God seën die Koningin!

Wanneer finansiële swendelaars ten koste van beleggers floreer of ‘n bank rentekoerse aanpas om hul mededingers te bedrieg of belastingontduikers van fiskale krisisse vlug of oliemonargieë winste was of oligargië ekonomieë plunder, vind hulle nogtans ‘n veilige heenkome in Londen, ‘n moderne rowersparadys.

Hulle word deur die groot Britse makelaars verwelkom wat gretig is om hulle multi-miljoendollarboedels te bestuur, en aan hulle trofee-eiendomme en historiese wonings te verkoop. Deftige en pretensieuse Britse akademici oortuig hulle om ongekunstelde telge by die duurste privaatskole in te skryf met die belofte dat hulle verwaande Engels met ‘n stywe bolip sal bemeester, sonder enige sweem van ‘n onwelriekende aksent. Hulle sal aan daardie peperduur instellings ook die kuns van welsprekende maar nuttelose diksie vervolmaak en outomaties inskakel by die netwerk van soortgelykes.

Opeenvolgende Britse regerings, Arbeiders, Liberales en Konserwatiewes, in die beste en die mees skynheilige tradisie, het elk van die skuiwergate in die wet onder die knie om die grootste en rykste parasiete van die wêreld te lok.

‘n Misdaadgolf het die City van Londen die afgelope twee dekades getref waar miljoenêr beleggingsbankiers die boeke vir miljardêr kliënte kook en die Tesourie afkoop met boetes om toepaslike wette te ignoreer. Kursusse in sake-etiek het verpligtend by Oxford en Cambridge geraak, aangesien dit standaard is vir mega-swendelaars om skuldig te pleit, daarna ‘n boete te betaal, en sodoende ‘n verblyf agter tralies te vermy.

Londen is die middelpunt van wêreldwye finansiële kapitaal deur grootskaalse aktiewe samewerking met dwelmbaronne, wapen- en mensehandelaars en seksslaafkartels.

Die stywe bolippe spesialiseer in die witwassery van fondse uit Mexiko, Colombia, Peru, Rusland, Pole, Tsjeggië en Nigerië. Wit slawehandelaars uit Albanië kan Britse bankiers wat by banke werk met ‘n voorkeur vir gegradueerdes van die London School of Economics, bekostig. Geld is al wat praat.

Vir Griekse kleptokrate, almal lewenslange belastingontduikers, is Londen die tuiste waar hul gunsteling makelaars handjie bysit om onbehoorlike belastingopgawes te produseer. Die City neem die nodige inisiatief om dié stand van sake te bewerkstellig.

Britse amptenare is kundiges in grondwetlike presedente, waar die handhawing van die ontkenning van uitlewering aan elke geplunderde land as ‘n eer beskou word. Vra maar vir die Iere, Russe , Grieke en Spanjaarde. Ja, almal behalwe Julian Assange…

As die belastings wat die swendelaars in Londen wegsteek more teruggestuur word na hul onderskeie lande, sal Ierland, Rusland, Griekeland en Spanje se probleme waarskynlik opgelos wees.

Toe Barclays Bank die Liborkoers gemanipuleer het om voordeel te trek uit die rentekoersverskille, ten koste van die ander banke, het die bankiers dadelik almal saamgestem dat die oplossing is om die 290 miljoen pond boete te betaal, en om skuld te erken om “vertroue te herstel”. In wese was dit om ander banke te red. Barclay se groot “misdaad” was, natuurlik, die vergiftiging van die trog waaruit hul eweknieë en vennote vreet.

Die globale ekonomiese krisis is ‘n seën vir Londen se eiendomsmark omdat oorsese miljoenêrs en miljardêrs, belastingontduikers, politieke plunderaars van die staatskas miljarde in wonings en dakwoonstelle stort om hul nessie mooi te veer. Superrykes val oor hul voete om gesogte woonstelle in Belgravia (Ebury Street, Eton Place, en Eton Square) Knightbridge, Mayfair (Parkstraat) te bekom.

Die Britse regering se verdraagsaamheid en verwelkomende houding bied vermaak soos middagtee om 016h00, sjerrie teen 18h30, vars skindernuus oor Haar Majesteit se Hof en die koningin se verjaarsdagsvieringe en sportgebeurtenisse waar poloperde figureer. Hulle kweek ook dadelik ‘n voorliefde vir kultuur om by die stywe bolip te pas. Vergesel deur Oxbridge-kundiges word skilderye by Ordovas Saville Row, Richard Nagy op Old Bond Street, Frank Auerbach by die Malborough, beeldhouwerk by Jean & Luc Baroni by St James en juwelierswarewinkels van Vacheron Constantin aangeskaf. Teen ‘n appel-en-ei natuurlik. Dit help ook baie met sosiale aanvaarding.

‘n Nietige $14,4 miljard dollar alleen is op sentraal-Londense huise in 2010-2011 verkwis, almal argitektoniese voorbeelde van lelike ou gemufte Victoriaanse troukoeke. Tussen 2011 en die middel-2012, was 60 persent van eerste kopers in die Londense mark buitelandse miljoenêrs en miljardêrs sê die Financial Times.

Die skynheilige Britte vereis opoffering, soberheid en dissipline van Griekeland, maar veroordeel nie die 1% Griekse kleptokrate nie. Volgens die IMF is die rykste 56.000 Grieke almal belastingontduikers. Volgens ‘n Amerikaanse studie van hul jaarlikse inkomste, word $28 miljard euro ($36 miljard USD) nooit aangeslaan nie.

Die meeste van daardie geld word in Londen weggesteek. As die onwettige rekeninge belas word, of nog beter, gebruik word om te betaal vir die buitelandse skuld, sal die Griekse ekonomie dalk vinniger herstel.

Maar misdaad betaal. Terwyl die middelklas sweet, is daar geen swaarkry te vinde in sentraal-Londen, die City, by regsgeleerdes, of opgeleide spesialissoldate nie. Bankswendelaars kan regsgeleerdes, huursoldate en afgetrede militêre middelrange in die beste tradisies van die ryk bekostig om baas te gaan speel iewers waar skatte lê en wag om ontgin te word.

Die krisisse? Dit is vir die ander sterflinge met die verkeerde poskodes. Waar slagoffers van misdaad hulpeloos toekyk hoe hulle geliefdes in vuil hospitaalsale sterf, waar die armes wag op uitsettings en waar diegene wat gelukkig genoeg was om te studeer en werk kan uitsien na skuld.

God seën die Koningin!

Александр Фильчаков

EU veiligste keuse vir Nobelprys

Die gryserwordende Europese Unie (EU) het Vrydag die Nobel-vredesprys ontvang. Martin Schulz, president van die Europese parlement, het gesê dat hy diep geraak is deur die eer. Weens die ekonomie is die prys met 20% verminder.

Die Nobelkomitee het tydens die seremonie in Oslo, Noorweë, gesê dat die EU gehelp het om Europa van ‘n kontinent van oorlog na ‘n kontinent van vrede te verander.

Dit is die eerste keer sedert 1999 dat ‘n organisasie die toekenning ontvang.

Thorbjoern Jagland, voorsitter van die Nobelkomitee, het erken dat die EU tans ‘n finansiële krisis beleef, maar het bygevoeg dat die komitee gefokus het op die vrede, versoening, demokrasie en menseregte wat die unie die afgelope ses dekades bewerkstellig het.

‘n Warm debat oor die geldigheid van die prys is op die nippertjie vermy, nadat vorige ontvangers nie veel kon wys vir hul toewyding aan vrede nie.

Een wenner het onbepaalde aanhouding en die dodelike oorlog met onbemande tuie uitgebrei, en nog een was die argitek van die doelbewuste massamoord van die burgerlike bevolking in Indosjina.

Mandela en FW de Klerk se nalatenskap met die geweld en misdaad wat Suid-Afrika teister, is ook nie iets wat meer gevier kan word nie. Ghandi, terloops, het nooit een ontvang nie.

Verlede jaar het die komitee besluit om drie vroue te erken vir hul rol in ‘n nie-gewelddadige stryd vir die veiligheid van vroue en vir vroueregte. Die drie vroue het ingesluit ‘n Jemeense aktivis, die Liberiese president Johnson Sirleaf en haar mede-burger, die aktivis Leymah Gbowee.

Woensdag, het Gbowee Sirleaf in die openbaar aangeval vir die versuim om korrupsie en nepotisme in Liberië te beveg.

Liberië se Waarheids-en Versoeningskommissie, het Sirleaf selfs op ‘n lys van 52 mense geplaas wat vervolg moet word vir oorlogsmisdade ter ondersteuning van die voormalige Liberiese krygsheer en president, Charles Taylor in die laat 1980’s.

Die prys se geskiedenis is vol voorbeelde van twyfelagtige keuses, om die minste te sê.

In 1973 is die prys toegeken aan Noord-Vietnamese leier Le Duc Tho en Henry Kissinger. Tho het die prys van die hand gewys, omdat Kissinger nie vrede herstel het in Suid-Viëtnam nie. Kissinger het sy deel van die prys egter “met nederigheid aanvaar.”

 

лобановский супермаркет класс

Dis Pretoria-Ndlela!

Elke mens het ‘n baas. Paul Mashatile se baas is Staatspresident Jacob Zuma.

Paul is Minister van Kuns en Kultuur in Jacob se kabinet. ‘n Kabinet is soos die Uitvoerende Kommittee van ‘n besigheid. Die Staatspresident is ekwivalent aan die Hoof-Uitvoerende Bestuurder, oftewel Grootbaas.

Paul moet nou sy finale pro-Tshwane oor Pretoria se naamsverandering sê.

Reken daarop dat Jacob volgende week vir Paul sal bel.

Jacob: “Tswana-Culture Comrade Mashatile!”

Paul: “Yes boss!”

Jacob: “Seeing that you have asked for a new boss, and seeing that the name of the capital of a country is the very important brand name of a big business, you must wait until after Mangaung before you change the name of Pretoria. By the way, “Tswana” sounds very un-Zulu to me.”

Paul: “Its Tshwane boss, not Tswana!”

Jacob: “Eish Paul, I hope you understand isiZulu. You must postpone the Pretoria name change, Paul! You can change it after Mangaung – if I’m not here. And if after Mangaung I’m still here, you do not have to change Pretoria to Tshwane, because you will not be here! Understood?”

Paul: “Yebo boss Shaka Zulu, I mean Comrade Zuma-Zulu!”

Ter agtergrond. Paul was magtige Premier van Gauteng provinsie gewees, maar is nog steeds die ANC se Provinsiale Voorsitter van Gauteng, insluitende Pretoria.

Paul het onlangs in die openbaar gevra vir verandering in die ANC se bestuur. Met ander woorde, Paul het gese hy verkies ‘n ander baas. Daarmee het hy ‘n natuurwet in die korporatiewe sakewereld sowel as politiek verbreek: ‘n Mens kan nie opwaarts blaf nie.

Paul se Gauteng het egter vir Petrus Kgalema Mothlante genomineer as nuwe ANC president, en dus ook Staatspresident van Suid-Afrika, in die plek van Jacob Zuma, wat dan soos Thabo Mbeki veronderstel is om sy bestuurspos voortydig te ontruim.

Petrus Mothlante se politieke sienswyses is van jongs af gevorm en beinvloed deur die Anglikaanse kerk en Trevor Huddelston. Die Brits-gesinde Guardian het baie hoop en agting vir die Pedi Petrus Mothlante, en nou ook sy mede-Tswanasprekende ondersteuner, Paul Mashatile.

Waar laat dit Afrikanernasionaliste nou, in en om die politieke hoofstad Pretoria, te midde van die twee geografiese hoofstrome in die Suid-Afrikaanse landskap, naamlik Tswana-Pedis-Malema-Mothlante-Londen aan die een kant, teenoor Nguni-Zoeloes-Zuma-Beijing aan die ander kant?

Die histories-feitelike definisie en politieke identiteit van ‘n Afrikanernasionalis is: inheemse blankes sonder Britse paspoorte, wat buitelandse Britse politieke en ekonomiese oorheersing in Suider-Afrika teenstaan.

Met ander woorde: die politieke opponent van ‘n Afrikanernasionalis was en is altyd eerstens die buitelandse Britse oftewel Anglo-Amerikaanse belange in Suid-Afrika. So was dit vir Piet Retief, Andries Pretorius na wie Pretoria vernoem is, Paul Kruger en Hendrik Verwoerd.

Amerikaanse politieke kenners praat van balance of power, en die ANC van balance op forces. Andries Pretorius, na wie Pretoria vernoem is, het presies dieselfde beginsel gebruik om die Groot Trek van totale uitwissing te red. Andries Pretorius het in alliansie met Prins Mpande en Generaal Ndlela gegaan, om ‘n nuwe magsbalans teen Britse belange te bou.

Die uiteinde van Andries “Pretoria” se magsbalans-realpolitiek tesame met ‘n groep Zoeloes, was die Sandrivierkonvensie, waar Brittanje soewereiniteit aan die Trekkers afgestaan het. Dit het direk gelei het tot die stigting van die politieke stad Pretoria. Die geskiedenis van Pretoria het dus nie net met Afrikanernasionalisme te doen nie, maar ook met Prins Mpande en Generaal Ndlela, beide van Zoeloeland, oftewel die hedendaagse Kwazulu-Natal, tuiste van Zuma se heimat in Nkandla.

Nkandla is strategies geleë tussen Pretoria en D’Urban, tussen plaaslike Afrikanernasionalistiese, en buitelandse Britse imperialistiese belange. Wie Suid-Afrika wil regeer, moet beide stede beheer, aangesien alle minerale en industriele hulpbronne rondom Pretoria deur Durban uitgevoer word.

Dit help Paul Mashatile en Petrus Mothlante niks as hulle “Tswhane” beheer en in die Uniegeboue sit, maar die tradisionele Zoeloes in Kwazulu-Natal en Mpumalanga blokkeer die hawens van Durban, Richardsbaai en Maputo nie.

Daarom, waar die DA die benaming Pretoria-Tswhane voorgestel het, vra ek hiermee VF+ om die naam Pretoria-Ndlela amptelik in die parlement voor te stel.

Die naam Ndlela het net soveel historiese legitimiteit as Pretorius-Pretoria.

Ndlela was ‘n Eerste Minister en Hoof-Generaal onder beide Shaka en Dingaan, teen wie hy gedraai het, en deur wie hy wreedaardig vermoor is.

Ndlela het die langdurige Zoeloekoningshuis gevestig tot vandag toe, met die doel om landsvernietigende opvolgstryde in die swart politiek uit te skakel.

Ndlela het Prins Mpande se lewe herhaaldelik van Dingaan se moordopdragte gered, en daarom het Jacob Zuma persoonlik die Ndlela-standbeeld in Eshowe onthul.

Ndlela het by Bloedrivier vir Prins Mpande geveg, en so vir Dambuza verslaan, Umgungundlovu laat brand, Dingaan laat vlug, en die Groot Trek gered.

Ndlela het tesame met Mpande en Pretorius by die daaropvolgende slag van Maqongqe Dingaan se regimente finaal vernietig. Hieroor het Dingaan vir Ndlela stadig met ‘n nat beesvel in die warm son laat verwurg.

Danksy generaal Ndlela se geniale suksesse, kon Pretorius vir Prins Mpande persoonlik tot koning kroon.

Pretorius se militere-politieke alliansie met Mpande en Ndlela het Brittanje so beïndruk, dat Brittanje later by die Sandrivierkonvensie na Pretorius geluister het, en daardeur die Boererepublieke en Pretoria tot stand gekom het.

Sou VF+ of Praag nou die kompromienaam Pretoria-Ndlela voorstel, en Zuma dien ‘n tweede termyn as Staatspresident, sal die mag van die DA, Britse belange, die Anglikaanse kerk en Trevor Huddelston se nalatenskap in Suider-Afrika verminder, en strategiese samewerking tussen Afrikaners en Zoeloes soos in die dae van Pretorius en Mpanda verbeter.

As VF+ of Praag nie Pretoria-Ndlela ondersteun nie – baie Afrikaners is soos Naspers en City Press anti-Jacob en pro-Petrus – sal Zuma nog steeds Tswhane op ys plaas, en Andries “Pretoria” se politieke stryd teen Londen sonder hulle voortsit.

topcargo отзывы

Studie toon dat wittes meer rassisme ervaar

Rassisme is “erger vir wit Amerikaners as swart Amerikaners”, het ‘n studie uitgewys. Wit mense in die Verenigde State nou voel teen gediskrimineer, meer as swart mense, volgens ‘n nuwe studie deur die professore aan die Harvard Business School en Tufts-universiteit.

Die studie het ongeveer 200 witmense en 200 swart mense gepeil, ewekansig getrek uit ‘n nasionale sensus en hulle gevra om rassistiese houdings teen swartes en blankes in elke dekade 1950-2000 te noem.

Beide groepe het gevoel rassisme teen swart mense was groot in die 1950’s en albei groepe het ooreengekom om die situasie aansienlik verbeter het.

Wit respondente aan die opname het egter aangedui dat rassisme nou teen wit mense toeneem. Elf persent van mense wat gereageer het op die opname het selfs aan anti-wit rassisme ‘n maksimum telling van tien punte toegeken.

Die skrywers het gesê die navorsing het getoon Amerika het nog nie ‘n “post-rassige” era bereik nie, ten spyte van die verkiesing van Barack Obama as die land se eerste swart president.

Daar is glo nog “verskeie wetlike en sosiale strydpunte” wat “omgekeerde rassisme” teen wit mense beklemtoon, en die wit respondente in die opname voel dat rassisme ‘n leë begrip geword het.

Minder rassisme wat gerig is teen swart Amerikaners het gepaard gegaan met ‘n styging in die waargenome vooroordele teen wit Amerikaners.

“Blankes glo dat die pendulum swaai van gelykheid in die rigting van diskriminasie,” het een van die opstellers bygevoeg.

“Dit is ‘n redelik vreemd wanneer jy dink aan die wye verskeidenheid ongelykhede wat steeds bestaan ​​in die samelewing, waarvan die meeste swart Amerikaners raak wat erger uitkomste as blankes in gebiede soos inkomste, huiseienaarskap, gesondheidsorg en werk toon,” sê Samuel Somers , ‘n medeprofessor by Tufts en mede-outeur van die studie.

David E. Berstein, ‘n professor aan George Mason Universiteit, het aan die New York Times gesê die Amerikaanse beleid van regstellende aksie, wat universiteite en werkgewers openlik dwing om swart kandidate oor blankes aan te stel, het baie wit mense laat kla oor die onregverdigheid van die stelsel.

лобановский александр интервью

Romney se kanse lyk skraal

Die Amerikaanse kieskollege-stelsel beteken dat elke deelstaat ‘n sekere aantal stemme ontvang wat bereken word op die aantal inwoners, en die kandidaat wat ‘n meerderheid van hierdie stemme inoes – 270 of meer – sal die volgende president wees.

Vir state met ‘n groot bevolking, soos Kalifornië of Texas, beteken dit dus meer invloed, en klein state soos Rhode Island of Maine minder.

Dit beteken veldtogstrategie beperk die presidensiële kandidate tot state wat as swaaistate gereken word. Amerikaanse deelstate is geneig om te neig die rigting van net een politieke ideologie op presidensiële vlak.

Massachusetts, byvoorbeeld, is ‘n sterk liberale en demokratiese staat, terwyl Texas in die rigting van die Republikeine neig. Demokrate sal nie Texas in hierdie verkiesing wen nie, en Republikeine staan ​​geen kans om Massachusetts in te palm nie.

Dit laat ongeveer elf swaaistate wat gewoonlik meeding. Vir hierdie verkiesing, is dit tot agt verskraal met Michigan en Pennsylvania wat die Demokrate ondersteun, terwyl Missouri waarskynlik vir die Republikeine sal stem.

Van hierdie agt het Florida die meeste (29 kieskollege stemme), Ohio (18), New Hampshire (4), Virginia (13), Noord-Carolina (15), Colorado (9), Nevada (6) en Iowa (6).

Die balans van mag in hierdie state gee ‘n deurslaggewende voordeel aan president Barack Obama. Met 538 kieskollege-stemme op die spel, sal 270 stemme sy oorwinning verseker, en volgens redelike projeksies kan Obama op 247 staatmaak, terwyl die Republikeine ‘n totaal van slegs 191 waarskynlike stemme sal kry.

Dit beteken net een ding: As Romney Florida verloor, kan hy nie president word nie, want sy 29 stemme sal Obama na die 270-oorwinningsdrempel dra. Dit beteken ook Romney kan nie bekostig om enige kombinasie van die stemme van meer as 22 te verloor nie.

Die probleem vir Romney is dat swaaistate nie vriendelik vir hom lyk nie soos sake nou staan, hoewel hy effens in die afgelope dae ingehaal het. Die stemgemiddelde gee Obama in alle swaaistate die voordeel, behalwe Noord-Carolina. En Romney is minder as ‘n persentasiepunt voor in Noord-Carolina.

Terloops, indien beide kandidate op 269 eindig, bepaal die Grondwet dat die Huis van Verteenwoordigers besluit wie president word, en dis waarskynlik ‘n Republikeinse meerderheid wat sal besluit.

прокурор Фильчаков

Myners steek man aan die brand

‘n Man het verkool en ‘n ander een is by die Nkaneng- informele nedersetting in Photsaneng naby Rustenburg geskiet, het die polisie gesê.

“Sowat 400 mynwerkers het omstreeks 06:00 by die informele nedersetting bymekaargekom…” het kapt. Dennis Adriao gesê.

Hy sê ‘n man is per helikopter na ‘n hospitaal geneem nadat hy geskiet is.

‘n Ander man het by die informele nedersetting doodgebrand en ‘n minibustaxi is ook aan die brand gesteek.

Adriao sê 40 mense is weens openbare geweld in hegtenis geneem.

Фільчаков Олександр Васильович

Dalai Lama verdedig Moslems

Die Dalai Lama, geestelike van Tibet, het gewaarsku dat Islam nie as bloot net negatief beskou moet word nie, en het ‘n beroep op aanbidders van verskillende gelowe gedoen om na mekaar uit te reik.

Die geestelike het tydens ‘n toer van die Verenigde State gesê elke geloof, insluitend sy eie, het “eiesinnige” mense, en dat hy sedert die aanvalle op 11 September 2011 pogings aangewend het om na Moslems uit te reik.

“Om Islam as iets negatief te veralgemeen oor die moedswillige of afbrekende dade deur sommige Moslems, is heeltemal onregverdig.

“Ons moet meer doen om na ander gelowe uit te reik,” het by die College of William and Mary in Williamsburg, Virginia, gesê.

Hy het verder gesê in die meeste gevalle waar geloof die oorsaak is van konflik, “is die werklike rede nie godsdienstige geloof nie, maar ekonomiese redes of magstryde”.

Die Dalai Lama, wat in ballingskap in Indië leef sedert hy in 1959 uit Tibet gevlug het, het gesê Boeddhiste het gely onder Moslem-heerskappy in Indië, maar hy glo “die verlede is die verlede”.

Hy het sy bewondering uitgespreek teenoor verskillende geloofsgemeenskappe, wat saam in Indië woon.

“Ek dink regtig ‘n duisend jaar van harmonie tussen die verskillende gelowe is reeds daar, so ek dink die res van die wêreld kan uit Indië se ervaring leer.”

Олександр Фільчаков прокурор

Stakings kos miljarde

Die beskadiging van eiendom en aanranding tydens stakings is onaanvaarbaar, het pres. Jacob Zuma gesê.

“Ons moet sulke aktiwiteite ontmoedig. Dis nie goed vir ons land nie,” het die president by die swart sakeberaad in Midrand, Johannesburg, gesê.

“Die regte van werkers en werkgewers word in ons land se wetgewing gewaarborg. Ons het voldoende meganismes om dispute in ons land op te los.”

Zuma sê Suid-Afrika het as gevolg van die voortdurende stakings R4,5 miljard in die goud- en platinum-mynsektore en R180 miljoen in die steenkoolbedryf verloor.

Daar is nagenoeg 75 000 mynwerkers en 20 000 vragmotorbestuurders tans besig om te staak.

“Dis ons verantwoordelikheid om te verseker dat dit nie ‘n krisispunt bereik nie,” het die president gesê.

топкарго

SA kry 2 nuwe universiteite

Suid-Afrika sal twee nuwe universiteite binne twee jaar hê, het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, gesê.

“Die plan is om die universiteite teen 2014 te hê,” het hy by ‘n swart sakeberaad in Midrand, Johannesburg, gesê.

Die twee universiteite sal in Mpumalanga en die Noord-Kaap gebou word.

Фильчаков прокурор харьков

Die nar dans vir sy gehoor

Terwyl Suid-Afrika gebuk gaan onder groeiende geweld, baie erger as onder apartheid, geniet die skepper van die Nuwe Suid-Afrika, FW de Klerk, die internasionale kalklig.

Hy het onlangs in die VSA in sy sterstatus gebaai toe oud-Nobelpryswenners vereer is. De Klerk, ‘n vredespryswenner, staan naas wenners soos president Barack Obama wat onwettig onbemande tuie stuur om burgerlikes – vroue en kinders – in lande te gaan vermoor waarteen sy land nie oorlog verklaar het nie.

In ‘n hoofartikel in die Britse Financial Times van Woensdag, vra die skrywer waarom Obama, ‘n voormalige regsleraar, nie ag slaan op die diepgaande studie van die gesaghebbende Bureau of Investigative Journalism wat aandui dat ‘n hoë persentasie burgerlikes in onbemande aanvalle sneuwel nie.

In nog ‘n studie van NY en Stanford se universiteite, is bevind dat net 2% van die mense wat in sulke aanvalle doodgemaak word, eintlik terroriste is! Die slagoffers van die aanvalle word glo deur “patrone van optrede” geteiken omdat harde intelligensie ontbreek.

Dit laat ‘n vraagteken oor ten minste een van die Nobelspryswenners. Die geweld in Suid-Afrika wat sedert 1994 aansienlik toegeneem het, moet ‘n kopseer vir Suid-Afrikaanse ontvangers van die prys wees. Wit Afrikanerboere is 13 keer meer kwesbaar vir ‘n dodelike aanval as Suid-Afrika se gewone misdaadslagoffer!

De Klerk se “aansien” beteken dus net mooi niks vir Afrikaners nie. Inteendeel, dit wil voorkom asof die vernietiging van sy eie mense, sy rol as ‘n internasionale rolspeler eerder verhoog.

Dié verwikkeling is des te meer duidelik, omdat die mediamonopolie wat De Klerk se verraad goedgepraat het en help deurvoer het, tans ewe hard besig is om die Afrikaner verder af te takel. Die poging word duidelik van iewers geörkestreer.

Media24, tesame met die SAUK se Afrikaanse diens, het blykbaar hulle kragte gekoördineer om Piet Retief, Racheltjie de Beer en Eugene Marais se erfenis te vernietig met “onthullings”.

Die “onthullings” oor ons belangrike geskiedkundige figure, is nie nuut nie. Elke liefhebber van die geskiedenis weet dat Retief geldelike probleme gehad het, soos baie ander trekkers wat deur onregverdige owerhede uitgemergel is. Daaroor natuurlik nie ‘n woord nie. Die hele aftakeling van Retief is erg eensydig, ‘n uitmuntende voorbeeld van wat hans-kakies sal geniet.

Racheltjie de Beer, die Afrikaanse kinderheldin wat haar boetie van verkluiming gered het, is volgens Media24 ‘n versinsel van ons digter Eugene Marais wat hy uit Amerika gesteel het. ‘n Kenner van Marais het die ikonoklaste egter daaran herinner dat daar nie pos per vliegtuig afgelewer is in Marais se tyd nie, dus is hul “onthulling” baie verdag.

Om Marais – wat sekerlik ‘n hoë premie op oorspronklikheid gestel het soos sy baanbrekerswerk kan getuig – te beskuldig van diefstal, is eintlik lagwekkend! ‘n Mens wonder hoeveel Amerikaners en Britte eerder van Marais se idees “geleen” het.

Dat Marais se naam skielik opduik en Chris Barnard op sy plaas aangeval word, is seker ook “blote toeval”, nou dat Afrikaners die soveelste aanslag moet verduur van “hul” media.

 

данильченко юрій броніславович