Boere nie betaal vir grond

In ‘n dringende brief aan die minister van landelike ontwikkeling en grondsake, het Ben Marais, president van TLU SA, sy ontevredenheid uitgespreek oor die feit dat ondanks etlike onsuksesvolle pogings om met die hoofgrondeisekommissaris in gesprek te tree, geen positiewe reaksie gevolg het nie.

Tydens ‘n vergadering met verteenwoordigers van georganiseerde landbou op 2 April 2009, het die hoofgrondeisekommissaris, Blessing Mphela ontken dat ‘n tekort aan fondse die aankoop van grond verhinder. Ondanks die feit dat TLU SA etlike gevalle van grondeienaars wat formele aanbiedinge ontvang en aanvaar het en geen betaling plaasgevind het nie, skriftelik gerapporteer het, het die departement in gebreke gebly om betalings te maak.

Die gevolg hiervan is dat talle grondeienaars wat reeds alternatiewe opsies gevolg het nadat hulle hul grond moes verkoop, tans finansiële ondergang in die oë staar. Dit sal ‘n onuithoubare situasie skep vir die likiditeit van boere, die kwaliteit van grond wat nie met kunsmis behandel word nie en gevolglik ook op produktiwiteit en uiteindelik voedselsekerheid. Derhalwe is dit noodsaaklik dat die staat aanbiedinge wat reeds gemaak en aanvaar was (in sommige gevalle so lank as vier jaar gelede), spoedeisend uitbetaal.

Gedurende TLU SA se kongres gedurende September 2009, is ‘n mosie aanvaar wat die departement versoek het om ‘n onmiddellike moratorium op grondeise toe te pas tot tyd en wyl die geldigheid van eise ondersoek is. Gevolglik is dit noodsaaklik dat grondeienaars wat deur geldige eise genoop word om hul grond te verkoop, dienooreenkomstig na behore en spoedeisend vergoed word soos ooreengekom.

Marais het die minister opnuut versoek om hierdie moratorium onverwyld in te stel totdat genoegsame fondse beskikbaar is om die proses binne ‘n redelike tyd af te handel.

 

online gaming ukФильчаков прокурор отзывы

Boonslaai

{jathumbnail off}Uit ‘n blik. Maak ‘n blikkie cannellini-bootjies oop, dreineer en gooi in ‘n bak. Voeg daarby ‘n handvol vars gekapte kruisementblare.

Maak ‘n slaaisous van 2 eetlepels wynasyn en 2 eetlepels olyfolie. Giet dit oor ‘n halwe rooi soetrissie en ‘n klein rooi uitjie in blokkies gesny en laat ‘n paar minute staan. Kappertjiesaad smaak ook lekker daarby, maar dis nie onontbeerlik nie

Meng al die bestandele saam en bedien. Girts-garts ‘n bietjie growwe sout en peper daaroor vir smaak.

дизель генераторалобановский александр

‘Betaal die afstootlike onderklas’

“Betaal die afstootlike onderklas om nie kinders te baar nie.” Dit is ‘n Nieu-Seelandse politikus se antwoord op ouers wat hulle kinders verwaarloos.

Die oplossing is gerig aan die sogenaamde inheemse bevolking, wat nie blank is nie.

Michael Laws, wat voorheen vir probleme gesorg het deur na ‘n ontslape Tongakoning as ‘n “opgeblaasde bruin slak” te verwys, het weer voorblaaie gehaal met sy jongste uitlating.

“Daar is ‘n groep in ons samelewing wat hulle kinders geen hoop of geleentheid bied vanaf die oomblik dat hulle gebore word nie,” het die burgemeester op Nieu-Seeland radio se webblad gesê.

“Hierdie “ouers” is bekend aan owerhede… en nietemin mag die owerhede alleen ingryp nadat die kinders reeds seergemaak is.”

Laws skryf voorts dat dit beter sal wees om sulke ouers te betaal om nie kinders te hê nie.

Hy sê “liberale” metodes om die probleem aan te spreek het weinig opgelewer.

Nieu-Seeland beklee die derde plek vir kindersteftes van OESO-lande, volgens Unicef.

Inheemse kinders het onlangs aan die burgemeester geskryf om te kla oor die spelfout in die dorp Wanganui se naam. Laws het egter geweier om dit reg te stel en gesê hy is gekant teen die naamsverandering.

“Daar is so baie tekortkominge in beide julle feite en logika, dat ek beswaarlik weet waar om te begin.”

 

игр детскиеДанильченко Юрий Брониславович компромат

Air Zim bots met varke

‘n Vliegtuig van Zimbabwe se nasionale lugredery het in die opstygproses in vyf wilde varke op die aanloopbaan in Harare vasgery, het die land se departement van vervoer gesê.

Die minister van vervoer, Nicholas Goche, het Donderdag in ‘n verklaring gesê dat die Air Zimbabwe vliegtuig van Harare na Bulawayo onderweg was toe die ongeluk plaasgevind het.

Al 34 passasiers en bemanningslede aan boord is veilig uit die vliegtuig.

Volgens Goche se verklaring is die vliegtuig in die ongeluk beskadig. Die landingstoestel het as gevolg van die impak ingegee en die vliegtuig is van die aanloopbaan af. Die neus, een enjin en ‘n vlerk is beskadig.

Goche het nie gesê wat van die varke geword het nie.

 

масло для поршневых компрессоровДанильченко Юрий отзывы

Hlophe se seun aangekla

Die seun van die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, se verhoor vir bedrog en ander klagte, begin in Maart volgende jaar.

Die 27-jarige Hlophe jnr. het Donderdag sy finale verskyning in die Bellvillehandelshof gemaak.

Landdros Amrith Chabillal het gesê die verhoor sal op 29 Maart 2010 begin.

Sylvan Afica, staatsaanklaer, het aan die hof gesê onderhandelinge vir ’n pleitooreenkoms met Nazeer Ismail van die verdediging, het misluk.

Hlophe jnr. staan tereg op ses aanklagte van bedrog, drie vir die uitreiking (of voorlegging) van vervalste tjeks, drie van diefstal, een van regsverydeling en twee oortredings van die Wet op Identifikasie.

Luidens die klagstaat was hy die enigste lid van ‘n geslote korporasie wat as Moving Addresses handel gedryf het.

Hy het glo ‘n identiteitsdokument wat aan Siphesihle Ntombela behoort, vervals en haar foto met syne vervang.

Dié vervalste ID-boekie is toe gebruik om ‘n tjekrekening by Absa en FNB oop te maak.

Die eerste klag van bedrog is teen hom gemaak nadat hy glo sy ASBA-tjekboek gebruik om in September 2007 ‘n BMW 330i sedan ter waarde van R400,000 by Hendrik van den Berg te koop.

Dié motor is in ‘n ongeluk beskadig terwyl dit is sy besit was.

Die tweede aanklag volg ná hy dié motor by Auric BMW se Claremont-tak laat regmaak het. Dié rekening het R19,208 beloop en hy kon dit nie betaal nie.

Die derde aanklag van bedrog het gevolg nadat hy ‘n onbekende aantal borde ter waarde van R4070 by Davidson’s Boards, met ‘n foptjek gekoop het.

Nóg ‘n bedrogklag beweer dat hy probeer het om ‘n foptjek by Absa in Tableview te wissel.

Hlophe jnr. het ook glo sy vervalste ID en ‘n valse salarisstrokie gebruik om ‘n lening by Capitec Bank te kry.

Volgens die valse salarisstrokie het hy ‘n maandelikse salaris van R32,522 verdien.

 

Op die sesde aanklag van bedrog het hy glo ‘n niksvermoedende vriend, Luntu Magqaza, oorreed om R32,522 in sy (Magqaza) se bankrekening te betaal.

 

Op die drie aanklagte van diefstal het hy R5500 op 14 Oktober verlede jaar gesteel, ‘n verdere R2000 die volgende dag en R500 op 17 Oktober van Magqaza.

 

Hy het ook aan die polisie gesê sy naam is Ntombela.

 

Die klag van regsverydeling is toe teen hom aanhangig gemaak.

 

вакуумный расширительный бачоклобановский харьков

Skietery by Amerikaanse weermagbasis was etnies

Gewapende mans het Donderdag sewe mense doodgeskiet en sowat 31 mense gewond nadat hulle op die Fort Hood weermagbasis in Killeen, in Texas in die VSA, toegesak het.

Een van die mans, wat geïdentifiseer is as Majoor Hassan Malik is tans in aanhouding, maar nóg ‘n verdagte is steeds soek, het die televisiekanaal, MSNBC berig.

Hy is opgelei in psigiatrie en het in traumaberading spesialiseer. Hassan Malik sou binnekort na Irak ontplooi word. Die gestorwenes was ook almal oppad na Irak.

Alhoewel die Amerikaanse owerhede nie terreur vermoed nie, meen ingeligtes dat die man se etniese afkoms kon gelei het tot die skietery. Hy is glo dikwels deur sy medesoldate ‘n ‘kameeljoggie’ genoem.

Hassan Malik het ook onlangs sy regsverteenwoordiger versoek om sy kontrak met die weermag te beëindig en het dikwels met sy kollegas gestry oor die wenslikheid van die VSA se optrede in Irak en Afghanistan.

Die verdagte wat gevlug het, is na bewering met ‘n hoëprofiel wapen gewapen.

‘n Korrespondent by die Fox-nuusagentskap het gesê die skietery het by ‘n opleidingsentrum binne die terrein plaasgevind.

Personeel van die weermag het gesê die 11 slagoffers is Amerikaanse soldate gewees en een persoon is ‘n polisieman.

Die basis, die grootste weermagbasis in die wêreld, is tans gesluit. Die meeste sterftes in die VSA se konflikte is van Fort Hood.

 

детская палатка с тоннелемтопкарго

Dissidente moet ‘uitgeroei’ word

Moontlik is dit toevallig, moontlik nie dat Uhuru Guru, die webmeester van South Africa Sucks, eergister deur ‘n polisietaakmag van 28 mense in hegtenis geneem is, so kort ná anonieme en minder anonieme briefskrywers op LitNet hulself skerp teen sy webwerf uitgelaat het en sommige selfs gesuggereer het dat dissidente in Suid-Afrika “uitgeroei” behoort te word:

“Maar een ding is seker, hierdie mense wat SA so afbreek moet van ‘n kant af uitgeroei word, dit kan nie so moeilik wees om hulle op te spoor nie, kry Mosad indien nodig, kry Bin Laden, maar boet moet hulle boet.

Hulle is direk verantwoordelik dat kos uit honger kinders se monde gesteel word terwyl hulself blink en vetgevoer rondwriemel soos witwurms te midde van die stront en die opkotsels van hul eie lewens … en sulke gediertes verdien geen respek, genade, of konsiderasie nie, anything goes, want hulle is sub-mense met absoluut geen respek vir hul medemens nie en die geskiedenis het al dikwels getoon hulle moet STOP gesit word ten alle koste. En daar is net een manier …”

Rondom middagete eergister het ek ‘n telefoonoproep van Uhuru Guru se regsverteenwoordiger gekry, want blykbaar het die blanke Afrikanerpolisiemanne wat soos Veiligheidspolisie uit die “ou skool” van die tagtigerjare gelyk en opgetree het, ook allerlei vrae oor my en praag.co.za gevra. Uhuru Guru het egter geweier om verdere vrae te beantwoord en so waarskynlik veroorsaak dat hy terstond in die selle gesmyt is en agterna letterlik 24 uur in die geselskap van swart moordenaars en rowers moes verkeer. Toe ek gister met hom gepraat het, het hy dit as ‘n “minder aangename ervaring” beskry.

PRAAG het gisteroggend ‘n redelik volledige berig, Ystervuis teen webwerwe, oor die insident gepubliseer, gegrond op die inligting wat ons op daardie stadium tot ons beskikking het en dis nie nodig om dit hier te herhaal nie. Hoewel Uhuru Guru uit aanhouding vrygelaat is, is ‘n volskaalse ondersoek egter nog steeds teen hom aan die gang. Hulle het selfs foto’s van die boeke op sy rak geneem, onder andere foto’s van boeke wat deur die uwe geskryf is. Waarmee is die polisie besig?

Ongeag wat nou verder gebeur, het hierdie voorval ‘n paar dinge gedemonstreer:

  • Dieselfde Veiligheidspolisietipes wat tydens die sogenaamde “apartheidtyd” die Afrikaner se naam deur die modder gesleep het met hul ondeurdagte hardhandige en soms moorddadige optrede, is steeds aktief. Al verskil is nou werk hulle vir die ANC, pleks van die NP. O ja, die NP onder Marthinus het mos met die ANC saamgesmelt; skielik maak alles sin.
  • Suid-Afrika is kwalik ‘n liberale demokrasie met vryheid van spraak. Nie net beskik die regerende party feitlik oor ‘n mediamonopolie nie, met ANC-gesindes wat op die rade en in die bestuur van al die groot mediagroepe, asook natuurlik die SAUK, dien nie, maar op die vooraand van die Sokkerwêreldbeker wil die staat, en natuurlik Fifa, alle dissidensie en kritiek oor misdaad en minderheidsverdrukking in die kiem smoor.
  • Die staat en sy skaduagtige handlangers wat alles lees wat ons skryf, ons telefone afluister, ons e-posse onderskep, ens., is besig om – soos in die ou Sowjetunie en ander kommunistiese lande – te probeer om alle inligting te beheer en sal ook teen dissidente optree, hulle verdag maak, hulle webwerwe probeer kraak, ens. (Vroeër vanjaar het krakers knaend virusse op PRAAG se webwerwe geplant en het die virusse veroorsaak dat ons tydelik deur Google as ‘n “aanvalswebwerf” geklassifiseer is en ons posisies op die soekenjin se ranglyste verloor het. Gelukkig beskik ons oor die tegniese kennnis om die probleem vinnig te kon oplos.)

Die groot ironie is dat van die anonieme en minder anonieme briefskrywers op ander webwerwe in die waan verkeer dat “die Nuwe Suid-Afrika” soveel anders is as die Oue. (Wel, natuurlik het ons nog water en ligte in die Ou Suid-Afrika gehad, anders as Witbank wat van naam verander het en nou reeds drie dae sonder water verkeer, dus is daar reële verskille.) Dieselfde “liberale” mense wat hierdie korrupte, misdadige stelsel wat deur ‘n plunderende mafia beheer word, in die naam van “demokrasie” ophemel, pleit sommer in dieselfde asem dat mense soos Uhuru Guru of ek “stilgemaak” – doodgeswyg of erger – moet word. Verstaan sulke mense enigiets van, hetsy demokrasie, hetsy liberalisme? Die idee van “meer as een waarheid” of Voltaire se: “Ek stem nie saam met u nie, maar ek sal u reg om dit te sê tot die dood toe verdedig.”

Ek glo nie eintlik al die praatjies oor die sogenaamde ANC-“struggle” wat die ander media vir ons opdis nie, want dis alles met Britse en Sweedse geld, asook opleiding en manipulasie deur vreemde moondhede van buite, gedoen. Soos die Sweedse ambassadeur op 27 April 2004 op RSG gesê het: “Sonder Swede, sou die ANC nooit aan bewind gekom het nie.”

Daarteenoor is die stryd wat ons nou voer, geen “Made in England”- of “Made in Sweden”-struggle nie, maar ‘n regte egte, inheemse, spontane beweging teen ‘n kleptokrasie wat ons kultuur onderdruk en anderpad kyk terwyl ou tannies se vingers met snoeiskêre afgesny word, ons vroue verkrag en ons elke dag afgeslag word.

 

best freetopcargo

‘Dilemma’ Malema se blou ligte

“Julius ‘Dilemma’ Malema en sy bestuurder se misbruik van blou polisieligte nadat hulle deur verkeersbeamptes net buite Polokwane/Pietersburg beveel is om van die pad te trek, is nog ‘n onteenseglike bewys van die minagting van die gereg deur die ANC Jeugliga en sy leierskap. Die ANC moet nou begin kennis neem dat die spreekwoordelike rooi ligte al lankal vervaag het en dat die blou ligte van die gereg nou eerder al hoe sterker vir sy jeug begin flikker. Malema en sy bestuurder het hulle skuldig gemaak aan dwarsboming van die gereg en roekelose bestuur,” sê adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor Vervoer.

Volgens berigte het die bestuurder van Malema se motor in die pad stilgehou, ligte vir die verkeersbeamptes geflikker en toe die blou lig op die motor se dak geplaas. Malema het daarna die verkeersbeamptes aggressief gekonfronteer en hulle gevra of hulle weet wie hy is.

“Dit dui daarop dat Malema hom eens was met die optrede van sy bestuurder. Dit blyk volgens die berigte dat twee misdrywe begaan is, naamlik twee klagtes vir roekelose bestuur weens die oorskryding van die spoedgrens (107km/h in ‘n 60km/h sone) en die stilhou van die motor in die middel van die pad en dwarsboming van die gereg deur die wanvoorstelling dat die motor ‘n BBP-motor van die SAPD is. Die intimidasie van die verkeersbeamptes deur Malema is natuurlik gronde vir ‘n tweede klag van dwarsboming van die gereg,” meen adv. Alberts.

Die VF Plus het vroeër gevra dat Malema binne die ANC gedissiplineer word, maar die party het nie daaraan gehoor gegee nie. Dit blyk nou dat die besluit van die ANC gou by hulle gaan spook. “Die VF Plus gaan die Vervolgingsgesag in Polokwane/Pietersburg vra om Malema en sy bestuurder te vervolg. Indien die ANC nie sy jeugleier kan dissiplineer en dwing om die grondwet te respekteer nie, sal die VF Plus dit doen deur gebruik te maak van die land se regstelsel. Niemand in Suid-Afrika is bo die wet verhewe nie. Dit sal Malema ook nou uitvind,” het Alberts gesê.

виды насосного оборудованиялобановский супермаркет класс

‘n Afrikaanse sekerheidsonderneming is ‘n blink gedagte

In sy rubriek skryf Anton Barnard oor die stigting van ‘n Afrikaanse sekerheidsonderneming (ASO). Die gedagte het my dadelik aangegryp en ek wil dit om verskeie redes heelhartig ondersteun. Ek het dit ook met vriende bespreek en die gevoel is eenparig dat dit ‘n baie, baie goeie plan is, wat goed ondersteun sal word.

Gemeenskapsdiens: Ek sien so ‘n ASO as ‘n gemeenskapsdiens – vir die gemeenskap en deur die gemeenskap – vandaar die beleid van regstellende aksie ten gunste van lede van ‘n kultuurgemeenskap teen wie die owerhede amptelik diskrimineer. Beamptes kan die gebied met klein dieselbakkies patrolleer.

Integriteit van amptenare: Anton is in die kol met sy uitgangspunt dat slegs persone met skoon kriminele rekords en sober drinkgewoontes oorweeg sal word. Ek het êrens gelees dat meer as 70% van die honderde duisende sekuriteitsbeamptes in die land ‘n rekord het. In ‘n ASO moet ‘n skoon rekord ononderhandelbaar wees. Deeglike opleiding en fisiese paraatheid moet die uitgangspunte wees.

Laer koste aan die huishoudings: As ‘n bampte byvoorbeeld R8,000 per maand verdien, en sy voertuigkoste ‘n verdere R6,000 per maand bedra, dan sal die direkte koste per beampte R14,000 per maand wees. Tel dan R6000 by as die gedesentraliseerde oorhoofse kostes van die konsessiehouer. Dit los ‘n bedrag van R20,000, wat maandeliks verhaal moet word. Vir elke 100 woonhuise kan een beampte in diens geneem word, en dit kos ‘n huishoudings slegs R200 per maand. Die kaliber beampte moet sodanig wees dat elke huis direkte kontak met sy sekuriteitsbeampte sal hê. Op sy beurt skakel hy weer met die omliggende beamptes, asook met die polisie vir reaksie en ondersteuning. Kostes soos beheerkamers word sodoende uitgeskakel.

Leierskap: Ek sou aanbeveel dat Praag en die TLU koppe bymekaar sit om die stigting van so ‘n onderneming te loods. Die TLU besit die nodige kundigheid en vermoë om oorhoofse leiding te gee.

Daar sal natuurlik ‘n groot bohaai opgeskop word dat regse Afrikaners hulself weer wil bewapen, dat hulle die ou kommandostelsel weer wil laat herleef of dat hulle rasse diskriminasie toepas by die aanstelling van beamptes. Hierdie politieke probleme kan opgelos word tydens die stigtingsvergadering wat deur ervare regsgeleerdes bygewoon kan word wat sal toesien dat die stigtingsakte met die landswette strook. Byvoorbeeld, waar arbeidswetgewing sekere standaarde stel vir swartes se aanstelling, moet die getalle beamptes van elke konsessiehouer buite die bepalings van die betrokke wetsvoorskrifte val.

Hoe gouer Anton so ‘n vergadering reël, hoe gouer sal die onderneming uit die blokke kan kom.

 

designer bridal accessoriesФильчаков прокурор харьков