Afrikaners moet in Anglo-ANC-stryd neutraal bly

Die Engelse media in Suid-Afrika, wat so lank ‘n verbete stryd teen ons gevoer en die ANC só graag aan bewind wou sien, het nou 180 grade omgeswaai. Selfs Alistair Sparks, die voormalige redakteur van die links-liberale Rand Daily Mail en voormalige baas van Helen Zille, bepleit nou “sterker opposisie” in Suid-Afrika. Hieronder verstaan hy waarskynlik dat ‘n groepering rondom die DA ondersteun moet word.

Naspers, die Kaapse persgroep wat Afrikaners as “Kleurlinge-in-wording” sien, kef geesdriftig agterna. Week na week vertel Tim du Plessis in Rapport sy lesers wat die Engelse of pro-Engelse swartes nou dink en waarom ons hulle in hul jongste projek – om die ANC te ontsetel – moet ondersteun.

Voordat ons kop-eerste saam met Tim du Plessis in hierdie Engelse skrum instorm, kom ons dink eers ‘n bietjie oor wat hier aan die gang is. Dan sal ons gou-gou besef dat die tyd om rustig agteroor te sit en te kyk hoe die Rooinekke en die ANC sake uitspook, aangebreek het. Dis nou die tyd vir die Afrikaner om aan sy kultuur en sy welvaart aandag te gee, nie om een of ander grootse politieke punt te probeer bewys nie. Los dit maar vir mev. Zille en haar Britse meesters wat kliphard besig is om hul skepping, die ANC, uit die mag te probeer stel.

‘n Boek wat nog geskryf moet word, is oor die Britse rol in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Omdat ons sulke hopelose historici het wat ook nie in staat is om vir hulself te dink nie, sal ek dit waarskynlik self moet skryf. Terwyl ‘n groot klomp Engelse deesdae openlik op die internet spog oor hoe hulle die Afrikanerregering destyds vanuit Londen met geld en wapens ondermyn het, rep niemand in Suid-Afrika ‘n woord daaroor nie.

Sonder Britse organisasie en propaganda, asook Sweedse en Noorweegse geld, sou die ANC tydens sy sogenaamde “struggle”-fase lankal doodgeloop het. Die rede waarom die Engelse die ANC so fanaties ondersteun het, is omdat dié kwasi-kommunistiese terreurorganisasie as die “finale oplossing” vir Suid-Afrika se Afrikanerprobleem gesien is.

Ook tydens die negentiende eeu het Brittanje swart stamme teen die Boere opgemaak en bewapen ten einde ons te kasty. Selfs tydens die Tweede Vryheidsoorlog is 100 000 swartes bewapen om die Britse soldate in hul terreurveldtog teen ons burgerlike bevolking by te staan. Van hierdie gewapende swartes het Boerevroue gemolesteer en verkrag, met komplimente van Haar Majesteit.

Die oomblik toe republikeinse Afrikaners in 1948 die mag in Suid-Afrika bekom het, was dit byna tweede natuur vir Engeland en  veral die Anglikaanse Kerk om onmiddellik die mees radikale, vernietigende groep in die land op te spoor en teen ons te bewapen. Natuurlik was dit ‘n oorlog wat nie net met wapens gevoer is nie, maar veral met sielkunde en propaganda.

Die Nasionale Party het met sy sin vir regverdigheid en vreedsame naasbestaan die Engelse media en universiteite in Suid-Afrika toegelaat om outonoom te bly voortbestaan. Dié instellings het as’t ware oorlogspropaganda uitgesaai en hulle uiteraard vierkant agter Brittanje geskaar. Terwyl die linkervleuel en die Anglikaanse Kerk die ANC van meet af aan openlik ondersteun het, was hoofstroom-Brittanje aanvanklik huiwerig, maar het vanaf die tagtigerjare insgelyks besluit om regstreeks in Suid-Afrika in te meng deur die ANC te steun. Ons was die eerste rampspoedige voorbeeld van “regime change”. Toe Mandela oorneem, is hy onmiddellik deur al wat Engelsman is tot ‘n god verklaar. Indien nie ‘n god nie, dan ‘n halfgod. Want het hy Engeland nie finaal van hul Afrikanermededingers in Afrika verlos nie?

Die plan was klaar uitgewerk: Suid-Afrika sou slegs enkele weke ná die Nasionale Party se oorgawe hertoetree tot die Statebond, die land sou opnuut verengels en Afrikaners sou geassimileer word. Iewers in een van sy opstelle praat N.P. van Wyk Louw van die “mensvleisbredie” waarvan ‘n gedekultureerde en verslane Afrikanervolk dalk iewers in die toekoms deel sou word. Presies dít het gebeur en in die Kaap het Naspers, die Afrikaanse mediagroep wat graag Engels wil wees, reggestaan om ons almal te breinspoel om assimilasie, “versmelting met die bruinmense” (Leopold Scholtz van Die Burger) en bowenal permanente oorheersing deur die ANC te aanvaar.

Vyf of tien jaar gelede nog het Naspers se joiner-joernaliste en rubriekskrywers Afrikaners wat van politieke opposisie praat, daarvan beskuldig dat hulle “ou mans met grys skoene is wat hunker na vervloeë mag”. Nou is dit al waarmee Naspers dweep, want sien, die Engelse het mos nou anders besluit. Wie dra nou die grys skoene?

Waarom op aarde wil die liberale en linkse Engelse, plaaslik en in Engeland, nou hul eie skepping – die ANC – van sy troon stoot? Watter heiligskennis! Lig hulle nie daarmee hul hand teen Madiba self nie?

Die antwoord is natuurlik nie ver te vinde nie. Engeland het in Afrika ‘n tradisie van sogenaamde “indirect rule”. Alle empaaiers maak op een of ander stadium van vassalstate of satelliete gebruik waar ‘n ondergeskikte regering die wil van die metropool uitvoer. So was dit ook tot onlangs in Suid-Afrika waar die ANC as ‘n onderdanige en veral omkoopbare Engelse Bantoestanregering gesien is. Trouens, R.W. Johnson skryf mos in sy South Africa’s Brave New World dat die land intussen soos ‘n “groot Bantoestan” geword het.

Veral die ANC se beleid jeens Afrikaans en Afrikaners het Engeland soos ‘n handskoen gepas. Die onderdrukking van Afrikaans en die Afrikanergeskiedenis, regstellende aksie, Kader Asmal se samesmelting van Afrikaanse universiteite om hulle ook te verengels, dít alles was musiek in die ore van die Londense amptenare wat hoogs in hul noppies was. Soos ek dit iewers gestel het, het die “nuwe Suid-Afrika” al hoe meer soos die ou-ou Suid-Afrika van die negentiende eeu begin lyk met Brittanje wat soos ‘n marionetmeester die toutjies getrek het.

Ook binne die ANC self was daar linkse Engelse, Jode en ‘n paar verloopte/verengelsde Afrikaners wat verdere Britse invloed binne die party verseker het. Net soos die ou NP-regering se Nasionale Inligtingsdiens die ANC van binne geïnfiltreer het, kan ons ook seker wees dat die Britse geheimediens, MI6, insgelyks die ANC, die SAUK, Naspers, privaatveiligheidsdienste, die DA, Cosatu en ander instellings binnegedring het. “Toevallig” speel mense met Britse aksente ‘n prominente rol in sowel Cosatu as PLAAS, die vernaamste propaganda-organisasie wat die ANC se grondhervormingsbeleid formuleer.

Trouens, grondhervorming is waarskynlik die hoeksteen van Britse beleid jeens Afrikaners. Sodra die ANC alle grond in Suid-Afrika nasionaliseer, gaan Afrikaners finaal van enige aanspraak op grondgebied in Suid-Afrika ontneem word. Geen Britse koerant of woordvoerder het hom al ooit teen plaasmoorde uitgespreek nie en die Britse media vind voortdurend “verskonings” vir plaasmoorde in die vorm van “Boere-rassisme”, “mishandeling van plaaswerkers” en dergelike meer.

Boonop het geen Engelse koerant in Suid-Afrika waarvan ek weet hom al teen plaasmoorde uitgespreek nie. Kortom, ons kan min of meer seker wees dat die gewelddadige verdrywing van Afrikaners deel van Brittanje se Suider-Afrikaanse beleid is.

Soos Lord Palmerston gesê het, “beskik ‘n land oor geen permanente vriende of bondgenote nie, maar slegs oor permanente belange”. Churchill het saam met Stalin gespan om Duitsland na die oorlog te verdeel en 15 miljoen Duitse burgerlikes uit Oos-Europa te verdryf, waarvan 2 miljoen omgekom het. Om drie miljoen Afrikaners in Suid-Afrika, hetsy te laat vermoor, hetsy te verdryf, is in die Britse geskiedenis nie juis iets om oor huis toe te skryf nie. Soos Rhodes gesê het: “Die Kaapse Afrikaners is nie my vriende nie. Ek gebruik hulle net, en agterna smyt ek hulle weg.”

In Angola het ons jongmanne “vir die Weste” gesterf en die Sowjet-opmars in Afrika gestuit, net om daarna à la Rhodes “weggesmyt” te word. En hoe!

Maar om by die eintlike punt van hierdie artikel te kom: Waarom versaak die Engelse en Engeland deesdae hul vernaamste bondgenoot in Suid-Afrika, die ANC? Hul geliefde ANC – waaroor hulle boeke geskryf, waarvoor hulle geld geskenk en ingesamel het, asook programme en rolprente gemaak waarin dié derderangse terreurbeweging ten hemele aangeprys is?

Die antwoord is eenvoudig: Onder Jacob Zuma het die ANC radikaal verander. Die party is nie meer ‘n linkse, multikulturele party nie, maar het ‘n voertuig vir Zoeloe-oorheersing geword. Trouens, ek verstout my om te sê die ANC is vandag nader aan Inkatha in die sewentigerjare as wat dit aan die soort voertuig is wat Brittanje, Swede en Noorweë so geesdriftig ondersteun het.

In slegs ‘n enkele opsig het Afrikaners slimmer as die Britte geblyk te wees: Ons siening van Suid-Afrika as ‘n “veelvolkige land”, soos die ou Afrikaner-ontleders nog onder die Nasionale Party gepraat het, is meer korrek as die Anglo-Amerikaanse (en Sweedse) opvatting van ons land as ‘n “smeltkroes van kulture” oftewel ‘n “reënboognasie”. Volgens inligting waaroor PRAAG beskik, is die ANC besig om intens etnies te raak. Nie net word dit volledig in ‘n Zoeloe-party omvorm nie, maar daarbinne bestaan ook onderhandelings en afsprake tussen verskillende sibbes binne Zoeloeland wat elkeen sy sny van die koek opeis.

Hier kom ‘n tweede slag van Isandlwana en my geld is op die Zoeloes. Engeland het sy hande so vol met Afghanistan en met sy eie multikulturele samelewing waar onluste ook telkens uitbreek, dat die koninkryk noord van die Mou kwalik veel meer hulpbronne op Suid-Afrika sal kan verkwis. Voeg daarby nog die finansiële krisis in die noordelike halfrond en Britse besuinigingsmaatreëls. Die ANC beheer die magtige Afrikanerstaat wat tussen 1948 en 1994 geskep is, met ‘n begroting van een triljoen rand.

Sonder veel steun uit die Moederland, is die lui, dom, hovaardige plaaslike Engelse insgelyks tot mislukking gedoem in hul aanslag op die ANC. Behalwe as die ywerige, skrander Afrikaner die broodnodige organisasie en strategiese denke vir hierdie jongste Engelse koloniale avontuur gaan verskaf.

Danksy die idioot FW de Klerk se onbesonne oorgawepolitiek, is die Afrikaner vandag in ‘n swakker posisie as ooit. Selfs swakker as in 1902. Onlangs het ek ‘n teorie ontwikkel dat dit beter is om ‘n oorlog te verloor as om die soort “onoorwonne oorgawe” te pleeg waarmee Hermann Giliomee De Klerk se politiek beskryf het.

Ons het geen wapens nie. Die enigste beduidende opposisieparty word deur die Engelse beheer. Behalwe die internet, beskik ons oor geen media nie.

As ‘n mens klein en swak is, is jou enigste moontlike strategie om die groot moondhede teen mekaar af te speel. Van die piepklein Baltiese state (Lithaue, Estland, Letland) het dit in die onlangse geskiedenis met groot welslae gedoen en sodoende vryheid en onafhanklikheid verkry. Hulle het nie oorlog gemaak nie; net ‘n bietjie volksliedjies gesing en sodoende hul onafhanklikheid van die magtige Rusland ontvang.

Dis nou die tyd om ‘n toeskouer te wees. Ek wil graag sien hoe Helen Zille en haar gholf-spelende, tonikum-en-jenewer-drinkende groepie Engelse, gerugsteun deur Naspers en die agterhoede uit Groot Brittanje, die Zoeloe-ANC pak. Dis ‘n wedstryd wat die Curriebeker-eindstryd oninteressant gaan laat lyk.

Ons span is nie op die veld nie. Kom ons hou dit so.

Waar twee honde baklei, stap die derde egter dikwels met die been weg.

Die Engelse het hul eie Frankenstein geskep. Laat hulle hom onder beheer kry. As hulle kan.

Александр Фильчаков прокурор

‘Wie het die wêreld verloor?’

Wie het Libië verloor? Wel, tewens die hele Midde-Ooste? Met “Benghazi-gate” in die nuus enkele dae voordat die wenner van die Withuis beslis gaan word, bly die tergende vraag: Hoe het ‘n tragiese maar geïsoleerde voorval by ‘n Amerikaanse konsulaat, op ‘n plek waarvan min Amerikaners nog ooit gehoor het, ‘n sentrale kwessie geraak in ‘n Amerikaanse presidentsverkiesing?

Die kort antwoord: Die ou-ou gedagte dat Amerika oor ‘n onvervreembare reg beskik om die wêreld te beheer, enige moontlike plek denkbaar. Hoe anders? Want ‘n mens kan nie verloor wat jy nooit gehad het nie.

Dit is soos tydens die Koue Oorlog toe Republikeinse staatmakers verontwaardig uitgeroep het: “Wie het China verloor?” Meer as ses dekades later, is dit nog steeds verbasend maklik om die politieke lug te vul met angs deur Amerikaners te laat glo hulle het verloor. ‘n Geveg, ‘n land of, erger nog, ‘n hele streek op een of ander manier.

Wie is in beheer?

Die voorval in Benghazi was vol verrassings, en daarby word nie bedoel die dood van die ambassadeur nie. Weke na die dood van J. Christopher Stevens (en drie ander Amerikaners, terloops) het die strydkreet om die veldtog om Barack Obama te ontsetel, opgeklink. Nog meer verbasend: toe die nuus van die tragedie gebreek het, het dit na ‘n doodgebore politieke kwessie gelyk.

Die dag na die aanval op die konsulaat, het Mitt Romney sy teenstander aangevat: “Amerikaanse leierskap is nodig om te verseker dat die gebeure in die streek nie buite beheer raak nie.”

Die Republikeinse presidensiële kandidaat is weer aangeval om dat hy gewaag het om die voorval te “verpolitiseer”. Republikeinse staatmaker Ed Rogers het egter Obama ondersteun en gesê: “Romney het gestruikel,” terwyl “die president die regte dinge met die regte toon gesê het.”

Daar was oplaas konsternasie in altwee die kampe, met die hulp van die media, natuurlik.

Deels was dit die media se behoefte om te midde van ‘n beslote presidensiële wedstryd die publiek se belangstelling gaande te hou. Ten tye van die Libiese voorval is algemeen saamgestem dat Obama besig was om voor te loop in die wedloop, potensieel beslissend, en enigiets wat Romney se kanse kon verbeter, was ongetwyfeld welkom op ‘n redakteur wat papier moet verkoop, se lessenaar. Anders het die nuusvooruitsigte maar vaal gelyk.

Libië was die nuusplatform om die vervelige en eensydige verkiesing ‘n bietjie op te kikker. Die publiek het ‘n eindelose aptyt vir aangrypende stories oor uitdagings vir Amerika se “beheer”, sy globale mag en sy reg om die wêreld te bestuur. 

In sy eerste groot buitelandse beleidstoespraak, het Romney die pap besonder dik aangemaak en die Libiese aanval in elke wit middelklashuis ingedra: “Ons ambassades is aangeval. Ons vlag is verbrand … Ons nasie is aangeval.”

Die president se werk is om Amerikaners te beskerm deur die vyand te domineer, het die uitdager verkondig. Romney het die teerste teerpunt aangeroer, die gewilde verhaal van Amerikaanse buitelandse beleid, naamlik die ewige stryd teen “swakheid”: Wie is in beheer van die wêreld?

Na alles, wat is die punt van ‘n globale supermoondheid indien hy nie in beheer van die gebeure rondom die wêreld is nie? Soos Romney dit bondig gestel het: “Dit is die verantwoordelikheid van ons President om Amerika se groot krag te gebruik om die geskiedenis te vorm.” En Obama het klaaglik misluk en ‘n Amerikaanse ambassadeur het betaal vir die versuim met sy lewe .

Teen die tyd dat die derde debat moes plaasvind, het Romney se strateë blykbaar geen voordeel meer gesien nie en baie risiko in die Libiese vraagstuk. Maar hulle het nog steeds enorme voordeel gesien om die breër kwessie van Amerikaanse oppermagtigheid aan die lewe te hou. Romney het deurgedruk met die groot “aantal ontstellende gebeure” wat die land moet trotseer.

Vir dekades lank was al die regerings in die Midde-Ooste, die energiehartland van die planeet, Amerikaanse bondgenote, en eintlik kliënte. Hul weermagte is onderhou, asook hul outokratiese regimes, en enige uitdrukkings van anti-Amerikaanse sentiment is dadelik onderdruk. Onder Obama, is hierdie belangrike gebied van die wêreld buite beheer.

Obama se oomblik van triomf was die dood van Osama bin Laden. Obama was, na alles, die man wat bin Laden laat betaal het vir sy sondes. Romney het in Libië duidelik ‘n kans gesien om daardie oomblik waar Amerika se oppergesag en mag geseëvier het, terug te steel.

Die debat tussen die Republikeine en Demokrate was nooit oor die doelwitte in die Midde-Ooste, waar ondersteuning vir outokratiese vriende soos Saoedi-Arabië en Bahrain aanvaarbaar is nie. Dit gaan uitsluitlik oor Amerikaanse belange. Wat goed is vir Amerika is goed vir die wêreld.

Beide kante stem heeltemal saam oor die behoefte aan demokratiese verkiesings, godsdienstige pluralisme, ‘n vrye pers, die bemagtiging van vroue, die bevordering van vrye onderneming, en die vernietiging van Islamitiese terroriste.

Beide kante stem saam dat Washington se oorheersende buitelandse beleidsdoelwit moet wees om die geskiedenis te vorm, beheer oor die wêreld uit te oefen, en dit moet Amerikaanse waardes weerspieël en Amerikaanse belange dien.

Elke volk en elke nasie op die planeet is dus, teoreties, die VSA s’n om te verloor, ongeag of die Republikeine of Demokrate wen.

Vir die meeste Amerikaners is hierdie houding nie blote hubris en vergiftig deur imperiale magslus nie. Dit is net goeie gesonde verstand. Die aanname is dat die VSA die wêreld se “lokomotief” is en al die ander lande “die kondukteurswa”.

Die probleem hiermee is dat daar iewers op die planeet, selfs in die verste hoekie, ‘n kwessie sal opduik wat Amerika se nasionale veiligheid bedreig. Elke oomblik is daar die gevaar om iets te verloor. Die naam van die bedreiging kan verander met verrassende gemak. Maar die gevaar is altyd teenwoordig.

Soos die New York Times-rubriekskrywer Maureen Dowd skryf: “Elke verkiesing het dieselfde verhaal: Kan die sterk pa die huis teen invallers beskerm?” Is ‘n kandidaat ‘n sterk genoeg “vader” om die wêreld te beheer en sodoende die beskerming van die “huis” te verseker?

Elke uitdager speel op daardie angs, net soos die Republikeine destyds uitgeroep het: “Wie het China verloor?”

Soos Mitt se eis van ‘wie het Libië verloor?’ of liewer ‘wie het die Midde-Ooste verloor?’ bevestig dit beide die gerusstellende belofte dat Amerikaners verdien om die wêreld te beheer en die ontstellende angs dat hulle kan verloor wat in wese alles aan hulle behoort.

Dit is hoekom ‘n klein gebeurtenis in Libië ‘n sentrale veldtogkwessie geword het, want dit bevat die hele psigologiese pakket: Amerika se mag en heerskappy is nog ongeskonde.

Teen 2020 of selfs 2016 sal die politieke strydkreet dalk wees: “Wie het die wêreld verloor?”

Данильченко Юрий Харьков

Obama se harde Afrika-beleid

Vier jaar gelede het Afrika Barack Obama se verkiesing met lofprysinge begroet, en voorspel dat Amerika se eerste swart president die kontinent met aandag sou toegooi. Maar in plaas van handjies-hou, het Afrika kennis gemaak met ‘n harde, imperiale veiligheidsbeleid.

Suid-Afrika se reaksie op Obama se verkiesing in November 2008 was niks kort van ekstase nie. ‘n Nigeriese minister van buitelandse sake het gehuil, Nelson Mandela het dit as ‘n bewys gesien dat mense moet waag om te droom, en Kenia het dit as ‘n nasionale vakansiedag verklaar.

Obama se besoek Ghana net vyf maande ná sy inhuldiging, is met dieselfde ekstase verwelkom.

“Ek het die bloed van Afrika in my,” het hy vol emosie aan die Ghanese parlement verklaar aan opgetrekte TV-kykers regoor die kontinent.

Maar Amerika se Groot Resessie het verdiep, die oorloë in Irak en Afghanistan sukkel en die Arabiese Lente het intussen ontplof. Dus was sub-Sahara-Afrika weer op die agtergrond geskuif, behalwe vir die besoek van Michelle en kroos wat simboliese wortels kom uittrek het uit swart kleinboere se groentetuin.

“Daar was ‘n verwagting dat hy die Amerikaanse president vir Afrika gaan wees,” sê die Suid-Afrikaanse diplomaat Thomas Wheeler, nou van die Suid-Afrikaanse Instituut van Internasionale Aangeleenthede. “Dit was net ‘n onrealistiese verwagting.”

Dit het eers tot Junie vanjaar geduur vir die Withuis om ‘n baie kort, negebladsy “VSA-strategie vir sub-Sahara-Afrika” op te stel. Dis gewis die advertensiemateriaal wat die harde veiligheidstrategie moet verkoop op ‘n vriendelike manier.

“Obama is na my mening baie meer betrokke by Afrika, maar die aard van hoe die Verenigde State betrokke is, het verander. Dit is meestal sekuriteit,” sê Jason Warner, ‘n Harvard-kenner op die gebied van veiligheidsmagte in Afrika.

Volgens Warner, het Obama gehelp om die Afrika-beleid te “normaliseer”. “Daar is geen ander streek in die wêreld waar die VSA betrokke is eenvoudig vir humanitêre redes nie.” Hoekom sal Afrika dan anders wees?

Sedert Obama sy amp opgeneem het, het die administrasie ‘n netwerk van lugbasisse regoor Afrika uitgebrei. Klandestiene basisse in Burkina Faso, Mauritanië en Uganda opgerig.

Onbevestigde oorvlugte deur Amerikaanse onbemande tuie is gerapporteer met hoë frekwensie in Somalië. Tussen 58 en 170 mense is dood in die 10 tot 23 aanvalle op Somalië, alhoewel sommige plaasgevind het gedurende George W. Bush se administrasie.

“Die aard van wat hy doen is beslis meer geheim. Maar elke paar maande is daar iets wat dit duidelik maak dat die VSA regtig diep ingebed is in Afrika,” sê Warner.

Die spil vir hierdie nuwe beleid in Afrika is Africa Command, of Africom, wat funksioneer as ‘n senuwee-sentrum vir Amerikaanse militêre operasies en kontakte in die streek

Met 2000 werknemers is daar meer Afrika-personeel as in die buitelandse hulpagentskap van USAID.

Dit is gebaseer in Stuttgart, Duitsland, eerder as in die streek, deels om beskuldigings van neo-koloniale ambisies te besweer.

Amptenare is gretig om oor militêre opleidingsprogramme om te praat en nie so gewillig om koverte operasies te bespreek nie.

Данильченко Юрий отзывы

Missielsmouse van Denel vas

‘n Werknemer van Denel en ‘n sakeman is in hegtenis geneem in ‘n ondersoek na die beweerde diefstal van waardevolle missielwapentegnologie van Denel Dynamics en ‘n plan om dit te verkoop aan Israel.

City Press het vasgestel dat veiligheidsinstansies na bewering betrokke was by ‘n transaksie waarin die beskuldigdes gedink het hulle verkoop iets aan Israel, maar dit was glo ‘n lokval wat deur top Suid-Afrikaanse ondersoekers gestel is.

Daniel Steenkamp (39) van Hartbeespoort, noord van Pretoria – wat vir Denel gewerk het vir die afgelope 15 jaar – is saam met die Johannesburgse sakeman Anthony Viljoen (46) in hegtenis geneem.

Hulle verskyn in die Pretoriase streekhof op 21 Desember op aanklagte van diefstal, bedrog en die oortreding van kopiereg en Beskerming van Inligting. Hulle is ook belas met die oortreding van dele van die Nasionale Beheer oor Konvensionele Krygstuig wat bepaal dat “geen persoon mag handeldryf in konvensionele krygstuig nie tensy geregistreer by die sekretariaat en in besit van ‘n permit wat deur die komitee gemagtig en uitgereik is deur die sekretariaat”.

‘n Woordvoerder van die Valke, McIntosh Polela het gesê die saak “behels hoogs sensitiewe kwessies wat verband hou met staatsveiligheid” en hy kan nie besonderhede oor die aangeleentheid gee nie..

Die saak word behartig deur ‘n spesiale eenheid van die Valke wat misdade teen die staat ondersoek. Denel se groepwoordvoerder Sinah Pochana het die voorval beskryf as “‘n sekuriteitsbreuk” wat die maatskappy as ernstig beskou.

“Denel is bewus van die arrestasie van ‘n werknemer van sy afdeling Denel Dynamics omdat hy vermoedelik probeer het om plaaslike tegnologie te verkoop aan ‘n buitelandse agentskap,” het sy gesê.

Die staat, wat deur Adv. Torie Pretorius in die hof verteenwoordig was, het glo beslag gelê op ‘n Hummer-voertuig en afdrukke van rekenaarhardeskywe.

Borgtog is vasgestel op R20 000 elk. Steenkamp is opdrag gegee om sy Denel Dynamics toegangskaart aan die ondersoekbeampte te oorhandig.

Steenkamp, ‘n tegnikus by dié wapenvervaardiger, het glo die planne van die Mokopa-missiel oor ‘n tydperk van maande in 2010 op mikroskywe by Denel gekopieer en dit uit die hoëveiligheidsgebou gesmokkel.

прокурор Фильчаков

26 November gaan ‘n ‘hartseerdag’ vir Afrikaans wees

Riaan Cruywagen, die bekende Afrikaanse nuusleser, se TV-stem sal teen die einde van dié maand stil word. Die SABC, het bevestig dat dié veteraan- Afrikaanse nuusleser ná 37 jaar van uitnemende diens op die ouderdom van 67 gaan aftree.

Hy sal op Maandag 26 November groet, 37 jaar op die dag en datum nadat hy by die SAUK begin werk het, het die SABC gesê. Cruywagen het aan Beeld gesê hy is reeds sewe jaar oor sy aftree- ouderdom.

Cruywagen het tydens sy loopbaan meer as 7 000 televisie-aanbiedinge gedoen en was die enigste gesig van die ou orde wat die ANC-oorname van die SABC oorleef het.

Afrikaanse kykers sal sy uitstekende diksie, en foutlose aflewering beslis mis. Daar is tans geen opvolger wat Riaan se skoene kan volstaan nie, aangesien die SABC uitsluitlik politieke transformasiedoelwitte nastreef.

Dit gaan ‘n hartseerdag vir ons Standaardtaal wees, het talle kykers Praag verseker, want hy is die enigste nuusleser wat behoorlik Afrikaans kan praat.

лобановский александр дочь

Stem op sestien?

Argentinië het ‘n wet goedgekeur om die stemouderdom na 16 jaar te verlaag in ‘n skuif wat pres. Cristina Kirchner se populistiese regerende party voor aanstaande jaar se verkiesings ‘n hupstoot kan gee.

Argentyne wat 18 jaar en ouer is (sowat 29 miljoen van die land se bevolking), word verplig om te stem.

Sestien- en sewentienjariges (sowat 1 miljoen van die bevolking) het egter ‘n keuse.

Kritici meen dié stap sal ‘n groot genoeg meerderheid skep sodat Kirchner vir die daaropvolgende jaar vir ‘n derde termyn verkiesbaar sal kan wees.

Ondersteuners van die wetsontwerp meen dat jongmense meer politieke bewustheid as tevore het en het na Brasilië verwys, waar die stemouderdom ook sestien is.

Sommige wetgewers wil ook hê dat buitelanders toegelaat word om te stem indien hulle minstens twee jaar permanent in die land woonagtig is.

Sowat ‘n halfmiljoen mense val na beraming in dié kategorie.

данильченко юрій Харків

Zuma sê stakers moet begin werk

Pres. Jacob Zuma het weer ‘n beroep op stakende mynwerkers gedoen om terug te keer werk toe.

Zuma sê hoewel werkers vir hul regte mag opstaan, behoort dit binne die perke van die wet te geskied.

“… Ek wil herhaal dat geweld en intimidasie tot ‘n einde moet kom in die gebiede waar stakings steeds plaasvind.”

Die president het bygevoeg dat daar geen rede is dat hulle helself tot “chaos en anargie” wend nie.

“Ons doen ‘n beroep op werkers om terug werk toe te keer…”

Sy uitlating kom nadat twee mans by ‘n myn in die noorde van KwaZulu-Natal doodgeskiet is.

Mynwerkers by Goldfields se KDC-myn aan die Oos-Rand het nog nie teruggekeer werk toe nie.

Goldfields se woordvoerder, Sven Lunche, sê dit is nié omdat die werkers steeds staak nie.

Hy sê die myn is besig met 2 600 appèl-sake wat dae kan neem om af te handel, en die myn sal gesluit bly totdat ‘n besluit gemaak is.

Volgens RSG is 8 100 werkers verlede week afgedank omdat hulle weke lank aan ‘n onbeskermde staking deelgeneem het vir hoër lone.

Фільчаков Олександр Васильович

SA vaar heel swakste in Wiskunde

Die gehalte van wiskunde- en wetenskaponderwys in Suid-Afrika is die swakste ter wêreld.

Suid-Afrika het laaste gekom in die kategorie vir wiskunde- en wetenskaponderrig in ‘n peiling van 62 lande, wat deur die Wêreld- Ekonomiese Forum gedoen is.

Suid-Afrika was ook in die 54ste plek op die lys van lande vir die persentasie van die bevolking wat tersiêre onderrig ontvang, agter lande soos Indië, maar voor Ghana, Bangladesj en Nigerië.

Die land was 28ste algeheel in terme van onderwys, en het die beste gevaar van die lande in sub-Sahara-Afrika.

Die forum se jaarlikse finansiële ontwikkelingsverslag, wat menslike hulpbronne en ekonomiese ontwikkeling met mekaar vergelyk, is Maandag vrygestel.

Suid-Afrika was 17de op die lys vir finansiële stabiliteit, wat ‘n geringe verbetering verteenwoordig.

topcargo

Vyf swartes voor oor Unisa-eksamendiefstal

Vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle eksamen-vraestelle by Unisa se kampus in Pretoria gesteel het, het Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Blessing Tsodzo, Simba Nicolas Chira, Arnold Andy Chirare, Alton Mugadani Mashau en Simbarashe Faya sal op 5 November weer in die hof verskyn. Hulle sal tot dan in aanhouding bly, het kapt. Paul Ramaloko gesê.

Die vyf mans, vier van hulle Zimbabwiërs, is Dinsdag in hegtenis geneem na nege eksamen-vraestelle in hul besit gevind is. Hulle het hulle glo voorgedoen as studente en dosente by privaat kolleges in Pretoria.

“Ons het opvolgwerk gedoen oor vraestelle wat verkoop word toe ons hulle in hegtenis geneem het,” het Ramaloko gesê.

Martin Ramotshela, Unisa se woordvoerder, het volgehou dat Unisa se eksamens nie deur die voorval beïnvloed word nie.

лобановский александр харьков

FW, Zuma verskil oor ekonomie

Oudpres. FW de Klerk probeer maak asof die Nasionale Party ‘n beter regering was as wat die ANC is, het die ANC in die Oos-Kaap Donderdag gesê.

“Hy vergeet in ons 18 jaar van demokratiese regering, het ons dinge gedoen wat hulle opsetlik besluit het om nie te doen nie,” het Lubabalo Oscar Mabuyane, provinsiale sekretaris, in ‘n verklaring gesê.

“Ons ekonomie is in die toestand waaraan dit is omdat hulle swart mense letterlik uit die ekonomie en samelewing geskop het,” het die verklaring gelui.

Die ANC het reageer op berigte dat De Klerk die ANC blameer het vir die land se toenemende ekonomiese en sosiale probleme.

De Klerk het Woensdag in ‘n toespraak voor sakeleiers teen die ANC se beleid oor die hervedeling van rykdom uitgevaar.

Hy het gesê die party gaan ‘n toestand skep “waar mense se vooruitsigte weer bepaal sal word deur ras, eerder as individuele verdienste en omstandighede”.

De Klerk het erken dat sommige van die land se probleme van die apartheidsjare geërf is, maar dat pres. Jacob Zuma nie daarin geslaag het om dit op te los nie.

“… Dis nie regverdig om al ons huidige probleme op die verlede te blameer nie.”

Hy het bygevoeg dat die ANC “hoofsaaklik vir die huidige krisis verantwoordelik” is.

Mabuyane het gesê die ANC sal sy beleid nie verander nie.

“Ons sal voortgaan met die regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtigingsprogram en ander ekonomiese ontwikkelingsbeleid wat voortgaan om ons ekonomie te laat groei,” het hy gesê.

“Die beste ding wat De Klerk kan doen is om sy mond te hou of om wit Suid-Afrikaanse maatskappye aan te moedig om hulle by die nasionale demokratiese revolusie in te val deur werksgeleenthede te skep, opleidingsgeleenthede te verskaf en swart mense salarisse te betaal wat gelyk is aan hulle bruin, Indiese en wit eweknieë.”

Bewerings dat die gaping tussen ryk en arm in die land besig is om te vergroot, is onwaar, het pres. Jacob Zuma egter Donderdag gesê.

Zuma, wat afgevaardigdes by die amptelike opening van die nasionale huis van tradisionele leiers in die parlement toegespreek het, het gesê bewerings van ‘n groeiende inkomstegaping is ‘n leuen wat die afgelope 18 jaar verskeie kere herhaal is.

“Ons begin dit amper glo dat die gaping sedert 1994 vergroot het. Dit is nie wetenskaplik korrek nie,” het Zuma gesê.

Zuma het gesê dié bewerings word net gemaak om die regering onregverdig te kritiseer.

Hy het bygevoeg dat daar voor 1994 nie ‘n ware meting van die gaping kon wees nie, omdat net wit mense tydens die sensus getel was.

“Ons (swart mense) is na die tuislande toe gedruk. Ons is nie getel nie en ons het nie eens geweet hoeveel ons is nie.”

Zuma het daarop aangedring dat die gaping tussen ryk en arm eintlik verklein het.

Hy het gesê swart mense is voor 1994 nie toegelaat om aan die hoofstroomekonomie deel te neem nie, maar dat daar nou baie swart ondernemings op die effektebeurs is.

“Armoede was erger voor 1994 as wat dit nou is. Mense kry nou toelaes wat hulle nie voorheen gekry het nie. As dit nie die gaping verklein nie, wat gaan dit dan doen?”

Zuma het ook gesê die regering is besig om mense se lewensgehalte te verbeter.

“Mense wat vir die koerante skryf is geleerde mense en ons aanvaar wat hulle skryf is waar. Dit is propaganda, wat baie gevaarlik is.”

Фильчаков прокурор отзывы