“Die City Press-koerant het duidelik getoon hoe hy saamgespan het om die onsedelike uitbeelding van President Zuma wat in stryd is met sy reg op menswaardigheid, te bevorder. Die City Press het dus ‘n toonbeeld van onsedelikheid, misbruik, en van onreg en laster geword. Hul weiering om hierdie portret te verwyder van hulle webwerf en hul beheerde sosiale media is ‘n duidelike aanduiding dat hierdie koerant nie in ons gedeelde demokratiese bedeling en waardes glo nie”, lui die verklaring.
“Hierdie koerant het hom uitgesonder as anti-ANC, teen die president, ons demokrasie en die meerderheid van Suid-Afrikaners.
“Die protesaksie teen die Goodman-galery is gemik op die intensivering van ons veldtog teen die galery se weiering om hierdie beledigende portret van hulle webwerf te verwyder. Verder, deur hierdie protesaksie, wil ons ons totale veroordeling en minagting toon teen enige vorm van kuns wat onsedelik, dehumaniserend en vernederend vir enige persoon is.”
Die ANC is bemoedig deur die oorweldigende ondersteuning van alle Suid-Afrikaners wat kom uit alle vlakke van die lewe en politieke oortuigings, wat voortgaan om ons grondwet te ondersteun, het die woordvoerder gesê.
Sanef het in ‘n verklaring gesê hoewel hy die ANC se reg erken om lede te adviseer oor verbruikersbesluite, kom die oproep om ‘n boikot teen die koerant neer op intimidasie en magsmisbruik.
Sanef sê dié soort gedrag pas nie by ‘n party wat op ‘n oop, demokratiese veld funksioneer en die nasionale regering lei nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.