praag.co.za

SKA in venootskap met Afrika

Written by

in

Die wêreld se grootste en mees gevorderde radio-teleskoop, die SKA, wat in staat sal wees om buiteruimtelike lewe in die heelal op te spoor, sal tussen Suid-Afrika en Australië gedeel word, berig RSG.

Die besluit is deur Kanada, China, Italië, Nederland en Brittanje by die lughawe Schiphol in Amsterdam, Nederland, gedoen.

Suid-Afrika beplan om in vennootskap met ondermeer Botswana, Ghana, Kenia, Madagaskar en Namibië die 3 000 antennas te huisves waaruit die teleskoop bestaan.

Australië sal deur Nieu-Seeland bygestaan word.

Фильчаков Александр Васильевич

Comments

Leave a Reply