Miami-polisie skiet swart kannibaal

Ontstellende nuwe besonderhede en kringtelevisiebeelde is vrygestel in die noodlottige skietery by ‘n laagwaterbrug tussen ‘n naakte swart kannibaal en die polisie in Miami, in die VSA.

‘n Ooggetuie het Saterdagmiddag getuig dat hy iets aanskou het wat net kan beskryf word as besonder wreedaardig: ‘n Naakte swartman wat die gesig van ‘n ander kaal swartman afkou. “Die man was besig om hom aan stukke met sy mond te skeur, toe het ek vir hom gesê: “Kom af!” Die geskokte ooggetuie sê die swarte het net aanhou eet.

Die getuiene het daarin geslaag om ‘n Miami-polisiebeampte te roep. “Die polisie beampte het vir hom ‘n paar keer gesê om op te hou en weg te kom van die man, maar die aanvaller het net daar gestaan ​​met ‘n stuk mensvleis in sy mond en grom,” sê hy.

Toe het hy die aanval voortgesit. Ten spyte van die beampte se waarskuwings het die man voortgegaan om die vleis van die slagoffer af te kou. Die beampte moes die aanvaller uiteindelik doodskiet.

Kringtelevisie het die nadraai op beeld vasgevang met die twee mans wat langs mekaar op die grond gelê het. “Dit was net ‘n plas van bloed,” sê die ooggetuie. “Jy kon regtig nie sien nie, dit was net bloed die hele plek oor.”

Reddingspanne het die slagoffer na Jackson Memorial Hospitaal gehaas met 75% van sy gesig wat ontbreek.

Die polisie sê die aanvaller het waarskynlik ‘n oordosis van ‘n nuwe kragtige vorm van LSD ingehad. “Wat gebeur is dat die slagoffer in ‘n toestand van opgewonde delirium raak wat deur die oordosis van dwelms veroorsaak is,” sê Armando Aguilar van die Miami Broederliefde Orde van die Polisie.

Owerhede het nie die identiteit van die man vrygestel nie. Die slagoffer is steeds in ‘n kritieke toestand.

Фильчаков прокурор харьков

Arabiese lente is SA se voorland, sê JKL

Werkloosheid in Suid-Afrika is ‘n tikkende tydbom en werklose Suid-Afrikaners sal waarskynlik soos jeugdiges in Egipte en Tunisië vir geleenthede veg, het Buti Manamela, nasionale sekretaris van die Jong Kommuniste-liga (JKL), gesê.

“Die behoefte vir werkgeleenthede is meer dringend en die regering moet aandag aan al hierdie dinge gee,” het Manamela Saterdag gesê. Hy het honderde JKL-lede in Seshego, Limpopo, tydens die liga se herdenkingsfeesvieringe toegespreek.

“Ons glo die krisis van werkloosheid is ‘n tikkende tydbom en indien ons dit nie met omsigtigheid hanteer nie, sal ons nog ‘n Egipte en Tunisië sien.”

Hy sê ‘n tekort aan werkgeleenthede het daartoe gelei dat talle jongmense hul waardigheid verloor aangesien hulle nie vir hul families kan sorg nie.

Jeugdiges in Egipte en Tunisië het verlede jaar weens werkloosheid in opstand teen hul regerings gekom.

лобановский александр харьков

Bewerings teen Mdluli ‘ernstig’

Die kantoor van die nasionale polisiekommissaris sê noudat die afgesette hoof van misdaaadintelligensie, Richard Mdluli weer geskors is, sal ‘n interne ondersoek plaasvind na die ernstige bewerings wat teen hom gemaak word, berig RSG.

Mdluli word ondersoek weens die beweerde misbruik van ‘n geheime fonds en nepotisme, terwyl hy ook verbind word met die moord op sy gewese vriendin se man.

Die polisiewoordvoerder Linda Mashigo sê die waarnemende kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi het besluit om Mdluli te skors na bewerings wat gemaak is tydens ‘n geregtelike ondersoek wat met die moord verband hou.

Mashigo sê Mkhwanazi kon dié ernstige bewerings nie ignoreer nie.

Фильчаков прокурор харьков

SKA in venootskap met Afrika

Die wêreld se grootste en mees gevorderde radio-teleskoop, die SKA, wat in staat sal wees om buiteruimtelike lewe in die heelal op te spoor, sal tussen Suid-Afrika en Australië gedeel word, berig RSG.

Die besluit is deur Kanada, China, Italië, Nederland en Brittanje by die lughawe Schiphol in Amsterdam, Nederland, gedoen.

Suid-Afrika beplan om in vennootskap met ondermeer Botswana, Ghana, Kenia, Madagaskar en Namibië die 3 000 antennas te huisves waaruit die teleskoop bestaan.

Australië sal deur Nieu-Seeland bygestaan word.

Фильчаков Александр Васильевич

Afrikaans en die betekenis van 26 Mei 1948

Gister was my verjaardag en ek wil nogmaals almal bedank wat my op Facebook, Twitter en elders gelukgewens het. Hoe ouer ek word, hoe meer kom ek onder die indruk dat die toevallige dag 26 Mei, soos 31 Mei, nogal ‘n belangrike datum in ons volk se geskiedenis verteenwoordig. Op 26 Mei 1948 het die Nasionale Party in ‘n verkiesing die politieke mag bekom en het dr. Daniël François Malan eerste minister geword.

Vele geskiedskrywers het agterna gemeen dat die Afrikaner daarmee “die vrede gewen het”, ná die oorlog van 1899-1902 wat hy verloor het. Ongeag wat ‘n mens vandag van die Nasionale Party en sy oneervolle einde onder Marthinus van Schalkwyk mag dink, moet ‘n mens toegee dat daardie roemryke verkiesingsoorwinning ‘n belangrike gebeurtenis was. Nie net was dit vir Afrikaners ‘n belangrike datum nie, maar ook vir die Engelse en die res van die mense in hierdie land.

Min mense verstaan die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Want onder die invloed van die Marxisme en kommunisme, word geskiedenis deur die ANC en die SAKP as ‘n sogenaamde “terrein van stryd” beskou. Daarom moet die propagandawaarde van geskiedenis tot die maksimum uitgebuit word. Leuens en oordrywings maak deel van hierdie “nuwe geskiedenis” uit.

Alles wat vóór 1994 gebeur het, word tans as inherent “boos” voorgestel. Die woord “die verlede” word gewoonlik met ‘n geladenheid gebesig, amper asof daar oor moord in die familie gepraat word.

Per toeval soek ek gister na ‘n boek op my rak en ontdek ‘n studie oor Bantoe-onderwys wat in 1964 deur die liberale Instituut vir Rasse-aangeleenthede onderneem is. Muriel Horrell kom aan die einde van haar boek, A decade of Bantu Education, tot die gevolgtrekking: “The administrators of Bantu Education are certainly working most assiduously to make the system a success.”

Die vorige keer toe ek ‘n liberale Engelse vrou oor Bantoe-onderwys aangehaal het, het ‘n hondsdol joernalis van Die Burger my van “rassisme” beskuldig en dat ek ‘n “voorstander en apologeet van apartheid, ‘n misdaad teen die mensdom” sou wees. Dus laat ek dit maar daar.

Ook wil ek nie eintlik vandag oor die geskiedenis skryf nie. Die geskiedenis, of die lewensverhaal van Nelson Mandela en sy ANC-engele wat op ons land neergedaal het, is herskryf, net soos wat die straat- en plekname verander is. Trouens, ‘n mens wonder of daar binnekort iets van die Afrikaner in die land gaan oorbly behalwe die name van enkele booswigte of eerder goeie mense waarvan daar booswigte gemaak is, soos dr. Verwoerd. Hy wat homself jare lank as minister vir die einste Bantoe-onderwys afgesloof het.

Suid-Afrika het ‘n tipiese Afrikaland geword. Selfs die kunswerke word uit die museums gesteel en op die straathoeke verkwansel. Juis vandeesweek is daar berig dat waardevolle Chinese porselein uit die sewentiende eeu wat uit die V.O.C.-tyd dateer, vanuit ‘n plaaslike museum gesteel is. Die waarde van die geroofde voorwerpe word op R50 miljoen beraam.

Op ‘n manier het die revolusie van 1994 veroorsaak dat ons hele erfenis op die ashoop beland het. Alle openbare versamelings word deur die ANC beheer en word na goeddunke verwaarloos, verwoes of verander.

Die kwessie wat my egter tans besonder interesseer, is die Afrikaanse letterkunde. Die ANC, asook sy Britse en Sweedse meesters wat hom aan bewind geplaas het – selfs FW de Klerk en Roelf Meyer! – het nog nooit in Afrikaanse boeke belanggestel nie. As ‘n inbreker by jou huis inbreek, gaan hy waarskynlik alles steel behalwe die Afrikaanse boeke.

Net soos vir inbrekers, is die Afrikaanse letterkunde vir die ANC van te min waarde om te besteel of te beheer. Anders as ons geskiedenis, byvoorbeeld, waarvoor Kader Asmal as minister van onderwys ‘n spesiale propagandaprogram vir die skole laat saamstel het.

As ek nou terugdink aan ons voorheen Afrikaanse lewe in hierdie land, staan die 1960s vir my uit as die bloeitydperk van Afrikaanse boeke en kultuur. Ek het reeds voorheen iewers gesê dat die sestigerjare die Goue Tyd van die Afrikaner was. ‘n Dekade ná die 48-verkiesing en kort ná Republiekwording, juis onder Verwoerd, het Afrikaans en Afrikaanse boeke ‘n ongekende opbloei beleef. Die Kaap met sy Engelse snobisme wou hoghe literatuur in Afrikaans uitgee; vandaar die Sestigerbeweging van André Brink, Breyten Breytenbach, Chris Barnard en ander, die mees oorskatte en volprese literêre beweging in die geskiedenis.

Maar in die noorde van die land, in Johannesburg van alle plekke, het die ou Afrikaanse Persboekhandel (later Perskor) besluit dat die hele volk behoort te lees. Gewilde fiksie in die vorm van liefdesverhale, spioenasieverhale, selfs fotoverhale met Mark Condor en die Ruiter in swart, is met geesdrif en teen ‘n wins gepubliseer.

Springbokradio, die handelsender van die SAUK, het insgelyks beroemde Afrikaanse sepies uitgesaai, waarvoor die volk vasgenael was. Daar was Fanus Rautenbach se nogal postmoderne en speelse Staal Burger-reeks oor die Afrikaanse sender. Min Shaw en Gé Korsten se plate het goed verkoop en Afrikaanse films het Hollywood-treffers by die loket getroef.

Diegene van ons wat in daardie goue jare grootgeword het, het nooit kon dink dat dit ooit kon eindig en dat ons land in hierdie aaklige Afro-Saksiese nagmerrie met sy geweld, misdaad en korrupsie kon ontaard nie. Vir my voel dit soos wetenskapfiksie: ‘n woesteny met tegnologie maar sonder beskawing het aangebreek. Iewers moes ‘n meteoriet geval en alles uitgewis het.

Die koms van televisie en die revolusie, asook die verdwyning van Perskor, het daardie vertroude Afrikaanse wêreld van die sestigerjare tot niet gemaak. Soos Peet Kruger, die redakteur van Beeld, eenkeer vir my op Stellenbosch gesê het: “Ag man, daar is nie so iets soos ‘n Afrikaner nie. Die enigste verskil tussen hom en ‘n Amerikaner is dat hy soms bietjie Afrikaans praat of die Blou Bulle ondersteun.”

Is die Blou Bulle in hul pienk hemde en slegte Boerewors by die supermarkte dan al wat daar van die Afrikaanse kultuur oorgebly het?

Ek is ‘n modernis. Vir my het ons volk nie deur die smeltkroes van die Groot Trek en die Vryheidsoorloë ontstaan nie, maar deur Afrikaanse boeke in die twintigste eeu, veral tydens die sestigerjare. Nie dat ek die romantiese epos van die negentiende eeu wil geringskat nie; uit ons opstand teen Engeland is die substraat, die fondament, gevorm. Maar dit was daardie ongekende ywer waarmee ons ‘n eie taal, ‘n eie kultuur, ‘n eie verwysingsraamwerk geskep het wat uiteindelik veroorsaak het dat Verwoerd sinvol op ‘n openbare verhoog na “die Afrikanernasie” kon verwys of dat Van Wyk Louw in sy essays daaroor kon skryf.

Is dit nie ironies dat die ANC se hanskakies onder die Afrikaners van Verwoerd ontslae geraak het, maar aan Van Wyk Louw vasklou nie? Die naam van die H.F. Verwoerd-biblioteek aan die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit, tans “Joe-Djy”, is lankal verander, maar jaarliks word daar steeds ‘n N.P. van Wyk Louw-gedenklesing aangebied. Natuurlik het die inhoud bloedweinig met Van Wyk Louw te make, maar nogtans is dit ‘n vreemde verskynsel.

Of miskien nie so vreemd nie. Dit strook met my teorie dat ‘n volk se identiteit eerder deur letterkunde as deur oorloë of politiek gebou word… Het ons nie nog in 1993 ‘n weermag en ‘n staat gehad nie? Maar wat het dit ons gehelp? Indien die sogenaamde “onderhandelaars” van destyds pleks van ‘n weermag ‘n paar idees aan hul kant gehad het, sou dit dalk beter gegaan het. Want oorkant hulle het mense gesit wat geskóól was in die Marxistiese ideologie met sy revolusionêre evangelie, die teologie van die “Groot Verandering” wat sál kom! Die verbeeldinglose Afrikanerpolitici is deur ‘n klompie slim kommuniste soos Joe Slovo en Nelson Mandela uitoorlê.

Nou die dag sê iemand vir my: “Man, weet jy waarmee is Solidariteit besig? Hulle skep organisasie, hulle bou kapasiteit.” Toe dink ek so op my eentjie: “Maar wat van al die kapasiteit wat ons gehad het? Die weermag, die staatsbegroting, ambassades in elke land? As dit nie ‘kapasiteit genoeg’ vir ons oorlewing was nie, hoe sal ons ooit weer die soort ‘kapasiteit’ sien wat ons nodig het?” Uiteindelik is mag tegelyk onaantasbaar en broos. Soos die Franse postmoderne filosowe dit uitgeredeneer het: “Mag berus nie op ‘n weermag of geweld nie, maar op die gehoorsaamheid van die bevolking.”

Die Afrikaner se probleem is nie ‘n gebrek aan “kapasiteit” nie. Ons beskik oor die land se intellektuele kapitaal, asook genoeg privaatvoertuie, -vliegtuie, opleiding en vaardigheid om môre die ANC terug Transkei toe of Kwazulu-Natal toe te stuur. Die probleem is dat ons mense se denke deur die vyand beheer word, dat hulle willoos geraak het, dat hulle deur DSTV en rugby – brood en sirkusse – vermaak word. Tussen nog ‘n Hollywood-fliek op TV en vryheid, stem die gemiddelde Afrikaner vandag vir die Hollywood-fliek.

Hulle dink nie omdat hulle nie meer lees nie, veral nie meer Afrikaans nie. En die Afrikaner is gehoorsaam. Anders as ons medeburgers, betaal hy getrou sy nasionale en plaaslike belastings, sy mediese fonds en sy parkeerkaartjies. Sodoende finansier ons ons eie ondergang. Sou dit nie lekker in die tyd van apartheid gewees het as die TBVC-lande elke jaar ‘n vet tjek aan die SA regering oorhandig het om beter wapens aan te koop, doeltreffender propaganda te produseer en groter salarisse vir ons politici te betaal nie?

Diegene wat my roman Moltrein gelees het, sal onthou dat ek iewers daarin na die veldslag van Jena-Auerstedt van 14 Oktober 1806 verwys. Op daardie dag het Napoleon oor Pruise, die teenswoordige Duitsland, geseëvier. Vir veertig jaar agterna was Duitsland onder Franse oorheersing, veral kultureel, en is Duits as ‘n boerse, agterlike taaltjie beskou wat geen beskaafde mens meer wou praat of veral skryf nie. (‘n Bietjie soos Afrikaans vandag, want ons is die verloorders van die “nuwe” Suid-Afrikaanse geskiedenis en praat dus ‘n verloorderstaal waarin niemand behalwe ‘n handjie vol Nederlanders en Vlaminge meer belangstel nie.)

Totdat Goethe gekom het, die digter, dramaturg en vrydenker. Nadat die Franse skryfster Madame de Staël hom aan die res van Europa bekendgestel het – juis deur middel van Frans, die lingua franca! En agterna was Duits en Europa nog nooit weer dieselfde nie.

Een van my gunstelingessays is dié van die Duitse filosoof Peter Sloterdijk wat ek in Nederlands gelees het: Regels voor het mensenpark. Omdat hy daarin gesê het dat mense dalk beter geteel kan word, is hy onmiddellik in die media as ‘n apologeet van die Nazisme aangeval, maar vandag word hy waarskynlik as die grootste lewende Duitse filosoof en skrywer gereken.

Sloterdijk verwys na iets soortgelyks in Europa as wat by ons ingetree het, toe die radio en veral die televisie die boek as identiteitsvormende medium vervang het. Vandag verteenwoordig Sewendelaan die spieël wat aan die Afrikaner voorgehou word met die soort gedrag, waardes en geradbraakte taal wat hy behoort na te streef. Soos klei is die Afrikanervolk in die hande van die ANC-maghebber, om na goeddunke met behulp van staatsmag en die staatsmedia te vorm.

Vóór 1945 (die koms van televisie in Europa), meen Sloterdijk: “… sou die burgerlike nasies self tot op sekere hoogte literêre en posprodukte wees – fiksies van ‘n lotsbepaalde vriendskap met verre landgenote en met lesers, verbonde in simpatie vir outeurs wat tot gemeenskaplike besit gereken word”. Hierdie “nasie van vriende” word juis deur die onderwysers op skool gekonstrueer omdat daardie selfde stel skrywers en boeke aan die kinders van geslag tot geslag oorgedra word. Volgens Sloterdijk is boeke “dikker briewe” wat vriende, dus volksgenote, aan mekaar skryf.

Die punt wat vir ons belangrik is, is dat die rampspoedige verlies aan mag, status en instellings wat die Afrikaner sedert 1994 verduur, hom van feitlik alles gestroop het – alles behalwe daardie vergete stel boeke wat deesdae van so min waarde is dat die vindingryke diewe van Afrika hulle nie eens soos die kunswerke en die porselein uit die biblioteke wil steel nie. Wel het vele van die “nuwe” bibliotekarisse al sulke boeke aan tweedehandse boekwinkels verkoop of laat verpulp of sommer ashoop toe laat aanry.

In Ray Bradbury se klassieke wetenskapfiksieverhaal uit die vyftigerjare, Fahrenheit 451, is dit verbode om boeke te lees en bestaan daar ‘n interaktiewe soort televisie waarmee die bevolking deur breinspoeling onderdanig gehou word. Die held van die verhaal is ‘n brandweerman wat ou boeke moet uitsnuffel wat afvalliges in hul huise versteek en moet verbrand. Blykbaar brand boeke by 451 grade Fahrenheit; vandaar die titel van die roman.

Nou het ek juis gister so ‘n boek wat hom iewers op my rak versteek het, ná ‘n halfuur se gesoek kon uitsnuffel, gevind en gelees. Dis ‘n meer literêre roman uit daardie Goue Afrikaanse Tyd, uit die vroeë sestigerjare: Elsa Joubert se Ons wag op die kaptein.

Toe ek jonk was, het ek wel ‘n sekere bewondering vir die Sestigjerskrywers gehad; nou nie meer nie, op enkele uitsonderings na. Gee my liewer ‘n Olaf Bouwer-boek of ‘n Staal Burger-storie uit dieselfde tyd: dis interessanter en intellektueel meer prikkelend as die soort opgesmukte na-apery van Britse en Franse letterkunde wat die Sestigers aan ons opgedring het. Breyten Breytenbach het tydens sy “Blik van buite”-toespraak in 1973 gevra: “Vir wie skryf ons ons verwronge, pretensieuse, nouveau riche-werke behalwe vir ‘n paar vriende aan universiteit wat daardie werk deut dit voor te skryf ‘n bestaansreg gee?”

Maar hierdie Elsa Joubert-boek dateer uit die vroeë sestigerjare, voor sy tot Brink en Breytenbach se voorspelbare Sap-ideologie van “die Afrikaner moet skuldig voel en eerder Suid-Afrikaner word” bekeer is. Natuurlik het sy later bekendheid verwerf vir ‘n baie meer polities korrekte boek, Die swerfjare van Poppie Nongena, ‘n soort Cry the beloved country in Afrikaans.

Terloops, Breyten Breytenbach het die Sap-ideologie van destyds in 1973 tot sy logiese gevolgtrekking in dieselfde toespraak gevoer toe hy verklaar het: “Ons is ‘n bastervolk met ‘n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis goed en mooi so. Ons moet kompos wees, onbindend om wéér in ander vorme te kan bind.”

Toe nié. As ek so rondom my in Johannesburg kyk, dan sien ek heelwat ouerige Engelse mans met sulke jong swart vrouens in stywe langbroeke. Soms word hulle ook vergesel deur hul mulatkindertjies met kroeshaartjies en blas gesiggies.

Soos dit vir my lyk, is die Engelsman in Suid-Afrika veel meer ontvanklik vir die mulatkultuur, om self ook mulat te word. En ek gebruik hier spesifiek die woord “mulat” omdat Elsa Joubert dit so herhaaldelik in Ons wag op die kaptein besig, ‘n verhaal wat volledig op ‘n Angolese plaas afspeel waar dit die gebruik was vir die Portugese boere om ook ‘n swart houvrou aan te hou.

Ons Engelse landgenote, wat al die jare so snobisties en neerbuigend teenoor ons Afrikaners was en vir wie ons weens ons verre Kaapse herkoms glo ook nie “wit genoeg” was nie, is lyk my besig om geredelik soos die Portugese van Angola en Mosambiek die mulatkultuur te aanvaar, terwyl die Afrikaner nog iewers aan sy rasseidentiteit vasklou.

Wat Elsa Joubert se boek egter interessant maak, is hoe die Afrikaan-in-opstand, as hy eers geweld begin pleeg, juis die mulat met groter minagting en wreedheid verwerp as die blanke setlaar of kolonis. ‘n Mulatdogtertjie wat op soek na water by ‘n geut opklim, word deur ‘n Kongolese soldaat koelbloedig doodgeskiet. As die Portugese vrou die kind se lyk van die dak wil gaan afhaal, waarsku die soldaat dat hy en sy manne sal aanhou om lood in die dooie liggaampie te pomp totdat daar niks van oorbly nie.

Blykbaar is Ons wag op die kaptein op ‘n ware verhaal gegrond wat hom op ‘n plaas in die noorde van Angola afgespeel het en waaroor daar op 15 Maart 1961 in Die Transvaler berig is. Twaalf blankes is op die plaas na ‘n soort “verhoor” deur die Franssprekende kaptein en plaaslike swartes vermoor.

Die tyd van ideologiese konflikte is verby. Vandag leef ons in die tydvak van identiteitstryd en kultuurkonflik. Daar was vele profetiese romans in Afrikaans wat in die verlede geskryf is en wat ‘n tyd voorspel het waarin ons aan die swartman se genade oorgelaat gaan wees. Iets soos Ons wag op die kaptein of Na die geliefde land van Karel Schoeman.

Ongelukkig het die Afrikanerpolitici van destyds blykbaar nie boeke gelees nie, anders sou hulle seker met groter ywer die huidige situasie waar “ons wag op die kaptein” probeer verhoed het. In mnr. FW de Klerk se outobiografie verskyn daar nie ‘n enkele aanhaling uit ‘n ander boek nie, waaruit ‘n mens seker jou eie afleidings oor die man se belesenheid kan maak.

Feit is egter dat die internet ons mense weer aan die lees gesit het. Op Facebook en Twitter of die Praagwebwerf, oral, lees hulle ywerig en skryf en neem deel, hoe krom en skeef hul Afrikaans soms ook al is.

Afrikaners het meer boeke geskryf en vertaal as waarskynlik al die ander inwoners van Afrika saam. Dit het ons nie ryk soos die Engelse of magtig soos die swartes met hul groot swart karre en duur klere gemaak nie, maar daardeur het ons ‘n Afrikaanse beskawing, ‘n denkwyse en ‘n identiteit geskep wat ons steeds aan mekaar bind, hoe sleg dit ook al tans met ons gaan.

Ek is daarvan oortuig dat as ons weer vir mekaar Sloterdijk se “dik briewe” begin skryf, ons Grootbroer se TV-skerm met sy propaganda kan afskakel en ons gewonde selfbeeld kan herstel, sal ons op ‘n dag eenvoudig “nee” sê vir oorheersing en weer vry kan word.

Juis op 23 Junie reël ons namens Pretoria-PEN, die skrywersvereniging, ‘n simposium oor “Die Afrikaanse letterkunde in die digitale tydvak” by die ou munisipale raadsaal van Centurion in Jeanlaan. Daar kan ons planne beraam oor hoe ons al die ou Afrikaanse boeke weer vir mense digitaal toeganklik kan maak, maar ook hoe ons ‘n ontploffing van gewilde Afrikaanse boeke vir hierdie tyd kan veroorsaak.

Ek voel baie opgewonde hieroor. Die ANC het al die deure vir ons toegemaak, die kommando’s afgeskaf en alles voor die voet getransformeer. Selfs die Afrikaanse kunstefeeste word deur borge beheer wat ook die arme Afrikaanse kunstenaars vir hul politieke propaganda misbruik. Ons is amper so magteloos soos Elsa Joubert se Angolese gyselaars wat op die kaptein se doodsvonnis wag. Maar daar is nog een deur vir ons oop: die geskrewe woord, veral die digitale woord wat u hier lees.

Dit mag dalk net die poort na ons vryheid en die herstel van ons menswaardigheid word.

лобановский александр биография

As Afrikaners sou saamstaan

Daar was ʼn tyd toe Afrikaners en blankes in die breëre sin Suid Afrika besit het as ʼn de jure staat. Dit het goedgegaan met Suid Afrika. Daar is selfs omgesien na die minder bevoorregtes (van natuur minder bevoorreg natuurlik). Daar is ook vir die nie-blankes politieke oplossings voorgehou. Sou so ʼn oplossing die Afrikaners nou aangebied word sal dit sekerlik met groot dankbaarheid ontvang word.

Ons het veilig en ekonomies vooruitstrewend gelewe. Onderrig was op hoë standaard (ten minste vir die wat dit kon hanteer), strate van stede en dorpe was skoon, munisipaliteite het dienste gelewer, die Rand was relatief sterk, staatsinstellings het goed funksioneer en ons het onsself as trots Suid Afrikaans beskou. Toonaangewend in verskeie dissiplines. In die blanke politiek was opposisie na regs en na links wat elk vermaan het met teenstrydige oogmerke. Steeds kon die breëre blanke gemeenskap in vrede assosieer in skoon en goedbestuurde stede, dorpe en landelike gebiede.

Toe begin die gekarring. Eers met die 1977 konstitusionele voorstelle wat eindig in ʼn referendum waar die land weggegee word. Met versigtige optimisme is die nuwe regering in 1994 aanvaar, met min bewustheid van die ware intensies van die laaste Afrikaner regime wat ʼn illusie geskep het van ʼn nuwe en potensieel goed funksionerende demokrasie. Daar is onderhandel by KODESA en steeds het die deursnit Afrikaner nie besef wat besig is om te gebeur nie. Ons geliefde Suid Afrika is verraai. Vroeër het ons Die Lied van Jong Suid Afrika gesing? Jy was onoorwinlik.

Hier staan ons vandag, verslae en ontwortel. Nog erger, geen Afrikaner kohesie nie. Splintergroepe het opgeskiet met onverdraagsaamheid teenoor mede Afrikaners. Ons veg vir kultuur, ons veg vir Afrikaans, ons veg teen onsself. Daar word oordrewe politiek korrek opgetree om nie aandadig te wees aan die skending of ondermyning van die reënboognasie nie. Miskien, net miskien sal swart Afrika ons erken. Iewers met iets. Hoe bitterlik naïef. Die realiteit is jy is uitgelewer aan jouself. Sonder ʼn vaderland.. die volk is in diaspora, maar, nie sonder hoop nie. Afrikaners was eens ʼn volk met de jure status.

Afrikaners kan weer verenig. Die wêreld globaliseer, is kosmopolities maar is ook besig om te fragmenteer. Daar is toenemende etniese bewustheid. Denke oor selfbeskikking skuif na deterritorialisme. Dit sal geen verrassing wees as Afrikaners selfbeskikking (sesessie) eis nie. Ons voldoen aan al die internasionale kriteria om oor onsself te regeer. Ons bevind onsself in ʼn samelewing wat Afrikaners ontwortel en degradeer. Wie gee Zuma, of wie ook al die reg om met verwronge en sieklike magsbeheptheid Afrikaners te interneer.

Ek stel nie belang in Suid Afrika nie. Of sy Grondwet, of die ANC, of die reënboognasie nie. Ek wil assosieer met Afrikaners in alle strukture van die samelewing, ek wil in Kerkstraat (elke dorp het ʼn Kerkstraat) beweeg en net witmense sien. Dit het niks te make met rassisme nie. Dit gaan oor sentimente. Dit is ons reg om te assosieer met ons eie. Gedwonge integrasie is volksmoord. Alhoewel nog nie opgeteken in ʼn handves nie, maar wyd erken.

Suid Afrika onder beheer van Afrikaners was eens ʼn vooruitstrewende land. As Afrikaners saamstaan, kan dit weer gebeur. Miskien nie op die grondgebied soos voor 1994 nie, maar binne die grense van Suid Afrika in ʼn onafhanklike republiek. Wie kan ons keer as ons saamstaan? Ons het ʼn reg op selfbeskikking. Remediërend of as primêre reg. As ons nie saamstaan nie gaan ons nie grondgebied vir ʼn staat kan identifiseer nie. Selfbeskikking begin by geïdentifiseerde grond vir ʼn onafhanklike Afrikaner Republiek. Dit is verregaande om te verwag dat alle blankes of meer spesifiek Afrikaners sal saamstaan, maar daar word verwag dat die leiers van Afrikaner strukture sal saamstaan om met eendragtigheid ʼn onafhanklike Afrikaner Republiek te eis.

Aggressiewe rewolusionêre politiek en leiding is nodig om Afrikaner vryheid te verkry. Dit is sinneloos om te onderhandel. Dit is sinneloos om deur regstrukture soos die IGH te werk of om konstitusioneel vryheid te verkry. Die uitgangspunt is dat ex post facto kennis geneem word van ʼn de facto situasie wat de jure erken sal word. Die basiese beginsel is die wil om vry en onafhanklik te wees. Die hoe is al tot vervelens toe oor dekades uitgewerk. Die spesifieke modus operandi mag dalk kontroversieel wees. Niks kan egter begin alvorens daar nie kollektiewe wil is nie en grondgebied geïdentifiseer is nie.

Олександр Фільчаков прокурор

Oproep om City Press te boikot

Die ANC het alle Suid-Afrikaners gevra om City Press-koerant te boikot en aan te sluit by die opmars teen Goodman Galery op Dinsdag 29 Mei 2012.

“Die City Press-koerant het duidelik getoon hoe hy saamgespan het om die onsedelike uitbeelding van President Zuma wat in stryd is met sy reg op menswaardigheid, te bevorder. Die City Press het dus ‘n toonbeeld van onsedelikheid, misbruik, en van onreg en laster geword. Hul weiering om hierdie portret te verwyder van hulle webwerf en hul beheerde sosiale media is ‘n duidelike aanduiding dat hierdie koerant nie in ons gedeelde demokratiese bedeling en waardes glo nie”, lui die verklaring.

“Hierdie koerant het hom uitgesonder as anti-ANC, teen die president, ons demokrasie en die meerderheid van Suid-Afrikaners.

“Die protesaksie teen die Goodman-galery is gemik op die intensivering van ons veldtog teen die galery se weiering om hierdie beledigende portret van hulle webwerf te verwyder. Verder, deur hierdie protesaksie, wil ons ons totale veroordeling en minagting toon teen enige vorm van kuns wat onsedelik, dehumaniserend en vernederend vir enige persoon is.”

Die ANC is bemoedig deur die oorweldigende ondersteuning van alle Suid-Afrikaners wat kom uit alle vlakke van die lewe en politieke oortuigings, wat voortgaan om ons grondwet te ondersteun, het die woordvoerder gesê.

Die Suid-Afrikaanse nasionale redakteursforum (Sanef) het sy kommer uitgespreek oor die ANC se oproep op die publiek om die die City Press-koerant te boikot weens die publikasie van die Zuma-skildery op die koerant se webtuiste, het RSG Vrydag berig.

Sanef het in ‘n verklaring gesê hoewel hy die ANC se reg erken om lede te adviseer oor verbruikersbesluite, kom die oproep om ‘n boikot teen die koerant neer op intimidasie en magsmisbruik.

Sanef sê dié soort gedrag pas nie by ‘n party wat op ‘n oop, demokratiese veld funksioneer en die nasionale regering lei nie.

 

топкарго

Goodman Galery sensureer anti-Semitiese skildery

Die Goodman Galery het ten minste een werk van die kunstenaar Brett Murray in sy jongste uitstalling nie vertoon nie want dit mag aanstoot gee aan Moslems en Joodse kykers, het die Hooggeregshof in Johannesburg Donderdag gehoor.

“Murray aanvaar dat dit nie vertoon moet word nie,” sê adv. Gcina Malindi, wat namens president Jacob Zuma optree. Die ANC vra dat die skildery wat Zuma se geslagsdele vertoon, verwyder word op die gronde dat dit sy grondwetlike reg op waardigheid skend.

Die ANC, Zuma en sy kinders wil hê dat die galery dit verwyder, selfs al het twee mense Dinsdag daaroor geverf.

Die galery weier om die skildery te verwyder, en sê dit sal beteken dat hulle kunstenaars sensureer.

City Press, wat ook ‘n respondent is, het geweier om beelde van die skildery te verwyder op die grond van hul grondwetlike reg op vryheid van uitdrukking.

Regter Neels Claassen wou weet waarom daar rasse-ondertone was, as drie mense wat die skildery ondersteun, swart is.

“… Dit is swart teen swart. So, waar kom die rasse-vraag in?” het Claassen gevra.

Malindi het geantwoord: “Hulle sien kuns deur die oë van die elite-klas. Dit is nie om te sê dat swart mense nie ‘n groter waardering vir die kunste het nie. Swart mense het ook hoë vlakke van waardering vir hierdie dinge, maar dit is ‘n elitistiese benadering vir waar die regte in Suid-Afrika gestel behoort te word.”

Hy het gesê dat die elite meen dat die mees liberale benadering geneem moet word sonder die bemiddeling van diversiteit.

Hy het die hof gevra om die diversiteit van Suid-Afrika te oorweeg en dat geen agtergrond of kulturele benadering beskou moet word as minderwaardig nie, want daar is ‘n “super-klas” wat glo alles moet net gesien word deur hul oë.

Claassen het toe gevra: “Waar is die bewyse dat die swart kultuur minderwaardig is? Jy [Malindi] sal nie hier staan ​​en baie welsprekend argumenteer oor hierdie saak as dit so was nie,” het Claasen gesê.

Malindi het geantwoord dat hy bevoorreg genoeg was om ‘n universiteit by te gewoon het.

Regter Neels Claassen het onmiddellik die hof laat verdaag toe Malindi begin huil het. Hy het begin huil toe Claasen sê die beelde is reeds versprei oor die internet en dat die ANC en Zuma se aansoek daarom geen doel dien om die beeld te laat verwyder nie.

Toe die hof hervat is, is die aansoek onbepaald uitgestel. Regter Neels Claassen het ook bevind dat die beeldmateriaal van die uiteensetting van Gcina Malindi, die ANC se prokureur, nie op televisie uitgesaai mag word nie, beide plaaslik en internasionaal.

Nog ‘n datum sal vasgestel word en nog ‘n volbank saamgestel word.

Intussen het die Black Business Council sy veroordeling van die skildery uitgespreek en gesê dit ondermyn die land se beeld.

Die “pornografiese beeld”, was ‘n “belediging vir die kulturele oortuigings en sensitiwiteite van die meerderheid van Suid-Afrikaners, wat glo dat die uitbeelding van die senior lede of die ouderlinge van die gemeenskap in ‘n vernederend lig plaasvind, en is onaanvaarbaar.”

Die Raad betreur die skending van die werk, maar het gesê die vandale, Barend la Grange en Louis Mabokela sal regshulp kry.

“Mabokela, moet verder oorweeg om die Goodman Galery vir die brutaliteit waaraan hy onderwerp is deur hul sekuriteitspersoneel, te dagvaar.”

Олександр Фільчаков прокурор

Swartes is ‘n ‘kanker’

Duisende Israeli’s, insluitend hoë-profiel-politici, het ‘n anti-swart betoging in Tel Aviv bygewoon. Die optog het gewelddadig geraak, met aanvalle op swartes en kruidenierswinkelvensters wat gebreek is.

Die byeenkoms, wat in Tel Aviv se arm Hatikva-buurt plaasgevind het, is teen die invloei van swart asielsoekers en is gereël deur Michael Ben Ari, ‘n Knessetlid, en aktiviste Itamar Ben-Guir en Barug Marzel, het die Israelse koerant Haaretz berig.

Baie betogers het ook die regering blameer, en Benjamin Netanyahu spesifiek.

Maar die optog is ook bygewoon deur politici van die regerende Likud-party, insluitend die Knessetlede Miri Regev en Danny Danon.

Voormalige brigadier-generaal en Israeliese weermagwoordvoerder Regev, beskryf die swart asielsoekers as ‘n “kanker in ons liggaam.”

Donderdag, het Regev verduidelik dat haar gebruik van die woord “kanker” beteken “om die verspreiding van ‘n negatiewe verskynsel te illustreer, Dit is ‘n manifestasie van woede wat oor ‘n lang tyd kom van mense wat onveilig in hul eie huise voel.”

“Met alle respek aan die linkerkant en Peace Now – dit is die rede dat ons land in die toestand is wat dit is. As gevolg van die Hooggeregshofpetisies kan ons nie al daardie infiltreerders deporteer na hul lande van herkoms nie,” het sy gesê.

Danon het ook gesê die “insypelaars” moet onmiddellik uit Israel geskop word.

Die skare het plakkate opgehou soos “Dit is nie Afrika nie” en “Hou op praat, en verdryf hulle.”

Die optog het gewelddadig geraak met betogers wat ten minste ‘n dosyn swart mans en vroue aangeval het wat ongelukkig genoeg was om naby die toneel te wees. Hulle het ook die voorkant van ‘n kruidenierswinkel waar die trekarbeiders koop beskadig, en daarna beroof. Betogers het ook die venster van ‘n taxi wat deur ‘n vermeende swart trekarbeider bestuur word, gebreek. ‘n Vreugdevuur is in die straat aangesteek. Sewentien mense is na bewering in hegtenis geneem.

Donderdag, het Peace Now  se voorsitter Yariv Oppenheimer gevra dat die Prokureur-generaal ‘n ondersoek teen Regev, Danon en Ben-Ari open vir aanhitsing tot geweld.

Hy sê die Knessetlede se “rassistiese oproepe en aanhitsing tot geweld is vinnig vertaal in aksie op die grond”.

Die lede het ontken dat hulle geweld kondoneer. Danon het in antwoord gesê: “Geweld is nie ‘n oplossing nie. Die werklike pogrom is die een wat daagliks teen die inwoners van Suid Tel Aviv gebeur.”

Die woede van diegene wat die optog bygewoon het lyk na ‘n toenemende onverdraagsaamheid teenoor die inkomende swart asielsoekers en trekarbeiders.

Sondag, het die eerste minister Benjamin Netanyahu gesê die verskynsel van “onwettige infiltrante” is “baie ernstig” en dit dreig om die sosiale struktuur van die samelewing, Israel se nasionale veiligheid en ‘n nasionale identiteit te ondermyn. Hy het ook gewaarsku dat tensy aksie geneem word, kan die immigrante “die land oorstroom” en sy beeld as ‘n Joodse en demokratiese staat vernietig.

Netanyahu se woorde is sterk ondersteun deur die Minister van Binnelandse Sake. Eli Yishai, wat vir die deportasie van asielsoekers gevra het.

Duisende immigrante van Eritrea en Suid-Soedan het na Israel gekom en gesê hulle wil die armoede en politieke onstabiliteit by die huis ontsnap. Die meeste van hulle is op pad na Europa, maar is nie in staat om hul tradisionele pad deur Libië te gebruik as gevolg van die voortdurende post-burgeroorlogtwis in die land. In Israel, word hulle versorg deur plaaslike NGO’s en die VN se Hoë Kommissariaat vir Vlugtelinge. Die meeste van hulle is in Tel Aviv.

Die regering het reeds probeer om die vlugtelinge van die Suid-Soedan terug te deporteer na hul vaderland, maar die mosie is deur die hof in Jerusalem gestop. Die argument is dat hul lewens bedreig kan word as hulle terugkeer huis toe.

Олександр Васильович Фільчаков