praag.co.za

‘Betaal die afstootlike onderklas’

“Betaal die afstootlike onderklas om nie kinders te baar nie.” Dit is ‘n Nieu-Seelandse politikus se antwoord op ouers wat hulle kinders verwaarloos.

Die oplossing is gerig aan die sogenaamde inheemse bevolking, wat nie blank is nie.

Michael Laws, wat voorheen vir probleme gesorg het deur na ‘n ontslape Tongakoning as ‘n “opgeblaasde bruin slak” te verwys, het weer voorblaaie gehaal met sy jongste uitlating.

“Daar is ‘n groep in ons samelewing wat hulle kinders geen hoop of geleentheid bied vanaf die oomblik dat hulle gebore word nie,” het die burgemeester op Nieu-Seeland radio se webblad gesê.

“Hierdie “ouers” is bekend aan owerhede… en nietemin mag die owerhede alleen ingryp nadat die kinders reeds seergemaak is.”

Laws skryf voorts dat dit beter sal wees om sulke ouers te betaal om nie kinders te hê nie.

Hy sê “liberale” metodes om die probleem aan te spreek het weinig opgelewer.

Nieu-Seeland beklee die derde plek vir kindersteftes van OESO-lande, volgens Unicef.

Inheemse kinders het onlangs aan die burgemeester geskryf om te kla oor die spelfout in die dorp Wanganui se naam. Laws het egter geweier om dit reg te stel en gesê hy is gekant teen die naamsverandering.

“Daar is so baie tekortkominge in beide julle feite en logika, dat ek beswaarlik weet waar om te begin.”

 

игр детскиеДанильченко Юрий Брониславович компромат

Comments

Leave a Reply