees, wat in Europa deur dooie wit mans uitgedink en getoets is. Selfs die begrip “nasiestaat”, en die idee dat so ’n staat lojaliteit van sy burgers verwag, is ’n Europese uitvinding.  Europeërs het die idee van militêre verowering en kolonisering vervolmaak, en figure soos Alexander die Grote, Napoleon en Admiraal Nelson word steeds onthou as van die beste militêre leiers wat die mensdom opgelewer het.

Oor die laaste 700 jaar het Europese magte uitgevaar om die wêreld te verower, om die Christendom te versprei, kolonies te vorm, en om die bevolkings van die ander kontinente te oorheers.  Die Britte het die grootste en mees komplekse Empaaier gebou wat die wêreld ooit gesien het.  Die Spanjaarde het anargie en uitsterwing na Suid- en Sentraal-Amerika geneem en domineer die kontinente vandag linguïsties en kultureel. Engelse en Franse setlaars in Noord-Amerika en Australië het hele bevolkings inboorlinge verdring en Europese kolonies gevorm wat die wêreld vandag steeds oorheers.

As die bostaande paragrawe te “Eurosentries” klink, dan is dit omdat die wêreld so oorweldigend en vir so lank ’n Europees oorheersde plek was.  Westerlinge, en veral Europëers, het die wêreld vir bykans 500 jaar absoluut gedomineer, met bitter min teëstand uit ander dele van die wêreld.  Selfs in die 20ste eeu, deur twee wêreldoorloë, het Europa en haar oorsese kolonies die sentrum van die wêreld gevorm, met die res van die mensdom as toeskouers onder die beste omstandighede, en as slagoffers van Europese inmenging en oorloë andersins.

Dié tydperk het nou blykbaar ten einde geloop. Etniese Europeërs, wat 30% van die wêreldbevolking aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog was, is demografies en kultureel uitgeput.  In die 50 jaar na die oorlog het die 30% tot 20% gekrimp, en vir die eerste keer het Europese weermagte begin om oorloë te verloor.  In die Koreaanse oorlog het die Westerse Alliansie grootliks misluk en die Verenigde State het haar oorlog in Viëtnam verloor. Tans lyk dit asof die oorlog in Irak ook verloor gaan word.  Israel, ’n staat wat deur ’n Westerse mandaat gevorm is en ondersteun word, is sedert 1970 in ’n skaakmatposisie met haar vyande.  Haar onvermoë om haar vyande te domineer en te verslaan raak nou ooglopend.

Sentraal in die pessimistiese vooruitskouing vir Europa staan demografie. Die toekoms behoort aan diegene wat daar opdaag, en bitter min Europeërs gaan dit regkry.  Hier is ’n paar harde feite. Die vrugbaarheidsverhouding in ’n bevolking is die gemiddelde aantal kinders per vrou.  Om ’n stabiele bevolking te handhaaf, moet elke vrou ’n gemiddelde 2,1 kinders baar.  Dus, die vrugbaarheidsverhouding in a stabiele bevolking is 2,1 kinders per vrou. In demografies robuuste bevolkings baar vroue meer as 2,1 kinders:  in Niger is dit byvoorbeeld 7,46, in Mali 7,42, in Jemen 6,58.  In Rusland is dit 1,14, en as die verhoudings nie verander nie, gaan Jemen ’n groter bevolking as Rusland teen 2050 besit.  Die groot getalle Jemeniete gaan emigreer, en hulle kultuur en godsdiens uitvoer.  Waarheen? Na lande wat demografies swak presteer, meestal in Europa.

Europese demografiese feite lees soos die handleiding vir ’n bevolkingselfmoord.  In Italië is die vrugbaarheidsverhouding 1,23.  Hoe laag is dit?  Hier is een verduideliking.  Teen 2050 word geprojekteer dat 60% van Italianers geen broers of susters gaan hê nie, en geen ooms of tannies of selfs neefs of niggies nie.  Met ander woorde, die groot spreekwoordelike Katolieke Italiaanse familie met ooms en tannies, neefs en broers en susters en niggies, is iets van die verlede, en hulle plekke gaan ingeneem word deur die Jemeniete, wat gaan migreer om die Italiaanse ekonomie as werkers en verbruikers te red.  Ander Europese lande lyk nie beter nie.  In Duitsland is die vrugbaarheidsverhouding 1,35, in Frankryk is dit 1,89.  Interessant genoeg, die Franse verhouding is bedrieglik.  Dink daaraan dat Frankryk ook die Europese land met die grootste Moslembevolking is.

Daar is dus meer en meer tekens dat die Westerse oomblik besig is om te eindig.  Demografiese ondergang in Europa, en die afname van die Christendom as die sentrale Europese godsdiens, blyk simptome te wees van ’n beskawingsonsekerheid en is ’n indikasie dat Europa verdwaald is.  Moslem-immigrante in Europa is die snel groeiendste bevolkingsgroep en die eksponensiële wette onderliggend aan demografie veronderstel dat verskeie Europese lande oorwegend Moslembevolkings voor die einde van die 21ste eeu gaan verkry.

ImageOnder dié lande tel Frankryk en Spanje, waar ’n heroorname deur Moslems die einde van ’n Christelike tydperk inlui.  Meer as 1300 jaar gelede het dit ook gelyk asof Europa se toekoms onverbiddelik Mohammedaans gaan wees.  Maar in die jaar 732 vind die belangrikste veldslag in die Europese geskiedenis plaas.  Die Slag van Tours, waar Karl Martel die Moslem Oemajaad se opmars gestuit het.  Die veldslag was die keerpunt in die Moslem-uitbreiding in Europa, en die More is uiteindelik in 739 uit Spanje verdryf.

Die Christendom was dus die vername religie in Europa, gesetel in Rome, vir meer as ’n duisend jaar.  Maar die demografiese omwenteling in Frankryk en Europa, asook die verval van die Kerk, maak voorspellings dat die Christendom voor 2100 uit Europa gaan verdwyn baie waarskynlik – met dramatiese gevolge vir Europa se inwoners.  Dit alles word nou openlik deur Europese kommentators erken, inkluis Melanie Philips in “Londonistan”, Bat Ye’or in “Eurabia”, en nog baie ander.  Mark Steyn en Bruce Bauer skryf ook beide breedvoering oor die toekoms van die baie liberale sosiale omstandighede in Nederland en in Wes-Europa, binne ’n omgewing waar die getalle streng godsdienstige Moslems demografies vinnig toeneem.

Dit is in dié opsig dat die huidige Franse verkiesing beoordeel moet word.  Kulturele en politieke realiteite maak dit onmoontlik vir die kandidate om die implikasies van Europa se demografiese projeksies eerlik te bespreek.  Nóg Sarkozy, nóg Royal, kan eerlik met Franse praat oor die volgende 50 jaar sonder om as doemprofete geteiken te word.  Daarom sal die Franse voortgaan en ’n leier kies wat die onmiddellike probleme in Frankryk sal probeer oplos. Miskien sal immigrante strenger gekeur word of sal met opheffingsprojekte in Frankryk se Moslem-voorstede gepoog word om die mense beter te integreer.  Maar oor die langer termyn beskou, is dit te min te laat.  Frankryk se demografiese werklikhede bewys dat Frankryk se Christelike bevolking se opvolgers reeds in posisie is.  Hulle is nie Christene nie, en kultureel verskil hulle hemelsbreed van dit wat ons verstaan as ons aan ’n Fransman dink met sy beret en ’n baguette onder sy arm.

Die ondergang van Europa as die sentrum van die Christendom, asook die demografiese swakheid in die Weste, roep natuurlik ’n reeks interessante en kwellende vrae op.  Vir Europese tale en bevolkingsgroepe in die res van die wêreld gaan Europa se ondergang waarskynlik traumaties wees.  Normale aannames oor veiligheid, ekonomiese en kulturele sekerheid gaan baie anders lyk in ’n wêreld waar die magsentra en demografiese sentra in die Verre Ooste en Midde-Ooste gesetel is, met die VSA en Australië wesentlik geïsoleerd, onder druk en waarskynlik defensief ingestel.  Afrikaners in Suid Afrika moet waarskynlik nou al begin dink hoe om in dié veranderde wêreld te oorleef.  In ’n sekere sin is Afrikaners Eurpoeërs reeds vooruit – die oorname en veranderde omstandighede het reeds in die periode tussen 1960 en 2000 plaasgevind.

Aanpassing en ’n defensiewe houding (dit is soms gepas om laer te trek) lyk in die toekoms onvermydelik.

для автомобильногоОлександр Фільчаков прокурор

Gevra: ‘n Afrikanerbevrydingsbeweging

Image

Kragtige simbole is nodig

Suksesvolle rewolusies word gewoonlik gevoer deur ’n voorhoedeparty wat die onderdrukte bevolking verteenwoordig en daarna streef om so ’n bevolking se ideale te verwesenlik. Terwyl nie alle rewolusies deur die geskiedenis so verwesenlik is nie, is dit vir seker die mees doeltreffende manier om ’n doelgerigte rewolusionêre uitkoms te bereik. Die kommunistiese wêreld het hierdie beginsel met groot welslae toegepas. Die kommuniste het ook die sielkunde van massamobilisering goed begryp en met dieselfde mate van sukses benut. Hoewel ons ideologies in opposisie teen die kommunistiese ideaal verkeer, moet ons kommunistiese metodes waar nodig gebruik en nie as’t ware probeer om die wiel te herontwerp nie.

In die onlangse nasionalistiese rewolusies in voormalige kommunistiese (-gesinde) state (Oekraïne, Joego-Slawië, Georgië, ens.) is populistiese rewolusionêre beginsels met groot sukses teen daardie bewinde aangewend. Hierdie ervaring is in diepte bestudeer en gedokumenteer, in so ’n mate dat gebruikersvriendelike leesstof geredelik beskikbaar is om kitsrewolusionêre enige plek ter wêreld gou op te lei en te mobiliseer.

Vir ons as Afrikaners is daar nou ’n volledige databank van bronne beskikbaar om vinnig ’n volksbeweging tot stand te bring. Wat ons egter sal moet aanvaar, is dat die tradisionele wyses waarop ons ons mense sou mobiliseer (die klassieke partymodel, wat tradisionele denkwyses vereis) nie gaan slaag nie. Ons sal vinnig ’n breë beweging op die been moet kry. Die aanslag moet populêr wees. Terwyl intellektuele struktuur van deurslaggewende belang is, moet dit nie die algemene beeld van die organisasie wees nie. Inteendeel, dit moet eerder ’n tipe popkultuurbeeld hê. Die aanwending van sterk, populêre simbole is byvoorbeeld net so belangrik soos die goed  beredeneerde ideologie wat dit ondersteun. Simbole wissel natuurlik van die grafiese, tot musikale en verskeie ander. Die Otpor!- (Weerstand!-)beweging in Joego-Slawië en die Oekraïne het hierdie beginsels suksesvol uitgebuit.  Hier te lande het Solidariteit die lig gesien deur sy naam van MWU na ’n meer populistiese en algemeen betekenisvolle naam te verander. Ongelukkig het Solidariteit nog nooit die moed gehad om ten volle te kapitaliseer op die aantreklikheid van sy nuwe identiteit en die regime werklik die stryd aan te se nie.

’n Daadwerklike Afrikanerbevrydingsbeweging sal die moed aan die dag moet lê om wel hierdie (nie-gewelddadige) stryd te betree. Dit moet geensins skroom om die regime te verneder nie en moet bereid wees om dit op alle gebiede uit te daag deur ’n verskeidenheid populêre aksies, waarvan voorbeelde reeds so goed geboekstaaf is. Deur intellektuele krag te versoen met populêre beelde en simbole sal dit die Afrikaner vinnig aantrek en wêreldwyd die aandag op sigself vestig. Van kardinale belang, sal wees om alle Afrikanerorganisasies wat tans ideologies belyn is onder een identiteit te verenig. Dit sal daartoe lei dat genoegsame kapasiteit bestaan om ’n verskeidenheid aksies te loods. So ’n identiteit sal ’n sterk en verenigde beeld moet hê eerder as losse alliansies. Blote alliansies skep nie genoegsame struktuur en geloofwaardigheid om ’n verskuiwing in die magsbalans ten gunste van die Afrikaner (wat hou van struktuur) te bereik nie.

Ook die naam sal ’n kragtig verstaanbare en populêre aanspraak moet hê. Solidariteit het die Poolse Solidarnosc-vakbondbeweging nageaap in die skepping van sy nuwe identiteit. Solidariteit het egter nie dieselfde tipe ruggraat en morele krag as wat die Poolse vakbond, in sy stryd teen die kommuniste gehad het nie. Wat die naam (soos in die geval van Otpor!) bewys het, is dat bekenis sentraal staan, maar ook dat uitspraak, spesifiek kort lettergrepe, kragtig moet wees. Otpor! het verder gegaan deur ’n uitroep by te voeg. Lg. dui op dringendheid, aggressie (nie te skroom vir konfrontasie nie), selfversekerdheid en verteenwoordig sowel ’n aanspraak op die onderdrukte bevolking as wat dit ’n aanslag op die regime is. Terwyl dit vertroue en belangstelling by die onderdrukte publiek skep, kan die regime sien dat dit deur ’n vasberade opponent uitgedaag word.

Otpor! het ook bewys watter sukses behaal kan word deur die opponent se histories suksesvolle simbole direk oor te neem en te omvorm in die beweging se eie kleure, begrippe, ens. So het Otpor! die kommunistiese vuis binne die nasionalistiese bevrydingsideologie geherinterpreteer en toegepas. Dit het was onmiddellik en wyd byval gevind. Die kommunisties gesinde regime is geïrriteer, tot op die punt waar hulle toenemend foute begin maak het, omdat die bevrydingsbeweging so ligsinnig en uitdagend met die regime se heilige koeie omgegaan het. Ook het dit dadelik tot die massa en veral die jeug gespreek, wat gehou het van die sarkastiese rebelsheid daarvan. Onlangs het PRAAG ook daarmee geëksperimenteer om die kommunistiese ‘vryheidsvuis’ in oranje-blanje-blou te “nasionaliseer” binne die organisasie se Genoeg!-veldtog. Die publieke terugvoer wat tot dusver daaroor ontvang is, is oorweldigend positief. Kapasiteitsprobleme lê egter die implementering van die veldtog aan bande. Gesprekke is tans aan die gang met belanghebbendes en kundiges om die konsep op groot skaal suksesvol uit te rol.

Mobiliseringstegnieke hou ook sterk verband met die tydperk waarin die veldtog plaasvind. Waar openbare vergaderings nog slegs twintig jaar gelede een van die mees populêre maniere was vir ’n politieke beweging om met ondersteuners te kommunikeer, is daar vandag sms’e, webtuistes, eposse, potgooie (podcasts), ens. Amper elke jaar neem elektroniese kommunikasietegnologie kwantumspronge vooruit en skep daarmee nuwe moonlikhede vir kommunikasie en mobilisasie. Met die koms van digitale televisie sal dit moontlik raak vir ’n bevrydingsbeweging om enige plek ter wêreld programme via die internet na sy ondersteuners uit te saai. Geen lisensies of regulasies sal dit kan keer nie.  Die onlangse Oos-Europese nasionalistiese rewolusies het ook die werklikheid van kommunikasietegnologie goed besef en suksesvol aangewend.

Ook simbole is tydsgebonde. So was die kruithoring na die Tweede Vryheidsoorlog ’n  betekenisvolle mobiliserende simbool. Vandag egter , hou dit vir die Afrikanerpubliek amper geen betekenis nie. Die  rewolusionêre “bevrydingsvuis”(waarna vroëer verwys is) daarenteen is oor die jare deur Hollywood en die res van die populêre media as simbool van opstand gewild gemaak en verromantiseer. Terwyl die jeug van vandag grotendeels nie die oorsprong daarvan ken nie, spreek die vertoon daarvan onmiddellik tot hulle en met emosie. So is dit dan niks vreemds om bv. Bok van Blerk te sien vuis in die lug gooi terwyl hy “De la Rey” sing nie.

Terwyl ’n Afrikanerbevrydingsbeweging waarderend moet kyk na historiese simbole en tegnieke, moet dit veral entoesiasites omgaan met eietydse populêre maniere om mense te mobiliseer.

Om ’n verskuiwing in die magsbalans te verkry, gaan primêr om openbare persepsie. Indien die publiek waarneem dat die magsbalans verskuif het vanaf onderdrukker na onderdrukte, dan het dit in werklikheid gebeur. So ’n verskuiwing kan alleen deur ’n doelgerigte en radikaal gemotiveerde beweging bereik word. Bevryding is nie ’n saak vir ’n demokratiese organisasie/forum nie. Om lg. rede sal die ontwikkelende Afrikanerraad nooit meer as ’n “geselsforum” wees nie. Effektiewe mobilisering sal slegs deur ’n ideologies gemotiveerde, populêre Afrikaner-entiteit behaal word. Met die verwesenliking van so ’n beweging raak die behoefte vir ’n “Afrikanerleier” van minder belang. Die organisasie, sy simbole en aksies is die mobiliserende faktor en nie een of ander De la Rey–tipe figuur nie. Met sterk simbole en naam (argumentsonthalwe: Vryheid!), ’n ideologies geïnspireerde bestuur, doeltreffende openbare optrede en kommunikasie, sowel as die bereidwilligheid om ’n breë aantal ideolgies belynde entiteite saam te snoer, kan ’n populêre Afrikanerbeweging vir die ANK-regime  daadwerklik opdraand verskaf.

As Afrikaners hang ons vryheid nie van ons getalle af nie, daarvoor is ons te min. Ons vryheid hang af van die mate waartoe ons bereid is om uit ander se ervaringe te leer, ons gesonde verstand te gebruik en populêre en beproefde konsepte by ons eie omgewing aan te pas en strategies te implementeer.

человек паукеtopcargo развод

‘n Afrikaner in Engeland

Image"Where you from, miss?"

"I’m from South Africa"

Sy gesig helder op.

"John here is from South Africa too, innit!" 

John laat sy kop moedeloos in sy hande sak, want hy is in Ghana gebore, waar sy ouers ‘n paar jaar gewoon het.  Maar vir my studente is daar net een Afrika, en ek en John kom daarvandaan.

Ek is ‘n musiekjuffrou en gee reeds drie jaar lank in die suide van Engeland onderwys.  As buitelander word mens vinnig gedwing om jouself volgens jou land van herkoms en velkleur te klassifiseer of tipeer.  Op al die duisende aansoekvorms vir werk, council tax, en by die Suid-Afrikaanse tandarts moet ek spesifieke inligting aangaande my herkoms verskaf, byvoorbeeld:  Is ek

A.  Blank             – Engels

                        – Skots

                        – Wallies

                        – Iers

                        – Enige ander blanke agtergrond, of

B.  Swart (nie "nie-blank" of "coloured" nie, swart!), of

C.  Asies, of

D. Sjinees, of

E. Gemengde ras of, helaas, 

F.  Gypsy. 

Ek maak ‘n netjiese merkie by "enige ander blanke agtergrond" en vul "South African" by die oop blokkie in – met gemenge gevoelens, want ek is ‘n Afrikaner, maar meeste Engelse sal dit nie verstaan nie, veral nie die burokrate wat my vorms moet verwerk nie.  Ek het in meeste van die klasse die vraag in my studente se oë gesien, maar hulle is reeds so polities korrek dat niemand durf vra "How come you’re white if you’re from Africa?" nie.

Die inwoners in suid- en suid-westelike Engeland is oor die algemeen beter ingelig en begryp dat Suid-Afrika ‘n ander geskiedenis as meeste ander Afrikastate het.  Mense wat al voorheen met Suid-Afrikaners in kontak was, vra my dikwels uit oor my Engelse aksent wat, volgens hulle, nie soos die Engels uit dié geweste klink nie.  Dan verduidelik ek geduldig dat ek ‘n Afrikaner is, of ‘n boer (uitgespreek "boor" – pun intended!) en dat Afrikaans my moedertaal is.  Soms speel ek duiwels-advokaat en verduidelik verder dat Apartheid deur my mense georkestreer is. Die arme, verbouereerde, Engelsman/vrou se reaksie wissel gewoonlik van ongeloof tot ‘n verleë laggie, en hulle is teen daardie tyd jammer dat hulle gevra het! 

My jong studente is meer spontaan – waarskynlik omdat hulle nie weet of omgee wat Apartheid is nie – en vra gewoonlik dat ek iets, verkieslik ‘n vloekwoord, in Afrikaans moet sê.  ‘n Beleefde "Goeiedag, hoe gaan dit?" word met groot entoesiasme nageboots en ek maak dan asof “dankie” ‘n vloekwoord is.  ‘n Paar kwajongens het summier die ander Suid-Afrikaanse onderwyser in die skool bestorm met verskeie “dankies”, tot sy verbasing.  My hoof was veral trots om my aan vreemdelinge voor te stel met "Our music teacher is from South Africa, she speaks Afrikaan."  Ek het nooit die moed gehad om hom te korrigeer nie, want hy het ten minste probeer!

Afrikaners in Engeland bevind hulle in die tipiese situasie van vreemdelinge.  Soos meeste buitelanders vergader hulle in groepe en woonbuurtes, en Saterdagaande word daar soveel Afrikaans op straat gepraat in Canada Water, Londen, dat jy jou verbeel jy is terug op Tukkies se kampus.  ‘n Opgewonde nuwe aankomeling in Londen het my onlangs, baie in sy noppies, vertel van die plek waar mens – in die einste Canada Water – kan gaan (alkoholvry) sokkie.  Wow!  Hy doen al die moeite om na Engeland te kom, waar hy nuwe dinge kan ervaar, maar verkies om moeiteloos terug in sy gemaklike kulturele dop te kruip.  In Putney is die Zoeloe Bar waar Afrikaanse vermaaklikheidsterre met groot sukses kom optree, en waar die dak gelig word tydens die rugby of krieket se eb en vloed.  Die Chakalaka-restourant word deur ‘n Afrikaanssprekende besit en beheer, en die berugte Springbok bar, in Covent Garden, is onlangs na The Bok Bar herdoop.  Die feit dat hierdie plekke hoofsaaklik deur Afrikaanssprekendes ondersteun word, maak die keuse van name en dekor (etniese motiewe) moeilik om te verstaan.  Is die Zoeloe-kroeg en Xhosa-dekor hier in Engeland ‘n aanduiding van ons Afrikanerherkoms?  Of is almal in Afrika dalk tóg van dieselfde plek, soos my studente duidelik dink? 

‘n Ander groep buitelanders, Somalies-Nederlandse vlugtelinge wat in Engeland woon, het by die skool onder my aandag gekom.  Die wedersydse kommunikasie in Afrikaans en Nederlands het ‘n eiesoortige band en begrip tussen ons geskep.  Op ‘n stadium het die einste “band en begrip” my amper in die moeilikheid laat beland toe ek ‘n vloekende meisie, in ‘n oomblik van ergernis, uitskel:  "Jou klein k*k!".  Haar oë het gerek.  "She called me a little sh*t!  Ik verstaat jouw, ik kom van Nederland!"  Ander kere het ons in die klas groot pret gehad deur in Afrikaans en Nederlands te praat, tot frustrasie van die ander kinders.  Tydens ‘n oueraand kon ek ‘n Somaliese ma in Afrikaans vertel hoe stout haar kinders is, en sy kon op haar beurt in Nederlands vir my vertel van hul moeilike omstandighede. 

Soms wonder ek oor die Engelssprekende Suid-Afrikaners se identiteit – waar hulle nou eintlik regtig tuis voel: as Suid-Afrikaners of as Engelse?  Ek het ten minste ‘n unieke taal om mee te identifiseer – met ‘n eiesoortige kultuur en geskiedenis as basis om die vreemde mee in te vaar.  Ons kom almal goed hier oor die weg, maar ek wonder of hulle nie soms besonder verlore voel nie.  Hoewel ek nou nie eintlik belangstel om op ‘n Saterdagaand te gaan sokkie nie, of op eerstenaamterme met die kroegknapie agter die Zoeloe Bar te wees nie nie, weet ek, ek is ‘n Afrikaner.  ‘n Aanpassing van Sting se liedjie:

"Oh-ho, ek’s ‘n vreemdeling, ‘n totale vreemdeling,

Ek’s ‘n Afrikaner in Lon-den!"

люстрыФильчаков прокурор харьков

Etnisiteit, ras en mag

ImageDis seker ’n gemeenplaas om te sê dat die bepalende faktor in die Suid-Afrikaanse politiek etnisiteit en veral ras is. Die ANC het die begrip “reënboognasie” gemunt, juis om sy naakte rassepolitiek te verdoesel en daarom het dit geen inhoud nie.

Histories het byna alle politieke konflik, mededinging en spanning in die land na gelang van etniese en taalverdelings verloop. Die belangrikste hiervan was natuurlik die Boer-Britstryd. Hoewel buitelandse ontleders die apartheidsproblematiek in rasseterme ontleed het, het ras eintlik eers ná 1994 met die ANC-oorname ’n sterk faktor geword.

Terwyl die ANC hom dikwels beroep op die stelling in sy Vryheidsmanifes, “Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon”, bedoel hy dit nie ernstig nie. Mbeki het al by meer as een geleentheid gesê dat blankes nie as Afrikane en as inheems beskou word nie en daarom net deur die rassemeerderheid verdra word as “setlaars wat (nog) nie vertrek het nie” – om sy beroemde dictum te herhaal.

Enersyds verkeer die ANC-bewind en ’n groot deel van die swart elite, wat ironies genoeg deur apartheid se goeie onderwysstelsels geskep is, onder invloed van die wêreldwye swart nasionalisme wat in die twintigste eeu na vore gekom het. Andersyds word die regime gedwing om weens sy interne etniese verdeeldheid tussen Xhosa, Zoeloe, Tswana, Sotho en die res, naarstig na ’n gemene deler te soek om hierdie mengelmoes van identiteite aanmekaar te hou.

Veral ná 1989 en die ineenstorting van die Berlynse muur, het die groot ideologiese “metaverhale” soos veral kommunisme, hul aantrekkingskrag verloor. In Suid-Afrika was die appèl van kommunisme en ’n werkerskultuur nog nooit sterk nie, behalwe onder Engelse intellektuele wat per defnisie nie self werkers is nie. Hierdie afwesigheid van ideologie dra verder by tot die versterking van die ANC se rasse- en “Afrika”-bewussyn.

Die Afrikaanse perswese, hoewel winsgewend, is vanuit ’n politieke oogpunt beskou vandag die swakste in die geskiedenis. In die blaaie van Rapport, Beeld en Die Burger word geen samehangende ontleding van ons politieke probleme aangebied nie. Trouens, in vele opsigte tree die Afrikaanse koerante as mondstukke vir die regime op deur, net soos die SAUK, aan ons presies te vertel “wat ons moet hoor”. In ’n neutedop: ons moet skuldig voel oor “die verlede”; ons moet verlief neem met rasse- en taaldiskriminasie; die woord “Afrikaner” is taboe en moet deur die onsinnige “Afrikaanse” vervang word.

Bowenal word Nasionale Pers gemotiveer deur ’n soort nuwe Boerehaat: die Afrikaner se nasionale bewussyn, kultuur en identiteit moet vernietig word en vervang word deur ’n “reënboognasiekultuur”. Hy moet Afrikaans praat met Engelse woorde tussenin, liefs met bruines of swartes ondertrou en Mandela eerder as God aanbid. Van die meningsvormers in die Nasperskoerante soos Max du Preez, Deon Maas, Koos Kombuis, Hein Willemse, Jakes Gerwel en ander is openlike Boerehaters wat ons sover moontlik probeer verguis en belaglik maak met as einddoel die vernietiging van die Afrikaner in ’n soort “finale oplossing” waar ons as nasie en as volksgroep in dié land moet verdwyn.

Waarom haat die grootbase van Nasionale Pers, Ton Vosloo en Koos Bekker, wat juis ryk word uit ons, die gewone Afrikaners, ons so? Niemand het nog mooi hieroor gedink nie, maar ons weet dat Nasionale Pers tans onder Engelse en selfs Britse invloed verkeer en die hele Britse en in ’n mindere mate Amerikaanse wêreldbeskouing sy eie gemaak het. Ook word die bestuur van Nasionale Pers geheel en al deur geld gemotiveer. Die feit dat daar vandag Afrikaners is wat weens die ANC se geïnstitusionaliseerde rassisme motors in parkeerruimtes oppas, dat daar van ons kinders is wat honger gaan slaap, dat ons mense op plase en stede uitgemoor word en selfs doodgemartel word, dat ons dikwels in die werkplek verbied word om ons taal te praat, ontlok nie die geringste emosie by die geldbaronne te Heerengracht 40, Kaapstad nie.

In hul verhouding met die ANC-bewind, verteenwoordig hul eie mense, die Afrikaners, merendeels ’n struikelblok en ’n verleentheid vir hulle. Daarom is hulle besig om met die Afrikaner se vyande saam te span om ons eers van alle mag en invloed te stroop en dan by die res van die sogenaamde “Suid-Afrikaanse nasie” te integreer, met geweld as dit moet. Hulle het die boodskap goed verstaan dat die Afrikaner in Suid-Afrika moet verdwyn en het hierdie fanatiese strewe na kultuur- en volksmoord hul eie gemaak.

Terwyl die ANC alles in sy vermoë doen om sy eie ondersteuners op grond van Afrosentrisme en swart rasse-ideologie te mobiliseer, word die boodskap aan die Afrikaner oorgedra dat hy “bloot individu” is en boonop ’n Engelse individu wie se moedertaal geen status meer het of behoort te hê nie.

Soos wat die ANC se interne etniese verdeeldheid styg, sal hy toenemend die klem op swart rassesolidariteit plaas en sal die vinger insgelyks na die Afrikaner gewys word, as “die ander” en die oorsaak van al Suid-Afrika se probleme. Ons is reeds die teiken van etniese geweld deur die ander groepe in die land, ’n situasie wat in die toekoms net kan vererger.

Wie dus die belang van etnisiteit in die Suid-Afrikaanse politiek miskyk, is óf ’n betaalde Britse agent óf ’n propagandis van Naspers, of albei. Die vraag is nou: hoe ontkom ons aan die drukgang na ons eie ondergang waarin ons geplaas is?

In die eerste plaas moet ons veg om ons interne binding en identiteit te behou, dit wat die ANC en sy propaganda-afdeling in die vorm van die SAUK en die Naspers-koerante so graag wil afbreek. Hulle het reeds ’n vername neerlaag gely toe die De la Rey-lied so gewild onder Afrikaners geword het.

Ten tweede, moet ons ook die ANC se swart rassebewussyn teenwerk en poog om alliansies aan te gaan met swart groepe wat nie heeltemal in die anti-wit haat en Boerehaat van die ANC-hoofstroom verval het nie.

Ons eie mense sal egter oorreed moet word om saam te staan, ongeag alle pogings om ons te verdeel en ook die lamsakkige sogenaamde Afrikanerleiers wat in die verlede deel van die Broederbond se baantjies-vir-boetieskultuur was en wat ons nou steeds op ’n dwaalspoor wil hou. Die onvermoë van Afrikanerorganisasies om met mekaar saam te werk, is geen genetiese defek onder ons mense soos daar so dikwels aan ons voorgehou word nie, maar die resultaat van die kleinlike ambisies en ego’s van mense wat nie kan sien dat dit drie minute voor twaalf vir ons volk is nie.

Die Afrikaner kan binne enkele jare weer die land tot almal se voordeel regeer indien hy ’n behoorlike ontleding van die etniese faktor gaan maak. Net die verraaiers in eie geledere weerhou ons daarvan om tot die nodige begrip en optrede te kom.

игрі для дивчатпрокурор Фильчаков

Die Rooivalk se nalatenskap

Image

Die Rooivalk

Die Suid-Afrikaanse Weermag se aanvanklike Angolese suksesse het mettertyd teenstand gekry vanaf die Kubane, veral nadat ‘n Russiese generaal radargebaseerde missiellugafweerstelsels, MIG 23’s, Sukoi 27’s,  vooraanvalmissiele en T72-tenks in die veld gestoot het.

Die Suid Afrikaanse regering se plotselinge Angolese inval sonder voorbereiding het nou gelei tot die ontwikkelling van Krygkor en daaropvolgende verbetering van anti-tenkmissielstelsels, artillerie, kommunikasiestelsels, duikbootprodukte, chemiese optimisering van plofstof en afleweringstelsels.

Deel van hierdie dryf was die Rooivalk wat ten doel gehad het om T72-tenks te vernietig. Maar net soos met die Amerikaanse Vlootsoldate se Osprey V-22 was daar nie ‘n ander bruikbare produk nie, ook nie ‘n organisasie wat so iets vinnig kon produseer nie. Dit het die Regering, die Departement van Verdediging en Krygkor dus genoop om iets van nuuts af te begin, ‘n poging om ‘n projek van die grond af op te bou sonder dat jy weet of jy suksesvol gaan wees. ‘n Trotse poging om Suid Afrikaanse soldate te help, Suid-Afrikaanse magte die voordeel te gee en Suid-Afrika te red van hierdie Russies geleide oorlog.

Om die Rooivalk te begin, moes ‘n sekere tipe werknemer met ‘n spesifieke persoonlikheid verkry word, iemand wat kreatief is, wat nie omgee vir salaris nie, wat verniet oortyd werk en ‘n internasionale houding het. Hulle doel was duidelik: vestig ‘n Suid-Afrikaanse organisasie wat ‘n gevegshelikopter so gou as moontlik kan produseer. 

Fasiliteite is oorgeneem van bestaande Franse helikopters in die SA Lugmag. Kennis is ingewin om helikopters te toets, spesiale materiale is ondersoek, aerodinamiese ondersoeke is gedoen, substelselargitekture is geëvalueer en kannone en vuurpyle is verkry.

Nou ja, wat anders as ‘n vliegtuig wat kon vlieg, wat terselfdertyd die vlieënier veilig hou en baie wapens kon saamdra, het toe die lig gesien. Die probleem was dat daar toe reeds vrede verklaar is; Namibië en Suid-Afrika het, anders as hulle vyande, aggressiewe aksie gestaak. Die Rooivalk was gelukkig te laat.

Die nuwe regering het heelwat geld in Rooivalk belê en Trevor Manual wou iets daarvan terug kry.  Maar anders as wat meeste mense gedink het, was die teiken nooit om Rooivalke te verkoop nie; dit was om die organisasie wat Rooivalk gevestig het te verkoop. Die probleem wat die regering gehad het, was dat niemand ‘n organsasie sal koop nie, veral nie as dit bankrot is nie.

Die organisasie kry toe die opdrag om die Rooivalk in die mark te sit ten spyte daarvan dat dit op sigself miljoene sou kos. Intussen het die beleggings voortgeduur om Rooivalk-substelsels te verbeter en te finaliseer. ‘n Nuwe teen-tenkmissiel is selfs ontwikkel om die persepsie te skep dat hier ‘n werkbare produk is. Die buiteland het hiervoor geval want ten spyte daarvan dat niemand Rooivalke gekoop het nie, is die organisasie se beeld erken.

Omdat geen ander Suid-Afrikaanse maatskappy die Rooivalk kon privatiseer nie, moes ‘n buitelandse firma gesoek word. 

Hierdie firma is nou gevind en as ons gelukkig is, sal ‘n nuwe variant van Rooivalk met ‘n ander naam die lig sien en sal die ou manne en vrouens wat Rooivalk gevestig het, die klein plesier ondervind om vir hulle kleinkinders te wys dat hulle moeite oor meer as twee dekades uiteindelik vir die land tot voordeel was. Dit sal verkry word deurdat 30% van die wins op wêreldwye verkope van die nuwe vliegtuig miljarde kan laat inrol, tot almal se voordeel.

Dit is die nalatenskap van Rooivalk. Almal wat dink dat geld vermors is, was dus verkeerd. Die oorspronklike doelwit is suksesvol behaal en nou sit privatisering net die kersie op die koek.

светодиодные торшерыФильчаков прокурор

Die Afrikaan se intimideerbaarheid

Die oorheersing van een volk oor ’n ander word internasionaal as ’n onaanvaarbare situasie beskou. Internasionale konvensies is duidelik oor die onwenslikheid en selfs onwettigheid van sulke vorme van oorheersing. Die huidige toestand waar die Afrikaner tans deur swartes oorheers word het onder unieke omstandighede tot stand gekom, maar is helaas nie volhoubaar nie.

Die rede vir die onvolhoubaarheid is nie ver te soek nie: die vlakke van kundigheid, opleiding en kulturele verfyndheid by die gemiddelde blanke en Afrikaner is steeds ver bokant die gemiddeld onder swartes. Die enigste rede waarom blankes deur swartes oorheers word, het te make met getalle. Demokrasie soos dit in Suid-Afrika toegepas word, is sinoniem met ’n koppetellery.

Die vraag is of die blote vermoë om jou bevolking uit te brei, ongeag die maatskaplike implikasies in die vorm van armoede, siektes soos vigs, tering en geslagsiektes en onderwysprobleme ’n genoegsame grond verskaf om oor ander te mag heers. Veral die verwysing na geslagsiektes in dié verband mag kras klink, maar die viervoudige toename in swart getalle sedert 1950 het ’n enorme gesondheidstol geëis: in een opname in landelike Kwazulu-Natal is bevind dat 52% van alle vroue wat ’n bepaalde kliniek besoek, ten minste een seksueel oordraagbare siekte gehad het en 18% meer as een. Tot 25% van alle vrugbare vroue in die distrik ly aan so ’n infeksie.

As Afrikaners ken ons die swart kultuur. Ons weet hoe dit van ons kultuur verskil en waar hul swakheid lê. Terwyl swartmense oor ’n dikwels irassionele en kollektivistiese kultuur beskik, beskik blankes  oor ’n meer rasionele en individualistiese kultuur. Terwyl blankes se individualisme politieke mobilisering bemoeilik, is dit ook die einste eienskap wat hulle van die tipe selfvertroue voorsien waaroor swartes nie beskik nie. Dit is hierdie selfvertroue van ons wat hulle vrees en verag.

Weens die Afrikanervolk se pioniersoorsprong is hierdie individualisme besonder sterk ontwikkel (baie soortgelyk aan en dalk selfs sterker as dié van Amerikaners). Individuele prestasie en sukses word nagestreef en hoog aangeskryf. Mense wat oor so ’n begrip van die self en die eie beskik, streef na hoër vlakke van selfverwesenlikking en nie noodwendig na blote demografiese getalsuitbreiding nie. Sulke mense raak maklik gefrustreerd en selfs aggressief as onnatuurlike/onregverdige hindernisse oor hul pad geplaas word. In dié verband verteenwoordig sg. RA, SEB ens ’n bron van toenemende woede onder Afrikaners.

Swartes, daarenteen, wat tot ’n kollektivistiese kultuur behoort, mobiliseer polities maklik. Die zombi-agtige uitdrukkings op ’n toyi-toyi-ende massa se gesigte dui op die ondeurdenkte, spontane en kollektiewe afkskakeling van individuele kognisies. Kollektiewe optrede is hul sterk punt. Op arbeidsgebied is hulle dus baie suksesvol, sowel in die vakbondwese as ander vorme van kollektiewe organisasie.

Deur demografies gefundeerde politieke oormag word wette en regulasies afgedwing wat ontwerp is om onverdiende bevoorregting vir hulself toe te eien. Individuele prestasie en vaardigheid is nie deel van die credo nie, terwyl blote massaoorwig geld. Om hulself egter in bestuursposte te handhaaf, veral as hulle deur gedrewe en produktiewe blankes gekonfronteer word, skep ’n probleem. Die Afrikaan se onbeholpenheid in sulke situasies kan nie deur getalle beredder word nie. In die afwesigheid van die impak van getalsterkte verkrummel selfs die Afrikaan wat ryklik met titels en simbole van skynbare mag versier is by die geringste uitdaging.

Die blanke (vernaam Afrikaners) se vermoë om swartes te intimideer en te oorweldig dui daarop dat nóg die swart bevolking nóg die ANK oor enige noemenswaardige mag beskik. Bo en behalwe die ineenstorting van die veiligheidsmagte het swartes ook nie die sielkundige of kulturele vermoë om ’n magsposisie oor ’n kleiner, meer suksesgedrewe kultuur te handhaaf nie. Om die ANK president se woorde in ’n ander en meer korrekte konteks te plaas, is swart oor wit mag alleenlik ’n “persepsie”.  Dit is slegs waargenome mag wat elke dag aan die blanke bevolking deur die media opgedis word, maar in werklikheid bestaan dit bloot in mense se gedagtes. Dit is ’n illusie wat uitgedink is om blankes te onderwerp.

Die situasie is egter aan die verander. Die toenemde selfversekerdheid van Afrikaners om kultureel, polities en andersins uitgesproke te raak teen die ANK-regime dui daarop dat die illusie van ANK-mag geleidelik besig is om te vervaag. Die blote feit dat hierdie verandering aan die gang is, dui daarop dat die magsentrum besig is om weg te skuif vanaf die ANK-regime na die Afrikanerbevolking.

Dit is die onnatuurlikheid van die oorheersing van die onontwikkelde en getalryke oor die ontwikkelde en getalarme wat besig is om hierdie wanbalans te versteur. Uiteindelik sal die Westerling se opgekropte woede oor die situasie oopbars in ’n katarsis van magsoorname. Dit is juis die Afrikaner se woede wat hom uiteindelik polities sal laat mobiliseer.

Waar moontlik sal swartes hulself op hul getalsterkte beroep om met blankes te kompeteer, terwyl blankes hulself op hul vermoëns, kundigheid en werketiek sal beroep. Swart kollektiewe mag het egter bitter min substansie. Afrikaners is bekend daarmee dat ’n enkele blanke selfs ’n groep swartes in ’n konflik situasie kan oorheers. Dat die ANK en swartes in die algemeen toenemend in die rigting van konflik beweeg, kan afgelei word uit hul aggressie teen Afrikanersimbole soos nou weer op Standerton, name, die Afrikaanse taal, blankes in die Springbokrugbyspan en dergelike meer, maar ook uit geweldsmisdaad wat lankal ’n etniese karakter aangeneem het.

Dikwels leer mens van ’n groep gewapende swart mans wat ’n wit gesin aanval. Wanneer ’n verwoede wit vader die verkragtende en moordende swart groep eensklaps aanval, slaan hulle lafhartig op die vlug. Hulle sal eerder retireer as om die konflik teen die selfversekerde Westerse individu te eskaleer.

Dink ook aan die groepie swart kollegas by die werk wat anti-Westerse snert kwytraak. Sodra jy hulle aanvat spat hulle soos ’n stuk pap wat op die vloer val uitmekaar. Dit is maklik om in groepe braaf te raak. Wanneer die groep egter werklik uitgedaag word, verbrokkel dit. Ek het in die Boland dikwels gesien hoe ’n groep uitdagende en aggressiewe bobbejane vreesbevange die berg uithardloop die oomblik as mens op hulle afpyl. Verstommend, die antropologiese ooreenkoms tussen so ‘ n groepie  astrante boggoms en ’n ANK/Cosatu protesoptog…

Wanneer Afrikane te staan kom teen die kognisies van die Westerling of sy andersins selfversekerde optrede, hardloop hulle insgelyks vir die berge. My mening is dat Afrikane se kollektiewe optrede niks meer as ’n breindooie beswyming is waaruit hulle ewe maklik wakker skrik as wat hulle daarin verval nie.

Vanuit my eie ervaring wil ek ander Afrikaners aanmoedig om op die verskillende lewensterreine waar ons mense bedrywig is, swartes se mag uit te daag en te sien hoe hulle verkrummel. Dit is bevredigend om waar te neem hoe hulle onbeholpe begin struikel en rond strompel wanneer jy hulle ontmasker. Wanneer die fasade van statuur en mag aan skerwe val, word die hopelose onkunde en weerloosheid blootgelê. Die skouspel van arrogansie en grootdoenerigheid word maklik verruil vir ’n pateties kinderagtige kruiperigheid en uiteindelike vlug.  Ek wil beweer dat die engiste rede (behalwe vir goeie propaganda) hoekom die ANK nog die land ‘regeer’, is omdat ’n groepie Indiërs, Engelse, en Afrikaner-meelopers hulle in “beheer” hou. Selfs lg. situasie is egter so pateties dat dit nie enige daadwerklike uitdaging sal kan weerstaan nie.

Myns insiens bevind die regime hom in ’n baie swak posisie omdat hy nie daarin kon slaag om sy mag behoorlik ná die vreemde oorgawe deur De Klerk en Roelf Meyer in 1994 te konsolideer nie. Gegewe sy gestelde totalitêre oogmerke om Suid-
Afrika uiteindelik volledig te verafrikaniseer en die laaste oorblyfsels van blanke of Westerse identiteit (whiteness soos dit genoem word) te vernietig, het hy misluk om die hele ekonomie, media en alle staats- en onderwysstrukture onder sy beheer te bring. Weens die regime se mislukking – anders as byvoorbeeld Mugabe wat suksesvol alle blankes uit sy land verdryf het – glo ek dat ons binnekort ons eie bevryding sal verwesenlik en boonop sonder om ’n enkele skoot te vuur.

авто androidФильчаков Александр Васильевич

Propagandataktieke vir beginners

ImageAs daar een politieke wapen is wat die ANC baie goed bemeester het en waar Afrikaners van kan leer, is dit om propaganda te maak om hul beleid te verdedig. Hierdie standpunt is weliswaar oorvereenvoudig, aangesien ‘n hele klomp bykomstighede die Afrikaner se politieke rug gebreek het, maar daar is ‘n onmiskenbare element van waarheid hierin opgesluit. Die ANC het teen alle verwagtinge in die onmoontlike reggekry, hoofsaaklik omdat hulle ‘n goeie span rojaal befondste propagandiste gehad het en oor die nodige aggressie beskik het om hul idees die wêreld in te dra.

Die vraag verrys: Hoe het ‘n terreurorganisasie dit reggekry om ‘n ideologiese Berlynse Muur in Suid-Afrika op te rig juis in die periode toe sloophamers besig was om dié muur met groot fanfare in Duitsland met die grond gelyk te maak? Die antwoord is: propaganda.

Tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorloë het die Chicago-skool ‘n hele groep navorsers bymekaar geroep om hierdie onderdeel van meningsvorming te ondersoek. Na die Tweede Wêreldoorlog het navorsing oor die krag van propaganda hoogty gevier met die stigting van die Frankfurt-skool en vanweë lukratiewe borge aan verskeie Amerikaanse universiteite wat juis ingestel was om ‘n verklaring te vind vir die gruwel van fascisme in Europa. Die resultate het gewissel van matig tot baie indrukwekkend, waarvan die bekendste sekerlik Stanley Milgram se gehoorsaamheidseksperiment was.

Met hierdie eksperiment is proefpersone geflous deur te glo dat hulle besig was om iemand te martel met pynlike skokke, maar het op aanbeveling van die "deskundige" navorser die skokke bly toedien wat steeds hewiger geword het. Slegs ‘n klein groepie proefpersone het teen die navorser se aandrang ingegaan en die eksperiment vroegtydig gestop omdat hulle die "marteling" nie meer kon aanskou nie (die "geskokte" persoon het heel oortuigend gemaak asof elke skok hom ‘n helse pyn toegedien het). Die oorgrote meerderheid proefpersone het "teen hul beter wete in" die eksperiment tot aan die einde toe voortgesit, omdat die navorser gesê het dat die skokke nie so erg is nie. Die konklusie was verstommend: Dis verbasend maklik om gewone, naïewe mense oor te haal om iemand te martel sodra ‘n gerespekteerde, magtige persoon jou daartoe aansit.

As ‘n mens ‘n ander indrukwekkende bevinding hieraan moet toevoeg, naamlik die konformiteitseksperiment van Solomon Asch, het ons al heelwat vordering gemaak om manipulasie en propaganda te begryp. In Asch se eksperiment is ‘n argelose proefpersoon na ‘n kamer vol ander "proefpersone" gelei en moes hy die lengte van ‘n streep op ‘n bord vergelyk uit ‘n keuse van drie ander strepe. Die proefpersoon was nie bewus dat die ander mense in die kamer deel uitgemaak het van die eksperiment nie. Hulle het gemaak asof streep C dieselfde lengte gehad het as die streep op die bord. Alhoewel die antwoord baie duidelik streep B was, het die meeste proefpersone teen hul beter wete in streep C geantwoord. Hulle het met ander woorde hul feitlike waarneming onderdruk ten gunste van dié van die groep.

Daar is ook nog ‘n derde sielkundige model van oortuiging wat hier van belang is, te wete die “Elaboration Likelihood Model” (ELM) van Richard Petty en John Cacioppo. In hierdie model het die navorsers ontdek dat daar twee weë is waarlangs ‘n mens iemand van ‘n bepaalde standpunt kan oortuig, naamlik ‘n sentrale weg en ‘n periferale weg. Die sentrale weg van oortuiging is net ‘n mooi naam vir die inhoud van die argument. Hoe duidelik is die standpunt, hoe realisties is dit, wat is die alternatiewe, is daar teenstrydighede daarin, ensovoorts. Die periferale weg daarenteen fokus eerder op die persoon wat dit sê se eienskappe en uiterlike kenmerke. Word hy/sy as ‘n deskundige beskou, is daardie persoon aantreklik, het hy ‘n mooi stel tande, lyk hy vriendlik, praat hy/sy mooi? ensovoorts. Sodra die argument wat hierdie persoon lewer van persoonlike belang is by een van sy luisteraars, sal die luisteraar meer geneigd wees om op die sentrale weg van oortuiging te fokus. Maar sodra die argument nie so direk ‘n invloed op die luisteraar het nie, sal hy/sy eerder op die periferale weg fokus, met ander woorde "wie sê dit" in plaas van "wat word gesê".

Met die ELM moet ek onmiddelik dink aan ‘n figuur soos Ronnie Kasrils. Die laaste parlementêre toesprake wat ek van hom gesien het, het hy ‘n vriendelike en beleefde indruk gemaak. ‘n Mens sou nie kon glo dat hy self betrokke was by die foltering van swartes in Quattro, die ANC se goelag in Angola nie, laat staan nog sy strydkreet dat hy blankes wil doodmaak. Dieselfde geld ook vir iemand soos Jeremy Cronin, wat ‘n aangename indruk maak, maar as ‘n mens sy argumente en opstelle lees, wemel dit van swak geformuleerde en onsamehangende standpunte. Hulle moet gebruik maak van hul sjarme om mense te oortuig. Aan inhoud skiet hulle ernstig tekort.

Navorsing het eweneens aangetoon dat dommer mense meer geneig is om duidelik bevooroordeelde propaganda te glo terwyl intelligenter mense beter oortuig word deur ewewigtiger standpunte. Egter, om angs in te boesem is ‘n goeie manier om mense te beheer. Dis ‘n taktiek wat Machiavelli goed beskryf het en nog daagliks deur sluwe heersers gebruik word. Die gevaar is dat hoe minder inhoud ‘n heerser kan gee om sy magswellus goed te praat, hoe meer vul hy die leemte met angs en massahisterie.

Aangesien dit nou twee voor twaalf is vir blankes in Suid-Afrika, is dit van uitermate belang dat aandag bestee word aan die feitelike gebeure van Suid-Afrika se geskiedenis. Die ANC se propagandasiklus moet verbreek word, desnoods deur teenpropaganda te maak. Gelukkig behoort ‘n blote aanhaling van die feitelike gebeure genoeg propaganda ten gunste van blankes te wees. Selfs linkse politici in invloedryke lande is agter die skerms meer ewewigtig as wat ‘n mens dink. Hulle weet dat feite aangespreek moet word en ontkenning op die lang termyn geen nut het nie.

Myns insiens sou ‘n uitstekende redmiddel wees om ‘n internetargief op te stel waarin parlementêre toesprake, biografieë, meningsopnames, sensusse, ensovoorts van die Nasionale Party-bewind en die ANC/SAKP se planne aan almal beskikbaar gestel kan word. ‘n Strategie wat ook kan werk, maar moontlik nie baie aandag sal geniet nie, is om geleerde blankes wat in die buiteland te woon te mobiliseer om met hul eie lande se politici aan tafel te sit en die situasie in Suid-Afrika aan die kaak te stel. Die ANC kan gelukkig geen druk uitoefen op internetwebwerwe of Afrikaners in die buiteland nie. Die internetargief kan desnoods deur ‘n buitelandse universiteit gedra word, hoewel Orania se webwerf se "In diepte"-afdeling ‘n uitstekende versameling informasie bevat.

Bok van Blerk het gewys dat daar nog steeds ‘n stewige solidariteit onder Afrikaners bestaan, sowel in Suid-Afrika as in die buiteland, mits ‘n mens die regte snare raak. Dat een lied die ANC so bedreig laat voel, is ‘n belangrike bewys dat Oom Thabo se imperium eintlik ‘n reus op kleivoete is. Sodra ons bewus raak van hoe propaganda werk, soos wat ek geprobeer het om met bogenoemde eksperimente aan te toon, ons feite aanhaal en onsself as skaflike en innemende mense aanbied, mag ons dalk meer op die wêreldtoneel regkry as wat ons gedink het.  

Ek mag verkeerd wees, maar die middele tot onafhanklikheid lê dalk voor ons neuse. Dis net ‘n kwessie van moed, koördinasie en geleentheid om dit te benut. As Thabo Mbeki kan sê dat Zimbabwe se suiwering van blanke boere onafwendbaar was, wat weerhou ons om aan die beskaafde wêreld te sê dat ‘n onafhanklike volkstaat om dieselde redes onafwendbaar is? Thabo het so pas die geleentheid vir ons gegee. Ons kort nou nog net moed en koördinasie… en ‘n bietjie hulp van buite.

компьютерная диагностика автомобиля оборудование купить украинаtopcargo

Afrikaners moet internet beset

ImageAfrikanerbevryding kan in die kuberruim begin en uiteindelik  na die fisieke territorium van Suid-Afrika oorspoel.

Sedert ek vir die eerste keer aan die einde van 1995 ‘n internetkonneksie verkry het, volg ek die ontwikkeling van dié verskynsel met belangstelling. Nie verniet nie het Jeff Bizos, die stigter van Amazon.com, gesê dat die internet nie net die manier waarop mense sake doen nie, maar ook die politiek gaan verander.

Bizos het die idee vir ‘n internetboekwinkel (maar wat deesdae omtrent enigiets onder die son verkoop) gehad terwyl hy iewers in ‘n motor tussen San Francisco en Seattle op reis was. Met ander woorde, hy het deur werklike grondgebied "geseil" terwyl hy sy revolusionêre idee vir e-handel uitgedink het.

Vele mense is besig om die verband tussen grondgebied in die tradisionele sin en die kuberruim raak te sien. Enkele jare gelede, in November 2000 om presies te wees, het die Franse filosoof Michel Serres op besoek aan Johannesburg beweer dat die internet soortgelyk aan die Middeleeuse woud is. Serres is iemand wat al oor enigiets van Fontaine se fabels tot die wette van termodinamika en kommunikasieteorie geskryf het.

In die Middeleeue was die woud ‘n plek waar geen reëls of wette gegeld het nie. Die embrioniese state van daardie tyd was te swak om nog ongerepte, onbewoonde gebied ook te regeer. Misdadigers en voortvlugtiges soos Robin Hood het hulle na die niemandsland van die woud gewend omdat hulle daar teen die gereg kon wegkruip.

ImageIn die Middeleeuse letterkunde, wat vir ons via Middelnederlands in Afrikaans toeganklik is, was daar ‘n figuur, die sogenaamde homo silvaticus oftewel "woudmens", wat in allerlei verhale en fabels voorkom. Hy was ‘n wilde mens wat hom nie by die reëls van die beskawing gehou het nie.

Tot onlangs was die internet, of dan die kuberruim soos dit ook genoem word, aan weinig regeringsinvloed onderworpe en was Michel Serres se vergelyking dus juis. Soos wat die kuberruim egter in omvang toegeneem het, het regerings en selfs internasionale instansies begin poog om die elektroniese woud deur wetgewing en regulering onder hul invloed te bring.

Hier by ons het die ANC ‘n Orwelliaanse kommunikasiewet ingestel wat elke diensverskaffer verplig om namens die staat inligting oor elke internetgebruiker in te samel. Intelligensiedienste het wêreldwyd begin om programmatuur te ontwikkel of aan te koop waarmee hulle kommunikasie deur verdagte groepe of mense kan monitor.

Maar die internet verteenwoordig nie bloot ‘n kommunikasiemiddel nie. Op sigself is dit ook ruimte en gebied wat deur state en hul inwoners beset word. ‘n Taal wat vandag nie ruimskoots op die internet verteenwoordig is nie, bestaan in ‘n sekere sin nie.

Belangriker nog is die volgende: die internet skep identiteite en voeg mense saam of verdeel hulle, ongeag geografiese afstande. Duisende Afrikaners in die buiteland neem elke dag aan kubergesprekke deel en is in ‘n sekere sin in ons land teenwoordig omdat hulle net sowel in die huis of kantoor langsaan kon gesit het.

Die internet globaliseer ons deur inligting vrylik tussen lande te laat vloei. Maar soos ons in Wes-Europa met die afskaffing van fisieke grense tussen lande gesien het, verval nasionale identiteite en kom streeksidentiteite na vore. Pleks van geografiese grense, het ons deesdae in Europa taalgrense. Die Dietse taalgebied van waar Afrikaans afkomstig is, bestaan deesdae uit ‘n aaneelopende area wat Nederland, Vlaandere en die westelike grensgebiede van Duitsland waar Platduits gepraat word, insluit.

In ‘n groot mate geld dieselfde in die kuberruim: taal verteenwoordig die nuwe grens tussen mense. Maar die kuberruim is ook onderhewig aan geweldige mededinging; ‘n soort taaloorlog woed daarbinne, soortgelyk aan die territoriale oorloë van die Middeleeue. Vandaar dus die gedagte dat die kuberruim in ons tyd beset word en dat state, multinasionale maatskappye en etniese en taalgroepe vir Lebensraum met mekaar meeding.

Daar is ook ‘n bepaalde verhouding tussen fisieke grondbesetting en invloed in die kuberruim. Tot dusver het state sekere aansprake op die kuberruim gemaak, al is dit net deur die sogenaamde domeinsuffikse soos "uk", "fr", "de" of "za" wat ‘n "nasionale adres" verteenwoordig. Hierdie letters wat heel aan die einde van ‘n internetadres verskyn, word "boonstevlakdomeinname" genoem en word deur die Internasionale Standaarde-organisasie beheer.

Tot dusver het fisieke state hul mag gebruik om die kuberruim te beset, maar is die teenoorgestelde moontlik, m.a.w., sou ‘n sterk georganiseerde kubergroep in staat wees om grondgebied te bekom?

In 1994 het Afrikaners vir alle praktiese doeleindes ‘n staatlose volk geword. Oor die afgelope aantal jare het die gedagte van ‘n "kuberstaat" of "virtuele volkstaat" in politieke gesprekke begin opduik. Die mees onlangse voorbeeld waaroor daar in die pers berig is, was prof. Marinus Wiechers se uitspraak op Orania toe hy ‘n pleidooi vir ‘n "virtuele Afrikanerregering" gelewer het.

Wiechers is ‘n oud-professor in staat- en volkereg aan UNISA. Volgens hom is "die gedagte dat Afrikanergemeenskappe hier en selfs oorsee hul in die kuberruim kan organiseer tot ‘n ‘virtuele regering’ om die Afrikaanse kultuur- en taalerfenisse te bewaar en Afrikanerbelange te bevorder… dus nie vergesog nie.

"Vir só ‘n virtuele regering kan al die belanghebbende partye en instellings ‘n grondwet opstel, kan op ‘n vrywillige grondslag lidmaatskap en aanhorigheid gewerf word, ‘kieserregistrasie’ onderneem word, partypolitieke aktiwiteite georganiseer word, verkiesings gehou word, virtuele regeringsinstellings, soos ‘n parlement en uitvoerende organe, verkies word, begrotings aangeneem en ‘belastings’ onder aanhoriges gehef word."

Wiechers se voorstel word egter in ‘n konserwatiewe gees aangebied, "konserwatief" met betrekking tot die bestaande Suid-Afrikaanse orde. So ‘n "virtuele regering om Afrikaner-gemeenskappe saam te snoer (kan) inderdaad ‘n kragtige ‘staat binne ‘n staat’ word om Afrikaanse kultuur- en taalerfenisse te bewaar en te bevorder. Dit hoef glad nie die bestaande staatsorde te bedreig nie." Aldus Marinus Wiechers.

Teenoor Marinus Wiechers se konserwatiewe visie van ‘n Afrikanervolk wat hom virtueel organiseer om die las van oorheersing te versag, staan die meer radikale idee van Afrikanerbevryding wat in die kuberruim kan begin en uiteindelik  na die fisieke territorium van Suid-Afrika mag oorspoel.

Ná alles sou ‘n Afrikanervolk wat hom in die kuberruim naas ander nasies met eie grondgebied soos die Dene, Tsjegge, Nieu-Seelanders of wie ook al handhaaf, ‘n onmiskenbare nasionale werklikheid verteenwoordig wat toenemend internasionale erkenning van ander state behoort te geniet.

Moderne nasies is die gevolg van die Franse revolusie en die Duitse romantiek wat gedurende die negentiende eeu ‘n vlaag nasionalismes regoor Europa ontketen het, iets wat in die twintigste eeu ‘n wêreldwye beweging geword het. State en "staatsapparaat" (om nou ‘n term van die Franse neo-Marxis, Louis Althusser, te gebruik) in die vorm van veral skole en verpligte onderwys is gebruik om nasionale identiteite te vestig.

Deur sy beheer van ons skole, poog die ANC-bewind om dié negentiende-eeuse spel voort te sit en sy Suid-Afrikanisme ten koste van Afrikaansheid te vestig. In die toekoms sal die internet waarskynlik meer identiteitsvormend as die tradisionele skool optree.

Dit is daarom van die uiterste belang dat Afrikaners vir hulle ‘n gebied in die kuberruim moet afbaken. Ten dele is dié proses reeds aan die gang, maar dit moet versnel en verhewig word. Die totale Afrikanergeskiedenis, -kultuur, en -letterkunde behoort vrylik op die internet beskikbaar te wees.

Een manier op dit reg te kry, sou wees om die Afrikaanse weergawe van die sogenaamde Wikipedia uit te bou. Laasgenoemde is ‘n gratis aanlyn-ensiklopedie wat deur vrywillige samewerking in elkeen van die vernaamste tale ter wêreld tot stand gekom het. Tans verkeer die Afrikaanse Wikepedia in die 46ste posisie wat die aantal gepubliseerde artikels daarin betref, dus nie baie hoog op die lys nie. Myns insiens behoort alle bestaande Afrikaanse kultuurorganisasies en akademici saam te werk om so ‘n Afrikaanse ensiklopedie tot een van die grootstes op die internet uit te bou. Afrikaans kan maklik een van die top twintig Wikipediatale, naas Engels, Duits, Frans, Spaans, ens. word. Afrikaanse boeke waarop daar nie meer kopiereg bestaan nie, behoort ook stelselmatig op die internet opgelaai te word.

In die Amerikaanse sakejargon word daar gepraat van ‘n maatskappy se "voetspoor" (footprint) in ‘n land of in ‘n mark. Hoe groter die Afrikaner se voetspoor in die kuberruim, hoe groter ons kans op oorlewing en op uiteindelike vryheid.

купить тамбов монтировкиалександр лобановский харьков класс

Antjie Krog se “surrogaatvader” is Lord Kitchener

ImageAntjie Krog se jongste uitlatings oor Bok van Blerk se “De la Rey”-lied in die Mail & Guardian toon net weereens in watter mate sy die werklikheid agtergelaat het. Die feit dat sy eens op ’n tyd voorgegee het om ’n Afrikaanse digteres te wees, maar nou ’n anti-Afrikanerpropagandis geword het, kwalifiseer haar geensins om namens ons te praat of maak dat haar ekstremistiese sienings ernstig opgeneem kan word nie.

Om “De la Rey” te sien as ’n teken van die identiteitsoeke deur “kinders van Nazi’s” is belaglik.

Die gedagte dat rassesegregasie (wat ook in die VSA en in al die Britse kolonies in Afrika bestaan het) aan Nazisme of volksmoord gelykgestel kan word, is absurd. Die meeste Afrikaners voel geensins “skuldig oor die verlede” nie. Vele van hulle was onderwysers, lektore, verpleegsters en maatskaplike werksters in die sogenaamde apartheidtyd en beskik daarom oor eerstehandse kennis oor die ou stelsel wat nie op volksmoord gemik was nie, maar op opheffing.

Afrikaners sou die Engelse met Nazi’s vergelyk as gevolg van hul konsentrasiekampbeleid honderd jaar gelede, eerder as hulself. Ook oorreed hul huidige ervaring van plaasmoorde, diskriminasie op grond van taal en ras, naamsveranderings, ensovoort, hulle daarvan dat die ANC-bewind veel nader aan die tradisie van twintigste-eeuse totalitarisme verkeer, soos deur Hitler of Stalin voorgestel, as wat hulle ooit was. Kyk maar net na Mbeki se min of meer openlike steun vir die berugte diktator, Mugabe.

Antjie Krog behoort dit in haar kop te kry dat Verwoerd skole en huise vir swartmense gebou het toe hy nog minister van Bantoesake in die vyftigerjare was; hy het hulle nie vergas, hulle na kampe in Siberië gestuur of massamoord op hulle gepleeg en hulle in massagrafte laat begrawe nie.

Krog hou haar lyf populêre sielkundige deur te beweer dat die jong geslag Afrikaners ’n “surrogaatvader” in De la Rey sien, juis omdat hulle nie met hul eie “Nazi”-vaders kan identifiseer nie. Indien daar enige popsielkunde hierin te lees is, is Antjie Krog se “surrogaatvader” Lord Horatio Herbert Kitchener.

Die gewildheid van “De la Rey” spreek van die versterking van die Afrikaneridentiteit en die wil om weerstand te bied teen die tweede etniese suiwering en verdrywing van die Afrikaner uit Suid-Afrika. Die interessante vraag is watter vorm die Afrikanerstryd teen sy huidige oorheersing wat as openlik en ekstreem gesien kan word, gaan aanneem.

arabian knights gameлобановский политик

Van transformanie tot Afrikanervryheid?

ImageVóór 1994 het Suid-Afrika ’n “naturellevraagstuk” gehad. Smuts het gepraat van die “sfinksagtige probleem van swart politieke regte”. Sedert FW de Klerk se holderstebolderoorgawe aan die radikale buitelandse vleuel van die ANC en SAKP het Suid-Afrika ’n nuwe probleem: die Afrikanervraagstuk.

Soos die vorige probleem, gaan dié een ook nie maklik verdwyn nie. Oor die afgelope weke het die meeste koerante, radiostasies en selfs ons streng beheerde private en openbare televisiekanale die Afrikanervraagstuk onder die loep geneem.

Daar is selfs tekens dat die almagtige ANC-bewind besig is om terug te krabbel sover dit kulturele en taalkundige transformanie betref. Verlede jaar het Mbeki in die parlement gevra dat die naamsveranderings van Pretoria, Potchefstroom en Lydenburg heroorweeg moet word, ’n pleidooi wat egter op dowe ore geval het as mens die meer onlangse uitsprake van kultuurminister Pallo Jordan in ag neem.

Om die identiteit van Suid-Afrika te verander van ’n voorheen Westerse, Afrikaner-oorheersde staat na ’n “swart republiek” soos Mbeki dit graag noem, het nog altyd hoë prioriteit by die regime geniet. Die ANC geniet ’n sewentigpersentmeerderheid by die stembus. Waarom steur hy hom dan hoegenaamd aan Afrikanerontevredenheid?

Oor die afgelope ses jaar, sedert die publikasie van Chris Louw se “Boetman”-brief, heers daar ’n intense en soms venynige debat onder Afrikaners oor hul toekoms. In die aanvanklike stadium is dit gesien as ’n vermaaklike vorm van stoomafblaas te midde van die slegte nuus oor taaldiskriminasie, grondhervorming, die selfverryking van SEB, naamsveranderings, onbeteuelde misdaad en ’n Springbokrugbyspan wat verloor.

Op ’n manier was die millenniumwisseling ons Praagse lente, toe die ystergreep van die Broederbond en Nasionale Pers (daardie mees anti-nasionale maatskappy) op die Afrikaanse openbare mening verslap is. Skielik het dit gevoel asof ons terug verplaas is na die twintiger- en dertigerjare toe skrywers, musici en dramaturge almal aan die politiek sonder vrees vir teregwysing of uitsluiting kon deelneem. In die sedertdien beroemde frase, was “Boetman die bliksem in” en kon hy vrye teuels gee aan kritiek teen gesagsfigure soos FW de Klerk en sy broer Willem.

Soos wat die beweging momentum verkry het en gedreig het om meer georganiseerd te raak met aksiegroepe en volgehoue protes teen die huidige orde, het die oorblyfsels van die ou Broederbond en Nasionale Party met atavistiese onverdraagsaamheid en sensuur teen ons gereageer. Die begin van kritiese denke en demokratiese debat in die Afrikaanse pers is gesmoor en vervang met die eindelose verheerliking van die Suid-Afrikaanse grondwet en die vervanging van die Calvinistiese geloof in God met die Madiba-kultus. Mandela was die nuwe god wat aan ons voorgehou is en wat veral ons gehoorsaamheid vereis.

Soos die Chinese Kommunistiese party ontdek het, is politieke sensuur egter onmoontlik in die internettyd. Die Afrikanerversetsbeweging het daarom ondergronds beweeg en kommunikeer tans op webwerwe en kletsforums. Gereelde vergaderings van bekommerde boere wat grondhervorming en gewelddadige aanvalle afwag, asook byeenkomste van kultuuraktiviste vind regoor die land plaas, maar die hoofstroompers berig nie daaroor nie, uit vrees dat die beweging sterker sou word en sodoende aan die beheer van die onderdanige Afrikaner-elite by Naspers, Sanlam en die universiteite sou ontkom.

Solank as wat Afrikaans gepraat word en die Afrikanergeskiedenis aan ’n volgende geslag oorgedra word, sal die probleem van die ongewenste “blanke stam” voortduur. Die meeste regeringsgeboue wat tans deur die ANC beset word, is ná alles deur Afrikanerargitekte ontwerp en deur die blanke belastingbetaler betaal. In die beroemde woorde van die Franse skrywer Jean Raspail wat ’n pessimistiese roman oor Westerse ondergang geskryf het, tree die Xhosa- en Indiërleiers, wat deesdae die rituele van regering in ons eertydse geboue beoefen, soos “hermietkrappe” op: hulle bewoon skulpe wat deur ander wesens agtergelaat is.

Op die oog af is die ANC se assimilasiebeleid besig om te faal. Afrikaans is uniek onder tale, juis omdat dit uitwissing deur moderne Engels weerstaan het – teenoor Wallies, Iers, Skots en vele ander Europese tale wat nie eens meer hul eie tegniese woordeskat het nie. Nie net is die “wondertaal” tans weereens besig om een van daardie ongelooflike oorlewingskunsies uit te voer en nuwe markte in die aangesig van globalisering en amptelike taalverdrukking te verower nie, maar die Afrikaneridentiteit kom veel taaier as die amptelike Suid-Afrikanisme voor.

Ongeag die demografie, kan ’n verenigde Afrikanervolk steeds met die verdeelde en koerslose ANC meeding as dit by beheer van die staat kom, ’n staat wat vele van ons mense steeds as hulle s’n beskou. Ons het dit immers geskep en betaal. Die rede waarom lede van die Afrikaner-establishment tans met vrees vervul is, is omdat hulle begin besef dat daar geen “einde van die geskiedenis”, om nou Fukuyama se uitdrukking te gebruik, in 1994 was nie. Die spel sal voortgaan totdat Afrikaners almal na Australië verdryf  is in ’n totale transformasie van die Mugabe-tipe of totdat ons by ’n politieke oplossing uitgekom het wat die Afrikaner se huidige oorheersing tersyde sal stel.

Net soos G.D. Scholtz in die vroeë sestigerjare geskryf het, sal Suid-Afrika se lot altyd van buite haar grense bepaal word. Die ANC is meteens aan bewind geplaas op die rug van die radikale Westerse bewegings van die 1960’s en 1970’s. Tans vind ’n swaai na regs in die openbare mening plaas, sowel in Europa as in die VSA. Die invloedryke Amerikaanse konserwatiewe skrywer, Pat Buchanan, het verlede jaar ’n boek gepubliseer waarin hy die reg van blanke Amerikaners om beheer van hul staat te behou, verdedig.

Buchanan skryf: “Ons voorouers is nie deur skuldgevoelens verlam nie. Hulle het vertroue in hul kultuur en beskawing gehad; hulle was oortuig van hul eie meerderwaardigheid teenoor diegene wat Kipling ‘die mindere rasse sonder ’n regstelsel’ genoem het.” Sulke woorde moet die menseregtebrigade laat verstik van woede, maar dis hoe die wind waai onder ’n toenemende aantal Westerlinge. In Frankryk het opnames oor die afgelope twee jaar bevind dat een uit elke drie Franse hom- of haarself as ’n “rassis” beskou; dít in weerwil van volgehoue mediaveldtogte teen rassisme wat as die euwel der euwels voorgehou word.

Veral na die Deense spotprentskandaal, het dit in ’n tradisioneel liberale land soos Denemarke aanvaarbaar geword om Islam te kritiseer, iets wat tot onlangs as kenmerkende gedrag van verregses beskou is. Ook in Frankryk, daardie vesting van sosialisme en politieke korrektheid, het steun vir Jean-Marie Le Pen se Front National ongekende hoogtes bereik, in reaksie op Moslem- en swart onluste.

As hierdie nuutgevonde Westerse selfvertroue eers van oorsee af in ons rigting begin waai net soos wat blanke skuld eens hierheen gekom het, gaan dit aardskuddende veranderings in Suid-Afrika teweeg bring. Binnekort mag die ANC met brute mag oor ’n toenemend opstandige Afrikanervolk heers, met sy vervalle weermag en Vigs-besmette soldate wat die orde in die voorstede van Pretoria-oos of Bellville moet handhaaf.

Stel jou voor dat Pat Buchanan president van Amerika word of dat Europa se regse partye van die huidige 20% steun tot 50% groei. Dit gaan ’n ander wêreld wees as die polities korrekte waaraan ons gewoond geraak het sedert Bill Clinton in die sestigerjare dagga gerook, “maar nie ingeasem het nie”.

интернет магазин насосовДанильченко Юрий Брониславович компромат