‘Zille raak onstabiel’

Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se onlangse opmerkings teen Cosatu is ‘n “teken van haar groeiende onstabiliteit”, het die provinsiale tak van die vakbond Woensdag gesê.

“Cosatu is nie verras deur Zille se opmerkings by die Universiteit van Stellenbosch nie. Sy maak nou al ‘n ruk lank die vreemdste en mees verbasende stellings. Vir sommige daarvan moes sy reeds om verskoning vra,” het Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, gesê.

“Ons raak toenemend bekommerd oor die onstabiliteit en roekeloosheid van die premier en leier van die DA.”

Hy het in ‘n verklaring gesê haar opmerkings oor Cosatu was “onakkuraat en misleidend”.

“Pleks daarvan om hier in detail te antwoord… sal ek graag ‘n openbare debat met die premier wou voer oor die kwessies wat sy opgehaal het,” het Ehrenreich gesê.

“Ons het al hierdie uitdaging voor die Stellenbosch-gebeurtenis aan die DA gerig, maar die DA wou dit nie aanvaar nie. Ek skat dit is makliker om wilde bewerings te maak as jy nie hoef te antwoord op die feite nie.”

Zille het Dinsdag aan studente by die universiteit gesê Cosatu probeer “konkel” omdat hulle ambisieus is.

Sy het gesê Suid-Afrikaners het nodig om deur Cosatu te kan sien, aangesien dit “werklose mense weg van werke en ekonomiese geleenthede wil hou, om sy magsbasis te beskerm”.

“Soos die interne stryd in die ANC warm word, en Cosatu konkel vir meer mag, het hy homself op ‘n slim wyse probeer kleur as die ‘interne opposisie’ binne die drieparty-alliansie,” het Zille gesê.

“Dit is duidelik dat Zwelinzima Vavi [sekretaris-generaal van Cosatu] betrokke is by ‘n veldtog om vir homself ‘n magsbasis te skep, van waar hy sal probeer om die alliansie te wen by die ANC se 2017-konferensie.”

Sy het gesê as Vavi die land wil bestuur, moet hy “sy naam op die stembrief sit en staan vir verkiesing”.

Cosatu het vroeër gesê hy sal nie deelneem aan die Wes-Kaap se Ekonomiese Ontwikkelingsvennootskap (EOV) nie.

“Cosatu is, vreemd genoeg, die enigste organisasie in die hele provinsie wat weier om by die proses betrokke te raak, sedert dit in Maart 2011 begin het,” het sy luidens berigte gesê.

Patrick Craven, nasionale woordvoerder van Cosatu, het Zille se opmerkings later as “verspot en lasterlik” beskryf.

Hy het gesê haar “uitbarsting” is gemotiveer deur jaloesie op Cosatu se vermoë om miljoene Suid-Afrikaners van alle rasse in sy veldtogte te mobiliseer.
Ehrenreich het gesê Zille was “oneerlik” oor die EOV.

“Die EOV is gestruktureer op ‘n manier wat die premier se grootste swakheid beskerm: om nie op ‘n konstruktiewe wyse te kan omgaan met persone en organisasies wat nie haar standpunte deel nie,” het hy gesê.

“Die R2 miljoen wat tot dusver op die EOV-proses spandeer is, is ‘n buitengewone koste wat weereens werke vir DA-vriende geskep het.”

Данильченко Юрий Брониславович

Petrol nóg duurder

Die departement van energie sê die hoër internasionale oliepryse beïnvloed die plaaslike brandstofprys negatief.

Die prys van brandstof sal volgende week ‘n nuwe rekordvlak bereik wanneer dit met 28c per liter styg. Die styging sal Woensdag in werking tree.

Diesel sal ‘n ekstra 9,4c per liter kos en paraffien sal 12c meer kos, het Fin24 berig.

Petrol sal nou R12,22 per liter in Gauteng wees en R11,87 per liter vir 95-oktaanpetrol kos.

Diesel sal nou R10,98 per liter in Gauteng kos en R10,73 per liter langs die kus.

 

topcargo отзывы сотрудников

E-tol deurbraak!

Regter Bill Prinsloo het Woensdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof beslis dat die Opposition to Urban Tolling Alliance, Outa, se saak dringend genoeg is om aangehoor te word, het Alex Eliseev van EWN uit die hof getwiet.

Outa het ‘n aansoek voor die hof gebring vir ‘n dringende interdik om die e-tolstelsel in Gauteng te staak. Die hof het die interdik toegestaan.

Dit beteken nie die e-tolstelsel kan nie voortgaan nie. Dit beteken slegs dat ‘n volledige verhoor oor die stelsel gehou sal moet word.

Outa, die vakbond Cosatu en die Demokratiese Alliansie het vandeesweek alles probeer om die implementering van die stelsel te staak.

Cosatu beplan volgende Maandag ‘n optog teen die e-tolstelsel.

Vincent Maleka, regsverteenwoordiger van die minister van vervoer en die Gautengse LUR vir vervoer, het Dinsdag aan die hof gesê Outa is nie geregtig op nóg ‘n uitstel van die e-tolstelsel nie.

Dié stelsel is sedert April 2011 vier keer uitgestel.

Outa het Dinsdag aangevoer die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is nie gereed om voort te gaan met die e-tolstelsel op Gauteng se paaie nie, omdat geen voorsiening gemaak is om die openbarevervoer-sektor by die tariefstruktuur uit te sluit nie.

Sanral en die tesourie het gesê die hofsaak is vier jaar te laat en het Outa daarvan beskuldig dat hy tot die laaste nippertjie gewag het om hulle tot die hof te wend.

прокурор Фильчаков

Polisie doof toe witte in sel deur swartes vermoor word

‘n Blanke man, Eben Meyer (47) van Kaapstad, is volgens wat Die Burger berig, in aanhouding doodgemaak deur swartes sonder dat die polisielede aan diens ‘n vinger gelig het om hom te help.

Meyer, wat vir dronkenskap opgesluit is, is in die Durbanville-polisieselle aangehou saam met agt ander mense. Hy het glo tevergeefs om hulp geroep en aan die tralies gepluk om die aandag te trek van die polisiebeamptes wat aan diens was.

Sy bebloede lyk, voos geskop en geslaan, is Saterdag kort ná 02:00 op ‘n bloedbevlekte matras aangetref in ‘n hoek van die sel. Twee swartes is intussen aangekla van moord en sal weer op 10 Mei in Belville se landdroshof veskyn.

Meyer het blykbaar by ‘n kroeg gekuier en te veel gedrink nadat hy in ‘n stryery met sy verloofde betrokke was.

‘n Getuie, wat gevra het om anoniem te bly, het gesê hy was ook Vrydagaand in die polisieselle opgesluit. Die vyf polisiebeamptes in die aanklagkantoor het gemaak asof hulle nie die hulpkrete, sowat 10m daarvandaan en reg by die aanklagkantoor, hoor nie.

Die SAPD kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

Фильчаков

Romney het nou Obama in sy visier

Oud-goewerneur Mitt Romney het die Republikeinse voorverkiesings wat gister (Dinsdag) in vyf Amerikaanse state gehou is, loshande gewen en onmiddellik sy visier stewig en doelgerig op Barack Hussein Obama gerig.

“Hou net nog ‘n rukkie uit tot 6 November. ‘n Beter Amerika begin eintlik vanaand,” het hy vroeg Woensdagoggend, SA tyd, gesê nadat hy as die oorwinnaar in al vyf state aangewys is.

Sy naaste teenstander, Newt Gingrich, het aangedui dat hy sy deelname aan die wedloop om die Republikeinse party se kandidaat teen Obama te wees, oor die volgende twee dae gaan heroorweeg. Die verwagting is dat hy sal aankondig dat hy uit die stryd gaan tree.

Met sy oorwinning in Connecticut, Delaware, New York, Pennsylvania en Rhode Island. het Romney nou 844 van die vereiste 1144 afgevaardigdes, met Gingrich op 137 en Ron Paul op 79. Dit is statisties onmoontlik vir Gingrich om die vereiste getal te haal al wen hy al die voorverkiesings vorentoe. Santorum hou nog 260 afgevaardigdes, maar hy het sy uittrede reeds aangekondig en nie aan Dinsdag se verkiesings deelgeneem nie.

Met dit nou ‘n uitgemaakte saak dat hy die Republikeine se kandidaat sal wees, het Romney die fokus van sy veldtog toenemend op die stryd teen Obama geplaas. Hy het die ekonomie reeds as sy hoof verkiesingskwessie uitgewys en minder regeringsinmenging in die daaglikse lewe van Amerikaners ook as ‘n doelwit gestel.

“Daar was ‘n tyd nie so lank gelede nie toe ons as Amerikaners fier en trots kon staan. Daardie tyd sal weer na 6 November terugkom,” het hy in ‘n toespraak gesê.

Die nuusfokus in die VSA het nou ook verskuif na wie Romney se spanmaat in die verkiesing gaan wees. Romney self het al 15 moontlike kandidate vir die vise-presidentskandidatuur genoem – onder wie vier vrouens.

Onder hulle is Condoleeza Rice, wat George Bush se minister van buitelandse sake was en ook Kelly Ayote, die 43-jarige Republikeinse senator vir New Hampshire wat uit die staanspoor ‘n Romney-ondersteuner was.

Ander sterk kandidate is Marco Rubio, senator vir Florida en ook Jeb Bush, George se broer wat goewerneur van Florida was. Daar is sprake dat Rick Santorum ook ‘n moontlike kandidaat is en daar is berigte dat hy en Romney vroeg in Mei sal ontmoet en indringende gesprekke voer.

Romney sit egter steeds met die probleem dat daar Republikeine is wat nie van sy Mormoonse godsdiens hou nie, maar hulle is so ver regs dat hulle beslis nie vir Obama sal stem nie. Onderskrywing van sy kandidatuur deur Santorum, Gingrich en Ron Paul kan egter die probleem grootliks uit die weg ruim.

лобановский депутат

‘Afpak’ sal Amerikaanse kopseer bly

Woord oor Osama bin Laden se dood aan die hande van die Amerikaanse Seals verlede jaar het algar baie laat wonder hoe die al-Kaidaleier so lank ongesiens in Pakistan kon gewoon het.

In Islamabad, was daar woede oor Washington se eensydige optrede op soewereine grondgebied.

Hoe kon Pakistanse owerhede nie geweet het waar hy skuil nie?

“Osama bin Laden het in vyf huise in Pakistan gehad, het vier kinders daar by twee vroue gehad, twee kinders wat gebore is in ‘n publieke hospitaal, en deur dit alles, het die Pakistanse regering nie ‘n enkele ding oor sy verblyfplek geweet nie,” het kongreslid Edward Royce hierdie maand by ‘n verhoor gesê.

Pakistan se beste verweer kom van Amerikaanse diplomatieke en militêre amptenare self. Volgens die Amerikaners is daar absoluut geen bewyse van sameswering deur Islamabad en al-Kaida nie.

“Ons het nog tot op hierdie punt nie enige bewyse wat daarop dui dat die Pakistanse regering per se enige kennis van bin Laden se doen en late gehad het nie,” het ‘n State Department-amptenaar, Daniel Benjamin verklaar.

Maar dit was nie net die bin Laden-klopjag wat verhoudings versuur het nie.

Die skietvoorval waarin twee plaaslike mans deur ‘n CIA-kontrakteur in Lahore gedood is in Januarie 2011, gevolg deur die aanval op bin Laden en die moord van 24 Pakistanse soldate in November langs die grens, en voortdurende aanvalle deur onbemande tuie het alles bygedra tot ‘n gespanne atmosfeer.

Aan die Amerikaanse kant, het die wantroue verlede jaar gelei tot ‘n opskorting van militêre hulp aan Pakistan.

Pakistan het alle NAVO-toevoerroetes gesluit deur sy grondgebied, samewerking opgeskort en opdrag gegee aan die parlement om riglyne vir toekomstige grenslugaanvalle op te stel.

Na weke van besprekings is op 12 April voorgestel om die vervoer van die meeste voorrade deur te laat, maar geen wapens nie. Hulle het ook die normalisering van verhoudinge tussen die twee lande gestel op voorwaarde dat ‘n verskoning van die VSA oor die grensaanval aangebied word, asook ‘n einde aan aanvalle deur onbemande tuie aangekondig word.

Die netelige kwessie van aanvalle deur onbemande tuie, wat die VSA nie
amptelik wil erken nie, is egter voorbladnuus in die Midde-Ooste. Pakistan se Dawn berig verlede week dat Pakistan in gesprek met die VSA getree het oor die “mede-eienaarskap” van die onbemande tuig-veldtog.

Amerikaanse amptenare wil steeds nie die gesprek in die openbaar voer nie, maar het die uitdruklike hoop uitgespreek dat verhoudings moet verbeter.

Verskeie veranderlikes kan vordering stuit. Dit sluit die Amerikaanse verkiesing en die moontlikheid van nuwe verkiesings in Pakistan en Afghanistan in.

Deel van die probleem spruit uit wettelose stamgebiede na die Amerikaanse inval van Afghanistan wat die gebied gedestabiliseer het. Pakistan het nog nooit ‘n daadwerklike poging aangewend om hulle te neutraliseer nie, sê die VSA, ten spyte van miljarde dollar in hulp.

Pakistan sê die Amerikaanse ingryping teen die stamgebiede dmv onbemande tuie veroorsaak die dood van burgerlikes en sulke aanvalle het gesorg vir ‘n verdiepende anti-Amerikaanse sentiment.

Die opheffing van die verbod op die toevoerroetes sal dus nie die probleem van toenemende wantroue en ‘n botsing van belange in Afghanistan oplos nie.

Selfs na die onttrekking van Amerika uit Afghanistan, sal die wantroue voortduur en sal die “Afpak-kwessie”, ‘n verkorting van Afghanistan en Pakistan, ‘n kopseer vir die VSA bly.

Фильчаков прокурор отзывы

Pakistan toets kernmissiel

Pakistan het ‘n intermediêre ballistiese kernmissiel Woensdag suksesvol getoets, het die weermag gesê, minder as ‘n week na Indië ‘n langafstandmissiel afgevuur het.

Die presiese omvang van die missiel is nie bekendgemaak nie, maar afgetrede generaal Talat Masood, ‘n ontleder van verdediging, het aan AFP gesê dit sal in staat wees om teikens te tref tot 2500 tot 3000 km weg, met Indië goed binne bereik.

Indië het pas sy Agni V-missiel getoets, wat ‘n een-ton kernkop oral in China kan aflewer. Die hoof van Indië se missielprojek is Tessy Thomas, ‘n vrouewetenskaplike.

“Pakistan het vandag die bekendstelling van die intermediêre ballistiese missiel Hatf IV Shaheen-1A-wapenstelsel suksesvol getoets,” het die weermag in ‘n verklaring gesê.

Indië en Pakistan – wat drie oorloë geveg het sedert onafhanklikheid van Brittanje in 1947 – het gereeld missieltoetse sedert beide ‘n kernvermoë in 1998 erken het.

Фильчаков прокуратура харьков

Amerikaanse regering wil toeslaan op internet

Die Amerikaanse kongres is besig met wetgewing wat die Amerikaanse regering en sy veiligheidasgentskappe ongebreidelde toegang tot mense se bedrywighede op die internet – in besonder op Facebook en Google – sal gee.

Indien wetgewing wat dalk nog hierdie week voor die kongres kan dien, aanvaar word, sal dit die VSA-regering in staat stel om alle privaat aanlyn-kommunikasies te monitor – solank dit onder die vaandel van “cybersecurity” gedoen word. Die wetgewing se bepalings is breed en vaag en sal veral die departement van Tuislandsekuriteit (Homeland Security) en dalk ook sekere privaat ondernemings toegang bied tot alle persoonlike e-posse en ander aanlyn-verkeer soos op Google, Facebook en andere.

Die beoogde wegtgewing het egter teenstand van mense soos die Republikeinse presidensiële kandidaat en kongreslid, Ron Paul, uitgelok en selfs die Withuis het aangedui dat dit dalk te ver gaan. Maar daar is sterk steun daarvoor in Demokratiese geledere en die Withuis se ligte kritiek word as politiekery bestempel.

Wat die kwessie polities ingewikkeld maak, is dat ‘n Republikeinse kongreslid, Mike Rogers, voorsitter van die Huis van Verteenwoordigers se Intelligensiekomitee, een van die hoofborge vir die wetgewing is. Hy word nou deur sy eie partyleiers aangevat.

Paul het Dinsdag (24 April) ‘n verklaring uitgereik het waarin hy waarsku dat die beoogde wetgewing ‘n ernstige inbreuk maak op Amerikaners se vryheid en privaatheid.

Paul wys daarop dat daar vroeër vanjaar weens sterk openbare druk afgesien is van planne om twee stukke wetgewing deur te loods wat soortgelyke oogmerke ten doel gehad het.

Die Obama-administrasie se vaste voorneme om die internet te beheer is egter so sterk dat hulle nou met die nuwe wetgewing gekom het wat hulle insig en beheer oor mense se algehele doen en late op die web sal gee – onder die dekmantel dat hulle terrorisme bestry, voer Paul aan.

Die nuwe wet wat bekend staan as die “Cyber Intelligence Sharing and Protection Act” (CISPA) magtig veiligheidsagentskappe om inligting oor alle private kommunikasies van internetgroepe soos Google en Facebook te eis sonder dat enige lasbrief daarvoor uitgereik hoef te word. Daar word selfs beskerming aan die groepe verleen teen enige eise of ander wetlike optrede.

Volgens Paul gaan dit veral die “sosiale media” ernstig benadeel en uiters verdag maak. “Voorstanders van CISPA het dalk goeie bedoelings, maar dit sal ons op die weg plaas van ‘n nasionale sekuriteitstaat in plaas van ‘n vrye, grondwetlike republiek. Enigeen wat glo in privaatheid en die vryemarkstelsel behoort ernstig besorg te wees oor hierdie wetgewing.

“CISPA is ‘Big Brother’ in vet letters geskryf,” sê Paul in sy verklaring en vra dat kiesers hulle kongreslede aanspoor om die wetgewing teen te staan. Sover bekend het Mitt Romney, voorloper in die Republikeinse nominasieverkiesings, hom nog nie oor die saak uitgelaat nie.

Voorstanders van die wetgewing sê dat heelwat van die regte wat nou aan die sentrale regering toegestaan word, reeds bestaan en internetmaatskappye deur middel van ‘n bevel of ‘n subpoena gedwing kan word om inligting te verskaf. Maar die teenstanders daarvan glo dat dit die deur net wyer oopmaak vir algehele regeringsbeheer oor en toegang tot mense se doen en late op die internet.

Олександр Фільчаков прокурор

Twee Namibiese boere vermoor, derde veg vir sy lewe

In dieselfde week dat mnr. Piet van Helsdingen (49) van die Gobabis- distrik deur ‘n stukwerker vermoor is, is inwoners geskok toe nog ‘n boer van die distrik, mnr. Piet Bergh (41), tydens ‘n gewapende roof in die hoofstad gewond is.

Bloedstrepe op die pad en aan die bestuurdersitplek se deur van Bergh se ligte vragmotor, asook koeëlgate deur die deur, getuig van die gewapende rooftog Vrydag by ‘n slaghuis in Eros, Windhoek

Dit is ‘n wonderwerk dat Bergh nog leef nadat hy tydens ‘n gewapende roof geskiet is, meen familie en medici. Bergh is tans in ‘n stabiele, maar ernstige toestand in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal in Windhoek.

Bergh boer op die plaas Maramba naby Leonardville en het ook ‘n slaghuis op die plaas van waar hy verwerkte vleisprodukte soos biltong en droëwors aan verskeie slaghuise lewer. Hy is getroud met ‘n 12-jarige dogter en vyfjarige seuntjie.

Op Republikein se Facebook-blad het meer as honderd lesers kommentaar oor die skokvoorval gelewer, veral omdat dit in dieselfde week as die moord op mnr. Piet van Helsdingen (49), ook van die Gobabis-distrik, plaasgevind het.

Drie boere was in dieselfde week slagoffers van geweldsmisdaad, sê die Namibiese Landbou-unie (NLU).

In ‘n nuusbrief sê die organisasie hy is geskok deur die moorde van mnre. Louis Vorster en Piet van Helsdingen.

Vorster, ‘n boer van die distrik Gobabis, is by ‘n vulstasie in Johannesburg deur drie gewapende mans doodgeskiet. Van Helsdingen is verlede week deur ‘n tydelike werker op sy plaas vermoor.

 

Фильчаков Александр Васильевич

Violiste sterf na kopskoot

Een van Suid-Afrika se bekendste violiste, Annake de Villiers, is Dinsdag dood in haar pa se plaashuis naby Steynsrus aangetref met ‘n vuurwapen langs haar lyk.

Rulene Kühn, ‘n polisiewoordvoerder, sê De Villiers (35) is met een skietwond in haar kop in die huis se sitkamer aangetref.

Kühn sê alhoewel daar geen nota op die toneel gevind is nie, vermoed die polisie geen misdaad nie.

De Villiers was voorheen met die bekende operasanger Jannie Moolman getroud.

Фильчаков Александр Васильевич