Polisie jaag skoolkinders met rubberkoeëls uitmekaar

Die polisie het met rubberkoeëls op ‘n groep skoolkinders geskiet wat buite ‘n skool in Hazyview amok gemaak het, het ‘n woordvoerder in Mpumalanga gesê.

“Die leerlinge het klasse ontwrig en vensters uitgeslaan by die Bhekiswayo Sekondêre Skool,” het kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die skare kinders uitmekaar te jaag. Niemand is in hegtenis geneem nie,” het hy bygevoeg.

Die gr. 11-leerlinge wat in 2010 gedruip het, het glo buite die skool oproerig geraak nadat hulle daarop aangedring het om na matriek deurgesit te word.

“Hulle het ook ander leerlinge gedwing om by hulle aksie aan te sluit.”

Niemand is in die voorval beseer nie.

free online gamesФільчаков прокурор

ANC distansieer hulself van Malema se susji-uitlating

Die ANC het Maandagaand ‘n haastige verklaring uitgereik waarin hulle hulself distansieer van die president van ANC-jeugliga, Julius Malema, se jongste uitlatings.

Malema is Maandag in die media aangehaal waar hy gesê het; “Helen Zille probeer al die klubs in Kaapstad toemaak, maar dié een behoort aan die ANC”.

Dít kom nadat die skatryk sakeman, Kenny Kunene, die afgelope naweek sy eie nagklub in die stad geopen het.

Nuwe wetgewing in die Wes-Kaap bepaal dat geen alkohol na 02:00 verkoop mag word nie.

JP Smith, die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gemaan dat niemand vir spesiale voorkeur sal kwalifiseer onder die nuutste wetgewing nie.

Malema is aangehaal waar hy sê dat die wetgewing nie van toepassing sal wees by Kunene se nagklub waar susji op semi-naakte vroue bedien word nie.

“Die ANC wil dit duidelik maak dat ons geen belangstelling het in die bestuur van ‘n nagklub nie. Die ANC stel nie belang in klubs en partytjies nie,” het Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, in ‘n persverklaring gesê.

“Verder wil ons nie geassosieer word met die gebaar om susji vanaf ‘n vrou se lyf te eet nie. Dit is onsensitief en ondermyn die integriteit van vroue.”

купити іграшкуданильченко юрій броніславович компромат

Snuffelende soesji-swyne

Die “sakeman”, of in ieder geval iemand wat deesdae vir die ware Jakob in Suid-Afrika deurgaan, mnr Kenny Kunene, het weer sy soesji-foefie uitgehaal. Dié keer was dit in Kaapstad. Kunene het ‘n nuwe nagklub in Kaapstad oopgemaak, bekend as die ZAR-klub. (Is dit vernoem na die Zuid-Afrikaansche Republiek? Sekerlik nie!) Hy het toe opnuut soesji van ‘n vrou se maag gevreet, en let op ek gebruik die woord vreet, omdat dit by ‘n trogvark soos Kunene pas.

Gwede Mantashe, die sekretraris-generaal van die ANC, het die soesji-etery skerp veroordeel, nes Suid-Afrika se houtwerk-savant, Julias, wat self die vorige insident van soesji en modelle in Johannesburg veroordeel het. Met die soort verontwaardiging wat Marx of Engels se baarde behoorlik sou laat bewe het, het Mantashe die etery van soesji as “teen-revolusionêr” en “anti-ANC” bestempel.

Ek verskil egter heeltemal met kameraad Mantashe. Mnr Kunene se optrede is allesbehalwe teen-revolusionêr; inteendeel. Dit is bloot omdat Kunene ‘n ekstreme weergawe van Julias, met sy uitspattige R250,000-polshorlosie en legio luukse motors, is, dat hy die ander kamerade tot sulke intense ongemak stem. Kunene se optrede is ‘n spieël waarin die ANC se SEB-trogvarke, tendepreneurs en korrupte politici hulle eie, obsene, grotesk-oorgewigte (dink aan Zuma se dikbus-seun wat mynwerkers by Aurora laat krepeer van die honger, terwyl hy self foie gras vreet) aangesigte sien, en dit is nie ‘n mooi ding om gade te slaan nie, selfs nie eens vir die mees geharde kaviaar-kommunis nie.

Hoekom ek sê Kunene susji-etery is allermins teen-revolusionêr, is omdat dit ontwerp is om sy en sy mede swart, manlike SEB-trogvarke en tenderpreneurs se oppermag as die nuwe heersers van die land te beaam. Niemand en niks is buite bereik van dié trogvarke nie, sê Kunene se optrede. Ons kan maak wat ons wil, koop wat ons wil, en ook wie ons wil – selfs ‘n vrou wat as ‘n menslike skinkbord moet dien. Dis ten nouste verwant aan die verskynsel van bloulig-konvooie, waar onbenullige ANC-kaders begelei word deur ‘n trop ongedissiplineerde bobbejane wat sonder enige provokasie enige motoris van die pad sal druk, indien hulle hom nie van die gras sal maak nie. Weer eens is die boodskap: Ons is verhewe bo die wet, en reels is iets wat vir ander mense geld.

Kunene se jongste menslike soesji-skinkbord is die mees kragtige boodskap nóg dat die ANC se swartmag-trogvarke die kitaar slaat en die res moet dans, dat die wiel sy volle sirkel gedraai het, dat die revolusie voltrek is. Die Kaapstadse skinkbord is naamlik doelbewus ‘n aanvallige, blanke vrou (sien foto’s). Opnuut gryp die boodskap jou, bind jou vas, en slaat jou oor die kop: “Ek, die SEB-trogvark, kan selfs julle blanke mans, wat ons revolusie volledig omver gewerp het, se vrouens as my menslike skinkbord gebruik.”

Mag- en maagpolitiek, “Black Power” en die volledige vernedering van hul vorige vyand, vrouens en veral die blanke man, word deur die obsene trogvarke en swyne van die ANC in die proses tot nuwe dieptes van die walglike gevoer.

наборы инструменталобановский супермаркет класс

Hou Shell uit die Karoo

Die Vryheidsfront Plus het vandag sy stem gevoeg by die van die nyweraar, mnr. Johan Rupert, om ‘n stokkie te steek voor die gaseksplorasie-plan van die Nederlandse oliereus, Shell in die Karoo.

Die VF Plus se hoofwoordvoerder oor water en omgewingsake, mnr. Jaco Mulder, het gesê dat indien Shell toegelaat word om voort te gaan met sy bedrywighede, ‘n soortgelyke situasie as die by Sishen kan ontstaan waar die water in die omgewing letterlik opgebruik is en onherstelbare skade aan die omgewing en landbou-aktiwiteite aangerig is.

Die VF Plus is nie gekant teen ontginning en ontwikkeling nie, maar is van mening dat te veel eksplorasie-lisensies tot dusver onoordeelkundig deur die regering toegestaan is en dat ‘n meer omvattende impakstudie gedoen moet word.

Mulder het ‘n beroep op die publiek en gemeenskappe in die onmiddellike omgewing gedoen om mede-verantwoordelikheid te neem vir die omgewing deur hierdie tipe aksies te stuit.

cluedo freeФільчаков Олександр Васильович

‘n Nuwe era van voedselprysopstande

Egipte en Tunisië het pas ‘n nuwe era van internasionale voedselprysopstande ingelei.

Politieke risiko is terug met mening nadat die eerste kosrevolusies van ons Malthusiaanse era dié twee lande geskud het. Albei was blootgestel aan die swak greep van ‘n outoritêre regime en die VSA se evangelie van demokrasie, ‘n nuttige instrument om die arm man te dien.

As jy dus belangstel in ontluikende markte op hierdie stadium, vermy lande met ‘n versnellende gaping tussen ryk en arm.

‘n Tunisiese vrugteverkoper wat homself aan die brand gesteek het ses weke gelede, het ook sodoende die lont aangesteek vir die onrus in Egipte wat dreig om die politieke orde van die Magreb, Jemen, en Sirië ook in puin te laat.

Die oproer in die kulturele en politieke hoofstad van die Arabiese wêreld, Kaïro, kan vinnig onheilspellend raak vir arm, digbevolkte dele van die planeet.

En dit is niks soos die val van die Berlynse Muur nie. Die uiteindelike triomf van die sekulêre demokrasie was skaars te betwyfel in Sentraal-Europa.

Voedselskaarste, daarenteen, ondersteun egter dié groepe wat in die leksikon as “voorhoede” Leninistiese partye bekendstaan.

In Egipte beteken dit die Moslem-broederskap, met die Nobelpryswenner Mohammed El Baradei as marionet. Die Broederskap is natuurlik allesbehalwe demokraties op die Westerse manier. Soos die Turkse premier Erdogan een keer laat glip het, is demokrasie ‘n trem “wat jy ry tot jy by jou bestemming kom, en dan kan jy uitklim.”

Dit neem nie ‘n koorsige verbeelding om te raai wat die Broederskap se opgang kan beteken vir Israel nie, laat staan vir strategiese stabiliteit in die Midde-Ooste. Asië het net so veel om te verloor as dinge verkeerd loop as die Weste. China se energie-intensiteit per eenheid van die BBP is dubbel VSA-vlakke, en drie keer dié van die Verenigde Koninkryk.

Die toename in internasionale voedselpryse is nie die onderliggende oorsaak van die Arabiese opstand nie, in elk geval nie meer as slegte oeste in 1788 die oorsaak van die Franse Rewolusie was nie.

Tog is dit die sneller. Kwesbare regerings is besig om voorrade van graan op te gaar terwyl hulle kan. Algerië het 800.000 ton koring verlede week aangekoop, en Indonesië het 800.000 ton rys, albei baie meer as hulle normale tempo van dié aankope. Saoedi-Arabië, Libië, en Bangladesj probeer ook ekstra graanvoorrade te bekom.

Die VN se Voedsel-en Landbou-organisasie (FAO) het gesê sy wêreldwye voedsel-indeks staan op die hoogste ooit. Hulle het regeringspaniek afgeraai om te verhoed dat “die situasie vererger”.

Die onmiddellike oorsaak van hierdie kosskaarste was die ergste droogte in Rusland en die Swart See-streek in 130 jaar en duur reeds lank genoeg om skade aan winterplante sowel as die someroes aan te rig. Dit is vererger deur laat reëns in Kanada, Nina-onderbrekings in Argentinië, en ‘n reeks van oppervlakte afgraderings in die VSA. Die wêreld se voorraad-om-te-gebruik-verhouding vir mielies is byna op ‘n 30-jaar laagtepunt van 12.8, volgens Rabobank.

Die diepere oorsake is ook bekend: ‘n jaarlikse styging in die globale bevolking, die “uitputting” van die Groen Rewolusie as die winste in oesopbrengste vervaag, en om die Wêreldbank aan te haal: “Dieetverskuiwings in Asië” soos die opkomende middelklas oorskakel na ‘n diere-proteïen dieet, wat 3-5 kilo’s graanvoer vir elke kilo vleis geproduseer insluk, asook die biobrandstofaanplantings wat ‘n derde van die Amerikaanse koringoes in ethanol vir motors omskakel.

Voeg die verlies van landbougrond in Asië se stedelike uitbreiding in, en die uitputting van die nie-hernubare waterbronne vir die besproeiing van Noord-China se vlaktes, en die geopolitiek van wêreldwye voedselvoorsiening begin na ‘n terminale kwaal te lyk.

Kan die wêreld met massahongersnood voortgaan soos altyd? Dalk, maar dis baie gevra. Gebiede van die voormalige Sowjet-Unie kan dalk benut word, Brasilië of Afrika. Laasgenoemde kan dmv toegang tot lenings en titelaktes ‘n werklike groot sprong vorentoe neem.

Die beleggings wat nodig is sal egter nie gou genoeg inskop om ‘n dreigende verskuiwing tussen die stedelike armes se aansprake op grond en die huidige grondeienaars te vermy nie. In Suid-Afrika is die politieke wil om voedselprodusente te beskerm, vir alle doeleindes byna afwesig danksy dekades se verdagmakery.

Ons is op ‘n dunner marge van voedselsekuriteit, soos Noord-Afrika nou ontdek, en China maar al te goed begryp. Landboukundiges in Europa en Amerika glimlag reeds breed…

детскии игрушкиДанильченко Юрий Брониславович компромат

Ernstige waterkrisis in Brits

Donderdagaand, 26 Jan 2011, het die tekort aan water in Brits reeds begin. Vrydag was daar vir ‘n kort rukkie water. En Saterdag weer, geen water!

Die nagmerrie word al groter vir die inwoners van Brits.

Toue en toue mense staan by winkels wat water verkoop. Teen Sondagoggend 10h00 was verskeie winkels reeds leeg getap. Die dorp wemel van mense wat met bottles, kruiwaens, en bakkies rondbeweeg op soek na drink- en badwater. Gemoedere by die toue het teen 13h00 hoog geloop. Van die inwoners dreig met protesaksies.

Oor ‘n radiostasie (Bosveld Stereo 107.5) bied mense skoon water aan.

Die hospitaal ontslaan mense want daar is geen water nie. Restaurante kan sekere geregte nie maak nie, agv die tekort.

Verkeie redes word deur die owerhede aangevoer vir hierdie krisis. Een van hulle is bv. ‘n kabel wat gesteel is. Die Brits Belastingbetalers, BBTF, betwyfel egter hierdie rede, en vermoed dat swak bestuur en tekort aan koolstof en filters in die suiweringsaanleg eerder die redes is.

Die BBTF vra dus mense om petisies te teken vir ons databasis. Sodra die basis gevestig is, sal daar met aksies begin kan word.

Intussen moet mense voortgaan om dispute teenoor Madibeng se munisipaliteit aan te teken, en nie afgesit word met verklarings soos:” Madibeng is reeds onder administrasie, en ‘n dispuut sal nie help nie”.

Die blatante laksheid, pure onkunde asook korrupsie is die hoofoorsake van die stadsraad se moeilikheid

интернет магазины игрушек харьковФильчаков Александр Васильевич

Die VSA se draadsittery

Jimmy Carter sal in die Amerikaanse geskiedenis onthou word as “die president wat Iran verloor het”. Tydens sy termyn het Iran van ‘n belangrike strategiese bondgenoot van die Verenigde State tot die mees revolusionêre Islamitiese Republiek gevorder.

Barack Obama sal onthou word as die president wat nie minder nie as drie lande, naamlik Turkye, Libanon en Egipte verloor het en tydens wie se bewind Amerika se alliansies in die Midde-Ooste verkrummel het.

In beide gevalle, het ‘n Verenigde State in finansiële krisis en na mislukte oorloë, invloed wêreldwyd onder ‘n linkse president verloor wie se goeie bedoelings in die buiteland gesien word as gewoon net uitdrukkings van swakheid. Die resultate word weerspieël in die val of beleidsaanpassings van regimes wat afhanklik is van hul verhouding met Washington vir oorlewing.

Amerika se algemene swakheid raak duidelik sy vriende. Maar in teenstelling met Carter, wat menseregte verkondig het, selfs wanneer dit bondgenote seergemaak het, gaan sit Obama op die draad en speel versigtig uit vrees vir ondermyning van stabiliteit.

Obama het sy presidentskap afgeskop met reise na Turkye, Egipte en Saoedi-Arabië, en in toesprake in Ankara en Kaïro probeer om nuwe bande tussen die Verenigde State en die Moslemwêreld te bewerkstellig. Sy boodskap aan Moslems was “Ek is een van julle,” en hy het dit ondersteun deur uit die Koran aan te haal. President Hosni Mubarak was egter nie saam met hom op die verhoog by Kaïro Universiteit nie, en Obama het geen melding van sy leër gemaak nie.

Obama glo blykbaar dat die grootste probleem van die Midde-Ooste die Israeliese besetting is, en sy beleid bly gefokus om konstruksie in die nedersettings te staak en die mislukte poging om vir vrede te onderhandel, te hernu. Dié draadsittery het gelei daartoe om tans te “werk” om ‘n Israeli-Iraanse oorlog af te weer.

Die afwesigheid van menseregtekwessies van die Amerikaanse beleid vis-a-vis Arabiese lande is pynlik opsigtelik. In die afgelope paar maande het talle opiniestukke verskyn in die Westerse pers wat beweer dat die dae van Mubarak se regime getel is, en ‘n beroep is op Obama gedoen om uit te reik na die opposisie in Egipte.

Die VSA-administrasie staar ‘n dilemma in die gesig. ‘n Mens kan dink dat Obama homself met die betogers kan identifiseer. Maar ‘n supermoondheid is nie ‘n burgerregtebeweging nie.

Die straatopstande in Tunisië en Egipte het getoon dat die Verenigde State min kan doen om sy vriende te red van die toorn van hulle burgers. Nou sal Obama onder skoot kom omdat hy nie gou genoeg die Egiptiese opposisieleiers ondersteun het en geëis het dat Mubarak se teenstanders vrygelaat word uit die gevangenis nie. Hy sal beskuldig word daarvan dat hy nie premier Benjamin Netanyahu hard genoeg gedruk het om die nedersettings te stop nie en dus indirek die stygende getye van woede in die Moslemwêreld aangehelp het. Maar dit is ‘n geval van 20:20-visie agterna. Daar is geen waarborg dat die Egiptiese opstand of Tunisië anders sou afgeloop het nie, selfs al het Israel op hulle kop gestaan.

Nou sal Obama probeer om weer op die draad te sit. Dalk is Mubarak se opvolgers nie klone van Iran se leiers wat ‘n radikale anti-Amerikaanse beleid wil sien nie. Miskien sal hulle Turkye se eerste minister, Erdogan navolg, wat magsblokke en supermoondhede ontduik sonder om sy land se lidmaatskap in NAVO en die verdedigingsbande met die Verenigde State in gevaar te stel. Erdogan het ‘n goeie ooreenkoms vir Turkye beding.  Hy trek voordeel uit die politieke stabiliteit en ekonomiese groei sonder om in iemand se sak te wees. Dit kan werk vir Egipte ook.

Maar vir Israel sal dit nie werk op die lang duur nie.

форма 1 гсуФільчаков Олександр Васильович прокурор

‘Dit is ons mense’

Egiptiese betogers het Maandag in die sentrale deel van Kaïro gekamp en beloof om te bly totdat hulle president Hosni Mubarak se bewind omver gewerp het. Sy lot hang tans van die weermag af.

“Die weermag moet kies tussen Egipte en Mubarak,” lees een van die vaandels op Kaïro se Tahrir-plein, waar betogers kos met soldate gedeel het wat gestuur is om die orde te herstel ná gewelddadige betogings teen Mubarak se 30-jaar bewind die land tot in sy kern geskud het.

Ná ses dae van onrus wat gelei het tot die dood van 100 mense, het die twee kante ‘n dooiepunt bereik. Betogers weier om te gaan, terwyl die weermag hulle ook nie beweeg nie.

Mubarak se beloftes om ekonomiese hervorming aan te spreek om openbare woede oor stygende pryse, werkloosheid en ‘n groot gaping tussen ryk en arm op te los, het nie gekeer dat breër oproepe opgaan om Mubarak en sy ondersteuners uit die kussings te lig nie.

Betogers pleit vir ‘n algemene staking Maandag wat die einde van die militêre bewind wat sedert ‘n post-koloniale Egipte in die 1950’s heers, kan beteken.

Die Verenigde State, ‘n bondgenoot wat reeds miljarde dollars se steun in Egipte ingepomp het sedert Mubarak aan bewind gekom het, het net kort van openlik gesê dat hulle hom wil uit hê. Amptenare, insluitend president Barack Obama en sekretaris van buitelandse sake, Hillary Clinton, het reeds verwys na “‘n ordelike oorgang”.

‘n Senior Amerikaanse amptenaar, het gesê die gevoel onder Obama se nasionale veiligheid-volgelinge was dat Mubarak se tyd verby is, maar dit moet aan Egiptenare oorgelaat word om te bepaal wat volgende gebeur.

Mubarak, ‘n voormalige lugmaghoof, is Sondag deur sy militêre bevelvoerders bygestaan. Sy toekoms is tans in hulle hande. Egipte se minister van verdediging het Sondag per telefoon met die VS se verdedigingsekretaris Robert Gates in verbinding getree.

Die VSA het die Egiptiese weermag geloof vir hulle “professionaliteit”. Egipte ontvang ongeveer $1,3 miljard per jaar van die VSA aan militêre steun.

Beleggers bly nietemin senuweeagtig. Die krisis in Egipte volg  na ‘n opstand wat die leier van Tunisië twee weke gelede onttroon het asook ‘n golf van woede in ander lande in Noord-Afrika en die Midde-Ooste ontketen het.

Finansiële markte regoor die wêreld was Maandag gespanne oor die impak van die naweek se gebeure in Egipte. Brent-olie is op na ‘n 28-maande-hoogtepunt, net pennies onder $100 per vat. Die dollar het in Asië gestyg nadat beleggers gesoek het na ‘n veilige hawe.

“Die groter vrees is dat die onrus kan versprei na ander Midde-Oosterse lande, insluitend selfs Saoedi-Arabië. As dit gebeur, dan is oliepryse ‘n raaisel,” het ANZ Bank ekonoom Sharon Zöllner in ‘n nota aan kliënte gesê.

‘n Egiptiese opposisiekoalisie wat ook die yslike Islamitiese beweging, die Moslem-broederskap insluit, het Mohamed ElBaradei, voormalige hoof van die IAEA, genader om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm en kontak te maak met die militêre leierskap.

ElBaradei het versoek dat Obama ‘n tydige beroep op Mubarak doen om uit te tree.

“Dit is beter vir President Obama nie te lyk asof hy die laaste een is om aan president Mubarak te sê: ‘Dit is tyd vir jou om te gaan’ nie, ” het hy gesê tydens ‘n CNN-onderhoud.

ElBaradei spandeer baie van sy tyd in die buiteland nadat hy verlede jaar ‘n veldtog van stapel gestuur het vir politieke hervorming in Egipte tot die opposisie se teleurstelling, maar verleen nogtans die gewig van sy internasionale reputasie aan ‘n beweging waarvan ‘n leier ontbreek.

Terwyl die leër wetteloosheid stopgesit het, was daar geen teken hulle bereid is om die betogers van die strate af te kry nie.

“In die volgende paar dae sal veiligheid en stabiliteit terugkeer,” het Brigadier Atef Said in Suez gesê, oos van Kaïro, die toneel van ‘n paar van die ergste gewelddadige voorvalle tussen die polisie en protesteerders.

“Ons sal protes toelaat in die komende dae. Elkeen het die reg om hulle mening te lug.. Ons luister en probeer alle partye help. Ons is nie hier om iemand te stop nie. Dit is ons mense,” het hy gesê.

автоматической насоснойпрокурор харьковской области

‘Behulpsame’ polisielede vas vir verkragting

Twee polisiekonstabels en twee ander mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo in twee verskillende voorvalle oor die naweek in Pretoria tieners verkrag het.

Lt. Kol. Lungelo Dlamini sê een van die konstabels was saam met ‘n ander man toe hulle afgetrek en ‘n 15-jarige meisie Vrydag ‘n geleentheid van die skool af gebied het.

Hulle het haar na bewering na ‘n huis in Pretoria geneem en daar verkrag.

Hulle is in hegtenis geneem nadat sy haar familie vertel het wat gebeur het en sy die mans kon identifiseer.

In ‘n ander voorval is ‘n konstabel en ‘n ander man in hegtenis geneem nadat hulle na bewering Saterdag ‘n 19-jarige meisie ontvoer en by ‘n huis naby Centurion verkrag het.

Die vier mans word van verkragting aangekla en sal eersdaags in die streekhof in Pretoria verskyn.

районная стоматологическая поликлиникаДанильченко Юрий Харьков