VF Plus veroordeel rasaanval op Tuks

Die VF Plus het die ontwrigting van die Studenteraadsverkiesing op die Tuks-kampus vandag deur die Students Forum skerp veroordeel.

“Die Students Forum wat saamgestel is uit lede van PASMA, SASCO, Die Jong Kommuniste Liga en die ANC het vandag alle perke oorskry,” sê mnr. Jaco Mulder, LPW en VF Plus Leier in Gauteng. “Die Studenteraadsverkiesing word reeds vir meer as 10 jaar deur die VF Plus oorheers. Die ondemokratiese optrede van die Students Forum vandag wys op die totale politieke onvolwassenheid van die groep. Dit laat die rooi ligte flikker vir die toekoms van demokrasie in Suid-Afrika indien die komponent van die jeug hulself soos barbare gedra.”

Die VF Plus volg die weg van vreedsame demokrasie en ondersteun die aksies van die VF Plus-gesinde kandidate.

Die rasgedrewe aanval op die Kampus vandag waar vandalisme en aanrandings aan die orde van die dag was, word met minagting deur die VF Plus verwerp.

Die VF Plus eis dringende optrede deur die Universiteitsowerhede en die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Mnr. Charl Oberholzer, VF Plus-jeugleier op die Kampus, is ook in die proses aangerand en oorweeg kriminele klagtes teen lede van die Students Forum.

белое сухое вино ценаАлександр Фильчаков прокурор

Regter Kriegler leer op die harde manier

Image

In enige beskaafde land sou “regter” John Hlope se loopbaan lankal verby gewees het. Hlope se optrede lei tot die slotsom dat hy op geen manier bevoeg is om ‘n regter te wees nie.

• Hy het korrupsie gepleeg deur geld van ‘n party in ‘n hofsaak, Oasis, te aanvaar. Wiens brood men eet…

• Hy het op verskeie geleenthede rassistiese aanmerkings teenoor blankes gemaak. Ek wonder hoe lank enige blanke regter wat soortgelyke opmerkings teenoor swart regters gemaak het, sy pos sou behou?

• Hlope het probeer om mede-regters ten gunste van Jacob Zuma te beïnvloed.

Nietemin is Hlope op skokkende wyse deur die Regterlike Dienskommissie (RDK) kwytgeskeld, sonder dat die aanklagte teen Hlope eens behoorlik ondersoek is. Die ANC regime het blatant by die RDK se werksaamhede ingemeng, en sodoende enige oorblywende vertroue wat blankes nog teenoor die regbank kon koester, vernietig. Om dit prontuit te stel: watter moontlike hoop het ‘n blanke op ‘n regverdige verhoor wat deur die rassistiese “regter” Hlope aangehoor word?

Daar is helaas nie veel in bostaande wat enige piesangrepubliek-realis sou verbaas nie. Dit is so duidelik soos daglig dat rassistiese transformasie en die etniese reiniging van blankes uit hul poste en enige posisies van invloed in die sogenaamde reënboognasie, ook blanke regters, die hoogste voorrang in Mzansi geniet. Bekwaamheid vir die pos en eerlikheid beklee ‘n verre tweede plek in die vreemde wêreld van transformasie. Was daar iewers op aarde sedert Nazi Duitsland ‘n ideologie wat so blatant teen ‘n spesifieke minderheid diskrimineer as die ANC regime se allesoorheersende beheptheid met rassetransformasie?

Ongelukkig is daar steeds diegene in liberale, blanke geledere wat hulle eenvoudig wil blind hou vir die ware aard van die Azaniese samelewing. Een van hierdie naïewes was regter Johan Kriegler. Hy het sekerlik oor die afgelope paar dae tot heel ander insigte gekom. Regter Kriegler is die voorsitter van die organisasie Freedom Under Law (FUL) asook ‘n vorige voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Duidelik geskok deur die ANC se blatante manipulasie van die RDK ten gunste van die korrupte rassis Hlope, het Kriegler ‘n hofsaak teen die RDK aanhangig gemaak, wat die RDK wil dwing om die saak teen Hlope behoorlik te ondersoek.

Regter Kriegler het waarskynlik gedink dat die swart lede van FUL hom in hierdie saak sou steun, maar dit was ‘n groot mistasting aan sy kant. Regter Kriegler het op die harde manier geleer dat rassesolidariteit allesoorheersend in die swart psige is. Swart lede van FUL het bedank, onder hulle Cyril Ramaphosa, adv Dumisa Ntsebeza en adv Kgomotso Moroka.

Weer eens: Hlope is ‘n korrupte rassis, iemand wat nie eens ‘n bode vir die hof hoort te wees nie. Daardie aantoonbare feit het egter geen punte by Ntsebeza, Moroka en Ramaphosa getel nie. Soos hulle is Hlope swart, en daardie eenvoudige feit kanselleer al Hlope se fatale tekortkominge in hulle verwronge denkraamwerke.

Blankes, en ook liberale blankes, behoort hierdie les ter harte te neem. Daar is nimmereindige propaganda wat ten doel het om blankes te oortuig dat rassesamehorigheid onder blankes ‘n skande sou wees. Blankes word bykans gedwing om hoog en laag te sweer hoe kleurblind ons sou wees. Swartes is egter nie onderhewig hieraan nie. Sodra een van hulle, maak nie saak wie of hoe korrup die persoon is nie, aangekla word, staan hulle eendragtig op ‘n rassegrondslag saam teen die klaers.

Dit is hoog tyd vir blankes om ook onder alle omstandighede namens ons eie ras te begin optree. Nie-rassigheid is ‘n grap en wensdenkery, iets wat slegs vir blankes geld. Hoe gouer ons daardie les leer en ook begin om primêr in ons eie ras se belang op te tree, hoe beter vir ons langtermyn oorlewing.

Anton Barnard skryf ook op sy woernaal SAmizdat. Besoek dit gerus.

диагностическое оборудование для стоданильченко юрий брониславович прокурор

Black Man’s Wheels en die Mercedes-Benz SEB-klas

Image

By al die absurditeite wat hierdie droewe land tans teister, is daar Cosatu se jongste betigtiging van ministers met uitspattige voertuie. Asof "demonokrasie" van die Afrikatipe nie juis rondom 'n keiserlike lewenstyl vir politici in bankrot lande draai nie.

Sonder Mercedes- en BMW-handelaars, asook hotelgroepe wat vyfsterhotelle regoor die vasteland bedryf, sou demonokrasie nie kon bestaan nie. As 'n "leier van die mense" nie in sy swart Duitse voertuig, tesame met 'n gevolg van flitsende blou ligte en loeiende sirenes die ander motoriste van die pad kon afdwing op pad na 'n konferensie in 'n vyfsterhotel nie, sou niemand kon glo dat regering in Afrika bestaan nie.

Suid-Afrika is geen uitsondering nie, behalwe dat die staat nog nie so bankrot is soos dié in Zimbabwe of Swaziland wat op buitelandse hulp moet staatmaak om aankope van Duitse weeldemotors te finansier nie. Gegewe die standaard van "maagpolitiek" elders op ons vasteland, is Blade Nzimande se 1,1-miljoenrand-BMW-750i eintlik "beskeie". Indien dit koeëlvas gemaak was en met 'n paar missiellanseerders toegerus was om lede van die gepeupel wat dit te naby daaraan waag met die druk van 'n knoppie weg te blaas, sou mens dalk kon praat van "oorbesteding".

Eintlik stel die ANC-regering 'n goeie voorbeeld, veral vir daardie kleiner munisipaliteite waar burgemeesters gereeld 'n aansienlike deel van die jaarlikse begroting op 'n luuksemotor uitgee. Indien so 'n munisipaliteit agterna nie 'n broodnodige rioolpomp kan bekostig of die vullis nie verwyder word nie, wel, wat maak dit alles uiteindelik saak? Solank hierdie noodsaaklike simbole van demonokrasie wat uit Beiere of Stuttgart stam, vertoon kan word, loop alles mos klopdisselboom.

Die setel van demonokrasie is uiteindelik nie die parlement, waar 400 ander etende, besturende, reisende en konsumerende parasiete saamgetrek is nie, maar die Mercedes- of BMW-handelaar, tesame met die vyfsterhotel. Dis hier waar die wese van regering hom voltrek. "Regering", waarsonder ons in hierdie land baie goed sou kon klaarkom, bestaan uit die besteding van die belastingbetaler se fondse op onnodige goedere wat die inherente minderwaardigheidsgevoel van Afro-politici moet besweer. Geen katedraal in die oerwoud en geen blink, swart, Duitse motor kan ooit te duur wees om Afrika se gekrenkte waardigheid tot aan die uitspansel te verhef nie.

Waarskynlik is Cosatu ook nie ernstig met sy uitlatings oor ministeriële ampsmotors nie. Dit getuig van een of ander Protestantse of Calvinistiese skuldgevoel oor staatsbesteding. Verwoerd was blykbaar bekommerd oor "wat die volk sou sê" toe daar by Libertas 'n swembad geïnstalleer is.

Hiermee het Verwoerd sy verknogtheid aan die "apartheidsreëlboek" getoon.

Hoe ver het Suid-Afrika sedertdien nie gevorder in sy "bevryding" van alle blanke kleinsieligheid in dié verband en die regeerstyl ten noorde van die Limpopo omhels nie?

Anders as wat Cosatu dink, het die ANC lankal reeds die "apartheidsreëlboek" saam met Afrikaanse skole, skoon water en werkende staatshospitale tot "die asblik van die geskiedenis" verdoem en is ons bevoorreg om aan die skitterende leierskap van BMW- en Mercedes-entoesiaste blootgestel te word.

Dis hoog tyd dat ons wonderlike media ons gemotoriseerde regering 'n bietjie meer ophemel. Sommige motormaatskappye sal seker nie omgee om bykomende advertensies by sulke berigte op te neem nie.

Lank lewe die Black Man's Wheels! Lank lewe die Mercedes-Benz SEB-klas! In hul Hitleriaanse en nasionaal-sosialistiese praal.

детская одежда иОлександр Фільчаков прокурор

Polisielid in sy voertuig gekaap

‘n Polisieman van die Oos-Kaap is Maandag in sy duur polisievoertuig gekaap, het die polisie gesê.

Die man was nie in uniform nie, maar was in die polisievoertuig onderweg toe die voorval rondom 6:30 Maandagoggend in Mthatha in die Oos-Kaap plaasgevind het.

Die polisieman se identiteitsdokument, bankkaarte en selfoon is deur die verdagtes gesteel en hulle het in sy polisievoertuig van die toneel gevlug.

“Die owerhede is in kennis gestel en die verdagtes is ‘n entjie verder voorgekeer”, het supt. Mzukisi Fatyela gesê.

Twee mans is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. Die polisieman se besittings is aan hom terugbesorg.

 

акцентное освещение магазиновлобановский александр игоревич класс

Amerikaanse soldate storm hospitaal binne

'n Sweedse liefdadigheidsorganisasie het Amerikaanse troepe Maandag daarvan beskuldig dat hulle deur 'n hospitaal in Afghanistan gestorm het, deure afgebreek het en personeel vasgebind het op soek na militante. Die Amerikaanse weermag sê hulle gaan die saak ondersoek.

Die aanklag dat die Amerikaners neutrale gebied oortree het kom 'n week nadat die VSA daarvan beskuldig is dat hulle burgerlikes in 'n lugaanval gedood het. 'n Afghaanse regtegroep sê die aanval op twee gekaapte brandstofvervoertenks het die lewens van 70 burgerlikes in die Kunduzprovinsie geëis.

Burgerlike ongevalle en opdringerige soektogte het die bevolking van Afghanistan ná byna agt jaar van die Amerikaansgeleide inval, teen die VSA gedraai.

Buitelandse magte probeer om die mense te oorreed om die Afghaanse parlement – wat te midde van stemkopery-aanklagte nog nie gevorm is nie – te ondersteun na verlede maand se verkiesing.

Die Sweedse Komittee vir Afghanistan sê die VSA se 10de Bergdivisie het die hospitaal binnegestorm sonder toestemming om insurgente te soek in Wardak, suidwes van Kaboel.

Anders Fange, direkteur, sê dit is onaanvaarbaar.

Die soldate het Woensdagnag laat binnegedring, deure afgeskop en vier hospitaalwerkers vasgebind asook twee familielede van pasiënte. Hulle het glo ook pasiënte uit hul beddens gegooi gedurende die soektog.

Toe hulle twee ure later vertrek het, het hulle die hospitaal gebied om die koalisiemagte in te lig oor enige gewonde militante wat opgeneem mag word en gesê die weermag sal besluit of hulle behandel moet word, aldan nie, volgens Fange.

Die personeel het geweier want dit kan die hospitaal 'n teiken maak en 'n risiko vir die peroneel inhou.

Die liefdadigheidsorganisasie sê dit is teen die ooreenkoms wat liefdadigheidsorganisasies met NAVO aangegaan het.

Die VSA het by monde van 'n woordvoerder gesê sulke insidente is raar maar hulle neem dit ernstig op en sal dit ondersoek.

Image

Die sterwende seesoldaat

Intussen het die nuusagentskap AP kritiek ontvang vir die vrystelling van 'n foto van 'n sterwende seesoldaat in Afghanistan.

Onderkorporaal Joshua 'Bernie' Bernard, 21, is afgeneem waar hy sterwend in die modder lê nadat 'n vuurpylgelanseerde granaat sy een been afgeskiet het, terwyl sy twee makkers tevergeefs probeer om hom te red.

Hy en sy makkers het in 'n Talibanlokval ingeloop in die dorpie Dahaneh, in die Helmandprovinsie in Afghanistan.

Bernard was van New Portland, Maine en is die negetiende ongeval wat in Augustus vir die VSA geregistreer is te midde van stygende geweld en dodetalle in die konflik.

Robert Gates, die Amerikaanse minister van verdediging, het die besluit van AP om die grafiese foto te publiseer, skerp gekritiseer

Gates sê die besluit om die foto openbaar te maak is 'n ongeëwenaarde stap ná die beheerstheid van die media wat ná 2001 geheers het.

Die fotograaf, 'n vrou, Julie Jacobson, is egter deur verskillende koerante geloof vir haar foto en verskeie is die mening aangedaan dat die publiek net die syfers sien en nooit die gesigte van die soldate wat sneuwel nie en het eweneens die foto rugbaar gemaak.

online free casino games slotsтопкарго кидалы

Ry bietjie minder luuks, vra Cosatu

Image

Black Man’s Wheels of vlagskip vir kommunistiese leiers?

Die Kongres van SA vakbonde (Cosatu) het gister 'n versoek aan ANC-ministers gerig wat motors van 'n miljoen rand of meer gekoop het om hulle vir meer beskeie voertuie in te ruil.

Cosatu het die minister van finansies, Pravin Gordhan, geloof omdat hy tevrede was met 'n "beskeie Lexus-motor van R557 673 en 'n Audi A8 van R590 500".

"Dis 'n welkome besluit om te reageer op die openbare woede oor die onnodige besteding van tot R1,4 miljoen per voertuig vir ander regeringsministers."

Cosatu meen dat, terwyl dit waar is dat diegene wat topklas-BMW's gekoop het wel binne regeringsreëls opgetree het, het hulle ook 'n groot mate van ongevoeligheid teenoor die lot van Suid-Afrikaanse armes getoon.

"Die probleem is dat die reëls as sodanig, wat in die apartheidhandboek vervat is, verander moet word en Cosatu verwelkom berigte dat die regering nou daardie reëls gaan hersien," het die vakbond gesê.

"Indien ministers toegelaat word om uitspattige motors op die belastingbetaler se koste aan te koop, word die indruk geskep dat hulle nie omgee oor die indruk van spandabelheid wat teenoor die armes geskep word nie.

"Om soveel geld aan voertuie te bestee, verteenwoordig 'n klap in die gesig van die werkloses en mense wat in krotbuurte woon. Dit gee politiek 'n slegte naam."

Die vakbondfederasie het gesê dat diegene wat weelderige motors gekoop het hulle behoort terug te gee en te vervang "met die soort beskeie motors wat deur kameraad Pravin Gordhan en ander gekoop is".

Cosatu het voorts gesê dat hy hoop die regering se bestedingshersiening gaan uitloop op 'n nuwe stel reëls wat op die "revolusionêre etos en moraliteit" van die African National Congress as 'n bevrydingsbeweging gegrond is.

Kabinetslede wat hulself te buite gegaan het met luukse-BMW's sluit in: die minister van kommunikasie Siphiwe Nyanda, die minister van polisie Nathi Mthethwa en die minister van hoër opvoeding en sekretarigsgeneraal van die SA Kommunisteparty Blade Nzimande.

Nzimande se aankoop van 'n BMW 750i ter waarde van R1,1 miljoen het tot die volgende aanmerking deur die DA se James Wilmot aanleiding gegee: "Dit wil voorkom asof net die beste goed genoeg is vir die leiers van die werkersklas."

Die regering het onlangs 'n bestedingshersiening uitgevaardig wat gevolg het op die openbare onsteltenis oor die koste van ministeriële voertuie.

Volgens regeringsreëls, is minisgters geregtig op 'n staatsaangekoopte voertuig ter waarde van 70 persent van hule jaarlikse salaris. Dis rofweg gelyk aan R929 000.

play online slotлобановский александр биография

Karate Kallie eersdaags op die silwerdoek

Karate Kallie, ‘n nuwe Afrikaanse rolprent, word landswyd vrygestel op 18 September 2009. Die verhaal: Die koddige 17-jarige Kallie raak smoorverlief raak op die venynige skoolboelie se sussie.

Temas soos liefde, onderdrukking, trots en respek is weereens die stapeldieet. Charl Groenewald, die uitvoerende vervaardiger meen dít is hoekom so ‘n verskeidenheid mense sal aanklank vind by die rolprent.

”Karate Kallie – Die Hele Movie” vertoon Wynand van Vollenstee as Kallie en Mike Smuts as sy ouer broer, Mike. Leani Lerm speel Annetjie, die dame wat sy hart steel en Petrus Harmse vertolk die rol van die gehate skoolboelie, Fritz. Verder spog die fliek ook met ou gunstelinge soos Marga van Rooy, Ben Kruger, Henrietta Gryffenberg, Marhette van Huyssteen en Richard van der Westhuizen.

Karatekenner, Soon Pretorius maak sy verskyning as homself.

Skrywer/regisseur Wimpie van der Merwe het in 2006 cum laude gegradueer met ‘n B-Tech graad in Draaiboekskryf en Regie by TUT. Karate Kallie is sy eerste vollengte rolprent.

Die rolprent is gebasseer op ‘n kort film wat al ietwat van ‘n kultus status bereik het sedert dit vanaf 2007 gereeld op M-Net vertoon. Die kort film het al verskeie toekennings verwerf by rolprentfeeste en het al selfs so ver en wyd versprei as die DRC, Tanzania en Afghanistan.

интернет магазин детских товаровлобановский александр игоревич

Obama kan VSA na derdew?reldstatus lei s? Nobelpryswenner

Barack Obama maak dieselfde foute as sy voorgangers wat aanleiding gegee het tot die Groot Depressie sê Nobelpryswenner James Buchanan.

Sy beleid kan selfs die VSA in dieselfde bootjie plaas as Argentinië wat van 'n eerstewêreldland na 'n derdewêreldland gegly het in die vorige eeu.

Daar is "kommerwekkende ooreenkomste" tussen die huidige Amerikaanse administrasie se optrede en dié in 1930 sê 'n nuwe pamflet wat deur die Institute of Economic Affairs uitgegee is.

In besonder, sê die outeurs, ekonome Charles Rowley van die George Mason Universiteit en Nathanael Smith van die Locke Institute, gaan die administrasie se besluit om miljarde dollar se kontant in die stelsel te pomp die ekonomie op die lang duur ondermyn.

Die studie is 'n afwyking van die gedagte dat Keynesiaanse fiskale beleid wat die VSA help herstel het ná die Depressie, die antwoord is. Hulle sê "intervensionisme en drakoniese belastingstygings kan 'n klimaat van pessimisme vererger wat privaat kapitaalskepping en konsumpsie kan verhoed".

Rowley sê dat die VSA se ekonomie kan ineenstort en derdewêreldstatus bereik soos wat met Argentinië gebeur het, is nie uitgesluit nie.

Die studie beveel aan dat die VSA na 'n meer laissez-faire ekonomiese stelsel beweeg een as intervensionisties optree en word daarin ondersteun deur Nobelspryswenner James Buchanan.

"Ons het uit die vergelykende ervaring van die 1930's geleer, miskien genoeg om die erns van die huidige inkrimping te verminder. Maar ons het nog geen vooruitgang gemaak om politieke leiers te keer wat uit persoonlike voorkeure handel nie en nie eers die basiese begrip het van hoe kapitalisme werk nie."

zoom 3 отбеливание отзывыДанильченко Юрий отзывы

Premier stel Skierlik-besoek af

Premier van Noordwes, Maureen Modiselle, het haar besoek aan arm gemeenskappe in Mazista en Skierlik Maandag afgestel. Volgens haar woordvoerder "sal nie almal deelneem nie".

Tanana Monama sê hulle kon nie al die "rolspelers" mobiliseer nie en nie almal sou die geleentheid bywoon nie. Hy sê die meeste mense was nie bewus van die besoek nie.

Modiselle sou die gebied Maandag besoek het om kospakkies uit te deel as deel van die Skierlik Hernuwingsprogram.

Monama sê 'n gepaste datum sal aanstons aangekondig word.

Hy sê die besoek sou nie 'n "yslike" geleentheid gewees het nie, want die provinsiale regering wil nie groot kostes aangaan nie.

"Die premier sou 'n paar gesinne besoek," sê hy.

Dit is nie die eerste keer dat 'n geleentheid ter elfder ure gekanselleer word deur die provinsie nie.

Verlede maand het die departement van landbou die toekennings vir die mees uitstaande vroulike boer afgestel, nadat klagtes ontvang is dat van die deelnemers nie plaaseienaars is nie.

Nadat die kwessie opgelos is, het die wenners deelgeneem aan die nasionale kompetisie in Bloemfontein.

Mazista en Skierlik naby Swartruggens is van die armste dele in die provinsie waar voorvalle van rassespanning die nuus gehaal het.

Die Skierlik Hernuwingsprogram het drie komponente naamlik armoedeverligting, infrastruktuurontwikkeling en maatskaplike kohesie en nasiebou.

автоматическое зарядное устройствоДанильченко Юрий Брониславович Харьков