Intelligensiehoof het glo bande met rampokker

Genl. Richard Mdluli, hoof van die polisie se misdaadintelligensie, word glo gesoek nadat hy na bewering ingemeng het met die Valke-ondersoek in die saak teen ‘n Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir.

‘n Lasbrief is Woensdag uitgereik vir Mdluli se inhegtenisname.

“Ja, daar is ‘n lasbrief uitgereik en die polisie sal daarop reageer,” het kol. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, gesê.

“Ek kan egter nie bevestig waarvoor hy in hegtenis geneem sal word nie.”

Die Mail & Guardian het verlede week berig dat Mdluli en genl. maj. Joey Mabasa, omstrede hoof van die Gautengse polisie se misdaadintelligensie-eenheid, albei ondersoek word nadat hulle glo ingemeng het in die Valke-ondersoek tydens die Krejcir-saak.

“Die ondersoek fokus na bewering op gerugte dat misdaadintellingensie telefoonoproepe van die Valke se lede onderskep het wat betrokke was in die Krejcir-ondersoek,” het die Mail & Guardian geskryf.

Dit word beweer dat hierdie opnames glo later in die hande van Krejcir en sommige van sy vennote beland het.

Mabasa is voorheen daarvan beskuldig dat hy vergaderings met Krejcir by die Michaelangelo-hotel in Sandton gehou het. Beide mans het hierdie bewerings ontken.

Na bewering het Mabasa se vrou en Krejcir se vrou ook saam ‘n besigheid op die been gebring.

Mabasa het beweer dat hy en sy vrou reeds die afgelope 15 jaar geskei is, ten spyte van die feit dat beide dieselfde huisadres gebruik vir die afgelope vier jaar.

Vroeër Woensdagaand het Eyewitness News berig dat Mdlulu gesoek word in verband met ‘n moord wat in 1999 plaasgevind het.

casino registerФильчаков Александр Васильевич

Brandstofprys moet dringend hersien word

Die VF Plus eis dat die belastingheffing op brandstof verlaag moet word in die lig van die verwagte skokstyging van die petrolprys op 7 April. Ekonome verwag dat die brandstofprys met sowat 30c en die dieselprys met ongeveer 45c gaan styg. Die brandstofheffing van 10c/l sal ook in April in werking tree.

“Die regering het ‘n verantwoordelikheid om die skerp prysstygings wat die verbruiker te wagte kan wees te versag en moet daarom weer na die belastingheffing op brandstof kyk. Die regering kan nie eens aandui wat hulle met daardie inkomste doen nie. In ‘n parlementêre vraag van adv. Anton Alberts aan die minister van finansies, het die minister aangedui dat die inkomste wat verkry word uit belastingheffings op brandstof bloot in die algemene fiskus gestort word. Dit beteken dat die fondse nie geoormerk word vir vervoer-verwante uitgawes nie. Mens kan dus met geen sekerheid sê of die inkomste gemors word nie. Padverbruikers het ‘n reg op deursigtigheid en sekerheid en daarom is die heffings ongeoorloof,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor energie gesê.

“Die brandstofprysverhogings is slegs een van vele verhogings van belastings wat gehef word, soos tolhektariewe, die komende verhoging in elektrisiteitstariewe en die moontlike verhoging van rentekoerse later vanjaar. Indien die staat nie ingryp om die algemene belastinglas te verlig nie, gaan die middelklas begin kwyn en daarmee saam sosiale kohesie,” het Alberts bygevoeg.

free real casinoалександр лобановский класс

Doodsklok vir Afrikaans by UNISA

Die VF Plus het met skok verneem dat die Departement van Kommunikasiewetenskappe aan UNISA van plan is om ‘n voorstel by die universiteit se Senaat in te dien om alle kursusse van hierdie departement vanaf 2012 in slegs Engels aan te bied.  Na wat verneem word gaan hierdie aangeleentheid tydens ‘n vergadering van die taalkomitee van die Senaat op 4 April 2011 bespreek word.  UNISA se taalbeleid maak tans voorsiening vir Afrikaans en Engels as onderrigmedium.

“Indien die betrokke departement daarmee slaag om Afrikaans as onderrigmedium uit sy departement te verwyder, baan dit die weg vir totale verwydering van Afrikaans aan UNISA.  Dit is onaanvaarbaar dat daar teen Afrikaanse studente gediskrimineer word.  Hierdie studente onderneem hul kursusse weens bepaalde redes deur korrespondensie-onderrig aan UNISA en het geen alternatiewe universiteit nie,” het Wouter Wessels, VF Plus-jeugwoordvoerder gesê.

Die VF Plus sal dringende gesprekke met UNISA se bestuur rakende hierdie kwessie belê en sal nie skroom om die minister vir Hoër Onderwys te nader vir ingryping nie.

Die departement van Hoër Onderwys behoort die staatsfinansieringsmodel van universiteite aan te pas sodat ‘n tekort aan fondse nie tot die afskeep van meertaligheid aan tersiêre instellings lei nie.

“Die Afrikaanse studente aan die Departement van Kommunikasiewetenskappe is ‘n minderheidsgroep en het in gevolge artikel 29(2) van die Grondwet die reg om onderrig in Afrikaans te ontvang aangesien dit redelikerwys doenlik is.  Afrikaans se hoër funksies moet beskerm word.  Daar mag nie toegelaat word dat slegs Engels se status aandag geniet en dit ten koste van die ander amptelike tale van Suid-Afrika nie,” het Wessels gesê.

online pokerлобановский александр харьков

Oud-AWB-leier gevang oor wapens

Die voormalige AWB-sekretaris-generaal, André Visagie, het in die Kimberly-landdroshof verskyn  op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, het die Nasionale Vervolgingsgesag Woensdag gesê.

NVG-woordvoerder Mthunzi Mhaga gesê Visagie is gister deur die polsie in hegtenis geneem.

Die polisie beslag gelê op 14 selfone, rekenaars, 650 rondtes ammunisie van verskillende kalibers, vyf tuisgemaakte haelgewere en ‘n ongelisensieerde 9mm-pistool wat vermoedelik gesteel is.

Ander items waarop beslag gelê is, het ingesluit ‘n selfoon wat op so ‘n manier verander is dat dit gebruik kan word as ‘n afstandgeaktiveerde ontsteker vir’ n geïmproviseerde ploftoestel, ‘n paar monsters van moontlike plofstof, kruit en’ n groot hoeveelheid dokumente.

Mhaga het gesê Visagie is borg toegestaan ​​van R10 000 en vrygelaat terwyl die saak tot 20 Mei vir verdere ondersoek uitgestel is.

Die NVG het gesê dat die inhegtenisneming op ‘n intensiewe ondersoek volg.

Meer moontlik arrestasies en bykomende klagtes kon nie uitgesluit word nie.

Die Nasionale Kommissaris van Polisie Bheki Cele het die polisie se misdaadintelligensie-eenheid met die arrestasie gelukgewens.

“Die operasie is uitgevoer op grond van inligting wat deur die teenterrorisme-eenheid ingesamel is wat betrekking het op beweerde onwettige bedrywighede wat deur die 47-jarige gepleeg is,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Cele het gesê die opsporing van onwettige wapens, ammunisie en plofstof het deel gevorm van die polisie se polisiëringsprioriteite, en die klopjag Dinsdagnag was bedoel om sodanige bedreigings uit die samelewing te verwyder.

костюмылобановский александр игоревич класс

Nuwe Firefox-webleser gratis in Afrikaans

Firefox, die gratis webleser deur Mozilla, het so pas ‘n nuwe weergawe, Firefox 4.0, bekendgestel. Dis goeie nuus vir Praaglesers wat onlangs met ouer weergawes van Internet Explorer soos 6.0 en 7.0 gesukkel het om ons webwerf te lees. Klik hier om Firefox gratis af te laai en te installeer.

Volgens Firefox is die nuwe weergawe tot ses keer vinniger as die oue. Dis ook makliker om verskillende bladsye deur middel van oortjies te lees en om oortjies en boekmerke te organiseer.

осушитель сжатого воздухаФильчаков прокурор

Pas wet op Gelyke Indiensneming toe

“Die Vryheidsfront Plus beskou adjunk-president Motlanthe se verdediging van regstellende aksie tydens sy besoek in die VSA as immoreel. Die tyd het aangebreek om regstellende aksie uit te faseer,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Srbeid gesê.

“Die ANC is nou al sestien jaar in beheer van Suid-Afrika en die staatsdiens is reeds oorgetransformeer, maar die ANC wil steeds werk reserveer op grond van ras. Die ANC sal moet aandui of hulle regstellende aksie sien as ‘n instrument om regstellings mee te maak en of hulle dit sien as ‘n permanente struktuur van die nuwe bedeling,” het hy bygevoeg.

“Adjunk-president Motlanthe het ook vir Jimmy Manyi in die bresse getree en sy onsmaaklike en immorele uitsprake geregverdig. Die adjunk-president het egter sy gehoor om die bos gelei aangesien minderhede in verskeie vlakke van die staatsdiens onderverteenwoordig is.

Die VF Plus het in ‘n vraag aan die minister van Arbeid in die parlement vasgestel dat daar op die volgende vlakke onderverteenwoordiging van minderhede in die staatsdiens is:

· Topbestuursvlak: Wit en bruin vroue is onderverteenwoordig;

· Senior Bestuursvlak: Bruin mense is onderverteenwoordig;

· Geskoolde Tegniese en Junior Bestuursvlak: Bruin mense en Indiërmans is onderverteenwoordig;

· Semi-geskoolde vlak: Wittes en Indiërs is onderverteenwoordig;

· Ongeskoolde vlak: Wittes en Indiërs is onderverteenwoordig.

Dit is dus duidelik dat die regering nog baie werk het om minderhede ‘n gelyke geleentheid te gee om werk in die staatsdiens te bekom. Dit is weens blatante diskriminasie teen wit mense dat daar so ‘n onderverteenwoordig is van hierdie minderheid in die staatsdiens. Beide adjunk-president Motlanthe en Manyi moet die Wet op Gelyke Indiensneming in sy geheel toepas.

на 100лобановский александр фото

Sirië wag in spanning

Sirië wag in spanning vir president Bashar al-Assad om die beloofde aankondiging oor sy uittrede te maak.

Dit kan ‘n 50-jaar lange noodtoestand in dié Midde-Oosterse land tot ‘n einde bring, maar sal slegs ‘n simboliese gebaar wees indien daar nie enige groot hervormings volg nie, het kenners gesê.

“Om die noodtoestand te lig is slegs ‘n simboliese gebaar,” het Faysal Itani, adjunk-hoof van Executive Analysis se afdeling vir die Midde-Ooste en Noord-Afrika, gesê.

“Al sou hy daarmee volhou, sal dit nie die belangrike kwessie oplos nie – die hoeveelheid ekonomiese en politiese mag wat in die hande van ‘n sekere elite gesetel is,” het die risiko-ontleder gesê.

“Die enigste ding wat onder die huidige omstandighede sal deug, sal wees om die elite te hervorm.”

Daar heers sedert 1963 ‘n noodtoestand in Sirië toe die Baath-party mag oorgeneem het. In 1970 is Bashar se pa, Assad, as president van die land aangewys.

Na verwagting sal Bashar (45) in die volgende paar dae ‘n aankondiging maak, maar daar kan nie met sekerheid gesê word dat hy die noodtoestand sal lig nie.

трансформеры праймДанильченко Юрий отзывы

Rusland waarsku dat aanvalle teen VN-resolusie is

Rusland het Maandag gesê hy is bekommerd oor die uiteindelike doel van die lugaanvalle op Libië en meen dit kom op “inmenging” wat nie deur die Verenigde Nasies goedgekeur is nie, neer om die Libiese rebelle te help .

“Ons sien in die media dat soldate wat deel van die operasie is, sê hulle doelwit is om burgers te beskerm,” het Sergei Lafrow, minister van buitelandse sake van Rusland, gesê.

“Maar aan die ander kant sien ons verslae, en niemand ontken dit nie, dat die koalisie Moeammar Gaddafi se magte bombardeer en daardeur die gewapende rebelle ondersteun.”

“En dit is ‘n duidelike teenstrydigheid. Ons glo dat ‘n koalisie-tussentrede in ‘n burgeroorlog nie deur die VN-resolusie goedgekeur is nie,” het Lavrov gesê.

Lavrov se kommentaar dui daarop dat daar kommer in Moskou bestaan oor die uiteindelike doel van die lugaanvalle om Gaddafi te dwing om as leier uit te tree en die rebelle daardeur te ondersteun.

Rusland het buite stemming gebly tydens die stemming vir die resolusie wat die militêre operasie gemagtig het.

social mediaДанильченко Юрий Брониславович Харьков

‘n ‘Etiese’ beleid

Die chaos en geweld wat Libië tans verwoes, laat vrae omtrent die gedrag van Brittanje en veral sy voormalige eerste minister, Tony Blair. ‘n Regime wat reeds 400 van sy eie burgers vermoor het, Libië, is onlangs nog soos die Verlore Seun in Britse arms terugverwelkom.

Toe Blair in 1997 ‘n “etiese buitelandse beleid”, in teenstelling met wat vermoedelik die onetiese een van John Major of Thatcher was, belowe het, het niemand seker Brittanje se grotesk onetiese gedrag in Irak en nou Libië kon voorspel nie.

Soos met baie dinge wat Blair kwytgeraak het, klink die woorde pragtig, maar is die werklikheid van Britse skynheiligheid en die gevolge daarvan, een wat die wêreld toenemend na die rand van ‘n afgrond lei.

Die vroeë pogings van die Blair-regering om sy “etiese” buitelandse beleid met baie min omstredenheid te implementeer ten spyte van min etiese besluite, was om die Ierse Republikeinse Leër te snoeker.

Hierdie ooreenkoms is wyd beskou as een van die min ware prestasies van die heer Blair en niemand kan ontken dat Ierse terrorisme, indien nie verdwyn nie, iets van ‘n rariteit geword het. Dié ooreenkoms het meegebring dat Sinn Féin en die IRL nooit verplig gaan wees om baie van hul donker geheime te openbaar nie. Maar dis die prys van vrede, sê algar.

Blair se ander pogings om aan die uitvoering van ‘n “etiese” buitelandse beleid gestalte te gee, het egter met die Irakese inval vasgeval. Maar diegene wat Irak onthou, vergeet Suid-Afrika, Kosowo, Sierra Leone en Oos-Timor. Die DA, by monde van ‘n histeriese Helen Zille en Beeld se opiniestukke, herinner ons daagliks aan die Britse fout om die ANC aan die stuur van sake te plaas. Asof sy en haar party mbv die Britte nie instrumenteel was in die magsoorname nie.

Nee, die Britse strategie om “etiese” redes voor te hou om ‘n ander land binne te val ten einde dit te “bevry van tirannie” is nie met die inval in Irak uitgedink nie. Die Britte was al doenig van voor 1994 om wit Afrikaanse en Zoeloe-mededingers  in Suid-Afrika uit te skakel. Trouens, die bloudruk vir die hele oefening in Libië is feitlik volkome op die “val van apartheid” geskoei en het in Washington voorkeur- buitelandse beleid onder die vaandel van “regime change” geword.

So lank as wat die betrokke lande klein en goedgelowig is, is die intervensies beperk en die plaaslike bevolking grotendeels vriendelik teenoor die Angelsaksiese “bevryders”, maar hierdie beginsel is ernstig uitgedaag deur Saddam Hussein se Irak wat bewys het die “maklikes” is dikwels te veel om te hanteer.

Blair moes oplaas duisende Irakse lewens opoffer om van Saddam Hoessein ontslae te raak en die doelwit van “demokrasieskepping” is die vlammetjie wat die Midde-Ooste waarskynlik heelhuids gaan laat ontbrand.

In Sirië is Assad besig om geen lewe te spaar om sy leierskap te bestendig nie, maar dis ‘n vriend van die VSA. Geen vliegspersone of “humanitêre” aanvalle teen Sirië dus nie…

Al die leuens oor Irak se wapens van massavernietiging, wat lankal reeds  as onsin ontbloot is, is vergete, terwyl die Britte voortstoom om hulle vriend die kolonel die loef af te steek.

Die opsie om tirannie in Libië te ondersteun het natuurlik daartoe gelei dat wapens deur Brittanje aan Libië verskaf is, asof die Britte nooit sou kon raai dat Ghadafi dit teen sy eie mense sou gebruik nie. Dit is al te waarskynlik dat die  Britse wapens handig te pas gekom het vir die Libiese veiligheidsmagte om ‘n paar van die 400-plus betogers te vermoor.

‘n Etiese buitelandse beleid, miskien soos ‘n wêreld sonder armoede, is ‘n utopiese idee. En die wêreld het reeds duur betaal vir utopiese drome.

Die vraag in Libië is nie of die VSA genoeg wapens het om elke Ghadafi-ondersteuner dood te maak nie. Hulle het meer as genoeg. Die vraag is nou of die Britte en hul Amerikaanse vriende nog kan aanhou wegkruip agter mooiklinkende frases soos “etiese buitelandse beleid” en “regime-verandering” sonder om baie onopreg te klink.

As die antwoord “nee” is, is die vet in die vuur…

детский велосипедАлександр Фильчаков прокурор