Renosters of boere?

‘n Kriminoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria sê hy kan nie besluit of renosters of boere in Suid-Afrika die meeste bedreig word nie.

Die kans om op ‘n plaas in Suid-Afrika vermoor te word, is tussen vier en ses keer hoër as op enige ander plek in Suid-Afrika.

Dít is die bevinding van prof. Christiaan Bezuidenhout, ‘n kriminoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria, na aanleiding van statistiek oor plaasmoorde in die 2006/’07-boekjaar.

Volgens die statistiek wat vir dié 2006/’07 boekjaar beskikbaar is, is 88 boere vermoor. In dieselfde jaar is 87 polisiebeamptes vermoor, met ‘n moordsyfer van 38,6 per 100 000 wat vir die algemene publiek aangeteken is. Met 39 982 kommersiële plase wat in dié jaar opgeteken is, word die persentasie moorde op boere in daardie jaar op 220 per 100 000 mense bepaal. Vergeleke daarmee is die moordsyfer op polisiebeamptes – met 155 532 beamptes werksaam die jaar – 55,9 per 100 000.

Gegrond op die feite van die Kamer van Handel en Nywerheid wat in 2010 bevind het dat ‘n plaasmoord, wat produksie op ‘n plaas tot stilstand bring, ‘n verlies van sowat R2 miljoen aan die bruto binnelandse produk beteken. Die 88 moorde het dus ‘n verlies van R170 miljoen in die 2006/’07 jaar vir die land beteken, as aanvaar word dat die plaas ná die voorval nie meer produktief is nie.

Wie het wie se grond gesteel?

Volgens Bezuidenhout hét uitsprake deur politici ‘n invloed op plaasaanvalle, en hy meen argumente dat wit boere grond in die land gesteel het, moet gestaak word. Hy sê ‘n groot deel van die swartmense in die land is uit die Kongo afkomstig en was nie oorspronklik in die land nie. “Wie ‘t dan nou wie se grond gesteel? Die argument van boere wat die grond gesteel het, moet onmiddellik gestaak word.”

Me. Lorraine Claassen, ‘n onafhanklike kriminoloog wat spesifiek op die wreedheid van plaasaanvalle en -moorde gefokus het, sê geldelike gewin was meestal die motief vir ‘n aanval. “Ek het egter baie vrae oor die intensiteit van aanvalle en moorde wat soms met ‘n oormaat van of onnodige geweld gepaardgaan. Mense wat met pangas gekap word, met kookwater gebrand word en dies meer.”

Claassen sê nóg ‘n aspek wat haar opgeval het, is die hoeveelheid tyd wat aanvallers soms op ‘n toneel bestee. “Ek weet van ‘n oortreder wat, ná ‘n boer in sy bed doodgeskiet is, vir ure lank langs sy liggaam op die bed gelê en televisie gekyk het.”

Sy het ook gesê dat “die uitermatige vrees wat mense ervaar as hul lewe in ’n aanvaller se hande is, is verlammend en onbeskryflik. Geen mens verdien om op so ’n wreedaardige, onmenslike en onregverdige wyse vermoor te word nie.”

Eileen de Jager en Roelien Schutte, twee susters wat landwyd misdaadtonele skoonmaak, het by die bekendstelling van ’n omvattende verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut oor plaasaanvalle gesê hulle het uit ervaring gesien dat baie meer geweld in plaasaanvalle gebruik word.

topcargo развод

Gerwel oorlede

Die voorsitter van Media24, prof. Jakes Gerwel (66), is Woensdagoggend om 03:26 in die Netcare-hospitaal in Kuilsrivier oorlede.

Die 66-jarige Gerwel was Dinsdag in ‘n kritieke toestand nadat hy vroeër vandeesmaand ‘n drievoudige hartomleidingsoperasie ondergaan het.

Gerwel het in die laat 1960’s en vroeë 1970’s, betrokke geraak by die Swart Bewussynsbeweging en het gedien as opvoedkundige raadgewer vir die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) in die vroeë 1970’s.

Hy het in Brussel aan die Vrye Universiteit studeer met ‘n Belgiese beurs. Sy politieke betrokkenheid het besware van die universiteitsowerhede uitgelok. Gerwel is in hegtenis geneem deur die polisie tydens die 1980-onderwys boikotte. Hy was reeds toe al ‘n oortuigde Marxis.

Hy het die Universiteit van die Wes-Kaap as ‘n voertuig vir ‘n verandering in Suid-Afrika uitgesonder en die eertydse Afrikaanse instelling terstond verengels. In September 1989, saam met aartsbiskop Tutu en Franklin Sonn, is Gerwel kortliks in hegtenis geneem tydens ‘n optog in Kaapstad se middestad.

Sy middelmatige bydraes en skryfstyl het hy soms as rubriekskrywer van Rapport tentoongestel, waar hy homself onderskei het deur teen wittes uit te vaar.

Gerwel is verkies as ‘n lid van die Wes-Kaapse plaaslike komitee van die ANC in 1991 en na die April 1994-verkiesing is hy gevra om die pos van Direkteur-generaal in die kantoor van die Staatspresident Nelson Mandela te beklee.

Gerwel was voorsitter van Media24 en verskeie maatskappye en opvoedkundige trusts. Hy het in 2004 met sy aanstelling as voorsitter van SAA ‘n roete na Saoedi-Arabië ingestel wat dit moontlik gemaak het vir Moslems om direk te kan vlieg na die Hadj, ‘n Moslemfees.

Gerwel, wat afgedank is as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, maar steeds as ‘n direkteur van Nasionale Pers aangebly het, het in 1989 in trane uitgebars toe hy die skouspel van die vallende Berlynse muur op die televisie gadegeslaan het.

Hy het verskeie eretoekennings ontvang, ondermeer van koning Abdulaziz Sash van Saoedi-Arabië, die Orde van Goeie Dade van Libië, en die Goue Orde van die Suiderkruis van Nelson Mandela

Hy was ook ‘n direkteur-generaal in die kantoor van oudpres. Nelson Mandela. Begrafnisreëlings sal later volg.

topcargo

Arafat se oorskot weer begrawe

Die oorskot van die voormalige Palestynse leier, Jasser Arafat, is Dinsdag weer begrawe ná monsters geneem is om te bepaal of hy vergiftig is.

“Die lykskouing is afgehandel, die graf is weer toegemaak en die monsters is aan Franse, Russiese en Switserse wetenskaplikes oorhandig,” het amptenare van die Palestynse kommissie wat Arafat se dood ondersoek, gesê.

Die proses is van stapel gestuur om vas te stel of aantygings dat Israel die Palestynse leier vergiftig het, die waarheid is.

Arafat het in 2004 in Parys, Frankryk, gesterf. Volgens sy mediese rekords het hy ‘n beroerte gekry.

Sommige Palestyne is egter daarvan oortuig dat sy dood deur Israel bewerkstellig is.

Franse aanklaers het in Augustus ‘n moordondersoek van stapel gestuur ná berigte dat polonium op Arafat se besittings gevind is.

Toetse uitgevoer deur ‘n laboratorium in Switserland het bevind dat beduidende spore van polonium-210 op die ontslape Palestynse leier se klere gevind is.

Polonium-210 is dieselfde gifstof wat gebruik is om die Russiese dissident Alexander Litvinenko in Londen te vergiftig.

Die Institut de Radiophysique in Lausanne het bevind dat verhoogde vlakke van die gif op Arafat se onderklere aanwesig was. ‘n Urinevlek in sy onderklere het ‘n vlak van 180 millibecquerels polonium-210 getoon, meer as 20 keer die dosis om die gemiddelde mens dood te maak.

“Ek kan bevestig dat ons ‘n onverklaarbare, verhoogde vlak van nie-ondersteunde polonium-210 in die besittings van Arafat wat vlekke van biologiese vloeistowwe bevat, aangetref het,” het dr Francois Bochod, die direkteur van die instituut, aan Al Jazeera gesê.

Wetenskaplikes by Lausanne wou monsters van bloed en urine van Arafat by die Percy Militêre Hospitaal in Frankryk verkry kort voor sy dood in die hoop om dit te bestudeer, maar die hospitaal het gesê dat hulle dit vernietig het;.

“Ek was nie tevrede met die antwoord nie,” het sy vrou Suha Arafat gesê. “Gewoonlik word ‘n baie belangrike persoon soos Jasser se monsters gehou – miskien wou hulle nie betrokke wees nie.”

Verskeie van die dokters wat Arafat behandel het, het geweier om sy mediese rekords te bespreek, en gesê dit word beskou as ‘n “militêre geheim.”

Dokters in Lausanne het egter ander moontlike oorsake van Arafat se dood heeltemal uitgesluit. Daar was reeds gerugte dat hy aan leukemie gesterf het, sirrose van die lewer, en selfs VIGS.

“Daar was geen sirrose van die lewer, geen spore van kanker, of leukemie nie,” het dr Patrice Mangin, die hoof van die Instituut van Wettige Geneeskunde aan die Universiteit van Lausanne, aan Al-Jazeera gesê. “Oor MIV-VIGS – daar was geen teken nie, en simptome wat daarop dui nie.”

Al Jazeera het Arafat se klere aan die instituut vir toetsing gestuur as deel van ‘n nege-maande-ondersoek na die revolusionêre leier se dood nadat hulle die kledingstukke van sy weduwee ontvang het.

‘n Voormalige toespraakskrywer vir president George W. Bush het beweer dat Arafat Vigs opgedoen het van ‘n homoseksuele verhouding met een van sy wagte, terwyl die volgelinge van Arafat beweer het dat hy vergiftig is met tallium, ‘n ander radioaktiewe element.

Britse polisie en dokters het ook aanvanklik geglo dat Litvinenko, ‘n voormalige KGB-spioen wat oorgeloop het na Londen, gedood is met tallium, ‘n verkeerde diagnose omdat polonium-210 moeiliker is om op te spoor met standaard hospitaaltoerusting.

Sommige van Arafat se simptome, insluitend braking, sirrose en ‘n koma, is tipies met polonium-210 vergiftiging, wat lei tot ‘n lang en pynlike dood. Alhoewel Arafat nie aan haarverlies gely het nie, is dit in die helfte van sulke gevalle so.

Volgens die Britse polisie kan slegs ‘n gesofistikeerde, staatsgesteunde intelligensie-agentskap polonium-210 gebruik om iemand mee te vergiftig.

данильченко юрій броніславович

Mulder se baas gevra om te bedank

Cope het ‘n beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson, af te dank.

Dit volg nadat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, die minister daaraan skuldig bevind het dat sy die uitvoerende gesag se die etiese kode oortree het.

Madonsela het bevind dat Joemat-Pettersson vliegtuigkaartjies van Swede af na Suid-Afrika vir haar twee kinders met staatsgeld betaal het.

Jacaranda FM berig die minister en haar kinders het ook in duur hotelle gebly sonder dat sy haarself vergewis het van die besprekingsfooie.

Madonsela het voorgestel dat die president die minister berispe. Sy het ook aanbeveel dat Joemat-Pettersson die meer as R150 000 wat sy vir die vliegkaartjies betaal het, aan die departement terugbetaal.

Dr Pieter Mulder, leier van die VF+, dien as adjunkminister in Joemat-Pettersson se departement.

лобановский политик

Plaasmoorde is ‘n nasionale krisis

Moorde en aanvalle op plaaseienaars in Suid-Afrika moet as ‘n nasionale krisis beskou word, het die Solidariteit-navorsingsinstituut gesê.

“Plaasmoorde en aanvalle moet gesien word vir die nasionale krisis wat dit is en dus prioriteitstatus en aandag verdien,” het die instituut, in ‘n verslag wat met die hulp van verskeie kenners saamgestel is, gesê.

Die verslag vorm deel van Solidariteit, AfriForum en Kraal Uitgewers se veldtog teen plaasmoorde.

Die aard van plaasaanvalle, vlakke van geweld wat in die aanvalle gebruik word en die sielkundige uitwerking daarvan op die slagoffers, word in die verslag bespreek.

Dr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het in reaksie op die verslag gesê die regering is “onverantwoordelik” omdat hy nie plaasmoorde en -aanvalle in isolasie hanteer nie.

Navorsers wat gehelp het om die verslag saam te stel, het met Hermann saamgestem.

“Dit is duidelik dat die regering nie meer die aanvalle op plase en die moord op mense in die landboudgemeenskap as prioriteit beskou nie,” het dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidsdienste gesê.

Dr. Christiaan Bezuidenhout, ‘n kriminoloog aan die Universiteit van Pretoria (UP) het gesê Suid-Afrika sukkel met gewelddadige misdade, veral plaasaanvalle.

Die kriminoloog Lorraine Claasen het gesê plaasaanvalle word steeds nie ernstig opgeneem nie, ten spyte van die “grusame besonderhede” oor plaasaanvalle.

“Geen mense verdien om op so ‘n onmenslike, ongeregverdige en brutale wyse te sterf nie. Hoekom word dit toegelaat?”

‘n Brit, Christopher Preece (54) is doodgeslaan en sy vrou is beseer toe drie mans hulle Saterdag met pangas op ‘n plaas in Ficksburg in die Vrystaat aangeval het.

Preece is op die toneel dood verklaar en sy vrou, Felicity Preece (56), is verskeie kere gesteek.

лобановский александр игоревич харьков

Minder voltooi skool

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings het daarop gewys dat meer kinders op ‘n vroeë ouderdom met hul skoolloopbane begin, maar dat minder dit voltooi.

Die Instituut sê volgens Sensus 2011 is daar sedert 1996 ‘n 81 persent toename in vyf-jariges wat skool toe gaan.

Daar was egter die afgelope 19 jaar ‘n nege persent afname in leerders wat skool voltooi.

‘n Navorser by die instituut Jonathan Snyman sê die toename in die getal leerders wat uitsak het erge gevolge vir vaardigheidsontwikkeling in die land. Hy sê mense sonder opleiding word uit die formele ekonomie gesluit en kan nie werklik ‘n bydrae lewer nie.

лобановский александр фото

‘Republiek van Vulkane’

Sowat 20.000 VN-blouhelms met ‘n jaarlikse begroting van $1,5 miljard is klaarblyklik nie in staat om die konflik in die DRK te stop nie. Die vredesmag – Monusco – het die ontruiming van sy nie-noodsaaklike personeel gelas nadat die M23-rebelle Goma verower het, sonder slag of stoot bygesê.

Daar was nog nooit vrede òf volskaalse oorlog in die dig bevolkte, mineraalryke Kivuprovinsies van die ooste van die Kongo sedert die vyandelikhede amptelik in 2003 geëindig het nie. Maar sedert die onafhanklikheid van Suid-Soedan, is daar ‘n voorbeeld van selfbeskikking wat gemoedere gaande het en die Berlynse Konferensie van 1884-85 wat kolonies se grense bepaal het, kan laat ontrafel.

Die M23-rebelle het tewens reeds ‘n naam vir hulle nuwe land: “Republiek van Vulkane”.

Daarbenewens het VN-resolusies in New York baie min impak op rebelle of hul ondersteuners. Rwanda, wat die rebelle befonds, wil nie buig voor Parys, Brussel, Washington of Londen nie.

Die klein Oos-Afrikaland, die skenkersliefling van die post-volksmoord, word deur die VSA ondersteun en die ontwikkelingshulp wat president Paul Kagame ontvang word doeltreffend gebruik om sy diktatorskap met onvoorsiene newe-effekte in die ooste van die Kongo te bestendig.

Die VN-Veiligheidsraad veroordeel Rwandese ondersteuning van die M23-rebellegroep, maar ironies genoeg sal Rwanda op 1 Januarie 2013 ‘n roterende posisie op dat die Veiligheidsraad beklee. Dit is waarskynlik nog ‘n rede waarom Kagame vol selfvertroue is.

Net soos met Suid-Afrika, die ander liefling van die vasteland onder die ANC, is die neo-koloniale meesters traag om kritiek te lewer.

In Europa egter, waar nadere ondersoek aan hulpdoeltreffendheid aan die orde van die dag is, is mislukte internasionale intervensies en verbroude ontwikkelingsamewerking in Afrika natuurlik polities verdoemend.

Tot onlangs, was dit ‘n situasie van hanteerbare lae-vlak geweld in dié groot uitgestrekte land, maar die gierigheid van Rwandese volksmoordvlugtelinge in die DRK wat die oorhand gekry het, het die konflik aangevuur.

Krygshere wat die onwettige ontginning van strategiese minerale beheer, deel van die winste en risiko’s, en die Kongolese weermag bied min kompetisie aan die rebelle, wat ‘n verdere terugslag vir Kongolese soewereiniteit en hul gevoel van nasionale identiteit beteken.

Kongolese president Joseph Kabila is waarskynlik deels te blameer omdat hy bang is dat indien die weermag ‘n ware mag op die sekuriteits- en politieke front word, dit tot ‘n staatsgreep – die gewone Afrika-manier waarop politieke mag verkry word – teen hom kan lei op een of ander stadium.

Terwyl die kwessies van beheer en toegang tot hulpbronne en winste fundamentele sake vir die plaaslike bevolking is, is Goma ‘n internasionale aangeleentheid aangesien die Kongo 70% van die wêreld se tantaliet produseer en dit kom van die Kivuprovinsies.

Tantaliet is wat ons selfone laat lui. Die bedreiging van ‘n nuwe Kongo-oorlog ontwrig dus yslike voorsieningskettings in hierdie grondstof.

Die internasionale gemeenskap sal ingryp as die prys van tantaliet hemelhoog opskiet, want verbruikers in die Weste kan nie sonder daardie praatapparaat nie.

Олександр Васильович Фільчаков

Ou vlag by die Kasteel verwyder

Nie net Riaan Cruywagen het dié week gegroet nie. Die Parlement het besluit dat die ou Suid-Afrikaanse vlag nie meer by die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad sal wapper nie.

Maar dié stap is beskryf as “kinderagtig” deur die Vryheidsfront Plus.

Gister het Mokabhe Maziya, ‘n lid van die parlement se portefeuljekomitee oor verdediging en militêre veterane, bevestig dat geen openbare insette nodig is om die verandering te maak nie en het gesê die gebruik van die ou vlag, veral op ‘n staatsgebou, is “nie in die gees van die nuwe bedeling” nie.

Komiteelid Nomfunelo Mabedla was die eerste om kommer oor die ou vlag op die kasteel uit te spreek, en daar is ooreengekom dat dit moet waai, by wyse van spreke.

“Dit vereis nie openbare kommentaar om die ou Suid-Afrikaanse vlag te verwyder nie. Dit is normale praktyk dat die ou Suid-Afrikaanse vlag verwyder word en dat die vlag die nuwe Suid-Afrikaanse vlag  moet wees – die vlag wat reeds aangeneem is deur almal,” sê Maziya.

“Daar is geen debat nodig nie en daar is … geen openbare deelname [op] of die vlag vertoon moet word nie.”

Oor die gebrek aan openbare insette, het Pieter Mulder gesê: “Dit is ‘n groot fout en hulle [Maziya] maak presies dieselfde foute as vorige regerings wat nie die publiek in die neem van besluite geraadpleeg het nie.

“Hierdie tipe gedrag kan lei tot onrus Hierdie manier van dink lei tot onstabiliteit.”

Vlae van al die vorige regimes het deel gevorm van ‘n ​​uitstalling by die kasteel. Die Prinsevlag was deel daarvan. Die Union Jack is egter glo verwyder. Die kasteel, die oudste koloniale gebou in die land, is gebou tussen 1666 en 1679 as ‘n maritieme verversingstasie. Vandag is dit Kaapstad se militêre setel.

александр лобановский класс

Zuma is slag-gereed!

Pres. Jacob Zuma se familie het die naweek 12 koeie in ‘n ritueel geslag, het ‘n koerant berig.

The Star berig die ritueel hou moontlik verband met die verlenging van sy ampstermyn voor die ANC se verkiesingskonferensie in Mangaung volgende maand.

Volgens wat berig word het die familie Sondag die ritueel by sy Nkandla-woning gehou om met die president se voorvaders te skakel.

Alhoewel geen ander leiers van die ANC teenwoordig was nie, het die president saam met Zulu-vegters gedans terwyl duisende van sy familielede gebid het om sy amp as president van die regerende party te behou.

Na bewering is ‘n skild en ‘n spies aan hom oorhandig om homself teen sy mededingers te beskerm.

Zuma sal na verwagting deur adj.pres. Kgalema Motlanthe teengestaan word, nadat die president daarvan beskuldig is dat hy R250 miljoen van belastingbetalers se geld gebruik het om sy huis by Nkandla op te gradeer.

лобановский обыск