Dalai Lama verdedig Moslems

Die Dalai Lama, geestelike van Tibet, het gewaarsku dat Islam nie as bloot net negatief beskou moet word nie, en het ‘n beroep op aanbidders van verskillende gelowe gedoen om na mekaar uit te reik.

Die geestelike het tydens ‘n toer van die Verenigde State gesê elke geloof, insluitend sy eie, het “eiesinnige” mense, en dat hy sedert die aanvalle op 11 September 2011 pogings aangewend het om na Moslems uit te reik.

“Om Islam as iets negatief te veralgemeen oor die moedswillige of afbrekende dade deur sommige Moslems, is heeltemal onregverdig.

“Ons moet meer doen om na ander gelowe uit te reik,” het by die College of William and Mary in Williamsburg, Virginia, gesê.

Hy het verder gesê in die meeste gevalle waar geloof die oorsaak is van konflik, “is die werklike rede nie godsdienstige geloof nie, maar ekonomiese redes of magstryde”.

Die Dalai Lama, wat in ballingskap in Indië leef sedert hy in 1959 uit Tibet gevlug het, het gesê Boeddhiste het gely onder Moslem-heerskappy in Indië, maar hy glo “die verlede is die verlede”.

Hy het sy bewondering uitgespreek teenoor verskillende geloofsgemeenskappe, wat saam in Indië woon.

“Ek dink regtig ‘n duisend jaar van harmonie tussen die verskillende gelowe is reeds daar, so ek dink die res van die wêreld kan uit Indië se ervaring leer.”

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae