Malema wil nasionalisering van myne harder dryf

Volgens Julius Malema, ANC-jeugligaleier, is pres. Jacob Zuma is nie ‘n gedissiplineerde lid van die ANC nie. Malema het Zuma veroordeel omdat hy volhou dat nasionalisering van Suid-Afrika se myne nie ‘n amptelike beleid van die party is nie.

Zuma het verlede naweek die uitgesproke jeugleier in bedwang probber hou deur te maan dat juniorlede van die ANC na seniorlede moet luister. Malema het Dinsdag op Zuma se uitlatings gereageer.

“Ons moet na mense wat hulself leiers van die ANC noem luister, wat die ANC beter as almal van ons ken – wat sê nasionalisering is nie ‘n ANC-beleid nie,” het Malema aan afgevaardigdes by die Mining for Change-konferensie in Sandton gesê.

Dit was ‘n duidelike verwysing na Zuma se herhaaldelike versekeringe dat die jeugliga onderworpe is aan die leiers van die ANC se riglyne.

“Hulle is reg as hulle sê dit is nie die regering se beleid nie. Maar dit is die ANC se beleid en ons wil dit weer van toepassing maak sodat dit ‘n regeringsbeleid word,” het Malema gesê.

мыльные наборыданильченко юрій Харків

Fidel Castro erken dat kommunisme nie werk nie

Fidel Castro het aan ‘n besoekende Amerikaanse joernalis vertel dat Kuba se kommunistiese ekonomiese model nie werk nie, in wat as ongewone kommentaar op interne sake beskou kan word aangesien die afgetrede leier nie oor plaaslike kwessies praat sedert sy afskeid vier jaar gelede nie.

Die feit dat niks doeltreffend werk op hierdie kontant-arm eiland nie, is skaars nuus. Fidel se broer Raul, die land se president, het herhaaldelik dieselfde ding gesê. Maar dié erkenning deur die vader van Kuba se 1959-rewolusie het wenkbroue laat lig.

Jeffrey Goldberg, ‘n nasionale korrespondent vir The Atlantic tydskrif, het gevra of Kuba se ekonomiese stelsel nog steeds die moeite werd is om uit te voer na ander lande, en Castro het geantwoord: “Die Kubaanse model het selfs vir ons nie gewerk nie.” Goldberg het Woensdag daaroor berig op sy kletswerf.

Goldberg, wat verlede week na Kuba gereis het op Castro se uitnodiging om oor Iran se kernprogram te berig, het ook Dinsdag gesê dat Castro sy eie optrede tydens die 1962-Kubaanse krisis bevraagteken, insluitende sy aanbeveling aan die Sowjet-leiers om kernwapens teen die Verenigde State te gebruik.

Selfs na die val van die Sowjet-Unie, Kuba het sy kommunistiese stelsel behou.

Die staat beheer meer as 90 persent van die ekonomie en betaal werkers salarisse van sowat $20 per maand in ruil vir gratis gesondheidsorg en onderwys, en byna gratis vervoer en behuising. Ten minste ‘n gedeelte van elke burger se voedselbehoeftes word deur middel van rantsoene teen swaar gesubsidieerde pryse verskaf.

Castro se onderhoud met Goldberg is die enigste een met ‘n Amerikaanse joernalis sedert hy uitgetree het.

of thronesдепутат лобановский

Die fisiologie van die staking

Na raming het die staking wat nou voorlopig opgeskort is, die land regstreeks R1 miljard per dag gekos. Dit kan moontlik meer wees, omdat bereken is dat ‘n vorige Cosatu-staking die land R2 miljard per dag gekos het. Voeg hierby die enorme onregstreekse skade wat moontlik uit die hewige negatiewe beriggewing voortgespruit het, en Suid-Afrika kan op die duur ‘n ontsettende duur prys betaal.

Indien uit die ondervinding geleer word, en die land die lesse ter harte neem, kan daar egter ook positiewe vrugte wees.

Ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party wat vandag sy tiende bestaansherdenking vier, het die problematiek en oplossings soos volg saamgevat:

–           Selfs in die buiteland word nou reeds daarna verwys dat Suid-Afrika ‘n staakseisoen het. Dié beeld is baie negatief van Suid-Afrika en moet noodwendig beleggersvertroue knou, afgesien van die skade wat die staking regstreeks aan die land aanrig. Daar moet dus strategies beplan word om stakings die hoof te probeer bied voor dit ‘n werklikheid word, eerder as om skouers op te trek, en na die grondwetlike reg om te staak te verwys.

–           Die gewelddadigheid waarin stakings ontaard en optredes soos om teaterpersoneel uit operasieteaters te sleep om saam te staak is onverskoonbaar en die sterkste moontlike stappe moet teen die skuldiges geneem word.

–           Die konsep van ‘n staking waar die beginsel van geen werk, geen betaling geld, balanseer die belange van werkers en werkgewers, en om uitsonderings te maak laat Pandora se boks wawyd oop.

–           Met die groot omvang van werkloosheid, kan die vraag ook gevra word of die regte mense in die eerste plek in diens is as diegene wat matrikulante vlak voor hul eindeksamen in die steek gelaat het, en pasiënte laat sterf het, nou met vetter beursies terugkeer werk toe.

–           Met Suid-Afrika wat die hoogste meetbare inkomstegaping ter wêreld het, moet daadwerklik daarteen gewaak word dat die persepsies rondom relatiewe deprivasie onbeheerbare vlakke bereik. Dit beteken die regering en politieke ampsbekleërs moet ‘n voorbeeld stel deur in pas met die werklikheid te leef. Uitspattigheid voed gewoon die klimaat van ongelukkigheid.

–           In die strategiese beplanning moet dit nooit weer gebeur dat diegene wat nie op ‘n oproep op nasionale belang reageer nie, groot verhogings kry terwyl diegene wat wél gehoor gee, dan in ‘n toe hand moet vaskyk nie.

–           Korrupsie, die diefstal van ‘n land se toekoms, moet sonder aansiens des persoons uitgeroei word, en politieke ampsbekleërs wat hulle aan tenderpreneurskap en kleptokrasie skuldig maak, moet uitgewerp word.

–           Kundigheid moet ten alle tye gebruik word. Dit kom voor asof ‘n groot deel van die huidige ongelukkigheid te wyte is aan die reuse verhogings wat sommige bestuurslui en kaders ontvang het. Boonop blyk dit dat Eskom se jaarverslag so onsamehangend opgestel is dat ‘n foutiewe afleiding gemaak is wat gelei het tot ‘n persepsie van astronomiese verhogings vir die instansie se hoe koppe. Dié onbevoegdheid het die land ernstige skade laat ly deur persepsies van die welgesteldes verder volprop, met ‘n toe hand vir die laag-besoldigdes.

Ander waarnemers en partye sal stellig ook ander sienings en ander aksente hê, maar hierdie opsomming van die situasie bied heelwat ruimte vir besinning.

ветровки для подростков девочекtopcargo

Nasionale trots

Die jongste opname van Maatskaplike Gesindhede (SASAS) dui daarop dat Suid-Afrikaners die 6de hoogste vlak van nasionale trots in die wêreld het.

Met die eerste instink sal so ‘n stelling erg gegogga word, onder meer oor die blote vlakke van frustrasie wat aan die ontvang- en uitdeelkant van die nasionale stakings ervaar is.

‘n Paar maande gelede, met die wêreldbeker-sokkertoernooi in volle swang, sou so ‘n bevinding dalk minder vreemd voorgekom het. Selfs net die huidige vertoningslys van die Springbokke sal minstens ‘n deel van die gemeenskap in sak en as laat.

Wat ‘n mate van geloofwaardigheid aan die verslag verleen, is dat die land se mense oor die afgelope dekade ongelukkigheid oor aspekte soos werkloosheid, MIV, armoede en veiligheid ervaar het, en in die verslag uitgelig is.

Die interessantheid is die groeiende gewaarwording en ongelukkigheid met korrupsie, en teen hierdie agtergrond is die beplande media-muilband nie vreemd nie. In baie lande sou enige van hierdie aspekte immers hul regerings laat tuimel het.

Vanoggend word ook berig dat die SABC-raad voor druk van die ANC geswig, en die aanstelling van Phil Molefe as nuushoof bekragtig het. Opposisiepartye het dadelik kommer uitgespreek oor die onafhanklikheid van die SABC aangesien Molefe as ‘n kader met baie nou verbintenisse met die ANC beskou word.

Wanneer inligting beheer word, is dit in beginsel moontlik om die vorming van persepsies by ‘n gemeenskap minstens te vertraag, en terselfdertyd deur die voer van gelaaide inligting ‘n gemeenskap se gesindhede in sekere rigtings te stuur.

Juis weens die hoë vlakke van polarisasie is dit makliker om een gemeenskap teen ‘n ander af te speel en so die groter – die stemvee – in ‘n illusie van gelukkigheid gekoester te hou.

Intussen sal politieke wetenskaplikes en veral politieke sosioloë diep moet delf om te verklaar hoe dit moontlik is dat ‘n land met sy heterogeniteit, hoë vlakke van geweldsmisdade, veral die grootste meetbare inkomstegapingvlak ter wêreld, taalvertrapping, voortgesette rasbevoordeling wat ander benadeel, ‘n weermag met wiele wat met kougom vasgehou word, ‘n lamlendige buitelandse beleid jeens diktators en ‘n groeiende bewuswording van korrupsie die sesde hoogste vlak van nasionale trots ter wêreld kan geniet.

Die land bied baie, soos van die mooiste natuurskoon in die wêreld.

Daar is egter ook baie vlieë in die salf, en as hierdie vlieë nog soustrein ry, is daar ‘n skroef los.

no deposit freeАлександр Фильчаков Васильевич

Oom Anneries se stoepstories: Willie die renoster

“Smaak my vanjaar gaan die *&^%$ wilddiewe tot 300 renosters van die gras af maak,” sê oom Anneries na ons ons sitte gekry het.

“Ja oom Anneries.” Ek het self die Landbouweekblad onder oë gehad. “Lyk my dit gaan so drie keer meer wees as verlede jaar.”

Oom Anneries laat loop met sy straaltjie pruimtwak in die skotteltjie in. Dié moes hy begin inspan na die tante so gekla het oor hoe haar tuinplante begin lyk het toe hy, oom Anneries, van die snuiftwak af moes af oor die halwe long wat hy nog oor het.

“Man, laat my dink aan die dae toe ek nog geboer het. Hier in die omgewing van Fickburg is veediefstal oor die grens mos nie ‘n nuwe ding nie, en ek beginne toe wonder van wat ‘n mens kan aanhou om die veediewe uit te hou.”

Ek luister aandagtig. Oom Anneries kan, as hy die dag lus het, omtrent ‘n kloon van wyle Jan Spies wees met sy storievertellery, stories waar mens moet wakker slaap om te weet waar feit ophou, en met fiksie verstrengel raak. Maar altyd ‘n kern van die waarheid.

Ander kere, skynbaar heel teen sy aard, kan oom Anneries regtig ‘n doodgewone oom Kaspaas wees. Dié eienskap het hy eers gekry na hy by die Kersiefees van so twee jaar gelede vir die liegstorie-kompetisie ingeskryf het, en derde gekom het.

Ek onthou die storie nog goed. Die een van die rekdraad.

“Oom bedoel seker binddraad,” het die programleier nog probeer sin maak.

“Nee, rekdraad,” het oom Anneries volgehou.

Dié dag het die manne ‘n boodskapper van die lusernland af gestuur dat die vaaljapie in die modder vasgeval het.

“Ek soek eers die kabel, maar sit dit nergens, toe gryp ek ‘n rol draad wat ek die week by die koöperasie gekoop het en gooi dit agter op die trokkie, en ry lande toe. Daar maak ek ‘n stuk van die draad los, en woel die vaaljapie stewig agter die bakkie vas. Ek beduie vir die manne, hulle draai die slinger, en die vaaljapie gesels. Toe trek ek stadig weg, en begin ry.

“Maar ek het ‘n buurman saamgehad en ons was besig om oor die politiek te gesels. Daai dae maar wild hier met die politiek gegaan. Ek vergeet skoon van die vaaljapie, en ry om die land, en weer die anderkant op en by die hek uit. En dis net daar waar ek van die vaaljapie onthou. In die truspieëltjie sien ek die vaaljapie makeer, hou stil en vlieg uit. Die vaaljapie staan nog doer oorkant die land waar hy na die lekker baie reën vasgeval het. Maar die snaaksste is, sien ek die hele land se lusern is gesny.

“Toe ek mooi kyk, sien ek die draad agter die bakkie is nooit af nie, net so dun soos die helfte van ‘n naalddikte gerek. Dis toe dat ek onthou dat toe ek binddraad gaan koop het die mannetjie by die koöperasie iets beduie het van die binddraad is op, maar hulle het iets nuuts, en sal oom probeer.?

“Ek gaan graaf in die paneelkassie, kry die koöperasie se slippie en lees wat ek gekoop het: ‘Rekdraad’ lees ek.

“Daai draad het so dyn gerek, toe ek so om die land ry, toe sny dit die lusern mooi stomp af.”

Maar in watter storiebui is oom Anneries vandag?

“Man, ek weet dis te koud hier vir volstruise, en ek dink. Toe onthou ek van ‘n buurman wat met renosters wil boer. Hy het vir hom solank ‘n mak witrenosterbulletjie laat kom om die omgewing gewoond te raak. Van daai dag raak daar toe g’n bees of skaap op sy plaas weg nie.

“Ek vra hom toe of ek die arnostertjie ‘n dag of wat kan leen, lat ek net kyk hoe dit gaan. En toe stuur hy vir Willie, die arnostertjie, oor.

“Sampie en Sameul wat vir Willie aangejaag het, het redelik gevaar, behalwe Willie is deur die grensdraad se hek nog voor iemand kans gekry het om die hek oop te maak. So kom Willie met die opgevoude hek half om hom gewikkel kopskuddend op die werf aangedraf, en toe ook al goed geïrriteer met die onnodige bagasie.

“Ek het pas ‘n aankeerkraal van nuwe teerpale gemaak, en beduie hulle moet Wille daar in jaag. Toe Willie in is, druk ek twee pale deur sodat Willie nou nie te veel ruimte het nie, en ek kan kyk hoe ek die hek los kan kry.

“Maar lyk my Willie het intussen geheg geraak aan daai hek, want toe ek dit afpluk, toe sien ek Willie kyk vir my met daai ogies, en daai kyk is ‘n onlekker kyk.

“Ek besef dis ‘n gawe plek die om baie skielik te makeer, en ek lê die rieme neer na die paalheining. Toe ek met my hande bo druk, en oorvlieg, toe is dit ook net mooi dat Willie skep. En hy skep daai onderste teerpaal dat sy voorste horing tot by die hef in die paal insak, en ‘n hele ent anderkant uitsteek.

“Nog ‘n vars paal daai, en dit gee ‘n hele ent mee voor dit weer reguit maak, en vir Willie op sy agterent te lande laat kom. ‘n Oomblik dink Willie, en retireer toe, en pluk die paal uit die boute uit. In plaas van ‘n hek om sy kop gedrapeer, sit hy nou met ‘n paal soos ‘n lang snor wat weerskante van sy kop uitsteek.

“En toe kom hy weer vir my. Hy sien sleg en gaan vir my reuk. Boonop sit sy oë mos net hier agter sy neusgate, en nou keer die pal ook nog dat hy my kan sien.

“Ou Willie jaag my, en ek hol. Kom Willie te naby, dan swenk ek, en dit neem Willie ‘n rukkie om ook te swenk. Toe kry ek plan en hardloop tussen twee opgeskote bloekoms deur, Willie agterna. Die teerpaal haak, maar net ‘n oomblik toe lê die twee bome morsaf gebreek.

“Dis toe dat ek plan kry. Ek sit af na ‘n lappie grond wat ek wou ontbos vir koring plant. Hier sorg ek dat ek net buite Willie se bereik is, terwyl ek al by die ergste boskasies verbyhardloop, en soms, as daar plek is, deur. Willie agterna, en nog ‘n stuk ontbossing is gedoen.

“Een plek is Willie te gou op my, en ek moes deur al was daar nie plek om te deur nie. Helfte van my klere in daai blinkblaar agtergebly.

“Maar teen daai tyd is my wind op, en ek hoor Willie se asem blaas ook erg. Maar hy kom!

“Maar toe die land nou mooi skoon is behalwe vir ‘n bloekom in die een hoek, strompel ek daarheen. Nou moet Willie my maar klaarmaak, ek is in elk geval dooi. Ek slaan onder die bloekom neer en wag op die einde. Knyp my oë altwee styf toe. Ek hoor Willie blaas, maar dit kom nie nader nie.

“Ek kyk, en sien Willie lê uitgestrek hier langs my op die gras. Die teerpaal, blyk dit, het uiteindelik deurgeknak, en afgeval. En so lê ons maar.

My keël is droog van die hardloop, en ek haal die sakkie met suurklontjies uit wat ek altoos saamdra lande toe om teen dors word te suig.as daar nie ‘n watertjie byderhand is nie.

“Toe ek enetjie in my mond druk, sien ek die pleitende kyk in Willie se oë, en druk vir hom ook enetjie in die kies. Hy kreun eintlik van die lekkerte soos hy dit geniet. So twee suurklontjies elk later, slaan ons voet terug kraal toe, waar Willie ‘n halwe trog water uitdrink, en toe agterkom die suurklontjiesmaak is uit sy mond weg. Hy kom snuffel soos ‘n hanskaller aan my sak, en ek druk hom weer een in die kies.

“Van toe af is ek en Willie groot maters. Snags loop hy elke nou en dan sy paadjies, en ‘n keer het hy op ‘n groepie veediewe afgekom. Hulle het glo die rivier net-net betyds gehaal. Bedags lê hy op die stoep soos ‘n uitgevrete boerboel.

“Niks, maar niks het op daai plaas weggeraak nie. Ook seker vir drie jaar na Willie klaar geleen was, en terug is na sy mense toe.”

Oom Anneries dink diep. “Nou is daar ‘n storie dat van die wildboere self hul renosters laat ‘poach’ omdat die goewerment nie wil toelaat hulle mag die horings jaarliks oes, en so vir hul bewaringsuitgawes help betaal nie. Maar ek weet darem nie, nie as mens eers vir Willie geken het nie.”

online casino euФільчаков Олександр Васильович прокурор

Polisie oral in Maputo ontplooi

Die polisie in Mosambiek is Maandag in arm woongebiede in Maputo ontplooi om nuwe oproer oor verhoogde kospryse te keer.

Tien mense is verlede week in gewelddadige betogings in die gebied dood.

Oor die naweek het SMS-boodskappe deur die stad versprei om Mosambiekers aan te moedig om Maandag weer die strate in te vaar.

Die polisie het die middestad gepatrolleer, terwyl vragmotors nog polisiebeamptes na omliggende gebiede, waar die ergste geweld verlede week uitgebreek het, aangery het.

“Ons het nie enige voorvalle oor die naweek gehad nie, maar daar is gerugte dat mense Maandag weer met betogings gaan begin,” het Arnaldo Chefo, ‘n woordvoerder van die Maputo-polisie gesê.

“Ons het nou al ons magte op die grondvlak ontplooi om die situasie so gou as moontlik onder beheer te kan kry. In dié stadium is daar egter geen teken dat betogings weer gaan opvlam nie,” het Chefo gesê.

Verlede Woensdag het betogings in Maputo uitgebreek. Mense het die paaie met brandende bande versper uit protes teen hoë brandstof- en kospryse.

Dié betogings na die verskeie dorpe in sentrale gedeeltes van die land versprei. Sowat 450 mense is tydens gewelddadige gevegte met polisie beseer en 159 mense in hegtenis geneem.

сделать освещение в магазинетопкарго

België se einde?

Die jongste verwikkelinge in die Belgiese politiek dui daarop dat die skynbaar onvermydelike, die verdeling van België in onafhanklike state van Vlaandere en Wallonië nou ‘n werklikheid kan word. Pogings om ‘n kabinet vir die land saam te stel het na drie maande in ‘n grag versuip, soos ook in die naburige Nederland.

Hoewel die hoofstroomdenke in Vlaandere ‘n onafhanklike, republikeinse Vlaandere is, is dit ook nie so eenvoudig nie. Die grens tussen Vlaandere en Nederland is oorspronklik erg kunsmatig bepaal nadat die 80-jarige oorlog tussen Nederland en Spanje gesluit is. In wese het die Nederlanders destyds nog nie daarin geslaag om hulle hele land van die Spaanse juk te bevry nie, en is verskeie provinsies letterlik middeldeur gesny. Van hierdie provinsies het sterk eiesoortige streekdialekte, en in die geval van Brabants, kan moontlik selfs van ‘n eie taal gepraat word.

Destyds was daar wél ‘n verdelingsfaktor, naamlik die parallelle stryd tussen die Rooms-Katolieke en die Protestantisme, wat in die deel wat nou as Nederland bekend staan, in ‘n oorheersende gereformeerdheid uitgeloop het. Onlangse sensusgegewens dui egter daarop dat ook hierdie faktor nou afgewater is, met ook meer Nederlanders wat hulself as Rooms-Katoliek as Protestants beskou.

Tydens die jare van noue betrekkinge as die Benelux-lande, het talle huwelike oor die grens plaasgevind. Selfs die leier van die Vlaams-Nasionalistiese, en nou grootste party in Vlaandere, Bart de Wever is met ‘n Nederlandse vrou getroud. Hy self maak egter verenigingspraatjies af.

Die verskynsel wat nou waargeneem word, is ten dele toe te skryf aan sterker uitdrukking van volksnasionalisme terwyl daar op die oorhoofse vlak ‘n groter mate van staatsvorming plaasvind. In hierdie geval kan die Europese Unie reeds as ‘n konfederasie met sterk federale kenmerke beskou word. Aan die ander kant van die munt is die Walliese en Skotse parlemente heringestel, het die Baske en Kataloniërs in Spanje selfbestuur ontvang en streef na groter outonomie, en het die Friesiese kultuur ‘n sterk versuiweringsaksie deurgaan. ‘n Brabantse Bybelvertaling het enkele jare gelede die lig gesien en by die bekendstellingsgeleentheid, volgens die mediaberigte, was die Friesiese afvaardiging meer welkom as die Nederlandse.

In die proses waar middelpuntvliedende en middelpuntsoekende kragte mekaar ontmoet bevind die staat België hom in ‘n posisie van nóg haring, nóg Franse brood. Waar die Franstalige Belge tradisioneel nie baie welkom laat voel is as moontlike toekomstige deel van Frankryk nie, het ‘n onlangse peiling aangedui dat die meerderheid Franse dit nou wel sal gedoog. Vir die Wale, wat nou op massiewe skaal deur die Vlaminge gesubsidieer word, sal ‘n onafhanklike Wallonië waarskynlik ‘n ramp wees.

Vir die Belgiese koningshuis sal ‘n verdeling waarskynlik rampspoedig wees. Die Vlaminge mik in dié stadium na ‘n republiek, en die Franse is ook sterk republikeins ingestel. Hoewel die koningshuis tradisioneel ook die hertog van Brabant-titel dra, word die monarge nie sterk met die Vlaamse deel van die land geassosieer nie.

Bitter baie water gaan nog in die see loop alvorens die staatkundige legkaart klaar gebou is.

трансформерылобановский политик

Rowers takel toe verkeerde kerk

Daar is tog ‘n verskil in die verloop van Zimbabwe se ontblanking en die soortgelyke vertrapping van blankes in die NSA. Dis nou vir my duidelik dat daar veral onder Afrikaners al baie meer vermag is in die vorm van weerstand as wat die blankes in Zim in hulle totale stryd kon monster. Ek sluit hiermee die Rhodesiese oorlog uit.

Ek maak bogenoemde stelling op grond van ‘n gebeurtenis hierdie afgelope Sondag by die APK op Rayton net buite Pretoria. Dis ‘n Sondag soos alle ander en die omgewing se mense is kerk toe. My swaer is op parkeerterreindiens. Die mense is net die kerk in, toe ‘n motor se alarm afgaan. Niksvermoedend gaan my swaer ondersoek instel, want verlede Sondag het ‘n motor se alarm ook gelol. Dis toe dat ta op hom afstorm met ‘n inbreektoestel en hom oopkloof net onder sy ken. Terselfdertyd sien die orrelis die groep swartes en maak alarm in die kerk. Binne ‘n oogwink is al die manne in die kerk uit en toe begin die aksie.

‘n Paar jaar lank is die veiligheidsgroep nou al geslyp deur al die plaasaanvalle en dinge gebeur sommer outomaties. Verskeie mans blokkeer die verskillende ontsnaproetes uit Rayton. Die radios gons, die polisie word gekontak. Twee maal word die drie makkers reg van voor af “chicken” mee gespeel en twee maal swaai hulle uit oor die sypaadjie. Uiteindelik spring hulle toe uit en laat spaander in verskillende rigtings die veld in.

‘n Boer sit een agterna met sy 4×4 oor drade en slote en trap hom vas. Dié was na sy arrestasie in so ‘n toestand dat die lugambulans hom moes casavac. Nommer twee is ook aangekeer en die derde het ongelukkig weggekom. Die polisie reken dis ‘n ou en gedugte bende wat lankal gesoek word.

Verskeie afleidings word uit hierdie een episode gemaak: Eerstens het ons hier te make met ‘n keelvol gemeenskap wat mekaar se belange as gedeelde belange sien. Tweedens eis hierdie gemeenskap ‘n bestaansreg op wat groter en beter is as wat die NSA regering kan bied. Derdens is hier al meer gedoen as net praat – die gemeenskap het homself begin handhaaf. Vierdens, dis ‘n Afrikanergemeenskap wat nie elders heen verhuis het in brokstukke nie, maar ingegrawe het.

Nouja – waar ‘n rokie trek…. Hierdie is maar net een terrein waar ‘n Afrikanergemeenskap hom self bewys het, Daar is vanselfsprekend ‘n dieper filosofie hieragter, want dinge kom nie sommer maar net vanself nie. Die boer in Zim het omgerol, maar hier by ons weet ek nie so mooi nie.

fruit casinoАлександр Фильчаков прокурор

Renault stel nuwe model in Rusland bekend

Hier is ‘n kort oorsig van die afgelope week se motornuus, van nuwe vrystellings tot ontwikkelings op die gebied van brandstofekonomie en uitlaatgasse.

Renault

Die internasionale motorskou in Moskou, Rusland het die platvorm geskep vir die wêreldwye bekendstelling van die nuwe Renault Latitude. Die motor is die nuwe besigheidsklas-verteenwoordiger van Renault. Volgens Renault is die Latitude net die motor vir mense wat van die fyner dinge in die lewe hou. Die motor is deurspek van hoëgehaltemateriaal en premium detail wat gewoonlik net in baie meer eklusiewe rygoed beskikbaar is. Die Latitude is daarop gemik om die vlagskip van die Renault-reeks te wees.

Rusland is die eerste land waar die motor vrygestel word en sal dan ook in 50 ander motormarkte bekend gestel word om as die voorloper van die Renault-reeks te dien. Renault het die Latitude vol luukses soos ‘n masseerder vir die bestuurders sitplek, ‘n driedubbele klimaatbeheerstelsel met lugkwaliteitsbeheer. Die Latitude is die enigste motor met dié soort stelsel in sy klas. Daar is ook ‘n sleutellose toegangsbeheerstelsel, Bi-Xenon-hoofligte, ‘n hele klomp opsies vir die klankstelsel, waaronder ‘n 3D  Arkamys®” en ‘n “Bose® Premium”-klank stelsel met digitale koppeling. Die nuwe navigasiestelsel wat in samewerking met Tom Tom ontwikkel is, is ook standaard.

Die Latitude word toegerus met twee petrolenjins, onderskeidelik ‘n 2.0L-viersilindereenheid met aanhoudende klepreëling en ‘n 2,5L-sessilinder, asook 3,5L-sessilindereenheid met ‘n 6-Spoed outomatiese ratkas. Daar is ook ‘n 2,0liter-dieselenjin beskikbaar met of 110 Kw vir die laedrukeenheid of 127 Kw vir die hoëdrukeenheid.

Die Latitude is ‘n groot motor met afmetings van byna 5 meter in lengte en 1,83 meter breed. Die bagasiebak kan ‘n enorme 477 liter se bagasie hou. Daar is ook ‘n panoramiese sondak en LED-liggies wat die motor ‘n baie moderne voorkoms gee. Die binneruim is vol chroominsetsels en leer in ‘n keuse van room of donkerbruin of swart. Natuurlik is die Latitude deurspek met veiligheidstelsels soos ABS en EBD vir die remme, ESC wat die stabaliteitsprogram is en 8 aanpasbare lugsakke. Die Latitude sal vanaf einde September in Rusland te koop wees en word by die Paryse motorkou aan Europa bekendgestel; ons verwag die Renault Latitude binnekort daarna in Suid-Afrika.

Citroën

Citroen se splinternuwe C4 het so pas ook die gesogte 5 sterre in die Euro N-Cap veiligheidstoetse behaal. Met ‘n telling van 97% het die C4 die hoogste telling ooit vir sy bystandstelsel ontvang. Een van die stelsels wat gesorg het dat die C4 so ‘n hoë telling kry, is die sogenaamde eTouch-stelsel wat die motor monitor en afhangende van die land ‘n 24-uurdiens lewer deur ‘n geïntegreerde SIM-kaart soortgelyk aan die een in jou selfoon. Die stelsel verseker spoedige bystand deur nooddienste deur presiese navigasie na die voertuig wanneer ‘n ongeluk of noodtoestand ontstaan of selfs wanneer die bestuurder ‘n ongeluk sien of ‘n noodtoestand sien gebeur. Of dit nou in ons ou landjie sal werk, sal net die vet ministers in hulle groot X5-we kan beantwoord.

Ford

Ford het die DSFL (Driving Skills For Life)-skema plaaslik van stapel gestuur. Die skema het ten doel om die padveiligheid op ons paaie te verbeter en sommer terselfdertyd die ekonomiese bestuurstegnieke aan motoriste oor te dra. Die kursus is ‘n vermenging van klasgebaseerde onderrig en praktiese tegnieke op die pad. Die program sal aanvanklik aan vlooteienaars, Ford-handelaars en Ford-werknemers beskikbaar wees en daarna aan die breë publiek. Baie ander soortgelyke bestuurskursusse bestaan met die verskil dat dit meer gemik is op werkverrigting en die veiligheid van die insittendes en nie soseer gaan oor die impak wat die bestuurder se bestuurstyl op die omgewing het nie. Die groot verskil tussen hierdie bestuurskursus en die ander is ook dat die Ford-kursus vir almal bekikbaar is; dit maak nie saak of jy ‘n Ford-eienaar is of nie. Mooi so Ford!

Ander nuus uit die Ford-stal is die bekendstelling van die lang verwagte Ford Focus RS. Die RS bou voort op ‘n byne 40-jaartradisie van RS-modelle. Hierdie is ‘n regte sakmissiel, met 224 KW se krag en 440Nm se wringkrag wat deur die 6-spoedhandratkas deur die voorwiele na die pad deurgegee word. Daar is min indien enige ander motors in sy klas wat naby aan die werkverrigting van die Fordjie kom. Die RS maak gebruik van ‘n 2,5L Duratec-enjin. Werkverrigting is 5,9 sekondes van rus tot 100 km/u en 263 km/u topspoed, eina! Net om ook omgewingskorrek te wees, behaal die RS 225 CO2 g/km. Daar is ‘n 5-jaardiensplan ingesluit by jou R479 000 wat jy sal moet opdok om die RS naby jou huis te bring.

Bentley

Bentley se manne in Crew, Engeland het so pas ‘n Afrikaweergawe van hulle Bentley Continental Flying Spur bekendgestel. Die motor is eklusief aan die Suid-Afrikaanse mark bekendgestel. Daar sal ‘n totaal van 5 motors gebou word; dit is nou werklik eklusief hoor. Twee weergawes van die “Flying Spur Africa” sal beskikbaar wees. Die eerste is die Continental Flying Spur Africa en dan die Continental Flying Spur Speed Africa, nogal ‘n snaakse konsep as ‘n mens dink dat spoed en Afrika  nogal nie hand aan hand gaan nie. Die Speed-weergawe is amptelik die vinnigste vierdeursedanmotor ter wêreld. Al twee die Afrikamodelle sal onderskei word deur Afrikawapentjies buite en Afrikamotiewe binne, nog ‘n konsep wat moeilik is om te verstaan.

Die standard Flying Spur Africa word aangedryf deur ‘n W12-enjin van 6L wat die groot Bentley tot 312km/u kan aandryf, die Speed-weergawe kan selfs vinniger teen 322km/u. Die prys? Wel, soos hulle altyd sê, as jy die prys wil weet, kan jy hom nie bekostig nie. Volgens Rens Rademeyer, algemene bestuurder van Bentley in Suid Afrika is die motors spesiaal beskikbaar aan uitgesoekte sakelui wat die land se toekomstige pioniers is.

воронеж домкратыФильчаков прокурор харькова