Die Nobelkomitee het tydens die seremonie in Oslo, Noorweë, gesê dat die EU gehelp het om Europa van ‘n kontinent van oorlog na ‘n kontinent van vrede te verander.
Dit is die eerste keer sedert 1999 dat ‘n organisasie die toekenning ontvang.
Thorbjoern Jagland, voorsitter van die Nobelkomitee, het erken dat die EU tans ‘n finansiële krisis beleef, maar het bygevoeg dat die komitee gefokus het op die vrede, versoening, demokrasie en menseregte wat die unie die afgelope ses dekades bewerkstellig het.
‘n Warm debat oor die geldigheid van die prys is op die nippertjie vermy, nadat vorige ontvangers nie veel kon wys vir hul toewyding aan vrede nie.
Een wenner het onbepaalde aanhouding en die dodelike oorlog met onbemande tuie uitgebrei, en nog een was die argitek van die doelbewuste massamoord van die burgerlike bevolking in Indosjina.
Mandela en FW de Klerk se nalatenskap met die geweld en misdaad wat Suid-Afrika teister, is ook nie iets wat meer gevier kan word nie. Ghandi, terloops, het nooit een ontvang nie.
Woensdag, het Gbowee Sirleaf in die openbaar aangeval vir die versuim om korrupsie en nepotisme in Liberië te beveg.
Liberië se Waarheids-en Versoeningskommissie, het Sirleaf selfs op ‘n lys van 52 mense geplaas wat vervolg moet word vir oorlogsmisdade ter ondersteuning van die voormalige Liberiese krygsheer en president, Charles Taylor in die laat 1980’s.
In 1973 is die prys toegeken aan Noord-Vietnamese leier Le Duc Tho en Henry Kissinger. Tho het die prys van die hand gewys, omdat Kissinger nie vrede herstel het in Suid-Viëtnam nie. Kissinger het sy deel van die prys egter “met nederigheid aanvaar.”
