Afgedankte rubriekskrywer lê kriminele klagte teen redakteur

Die rubriekskrywer David ­Bullard het kriminele klagte teen Mondli Makhanya, voormalige redakteur van die Sunday Times, gelê.

Die aanklagte van bedrog en regsverydeling kom byna vier jaar nadat Bullard oor ‘n omstrede rubriek afgedank is, het Business Day Vrydag berig.

Die saak is Woensdag by die Parkview-polisiekantoor in Johannesburg aanhangig gemaak.

Bullard beweer ‘n vervalste dokument is as bewys tydens ‘n verhoor in 2010 by die statutêre raad vir die koerant-, druk- en verpakkingsbedryf aan hom gegee is.

Die dokument – ‘n ander rubrieksrywer se kontrak – is tydens die verhoor deur die koerant ingedien as bewys dat Bullard se kontrak verskil en hy nie onregverdig afgedank is nie.

лобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae