Skietery by Amerikaanse weermagbasis was etnies

Gewapende mans het Donderdag sewe mense doodgeskiet en sowat 31 mense gewond nadat hulle op die Fort Hood weermagbasis in Killeen, in Texas in die VSA, toegesak het.

Een van die mans, wat geïdentifiseer is as Majoor Hassan Malik is tans in aanhouding, maar nóg ‘n verdagte is steeds soek, het die televisiekanaal, MSNBC berig.

Hy is opgelei in psigiatrie en het in traumaberading spesialiseer. Hassan Malik sou binnekort na Irak ontplooi word. Die gestorwenes was ook almal oppad na Irak.

Alhoewel die Amerikaanse owerhede nie terreur vermoed nie, meen ingeligtes dat die man se etniese afkoms kon gelei het tot die skietery. Hy is glo dikwels deur sy medesoldate ‘n ‘kameeljoggie’ genoem.

Hassan Malik het ook onlangs sy regsverteenwoordiger versoek om sy kontrak met die weermag te beëindig en het dikwels met sy kollegas gestry oor die wenslikheid van die VSA se optrede in Irak en Afghanistan.

Die verdagte wat gevlug het, is na bewering met ‘n hoëprofiel wapen gewapen.

‘n Korrespondent by die Fox-nuusagentskap het gesê die skietery het by ‘n opleidingsentrum binne die terrein plaasgevind.

Personeel van die weermag het gesê die 11 slagoffers is Amerikaanse soldate gewees en een persoon is ‘n polisieman.

Die basis, die grootste weermagbasis in die wêreld, is tans gesluit. Die meeste sterftes in die VSA se konflikte is van Fort Hood.

 

детская палатка с тоннелемтопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae