Bruin en swart takel mekaar in PE

Dertien mense is in die Bethelsdorp-gebied naby Port Elizabeth in hegtenis geneem weens openbare geweld.

Beslag is gelê op ses petrolbomme en verskeie tuisgemaakte wapens. Die inhegtenisnemings volg na botsings tussen strydende groepe voorgekom het. Vier gemeenskapsleiers se huise is met klippe bestook en aan die brand gesteek.

Daar is steeds ‘n sterk polisieteenwoordigheid in die gebied na groepe van Vastrap en Greenfields Saterdag byna slaags geraak het weens beweerde politieke verskille.

Volgens die SAUK-nuus se beeldmateriaal, is dit swart en bruin inwoners wat slaags geraak het.

Volgens berigte is beweerde korrupsie in die toekennig van HOP-huise die oorsaak van die onmin.

Фільчаков прокурор

Krugerrande te lig bevind

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het handelaars in Krugerrande ingelig dat die S.A. Munt munte waarvan die egtheid betwyfel word, sal omruil.

Dit volg na berigte dat sommige Krugerrande ondergewig was en te min goud bevat. Die Reserwebank sê die munte is in April en Mei verlede jaar gemunt.

‘n Krugerrand word teen sowat R14 000 verkoop en is die gewildste munt ter wêreld.

Volgens sommige berigte is munthandelaars verlede jaar na SA Munt ontbied om ‘n ooreenkoms van vertroulikheid te onderteken dat hulle nie oor die munte sou praat nie.

Twee senior amptenare van die maatskappy het SA Munt kort daarna verlaat.

Лобановский

Malema sal ‘oortuig’ word sê ANC

Die ANC het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle sê hulle het kennis geneem van die besluit wat geneem is deur die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) van die ANC-jeugliga tydens sy vergadering wat in Johannesburg gehou is om die besluit van die ANC se tugkomitee (NTK) tydelik te ignoreer.

Die leierskap van die ANC sal kyk na hierdie verwikkeling en reageer, lui die verklaring. Die versoek van ‘n vergadering tussen die NUK van die ANC en dié van die ANC-jeugliga, sal glo deur die leierskap van die ANC oorweeg word, maar nie inmeng met die hangende dissiplinêre proses teen ligalede nie.

Die besluit om die beslissing uit te daag, is egter gelykstaande aan die verontagsaming van die Grondwet van die ANC. In plaas van die verontagsaming van die Grondwet behoort Malema die geleentheid wat deur die Grondwet daargestel is om te appelleer aangryp, het Jackson Mthembu, woordvoerder, gesê.

“Die ANC-jeugliga moet deur die Grondwet van die ANC gelei word en daar word van alle strukture verwag om te bly by die besluite wat geneem is en dit te respekteer.

“Die optrede van die Jeugliga is effektief besig om die organisasie buite Grondwetlike raamwerk van die ANC te definieer. Die ANC sal daarom ANC-jeugliga se NUK oortuig om nie voort te gaan met hul voorneme om die Grondwet van die ANC te ondermyn en uit te daag nie,” het Mthembu gesê.

Фільчаков Олександр Васильович

Zuma te besig vir Prinses Anne

Prinses Anne sal Kgalema Motlanthe Dinsdag ontmoet op haar besoek aan Suid-Afrika ter viering van die jubileum van Koningin Elizabeth II, het die presidensie gesê.

Presidensie-woordvoerder Mac Maharaj het Maandag gesê dat president Jacob Zuma Maandag en Dinsdag in KwaZulu-Natal sal wees en dus nie beskikbaar sal wees om Prinses Anne te ontmoet nie.

“Die presidensie strek verwelkom Haar Koninklike Hoogheid Prinses Anne,” het Maharaj in ‘n verklaring gesê.

“Die president wens die Koniklike Prinses voorspoed toe tydens die besoek, wat betrekkinge tussen Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk verder sal versterk.”

Prinses Anne sal na wat verwag word Maandag in die land aankom.

Александр Фильчаков Васильевич

‘Malema sal steeds pligte nakom’

Julius Malema sal aanhou om sy pligte as president van die ANC-Jeugliga na te kom, ondanks dat hy deur die ANC geskors is, het die liga Sondag gesê.

“Die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) het saamgestem dat die president van die ANC-Jeugliga moet voortgaan as president van die ANC-Jeugliga en al sy funksies as ‘n president moet nakom, aangesien die besluit om hom tydelik te skors nie amptelik aan die Jeugliga as ‘n liggaam van die ANC gekommunikeer is nie,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

Ná ‘n vorige vergadering van die NUK is besluit op ‘n “mandaat om die outonomie van die Jeugliga te beskerm en te verdedig deur nie in te stem tot die verwydering of aflegging van enige van die verkose leiers van die ANC-Jeugliga tot en met 2014 nie.”

Die besluit is geneem ná ‘n spesiale vergadering van die NUK Sondag om Malema se onmiddellike skorsing op 4 April uit die party te bespreek.

Die ANC se nasionale tugkomitee het Malema geskors nadat hy onder meer na president Jacob Zuma as ‘n diktator verwys het. Hy is onmiddellik tydelik uit die party geskors.

Die voorwaardes van die skorsing verbied hom om as ANC-lid, president van die ANC-Jeugliga of lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee in Limpopo pligte na te kom.

Malema se regsverteenwoordigers het volgens wat berig word dokumente van appèl ingedien by die ANC se NTK teen sy skorsing uit die party.

Malema se appèlverhoor is Donderdag uitgestel.

Hy is aanvanklik in Februarie uit die party geskors nadat hy verdeeldheid in die party gesaai en die party in oneer gebring het. Hy sal aanbly as Jeugliga-president tot alle moontlikhede om sy vonnisse om te keer, uitgeput is.

Фильчаков прокурор харьков

Federer, tennis se grootmeester

Dit gebeur min dat ‘n groot sportman se uiteindelike nalatenskap in een sekonde – een hou of tree of hekkie of skoot – bepaal word. Maar vir Roger Federer hét daar so ‘n oomblik aangebreek. Daar was twee moontlike uitslae: Is hy suksesvol in daardie sekonde, sal hy voortgaan om uiteindelik sy status as die beste speler om ooit ‘n tennisraket op te neem, beklink. Misluk hy, sal hy in alle waarskynlikheid wegsink in die kronkels van sy eie innerlike worstelinge en die gety van geskiedenis, gedoem om bloot ‘n besprekingspunt in ‘n debat oor grootsheid te wees.

Vir Federer om aanspraak te maak op die toppunt van die grootsheidspiramide was dit nog altyd onontbeerlik om die Franse Ope te wen. Sedert die eerste helfte van die dekade was hy die onbetwiste grootmeester op hardebane en gras; en ook die tweede beste speler op die klei van Roland Garros. Hy sou, was dit nie vir Rafael Nadal nie, ook daar die primêre speler van sy era gewees het.

Sy groot kans, die geleentheid wat so selde kom, het in 2009 aangebreek. Die een kleispesialis na die ander het gebuig en die verhoog verlaat. Nadal self het in die perfekte wedstryd gespeel deur ‘n Sweedse orkaan – brutaal, rou, vol skerp kante en verwoestende grondkartetse – met die naam Robin Soderlingh uitgeval. Federer het nooit voorheen so ‘n oop roete na die Franse kroon gehad nie. Maar toe duik Tommy Haas in die kwarteindrondte op.

Federer was in ‘n speldeining, nie ‘n ongewone gebeurtenis nie. Gewoonlik het hy dit bestuur deur een of ander wapen in sy arsenaal te vind waarop hy kon vertrou, sy spel daarom te konstrueer en sy teenstaander af te takel. Maar dié keer wou weinig werk – nie sy sjirurgiese rughand nie, en ook nie die voorhand wat as die gevaarlikste wapen in manstennis beskou is nie. Sy voetwerk was onseker, sy voorgevoel dof. Dit alles in ‘n stryd met die uitspattig begaafde Haas, ‘n deurgaanse onderpresteerder wat gespeel het asof die noodlot hom geroep het.

Haas het, toe hy eers vasgestel het dat Federer se wapens dowwerds skiet, begin om ware swakpunte in die Switser se pantser te soek – en te vind. Federer was naderhand soos ‘n slagskip wat al sy wapenstelsels verloor het, met die uitsondering van een. Sy afslaan het so presies en dodelik soos altyd gevuur. Maar net soos ‘n skip nie op een hoofwapen vir oorlewing kan staatmaak nie, was Federer besig om as’t ware in die klei van die Stadion Phillipe Chatrier weg te sink. In die aangesig van Haas se dwarsbaan-, middelbaan-, agterbaanwenners, het Federer se afslaan geknal en knal en knal, uiteindelik met ‘n desperate, verwese noot.

Haas het die eerste twee stelle maklik gebank en in die derde stel het hy ‘n enkele punt op Federer se afslaan nodig gehad om hom noodlottig te breek vir ‘n oorwinning. Hy het die diens ontvang en die bal in Federer se rughandkant ingedruk.

As jy een van die beste spelers in die wêreld is, kerf jy die bal met jou rughand terug in desperate vertroue dat elke hou wat jy suksesvol terugstuur vir jou opponent die geleentheid gee om ‘n fout te maak; ‘n soort van ‘n gelate werp van brood op wispelturige waters. Maar as jy Roger Federer is, is dít nie wat jy doen nie. Dán hardloop jy om die invalsrigting van die bal, vind daardie volmaakte oomblik van balans en, al het jy ‘n honderd sulke balle herwaarts en derwaarts in die wedstryd gesprei, werp jy jou raket met volle uitgelatenheid, volle oorgawe, in ‘n vlietende kring sodat daar ‘n plofknars op die snare is en die bal van die raket af sis, oor die net suis en die buitestreep tref en wegskroei van jou teenstander af.

Daardie een hou van Federer kan dien as opsommend van sy loopbaan, ’n oomblik van verbysterende meesterskap, ’n blitsige passie saamgestel uit al sy kenmerke van balans, fokus, grasie en dodelike venyn.

En net daar, so skielik asof ‘n foutiewe stroombreker vervang is, skakel Federer aan. Dis alle stelsels aan! Die wapentorings zoem met hernude lewe. Die slagskip stoom volspoed.

Die een voorhand na die ander donder deur Haas se verdediging. Rughandlasers tref die diepste hoeke, valhoutjies huppel skalks oor die net, sierlike booghoue laat Haas lyk asof hy in homself vashardloop. Federer wen die derde stel, die vierde stel, die vyfde stel, die halfeindrondte en, nou met ‘n sekere onafwendbaarheid, die eindstryd teen Robin Soderlingh wat hy tot ‘n briesie eerder as ‘n orkaan reduseer, en dan majestueus uitdoof.

Met die Franse Ope-titel in die Federer-vertoonkas, is die debat vir alle praktiese doeleindes oor. Dit sal OJ Simpson-se-jurie gehalte vooroordeel verg om vir Roger Federer sy plek as die beste tennisspeler ooit te ontsê.

Daar is die onbestrybare, koel feite: Sestien Grand Slam-titels versamel in al vier die hooftoernooie, op gras, op hardeblad, op klei. Miskien nog meer veelduidend is die ononderbroke rits van 23 Grand Slam-halfeindrondtes waarop hy trek – die volgende beste reeks was Ivan Lendl se tien.

Alle sport vaar op die stroom van statistieke, maar die getalle vertel nie die ware verhaal van Roger Federer nie. Dit is nie net die “wat” nie, maar eerder die “hoe” wat tel. Hy slaan die bal hard, ja, so hard soos omtrent enige ander speler – sy voorhand is deur John McEnroe beskryf as die gevaarlikste wapen in manstennis – en ja, hy het die voetwerk van ‘n klopdanser en luiperdagtige atletiese vermoëns. Sy afslaan is dodelik, dit is so, onmoontlik om te voorspel omdat hy soveel variasies daarvan het alhoewel hy die bal elke keer op presies dieselfde plek in die lug gooi.

Maar daar is ook ‘n sekere oudmodiese element aan sy spel, ‘n elegansie en taktiese sofistikase wat die kenmerk in die spel van ‘n vorige geslag spelers was. In vrye vlug het hy die grasie van ‘n Bariesjnikof, die swier van ‘n matador en die ingestudeerde dodelikheid van ‘n skaakgrootmeester. Niemand is beter met die ontleding van teenstand as Federer nie en dit is altyd vasnaelend om te sien hoe hy ‘n opponent sal toets-toets-toets totdat hy ‘n swakplek gevind het, en hoe meedoënloos en akkuraat hy dié pantsergleuf dan uitbuit.

Dis ook asof hy die driehoeks- en meetkunde van ‘n bewegende bal beter as enige iemand anders verstaan, wat hom die vermoë gee om ‘n gevaarlike bal nie net terug te slaan nie, maar om inderdaad ‘n wenner daarvan te maak. (Later die jaar in sy VSA-Ope-halfeindstryd teen Novak Djokovic het hy ‘n bal tot anderkant die afslaanstreep agterna gesit en dit van vooraf teruggekrap, tussen sy bene deur, ‘n hou wat al deur ander spelers uitgevoer is, maar met die verskil dat syne ‘n volmaak gekorrelde verbyhou vir ‘n wenner was.)

Tennis se verbintenis met die massamedia, het van dit nie net ’n sport nie, maar ’n skouspel gemaak, en daar word van ’n ster verwag om meer te wees as net ’n sukses op die baan. Vir die nuusnetwerke en die sterrepers is Federer ‘n gawe reguit uit die hemel. Hy is sjarmant, hoflik en veelbesproke in drie tale – Duits, Frans en Engels. Sy geduld met die pers is legendaries. (Nadat ‘n joernalis ‘n lang onderhoud met Federer gevoer het en toe tot sy afgryse uitgevind het sy stemopnemer was nie aan nie, het die tennisster ewe gemoedelik voorgestel dat hulle die onderhoud van vooraf voer.) Hy is modebewus en kan altyd deur ‘n ring getrek word, mees roemryk op Wimbledon in sy glanswit opwarmuitrusting wat meer aandpak as sweetpak was.

Tog was die Federer op die kruin van sy loopbaan amper onherkenbaar as die briljantbegaafde maar opvlieënde speler van vroeër. Hy was eers ‘n regte raketkraker met ‘n poniestert. Waarnemers het gereken sy emosionele broosheid sou hom van ware grootsheid beroof. Maar hy het homself herontwerp en hoewel hy nou nog uiters emosioneel op die baan kan wees, is sy psigiese onwrikbaarheid een van die sleutels tot sy langdurige sukses.

Grootsheid bestaan egter nooit in afsondering nie. ‘n Sportman se status word deur sy teenstaanders bepaal. ‘n Mike Tyson, byvoorbeeld, het nooit die ware legendehoogtes behaal nie, juis omdat hy in ‘n tyd geboks het waar daar weinig hoë-gehalte teenstand was. Federer daarenteen is goed gedien met sy teenstand. Borg het sy Connors gehad, McEnroe sy Lendl en Sampras sy Agassi, maar Federer se primêre nemesis sou die jong Spanjaard, Rafael Nadal, word, ‘n monster van ‘n speler wie se onverbiddelike, brute krag en baanspoed uiteindelik Federer se vermoëns dungeskuur het, hoofsaaklik in die Franse Ope, maar ook in 2008 se klassieke Wimbledon-stryd en 2009 se epiese Australiese Ope.

Nadal het selfs vir ‘n tydperk Federer se nommer-een posisie afgeneem, maar voordat ‘n Nadal-era kon aanbreek, was dit die Spanjaard wat momentum verloor het en Federer het drie van die volgende vier Grand Slams gewen. En verlede jaar het ’n nuwe maarskalk uiteindelik die slagveld verower. Novak Djokovic, op sy beste, was duidelik beter as Nadal op sý beste. Federer het sy Nadal gehad, maar Nadal het nou sy Djokovic.

Hoe lank Federer nog sal aanhou, is ‘n ope vraag. Hy is reeds deur die ouderdomsgrens van 30, ‘n gevorderde ouderdom vir ‘n tennisspeler. (Bjorn Borg, onthou, het op 26 uitgetree.) Hy het goed afgeskop in die jaar en Djokovic hét effens teruggedaal uit die stratosfeer van verlede jaar, maar hy weet nou hoe goed hy kan wees. Nadal bly so gevaarlik soos altyd, en dan is daar nog Andy Murray ook. Tog sal dit niemand verbyster as Federer nóg ’n Grand Slam of twee by sy oes voeg nie.

Daar is ‘n gevoel van ‘n grootsheid wat verbygaan elke keer as Federer speel. Maar tot daardie dag aanbreek, het ons die voorreg om sekerlik die grootste tennisspeler van alle tye, die ware kunstenaar van die baan te sien, as hy nogmaals in posisie sweef, nogmaals die sekondebreuk van volmaakte balans vind, en die bal slaan soos niemand anders nie.

Фильчаков прокурор

Munisipaliteit salig onbewus van protes

Tien inwoners van Bolokanang het verskyn in die Petrusburg-landdroshof Vrydag nadat betogers die N8-roete tussen Bloemfontein en Kimberley gesluit het uit protes teen swak dienslewering.

Vrystaatse polisiewoordvoerder ao. Zweli Mohobeleli het gesê tien mense is Donderdag in hegtenis geneem op klagtes van openbare geweld.

Die inwoners het die N8 met voorwerpe geblokkeer, wat die besige roete tussen Bloemfontein en Kimberley gesluit het. Verskeie voertuie is met klippe bestook en motoriste is aangeraai om ‘n ompad te gebruik.

Mohobeleli het gesê dié wat in hegtenis geneem is, is vrygelaat op waarskuwing Vrydag.

‘n Amptenaar van die Letsemeng-munisipaliteit het aan die plaaslike radiostasie OFM gesê hulle is onbewus van die redes vir die jongste protes.

Bolokanang se inwoners het al op verskeie geleenthede hierdie jaar geprotesteer en verkeer op die N8 ontwrig.

Die redes sluit glo swak paaie en die gebrek aan water en sanitasie in.

Mohobeleli het gesê die polisie was nog Vrydag op die toneel by Petrusburg en monitor die situasie.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Nzimande bespeur werkinge van Derde Mag

Die hoofstroom-liberale media, ‘n paar “liberale NRO’s” en sakeleiers soos Nedbank se voorsitter Reuel Khoza, is deel van ‘n “ideologiese derde mag” wat swart oorheersing vrees, het Blade Nzimande, minister van Hoër Onderwys Vrydag gesê.

Nzimande het in ‘n meningsartikel op die ANC se webwerf gesê dat ‘n “anti-meerderheid liberale offensief” probeer om elite stemme te werf wat “neutraal of gesaghebbend” moet lyk om te probeer om die ANC te diskrediteer.

“Die liberale hoofstroommedia, sommige liberale NRO’s, en stemme soos Reuel Khoza, is almal deel van ‘n “ideologiese derde mag, wat die sogenaamde ‘bedreiging’ van ons Grondwet en ‘n ‘gebrek van leierskap in die ANC en die samelewing’ betreur,” het hy gesê.

“Dit is ook belangrik dat ons die ANC se alliansiekaders aanmoedig deur volgehoue ​​ideologiese werk om die liberale offensief te ontbloot vir wat dit is: Vrees vir swart meerderheidsregering.”

Khoza het verlede week gesê die land se “vreemde soort ras” van leierskap moet gehoorsaam bly aan die instellings wat demokrasie ondersteun.

Die land se politieke leierskap se morele kwosiënt het ontaard en die land is vinnig besig om die wigte en teenwigte te verloor wat nodig is om ‘n herhaling van die verlede te voorkom, het hy gesê.

Nzimande het gesê die gedrukte media in Suid-Afrika het “deel van die politieke opposisie geword”.

Bondels gratis eksemplare van The Star koerant is “heeltemal geïgnoreer en agtergelaat” aan die einde van die Chris Hani-herdenking Dinsdag en was ‘n gepaste kommentaar op die stand van die gedrukte media en die houding van “ons kaders”, het hy gesê.

Nzimande het gesê dat alle instellings ter ondersteuning van demokrasie “bevestig of veroordeel word” in die media bloot op die basis daarvan of dit positief of negatief teenoor die ANC staan.

Dit was om hierdie redes dat ANC-lede howe en hoofstuk nege-instellings versoek het “om wakker te wees vir hierdie anti-meerderheidsagenda”.

“Ons wil hê ons howe en hoofstuk nege-instellings moet hul werk kan doen sonder vrees of guns, en nie toelaat dat hulle misbruik word as platforms om partypolitieke agendas te bevorder of gevra word om te beslis oor sake wat gewoonlik aan die kiesers oorgelaat word nie,” het die minister gesê.

Daar was, het hy gesê: “absoluut niks fout” met wysigings van die Grondwet nie, indien dit nodig is of nodig raak nie.

“Die Grondwet, in werklikheid, bepaal self die reëls vir wysigings. Dat die ANC die Grondwet wil wysig ten einde die Grondwet te wil ondermyn, is deel van die ideologiese afpersing deur hierdie ideologiese derde mag.”

прокурор Фильчаков

Huishulp by Tutu se dogter vermoor

‘n Huishulp in die Wes-Kaapse huis van Aartsbiskop Desmond Tutu se dogter is gistermiddag vermoor.

Die eienaars het na bewering hul huis verlaat teen ongeveer 07:00. Die huishulp, die 40-jarige Zimbabwiese Angila Machinga, het toe nog gelewe, volgens Milnerton se polisiewoordvoerder ao. November Filander.

Die eienaars, wat nie deur die polisie genoem kan word nie, het teruggekeer na hul huis om 04:30, met die deur wyd oop.

Hulle het die sekuriteitswag gekontak en Machinga se liggaam op die vloer gevind.

Haar hande en voete was vasgebind en daar was steekwonde aan haar liggaam. Die polisie vermoed dat die voorval plaasgevind het tussen 1:00-4:00.

‘n Ondersoek geopen maar geen arrestasies is nog gemaak nie.

Олександр Фільчаков прокурор

Afgedankte rubriekskrywer lê kriminele klagte teen redakteur

Die rubriekskrywer David ­Bullard het kriminele klagte teen Mondli Makhanya, voormalige redakteur van die Sunday Times, gelê.

Die aanklagte van bedrog en regsverydeling kom byna vier jaar nadat Bullard oor ‘n omstrede rubriek afgedank is, het Business Day Vrydag berig.

Die saak is Woensdag by die Parkview-polisiekantoor in Johannesburg aanhangig gemaak.

Bullard beweer ‘n vervalste dokument is as bewys tydens ‘n verhoor in 2010 by die statutêre raad vir die koerant-, druk- en verpakkingsbedryf aan hom gegee is.

Die dokument – ‘n ander rubrieksrywer se kontrak – is tydens die verhoor deur die koerant ingedien as bewys dat Bullard se kontrak verskil en hy nie onregverdig afgedank is nie.

лобановский александр отзывы