Duitsland moet kernwapens aanskaf

Image

Peter Scholl-Latour

Die 83 jarige Peter Scholl-Latour is een van die bekendste joernaliste in Duitsland. Hy praat Arabies vlot en het ’n kennis oor die wêreld wat sy kollegas dikwels in die skadu stel. Hierdie onderhoud is eksklusief met die Duitse politieke  tydskrif Cicero gevoer.

Duitse buitelandse politiek bestaan net so min as ’n Duitse strategiese konsep. En die skuld daarvoor is nie voor die deur van Berlyn of enige aantal partye of politici te lê nie. Die verdere uitbreiding van die Europese Unie na 27 lede waarvan die belange uiters uiteenlopend blyk te wees, het nie net die kontinent nie maar ook Duitsland se optrede drasties ingeperk. Militêr gesproke is die Atlantiese verdragslede van ’n vyand ontneem deur die val van die Sowjetunie. Sedertdien is NAVO sogenaamd “out of area” met ’n tydlose en ruimtelik onbegrensde spokejag op internasionale terroriste bedrywig.

Diegene wat hier dinge op hul naam noem, word deur die Duitse media onvermydelik as anti-Amerikaans gebrandmerk. Dan is daar andersyds prominente Amerikaanse politici wat George W. Bush as die mees onheilsame politikus in die geskiedenis van die VSA beskou. Die kans op ’n pax americana wat ná die einde van die Koue Oorlog sonder twyfel bestaan het, is deur die blinde oorlogsugtigheid van die Bush-administrasie verspeel. Vandag behoort Duitsers uiteindelik die verskil tussen Europa se Noord-Atlantiese verbintenis met Amerika wat sy eksistensiële behoeftes asook kulturele nabyheid behels en die konkrete struktuur van die Verdrag – NAVO – te erken. Sedert die Oos-Wes-konflik bygelê is, het NAVO oorbodig geword en werk dit toenemend negatief vir Europese vennote.

As flagrante voorbeeld van hierdie mistasting is die voorneme van Washington – sonder inligting en konsultasie – om in Pole en Tsjetsjnië ’n missielafweerskerm, dus ’n hoogs ingewikkelde radarstelsel, op te rig. Dat die doel van hierdie herontplooiing aan die oewers van die Weichsel en Moldau kwansuis veronderstel is om uitsluitlik die grondgebied van die VSA te beskerm teen die ballistiese kapasiteit van ’n Islamitiese Republiek van Iran of ’n Noord-Korea, klink absurd en weerspreek die gees van Atlantiese solidariteit.

Europese state sal veel eerder sodoende in die reikwydte van kernkoppe wat eventueel uit die Ooste afgevuur word, kom as die veraf Amerika wat deur oseane beskerm word.

Duitsers behoort teen dié tyd te begryp dat die perfeksionistiese afweersisteem in ’n ekstreme geval nie geloofwaardige beskerming teen ’n blindewoedekernbedreiging van ’n vyandelike staat sal bied nie – in die afwesigheid van kontinentale konsensus – maar wel die beskikbaarheid van ’n eie nasionale kernafweervermoë. Frankryk dra deur hierdie insig met die skepping van sy Force de dissuasion al lank reeds die gevolge van sy besluit.

In die Duitse Bundestag, waar die burgerlike aanwending van kernenergie al soveel kere verwerp is, sal die voorstel van só ’n projek ’n storm van verontwaardiging veroorsaak.

Die tye onder Kohl en Mitterand – in alle lojaliteit teenoor Washington – toe daar nog oor militêre simbiose tussen Duitsland en Frankryk bespiegel is, behoort ooglopend tot die verlede. Van ’n Bondskanselier uit die Uckermark [arm, sanderige gebied in die noord-ooste van Duitsland], kan ’n mens kwalik “Karolingiese” visies verwag. In Parys daarenteen het die sin vir die grandeur van die Aandland de Gaulle se epigone handig te pas gekom.

Sedert George W. Bush en sy neo-konserwatiewe raadgewers, wat ten spyte van opportunistiese versoenende gebare aan Europa  steeds bly vasklou aan ’n unilaterale VSA-politiek en die werklik relevante state soos Nietzsche dit stel as “kälteste aller Ungeheuer” behandel, bly die plegtige versekeringe van getrouheid soos dit uit die Berlynse Bundestag oor die Atlantiese oseaan weerklink, naïef en ongevraag.

Wie kan origens vir Vladimir Putin kwalik neem as hy die opstel van nuwe afweerstellings op sy land se westelike grens oorweeg?  Die Warskou-aangevuurde “drang-na-die-Ooste”-uitbreiding van NAVO en die EU word as provokasie ervaar, en hy neem bloot genoegsame teenmaatreëls. Het enige van die gepatenteerde Kremlin-kritici ooit gedink hoe die Amerikaanse openbare mening sal reageer as Russiese ingenieurs hul missielsisteem – onder watter voorwendsel ook al – in Venezuela, Nicaragua of Kuba ontplooi?

воронеж мотор-тестерылобановский александр жена

Haar eie medisyne

`n Groep jongmense wat na hulself verwys as “huidig benadeelde studente” het `n ruiker wat beet, knoffel, suurlemoene en Afrika-aartappels bevat by die minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang gaan afgee. `n Verpleegster het dit namens die minister in ontvangs geneem. Sy sterk tans aan in die Folateng-kliniek in die Johannesburg Algemene Hospitaal na `n leweroorplanting. Volgens een van die studente, François Coetzee, is humor al wat in die parlement na 1994 oorgebly het. Dit was grootliks te danke aan die minister van gesondheid en haar afwesigheid laat dus `n groot leemte. Hulle hoop sy sterk gou aan dat sy weer haar posisie kan volstaan.

оборудование автолобановский политик

Helen Zille se dapper nuwe w?reld

Image“Deurdat ’n opposisieparty gebruik word om linkser gedagtes as die ANC te verkondig, is weereens ’n propagandapunt vir die groot Stalinis Thabo Mbeki. Hiermee kan hy voorgee dat hy te “regs” was en dat die opposisie eintlik nog progressiewer is as hyself, waardeur die tweede fase van sy beoogde rewolusie ’n stap nader gekom het.”

 ’n Mens wonder wat inspireer figure soos Helen Zille om so venynig links te wees. Hoe dit ook al sy, daar is iets ernstigs verkeerd met Suid-Afrika se – weens gebrek aan ’n beter woord – demokrasie. ’n Mens moet die ANC se vermoë om opposisie uit te skakel wel bewonder, want tot dusver het elke opposisieparty die knie gebuig en in die groot swart idealis Mbeki se organisasie opgelos. Net soos die NNP se vuurhoutjiebeentjies geknak het onder die swaargewig ANC, is die enigste duidelike opposisie ook besig om langsamerhand die ANC links verby te vat met allerlei histrioniese terroristeverheerlikings. Die Zuma-faksie vorm weliswaar nog ’n uitsondering op hierdie reël.

Hierdie proses hou ’n aantal gevare in, in sowel reële terme as in terme van die boodskap wat dié verwikkelinge aan die buiteland stuur. Wat die reële terme aanbetref, begin Suid-Afrika dieselfde neiging te toon as die res van Afrika. Waar opposisielede uitgeskakel of geneutraliseer word, en die kiesers bedrieg begin voel, begin woede opbou. Sonder ’n stewige opposisie en tekens van verandering neem die wanhoop onder baie mense toe. Waar griewe nie parlementêr verwoord kan word nie, word die weg gebaan vir staatsgrepe en militêre aksies, net soos elders in Afrika.

Wat die boodskap wat Suid-Afrika na die buiteland stuur aanbetref, word die indruk gewek dat die ANC “iets goeds doen”, dat hulle “gelyk gehad het” deur met moord en terreur aan die mag te kom. Dit maak die situasie van die gewone wetsgehoorsame burger hagliker en wanhopiger, juis omdat hulle nie gehoor word nie. Die Nederlandse departement van Buitelandse Sake meen dat alles koek en ei is in Suid-Afrika; ja, ’n bietjie gewelddadig, maar niks ernstigs nie. Die klug kan nouliks groter wees.

Die res van die wêreld is onder die indruk dat as ’n mens ’n volk ’n stembus gee, dan het demokrasie vir hulle aangebreek. Met gevare soos meerderheidstirannieë, totalitarisme, diktature, ensovoorts wat ook deur stembusse aan die mag gekom het, word nie juis veel aandag aan bestee nie. Om die waarheid te sê, word diegene wat die heilige stembus se geloofwaardigheid in twyfel trek dikwels as rassiste en wit supremasiste afgemaak, veral as die linkses se weddenskappe op die spel is.  

Suid-Afrika is in baie gevalle ’n voorloper in die wêreld as dit kom by multikulturalisme, en baie lande kyk na hoe Suid-Afrika (lees: die ANC) polities te werk gaan om inspirasie te vind in hul eie integrasiebeleide. Suid-Afrika is daarom ook in staat om ’n redelik goeie antwoord te gee op distopiese doemprofete van weleer. Ek fokus nou spesifiek op George Orwell met Nineteen Eighty-Four en Aldous Huxley se Brave New World, wat die twee mees bekende doemscenario’s voorstel. In Orwell se roman word ’n futuristiese “utopie” voorgestel as ’n plek waar die staat volledig beheer oor ’n mens se totale wese het. Vrye gedagtes en seksualiteit is totaal aan bande gelê. Huxley se weergawe van “vreedsame saambestaan” vergestalt juis die teenoorgestelde: mense moet hul luste laat botvier, alle verantwoordelikhede verwerp en sodoende reduseer hulle hulself tot infantiliteit en kuddegedrag (lyk soos Nederland!).

In Nineteen Eighty-Four word met haat en vrees geregeer, en in Brave New World word gedrag wat by die kudde aansluit, beloon. In albei hierdie samelewings word ’n bepaalde klas mense tot die rand van die maatskappy uitgesonder om in armoede te leef, en hulle vorm die kontras vir die “verligte” utopiste. In beide samelewings word gepoog om romantiese liefde te elimineer, en die idee van ’n familie is ook nie gewens nie. In Nineteen Eighty-Four spreek Orwell sy vrees uit dat boeke verban sal word, en in Brave New World vrees Huxley dat boeke gewoonweg nie meer gelees sal word nie. Orwell vrees dat haat die mensdom se ondergang sal word en Huxley vrees dat liefde die mens se ondergang sal word.

’n Mens kan Suid-Afrika iewers in die middel van hierdie twee strominge plaas. Daar is elemente van albei aanwesig. Internasionaal staan Suid-Afrika bekend vir sy omgee en versoening, maar heelwat burgers weet beter. Vir meer as ’n dekade is die ANC besig om propaganda te maak teen die blankes, en die Naspers-stal publiseer slegs regimevriendelike nuusberigte, met so hier en daar ’n klein anti-ANC beriggie om die indruk te wek dat hulle nie bevooroordeeld is nie. Agter die ystergordyn was daar ook gebruik gemaak van “onafhanklike” bronne om die regime se standpunt en planne te beaam en goed te keur, en Helen Zille is tans besig om presies dieselfde te doen.

Deurdat ’n opposisieparty gebruik word om linkser gedagtes as die ANC te verkondig, is weereens ‘n propagandapunt vir die groot Stalinis Thabo Mbeki. Hiermee kan hy voorgee dat hy te “regs” was en dat die opposisie eintlik nog progressiewer is as hyself, waardeur die tweede fase van sy beoogde rewolusie ’n stap nader gekom het.       

Hoe dit ook al sy, die ANC sal sy wil op die bevolking afdwing. ’n Sluwe taktiek wat gebruik word, is die twee-stappe-vorentoe-een-stap-terug metode. Sodra die ANC so onbeskroomd sy (voornaamlik blanke) volksgenote wil vervreem, neem hulle ’n stappie terug om die indruk te wek dat hulle wel blankes se belange op die hart dra. Later probeer hulle weer. Dis net ’n kwessie van geduldig wees. Op dié wyse lê hulle op ’n subtiele manier beslag op alles wat leef en beef in Suid-Afrika. Die linkse Engelse dien as ’n soort katalisator om die oppermag van Thabo te versterk.

Mevrou Zille, wat blykbaar ’n aanhangster van die Black Sash was in die jare toe linkse drome nog onskuldig was, hou haarself blind vir die werklikheid van oehoeroe en die doodgebore konsep van die Afrika-Renaissance. Sy hoef net noord van die Limpopo te kyk om te sien waarnatoe sy oppad is. Vir iemand wat onder Tony Leon gestaan het vir baie jare behoort sy tog te weet hoe korrup en magsdronk die ANC eintlik is.

Wat motiveer haar? Is dit ’n soort Stockholmsindroom dat sy haar gyselnemer begin bewonder? Is dit ’n eiesoortige taktiek om die Zuma-faksie van die ANC klein te kry? Ek weet nie hoe vergesog dit is nie, maar die kans bestaan dat haar Xhosaverheerliking ’n voortsetting van die Boer-Britstryd is met ander middele. Dit wil voorkom asof die Afrikaners begin om ’n alliansie met die Zoeloes te smee, soos belangrike Afrikaners se besoek aan Jacob Zuma ‘n paar dae gelede, en dat sy as teenreaksie kant kies vir die Xhosa’s, die stam wat die groot Engelse Marxiste se harte altyd warm laat klop het.

Miskien is dit haar bedoeling om die Afrikaners in haar party na links te bekeer of anders moet hulle maar vertrek en ’n ander party gaan soek… ’n opvatting wat die Engelse al eeue lank koester en waarvan selfs die sewentiende-eeuse filosoof John Locke melding gemaak het in sy Two Treatises of Government. Waar die “I am English” voorvegters destyds hulself superieur gestel het teenoor die res van die wêreld deurdat hulle geglo het dat die Engelse ’n beter ras was, of ’n beter geloof aangehang het, waan hulle hulself nou voorvegters vir die Marxistiese gelykheidsideaal, maar slegs as jy hul taal en gewoontes oorneem. Die vorm is effens anders, maar die inhoud is dieselfde. Hulle kan hulself nie van hul eie superioriteitswaan bevry nie.

Kom ons hoop dat Zille binnekort sal insien watter fout sy gemaak het deur haar partygenote te vervreem. Nie baie mense wil in haar dapper nuwe wêreld deel wat hongersnood, armoede en ellende in Afrika gebring het nie. Hoewel, hoe wrang die ironie ook mag wees, dit vul ’n mens tog met ’n tikkie leedvermaak om te sien hoe die Ingelse chauviniste besig is om hul eie ondergang te saai sonder dat hulle dit self insien.

’n Mens sou skaars kon glo dat Orwell en Huxley al twee ook Engels was.

поверхностный самовсасывающий насос для водыДанильченко Юрий отзывы

Wat maak Helen Zille links?

Wat die huidige verdagmakery teen Helen Zillle betref, sy is op rekord dat die ANC ras weer in Suid-Afrika vooropgestel het (re-racialisation) tot nadeel van die land en is ‘n konsekwente DA-ondersteuner wat ook op rekord is dat sy glo aan gelyke geleenthede vir almal, wit of swart, in ‘n degereguleerde vrye markekonomie. I will not use race as the key criterion for decision-making and resource allocation. There will be objective criteria: for filling posts, for allocating houses, and for all other important decisions. Dat die ineenstorting van die onderwysstelsel ‘n gevolg is van die ANC se rassebeleid waar meriete nie in ag geneem word nie. Dat sy misdaad en veral plaasmoorde as ‘n baie groot probleem sien en die afskaffing van die kommando-stelsel betreurenswaardig vind. Dat sy gekant is teen kommunisme. Wat maak haar links? Dalk dat sy Zuma, Cosatu en die SAKP as links en noodlottig vir die land sien? Dat sy nie genoeg Afrikaans praat nie?

Watter Afrikaanse politici wat ‘n mens jou aan behoort te steur is destyds met die mislukte alliansie na die DA? Dieselfde mense wat Marthinus van Schalkwyk as ‘n leier aanvaar het en voor dit mense soos FW de Klerk en daardie prokureurtjie met die snaakse kop, o ja, Roelf Meyer. Die agteruitgang en latere dekadensie van die Nasionale Party het 10 jaar na 1948 begin en ek het baie van die mense self ondervind. Ek kan nie aan een dink wat ek as kandidaat vir enige iets sou wou sien nie. Nog minder kon enige van ons kultuurfigure soos Van Wyk Louw, Opperman en ander, of enige van ons suksesvolle sakemanne/nyweraars soos Rupert en ander. (Ek verbeel my Jans Rautenbach het ook kommentaar daarop probeer lewer destyds met ‘n rolprent genaamd, Die Kandidaat.)

As hulle ‘n verleentheid was vir mede-Afrikaners, kan ek my voorstel hoe groot die verleentheid soms vir die Progs en Engelse moes gewees het wat skielik die vreemde bedmaats gekry het en omtrent alles waarmee hulle die Afrikaner gestereotipeer het oor die jare, bevestig gekry het. Kan jy vir my een Afrikaner vandag in die DA noem wat regtig die moeite werd is om na te luister?

Wat Helen Zille se man, mnr. Zille genoem hier in die Kaap, betref; hy noem homself ‘n Christen en gaan kerk toe, wat sy Marxisme effe besoedel. Die land is nog vrot van akademiese sosioloë, Afrikaners en Engelse, met bloeiende harte en onrealistiese verwagtinge. Die grootste radikale grondhervormers in hierdie land was die oorspronklike Orania-groep wat, gelei deur ‘n sendeling wat later as akademikus studente meer van die Ou Testament geleer het, Afrikaners probeer oortuig het om afstand te doen van hulle geboortegrond en nog later aan die ANC-President geskryf het hulle groep wil die "brute botsing van belange" so vermy. Vol punte vir alliterasie, maar geen punte vir enige iets anders nie. Geen wonder dat, ‘n intussen meer realistiese, Van Zyl Slabbert, wat van teologie na sosiologie as akademikus beweeg het, en oom Carel dwarsdeur alles vriende gebly het nie, al was ras of kleur een tyd ‘n ernstige punt van verskil.

Die bespiegelinge oor Helen Zille se verhouding met haar man is maar net dit en niks meer nie. Albert Hertzog was met sy Britse vrou getroud tot hy dood is en talle ander openbare figure se liefdeslewens weerspreek hulle uitlatings en oortuigings. Dan Roodt is nou besig om te doen wat Steve Hofmeyr se vyande doen wat wil weet hoekom is hy met ‘n Engelse vrou getroud. Jy kan baie dinge met ‘n taal doen, maar jy kan nie fisies daarmee liefde maak nie en daaroor is die mensdom nie baie puristies nie.

Die spekulasie oor Helen Zille se geheime anti-Afrikaanse agenda sou mens maklik bevestig kon gekry het deur met van Zyl Slabbert of enige ander Afrikaner wat met haar te doen het, te gesels. Ten minste praat sy nie die geradbraakte Afrikaans wat Tony Leon aangeleer het in dieselfde tyd toe hy sy velkleur op plakkate effens verdonker het vir verkiesings hier in die Kaap nie.

Ten slotte, Helen Suzman. Ek sien absoluut niks verkeerd daarmee dat mense haar bewonder nie en sy doen vandag meer deur haar Stigting, en saam met mense soos RW Johnson, om ‘n ware beeld aan die wêreld voor te hou van wat in Suid-Afrika aan die gang is as meeste. In elk geval het John Vorster haar al destyds as opponent bewonder en dit ook gesê.

online free slotsалександр лобановский харьков класс

Die dekades van die lang messe

ImageDie Mandela SMS-sage het blankes se saak waarskynlik ’n groot knou toegedien, omdat dit die voorwerp van hoon en spot in die media geword het. Dit het mense ook baie meer lugtig vir gerugte en waarskuwings gemaak, iets wat in die toekoms moontlik ’n duur prys mag hê. Die volgende waarskuwing mag op die werklikheid gegrond wees, maar gaan mense ag slaan daarop of gaan hulle ook dink dat dit ’n blote gerug is? Myns insiens spreek die vrees vir ’n sogenaamde nag van die lang messe, buiten die profetiese of religieuse aspekte daarvan, voorts nie van baie helder denke nie, en onderskat dit die ANC-regime se uitgeslapenheid.

In baie opsigte is die regime in politieke terme veel meer gesofistikeerd as waarvoor ons hulle krediet gee, en veral baie meer gesofistikeerd as die meeste blanke politici. Die afranseling wat die swaksinnige Roelf Meyers van die patetiese Nasionale Party by Kodesa op die lyf geloop het, is sprekend hiervan. Vir die regime om ’n kataklismiese, georganiseerde volksmoord teen blankes te pleeg of aan te spoor in ’n spreekwoordelike nag van die lang messe, sou ’n dom en kru strategie wees.

Dit sal dom wees omdat blankes hulself noodwendig militêr sal organiseer. Dit sal tot ’n burgeroorlog lei soortgelyk aan dié in Kosovo, een wat militêr gesproke vir die regime bitter moeilik sou wees om te beheer. Rewolusies soos dié wat deur die gerugte in die vooruitsig gestel word, het die neiging om hul skeppers te vernietig. Hoe weet die Xhosa-elite dat die moordenaars van blankes nie ook ryk swartes en hul eiendom sal begin teiken nie? Die SANW is in ’n toestand van terminale disintegrasie as gevolg van swak dissipline, ’n gebrek aan bestuur en MIV, met slegs 5% van sy troepe slaggereed. Moontlik sal die Verenigde Nasies moet ingryp om orde te herstel. Nadat orde herstel is of die burgeroorlog verby is, sal die oorblywende blankes waarskynlik vir hul eie veiligheid na ’n spesifieke gebied verskuif moet word, en sal veroorsaak dat ’n volkstaat tot stand kom, iets waaroor die regime geensins entoesiasties is nie.

Die land se ekonomie sal egter in die proses vernietig word, aangesien blanke oorlewendes op groot skaal sal vlug, tesame met hul kundigheid. Kyk mens na die naakte hebsug en kruipende nasionalisering waarmee die regime en sy Xhosa-binnekring blanke bates vir homself toe-eien, is dit allermins wat die Wabenzi sou wou hê. ’n Nag van die lang messe sal ook noodwendig tot die kansellasie van die 2010-sokkerwêreldbeker lei, iets wat ’n geweldige verleentheid vir die Afrosentriese bewind sou wees, om nie te praat van ’n enorme geldelike verlies vir die korrupte lede van die regime wat geldelik deur die toernooi bevoordeel gaan word nie.

Dit is weliswaar moontlik dat bendes lukraak en gewelddadig mag reageer op Mandela se dood, maar ’n kort, bloedige en grootskaalse nag van die lang messe wat deur die regime georganiseer word, is om bostaande redes myns insiens hoogs onwaarskynlik.

Andersyds is dit so dat die regime geen erg het aan die blanke setlaars op sy grondgebied nie. Die president praat van “setlaars wat nog nie vertrek het nie”. Minister Charles Nqakula beveel aan dat diegene wat kla oor misdaad, die land moet verlaat. Stel uself dus in die ANC-regime se posisie. U het twee doelwitte: U wil ontslae raak van ’n ongerieflike minderheid. Ten tweede wil u nie in die proses die gans wat die goue eiers lê en aan u obsene rykdom verskaf, nekom draai nie. Die beste scenario is een waarin die minderheid sélf besluit om landuit te verkas, sonder dat ’n bloedige en ekonomies vernietigende oorlog nodig is. Hoe doen mens dit?

• Blaas misdaad en laegraadse terreur in die geheim aan, maar weier om iets daadwerkliks aan die gevolglike misdaad te doen, sodat die minderheid in vrees en bewing lewe en gevangenes in hul eie huise word. Ontken dan dat die probleem bestaan as hulle daaroor kla en blameer dit op rassistiese persepsies.

• Maak dit duidelik dat statutêre rassediskriminasie teen die minderheid ad infinitum sal aanhou. Sodoende sal die minderheid die gevolgtrekking maak dat daar beroepsgewys bitter beperkte geleenthede vir hulle bestaan en vrywillig emigreer na lande met beter vooruitsigte.

• Wis die minderheid se kultuur, plekname en geskiedenis stelselmatig uit, sodat hulle toenemend ontuis in hul vaderland voel.

• Ontwapen die minderheid om enige moontlikheid van gewapende opstand te verwyder.

• Vervreem die minderheid deur aanhoudend al die land se probleme op die minderheid te blameer.

• Pas gedwonge integrasie toe, waarvolgens plakkers en armes aangemoedig word om op die minderheid se voorstoep te kom woon, selfs in rykmansbuurte en selfs in die enkele gebiede waar die onwelkomes die meerderheid is.

• Terwyl u al die bostaande doen, besig skynheilige praatjies van nasiebou en versoening teenoor die internasionale gemeenskap, sodat hulle nie onraad merk nie.

Die leser het waarskynlik reeds besef dat al die bostaande reeds in Suid-Afrika aan die gang is. Dit is dus heeltemal moontlik dat die regime klaar ’n veldtog van laegraadse etniese reiniging van stapel gestuur het, waarvolgens hy stelselmatig probeer om blankes te verwilder, maar op so ’n subtiele wyse dat hy hom nie internasionale veroordeling op die hals haal nie en nie die ekonomie in die proses totaal vernietig nie, of in ieder geval nie voor die Xhosa-elite hul Switserse bankrekenings volgestop het nie.

Die nag van die lang messe gaan myns insiens waarskynlik nie plaasvind nie, want ons bevind ons reeds in die dekades van die lang messe. Praatjies oor die nag van die lang messe dien slegs om ons aandag van dít wat reeds aan die gang is, af te lei.

shop games freeалександр лобановский харьков класс

Oslo se verkragtingskok

In ’n polisiestudie wat in die Noorweegse hoofstad gedoen is, is bevind dat twee uit drie verkragtings deur nie-Westerse immigrante gepleeg word. Die aantal verkragtings toon ook ’n konstante toename. Dit is die eerste studie van sy soort waar misdaadstatistiek aan die hand van etniese oorsprong oorweeg word.

Van die 111 gevalle wat verlede jaar in Oslo aangekla is van verkragting, was 72 van nie-Westerse oorprong, 25 was Noorweegs of Westers en 14 onbekend.

Verkragtingsake in die hoofstad is besig om die hoogte in te klim. Tussen 1999 en 2000 het dit met 40% gestyg en dit is reeds hierdie jaar met 13% hoër.

Nege uit tien gevalle wat aangemeld word, lei nie  tot vervolging nie omdat die polisie nie glo dat daar genoeg getuienis bestaan om ’n skuldigbevinding te regverdig nie.

Polisie-inspekteur Gunnar Larsen van Oslo se Moord-en-roof-afdeling sê die syfers is verbasend: Die groeiende aantal verkragtings en skakel met etniese herkoms verteenwoordig ’n duidelike neiging. Larsen wou egter nie spekuleer oor die redes wat daartoe aanleiding gee nie.

Terwyl 65% van die aangeklaagdes vir verkragting van nie-Westerse  afkoms is, maak die nie-Westerse bevolking van Oslo slegs 14,3% van die algehele stadsbevolking uit. In 80% van die gevalle is die slagoffers Noorweegse vroue en 20% van immigrante-afkoms.

Larsen meen dat daar geen konteks bestaan om die resultate teen te meet nie omdat hierdie die eerste studie is waarin etniese data van nader betrag word.

"Al wat ek kan sê, is dit in ons ervaring ’n stygende tendens is. Ons sien dit aan die aantal kere wat ons tolke moet gebruik tydens die ondersoeke”, het Larsen bygevoeg.

детская кухняФільчаков Олександр Васильович

PRAAG wens Louis Trichardt geluk met oorwinning

PRAAG wens Louis Trichardt geluk met sy oorwinning in die Appèlhof in Bloemfontein waarmee die totalitêre naamsverandering van Louis Trichardt omgekeer word. Nie net is die naamsverandering ondemokraties deur die ANC-oorheersde distriksmunisipaliteit deurgevoer nie, maar ook die anti-Afrikaanse kultuurminister, Pallo Jordan, het enduit volgehou dat hy oor diktatoriale magte beskik om dorpe en stede se name na willekeur te verander.

Louis Trichardt stel ‘n voorbeeld vir die stryd wat die Afrikaner tans teen etniese suiwering en die uitwissing van alle Afrikaanse plekname voer. Daar moet enduit geveg word, hetsy in die hof, hetsy met die verfkwas in die hand, maar nooit mag ons gaan lê voor die aanslag van die Xhosa-oorheersde Afro-fascistiese party wat tans ons land regeer nie. Ook ander dorpe in die Noord-Transvaal en ander dele van die land moet hulself teen naamsveranderings verset. Ons weet dat Jordan steeds van plan is om Pretoria se naam te verander en ‘n geweldige mobilisering gaan nodig wees om die minister in sy magsugtige anti-Afrikaner-venyn te stuit.

Soos die lede van Louis Trichardt se Voorsittersvereniging reeds te kenne gegee het, is die stryd nog nie gewonne nie, want hulle verwag dat die ANC met ‘n verdere aanslag op die dorpenaars sal kom ten einde hul Mugabe-agtige oorheersingspatologie te laat seëvier.

Ons wil terselfdertyd ons teleurstelling met dele van die Afrikaanse media, spesifiek die SAUK en die koerante en tydskrifte in die Nasionale Persgroep uitspreek wat uit hul pad gaan om Afrikaanse name in die land te laat verdwyn deur die lawwe ANC-name vir ons dorpe en stede te gebruik, selfs nog voor hofprosesse en dispute afgehandel is. Afrikaanse koerantredakteurs wat hul eie mense, kultuur, taal en geskiedenis verraai, moet onder die besef gebring word van hul vuige kultuurverraad. Sulke mense verdien die argwaan en die minagting van ons hele volk.

справка формаФильчаков прокурор

Louis Trichardt bly Louis Trichardt

Image

Lugfoto van Louis Trichardt

Die Noord-Transvaalse dorp Louis Trichardt, wat reeds drie jaar lank met ’n hofstryd teen ’n naamsverandering besig is, het so pas in die Appèlhof in Bloemfontein gewen, met koste. Die ANC-distrikstadsraad gaan daarom genoodsaak wees om alle borde met die naam "Makhado" op eie koste te verwyder en "Louis Trichardt" te herstel.

’n Volbank van vyf regters het oor die saak gesit wat deur die Louis Trichardt-voorsittersvereniging teen die minister van kultuur, Pallo Jordan, en ander aanhangig gemaak is. Volgens die vereniging op die dorp, is minder as een persent van munisipale inwoners oor die naamsverandering geraadpleeg.

Inwoners op die dorp is verheug oor die beslissing, wat as ’n deurbraak in die stryd teen provinsiaal afgedwonge naamsveranderings beskou word. "Ons is so bly," het een inwoner gesê, en bygevoeg dat sy ook wil sien dat die winkelsentrum wat onlangs opgerig is, "Makhado Crossing" sy naam na "Louis Trichardt-kruising" moet verander.

Advokaat Sam Maritz, S.C., vir die staat, het in Bloemfontein aangevoer dat inwoners wel geraadpleeg is, hoewel daar net een vergadering gehou is wat sleg bygewoon is en boonop ’n dag voor die aangekondigde datum plaasgevind het. Maritz het ook gemeen dat minister Pallo Jordan heeltemal korrek opgetree het in terme van “transformasie” en dat raadpleging met inwoners eintlik nie nodig is nie.

By die vorige hofsitting in die Transvaalse Hooggeregshof in Pretoria, het die hof die staat se argument dat daar geen wet was wat die minister verplig het om enigeen oor die naamsverandering van ’n dorp te raadpleeg nie, aanvaar. Daardie bevinding is nou vewerp en die besonderhede van vanmôre se uitspraak word afgewag.

Volgens ’n lid van die voorsittersvereniging, is “die stryd egter nog nie gewonne nie want die arme ANC wat nog nooit geleer het om met waardigheid te verloor nie, sal weer die proses aan die gang sit. Maar ons is reg vir hulle”.

 
Die inwoners van Louis Trichardt is bekend vir hul strydvaardigheid en gemeenskapsin. Oor die afgelope jaar het die buurtwag in die dorp misdaad met 95% laat daal, ’n prestasie wat in misdaadgesteisterde Suid-Afrika ongehoord is. 

играшкилобановский александр отзывы

Hoe links is Lady Helen en sal Afrikaners vir haar stem?

ImageDit lyk na ’n uitgemaakte dat Helen Zille die nuwe leier van die DA (Demokratiese Alliansie) gaan word. Hiermee gaan die party beduidend na links verskuif en sy Afrikanersteunbasis versaak ten gunste van die veel groter swart stem.

Tony Leon het in ’n onderhoud op Kyknet erken dat die meerderheid DA-kiesers Afrikaners is. In die Weskaap ondersteun ’n groot aantal bruin kiesers wat saam met die ou Nasionale Party gekom het, insgelyks die party. Tans geniet die DA bloedweinig steun onder swart kiesers, maar sowel Zille as die partystrateeg, Ryan Coetzee (’n Engelse Coetzee), is vasbeslote om die party te herposisioneer as ’n “party vir al die mense”.

Het u ’n mening oor Helen Zille en die DA-leierskapstryd? Stuur dit vir ons aan briewe@praag.org.

In ’n onderhoud wat in die mees onlangse De Kat verskyn het, lig Helen Zille die sluier oor haar planne. Nêrens in die onderhoud maak sy hoegenaamd melding van die Afrikanersteun wat die DA geniet nie, maar spekuleer wel oor die grootskaalse migrasie van Xhosas na die Weskaap wat die party se huidige beheer oor Kaapse munisipaliteite (waaronder Kaapstad self) in die gedrang gaan bring.

Zille is egter self ’n Xhosafiel wat die taal aangeleer het en dit soveel moontlik praat. Volgens haar is Xhosa “’n geweldige moeilike taal grammaties en idiomaties, maar dis ook buitengewoon mooi en logies. Daarom sal ek aanhou daarmee.”

Haar voorliefde vir die Xhosakultuur veroorsaak dat sy nie uitermate bekommerd is oor die toestroming van ANC-gesinde Xhosas na die Weskaap wat dalk die DA se steunbasis onder blanke en bruin kiesers mag oorweldig nie. Die ANC kort net 190 000 stemme om ’n volstrekte meerderheid in die Kaapstadse metroraad te behaal en volgens die stadsraad se eie syfers migreer 80 000 Xhosas per jaar vanuit die Ooskaap na die Skiereiland se blink liggies toe.

Volgens Zille is die aanname dat Xhosa-migrasie uiteindelik die DA se enigste provinsiale en stedelike magsbasis mag uitskakel, ongegrond. Sy sê: “Dit is baie meer waarskynlik dat die ANC voor die tyd sal skeur. Kyk  maar net na die geweldige interne spanning en die groot kwessies wat die ANC in die gesig staar. Hierdie aanname berus ook op die veronderstelling dat die ANC die alleenreg op swart steun het. Maar die ANC besit nie swartmense nie.”

Duidelik is Zille veel meer polities korrek as Tony Leon. Laasgenoemde het sy bes gedoen om Afrikaans te praat. Hoewel Zille Afrikaans magtig is,  maak sy geen punt daarvan om die taal te praat nie en wil eerder aansluiting by die Xhosas as by Afrikaners of Afrikaanse bruinmense vind.

Haar soeke na swart steun móét uiteindelik op ’n konflik van belange binne die party uitloop as die een miljoen Afrikanerkiesers wat tans die party steun, uitvind dat die toekomstige leier se simpatie elders is. Daar is reeds groot spanninge binne die DA met die groot aantal oud-NP-politici, veral in die Weskaap, wat kla dat die party deur Engelssprekendes uit die ou Progressiewe Party oorheers word. Die sogenaamde “Progs” word glo insgelyks voorgetrek as dit by die samestelling van kandidaatlyste kom sodat hulle in die topstruktuur van die party oorverteenwoordig word.

Dis nogal insiggewend dat geen van die drie kandidate in die huidige leierskapstryd (Zille, Seremane en Trollip) ’n Afrikaner is nie; dít in weerwil van die meerderheid steun wat die party van Afrikaners ontvang.

Elders in die De Kat-onderhoud spreek Zille haar bewondering vir Helen Suzman uit, maar veral ook vir die meer linkse Alistair Sparks wat boonop ’n aarts-Afrikanerhater is. In Chris Louw se boek Boetman en die swanesang van die verligtes vertel die skrywer watter minagting Sparks vir Afrikaners koester, hoe hy hulle as dom beskou en hoe Afrikaner-intellektuele, -skrywers en -joernaliste intellektueel “venietig” is tydens ’n ontmoeting met die meer briljante ANC-leierskap in Frankryk tydens die laat tagtigerjare.

Volgens sommige DA-raadslede in die Weskaap, voer Zille steeds ’n stryd teen Afrikaners in haar eie party. Sy is wel getroud met ’n verengelsde Afrikaner, Johann Maree, maar hy is ’n Marxistiese akademikus aan die Universiteit van Kaapstad. Maree erken rondborstig dat sy eie politiek links van sy vrou s’n is en mens kan wel spekuleer of hy haar nie beïnvloed om nog verder links in die rigting van sosialisme, Afrosentrisme en radikale grondhervorming te beweeg nie.

Die behuisingsbeleid van die Kaapse metroraad is reeds sterk sosialisties georiënteer en intrekkende Xhosas vanuit die Ooskaap kan daarop reken dat hulle gesubsidieerde behuising van die stadsraad sal ontvang. Uiteindelik moet ’n mens vra watter werklike verskil daar tussen Helen Zille se politieke ideologie en dié van die ANC is.

Tot dusver geniet Zille ook oorweldigende steun in Naspers se Afrikaanse koerante en veral van Beeld se politieke korrespondent, Jan-Jan Joubert, wat self ’n groot ANC-ondersteuner is. Iemand binne die DA praat selfs van Joubert se “obsessie” met Zille wat in haar ’n vroulike alternatief vir Mbeki sien en wat min of meer dieselfde beleidsrigtings van transformasie, ontmagtiging van die Afrikaner, grondhervorming en die kolonisering van die Weskaap deur die Xhosas sou voorstaan.

Onder Zille se burgemeesterskap gaan die Kaapse metroraad in elk geval ’n groot aantal naamsveranderings deurvoer met veral Afrikaanse name in die visier. Die stadsraad het ook onlangs ’n monument ter ere van PAC-stryders wat sogenaamd in die stryd teen apartheid gesneuwel het, opgerig en onthul.

In ’n ander onderhoud twee weke gelede in die Sunday Independent voorsien Zille selfs dat sy in die toekoms graag met die “meer gematigde vleuel” van die ANC sou wou saamwerk. Met “gematigd” bedoel Zille waarskynlik die Mbeki-faksie, teenoor die meer populistiese Zuma-faksie. Indien die ANC dus sou skeur soos Zille self voorspel, sal sy haar gewig by die huidige Xhosa Nostra wat die party beheer, wou ingooi.

Gegewe die groot hoeveelheid Afrikaners wat tans DA stem, behoort Zille gevra te word wat haar standpunt oor die marginalisering van Afrikaans, misdaad, onwettige immigrasie, regstellende aksie, naamsveranderings en dergelike kwessies wat Afrikaners na aan die hart lê, sou wees. Haar antwoorde mag interessant wees.

Het u ’n mening oor Helen Zille en die DA-leierskapstryd? Stuur dit vir ons aan briewe@praag.org.

купить детский ремень для мальчикапрокурор Фильчаков

Skokkende getuienis in volksmoordverhoor

In opspraakwekkende getuienis op die eerste dag van ’n oorlogsmisdadeverhoor in Kanada, het ’n oorlewende van die Rwandese volksmoord in 1994 die weke lange geweld beskryf, asook herhaalde verkragtings wat sy in die vroeë dae van die konflik in dié Afrikaland ondergaan het.

Die getuienis is gelewer in die verhoor van Desiré Munyaneza, 40, wat in terme van Kanadese reg verhoor word op twee klagtes van volksmoord, twee klagtes van misdade teen die mensdom en drie klagtes van oorlogsmisdade vir sy rol in die 100 dae van geweld waarin meer as 800 000 mense, meesal Tutsi’s en gematigde Hutu’s, omgekom het.

Munyaneza is die seun van ’n ryk sakeman wat in 1996 na Kanada gevlug het maar wie se vlugtelingstatus geweier is. Hy het sedertdien in Toronto agtergebly tot sy inhegtenisname in Oktober 1995 nadat hy deur lede van die plaaslike Rwandese gemeenskap herken is en by die polisie aangegee is.

Die baanbrekerhofsaak in Kanada is die eerste vervolging onder die Misdade teen die mensdom en oorlogsmisdadewet wat in 2000 gepromulgeer is ten einde beweerde oorlogsmisdadigers plaaslik te vervolg.

In haar inleidende betoog het die aanklaagster Pascale Ledoux die hofsitting in Montreal vertel dat Munyaneza “hetsy deelgeneem het, gehelp het, hetsy moorde, seksuele geweld en pludering aangemoedig het met die doel en gemoedstoestand om die Tutsi-bevolking in ’n gewapende konflik te vernietig.

Munyaneza, wat deur familie en vriende in die hof ondersteun word, pleit onskuldig.

Indien hy skuldig bevind sou word, kan dié vader van twee kinders lewenslange tronkstraf in ’n Kanadese gevangenis in die gesig staar.

Die eerste getuie in die verhoor, ’n Tutsi-vrou waarna slegs verwys is as getuie C15 om haar identiteit te beskerm, het die hof vertel dat sy op die ouderdom van 17 saam met haar suster geforseer is om van hul huis na ’n skool in die dorpie Butare te gaan, 135 kilometer suid van die hoofstad Kigale, waar hulle deur die Hoetoes se Interhamwe-milisie aangeval is.

Toe sy probeer het om te ontsnap, is sy bewusteloos gelaat nadat haar voorkop met ’n panga oopgekap is, het die vrou getuig. Toe sy wakker word, het sy vir drie dae gemaak asof sy dood is deur haar dooie suster se bloed aan haar te smeer. Sy moes oor lyke klim toe sy die skool verlaat want die hele vloer was met dooie liggame bedek.

Slegs twee uit die 3 000 mense wat na die skool gevlug het, het oorleef.

Sy het vertel dat sy later vanuit ’n kantoor op die dorp waarheen sy gevlug het, ontvoer is en in ’n plaaslike huis opgesluit is waar sy herhaaldelik deur verskeie mans verkrag is.

Munyaneza het haar nie verkrag nie, maar sy het beweer dat hy haar vriendin verkrag het. Hy het ook daaraan deelgeneem om mense na vragmotors aan te lok waarna hulle weggeneem en vermoor is, volgens haar.

Sy het vertel dat Munyaneza ’n padblokkade in die dorpie beman het waar hy vir identiteitskaarte gevra het en sy het gesien hoe hy ’n seun uit die skare trek en hom doodslaan.

Die verhoor is onderbreek toe die getuie, wat agter ’n getinte glasskerm getuig het om haar van die volgepakte hofsaal af te sluit terwyl sy steeds vir die beskuldigde sigbaar was, siek geword het waarna die regter die verhoor uitgestel het. Dit sou weer gisteraand Suid-Afrikaanse tyd hervat.

мультики про трансформерівтопкарго отзывы