Die kantoor van die nasionale polisiekommissaris sê noudat die afgesette hoof van misdaaadintelligensie, Richard Mdluli weer geskors is, sal ‘n interne ondersoek plaasvind na die ernstige bewerings wat teen hom gemaak word, berig RSG.
Mdluli word ondersoek weens die beweerde misbruik van ‘n geheime fonds en nepotisme, terwyl hy ook verbind word met die moord op sy gewese vriendin se man.
Die polisiewoordvoerder Linda Mashigo sê die waarnemende kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi het besluit om Mdluli te skors na bewerings wat gemaak is tydens ‘n geregtelike ondersoek wat met die moord verband hou.
Mashigo sê Mkhwanazi kon dié ernstige bewerings nie ignoreer nie.
