Dank Manyi af!

Die VF Plus gaan die Openbare Dienstekommissie vra om Jimmy Manyi se aanstelling as woordvoerder vir die kabinet te ondersoek ingevolge die Wet op Openbare Dienste 103 van 1994. Ingevolge artikels 30(a) en (b) mag staatsamptenare nie enige addisionele werk doen en finansiële vergoeding daarvoor ontvang nie. “Daar is heelwat inligting wat daarop dui dat Manyi ook ander posisies, benewens sy posisie as president van die Black Management Forum, beklee. Die Openbare Dienstekommissie moet hierdie onreëlmatigheid ondersoek en ‘n aanbeveling maak of Manyi se aanstelling buite orde is al dan nie”, het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Arbeid, gesê.

“Die minister van Staatsdiens en Administrasie mag wel posisies buite die voltydse pos goedkeur indien die posisie nie inmeng met die wetlike verpligting om voltyds aandag aan die staatsdienspos te wy nie. Ons weet egter nie of dit die geval is met Manyi nie en daarom word die ondersoek gevra,” het adv. Alberts gesê.

Die VF Plus se ondersoek het aangetoon dat Manyi die volgende posisies beklee:

1. President van die Black Management Forum;

2. President van die BMFI (die Black Management Forum se beleggingsvoertuig);

3. President van die Confederation of the Black Business Organisations (CBBO);

4. Nie-uitvoerende direkteur op verskeie maatskappye se direksies, soos IBM South Africa en Meegbank Holdings.

“Die VF Plus het nog altyd volgehou dat Manyi nie geskik is om ‘n openbare pos te beklee nie. Die publieke reaksie op sy rassistiese uitsprake het weereens die party se mening beaam. Indien dit bevind word dat Manyi nie die nodige toestemming verkry het om die verskillende posisie te beklee saam met sy pos as kabinetswoordvoerder nie, moet Manyi afgedank word en ‘n einde gebring word aan die staat se vermorsing van belastingbetalers se geld op hierdie onbevoegde amptenaar,” het adv. Alberts bygevoeg.

italiasvetФильчаков прокурор харькова

Diensleweringsgeweld in suide van Johannesburg

Die polisie sê die situasie in die Thembelihle plakkerskamp naby Lenasia suid van Johannesburg is glo weer kalm en onder beheer.

Inwoners eers gedreig om weer te betoog nadat hulle vroeër die strate ingevaar het uit protes teen ‘n gebrek aan dienslewering in die gebied.

Die polisie moes rubberkoeëls gebruik om inwoners uiteen te jaag, nadat hulle buitebande aan die brand gesteek en die paaie met groot klippe versper het.

справка для выезжающих за границуФильчаков прокурор харькова

Zuma knip Franse besoek kort

President Jacob is in Mauritanië waar hy hom sal aansluit by die ander lede van die paneel van die Afrika Unie wat die geskil na die verkiesing in die Ivoorkus moet probeer oplos.

Zuma moes vroeër sy toespraak by die Franse Instituut vir Internasionale Betrekkinge in Parys kortknip na kommer oor veiligheid.

Dit het na bewering verband gehou met betogings deur Tunisiërs wat in die stad woon. Die paneel van die AU het ‘n maand tyd om die politieke krisis in die Ivoorkus op te los, maar dit lyk of daar min vordering is aangesien die huidige president, Laurent Gbagbo, steeds weier om die mag oor te dra aan Alessane Ouatarra wat wyd erken word as die wenner van die November-verkiesing.

Vliegtuie van die Libiese lugmag het intussen nuwe aanvalle op die oostelike dorp Brega geloods. Die dorp is ‘n groot olieprodusent en tans onder beheer van teenstanders van die Libiese leier, Moeammar Ghaddafi. ‘n Opposisiewoordvoerder sê die lughawe by Brega en opposisiemagte is onder bomme gesteek.

Tweehonderdduisend vlugtelinge het nou reeds uit die land gevlug weens die onrus. ‘n Grootskaalse internasionale operasie waarby vliegtuie van Brittanje, Frankryk en Tunisië betrokke is, help om mense uit die land te verwyder.

лучшее белое винодепутат лобановский

Sakevertroue daal

Sakevertroue het in Februarie afgeneem in vergelyking met die vorige maand, het die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid Donderdag (SAKKN) gesê.

“Ongeag dié maand se afname, is die opwaartse momentum steeds daar en ons glo dat die sakevertroue-indeks op koers sal bly ná die laagtepunt in sakevertroue in die eerste kwartaal van 2009,” het die SAKKN in ‘n verklaring gesê.

Die indeks was 86,4 in Februarie in vergelyking met 87,4 in Januarie. Dit is 3,4 indekspunte hoër as Februarie 2010.

Die verskeie subindekse van die indeks het gemengde tekens vertoon.

Die wisselkoers en reële koste van finansiering was negatief en dit dui daarop “dat die finansiële omgewing ten gunste van strenger finansiële toestande in die toekoms swaai”.

Hoewel daar op ‘n jaargrondslag ‘n verbetering was, is die SAKKN steeds bekommerd dat vervaardigingsproduksie en konstruksie sukkel om te versnel, ongeag ‘n beter positiewe vooruitsig vir ekonomiese groei.

“Verskeie internasionale verwikkelings tydens Februarie 2011 het die huidige wêreld- ekonomiese herstel in gedrang geplaas,” het die SAKKN gesê.

“Sakevertroue kan drasties getoets word in die nabye toekoms, gegewe ekonomiese onsekerheid en moontlike prysonstabiliteit,” het die SAKKN gewaarsku.

металлические брекетыАлександр Фильчаков прокурор

Polisie ondersoek klopjag op OB

Die polisie gaan ‘n klopjag wat op die kantoor van die Openbare Beskermer uitgevoer is ondersoek, het ‘n woordvoerder Donderdag gesê.

“Ons veroordeel die klopjag en dit was nie goedgekeur nie,” het kol. McIntosh Polela, polisiewoordvoerder, gesê.

Genl. Bheki Cele se kantoor het ook die voorval veroordeel.

Polela het gesê die klopjag is Woensdagaand op die kantoor uitgevoer, op dieselfde dag as wat die kabinet die verslag van die OB se adv. Thuli Madonsela, teen Cele bespreek het.

“Ons is bekommerd dat dit dalk gesien kan word as intimidasie teen die kantoor van die Openbare Beskermer en ons wil op rekord wees dat ons die kantoor van die Openbare Beskermer respekteer en ondersteun,” het Polela gesê.

Die polisie glo dit was ‘n poging om dokumente rakende die verslag in die hande te kry.

Madonsela het Cele skuldig bevind op aanklagte van onregmatige gedrag en wanbestuur nadat die polisie ‘n huurkontrak van R500 miljoen vir die Sanlamgebou in Pretoria goedgekeur het.

автомобильный karcherФильчаков прокурор отзывы

Sasco-optogte

Die Vryheidsfront Plus beskou die feit dat SASCO en die ANC Jeugliga al hoe meer druk op gratis tersiêre onderrig en die nasionalisering van myne plaas, as ‘n bedreiging vir ‘n vrye ekonomie en is van oordeel dat hul eise buitelandse beleggers sal afskrik om in die Suid-Afrikaanse ekonomie te belê.

“Dit is onverantwoordelik van SASCO om gratis tersiêre onderrig as ‘n onmiddellike prioriteit in die huidige ekonomiese klimaat te beskou. Die verbetering van die standaard van basiese onderwys ter voorbereiding van verdere studie, is volgens die VF Plus die belangrikste en ‘n noodsaaklikheid,” het Jan van Niekerk, VF Plus-jeugleier, in reaksie op SASCO se voorneme op landswye betogings vir gratis tersiêre onderwys, wat vir vandag en Vrydag beplan word, gesê.

Die Vryheidsfront Plus is van oordeel dat, indien die standaard van skoolopleiding nie drasties verbeter nie, tersiêre onderrig sinloos sal word. Die swak deurvloei-syfers van instellings soos universiteite sal nie verbeter voordat die algemene geletterdheid van skoliere nie verbeter nie.

Die VF Plus eis dat SASCO nie soos in die verlede deur hul optogte klasse aan akademiese instellings sal ontwrig nie en dat kampusbesture en owerhede pro-aktief sal optree om dit te voorkom. Veral die feit dat SASCO se optogte nie ‘n goeie geskiedenis as vreedsame optogte het nie, behoort aan owerhede ‘n duidelike boodskap van pro-aktiewe optrede te stuur.

Van Niekerk het bygevoeg dat Mbulelo Mandlana, president van SASCO, se stelling “Ons glo nie dat die befondsing vir gratis onderwys van die Heilige Gees gaan kom nie”, onvanpas en onbehoorlik is. Die ANC en sy jeugliga-organisasies gebruik heel te dikwels aanstootlike stellings rakende die Christendom, wat daarop dui dat die sensitiwiteit van die verskeidenheid van die SA-samelewing nie deur die ANC begryp word nie.

осушитель адсорбционныйтопкарго отзывы

Registreer!

Die VF Plus verwelkom adjunkpresident Motlanthe se aankondiging van die datum vir die plaaslike regeringsverkiesing as 18 Mei 2011.

“Dit is baie goed dat daar nou duidelikheid rondom die datum vir die verkiesing bestaan. Sodoende kan politieke partye, die kieserspubliek en die OVK voldoende voorbereidings tref vir die belangrike komende verkiesing,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus gesê.

Die VF Plus doen ‘n beroep op alle stemgeregtigdes om hierdie naweek seker te maak dat hul geregistreer is om in die wyk waar hul woon te mag stem. Indien ‘n kieser onseker is of hy op die regte plek geregistreer is, kan hy sy ID-nommer na 34139 sms.

“Die plaaslike regeringsverkiesing is juis belangrik omdat dit die vlak van regering is wat elke Suid-Afrikaner daagliks direk raak. Kiesers moet gaan stem om sodoende inspraak in dienslewering in hul gemeenskap te kry. As jy nie gaan stem nie – mag jy nie na die verkiesing oor swak dienslewering kla nie,” het dr. Mulder gesê.

Indien opposisiekiesers in groot getalle gaan stem en opposisiepartye werk verstandig saam, kan die ANC weens die proporsionele kiesstelsel sekere gebiede verloor.

светильниковАлександр Фильчаков прокурор

Ope brief aan Trevor Manuel

In ‘n absurde stuk hoogheilige politiekery het u, minister Trevor Manuel, in ‘n ope brief kwansuis luidkeels protes aangeteken teen die ou-ou rassisme van die ANC-regime, wat bloot opnuut na die oppervlak gekom het met die aartsrassis, Jimmy Manyi, se gewraakte uitlatings teenoor bruines. Ek kan dié belaglike uitlatings in u skrywe verwoord egter hoegenaamd nie ernstig opneem nie.

Eerstens is dit ‘n deursigtige en paniekerige poging om die skade wat Manyi se uitlatings aan die ANC se verkiesingsveldtog in die Weskaap gedoen het, ongedaan te maak. Die dawerende stilte van die res van die ANC oor Manyi se uitlatings wys egter hard en duidelik daarop dat Manyi se mening eintlik die hoofstroom-mening binne die ANC is, en dat u, minister Manuel, se flou politiekery dus gesien kan word vir die benoude sprong wat dit is.

Gesien in hierdie lig, kan ek Manyi nie te erg verkwalik vir sy uitlatings nie. Al wat hy gemaak het, is om die endemiese swart rassisme binne die ANC hardop te verwoord. Dit word toenemend duidelik dat die ANC eintlik niks anders is as ‘n swart weergawe van die destydse Nazi-party nie. Net so min as wat die Nazi’s van Jode of Sigeuners gehou het, hou die ANC van enige iemand buiten “African Africans” nie. Die ANC se Einsatzgruppen sluip op die platteland rond en skiet driejarige blanke dogtertjies in die kop. Sy stormtroepe plunder die ekonomie soos wat die Nazi’s die kunswerke van Europa se museums geplunder het. Die bykans pikswart, Afro-fascistiese openingseremonie van die Sokkerwêreldbeker in 2010, was die presiese analoog van die Ariese propaganda in die 1936 Olimpiese Spele in München.

Dit is egter op ‘n meer persoonlike vlak dat ek u belaglike ope brief met totale minagting, indien nie met ‘n dawerende gelag nie, gelees het. Waar was u luidkeelse geskree, minister Manuel, toe Manyi al jare gelede begin het met sy anti-blanke haatspraak? Waarom so stil destyds oor sy aandrang daarop dat Suid-Afrikaanse werkgewers Afrikaner- en blanke-rein moes wees, nes die Nazi’s destyds daarop aangedring het dat hul samelewing Judenrein moes wees? Waar was u nuutgevonde verbintenis tot sogenaamde nie-rassigheid tóé? U is immers ‘n jarelange en luidkeelse ondersteuner van die etniese reiniging van blankes wat onder die naam rassistiese transformasie deurgaan. Waarom nou eers skynheilig begin opgee oor u wat glo nie hiervoor ge-struggle het nie?

Was dit ook nie u nie, minister Manuel, wat gesê het jy steun eerder die All Blacks as ‘n blanke Springbokspan, ongeag of laasgenoemde se spelers almal op meriete daar is nie? En, die vraag wat niemand anders skynbaar vra nie, is waarom, as u so ‘n groot probleem het met die Afro-fascisme waarmee die ANC so deurspek is, bly u steeds ‘n lid van dié rassistiese beweging? Sou die eerbare ding nie wees om uit protes van u amp en lidmaatskap afstand te doen nie?

Nee, wat. U belaglike ou briefie kan van die tafel gevee word vir die stuk hoogheilige drek wat dit is. Dit was slegs toe u eie volk in die visier beland het, dat u skielik u verbintenis tot sogenaamde nie-rassisme herontdek het. Net die mees liggelowige gestremde kan u ernstig opneem.

slots ukОлександр Васильович Фільчаков