Plunderaars sak op St. Francisbaai toe

Hierdie keer was die rampgebied St. Francisbaai. Net soos met alle rampgebiede, sak plunderaars dadelik op die toneel toe. Diewe het blykbaar al in die brandende vakansiedorp toegeslaan nog voordat die brande geblus is.

Die diewe het op bote en waterponies het toegeslaan terwyl inwoners hulpeloos toegekyk het hoe hulle die buit wegdra. Niemand het egter nog ‘n klag by die polisie ingedien nie, wat beteken dat die polisie die plunderaars moet laat gaan, sê lt. Benjamin Swanepoel, waarnemende polisiebevelvoerder in St. Francisbaai.

Brandbestryders en hulpwerkers se voertuie is vasgeparkeer om die diewe ‘n voordeel te gee. Die brandweermanne het eers gedink dis eienaars óf dalk bure wat eiendom probeer red en nie ingegryp nie, vertel van die inwoners. Hulle het later besef dis plunderaars.

‘n Gesin wat breekware, eetgerei en twee beddens in hulle huis kon red, het aan Beeld vertel dat dié eiendom, selfs die beddens, later weggedra is. ‘n Ooggetuie het vertel hoe sy twee bruin vroue gesien het wat die beddens uitdra. Toe sy hulle vra wat hulle doen, het hulle gesê hulle dra dit uit sodat dit kan droog word. Die beddens het intussen verdwyn.

Ander het vertel van noodflitsligte, stoele, eetstelle, kastrolle en visstokke wat nog die een dag in die puin was en oornag gesteel is.

 

александр лобановский харьков

Gesteelde kunswerke teruggevind

Die Stad van Tshwane het bevestig dat vier gesteelde skilderye gister in Port Elizabeth opgespoor is. Die werke is Sondag gesteel uit die Pretoriase Kunsmuseum.

‘n Woordvoerder Pieter de Necker, het gesê die museum se kurators het foto’s van die skilderye wat deur die polisie in die Oos-Kaap geneem is, gesien en bevestig dat dit dieselfde werke is.

Die Oos-Kaapse polisie woordvoerder, brigadier Miranda Mills het gesê ‘n lid van die K9-eenheid het ‘n wenk van ‘n informant ontvang, wat hom vertel het oor die wegsteeekplek van die gesteelde skilderye.

Die skilderye is ongeskonde in ‘n private begraafplaas agter die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Sunridge Park in Port Elizabeth gevind.

“Die kuns stukke was links onder ‘n bankie … daar was geen sigbare skade aan die skilderye nie,” het sy gesê.

Niemand is in hegtenis geneem in verband met die rooftog nie.

Irma Stern se 1931-meesterstuk Fishing Boats ter waarde van R9-miljoen, Maggie Laubser se 1936 Cat en petunias ter waarde van R1 miljoen, Hugo Naudé se Hottentot Hoof geprys teen R300000 – alle olies op doek – sowel as JH Pierneef se Eland gewaardeer R45 000, ‘n gouachetekening op papier, is teruggevind

Maar Gerard Sekoto se R7 miljoen Street Scene word steeds vermis.

 

Олександр Фільчаков прокурор

Moot: Slinkse huishulp terug

‘n Slinkse huishulp is steeds doening in die Moot-omgewing maan Moot-polisiestasie.

Die huishulp met die lang vingers is weer terug.

So maan die Moot-polisiestasie inwoners na daar nog sake van diefstal rakende dié huishulp by die Moot- asook die Villieria-polisiestasie aangemeld was.

Na die eerste waarskuwing van die Moot-polisie in Julie en wat deur Rekord geplaas is, is daar reeds weer vyf sake aangemeld.

Dié huishulp stel haarself blykbaar voor as Rebecca Ngwana en verseker voornemende werkgewers dat sy by verskeie inwoners in die omgewing werk wat kan bevestig dat sy betroubaar is, indien ‘n verwysing benodig word. Sy verskaf ook haar selfoonnommer en woonadres vir bevestiging.

“Die werkgewer neem haar in diens, sonder om navraag te doen, en laat haar alleen om te werk wanneer hulle nie tuis is nie,” het luitenant Linda Jerling, woordvoerder van die Moot-poli­siestasie, gesê. Wanneer die werkge­wer egter terugkeer, is Ngwana skoonveld, so ook na bewering verskeie waardevolle artikels.

Jerling het inwoners gemaan om eers voornemende werkers se identiteit te bevestig voordat hulle in diens geneem word. Sy versoek dat die Moot-gemeenskap meer verantwoordelik moet optree alvorens hulle ‘n onbekende persoon in diens neem.

Jerling het inwoners aangeraai om eers identiteitsdokumente te versoek, ‘n afskrif daarvan te maak en dan ook ‘n foto van die werker te neem. Dit is belangrik om eers soveel as moontlik inligting raken­de die persoon te verkry voordat iemand aangestel word.

Jerling het inwoners versoek om enige inligting wat die polisie moontlik met hul ondersoek kan help, aan die Moot-polisie­stasie te rapporteer. Navrae: Adjudant-offisier Dennis Mothlaoleng by 076-133-2632.

topcargo отзыв

Nagmerrie-aanval: Slagoffer vertel

‘Dit het gevoel soos ‘n nagmerrie, dit het gevoel of dit onwaar is,’ so vertel Gertjie du Plessis wie se dapperheid, kalmte, en samewerking tydens ‘n rooftog ‘n moontlike gesins- en gemeenskapstragedie afgeweer het.

‘n Bekende sakeman van Tzaneen se seun het Sondagoggend vroeg in sy kamer wakker geskrik toe twee vuurwapens teen sy slape gedruk word.

Net om sekondes later uit te maak hoe ‘n bende van tussen 8 of 10 rowersin stilte na hom staar. Ge-balaklava, swaar gewapen en met handskoene aan.

Hulle het hom dreigend dopgehou.

‘Dit het gevoel soos ‘n nagmerrie, dit het gevoel of dit onwaar is,’ so vertel Gertjie du Plessis (27) wie se dapperheid, kalmte, en samewerking tydens die rooftog ‘n moontlike familie en gemeenskaps tragedie afgeweer het.

Dié voorval het vroeg Sondagoggend afgespeel in die sekuriteits-oord, Golden Acers. Du Plessis, seun van Willie en Raaikie du Plessis, eienaars van Harmonie Abbattoir het met Letaba Herald se joernalis gesels oor sy angswekkende aand en hoe die nagmêrrie verloop het.

‘Ek het omtrent 03:30 wakker geword toe staan daar twee mans langs my bed met pistole teen my kop. Ek het met my hande onder my kussing op my maag geslaap. Hulle het my hande met ‘Cable ties’ vasgebind en daarna my voete. Dit was groot ‘cable ties’ soos wat die polisie gebruik.

Toe gooi hulle my om op my rug en trek maskeerband oor my mond en sê ek moet stil bly: ‘We will kill you, keep quiet,’ nog steeds met wapens op my gerig.

Ek is omgedraai op my rug toe sien ek hierdie klomp rowers voor my met maskers, ek dink daar was ongeveer agt of dalk meer. Swaar gewapen en met handskoene…ek kon nie hulle gesigte sien nie, almal het swart gedra en het balaklavas aangehad.

‘Die meerderheid van die rowers is toe uit die kamer uit. Ek het probeer om deur die maskeerband met twee van hulle te praat, om hulle aandag te trek. Hulle het goeie Engels gepraat. Ek is die heeltyd aangehou met wapens wat op my gerig was.

‘Ek het aan hulle probeer sê dat hulle nie die kluis gaan kry nie. Hulle het die heeltyd aan my gesê dat hulle my gaan skiet.’

Volgens Du Plessis het een van die rowers glo ‘n ander gaan roep en is sy voete los gesny.

‘Ek is na die leefarea geneem en ek kon in die donker sien dat almal iewers plek ingeneem het…dood stil.’

Hy is later met die trappe in die huis op begelei.

Groot was sy verbasing toe hy op die boonste verdieping kom.

Voor sy ouers se slaapkamer het gewapende rowers doodstil gestaan. Hy is na die kantoor geneem, waar die kluis se sleutel gebruik is om dié oop te maak. ‘n Onbekende bedrag kontant en juwele is geroof.

Volgens Du Plessis het een van die rowers een van die blikke wat in die kluis was geskud en dit het ‘n geraas gemaak.

Een van die honde wat in sy ouers se kamer was het glo begin blaf , dit was duidelik nie deel van die ‘uiters professionele roofbende se meesterplan nie, en volgens Du Plessis kon hy sien daar is paniek onder die rowers.

‘Dit is duidelik dat die motief was om slegs te roof. Alle skootrekenaars, rekenaars en selfone net so gelos.’

‘Die rowers was uiters professioneel en georganiseerd…hulle het geweet wat waar was.”

‘Ek kon net begin bid, dit is al wat ek kon doen sodat ons net veilig kon bly,’ luidens du Plessis.

Nadat die hond begin blaf het, het Du Plessis hulle gewaarsku om spore te maak. Die rowers het gevlug.

‘n Laaste arrogante rower het die jong Du Plessis weer probeer vasbind, maar besef sy makkers het reeds ontsnap en het ook laat spaander.

Gertjie het ongeveer vyf minute gewag voordat hy hom na sy ouers se kamerdeur toe gehaas het en die kamerdeur met sy kop oop gemaak het. Hande steeds vasgebind.

Sy pa, Willie, het in daardie stadium verbouereerd, glo ‘n waarskuwings skoot afgevuur deur die badkamervenster. Alle nooddienspersoneel, was binne etlike minute op die toneel.

Dave Protter maan persone wat slagoffers is van geweld en gewapende roof om kalm te probeer bly en so vining as moontlik nooddienste te ontbied.

Hy vra ook dat met die fees seisoen wat op hande is, persone meer veiligheids bewus moet wees.

‘Sonder die Here se genade sou ek verseker nie die aanval oorleef het nie. Ek dank Hom dat ons almal vandag nog lewe.’ sê Du Plessis.

Indien enige persoon oor inligting beskik wat kan lei tot die inegtenisneming van die gewapende rowers skakel die hoof van die speurtak, kol James Espach op: 082 451 7169 of Dave Protter op: 084 4000 911.

Фильчаков

CIA-seksskandaal: Intrige verdiep

‘n Rybewys van die vrou wat die middelpunt is van ‘n seksskandaal in Washington is, is deur ‘n drawwer in ‘n park in die hoofstad gevind, het ‘n woordvoerder gesê.

Paula Broadwell se rybewys is Sondag aan owerhede oorhandig.

“Dit is onlangs gevind en dit is in ons besit. Dit is die 11de ingehandig,” het lt. Bill Kellogg van die Maryland National Capital Park-polisie gesê.

David Petraeus het Vrydag as direkteur van die CIA bedank nadat hy erken het dat hy ‘n buite-egtelike verhouding met die 40-jarige Broadwell gehad het.

Broadwell is die skrywer van Petraeus se biografie All In.

“Ons het nog glad nie van haar gehoor nie,” het Kellogg gesê.

Hy het gesê indien Broadwell nie binne 90 dae kontak maak met owerhede van die park nie, sal haar rybewys na Noord-Carolina, haar tuisstaat, gestuur word.

Die FBI ondersoek het uitgebrei na genl. John R. Allen, die bevelvoerder van Amerikaanse en NAVO-troepe in Afghanistan, het die Pentagon aangekondig vroeg Dinsdag.

Volgens ‘n senior Amerikaanse verdedigingsamptenaar, het die FBI tussen 20.000 en 30.000 bladsye van dokumente – die meeste van hulle e-posse – wat “potensieel onvanpaste” kommunikasie tussen Allen en Jill Kelley bevat, ontbloot. Die 37-jaar-oue Tampa-vrou se verslag van teistering deur ‘n persoon wat Petraeus se minnares was, het uiteindelik gelei tot Petraeus se ondergang gelei.

данильченко юрий брониславович прокурор

ANC vra boikot van SA wyn

Die ANC in die Oos-Kaap vra dat Suid-Afrikaanse wyn geboikot word.

Dié oproep kom te midde van ‘n voortslepende staking deur plaaswerkers wat beter lone en werkstoestande eis.

Mlibo Qoboshiyane, woordvoerder van die ANC in die Oos-Kaap, het gesê mense sal die uitbuiting van werkers ondersteun indien hulle aanhou om wyn, wat in Suid-Afrika gemaak word, te koop.

“Volgende keer wat mense wyn van die Wes-Kaap drink, moet hulle weet hulle ondersteun die uitbuiting van swart werkers.”

Plaaswerkers in die De Doorns-gebied het verlede week begin staak en eis ‘n daaglikse loon van R150 en beter werkstoestande.

Qoboshiyane het gesê die boere kan bekostig om die werkers die bedrag te betaal wat hulle soek.

“Die Suid-Afrikaanse wynbedryf maak plaaslik en internasionaal baie geld, dus is die looneise van die werkers realisties en kan deur die werkgewers betaal word.”

Hy het gesê Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, ondersteun nie die werkers nie, omdat plaaseienaars die DA finansier.

“Die mense van die Wes-Kaap verdien ‘n beter leier as Zille,” het hy gesê.

Олександр Фільчаков прокурор

Sasco moet aanhitsing by Tuks staak

“SASCO (South African Student Congress) se “Rassisme is Misdaad-veldtog”, is nog ‘n poging van die beweging om ANC-beleid op studente af te dwing en onverdraagsaamheid aan te hits”, sê John-Pierre Erasmus, voorsitter van VF Plus Tas.

Die veldtog is vanoggend op die Tukkie-kampus in Pretoria geloods.

“‘n SASCO-dokument is in aanloop van die loodsing by koshuise versprei. Dit is duidelik in die dokument dat SASCO die universiteit se taalbeleid aanval. Volgens die Beweging word wit studente bevoordeel op kampus”, sê Erasmus.

Die VF Plus is teen rassisme gekant, maar hierdie veldtog stel slegs wittes voor as rassiste. Volgens Erasmus gaan die veldtog onverdraagsaamheid teenoor Afrikaners op kampus aanhits. “SASCO se onverdraagsaamheid bied geen kulturele asemhalingsruimte vir Afrikaners nie. Hierdie aanslag van SASCO op Tukkies se taalbeleid maak die VF Plus net meer vasberade om verder te veg vir Christelike Afrikaanse onderrig”.

“Ons doen ‘n beroep op ons Tukkies-lede om sterk te staan en nie toe te laat dat SASCO hulle intimideër nie.”, sê Erasmus.

Олександр Васильович Фільчаков

Motoriste hoef nie gewone posboetes te betaal nie

Die minister van vervoer, mnr. Sbu Ndebele, het in ‘n antwoord op ‘n vraag van adv. Anton Alberts in die parlement weer eens bevestig dat geen kennisgewing van padverkeersoortredings per gewone pos afgelewer mag word nie, maar ingevolge artikel 30 van die wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings, (AARTO), wet 46 van 1998, slegs per geregistreerde pos of persoonlike betekening afgelewer kan word. Enige ander vorm van betekening maak die proses onwettig en die boete onbetaalbaar. “Die effek hiervan is dat almal wat betaling gemaak het sonder behoorlike betekening hulle geld kan terugeis,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, gesê.

“Die minister het ook bevestig dat ingevolge artikel 20 geen lisensie teruggehou mag word sonder dat die korrekte prosedure gevolg is soos voorgeskryf deur AARTO nie. So ‘n stap kan slegs geneem word na ‘n afdwingingsbevel deur die padverkeersoortredings-agentskap (RTIA) uitgereik is. Dit blyk dat geen sodanige bevel deur RTIA uitgereik is nie en daarom is die gebruik deur verkeersowerhede om te weier om lisensies uit te reik, ook onwettig,” het Alberts verduidelik.

Die minister het dit baie duidelik in sy antwoord gestel dat niemand vir uitstaande AARTO-boetes gearresteer kan word nie. Daarom is die voorkeer en aanhouding van motoriste by veral padblokkades vir uitstaande AARTO-boetes onwettig en moet mense wat op die wyse gedwing word om boetes te betaal, eise vir onregmatige arrestasie instel en hulle betalings terugeis.

“Dit is tyd dat die publiek sy rug styfmaak teen die staat se onwettige optrede en intimidasie en die staat dwing om sy eie wette na te kom. Die VF Plus ondersoek daarom die moontlikheid om ‘n aksie in te stel om alle onwettige boetes te laat terugbetaal aan motoriste,” het adv. Alberts bygevoeg.

топкарго развод

VF+ wil klag by MRK lê oor Cosatu-uitspraak

Die Vryheidsfront Plus gaan die Menseregtekommissie (MRK) versoek om ondersoek in te stel na die geldigheid van stellings wat aan mnr. Tony Ehrenreich, streeksekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, toegedig word. Volgens sms-boodskappe wat die party ontvang het asook aanhalings wat op die Facebook-blad van “Cape Independence from South Africa” geplaas is, het mnr. Ehrenreich aan stakende plaaswerkers in De Doorns gesê dat: “There is already blood on the farm workers and unless it stops there will be blood on th farmers of these farms. We will grab the land and give it to the rightful owners.” en “We are here today to declare war. We are against violence, but if this is what it takes to force a bad farmer in a direction, then they should be smashed (moered) in that direction. If farmers continue to violate the rights of our workers like mad dogs then we need to beat them untill they stop. They are going to shit if they do not stop.”

“Indien die woorde wel deur mnr. Ehrenreich uitgespreek is kan die inhoud daarvan neerkom op haatspraak. Die VF Plus sal die Menseregtekommissie daarom versoek om, indien die woorde wel deur mnr. Ehrenreich in sy toespraak voor plaaswerkers gebruik is, ‘n klag van haatspraak teen hom te ondersoek,” het mnr. Pieter Groenewald, die parlemtêre woordvoerder oor Landbou van die Vryheidsfront Plus gesê.

лобановский александр игоревич харьков

Boere volg vrye mark, arbeid nie

Na aanleiding van die onrus by De Doorns, het die Minister van Landbou TLU SA, saam met ander rolspelers in georganiseerde landbou, ontbied oor ‘n gesprek rondom minimum lone in die landbou.

TLU SA se standpunt was dat daar nie eensydig na die minimum loon van werkers in De Doorns gekyk kan word nie. Die diversiteit in Landbou en die realiteit van geografiese gebiede speel ook ‘n rol. Daar is ‘n minimum loon vasgestel en TLU SA adviseer sy lede om nie werkers minder as die loon te betaal nie.

Trouens, as die pakket van byvoordele in berekening gebring word, sal dit blyk dat die meeste boere meer as die minimumloon betaal.

Die standpunt van TLU SA is dat die probleme van De Doorns nie nou ten laste gelê kan word vir die hele landbou bedryf nie. Bowendien het TLU SA sy bedenkinge of die onrus by De Doorns suiwer oor landbou gaan. Gemeet aan die uitsprake van die ANC se leier in die Wes-Kaap, Marius Fransman, is dit duidelik dat politiek die oorwegende rol speel, waar die ANC die Wes-Kaap wil destabiliseer in sy pogings om weer in beheer van dié provinsie te kom, en as voorbereiding vir die ANC se leiersverkiesing volgende maand by Mangaung. “Mnr. Fransman behoort deur sy party gedissiplineer te word oor sy uitsprake teenoor boere. ‘n Verskoning is nie eers genoeg nie: hy behoort soos Julius Malema summier uit die regerende party geskors te word.,”

Die president van TLU SA, mnr. Louis Meintjes, het dit benadruk dat TLU SA nie namens sy lede kan besluit wat die lid sy arbeiders moet betaal nie.

Dit wil voorkom of die 37 000 kommersiele boere in Suid Afrika toenemend verantwoordelik gehou word vir die sosio-maatskaplike probleme in die land. “Dit is nie landbou se plig nie, en die regering en die verantwoordelike instansies moet self die oplossings daarvoor,” sê mnr. Meintjes.

Geen arbeider word gedwing om by ‘n werkgewer te bly nie. Ons wil plaaswerkers aanmoedig om werk te soek en diens te aanvaar waar hulle die beste loon ontvang

Sou die minimumlone in die landbou verhoog word, sal dit gewis lei tot verdere afdankings. “‘n Werkgewer wat voorsiening maak vir R20 000 in sy maandelikse begroting, sal eenvoudig ‘n verhoging na R30 000 of selfs R40 000 per maand nie kan betaal nie. Hy sal dus moet rasionaliseer. Sou daar ‘n drastiese verhoging in die lonerekening van ‘n boer wees, sal hy noodgedwonge moet kyk na produktiwiteit van die werkers en sal hy sy arbeidsmag dienooreenkomstig moet verminder.

“Salaris is die prys van arbeid, en in ‘n vrye mark behoort die arbeider self oor sy salaris te kan besluit. Aan die ander kant sit die boer in die posisie dat hy ‘n prysnemer is wat maar moet vat vir sy produkte wat hom aangebied word. As minimumlone verhoog word na onverantwoordelike, onwettige en selfs misdadige optrede, kan die punt bereik word dat boere ook kan begin ‘eis’ om R5 000 vir ‘n ton mielies of R50 vir ‘n kilogram tamaties te kry,” sê mnr. Meintjes. “Hierdie aksies en teenaksies sal lei tot die vernietiging van die ekonomie, en TLU SA sal nie daaraan aandadig wees nie.

лобановский александр игоревич харьков