‘n Huishulp in die Wes-Kaapse huis van Aartsbiskop Desmond Tutu se dogter is gistermiddag vermoor.
Die eienaars het na bewering hul huis verlaat teen ongeveer 07:00. Die huishulp, die 40-jarige Zimbabwiese Angila Machinga, het toe nog gelewe, volgens Milnerton se polisiewoordvoerder ao. November Filander.
Die eienaars, wat nie deur die polisie genoem kan word nie, het teruggekeer na hul huis om 04:30, met die deur wyd oop.
Hulle het die sekuriteitswag gekontak en Machinga se liggaam op die vloer gevind.
Haar hande en voete was vasgebind en daar was steekwonde aan haar liggaam. Die polisie vermoed dat die voorval plaasgevind het tussen 1:00-4:00.
‘n Ondersoek geopen maar geen arrestasies is nog gemaak nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.