Grondvoorstelle plaas druk op voedselsekerheid

“Daar is verbeteringe in die groenskrif op grond wat verwelkom moet word. Deurdat die groenskrif op grond egter steeds ‘n plafon voorstel op die hoeveelheid privaatgrond wat ‘n individu mag besit, skep dit ‘n resep vir voedseltekorte in Suid-Afrika. Ongeveer 15% van Suid-Afrika se kommersiële boere produseer tans 80% van die kos wat gebruik word. Deur grondbeperkings op hierdie groot boere te plaas, gaan die hele landbou-ekonomie verwring sonder om die grondhervormingsprobleme van die regering op te los,” volgens dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye. Dr. Mulder was ‘n spreker by die TLU se jaarlikse kongres in Pretoria.

“In Suid-Afrika het die hoeveelheid grond wat onder landbouproduksie is, met 30% afgeneem van 1994 tot 2009,” volgens dr. Mulder. “Dit plaas baie groter druk op landbouers om steeds genoeg voedsel vir die Suid-Afrikaanse bevolking van 50 miljoen te produseer op minder grond. Grondhervorming, klimaatsverandering en die wisselkoers is van die belangrikste redes wat daartoe gelei het dat hierdie grond nie meer onder produksie is nie. Dit terwyl Suid-Afrika maar 13% grond het wat geskik is vir volhoubare intensiewe boerdery,” het Mulder bygevoeg.

“Suid-Afrika se kommersiële boere het van 60 000 in 1996 afgeneem na minder as 40 000 vandag. Ongeveer 40 miljoen mense van Suid-Afrika se bevolking van 50 miljoen kan nie in hulle eie voedselbehoeftes voorsien nie. Dit beteken dat elke kommersiële boer vir ongeveer 1100 mense kos moet produseer. Suid-Afrika behoort in die lig van hierdie syfers baie meer te doen om te verseker dat die kommersiële landbousektor nie tot niet gaan nie. As ‘n land een keer sy kommersiële landbousektor verloor het, soos in Zimbabwe gebeur het, is dit amper onmoontlik om dit weer op te bou,” het dr. Mulder gesê.

Александр Фильчаков

Israel waarsku aanvallers uit Gasa, Sinai

Die hoof van Israel se weermag het militante in Gasa gewaarsku om Israel se mag nie uit te daag nie, nadat gerugte onthul het dat ‘n aanval vanuit Sinai beplan word.

“Hamas en ander terreurgroepe in Gasa moet weet hulle sal ‘n fout maak om ons mag uit te daag en dat enige poging om die burgers van Israel leed aan te doen, ernstige gevolge sal hê,” het stafhoof Benny Gantz Woensdag in ‘n persverklaring gesê.

Die weermag het twee dae gelede hul gereedheidsvlakke op die Egiptiese grens opgegradeer nadat hulle uitgevind het hernieude aanvalle word in die gebied beplan in opvolging van ‘n reeks dodelike aanvalle in die suide van Israel op 18 Augustus.

“Ons is oor ‘n terreursel in Sinai ingelig wat uit meer as 10 terroriste bestaan,” het Matan Vilnai, minister van binnelandse veiligheid, aan verslaggewers gesê. Volgens hom word die groep met die organisasie Islamitiese Djihad verbind.

Volgens Avi Dichter, ‘n Israeliese parlementslid en hoof van die Shin Bet-sekerheidsdiens, sal ‘n aanval vanuit Sinai ‘n manier vir militante van Gasa wees om hul betrokkenheid te verdoesel sodat die aanvalle nie Palestynse pogings belemmer om lid van die VN te word nie.

“Die oomblik toe die terreurorganisasie begryp het ‘n regstreekse aanval vanuit Gasa sal hul veldtog by die VN in September belemmer, het hulle hul aanvalle vanaf Gasa na Egipte geskuif,” het hy gesê.

Die Palestyne gaan hul amptelike versoek om lid van die VN te word op 20 September by die organisasie indien sodat dit by die 66ste byeenkoms van die Algemene Vergadering bespreek kan word.

Лобановский

Polisie moet hoof red van opstandige leerlinge

Die polisie in Mpumalanga moes ‘n skoolhoof van sy betogende leerlinge red. Hy het homself Woensdag in sy kantoor toegesluit uit vrees dat die leerlinge hom sou aanrand.

Die polisie het hul omstreeks 10:00 na die Vukuzame Sekondêre Skool in Tweefontein C naby KwaMhlanga gehaas en honderde betogende skoolkinders op die perseel aangetref, het kapt. Eric Mathavha gesê.

Hulle wou hê die skoolhoof moet afgedank word nadat hy na bewering ‘n vroulike onderwyser ‘n week gelede geskors het.

“Die hek was gesluit en die polisie moes gate in die draadheining sny om toegang tot die perseel te kry. Hulle het toe ‘n groep leerlinge wat aan die deur van die hoof se kantoor geskop het, onder beheer gebring.”

Die polisie het die leerlinge kalmeer en ‘n vergadering met hulle en die skool se beheerliggaam gehou. Klasse is vir die dag gekanselleer.

Die provinsiale onderwysdepartement was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

лобановский александр жена

Pik stabiel

Pik Botha, minister van buitelandse sake in die Apartheid-era, is in ‘n stabiele toestand en op die oomblik onder toesig by die Netcare Akasia Hospitaal in Pretoria-Noord, het die hospitaal Woensdag gesê.

“Ons kan weens vertroulikheidsredes nie eintlik kommentaar lewer oor die besonderhede nie, maar ons kan bevestig dat hy opgeneem is vir hartversaking en steeds in die hospitaal behandel word,” het die hospitaal se bestuurshoof, Priscilla Botha, gesê.

Sy het gesê personeel by die hospitaal “hou ‘n oog oor die situasie”.

Die 76-jarige oud-politikus is Woensdagoggend in die hospitaal opgeneem nadat hy gesukkel het om asem te haal terwyl hy saam met sy vrou, Ina, met vakansie was.

Ina het aan die SAUK Radio gesê sy hart het ingegee weens die toestand van sy longe.

“Die longe is ‘n probleem, aangesien dekades van rook hom nie goed gedoen het nie. Die situasie in sy longe kan nie omgekeer word nie,” het sy gesê.

“Wat die hart betref, sal ons nadat hy ontslaan is ‘n kardioloog konsulteer en dit van daar af vat.”

Dokters het hom herhaaldelik gewaarsku om op te hou rook indien hy nie verdere hartprobleme wil ervaar nie.

Botha het as minister van buitelandse sake gedien in die laaste jare van apartheid en het as minister van minerale- en energiesake gedien onder Nelson Mandela, Suid-Afrika se eerste demokraties verkose president.

Hy het in 1996 uit die politiek getree.

александр лобановский харьков

Malema se klag teen tugbeamptes verwerp

Die ANC se dissiplinêre komitee het ‘n aansoek verwerp wat deur Julius Malema, president van die ANC-Jeugliga, gebring is teen drie van die tugkomiteelede, het ‘n woordvoerder Woensdag gesê.

Die komitee het bevind dat onvoldoende feite voorgelê is om vooroordeel of ‘n persepsie van vooroordeel wat bestaan, by Derek Hanekom, voorsitter, Susan Shabangu, minister van minerale bronne, en Collins Chabane, minister in die presidensie, te bewys, het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Hy het gesê die dissiplinêre verhoor is tot Vrydag uitgestel om die komitee kans te gee om te besluit oor Malema se aansoek vir die klagtes om teruggetrek te word.

Die komitee sal sy besluit Vrydag om 09:00 bekend maak.

Malema word dissiplinêr verhoor nadat hy daarvan aangekla is dat hy die ANC se naam in oneer gebring en onmin in die ANC gesaai het.

Hy het onlangs gesê die ANC-Jeugliga sal ‘n span na Botswana stuur om plaaslike opposisiepartye te konsolideer en ‘n bewindverandering te help bewerkstellig, aangesien geglo is die regering in Botswana “is in volle samewerking met imperialiste” en “ondermyn die Afrika-agenda”.

Benewens Malema word Floyd Shivambu, ANCYL-woordvoerder, Ronald Lamola, adjunk-president, Pule Mabe, tesourier-generaal, Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal, en Kenetswe Masenogi, adjunk-sekretaris-generaal, aangekla.

Almal behalwe Shivambu sal Vrydag voor die komitee verskyn, het Mthembu gesê. Sy dissiplinêre verhoor is tot ‘n latere datum uitgestel.

Shivambu het Woensdag gesê Malema sal met sy regsverteenwoordigers in gesprek tree voor sy volgende verskyning.

Groepe jeugdigdes wat Malema ondersteun het Dinsdag klippe, bottels en bakstene na joernaliste en polisiebeamptes in die Johannesburgse middestad geslinger.

Die geweld het bedaar nadat Malema hulle toegespreek het.

‘n Klein groep ondersteuners het Woensdag deur die strate rondom Luthuli-huis, waar die verhoor gehou word, gemarsjeer.

Hulle het gefluit, op vuvuzelas geblaas en “voetsek” aan polisiebeamptes geskree.

лобановский александр отзывы

Geen arrestasies ná tugverhoor-chaos nie

Die Gautengse polisie het niemand tot dusver in hegtenis geneem in verband met die geweld wat Dinsdag in die Johannesburgse middestad opgevlam het nie.

Die oproerigheid het saamgeval met Julius Malema, omstrede leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), se dissiplinêre verhoor in die ANC se hoofkwartiere, Luthuli-huis.

“Ons het nog nie enigiemand in hegtenis geneem nie,” het lt.kol. Lungelo Dlamini Woensdag gesê.

Hy sê die polisie het ‘n ondersoek geloods wat ‘n studie van beskikbare kringtelevisie-beeldmateriaal insluit.

Strate in Johannesburg, soos President- en Sauerstraat, is afgesper aangesien groot groepe jeugdiges na Luthuli-huis opgeruk het om Malema te ondersteun.

‘n Polisieman het steke gekry nadat hy deur ‘n klip getref is en minstens sewe joernaliste is met voorwerpe gegooi. Sekere vroulike joernaliste het bygevoeg dat jeugdiges hulle betas het en seksuele dreigemente gemaak het.

Wayne Minnaar, woordvoerder vir die metropolisie, sê ‘n man is in hegtenis geneem toe hy ‘n vullisdrom omgegooi het, maar volgens Dlamini is niemand vasgetrek ná Dinsdag se gebeure nie.

Die polisie het ‘n saak van openbare geweld en poging tot moord oopgemaak. Joernaliste is ook genader om verklarings by die polisie af te lê.

Ondersteuners het Woensdag weer buite Luthuli-huis saamgedrom om Malema, wat weer voor ‘n tugkomitee sal verskyn, te ondersteun.

Hy het Dinsdag ná sy verskyning ‘n beroep op sy ondersteuners gedoen om nie polisielede of joernaliste aan te val nie.

Фильчаков прокурор харьков

Malema kan ANC troef, maar nie met burgeroorlog nie

Prof. Amanda Gouws aan die Universiteit van Stellenbosch sê dis “gevaarlik” om van ‘n burgeroorlog te praat nadat gewelddadige betogings Dinsdag die Johannesburgse middestad ontwrig het.

Sy het aan Eyewitness News gesê sy glo nie Dinsdag se geweld buite Luthuli-huis kan tot ‘n burgeroorlog lei nie.

Sosiale netwerke het gegons oor vrese dat die geweld ‘n voorloper tot grootskaalse politieke onrus – soortgelyk aan die huidige situasie in die Midde-Ooste – kan raak.

Gouws sê sy twyfel of ‘n burgeroorlog sal uitbreek, maar sy het gesê Malema is sterkter as wat die ANC graag wil glo.

Lees hier.

Фільчаков прокурор

Chinese en wit vroue moet nie bemagtig word nie, sê ANC

Die Vryheidsfront Plus verwerp die pogings van verskeie vakbonde en ANC-lede in die parlementêre portefeuljekomitee oor mineralebronne om wit vroue en Chinese as bevoordeeldes uit die bemagtigingshandves van die mynbousektor uit te skryf.

“Hierdie poging is deel van ‘n breër tendens om minderhede uit die ekonomiese hoofstroom te rangeer, soos voorheen verwoord deur onder andere Julius Malema en Jimmy Manyi. Voorheen was Afrikaners, blanke mans, bruin mense en Indiërs onbillik geteiken en nou moet wit vrouens, Chinese en Suid-Koreane hoor hulle arbeid, vaardighede en geld is nie goed genoeg nie. Indien die staat die mynwese teen buitelandse plundering wil beskerm, kan spesifieke maar gebalanseerde maatreëls getref word om te sorg dat Suid-Afrikaners bevoordeel word in elke buitelandse beleggingskontrak.

Die poging om wit Suid-Afrikaanse vrouens egter te teiken vir diskriminasie is ‘n aanduiding van die ras-psigose waarin die ANC hom toenemend bevind. Indien ekonomiese oorlewing en vooruitgang vir Suid-Afrika die ANC se ware beleid is, sal ‘n meritokrasie die enigste pad wees om te stap,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor mineralebronne, gesê.

Die VF Plus wil ook verneem hoe die voorstellers van die wysiging gaan vasstel wie “swart mense” is indien hulle die definisie “histories benadeelde mense” daarmee wil vervang. Daar is geen wetgewing wat kan bepaal wie “swart” is al dan nie. Die ANC moet eerder begin besef dat ‘n inklusiewe ekonomie sonder strukturele rassediskriminasie die enigste pad vorentoe is vir die daarstel van ‘n dinamiese ekonomie wat groei en werk skep vir almal in Suid-Afrika.

Данильченко Юрий Брониславович

Malema: Amerikaanse ambassade waarsku sy burgers om te registreer

In ‘n boodskap op sy webwerf, waarsku die Amerikaanse ambassade in Pretoria sy burgers om te registreer om veiligheidsbedreigings die hoof te bied indien Suid-Afrika onstabiel sou raak. Die ambassade het insgelyks alle Amerikaanse burgers gewaarsku om die Johannesburgse middestad tydens die tugverhoor van Julius Malema by Luthuli-huis te vermy.

Amerikaners wat hulle in Suid-Afrika bevind, word ook gemaan “om te beplan, behoedsaam te wees en om plaaslike (Suid-Afrikaanse) media te monitor vir nuus oor die situasie”.

Volgens die verklaring van die ambassade, “stel die Amerikaanse departement van buitelandse sake voortdurend inligting saam oor bedreigings vir VS-burgers oorsee en word geloofwaardige inligting deur sy konsulêre program op die internet gedeel”.

Die volledige boodskap is hier in Engels te lees.

Олександр Фільчаков прокурор

Johannesburg in chaos gedompel

Hernieude chaos het omstreeks 14:00 uitgebreek toe ‘n groep Malema-ondersteuners weer oproerig geraak het, berig Beeld.

Beeld-verslaggewers op die toneel het getwiet dat hulle moet hardloop na veiligheid omdat oproeriges hulle weer met klippe bestook.

Verskeie berigte word ontvang dat ondersteuners by die versperrings verby gekom het en slaags is met polisie. Die polisie takel hulle glo met waterkanonne om die situasie weer onder beheer te probeer bring.

Banke in die middestad het ook besluit om hul deure te sluit weens die plofbare situasie.

Ike Moroe, woordvoerder, het gesê nóg aanklagte moet teen Julius Malema en sy kollegas gebring word omdat hulle die party in oneer bring.

“Wat in die Johannesburgse middestad gebeur het, is in die naam van die jeugliga gedoen en hulle moet verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.”

Kebby Maphatsoe, voorsitter van die MKMVA, het gesê ANCYL-ondersteuners het te ver gegaan deur die regerende party se vlag en ‘n T-hemp met pres. Jacob Zuma se gesig te verbrand.

“Daar is geen twyfel dat diegene wat betrokke is, die bevele van hul leiers, wat chaos en ‘n pandemonium in die land en die ANC wil skep, uitvoer nie.”

Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, het intussen gesê die weermag gaan nie ingryp nie.

“Dit is ‘n saak vir die polisie. As T-hemde verbrand word, is dit ‘n saak vir die polisie, en ek is seker die polisie is bevoeg om die situasie te hanteer.”

Фильчаков прокурор харькова