Britte laat vaar dreigement om Assange te gryp

Ecuador sê Brittanje het die dreigement om sy ambassade binne te val, laat vaar om WikiLeaks-stigter Julian Assange te arresteer. Dié verwikkeling het gelei tot die verligting van spanning tussen die twee lande in hul voortgesette diplomatieke twis.

Die Ecuadoriaanse regering het dié kommunikasie met die Britse Foreign Office onthul.

“Ons beskou hierdie ongelukkige voorval as verby, na ‘n ernstige diplomatieke fout deur die Britte wat gesê het hulle sal ons ambassade binneval,” het Ecuador se president Rafael Correa gesê tydens ‘n weeklikse media-inligtingsessie.

Ecuador het aan Assange politieke asiel toegestaan​​, maar die Verenigde Koninkryk sê hulle sal hom arresteer indien hy die ambassade verlaat om hom te deporteer na Swede, waar hy vir ondervraging oor seksuele aanranding gesoek word.

Dit het tot gespanne verhoudings tussen Londen en Quito gelei, wat woedend was nadat die Britse owerhede gewaarsku het dat hulle die Ecuadoriaanse ambassade sal binneval om Assange te gryp.

Daar skuil egter nog ‘n fluitjieblaser in die ambassade, by name Andrea Davison. Me Davison is geen gewone asielsoeker nie, maar is in besit van belangrike bewyse vir die Chilcot-ondersoek (Irak-ondersoek) wat vorige en huidige Britse premiers, LP’s en lede van die House of Lords klaarblyklik in onwettige optrede impliseer. Sy is ‘n deskundige op die gebied van biologiese oorlogvoering.

Dié belangrike dokumente het sy in camera aan die vorige Scott-ondersoek oor die oorlog in Irak voorgelê.

Davison wou die tans gekonfiskeerde dokumente (7000 van hulle) aan die Chilcot-ondersoek voorlê, en as getuie gehoor word. Sy sê egter haar lewe word bedreig.

Die aankondiging kom ‘n dag nadat al die lede van die Organisasie van Amerikaanse State, behalwe vir die VSA en Kanada, hul volle ondersteuning aan Ecuador toegesê het oor Assange.

Senior amptenare van die 35-staat blok het hul algehele goedkeuring geheg aan ‘n resolusie van solidariteit met Ecuador. Hulle het hul reg op soewereiniteit bevestig en “die gebruik van geweld in die oplos van konflik veroordeel”.

Vroeër het die Ecuadoriaanse president gesê: “Sodra ons asiel verleen aan Assange, hy is onder die beskerming van Ecuador, en ons sal alles doen om seker te maak hierdie beskerming is effektief.”

данильченко юрій броніславович

Duitse Pussy Riot kan drie jaar kry

Drie jaar in die gevangenis is ‘n vooruitsig vir ‘n paar Duitse volgelinge van Russiese punkgroep Pussy Riot. Die Katolieke Kerk het aanklagte teen Keulenkatedraal se indringers gebring, wat nou langer tronkstraf as hul heldinne in Rusland in die gesig staar.

Die drie betogers is aangekla van die versteuring van ‘n diens wat volgens die Duitse reg, tot drie jaar in die tronk kan beteken.

“Die reg om te betoog kan nie gestel word bo die reg op vryheid van godsdiens en die godsdienstige gevoelens van die gemeente nie,” het die katedraal se dekaan aan die Frankfurter Rundschau-koerant gesê.

Drie Russiese vroue van Pussy Riot het ‘n twee-jaar tronkstraf vir vandalisme gekry oor hul omstrede optrede in Rusland se sentrale Ortodokse katedraal van Jesus Christus, die Verlosser.

“Die vrede van die Keulenkatedraal is versteur – ons kan nie en sal dit nie aanvaar nie,” het Robert Kleine aan die koerant gesê.

Op 20 Augustus, het drie Duitsers – twee mans, tussen die ouderdomme van 23 en 25, en ‘n 20-jaar-oue vrou – die katedraaldiens in die stad van Keulen met ‘n optrede ontwrig soortgelyk aan die een wat deur Pussy Riot opgevoer is.

Hulle was geklee soos Pussy Riot, met gekleurde klapmusse oor hul koppe.

Die groep het slagspreuke geskree, pamflette versprei en gesing onder die banier “Bevry Pussy Roit en alle gevangenes”.

Die vertoning het minder as ‘n minuut geduur voordat katedraalbewaarders hulle na buite gesleep het.

Die Amerikaanse ster, Madonna, het vroeër die Russiese punkgroep se optrede verdedig. In haar vete met die Russiese owerhede – sy is in St Petersburg vir $10,5 miljoen gedagvaar vir haar onwettige aanhitsing – blyk Madonna ongeërg te wees.

Sy het tydens haar konserte in Frankryk ook geskree: “Bevry Pussy Riot!” En uitgevaar teen “onverdraagsaamheid” en diegene wat nie “ware” menslike waardigheid respekteer nie. “Vryheid en nie net vir Pussy Riot nie,” het sy gesê, volgens AFP, en bygevoeg: “Elke mens verdien om gelyk behandel te word.”

Александр Фильчаков прокурор

‘Malema is ‘n regse leier’

Geskorsde ANC-jeugligaleier Julius Malema het nie werkers by die Lonminmyn in Marikana uitgebuit nie, het voormalige Jeugligawoordvoerder Floyd Shivambu Saterdag gesê.

“Hierdie mynwerkers is nie dwase nie, hulle is nie lewelose liggame nie, hulle is nie robotte nie, dit is broodwinners, vaders, broers en familiehoofde van baie huishoudings en hulle weet wie hul belange die beste kan verteenwoordig,” het hy gesê in ‘n verklaring, uitgereik deur die Vriende van die Jeugliga.

Verlede week, is 34 mense dood en 78 beseer toe die polisie losgebrand het op stakende werkers.

In die week wat gelei het tot die skietery, is nog 10 mense – waaronder twee polisiebeamptes en twee veiligheidswagte – dood.

Die protes is word gekoppel aan wedywering tussen die National Union of Mineworkers (NUM) en Amcu oor erkenningsooreenkomste. Werkers wou ook hoër lone hê.

Shivambu het aantygings deur die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde (Cosatu) verwerp dat Malema die myntragedie gebruik om die vakverbond te destabiliseer.

“Ons is nie vyande van Cosatu nie en sal nooit wees nie. Vir seker sal ons nooit wegskram van die waarheid nie en sal ons te alle tye swakhede wat tans die arbeidersbeweging teister, ontbloot,” het hy gesê.

Vrydag het Zwelinzima Vavi, Cosatu se sekretaris-generaal, gesê dat die politieke leiers die werkers uitbuit.

“Skielik is politici, ver verwyder van die werklikheid van werkers… besig in die opportunistiese posisionering van hulself as die kampioene van die RBO’s (rotsbooroperateurs),” het hy aan verslaggewers gesê in Johannesburg.

“Hulle nuutste lid is … Julius Malema, wat in wese ‘n ryk, regse leier is wat demagogies enige waargenome swakheid uitbuit en werkers aanmoedig om hul unie te verlaat, hul enigste manier van verdediging.”

Shivambu het gesê daar was niks “regs” omtrent Malema nie.

“Daar is heeltemal niks regs in die advisering van werkers om te verenig onder ‘n meer militante unie as die een wat hulle uitverkoop en doodmaak wanneer hulle verteenwoordiging eis nie.”

“Wat regs is, is leiers van werkers wat meer as ‘n R1-miljoen in jaarlikse salarisse ontvang as gevolg van die sweet en bloed van mynwerkers.”

In Mei het die Mail & Guardian Online berig dat die NUM se hoofsekretaris Frans Baleni meer as R1.4 miljoen per jaar verdien.

топкарго отзыв

Nege vir hoogverraad tereggestel in Gambië

Nege mense is in Gambië tereggestel, dae nadat president Jahja Jammeh belowe het om gevangenes wat ter dood veroordeel is teen die einde van September vry te laat, het Amnestie Internasionaal Vrydag gesê.

Die groep het gesê nege gevangenes insluitend een vrou en verskeie Senegalese burgers, is uit hul selle geneem en laat Donderdag tereggestel. Diegene wat gedood is, is aan hoogverraad skuldig bevind deur dié outoritêre staat.

“Die besluit van die Gambiese president … om nege gevangenes na meer as ‘n kwarteeu tereg te stel, is ‘n reuse-sprong terug, “sê Paule Rigaud, Amnesty se adjunk-direkteur vir Afrika.

“Indien dit bevestig word, die gerapporteerde teregstellings, sal Gambië weer een van die min lande wees wat nog steeds mense teregstel,” het Rigaud gesê.

Die Afrika-Unie het ‘n beroep op die eksentrieke leier Jammeh gedoen om opmerkings wat hy gemaak het tydens ‘n toespraak verlede week met die Moslem-fees van Eid, terug te trek. Hy het gevra dat al 47 gevangenes in die dodesel binne weke tereggestel moet word.

Op 22 Julie 1994 het Jahja Jammeh self deur ‘n staatsgreep aan bewind gekom deur Dawda Jawara te ontsetel. 

Banka Manneh, voorsitter van die Burgerlike Verenigings van Gambia (BVG), het gesê baie van die mense in die dodesel is politieke gevangenes wat onregverdige verhore gehad het. Donderdag, is ‘n bejaarde van 84, agt gevangenes met geestelike gesondheidskwessies en agt buitelandse burgers ingedeel by die groep wat tereggestel sal word.

“Gegewe dat die Gambiese regering die doodstraf as ‘n instrument gebruik om politieke afvalligheid en opponente te beheer, glo die BVG dat dit ‘n verdere aanwyser van die brutaliteit is waarmee president Jammeh se regime politieke opponente uitskakel,” het Manneh gesê.

Die leier het ook onder skoot gekom in die afgelope maande vir sy omstrede kruie vir MIV “genesing” sodat pasiënte antiretrovirale behandeling moet stop.

Hoewel die doodstraf wettig is in die klein Wes-Afrika-land wat by Britse en Duitse toeriste gewild is, is geen gevangene gedood sedert 1985 nie, vóór Donderdag se gerapporteerde teregstellings.

лобановский александр харьков

Malema, Amcu kry heldeontvangs

Die ANC-leiers was nie in staat om Malema by die gedenkdiens vir Marikana-slagoffers stil te kry nie, en moes self druipstert die aftog blaas. Soos Praag vroeër voorspel het, is die voormalige leier van die Jeugliga steeds ‘n faktor in die Suid-Afrikaanse politieke landskap.

“Ek wil die kamerade van die Vriende van die Jeugliga bedank omdat hulle betaal het vir hierdie tent. Jou regering het nie iets betaal om jou te help nie. Die enigste rede waarom hulle hier is, is om te poseer vir die kameras om te verseker dat dit kan aangeteken word dat hulle hier was,” het Malema onder luide toejuiging gesê.

Verskeie kabinetsministers moes die diens vroeg verlaat. Siyabonga Cwele (intelligensie), Collins Chabane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula (Verdediging) en Aaron Motsoaledi (Gesondheid).

So vyandig was die atmosfeer by die roudiens dat Noordwes se premier Thandi Modise en ander deur ‘n veiligheidskontingent vergesel moes word van die lokaal. Lede van Amcu het vinnig die ministers se stoele ingeneem.

Die regterlike kommissie van ondersoek sal gelei word deur regter Ian Farlam. Dit is vier maande gegee om sy werk te voltooi.

Malema het weer ‘n oproep gedoen dat die myne genasionaliseer moet word.

“Ons is hier saam met jou. Jy moet aanmarsjeer. Moet nooit luister na lafaards nie.”

Nadat Malema gepraat het, het Amcu se president Joseph Mathunjwa ingekom met ‘n groot gevolg, en die beplande verrigtinge ontwrig.

Die werkers het hom ‘n warm ontvangs gegee, terwyl hulle gedreunsing het “Phansi NUM, phansi [af met NUM]”.

Mathunjwa, wat deur ‘n imbongi (tradisionele pryssanger) voorgestel is, het die skuld vir die tragedie op Lonmin geplaas, en die mynbestuur beskuldig daarvan dat hulle uit die onderhandelinge gestap het.

Vroeër, was daar ‘n meningsverskil tussen die werkers en die Vriende van die Jeugliga oor wie die herdenking diens sou organiseer.

Die werkers, gelei deur Xolani Ndzuza, het uiteindelik ingestem dat dit deur die SA Raad van Kerke gedoen word en befonds word deur die Vriende van die Jeugliga.

Nadat die ministers vertrek het, het ‘n onbekende man Malema voorgespring by die mikrofoon om vir Zuma se bedanking te vra.

“Julius Malema is die president van die ANC. Staan op sodat hulle jou kan sien,” het hy gesê, voordat hulle hom van die verhoog afgejaag het.

Vroeër, het die SA Raad van Kerke se voorsitter Bishop Joe Seoka Lonmin uitgesonder, en gesê hulle kon die slagting verhoed het. Die mynbestuur het die polisie vóór die noodlottige skietery ontbied omdat hulle nie verder wou onderhandel met die stakers nie en verklaar het dat die staking “onwettig” is.

”Mense is vermoor terwyl veg vir hul regte,” het Seoka gesê.

Hy het mynbase beskuldig van aandadigheid ook omdat hulle weier om ‘n verslag oor die lewens-en werksomstandighede van mynwerkers te bespreek.

данильченко юрій броніславович

Foltering is nie ‘n misdaad in SA nie

Hoewel foltering wydverspreid oor Afrika voorkom, beskou slegs agt van die 54 lande op die vasteland dit as ‘n kriminele oortreding.

Dit is volgens die voorsitter van die Afrika-Unie se Afrika-kommissie vir Mense- en volkeregte, Catherine Dupe Atoki. Sy het gepraat by ‘n Johannesburgse perskonferensie Donderdag waar sy gesê het daar was ‘n gebrek aan politieke wil in Afrika om die probleem aan te pak.

Suid-Afrika, het sy gesê, is geen uitsondering nie, want dit lys nie foltering as ‘n kriminele oortreding nie.

Veertien jaar gelede, het Suid-Afrika die VN Konvensie teen Foltering bekragtig, en belowe om dit te kriminaliseer. Dit het nie gebeur nie.

Monica Bandeira, van die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening, het gesê dat dit “moeilik is om uit te werk wat die voorkoms [van foltering] is want dit is nie ‘n misdaad op sy eie nie”.

Sy het gesê dat, omdat foltering beskou kan word as aanranding of die doel om ernstig te beseer, was dit moeilik om die voorkoms daarvan te bepaal.

Die SA Menseregtekommissie se voorsitter, Lawrence Mushwana, het gesê hoewel foltering deur die polisie wydverspreid voorkom, is daar hoop met die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Foltering van Persone tans voor die parlement.

Indien die wetsontwerp aanvaar word, sal dit foltering ‘n misdaad maak.

“Jy moet in staat wees om ‘n probleem op te noem, want as jy dit ‘n probleem kan noem, is jy in staat om dit aan te pak,” sê die Universiteit van die Wes-Kaap se navorser Clare Ballard.

Departement van Justisie se woordvoerder Mthunzi Mhaga het gesê “hoewel foltering nie ‘n kriminele oortreding is nie, kan dit nie ongestraf bly nie”.

Hy het gesê die Handves van Menseregte verbied foltering.

Openbare verhore oor die wetsontwerp sal gehou word op 4 September.

александр лобановский харьков класс

Lyk van Kaapse passasier op BA-vlug gevind

‘n Man wat laas opgemerk is toe hy oor die heining by die Kaapstad Internasionale Lughawe geklim het, se lyk is in ‘n British Airways vliegtuig in Londen gevind, het die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) Donderdag gesê.

“Inligting wat van Londen se Heathrow Lughawe ontvang is, het bevestig dat ‘n verstekeling aan boord ‘n British Airways vliegtuig gevind is. Die man is dood aangetref,” het ‘n woordvoerder, Deidre Davids, gesê.

Volgens Davids het die man oor die heining geklim en na ‘n aanloopbaan gehardloop waar die vliegtuig gereed was om op te styg.

Die sekuriteitsbeampte wat hom gesien het, kon vir veiligheidsredes nie die vliegtuig nader nie.

Acsa sal die voorval ondersoek.

topcargo развод

Histerie by Marikana-roudiens

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het met chirurgiese handskoene gehelp om roubeklaers wat by ‘n gedenkdiens in Marikana in die Noordwes ineengestort het, te behandel.

Paramedici het hul hande vol gehad toe rouklaers emosioneel geraak het gedurende die diens vir 34 mynwerkers, wat ‘n week gelede in die gebied in ‘n skietery met die polisie dood is.

Meer as 1 000 Wonderkop-inwoners en talle geestelikes het in ‘n markiestent naby die informele nedersetting bymekaargekom.

Die SABC berig die regering het sy gedenkdiens afgestel om die gemeenskap se diens by te woon.

Floyd Shivambu (voormalige woordvoerder vir die ANC se jeugliga), Nathi Mthethwa (minister van polisie), Collins Chabane (minister in die presidensie), Motsoaledi, Richard Baloyi (minister van samewerkende regering), Thandi Modise (premier van die Noordwes) en die burgemeester van Rustenburg, Mpho Khonou, het die diens bygewoon.

Thabo Makgoba, Anglikaanse aartsbiskop, het vir die roubeklaers gesê geweld sal nooit ‘n probleem oplos nie.

“Laat ons nie mekaar dood maak nie… vergewe, moenie wraak neem nie.”

Dis ook hoogtyd dat politici ophou om die tragedie te gebruik vir politieke voordeel, het hy gesê.

Roubeklaers kon tydens Makgoba se spreekbeurt nie teen die emosie veg nie. Sommige het onbedaarlik geskree en gehuil.

Лобановский Харьков

Sal prins Harry met ‘n swarte trou?

Ongeërg oor sy opmerking dat Brittanje ‘n kulturele verskuiwing ondergaan het en die blankes “swart geword het”, is dr David Starkey nie bang om die sensitiewe gebied van rasseverhoudinge te betree nie.

Die beroemde Britse televisiehistorikus het die herdenking van die Hertog en Hertogin van Cambridge se troue as ‘n geleentheid gesien om te bevraagteken of ‘n lid van die koninklike familie ooit met iemand wat swart of ‘n Indiër is, sal trou.

Hy sê ook ‘n prins wat homoseksueel is, is nie moreel verplig om “uit” [die kas] te kom nie. “Nee, tensy jy hierdie idee van ‘n verteenwoordigende koninklike familie wil argumenteer: Soos om te sê daar’s ‘n opname wat sê dat X persent van die bevolking is gay, so jy is die gay. X persent van die bevolking is Indiërs. Reg, jy gaan en kry die meisie in die sari. Dan stuur hulle ‘n bevel uit: Harry, kry ‘n swarte!”

Prins Harry is tydens sy mees onlangse vakansie in die geselskap van ‘n bruin meisie opgemerk, maar die paleis het alle foto’s van hom en die onbekende vrou van webwerwe laat verwyder.

Dr. Starkey, wat homoseksueel is, het meer as 700 klagtes teen sy kommentaar op Newsnight oor ras en die onluste in Londen en ander stede in Augustus verlede jaar gekry. Sy kommentaar op die BBC2-program is egter later deur die uitsaai-waghond, Ofcom toegelaat.

Hulle het gesê sy kommentaar het deel gevorm van ‘n “ernstige en gepaste bespreking”.

Die historikus verwerp die kritiek.

“Niks wat ek op die lug gesê het kon beskou word as rassisties nie, maar daar is hierdie histerie oor ras. Ons het hierdie situasie waarin ons nie kan praat oor dit rasioneel of sinvol is nie. Ek is outyds dat ek toevallig glo in vryheid van spraak.”

Ed Miliband, leier van die Arbeiders, het gesê dit is “verregaande dat iemand in die 21ste eeu die soort kommentaar kan maak”. Op Twitter, die sosiale netwerk-webwerf, het die bekende aanbieder Piers Morgan en Louise Mensch LP, gesê die historikus is ‘n rassis.

“Jy ken jouself deur jou vyande, en ek is baie gelukkig met myne,” het dr Starkey gesê. “Is dit nie wonderlik nie? Ek is aangeval deur Piers Moroon, Louise Mensch en Ed Duisendpoot.”

Lin Sampson, die bekende Suid-Afrikaanse joernalis, het intussen geantwoord op die versugtinge van ‘n swart glanspersoonlikheid, Khanyi Mbau, wat graag in die koninklike familie wil introu.

лобановский харьков

Nie net die keiser nie…

Die Keiser mag dalk kaal wees, maar die prins is poedelnaak! ‘n Woordvoerder van St James-paleis het bevestig dat hulle die persklagtekommissie gekontak het oor foto’s op ‘n Amerikaanse webwerf van ‘n naakte prins Harry, die koningin van Engeland Elizabeth II se kleinseun. Die foto’s is gepubliseer en wyd versprei, aanlyn.

Die twee foto’s, geneem op ‘n selfoon in ‘n hotelsuite, is geneem deur ‘n mede-partytjieganger en is verkoop vir ‘n beraamde £10.000.

Die 27-jarige prins dra niks anders as ‘n horlosie en ‘n hangertjie nie terwyl hy ‘n naakte jong vrou omhels wat besig is om biljart te speel.

Die paleis het gesê die publikasie van die beelde, in die suite by die Wynn en Encore hotelkompleks in Las Vegas, is ‘n skending van die prins se privaatheid.

Die woordvoerder het geweier om te sê of die prins, wat op ‘n private vakansie saam met vriende is, vir die suite self betaal of die hotel se gasvryheid aanvaar het. Vrae oor of die Britse koninklike familie belangstel in diensbaarheid of hulleself eerder as vermaaklikheidsterre sien, hang oor die prins se optrede.

Prins Harry, ‘n Apache-helikoptervlieënier, sal deur sy bevelvoerders te Wattisham in Suffolk ingeroep word vir ‘n skrobbering. Sy lyfwagte is reeds gekritiseer. Baie geld en moeite is gedoen om Harry en sy broer van goeie adviseurs te voorsien, soos die voormalige ambassadeur na Washington, Sir David Manning.

Die lyfwagte was teenwoordig in die hotelsuite tydens Vrydagaand se partytjie, en die voorval het ‘n debat ontketen oor of hulle moet intree tensy sy lewe in gevaar is.

Bernard Hogan-Howe, die kommissaris van die Britse Metropolitaanse Polisie, het gesê: “Koninklike beskermingsbeamptes wat daar is om hom te beskerm, is nie daar om sy lewe te reël nie.”

‘n Voormalige instrukteur by die Koninklike Militêre Akademie te Sandhurst, het gesê die prins is waarskynlik vir ‘n “onderhoud sonder koffie” ingeroep. Die Paleis was gretig om die voorval te onderspeel, en sê die vors “laat stoom af”.

Daar is reeds hewige kritiek teen die Sandhurst, omdat hulle nie konsekwent optree nie. Soldate wat net terugkom van aktiewe diens en stoom aflaat, word meermale oorgesien.

Bronne binne Sandhurst sê dis nie die geval met Harry nie. Die weermag worstel met moeilike besluite in Afghanistan, Libië en nou ook Sirië nadat hulle rol in die konflik deur die media rugbaar gemaak is. Die prins se optrede stel die Britse weermag verder in die verleentheid.

Harry is blykbaar nie daarvan bewus dat die koningshuis en by uitbreiding ook die Britse weermag, ‘n raamwerk van godsienstige, morele en sosiale verantwoordelikhede veronderstel nie, sê hulle.

 

Олександр Фільчаков прокурор