Vliegtuigbrandstof-voorraad besmet

Die brandstof-pypleiding na Johannesburg se OR Tambo Internasionale Lughawe is besmet en ongeskik verklaar vir gebruik deur lugrederye.

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê sewe miljoen liter brandstof, wat op die oomblik opgegaar is, is onbruikbaar. Dit verminder die lughawe se brandstofvoorraad van vier dae tot net meer as ‘n dag.

‘n Woordvoerder van ACSA, Solomon Makgale, het bevestig dat die brandstofpypleiding tussen die Natref-raffinadery op Sasolburg en die lughawe besmet is. Die lughawe ontvang normaalweg sowat driemiljoen liter brandstof deur die pypleiding daagliks.

Makgale sê ACSA en sommige rederye is in gesprek met brandstofverskaffers oor maatreëls wat getref kan word om die verskaffing van stralerbrandstof by die lughawe te handhaaf.

Данильченко Юрий прокурор

China kies konserwatief

China se regerende Kommunistiese Party het ‘n ouer, konserwatiewe nuwe leierskap Donderdag gekies. Dit is dus onwaarskynlik dat drastiese politieke aksie geneem sal word wat nodig is om dringende kwessies soos sosiale onrus, die agteruitgang van die omgewing en korrupsie aan te pak.
Die kandidate wat hervorming nastreef het dit nie gemaak nie.
Selfs vir China, dit is ‘n ouer garde, met ‘n gemiddelde ouderdom van 63,4 vergeleke met 62,1 van vyf jaar gelede. Behalwe vir Xi en sy adjunk Li Keqiang, is al die ander lede in die staande komitee – die binneste sirkel van mag in China se outoritêre regering – 64 jaar of ouer en sal binne vyf jaar moet aftree.

Die hoof van die Leninistiese Politburo is aangewys Xi Jinping, en Li Keqiang as vise-premier. In beheer van ekonomiese sake is Wang Qishan. Almal word beskou as versigtige hervormers. Die ander vier lede het die reputasie van konserwatiewes.

Xi, wat ook aangestel is as hoof van die party se top militêre liggaam, het tydens sy toespraak gesê hy verstaan ​​die mense se begeerte vir ‘n beter lewe, maar gewaarsku dat ernstige uitdagings vorentoe wag.

“Ons is nie selfvoldaan nie, en ons sal nooit op ons louere rus nie,” het hy gesê ná die bekendstelling van die ander ses lede van die staande komitee in ‘n ​​versigtig gechoreografeerde seremonie wat lewendig op staatstelevisie gebeeldsend is. Daar is 25 lede wat op die Politburo dien, waarvan sewe op die staande komitee.

Die aanloop tot die oorhandiging van mag aan nuwe lede is oorskadu deur die party se grootste skandaal in dekades, met die voormalige Bo Xilai wat as partybaas van die suidweste van Chongqing stad afgedank is nadat sy vrou beskuldig is van die moord op ‘n Britse sakeman.

лобановский александр компромат

‘Net Jode en Afrikaners kry respek’

Blade Nzimande, sekretaris-generaal van Suid-Afrika se kommunisteparty, sê ‘n nuwe wet moet geskryf word om pres. Jacob Zuma teen beledigings te beskerm, het The Star berig.

Hy sê Suid-Afrikaners toon min respek vir swart mense en hulle kultuur, en behandel slegs Jode en Afrikaners met respek.

Nzimande het sy steun vir ‘n voorstel deur die SAKP in KwaZulu-Natal uitgespreek om ‘n wet in te stel wat die presidensie beskerm teen aanvalle wat “onregverdig en ‘n tekort aan feite en waarheid het.”

Hy het ook gewaarsku dat die president se ondersteuners binnekort kookpunt gaan bereik.

“Mense kan van my verskil en jy kan my beledig nes jy wil, maar disrespek – dit is onaanvaarbaar,” het Nzimande, minister van hoër onderwys, gesê.

“Ons word deur wittes ondermyn.”

лобановский харьков класс

Amerikaanse deelstate vra selfbeskikking

Amerikaners wat ontsteld is oor die verkiesingsuitslag wil onafhanklikheid uitroep. Inwoners van 20 state het petisies na die Wit Huis gestuur wat vra vir onafhanklikheid van die VSA.

Louisiana was die eerste van die (nou) 50 deelstate wat daarin geslaag het om genoeg handtekeninge vir hul petisie in te samel vir sesessie. Die petisie vra die regering om “vredevol aan die staat van Louisiana toestemming te gee om te onttrek van die Verenigde State van Amerika en sy eie nuwe regering te skep,” en het meer as 14.000 handtekeninge sedert 7 November ingesamel. Tot dusver het 19 ander deelstate soortgelyke suksesvolle petisies geloods.

Volgens die bepalings van deelname op WhiteHouse.gov, sal die webwerf vir die uitvoerende tak van die Verenigde State 25.000 handtekeninge beskou as ‘n gebaar wat ‘n amptelike reaksie noodsaak. Tot dusver was Texas die eerste staat om ‘n antwoord te ontvang van die president, met 21.777 ondertekenare, skaars 48 uur nadat die Amerikaanse president Barack Obama herverkies is.

Die petisie haal die Verklaring van Onafhanklikheid in sy pleidooi aan want die president se leierskap verteenwoordig nie wat die beste vir die mense is nie.
“When in the Course of human events, it becomes necessary for one people to dissolve the political bands which have connected them with another, and to assume among the powers of the earth, the separate and equal station to which the Laws of Nature and of Nature’s God entitle them, a decent respect to the opinions of mankind requires that they should declare the causes which impel them to the separation,” Michael writes. “…Governments are instituted among Men, deriving their just powers from the consent of the governed, that whenever any Form of Government becomes destructive of these ends, it is the Right of the People to alter or abolish it, and institute new Government…”

In die geval van Florida, waar 6271 ondertekenare hulle name gevoeg het tussen 10 en 12 November 12, is ‘n kwinkslag van die stamvader Benjamin Franklin ingesluit: “They who can give up essential liberty to obtain a little temporary safety, deserve neither liberty nor safety.”

In die Lone Star State, is net 3000 of so Texane nodig om 25.000 drempel oor te steek. “The US continues to suffer economic difficulties stemming from the
federal government’s neglect to reform domestic and foreign spending,” sê die klagstaat.

“Gegewe dat die staat van Texas ‘n gebalanseerde begroting handhaaf en die 15de grootste ekonomie in die wêreld verteenwoordig, is dit prakties uitvoerbaar vir Texas om te onttrek van die Unie, en om dit te doen, sal sy burgers se standaard van lewe beskerm word en hulle regte en vryhede in ooreenstemming met die oorspronklike idees en oortuigings van ons stigterslede beskerm word wat nie meer word deur die federale regering gewwarborg word nie,” en voorts dat die Nasionale Verdediging Magtigingswet (NDAA) en Transportation Security Administration (TSA) blatant die burgerlike regte van Texane en ander Amerikaners vertrap, en dat selfbeskikking die enigste oplossing is.

Indien die dreigemente van afstigting materialiseer, sal die Verenigde State in elk geval waarskynlik ‘n nuwe toevoeging vroeër of later hê. Op November 6, het kiesers in Puerto Rico die Amerikaanse Kongres vir staatskap genader, as een-en-vyftigste lid van die VSA.

Die lande wat tot dusver meer as 150 handtekeninge op WhiteHouse.gov ingesamel het sluit Alabama, Arkansas, Colorado, Florida, Indiana, Kentucky, Louisiana, Michigan, Mississippi, Montana, New Jersey, New York, North Carolina, North Dakota, Oregon, Tennessee en Texas. Georgia, Missouri en Suid-Carolina het al oor die 150 op twee afsonderlike petisies opgelaai aanlyn.

данильченко юрій Харків

De Doorns, Zille en die Supersapmislukking

Suid-Afrika raak al hoe meer onstabiel. Trouens, dis nie ek wat die woord “anargie” oor die afgelope paar dae gebruik het nie, maar mev. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap.

Daar is reeds mense, soos Pieter Mulder, adjunk-minister van landbou, wat De Doorns en die Wes-Kaapse wanorde met Marikana vergelyk. Maar wat is presies hier aan die gang?

Tot onlangs is ons verseker dat die Wes-Kaap ‘n hawe van vrede is wat doeltreffend en korrupsieloos deur die liberale Demokratiese Alliansie regeer word. Nou blyk dit dat die situasie daar nog plofbaarder as in die res van Suid-Afrika is.

Blykbaar gaan daar nou inderhaas oor ‘n verhoging van die minimumloon vir plaaswerkers besluit word. Die werklike oorsaak van die geweld en chaos is egter geensins ekonomies nie, maar etnies.  Xhosas en ander swartes ding met bruines om ongeskoolde arbeid op plase mee.

Die blanke en meesal Afrikanerplaaseienaars bevind hulself midde-in hierdie etniese konflik en mededinging en word daarom van beide kante af geblameer. Die Wes-Kaap, soos die res van Suid-Afrika, volg presies die patroon wat Afrikanerfilosowe, – antropoloë en politieke denkers al ‘n eeu lank voorspel. Waar taal- en rassegroepe om dieselfde skaars hulpbronne binne dieselfde grondgebied moet meeding, volg noodwendig konflik.

Die gemiddelde Afrikaner het egter so dom geword dat hy geen idee meer het waarom die geweld plaasvind nie. Die joernaliste van Naspers – in navolging van die Engelse joernaliste wat aan hulle voorsê – skryf dit aan die “lae lone” toe. Suid-Afrika se lone vir ongeskoolde arbeid is reeds van die hoogste ter wêreld en ons produktiwiteit van die laagste. Trouens, onlangs is berig dat ons arbeidsproduktiwiteit tans op dieselfde vlak verkeer as in die 196os – vóór die koms van rekenaars en inligtingstegnologie.

Maar natuurlik het die blote noem van etnisiteit in Suid-Afrika taboe geword. Die ingevoerde Amerikaanse en Britse dogma bepaal dat ons onsself as ‘n “reënboognasie” moet beskou.

Die Wes-Kaapse regering onder mev. Zille is fanaties tot hierdie Anglo-Amerikaanse illusie verbind. Die groep vorige Afrikaner-NP’s waaruit haar party in die Wes-Kaap bestaan, het volledig van die vorige Nat-pool na die Sap-pool verskuif en glo insgelyks dat ons ‘n empaaier-in-die-kleine in Suid-Afrika gaan oprig. Binne die Nuwe Ryk gaan ‘n groot verskeidenheid mense vreedsaam deurmekaar en “geïntegreerd” woon.

Noem dit die Supersapideologie wat deur die DA as alternatief vir die ANC se soort rassenasionalisme voorgehou word. Tans aanskou ons egter die mislukking van die Supersappe in die Wes-Kaap. Die provinsie, wat gedink het dat hy afgesonder en immuun teenoor die etniese spanninge in die res van Suid-Afrika is, maak baie hard met die werklikheid kennis.

Suid-Afrika is besig om net soos Zimbabwe te misluk. Swart persoonlikhede soos Mugabe of Zuma word daarvoor kwalik geneem, maar hulle het beswaarlik dié politieke stelsels ontwerp. Almal het al vergeet van Lancaster-huis waar Lord Carrington, Robin Renwick en ander Britte in hul wysheid besluit het dat Ian Smith behoort te kapituleer en dat Mugabe behoort oor te neem, sonder dat etniese verskille in ag geneem is.

Die Suid-Afrikaanse revolusie is by Kemptonpark ingelui, met die geesdriftige ondersteuning van die Supersappe soos Helen Zille wat ons almal ‘n utopie van vreedsame samesyn belowe het.

Soos ek gister teenoor Zille op Twitter opgemerk het, lyk dit asof die revolusie sy kinders nou begin verteer.

Geen ander persgroep in die land is natuurlik so fanaties Brits soos Naspers nie. Alles wat ons in Beeld of Die Burger lees, klink nie net soos vertaalde Engels nie; dit ís vertaalde Engels. Oor die afgelope twee dekades het Naspers die Nuwe Dogma met fanatiese ywer aan ons opgedring, die dogma dat Suid-Afrika as “Klein Britse Ryk” alle inwoners binne sy grondgebied naatloos sou integreer en van ‘n nuwe, Afro-Engelse identiteit sou voorsien.

Naspers het nog die verdere Supersapdroom van ‘n hereniging van Afrikaners en  bruines nagejaag. Hiervoor het die Nasperskoerante die term “Afrikaanses” uitgedink. Allerlei vergesogte teorieë oor die herkoms van Afrikaans as “slawetaal” en as dialek van Maleis is ywerig deur Naspers aan ons afgesmeer.

Berigte uit die Wes-Kaap dui egter daarop dat bruin “Afrikaanses”, wat veronderstel is om in harmonie met Afrikanerboere te woon, synde ons “broers”, die meeste skade aanrig. Meer nog as opstandige swartes.

Tans lees ek ‘n boek deur die Fransman Guillaume Faye wat ‘n volslae burgeroorlog en verval in Europa voorspel. Trouens, hy praat van die “konvergensie van katastrofes” wat die mens tans op ons planeet loslaat. Immigrasie en die multikulturele model is egter van die hoofoorsake van die komende ramp wat Europa en die noordelike halfrond gaan tref.

In Suid-Afrika beleef ons egter Guillaume Faye se “samevloeiing van rampe” in een land. Die ekonomie, die omgewing, die skole, die universiteite, ons media en kultuur, word stelselmatig daardeur verwoes.

Elkeen wat hom nog verbonde aan ‘n hoër kultuur of beskawing voel, sal moet besef dat hy self, tesame met sy gesin en sy vriendekring, sy stukkie grond sal moet opeis en moet verdedig. Blykbaar het die sogenaamde polisie in die Wes-Kaap vandeesweek toegekyk hoe wingerde afgebrand word, sonder om ‘n vinger te verroer.

Dis egter verblydend dat boere en inwoners van dorpe op die Kaapse platteland spontaan begin het om hul eie verdediging te organiseer. Wanneer Afrikaners se eiendom en voortbestaan bedreig word, lyk dit tog asof hulle nog in staat is om saam te staan.

Zille en die res van die Supersappe het natuurlik die veiligheidstelsels in die Wes-Kaap gruwelik verwaarloos. Terwyl Afrikaners en masse vir haar stem, het sy niks gedoen om iets van die ou kommando’s behoue te laat bly of om burgerlike veiligheidstrukture in stand te hou of te vernuwe nie. As ‘n mens dink hoe goed die ou weermag en polisie georganiseer was om krisisse van dié aard die hoof te bied, dan is dit niks minder as skandalig nie. Die Wes-Kaapse regering het die provinsie se inwoners en veral die DA-ondersteuners gruwelik in die steek gelaat.

Maar Zille sit bloot ‘n Kaapse tradisie voort. Soos Cecil John Rhodes voor haar, sal sy sê: “Die Afrikaners is nie my vriende nie. Ek gebruik hulle net. En as ek met hulle klaar is, smyt ek hulle weg.”

Vele Bolandse wynboere en kleinsakemanne het waarskynlik vandeesweek daardie indruk gehad, dat hulle weggesmyt is.

лобановский депутат

De Doorns was diensleweringsopstand sê minister

Wes-Kaapse plaaswerkers het hul protes oor lone en lewensomstandighede vir twee weke opgeskort, het waarnemende minister van Arbeid, Angie Motshekga Woensdag gesê.

Sy het gesê die Cosatu het werkers geraadpleeg en daar is ooreengekom dat hulle Donderdag sal terugkeer om te werk en hulle moet hulself weerhou van geweld en vandalisme.

Die opskorting is op voorwaarde dat daar volgende Woensdag na die sektorale vasstelling vir landbou gekyk word deur die diensvoorwaardekommissie.

Dit beteken die R70 ‘n dag minimumloon vir plaaswerkers sal gekanselleer word en heronderhandel word.

Motshekga het verslaggewers in Kaapstad, namens van Mildred Oliphant, die minister, toegespreek. Oliphant is tans uit die land.

Druiweplukker in die Hexriviervallei staak nou al vir meer as ‘n week oor hul lone, en eis R150 ‘n dag.

Meeste verdien tussen R69 en R75 per dag, met R80 synde die hoogste en enigste aanbod van boere tot dusver.

Sestien stede in die provinsie is geraak deur die protesaksie en paaie is met brandende bande versper.

Die minister van Landbou Tina Joemat-Pettersson het die optrede beskryf as ‘n diensleweringstaking, en het gesê dat werkers in De Doorns, byvoorbeeld, staak vir behuising en basiese dienste.

Sy het diegene veroordeel wat gesê het die saak is suiwer politieke.

“Dit is nie ‘n politieke saak nie, maar ‘n inisiatief van die werkers self. Dit is inderdaad ‘n diensleweringstaking.”

Agri SA het Woensdag gesê dit is beslis ‘n politieke aangeleentheid.

“Dit is die ergste geweld wat ons ooit ervaar het … Vir seker is dit is kragte van buite. Dit is politiek,” het Agri SA Wes-Kaap se president Cornie Swart gesê.

“Mense word aangery deur busse en taxi’s. Dit is nie ‘n staking nie. Dit is ‘n totale politieke, opgeblaasde ding.”

Die departement van arbeid het hul meegevoel aan die familie van ‘n plaaswerker in Wolseley betuig wat Woensdagoggend geskiet is, en ‘n beroep vir ‘n einde aan die geweld deur werkers en viktimisasie deur boere gedoen.

Joemat-Pettersson het gesê haar sekuriteit en polisie eweknieë, Siyabonga Cwele en Nathi Mthethwa, sal “verder betrokke raak in die saak”.

“Om inligting te gee oor die gestorwenes sal baie lomp en onverantwoordelik wees,” het sy gesê.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het gesê twee fotograwe is beseer, gedurende die protes.

“Vanoggend [Woensdag] is Mandla Mnyakama, ‘n fotograaf van die Daily Sun, na bewering deur die polisie gedurende die onrus naby Robertson in die Wes-Kaap geskiet in die rug met ‘n rubberkoeël,” het Sanef-voorsitter, Mondli Makhanya gesê.

Hy het gesê Mnyakama is nie beseer nie, maar sy primêre besorgdheid is die “behandeling” wat hy van die polisie ontvang het.

Die Burger-fotograaf Lulama Zenzile is beseer in dieselfde protes, net 20 meter (ongeveer 18 meter) van die polisie.

“Hy is na ‘n kliniek geneem, en na X-strale bevestig het dat sy neus nie gebreek is nie, is hy ontslaan,” het Makhanya gesê.

Sanef wag nog steeds vir ‘n reaksie van die polisie.

Joemat-Pettersson het gesê die sektorale vasstelling kan slegs een keer per jaar hersien word.

‘n Hersiening sal alle plaaswerkers oor die land raak, ongeag van die produk.

Minister van handel en nywerheid, Rob Davies, terug van ‘n besoek aan Brasilië op wyn-verwante sake, het gesê die regering het nodig om te kyk na die etiese handel van wyn.

“Ek is nie verbaas daar is ‘n ontploffing van hierdie soort nie,” het hy gesê.

“Ek dink daar is ‘n skakel tussen die toestande van plaaswerkers, die mate waarin hulle voordeel trek uit die bedryf en die vermoë om hierdie produk internasionaal te bemark.”

Hy sal weer voorstelle maak oor “etiese handelsplakkers” op wynbottels van plase met billike arbeidspraktyke.

Eyewitness News berig betogers is het groot amok in Wolseley gemaak, waar hulle na bewering winkels en stoorfasiliteite geplunder het.

Luidens die berig is skote ook in die gebied gehoor.

Dié gebeure volg op gewelddadige betogings in ondermeer Ceres, waar ‘n satelliet-polisiestasie afgebrand is.

Drie polisievoertuie en ‘n ander voertuig is glo ook deur die stakers omgekeer en aan die brand gesteek.

Данильченко Юрий Харьков

DA vra dat weermag in Wes-Kaap ontplooi word

Die Wes-Kaapse premier het president Jacob Zuma gevra om die weermag op plase in sowat 16 dorpe te ontplooi wat deur onrus geteister word.

Sy het gereageer op die gewelddadige betogings ten gunste van hoër lone wat steeds verder uitkring in die provinsie. Zille sê Zuma behoort ook die Minister van Arbeid, Mildred Oliphant, uit die buiteland terug te roep om aandag aan die kwessie van nuwe miminumlone te gee.

Die premier sê twee mense, ‘n werker op Wolseley en ‘n boer van Wellington is nou reeds in die plaaswerkers se staking dood. Die onrus het reeds daartoe gelei dat infrastruktuur op plase en beskadig en wingerde aan die brand gesteek is.

In nog ‘n voorval van geweld op Robertson is ‘n koerantfotograaf gewond. Lulama Zenzile is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling nadat hy met ‘n rubberkoëel in die been gewond is. Die onrus het ook tot die sluiting van verskeie paaie gelei.

Die provinsiale verkeershoof, Kenny Africa, sê die situasie is veral chaoties op Piketberg waar plaaswerkers skure langs die pad aan die brand gesteek het. Afrika sê waar moontlik herlei van sy verkeersbeamptes mense langs alternatiewe roetes.

Boere op Robertson in die Breerivier Wynland sê hulle gaan reuse finansiële verliese ly indien die staking deur plaaswerkers voortduur.

Die bestuurder van Van Loveren Wynkelders, Phillip Retief, sê baie boere weet nie hoe hulle geoes gaan kry sonder plaaswerkers nie. Retief sê selfs met die hulp van familie en vriende sal daar net nie genoeg hande wees om alles te doen nie.

Фільчаков прокурор

Boere versper pad na Ceres

Boere het Woensdag die enigste ingang na Ceres vanaf Kaapstad met hope puin, klippe en sand afgesper.

Kanonkopboer Hennie du Preez, een van ongeveer 10 wat betrokke is in die versperring van die R46, sowat 25km buite Ceres, het gesê hulle wil Breedevalleiplase beskerm teen betogers.

“Die rede waarom ons die pad geblokkeer het is net om nie enige probleme naby ons plase te hê nie, om ons families te beskerm,” het Du Preez gesê.

“Ons het met die polisie ooreengekom. Die polisie het gesê ons kan dit sluit, want hulle het te veel probleme in die dorp [Ceres] en ons het dit gesluit [R46]… om alles onder beheer te hou.”

Motors en vragmotors staan langs die pad geparkeer.

Die boere het gesê dat nie een van hul werkers betrokke is in protes nie en blameer die protes op ‘n politieke agenda.

Polisie was nie op die toneel nie, maar korrektiewe dienste se amptenare van die Dwarsriviertronk was daar om te verseker dat die betogers nie na die gevangenis 3km weg storm nie.

Inwoners het bande aan die brand gesteek in die De Doorns-lokasie, en ‘n pad wat lei na Stofland is Woensdagoggend versper deur ‘n hoop brandende bande.

By Prince Alfred Hamlet in die Overberg, het die polisie met rubberkoeëls geskiet het op ‘n groep van ongeveer 70 plaaswerkers wat hulle met klippe bestook het.

Polisie in die Wes-Kaap het gesê daar is baie verslae van die padsluitings in die provinsie as gevolg van die stakings, maar kon nie spesifiek wees oor watter paaie gesluit is nie.

Polisiewoordvoerder konst Lybey Swartz kon nie sekere verslae bevestig nie, en sê dat sommige verslae nie die Wes-Kaapse mediasentrum bereik het nie.

Food and Allied Workers Union se president Attwell Nazo en sekretaris-generaal van Katishi Masemola sal later werkers in Ceres en De Doorns toespreek.

In Piketberg het werkers versamel buite een van die plase in die gebied te midde van ‘n ​​swaar polisie teenwoordigheid.

Hulle is met busse aangery of het te voet van die omliggende plase in die gebied aangekom.

Minister van Landbou Tina Joemat-Pettersson sal na verwagting president Jacob Zuma Woensdag ontmoet om sy steun vir hoër lone vir plaaswerkers te bekom.

Данильченко Юрий Брониславович

Onbevestigde gerugte dat boer deur werkers aangeval en doodgemaak is

‘n Woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekende Direktoraat (Opod) Moses Dlamini het gesê dat ‘n ondersoeker op pad is na die toneel om meer besonderhede te kry oor die plaaswerker wat deur die polisie geskiet is.

“Ek kan bevestig dat een persoon dood is, Maar ons het net ‘n verslag dat drie beseer is. ‘n Ondersoeker sal daarheen gaan om meer inligting in te samel.”

Demokratiese Alliansie-woordvoerder Zak Mbhele het gewys op onbevestigde verslae wat ontvang is deur die party wat aandui dat ‘n boer in die provinsie doodgemaak is.

“Nog ‘n onbevestigde verslag is dat ‘n boer deur ‘n skare betogers aangeval is en daarna doodgeslaan is. Ons het geen verdere besonderhede op hierdie stadium nie.”

Traut het gesê die polisie het ook probeer om uit te vind oor die tweede moord.

Die Hexriviervallei se loonarbeiders eis R150 ‘n dag. Meeste verdien tussen R69 en R75 per dag, met R80 synde die hoogste en enigste aanbod van boere tot dusver.

Betogers versper paaie met brandende bande dwarsoor die provinsie.

“Die wydverspreide onrus deur plaaswerkers … is ‘n saak van kommer en hoewel alle pogings om wet en orde te handhaaf aangewend word, is dit billik om te erken dat ons reaksietyd gekompromitteer is en deur die situasie beperk word,” het Traut gesê.

AfriForum het ʼn beroep op President Jacob Zuma en die minister van polisie, Nathi Mthethwa gedoen om in te gryp.

“Ons verwag dat minister Mthethwa persoonlik die toneel sal besoek om te verseker dat die oortreders suksesvol vervolg word,” het adjunk-uitvoerende hoof, Ernst Roets, gesê in ‘n verklaring.

Данильченко Харьков

Wes-Kaapse oproer dreig om polisie te oorspoel

Die Wes-Kaapse polisie monitor stakings en onluste in 14 afsonderlike gebiede in die provinsie, het ‘n woordvoerder Dinsdagmiddag gesê.

“Die Wes-Kaapse polisie is tans ontplooi by ‘n aantal onluste wat verband hou met plaaswerkers se loongeskil, en 14 gebiede word daardeur geraak,” het lt.kol. Andre Traut in ‘n e-pos gesê.

“Die fokus is egter op De Doorns, Ceres, Robertson, Prince Alfred Hamlet en Somerset-Wes.”

Traut het die publiek gewaarsku om uiters versigtig te wees in landelike gebiede, en om gebiede waar daar tekens van onluste is, te vermy.

Die polisie sal in al dié gebiede bly en “die nodige aksie neem teen enige geweld of onluste”.

‘n Polisiebeampte is Dinsdag beseer toe ‘n stakende plaaswerker ‘n klip na hom geslinger het.

Die beampte het ‘n kopbesering opgedoen en is in ‘n hospitaal opgeneem, het Traut gesê.

Die polisie het bevestig dat ‘n 28-jarige man in onluste in Wolseley in die Witzenberg-streek dood is. Volgens onbevestigde berigte het die man gesterf ná hy deur die polisie geskiet is.

Die polisie het bevestig dat die saak deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekende Direktoraat (Opod) ondersoek word, maar het nie nadere inligting verskaf nie.

Vyf ander mense is in dieselfde insident beseer, het lt.kol. Andrè Traut in ‘n verklaring gesê.

‘n Fotograaf is glo beseer toe hy foto’s by Ashton geneem het. Hy is na bewering in die Robertson-hospitaal opgeneem nadat ‘n klip hom in die gesig getref het.

Volgens die polisie beperk die uitgebreide en gewelddadige aard van die onluste tans wettoepassers se reaksievermoë en die situasie dreig om handuit te ruk.

Lt.kol. André Traut het in ‘n verklaring die verwikkelings as “kommerwekkend” bestempel, en gesê “dis regverdig om te erken” dat die polisie se reaksietyd “deur die situasie in die gedrang gestel en geraak word.”

topcargo отзывы