Sesessie is ‘n ‘diep Amerikaanse beginsel’

Ron Paul (R-Texas) het Maandag gesê dat sesessie ‘n “diep Amerikaanse beginsel” verteenwoordig te midde van ‘n groeiende aantal mense wat petisies na die Withuis gestuur het vir hul deelstate om van die VSA af te skei.

“Sesessie is ‘n diep Amerikaanse beginsel. Hierdie land is gebore deur selfbeskikking. Sommige het gevoel dit was verraderlik om weg te breek van Engeland, maar daardie “verraaiers” was ons land se grootste patriotte,” het die voormalige presidensiële kandidaat geskryf het in ‘n boodskap op sy webwerf. “Daar is niks verraderliks of onpatrioties oor die wil om ‘n federale regering te eis wat beter sal luister na die mense wat dit verteenwoordig nie.

“As die moontlikheid van sesessie heeltemal van die tafel is, is daar niks wat die federale regering gaan keer om ons vryhede te oorskry nie en geen toevlug vir diegene wat siek en sat is daarvoor nie.”

Sedert President Barack Obama herkies is vroeër hierdie maand, is ‘n onophoudelike stroom van sesessiepetisies van state geskep – veral uit Texas, wat met meer as 115 000 handtekeninge ver meer as die 25 000 handtekeninge het wat nodig is vir ‘n amptelike Withuis-reaksie. Kritici het gesê dit is ontevrede kiesers wat ontsteld is dat die GOP-presidensiële kandidaat Mitt Romney verloor het.

Paul het geskryf dat sesessie nog steeds ‘n opsie is wat gebruik kan word as hefboom om seker te maak dat die regering nie Amerikaners se vryhede “oorskry” nie en dat sesessie ‘n vorm van Amerikaanse vryheid verteenwoordig.

“Op watter punt moet die mense los raak van die politieke bande wat bind met ‘n toenemend tiranniese en onderdrukkende federale regering?” vra Paul.

Hy het bygevoeg: “En as mense of state nie vry is om die Verenigde State te verlaat as ‘n laaste uitweg nie, kan hulle regtig hulself as vry beskou? As ‘n volk kan nie wegbreek van ‘n onderdrukkende regering nie, kan hulle nie werklik as vry beskou word nie.”

Данильченко Юрий отзывы

Obama se Asiese reis besaai met foute

Dit is slegs twee weke sedert sy herverkiesing, en sy tweede termyn skop oor twee maande af, maar Barack Obama het alweer ‘n aap van homself gemaak op die wêreldtoneel. Sy soort foute sou op die voorblad van The New York Times gepleister gewees het as hulle deur George W. Bush gemaak was.

Obama se eerste termyn is besaai met sulke buitelandse insinkings, en daar is elke kans dat die tweede termyn nie sal teleurstel nie.

Op sy reis na Asië hierdie week, het president Obama gesukkel met die naam van Aung San Suu Kyi, deesdae die mees prominente menseregte-aktivis in die wêreld, die tweede Mandela as’t ware.

Terwyl Obama langs die wêreld se groot vryheidsikoon gestaan het tydens sy besoek, het hy herhaaldelik haar naam verkeerd uitgespreek.

Suu Kyi het nie haar Amerikaanse gas reggehelp toe hy na haar as “Ang-Jan-Soe-Kie” verskeie kere tydens sy verklaring aan verslaggewers ná hul vergadering verwys het nie.

Die regte uitspraak vir die Nobelpryswenner se naam is “Ang-Saan-Soe-Tjsie”.

Obama het ook misluk met sy groet aan Birma se nuwe president, volgens AP:

Die media-inligtingsessie het gekom nadat Obama met Mianmar se nuwe hervormer, president Thein Sein ontmoet het, ‘n naam wat hy ook verbrou het.

Terwyl die twee die media toegespreek het, het Obama na sy eweknie as “President Sein” verwys, ‘n effens te liefdevolle verwysing na die kêrel wat die meeste Birmaanse inwoners laat ineenkrimp het van verleentheid.

Nota aan Amerikaanse presidensiële adviseurs: Vir toekomstige diplomatieke reise is die president van Mianmar “President Thein Sein” vir die eerste en tweede verwysings, asseblief.

Obama was vinnig om die Birmaanse regime se voorkeurwoord “Mianmar” te gebruik om Birma mee te beskryf, wat nie die term is wat amptelik gebruik word deur die Amerikaanse regering nie, maar deur Birma se opposisie-aktiviste gebruik word.

Die ekwivalent sou wees as hy skielik na Suid-Afrika begin verwys as “Mzansi” of “Azanië”, ipv “Suid-Afrika”.

Dit is eerder verleentheid, asook hartseer, dat die leier van die vrye wêreld nie net ‘n merkbare gebrek aan aandag aan detail toon nie, maar ‘n hoë graad van amateuragtigheid van die Withuis tentoongestel het.

Фільчаков Олександр Васильович

Gyselaardrama by Mangaung-gevangenis

Onderhandelaars het nog Maandagaand laat gepoog om twee gevangenes by die Mangaung- korrektiewe sentrum te probeer oorreed om ‘n dokter vry te laat.

Brig. Billy Jones het gesê die gevangenes het teen 22:00 nog die dokter gyselaar gehou.

“Die onderhandelings duur voort,” het hy gesê.

Die Mangaung-maksimumsekuriteit-tronk buite Bloemfontein, word privaat bedryf deur die sekuriteitsmaatskappy G4S, in samewerking met die departement van korrektiewe dienste.

Vroeër is berig dat die dokter en ‘n verpleegster Maandagoggend omstreeks 11:00 as gyselaar geneem is

Die verpleegster is vermoedelik ongedeerd vrygelaat.

Die polisie en nooddienspersoneel was kort daarna op die toneel.

Фильчаков прокурор отзывы

Opposisie wil hof nader om wantroue-mosie

Die Hooggeregshof in Kaapstad sal Dinsdag ‘n dringende hofaansoek deur opposisiepartye aanhoor om die speaker van die Nasionale Vergadering, Max Sisulu, te dwing om ‘n debat te hou oor die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma.

Die aansoek vir die dringende interdik is Vrydag deur die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, namens ‘n groep opposisiepartye ingedien.

Die aansoek is die jongste poging deur opposisiepartye om ‘n mosie van wantroue teen pres. Zuma in die parlement te bespreek.

Mazibuko het op 8 November by die Nasionale Vergadering ‘n mosie van wantroue teen Zuma ingedien.

Redes wat vir dié besluit aangevoer is, sluit ondermeer in die Marikana-slagting, die skandaal oor die president se private woning in Nkandla, sowel as die handboek-sage in Limpopo en die Oos-Kaap.

Die mosie is deur agt opposisiepartye ondersteun.

Die ANC het verlede week die opposisie se poging om oor die mosie ‘n debat te voer, gepypkan. Die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga, het gesê die mosie is “ligsinnig”.

Фильчаков прокурор харькова

Petrolprys kan skerp daal

‘n Ekonoom het aan East Coast Radio gesê die prys van petrol sal waarskynlik volgende maand “aansienlik” verminder.

Dawie Roodt het aan die radiostasie gesê die petrolprys sal moontlik met omtrent 40 c per liter verlaag as gevolg van die onlangse daling in die internasionale olieprys.

Dit kom nadat petrol vandeesmaand 10c per liter goedkoper geword het. Die prys van diesel het egter met sowat 10c per liter gestyg.

Александр Фильчаков Васильевич

Versoening sonder ewewigtigheid?

Leon Wessels was een van die drie hoofonderhandelaars van die NP wat so sleg ore aangesit is deur die ANC tydens die grondwetlike onderhandelings. Die ander twee was Roelf Meyer en Dawie de Villiers. Die drie hoofonderhandelaars van die ANC was Cyril Ramaphosa, Joe Slovo en Mac Maharaj (Hermann Giliomee, Die Laaste Afrikanerleiers, p 389). Man vir man het die NP ‘n verloorspan in die veld gestoot.

Wessels was ‘n minister in die NP-regering en in die regering van nasionale eenheid (April 1994 – Junie 1996). Dit was uiteindelik al wat van FW de Klerk se beloofde magsdeling gekom het. Hierna het Wessels beweer dat hy reeds lank hunker na ‘n private regspraktyk en het hy as parlementslid bedank. Hy het homself egter spoedig as ‘n kommissaris van menseregte voorgestel en is as sodanig deur die ANC aanvaar.

Tipiese, onskuldige studentepret aan die Universiteit Vrystaat in 2007 is van die jaar daarna af opgeblaas tot die Reitz-insident omdat vier wit studente ‘n video van swart werkers gemaak het. Afgesien van die talle beskuldiging van rassisme teen wittes deur Jonathan Jansen en andere wat daaruit gespruit het, het hierdie “insident” veral twee gevolge gehad. Eerstens het Jansen in ons groot era van vryheid verpligte rasse-integrasie in al die koshuise op die kampus afgedwing. Tweedens is ‘n Internasionale Instituut vir Studies in Ras, Versoening en Sosiale Geregtigheid (let op die beskeie, pretensielose naam) tot stand gebring. André Keet, ‘n oud-onderwyser met ‘n UWK-agtergrond, is die direkteur van hierdie gewigtige onderneming. Hy help met die aanbieding van die verpligte kursus in Jansenisme, waarvolgens studente bv geleer word dat ‘n swarte met enkele onderskeidings in matriek akademies die gelyke van ‘n witte met sewe onderskeidings is.

Na sy uittrede as menseregtekommissaris het Wessels in hierdie instituut ‘n tuiste vir die uitlewing van sy besondere gawes gevind. In Die Burger (By, 20 Oktober 2012, p 4-5) beskryf hy hoe hy en Keet in Augustus vanjaar Worcester toe is om daar met versoening te gaan help. Daar is natuurlik talle gevalle waar nie-wittes bomme geplant en wittes wreedaardig vermoor is. In die nuwe Suid-Afrika is dit egter nie die soort ding wat aktiviste vir menseregte in rat laat kom nie. Nee, hulle hou daarvan om hulle aandag op die enkele, hoogs uitsonderlike gevalle te fokus waar wittes hulle aan sulke vergrype skuldig gemaak het. Worcester het so ‘n geleentheid gebied en dit is aangegryp.

Op 24 Desember 1996 was daar ‘n bomontploffing in die Shoprite-winkel op Worcester. Stefaans Coetzee, wat saam met drie (volgens Wessels, vyf) ander “verregses” hiervoor verantwoordelik is, dien tans ‘n vonnis van 20 jaar in die Pretoria-Sentraal-gevangenis uit. Na 15 jaar het die Worcester-versoening-en-hoopgroep die ontploffing gedenk. Coetzee het gevra dat Olga Macingwane, blykbaar een van die beseerdes, hom moet vergewe en sy het ingestem. Twee (volgens Wessels, drie) van die vier bomme het ontplof. Volgens Wessels is vier mense gedood en 67 beseer. Jansen het spesiaal Worcester toe gereis om te sê dat daardie twee bomme wat nie ontplof het nie “ons vandag ruimte gee vir versoening.” ‘n Berig hieroor het in November 2011 in Rapport verskyn en is saam met Wessels se artikel in By gepubliseer.

Maar die 2011-herdenking was nie genoeg nie. In Augustus vanjaar is die gebeurtenis weer in herinnering geroep en toe is die geleentheid gebruik om Wessels en Keet in Worcester te ontplooi. Hulle is deur die Worcester Hoop- en Versoeningsproses (WHVP) genooi. Die voorsitter is Claude Schroeder, iemand wat volgens Wessels “‘n onkreukbare struggle-verlede” het. Die leser word nie ingelig oor die dade waarvoor Schroeder verantwoordelik gehou kan word nie. Basil Kivedo, voorheen ‘n UWK-dosent in sosiologie en daarna ‘n MK-soldaat, was ook daar. Hy is nou die burgemeester van die Munisipaliteit Breedevallei. Pleks van mense soos Schroeder en Kivedo met hulle verlede te konfronteer, “skerts” Wessels “beleef” met hulle. “Ons verlede is te kompleks om eensklaps opgeklaar te word.”

Deon Snyman word as “een van die ankermanne in die WHVP” beskryf. Juan Kariem word deur Wessels ‘n “dinamiese aktivis” genoem “wat as sewentienjarige vir die eerste keer aangehou is.” Hy is glo gemartel en verskeie kere opgesluit. Kariem het krag geput uit die volgende woorde van ‘n tereggestelde MK-vegter, Solomon Mahlangu: “My blood will nourish the tree that will bear the fruit of freedom.” Dit kom blykbaar nie by Wessels op dat dit hier vir Mahlangu en Kariem glad nie om vrede en versoening gegaan het nie, maar om geweld en die voortsetting van die politieke stryd. Deurgaans gebruik Wessels byvoeglike naamwoorde om verlinkses gunstig voor te stel. Geen poging word aangewend om hulle oor hulle misdadige verlede in die bek te ruk nie.

“Die wat wil vorentoe, moet nou hande vat.” Dan preek Wessels blykbaar uitsluitlik (en sekerlik by voorkeur) vir die wittes: “As jy nie jouself kan beweeg om verskoning te vra vir die onmenslikhede van die verlede nie, aanvaar verantwoordelikheid en help om die reste van die verlede ongedaan te maak.” Dat hy die wittes vir veroordeling uitsonder, blyk uit die volgende sin: “Ons landgenote het gehunker na ‘n erkenning dat apartheid [nie geweldadige terrorisme nie] ons land verskroei het.” “Die slagoffers van die verlede [lees: nie-wittes] onthou al hoe beter, en dié wat daaruit voordeel getrek het [lees: wittes] probeer baie hard om te vergeet.” Volgens Wessels is die wittes in hierdie proses blykbaar nie benadeel nie. Wittes verkies glo om te vergeet. In werklikheid onthou baie van hulle die terreurdade van bv die UDF/ANC en PAC. Hulle wonder wanneer Wessels, Jansen en Keet opruk na bv Pretoria om die Kerkstraat-bomontploffing te gedenk en daar vir die skuldiges oor versoening aan te spreek.

Kan ‘n mens jou as ‘n kenner van menseregte en as ‘n versoener voordoen en ruim vergoeding daarvoor aanvaar as jy nie begrip daarvoor toon dat daar skuld aan albei kante is (of kan wees) en dat versoening van albei kante behoort te kom nie?

Лобановский

Reddy het geld geleen vir Nkandla

Die Durbanse sakeman Vivian Reddy, was op ‘n stadium persoonlik betrokke in die befondsing van president Jacob Zuma se Nkandla-huis, en het Sondag te midde van bewerings dat die president dalk die Parlement mislei het toe hy beweer het dat hy ‘n lening het om die ontwikkeling te finansier van die uitgestrekte residensiële kompleks, tot Zuma se verdediging gekom.

Reddy, ‘n persoonlike vriend en ondersteuner van Zuma, sê die verontwaardiging oor die multimiljoen-rand Nkandla-ontwikkeling is niks meer as ‘n “politieke toertjie” nie.

“Ek is baie naby aan Nkandla. Ek het aan die president die geld geleen om te betaal vir die eerste fase en hy betaal dit terug. Nou het hy ‘n nuwe verband geneem,” het Reddy aan The Mercury gesê Sondag. Reddy is ‘n eiedomsontwikkelaar.

City Press het Sondag berig dat daar is geen bewyse is dat ‘n verband geregistreer is teen Zuma se eiendom nie. Daar word gesê dat Zuma se huis is gebou op grond wat deur die Ingonyama Trust beit word, wat ook geen kennis van ‘n band gedra het nie.

Nadat hy gevra is vir besonderhede oor die verband, het die presidensiële woordvoerder Mac Maharaj gesê: “Nee, ongelukkig het ek het nie enige inligting nie. Ek kan net sê: “geen kommentaar” op hierdie stadium.”

Reddy het gesê: “City Press is so verkeerd en maak inbreuk op die president se privaatheid. Ek is ingelig dat die Presidensie formeel sal reageer op die saak.”

Opposisie partye het Sondag bevraagteken of Zuma die Parlement mislei het. Parlementêre leier van die DA, Lindiwe Mazibuko, het gesê dat, indien dit die geval was, dan sal dit “ernstige gevolge hê”.

Intussen het Jesse Duarte van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, in ‘n ope brief aan Adriaan Basson van City Press gesê sy pogings om Zuma verdag te maak oortree die Handves van Regte wat die regte van kinders waarborg, aangesien Basson op die menings van minderjariges staatmaak sonder die toestemming van hul ouers.

Duarte het Basson ook op ‘n aantal feitefoute in sy aanbiedinge gewys.

топкарго кидалы

Opposisie kla oor misleiding van Nkandla-huisverband

Opposisiepartye het uitgevaar teen president Jacob Zuma oor wat hulle bestempel as die misleiding van die Parlement oor die huisverband wat hy, volgens hom, op sy huis op Ndlanda in KwaZulu-Natal het.

Die DA se Parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, het gewaarsku teen ernstige gevolge indien Zuma wel die Parlement oor ‘n huisverband op sy privaatwoning mislei het.

Die leier van COPE, Mosiuoa Lekota, sê ingevolge die Grondwet is dit ‘n baie ernstige oortreding. Zuma het Donderdag aan die Parlement gesê hy betaal nog steeds ‘n verband aan die bank vir die eerste fase van die uitbreidings aan sy huis.

‘n Koerant het vroeër gesê hy kon geen openbare rekord opspoor wat Zuma se bewering staaf dat hy ‘n verband op sy woning op Nkandla het nie.

александр лобановский класс

Wes-Kaapse onrus eis tweede slagoffer

‘n Tweede persoon is dood gedurende die plaaswerkers se staking in die Wes-Kaap, het die polisie Sondag gesê.

Bongile Ndleni, 40, is Saterdagoggend dood aangetref in ‘n huis , Lt-kol. André Traut gesê.

“Aanduidings is dat hy Woensdag geskiet is op ‘n plaas in Prince Alfred Hamlet deur individue wat ‘n sekere voertuig gery het.

“Hy is in die hospitaal opgeneem en daarna Vrydagaand ontslaan,” sê Traut.

‘n Moordsaak is geopen en ‘n ondersoek is geloods na sy dood. Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Traut het gesê daar is geen bewyse dat Ndleni as gevolg van polisie-optrede gesterf het nie. Woensdag, het konflik tussen die polisie en betogers gelei tot die dood van 28-jaar-oue trekkerbestuurder Michael Daniels.

‘n Boer is ook beseer toe hy sy bakkie naby na die toneel van die protes wou gaan haal.

Die 82-jarige boer is gehospitaliseer nadat hy beserings op die arms en bene opgedoen het.

лобановский александр игоревич класс

Elandsdrift: Inwoners se naweek van hel

Die Elandsdrift-hoewe in Muldersdrift waar Jacques Botha (51) dié naweek doodgeskiet is baie naby aan waar die 13-jarige Alyssa Botha en haar 50-jarige buurman, André Jordaan, in September in twee afsonderlike voorvalle doodgeskiet is.

Botha is deur ‘n rowerbende vermoor, terwyl sy vrou, Anél (45), en driejarige seuntjie Neo toegekyk het. Dit is die tweede bloedige aanval in twee dae op dieselfde hoewe, berig Beeld.

Botha se vorige vrou is in 2007 tydens ‘n huisroof in Moreletapark, Pretoria, ten aanskoue van haar dogter en haar man koelbloedig vermoor.

Tanya (22) en haar broer Reinhardt (18) sukkel nog om tot verhaal te kom oor wat Saterdag gebeur het.

In die aanval waarin die ouer Botha-kinders se moeder dood is, is sy en Tanya se kêrel deur ses swartes in Maart 2007 met messe en bakstene aangeval.

Tanya se ma is later in die Pretoria-Oos hospitaal weens bloedverlies oorlede.

Drie swartes het Botha in die voorportaal van hul huis oorval en doodgeskiet. Hy is in die bors, sy en nier gestref.

Mike Walden (63), ‘n buurman, het die Botha-kiinders se stiefma te hulp gesnel nadat die opsigter nie haar hulprkrete beantwoord het nie. Hulle het die gewonde Botha op ‘n bloederige duvet na sy motor gesleep.

Hy is egter onderweg na die hospitaal dood.

Nog twee inwoners is Vrydagaand deur swartes op die hoewe aangeval. David Carter (25), wat saam met sy ma, Dawn (54), in ‘n ander huis op die hoewe woon, se kamerdeur is afgeskop en hy is met pistole geslaan en met ‘n mes gesteek. Hy het die aanval oorleef.

Volgens Beeld se inligting het vermoedelik dieselfde rowerbende ook ‘n man wat in die pad langs die hoewe gestap het, in die been geskiet en was hulle moontlik later dieselfde aand by ‘n sakerooftog in die gebied betrokke.

Die polisie kon dié inligting nie gister bevestig nie.

 

лобановский депутат