Ferrari seëvier by die huis!

Ferrari wenLewis Hamilton het sy kanse om die wêreldtitel vir bestuurders in 2010 omhoog te hou ‘n knou toegedien toe hy nie die Italiaanse wedren kon voltooi nie. Hamilton het in Massa vas gejaag en van die baan gegly. Massa het wel kop gehou en uiteindelik derde geëindig. Jenson Button was tweede in sy Mclaren met Fernando Alonso in die Ferrari wat die hele naweek beïndruk het met sy spoed. Alonso het eerste onder die geruite vlag deur gejaag. Hy het dan ook sommer sy 41 punte agterstand in die bestuurderskampioenskap met hierdie oorwinning gehalveer en is nou is hy slegs 21 punte agter Mark Webber wat ten spyte van sy sesde plek nou weer die voorloper op die punteleër is. Sebastian Vettel in die Redbul Renault was vierde en Nico Rosberg in sy Mercedes het vyfde onder die blokkiesvlag deur gejaag. Die volledige uitslae vir die 2010 Italiaanse wedren is soos volg.

Plek    No    Bestuurder    Span    Rondtes    Tyd/Uit    Wegspring    Punte
1    8    Fernando Alonso    Ferrari    53    1:16:24.572             1    25
2    1    Jenson Button    McLaren-Mercedes    53    +2.9 sek             2    18
3    7    Felipe Massa    Ferrari    53    +4.2 sek             3    15
4    5    Sebastian Vettel    RBR-Renault    53    +28.1 sek             6    12
5    4    Nico Rosberg    Mercedes GP    53    +29.9 sek             7    10
6    6    Mark Webber    RBR-Renault    53    +31.2 sek             4    8
7    10    Nico Hulkenberg    Williams-Cosworth    53    +32.8 sek             8    6
8    11    Robert Kubica    Renault    53    +34.0 sek             9    4
9    3    Michael Schumacher    Mercedes GP    53    +44.9 sek            12    2
10    9    Rubens Barrichello    Williams-Cosworth    53    +64.2 sek            10    1
11    16    Sebastien Buemi    STR-Ferrari    53    +65.0 sek            14    
12    15    Vitantonio Liuzzi    Force India-Mercedes    53    +66.1 sek            19    
13    12    Vitaly Petrov    Renault    53    +78.9 sek            20    
14    22    Pedro de la Rosa    BMW Sauber-Ferrari    52    +1 Rondte            16    
15    17    Jaime Alguersuari    STR-Ferrari    52    +1 Rondte            15    
16    14    Adrian Sutil    Force India-Mercedes    52    +1 Rondte            11    
17    24    Timo Glock    Virgin-Cosworth    51    +2 Rondtes            24    
18    19    Heikki Kovalainen    Lotus-Cosworth    51    +2 Rondtes            18    
19    20    Sakon Yamamoto    HRT-Cosworth    51    +2 Rondtes            23    
20    25    Lucas di Grassi    Virgin-Cosworth    50    +3 Rondtes            21    
Uit    18    Jarno Trulli    Lotus-Cosworth    46    Ratkas            17    
Uit    21    Bruno Senna    HRT-Cosworth    11    Hidrolies            22    
Uit    2    Lewis Hamilton    McLaren-Mercedes    0    Ongeluk              5    
Uit    23    Kamui Kobayashi    BMW Sauber-Ferrari    0    Ratkas            13    

Die bestuurder kampioenskap lyk nou soos volg;
Plek    Bestuurder    Land    Span    Punte
1    Mark Webber    Australië    RBR-Renault    187
2    Lewis Hamilton    Britanje    McLaren-Mercedes    182
3    Fernando Alonso    Spanje    Ferrari    166
4    Jenson Button    Britanje    McLaren-Mercedes    165
5    Sebastian Vettel    Duitsland    RBR-Renault    163
6    Felipe Massa    Brasilië    Ferrari    124
7    Nico Rosberg    Duitsland    Mercedes GP    112
8    Robert Kubica    Poland    Renault    108
9    Michael Schumacher    Duitsland    Mercedes GP    46
10    Adrian Sutil    Duitsland    Force India-Mercedes    45
11    Rubens Barrichello    Brasilië    Williams-Cosworth    31
12    Kamui Kobayashi    Japan    BMW Sauber-Ferrari    21
13    Vitaly Petrov    Rusland    Renault    19
14    Nico Hulkenberg    Duitsland    Williams-Cosworth    16
15    Vitantonio Liuzzi    Italië    Force India-Mercedes    13
16    Sebastien Buemi    Switserland    STR-Ferrari    7
17    Pedro de la Rosa    Spanje    BMW Sauber-Ferrari    6
18    Jaime Alguersuari    Spanje    STR-Ferrari    3
19    Heikki Kovalainen    Finland    Lotus-Cosworth    0
20    Karun Chandhok    Indië    HRT-Cosworth    0
21    Lucas di Grassi    Brasilië    Virgin-Cosworth    0
22    Jarno Trulli    Italië    Lotus-Cosworth    0
23    Bruno Senna    Brasilië    HRT-Cosworth    0
24    Timo Glock    Duitsland    Virgin-Cosworth    0
25    Sakon Yamamoto    Japan    HRT-Cosworth    0

Die voledige kampioenskap vir die spanne lyk so:
Plek    Span    Punte
1    RBR-Renault    350
2    McLaren-Mercedes    347
3    Ferrari    290
4    Mercedes GP    158
5    Renault    127
6    Force India-Mercedes    58
7    Williams-Cosworth    47
8    BMW Sauber-Ferrari    27
9    STR-Ferrari    10
10    Lotus-Cosworth    0
11    HRT-Cosworth    0
12    Virgin-Cosworth    0методы протезирования зубовtopcargo отзывы сотрудников

Turkse referendum van teenstrydighede

Die Turke het gister stembus toe opgeruk om hul kruisies in ‘n referendum te gaan trek. Formeel handel dit oor grondwetlike hervorming wat die weg moet baan vir toetrede tot die Europese Unie. Die Europese Unie se saakgelastigde vir Turkye, Ria-Oomen-Ruijten, het haar ontsteltenis uitgespreek omdat opposisiepartye hul ondersteuners oproep om nee te stem.

Daar is egter soveel distels in die duiwehok, dat die ware rede vir die referendum aan die stief-agterspeen moet suip.

Onder die vernaamste teenstrydighede is dat die Koerde, wat op die oog af die meeste voordeel uit deelname aan die Europese Unie sal trek, volgens berigte teen ‘n ja-stem gekant is. Baie stem nee, ander boikot die referendum en daar was gevalle van intimidasie en geweld, en talle is aangekeer.

Hoewel oor 26 sake gestem word, staan twee soos die spreekwoordelike pale bo die water uit. Dit behels onderskeidelik die inperking van die magte van die hoë regters en die weermag. Die senior regters se magte is aan die bod geplaas omdat hulle soveel mag gehad het, dat hulle hul opvolgers uit dieselfde dampkring aangewys het. Die plan met die referendum is dat die politici en junior regters ook inspraak sal hê by die aanwys van senior regters. Teenstemmers meen weer Erdogan se party, ‘n Moslemparty wat homself as die Moslem-weergawe van die Europese Christen-demokratiese partye beskou, mik om die sekulêre regswese aan te tas. Dit verklaar miskien deels die sekulêre opposisie, wat normaalweg sterker as die regerende party oor lidmaatskap van die EU sou voel, se teenkanting teen ‘n ja-stem. Baie kommentators meen ook die referendum kom op ‘n stemming tussen die Islam en die sekularisme neer, maar nou bepleit die twee kante in baie opsigte dat hul ondersteuners vir die teenoorgestelde as hul eie standpunte moet stem.

Die weermag word ook as ‘n staat binne die staat beskou, waar die generaals bykans onaantasbaar is, en selfs vir kriminele oortredings voor hul kollegas tereg moet staan. Die gedagte met die referendum is dat ook hulle nou voor die burgerlike regbank tereg sal moet staan vir misdade teen die staat, en dat magsmisbruik so ingeperk word. Hul amnestie vir die 1980-staatsgreep sal ook verval.

Hierdie boodskap agter die boodskap is kwalik verskuil. Die referendum is op dieselfde dag gehou as wat die laaste militêre staatsgreep plaasgevind het, in ‘n land waar die weermag sedert 1960 vier keer die verkose parlementêre bewind omvergewerp het. Heelwat van die outoritêre maatreëls is steeds as oorblyfsels van die laaste staatsgreep in die grondwet veranker, en nog slagoffers van die arrestasies en mishandeling word vermis. ‘n Grondwetlike vasvat van die weermag sou in baie mense se oordeel gewild wees. Ja-ondersteuners het ook die afgelope paar dae van die martelinstrumente wat na die staatsgreep ingespan is uitgestal. Altesaam 650 000 mense is destyds aangehou, 171 het weens marteling gesterf, en 49 mense is tereggestel, waaronder ‘n 17-jarige seun wat nou materlaarstatus geniet.

Hoekom die Koerde teen die ja-stem stemming maak is moeilik om te begryp. Die Europese Unie stel as voorwaarde vir Turkse lidmaatskap dat die Turke meer selfbeskikking aan die Koerde en ander minderhede moet toestaan. Trouens, hierdie vereiste het al heelwat vir die Koerde in die sak gebring van ‘n posisie slegs enkele jare gelede waar hul taal effektief verbied is en hul stede Turkse name gekry het.

Koerdies is ook ‘n ‘n Indo-Germaanse taal, anders as Turks. Hoekom juis hulle teen iets wat skynbaar in hul belang is sal stem, bly vir die buitestander Turks.

Terwyl die referendum aan die gang was, was dit egter geen uitgemaakte saak dat die Ja-stem sou sultan kraai nie. Met 70 % van die stemme reeds getel waarvan 60 % “ja” was, was dit egter reeds duidelik dat kommer dat die Turke “nee” sou stem, onnodig was.

Vir baie Turke was die referendum bloot die geleentheid om ‘n mosie van wantroue in die Turkse premier, Tayyip Erdogan, te stel. Soveel nee-stemmers, soveel redes is daar hoekom Erdogan ongewild is. Baie beskou hom as ‘n toekomstige diktator, en die voorkeur wat hy en sy Sanhedrin vir gesluierde vroue het, laat die geëmansipeerde vroue in hierdie Moslem, maar tegnies sekulêre staat, swart sluiers sien.

Baie van die 50 miljoen kiesers weet skynbaar nie presies waaroor hulle alles stem nie, en gee ook nie ‘n dooie kurusj – ‘n Turkse duit – om nie.

Erdogan moet homself ook blameer dat hy juis nou sy beeld as toekomstige diktator versterk het. Minder as ‘n maand gelede het hy die grootste Turkse sake-instelling, TUSAID, gedreig om standpunt vir of teen die ja-stem in te neem, of geëlimineer te word. TUSAID het dit duidelik gemaak dat hy hom nie laat afdreig nie, maar Erdogan het waardevolle vriende verloor. Om die saak te vererger het die Turkse hoof-onderhandelaar by die EU glo gesê hy sal die geestegesteldheid en patriotisme van enige nee-stemmer onder bevraagteken.

Selfs die Turkse president, skynbaar self sonder om sonder om sy eie voorkeur uit te spel, het beide kante van die debat gemaan om ordentlik te bly. Hy het ook ‘n beroep op die kante gedoen om in hul verkiesingsreklame aan kiesers te verduidelik waaroor die referendum handel.

pearl jewellery forФільчаков Олександр Васильович

Só word die land geplunder

Ek het vanoggend met ‘n baie goeie vriend wat op die Natalgrens woon, gehoor hoe die land geplunder word tot op die laagste vlak! Hy vertel my dat omdat ons in die stad woon, en nie een van die swart tale magtig is nie, besef ons nie hoe hulle skelmstreke werk nie. Wanneer dit by skelmstreke kom, dan het die swartes dit al klaar haarfyn uitgewerk!

Die land het net ongeveer 5,5 miljoen belastingbetalers, maar daar is 11 miljoen wat uit die staatskoffers toelaes kry in een of ander vorm. Vir elke kleintjie wat die swartes teel, is hulle geregtig op R250-00 toelae, maar dit is nie die einde nie. Die skoolkinders sien hierdie as ‘n bron van inkomste en dan word hulle swanger om die R250-00 toelae te verkry. Maar, dit is nie die einde nie! Die pa, ma en die ganse familie woon saam onder een dak in een woning. Dan, registreer die ma haar telg om die toelae te kry en die pa, wat ‘n ander van as die ma het, registreer ook dieselfde telg vir die R250-00 Staatstoelae (Social Grant). Dus kry hulle nou R500-00 vir dieselfde kind.

Dit eindig egter nie daar nie! Nou kom die werklose oumas van beide die pa en die ma van die kind, en vra vir ‘n “Foster Grant” vir dieselde kind, want die pa en die ma is glo in die stad en hulle is werkloos en moet vir die kind sorg. Nou ontvang hulle elk ‘n “Foster Grant” van R850-00 vir dieselfde kind. Dit beteken nou dat hulle R2200-00 kry vir elke telg wat hulle het. In die meeste gevalle bly hulle net teel vir die inkomste en as daar bv 5 kleintjies is, dan is die inkomste aansienlik.

As een van die kinders dalk sterf, dan bly hulle voortgaan om die toelae te trek, of hulle registreer net die dood van “een” kind, alhoewel hulle twee toelaes kry vir dieselfde kind.

Ek het ook gehoor hoe van die bekendste firmas wat gebottelde water verkoop, se water vermoedelik alles behalwe suiwer is. Die waterbronne is in Paulpietersburg en daar word dit by die bron gebottel en na die kleinhandelaars vervoer. Maar, net bokant die waterbronne waar dit gepomp word, sit die Dumbe Township. Daar is geen munispale rioolstelsel nie en  net “longdrop”-atrines. Die vraag is: Hoeveel van Dumbe se riool sypel in daardie waterbronne? Ek glo niemand ken die antwoord nie, want soos ons almal weet, is daar amper glad nie meer monitering en inspeksies van gesondheidswette nie!

установка радиаторов отопленияФильчаков прокуратура харьков

Blou doeltreffendheid

Al die motorvervaardigers het deesdae nie meer die krag- en spoedsyfers op die voorgrond wanneer daar van nuwe motors gepraat word nie. Dit gaan alles deesdae oor die hoeveelheid uitlaatgasse per 100mg wat in die lug in gepomp word. En ja vanaf Septembermaand 2010 gaan daar nog ‘n boetebelasting ook gehef word op die hoeveelheid gifgasse wat jou kar die lug in stuur. Elke nuwe motor wat verkoop gaan word, gaan met tot R75 per gram wat die uitlaat gasse bo 120g/km is beboet word. Dit gaan die onnodig astronomiese motorpryse nog hoër maak.

Blou embleemNou kan ons sien hoekom al die vervaardigers so aangaan oor die gram per kilometer wat sy voertuie die lug in stoot. En ja alle voertuie doen dit, behalwe natuurlik dié wat ten volle elektries aangedrewe is, die gholfkarretjies en so aan. Self daardie Toyota Pruis of Lexus 450h wat jy beplan om te koop, is skuldig.

Mercedes-Benz het  soos baie ander vervaardigers besef daar moet iets gedoen word aan die situasie. Die oplossing was nie om dadelik miljarde euro’s na elektriese ontwikkeling te gooi nie, nee hulle sal wag tot een van die Japannese dit regkry en dit dan net verbeter. Die nuwe CGI-modelle het die lig gesien. Hierdie is gewone Mercedes-motors met ‘n klein enjin en turbokrag wat nie net minder gasse die lug in stuur nie maar sommer ook meer krag as die konvensionele enjins lewer. Die brandstofverbruik is dus ook minder want die gas wat die lug moes in, word nou gebruik om die motor aan te dryf. Dit is dus ‘n baie beter oplossing vir ‘n klomp probleme. Die nuwe Mercedes gee meer krag, gebruik minder brandstof en verbrand dus minder gasse. Die ding is net: nou betaal jy nóg meer vir die tegnologie! Ons het die E200 CGI Blue Efficiency Estate onder hande gehad.

Binneruim

In tradisionele Mercedesstyl is die nuwe E-Klas baie goed aanmekaar gesit, met kwaliteitafwerking en styl reg rondom jou. Die nuwe E-Klas is ook sommer vol nuwe tegnologie en ons toetsmotor was met die “Avantgarde” afwerking toegerus wat nog mooier wiele, swart leersitplekke en ‘n meer sportiewe sierrooster byvoeg. Die sitplekke is iets om te beleef. Hulle beskik oor ingeboude waaiertjies wat jou sommer gou afkoel, sou op die leersitplekke begin sweet en dit werk. Daar is ook sommer verhitting in dieselfde sitplekke ingebou wat weer die koue leer baie vinnig lekker verhit. Dan is daar die “active seats” wat jou netjies in die sitplek vashou, sou jy vinnig om ‘n draai gaan; die teenoorgestelde kant van die sykussing waarheen jy draai blaas in millisekondes op of af om jou mooi styf in die sitplek vas te hou. Die sitplekke masseer dan ook jou rug so terwyl jy bestuur en op ons rit Polokwane toe en terug was die funksie hemels.

Die middelkonsole is toegerus met beheerknoppies vir die radio, wat nogal ‘n Harman Kardan Logic 7 is, die elektroniese klimaatbeheer en die navigasiestelsel. Daar is ‘n stelsel wat Mercedes “Thermotronic” noem: basies ‘n klimaatbeheerstelsel wat twee kante van die binnekajuit individueel beheer. Die agterste passasiers kan ook die gedeelte van die binneruim apart van die voorste deel beheer.

MB-stasiewaDie groot voordeel van ‘n stasiewa – en ja, die Estate is ‘n stasiewa – is natuurlik die laairuimte. Daar is nie minder as 1 950 dm³ se laairuimte in die Merc nie. Dit is eenvoudig enorm. Die agterste laaideur kan ook outomaties, met die druk van ‘n knoppie in die bestuurder se deur, oopgemaak word. Wanneer die groot agterdeur wyd oopstaan, kan dit dan weer deur middel van ‘n knoppie aan die binnekant van die agterklap elektronies toegemaak word. Jy kan dit ook sommer op die konvensionele manier met die hand toeklap, sou jy wou. Daar skuil ‘n volgrootte noodwiel onder die vloer van die laairuimte en die hele binneruim is met gehalte tapyte toegerus. Mercedes noem die outomatiese deur die “Easy Pack”-pakket. Nog ‘n deel daarvan is dat die vloer van die laairuim soos ‘n konsertina opvou om verskeie pakplekopsies te skep. Daar is ook ‘n opvoubare kruideniersmandjie sommer in die motor.

Ons toetsmotor was toegerus met die opsionele panoramiese sondak; dié is eintlik twee dakke in een: een vir die voorste insittendes en ‘n tweede vir die agterste passasiers. Die agterste dak kan nie oopskuif nie, maar het ‘n outomatiese sonblinding wat oop en toe skuif. Daar is ook ‘n stemaktiverende funksie vir die telefoon , radio en navigasiestelsel waar die bestuurder standaardvrae beantwoord om sekere funksies in die motor te beheer. Dit is nogal baie handig deurdat die bestuurder slegs nodig het om een knoppie op die stuurwiel te druk en dan te vra wat hy wil verstel. Die radio het ook ‘n 6-gang voorlaailaserskyfspeler wat selfs DVD’s kan speel. Die speler beskik oor ‘n ingeboude geheue van 6 Gigagrepe soos ‘n rekenaar of Ipod waarop musiek gebêre kan word.

Enjin

Anders as wat die naam aandui, is die E200 CGI Estate nie toegerus met ‘n 2-literenjin nie. Hierdie is ‘n 1,8-litereenheid met direkte turboaandrywing. Die ratkas is ‘n seepgladde 5-spoed outomatiese kas wat die groot wa sonder moeite aandryf. Kragontwikkeling is ‘n gesonde 135 Kw en omdat hy turbo-aangejaag is, is die wringkragsyfer ook baie indrukwekkend teen 270Nm. Die ekstra gewig van die stasiewa beïnvloed nie die motor se verrigting en hantering nie; dit alles is te danke aan die selfgelykmakende veringstelsel wat standaard op al die Estate-modelle beskikbaar is. Verrigting is besonder goed met ‘n topsnelheid van 225km/u en uitlaat gasse van slegs 179g/km. 0-100km/u word in 8,7 sekondes behaal.

Veiligheid

Outomatiese agterdeurHierdie is ‘n Mercedes-Benz, dus is die veiligheidsfaktor van ‘n hoë standaard met ingeboude stelsel wat meer daarop gemik is om ‘n botsing te vermy as om die insittendes te beskerm. Indien daar wel ‘n botsing sou plaasvind, spog die E met ‘n 5-sterveiligheidstoekenning van die Europese Euro cap. Daar is die radar wat in die neus ingebou is wat die afstand tussen jou en die voertuig voor jou monitor en dan die spoed aanpas volgens die afstand wat die bestuurder vooraf ingeprogrammeer het. Met ons tog na Pietersburg het ons die stelsel deeglik getoets deur hom heeltemal by al die tolhekke te vertrou. Die stelsel het telkens die motor tot stilstand gebring by die tolhekke wanneer die verkeer stadiger beweeg en eintlik tot stilstand kom. Die stelsel kan ook ‘n aankomende motor van agter dophou en sal dan ook die remdruk aanpas sou hy agterkom iets kom te vinnig van agter af na jou toe aan.

Daar is die “Adaptive High Beam”-stelsel wat die hoofligte monitor vir aankomende verkeer. Wanneer die hoofligte op skerp is, sal dit self domp om nie die aankomende verkeer te verblind nie. Wanner die ligte verdof is, bepaal die stelsel dan ook self die maksimumafstand wat verlig kan word sonder om die aankomende verkeer te verblind. In die gedompte verstelling kan die ligte tot 300 meter ver verlig. Dit verseker dat daar geen bestuurderinvoer van skerp- na dompligte meer nodig is nie; die motor doen dit self. Daar is ook klein geel driehoekies in die syspieëltjies ingebou wat verlig wanneer jy onder 30km/u ry om jou te waarsku dat daar dalk iets in jou blindekol kan wees. Sou daar egter teen enige spoed iets in jou blinde kol inbeweeg, sal die driehoekies outomaties verlig om jou aandag op die voorwerp te vestig.

Daar is ook ‘n horde ander veiligheidstelsels soos die “Pre-Safe”-stelsel wat die sitplekgordel letterlik teen jou lyf vastrek wanneer die motor aangeskakel word. Dit sal al die kantruite en sondak outomaties toemaak wanneer die motor vinnig ry. Ook die sitplekke is “intelligent” in die sin dat wanneer die motor agterkom daar gaan nou ‘n botsing plaasvind, verskuif hy die sitplekke na die optimale posisie vir die ontplooiing van die lugsakke. Die lugsakke word op twee maniere ontplooi; dit hang af van die erns van die botsing of die sakke ten volle of net half ontplooi word. Daar is natuurlik lugsakke teen al die kantruite en die sykante van die insittendes, asook vir die knieë. Agterste passasiers het ook kantlugsakke en gordelversterkers wat help om hulle in posisie te hou tydens ‘n botsing. Die voorste kopstukke verstel binne millisekondes om die voorste insittendes se nekke meer stut tydens ‘n botsing van agter te gee.

Ná ‘n botsing plaasgevind het, sorg die E-Klas dan ook dat daar nie verdere skade aangerig word nie deur die enjin outomaties af te skakel en die brandstoftoevoer heeltemal af te sny en te isoleer. Die noodflikkerligte word geaktiveer en die ligte binne in die kajuit word outomaties aangeskakel; die kantruite kan effens oopgemaak word om toegang of uitgang te vergemaklik. Al die deure se slotte ontsluit outomaties ná ‘n botsing. Ander stelsels soos die parkeerhulpstelsel met ingeboude kamera wanneer trurat geskakel word, help met agteruitparkering.

Gevolgtrekking

Die E200 CGI Estate Avantgarde wat ons bestuur het, is beslis een van die beste familievoertuie op die mark. Ons Suid-Afrikaners kan net nie vatplek kry aan stasiewaens nie, maar in Europa en Amerika is dit juis hierdie tiepe voertuie wat die helfte van die onderskeie modelle se verkoopsyfers uitmaak. Ons toetsmotor se prys met standaardtoerusting is R509 000, maar dan kom die R23 600 van die Aventgarde-pakket, die R5 500 vir die 18-duimsierwiele, die R12 500 vir die sitplekventilasiestelsel, die R22 000 vir die DVD-speler, die R24 500 vir die “Driving Assist”-pakket, R16 000 vir die sondak, R7 800 vir Harmon Kardon-radio, R3 100 vir die “Media Interfase” van die klankstelsel, R3 250 vir metaalverf,  R4 600 vir die trukamera… dan tel dit op na ‘n astronomiese R631 850! Dit is lekker duur, maar dit bly ‘n Mercedes-Benz met al die speelgoed wat jy ooit in enige motor sou wou hê. Die meeste veiligheidskenmerke is darem standaard in die E-Klas ingebou. Tans is daar nie eintlik ‘n mededinger vir die Merc nie, maar dalk kan die BMW 5 Reeks Touring net die regte ding wees.

пародонтолог москва отзывылобановский депутат

Misdaadstatistieke

By die beoordeling van statistiek word verskeie modelle gebruik om akkuraatheid te beoordeel. Die eerste alarmklokkie wat afgaan is as ‘n syfer op ‘n uitskieter dui – maw as die syfer soos ‘n seer duim uitstaan.

Met misdaadstatistiek is daar verskeie ander hulpmiddels. Uit ervaring is daar ‘n verwantskap tussen sosio-ekonomiese omstandighede en sekere tipes misdaad, beperk sigbare polisiëring sekere tipes, veral kontakmisdaad, en het die politieke boodskap wat beklemtoon word, ook ‘n impak. Laasgenoemde is deeglik ervaar met die feitlike opdroog van plaasaanvalle tydens die wêreldsokkertoernooi – ‘n era waar die regeringspolitici hulle seldsaam teen dié euwel uitgespreek het. Sedertdien het dié uitsprake weer grootliks omgesit in verbale aanvalle op boere, en was dar die afgelope naweek minstens twee plaasmoorde, terwyl ‘n bejaarde vrou nou nie net as weduwee agtergelaat is nie, maar self ernstig aangerand is en onder meer skedelbreuk opgedoen het.

Woorde is egter nie genoeg nie, veral as die persepsie dat die regering holle woorde spreek nesgeskop het. Terwyl geweldsmisdaad soos moord en seksuele misdrywe ‘n welkome afname toon, neem handelsmisdaad nou al vir vyf jaar jaarliks skerp toe. Handelmisdaad word selde na verswakkende sosio-ekonomiese omstandighede herlei, en dui eerder op ‘n morele verrotting wat te midde van onvoldoende wetstoepassing gedy. Hier word dikwels ‘n swak voorbeeld gestel.

Ongelukkig is die alewige uitskieters steeds met ons.

Die polisie en die Mediese Navorsingsraad verskil reeds ‘n geruime tyd oor die land se moordsyfers, en ‘n finale oordeel sal eers gevel word wanneer die MNR se navorsing ook op ‘n afname dui, al klop die getalle nie.

Die gereelde landbousensusse bring egter ook ontstellende verskille in misdaadsyfers, soos veediefstal. Terwyl die landbousensus se gegewens vir veediefstal ooreenkomste toon met die veegetalle in die provinsies, bv die Noord-Kaap, lyk die polisie se syfers basies met die uitsondering van die Vrystaat baie anders. ‘n Groot vraagteken kan ook geplaas word as die totale waarde van veediefstalle in die landbousensus deur die polisie getalle gedeel word, en die gemiddelde verlies per vee-eenheid wat skape en hoenders insluit, op R30 000 bereken word.

Uit ‘n vergelyking tussen die aantal dronkbestuur-arrestasies in provinsies wil dit steeds voorkom asof die relatiewe lae, per capita-voorkoms in provinsies soos Limpopo (42 per 100 000), Mpumalanga (59 per 100 000) en die Vrystaat (57 per 100 000) meer met lae intensiteit wetstoepassing as soberder bestuurders verband hou. Nie net is die per capita-arrestasies baie minder as veral dié in die Wes-Kaap (292 per 100 00) nie, maar die aantal padsterftes in die provinsies met minder dronkbestuur-arrestasies dui ook nie op minder dronkbestuurders nie. Ook die per capita-padsterfteyfers per provinsie strook nie met die groot verskille in aangekeerde dronkbestuurders nie.

Statistiek is onontbeerlik vir beplanning, en die waarde van die syfers kan net beoordeel word aan die hand van die regering en die polisie se reaksie hierop.

мои домик для барбиtopcargo отзывы сотрудников

‘Idioties en gevaarlik’ om Koran te verbrand

Die top-wetstoepassingsbeampte in Amerika het ‘n kerk in Florida se planne om op die herdenking van die 11 September 2001-aanvalle kopieë van die Koran te verbrand, as “idioties en gevaarlik” bestempel.

Prokureur-generaal Eric Holder het Dinsdag dié woorde gesê nadat hy met geestelike leiers vergader het oor maniere om ‘n anti-Islamitiese golf in Amerika te konfronteer, te midde planne van ‘n evangeliese pastoor om Saterdag ‘n seremonie te hou waartydens kopieë van die Koran verbrand sou word.

Pastoor Terry Jones het gesê die verbranding van die Koran-kopieë is daarop gemik om “dié te onthou wat op 11 September brutaal vermoor is,” en om ‘n boodskap te stuur aan “die radikale element van Islam”.

насосы длялобановский александр досье

Die fisiologie van die staking

Na raming het die staking wat nou voorlopig opgeskort is, die land regstreeks R1 miljard per dag gekos. Dit kan moontlik meer wees, omdat bereken is dat ‘n vorige Cosatu-staking die land R2 miljard per dag gekos het. Voeg hierby die enorme onregstreekse skade wat moontlik uit die hewige negatiewe beriggewing voortgespruit het, en Suid-Afrika kan op die duur ‘n ontsettende duur prys betaal.

Indien uit die ondervinding geleer word, en die land die lesse ter harte neem, kan daar egter ook positiewe vrugte wees.

Ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party wat vandag sy tiende bestaansherdenking vier, het die problematiek en oplossings soos volg saamgevat:

– Selfs in die buiteland word nou reeds daarna verwys dat Suid-Afrika ‘n staakseisoen het. Dié beeld is baie negatief van Suid-Afrika en moet noodwendig beleggersvertroue knou, afgesien van die skade wat die staking regstreeks aan die land aanrig. Daar moet dus strategies beplan word om stakings die hoof te probeer bied voor dit ‘n werklikheid word, eerder as om skouers op te trek, en na die grondwetlike reg om te staak te verwys.

– Die gewelddadigheid waarin stakings ontaard en optredes soos om teaterpersoneel uit operasieteaters te sleep om saam te staak is onverskoonbaar en die sterkste moontlike stappe moet teen die skuldiges geneem word.

– Die konsep van ‘n staking waar die beginsel van geen werk, geen betaling geld, balanseer die belange van werkers en werkgewers, en om uitsonderings te maak laat Pandora se boks wawyd oop.

– Met die groot omvang van werkloosheid, kan die vraag ook gevra word of die regte mense in die eerste plek in diens is as diegene wat matrikulante vlak voor hul eindeksamen in die steek gelaat het, en pasiënte laat sterf het, nou met vetter beursies terugkeer werk toe.

– Met Suid-Afrika wat die hoogste meetbare inkomstegaping ter wêreld het, moet daadwerklik daarteen gewaak word dat die persepsies rondom relatiewe deprivasie onbeheerbare vlakke bereik. Dit beteken die regering en politieke ampsbekleërs moet ‘n voorbeeld stel deur in pas met die werklikheid te leef. Uitspattigheid voed gewoon die klimaat van ongelukkigheid.

– In die strategiese beplanning moet dit nooit weer gebeur dat diegene wat nie op ‘n oproep op nasionale belang reageer nie, groot verhogings kry terwyl diegene wat wél gehoor gee, dan in ‘n toe hand moet vaskyk nie.

– Korrupsie, die diefstal van ‘n land se toekoms, moet sonder aansiens des persoons uitgeroei word, en politieke ampsbekleërs wat hulle aan tenderpreneurskap en kleptokrasie skuldig maak, moet uitgewerp word.

– Kundigheid moet ten alle tye gebruik word. Dit kom voor asof ‘n groot deel van die huidige ongelukkigheid te wyte is aan die reuse verhogings wat sommige bestuurslui en kaders ontvang het. Boonop blyk dit dat Eskom se jaarverslag so onsamehangend opgestel is dat ‘n foutiewe afleiding gemaak is wat gelei het tot ‘n persepsie van astronomiese verhogings vir die instansie se hoe koppe. Dié onbevoegdheid het die land ernstige skade laat ly deur persepsies van die welgesteldes verder volprop, met ‘n toe hand vir die laag-besoldigdes.

Ander waarnemers en partye sal stellig ook ander sienings en ander aksente hê, maar hierdie opsomming van die situasie bied heelwat ruimte vir besinning.

горизонтальный ценаФильчаков прокурор харькова

VF+ kla dat ANC joernaliste intimideer

“Die onafwendbare afleiding uit die jongste besluit van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), om die klagtes teen die joernalis Mzilikazi Wa Afrika terug te trek, is dat die optrede van die NVG en Polisie nie deur suiwere regsplegingbeginsels en geregtigheid gemotiveer was nie. Die terugtrekking van kriminele klagtes teen die joernalis Mzilikazi Wa Afrika word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. Die party spreek egter sy teleurstelling uit met die optrede van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Polisie. Die feit dat die klagtes teen Wa Afrika nou teruggetrek is, bewys dat die NVG en die Polisie oorhaastig opgetree het,” het dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus en adjunkminister van landbou gesê.

“Die tydsberekening van die optrede van die NVG lei daartoe dat die afleiding gemaak word dat die staat sy magsinstrumente misbruik het om ‘n joernalis wat ongemaklike berigte oor die ANC skryf, te intimideer. Op watter gronde word ‘n joernalis gearresteer en aangehou as daar so min van ‘n saak teen hom is dat die saak uit die hof gegooi word?” het Mulder gevra. Die NVG moes toe reeds aanvaar het dat nuwe klagtes teen Mzilikazi Wa Afrika nie gebring moes word totdat die Polisie en NVG die saak voldoende ondersoek het nie.

“Hierdie voorval van magsmisbruik en die inperking van mediavryheid in Suid-Afrika het reeds die goeie internasionale beeld van Suid-Afrika na die Wêreldbekersokkertoernooi onherstelbare skade aangedoen. Omdat dit alles plaasvind midde in ‘n debat oor die moontlike instelling van ‘n media-tribunaal, is die skade soveel erger,” volgens dr. Mulder.

светодиодные лампы москваФильчаков Александр Васильевич

Mediatribunaal kom

Die ANC se voornemens om ‘n mediatribunaal op te rig sal voortgaan  het pres. Jacob Zuma Woensdag in die parlement gesê. Die media is tans besig om sy eie reëls van selfregulering te hersien om die skepping van die tribunaal te probeer verhoed. 

Zuma was egter vasbeslote om met ‘n ondersoek na die moontlikheid van ‘n mediatribunaal voort te gaan.

“Die persraad kan maar sy eie oorsig doen. Die media het in amper ‘n dekade nog nooit selfondersoek gedoen nie, tot die ANC die tribunaal-kwessie geopper het,” het die president gesê.

Die manier waarop die media verskoning maak vir foutiewe beriggewing, lei tot groot ongelukkigheid, het Zuma gesê.

“Wanneer die media sy foute erken, is die verskonings niksseggend. Ons móét die moontlikheid van ‘n tribunaal ondersoek, sodat daar ‘n ander toevlug is as mense nie tevrede is nie.”

Mario Oriani-Ambrosini (IVP) het die Franse filosoof Francois Voltaire se woorde aangehaal in ‘n opvolgvraag: “Net soveel soos wat ek haat wat hulle oor my skryf, soveel sal ek hulle rég om dit te skryf, verdedig.”

Zuma het gelag vir die aanhaling en gesê: “Dit is die agbare lid se demokratiese reg om die media toe te laat om enigiets oor hom te skryf. maar menseregte is vir die ANC baie belangrik en niemand kan ons iets daarvan leer nie.

“Dit is ons plig om na ander se menseregte om te sien en ons sal nie swig voor die media se onregverdige verslaggewing nie.”

игры для детеи 6 летФильчаков прокуратура харьков