Duitsland moet kernwapens aanskaf

Image

Peter Scholl-Latour

Die 83 jarige Peter Scholl-Latour is een van die bekendste joernaliste in Duitsland. Hy praat Arabies vlot en het ’n kennis oor die wêreld wat sy kollegas dikwels in die skadu stel. Hierdie onderhoud is eksklusief met die Duitse politieke  tydskrif Cicero gevoer.

Duitse buitelandse politiek bestaan net so min as ’n Duitse strategiese konsep. En die skuld daarvoor is nie voor die deur van Berlyn of enige aantal partye of politici te lê nie. Die verdere uitbreiding van die Europese Unie na 27 lede waarvan die belange uiters uiteenlopend blyk te wees, het nie net die kontinent nie maar ook Duitsland se optrede drasties ingeperk. Militêr gesproke is die Atlantiese verdragslede van ’n vyand ontneem deur die val van die Sowjetunie. Sedertdien is NAVO sogenaamd “out of area” met ’n tydlose en ruimtelik onbegrensde spokejag op internasionale terroriste bedrywig.

Diegene wat hier dinge op hul naam noem, word deur die Duitse media onvermydelik as anti-Amerikaans gebrandmerk. Dan is daar andersyds prominente Amerikaanse politici wat George W. Bush as die mees onheilsame politikus in die geskiedenis van die VSA beskou. Die kans op ’n pax americana wat ná die einde van die Koue Oorlog sonder twyfel bestaan het, is deur die blinde oorlogsugtigheid van die Bush-administrasie verspeel. Vandag behoort Duitsers uiteindelik die verskil tussen Europa se Noord-Atlantiese verbintenis met Amerika wat sy eksistensiële behoeftes asook kulturele nabyheid behels en die konkrete struktuur van die Verdrag – NAVO – te erken. Sedert die Oos-Wes-konflik bygelê is, het NAVO oorbodig geword en werk dit toenemend negatief vir Europese vennote.

As flagrante voorbeeld van hierdie mistasting is die voorneme van Washington – sonder inligting en konsultasie – om in Pole en Tsjetsjnië ’n missielafweerskerm, dus ’n hoogs ingewikkelde radarstelsel, op te rig. Dat die doel van hierdie herontplooiing aan die oewers van die Weichsel en Moldau kwansuis veronderstel is om uitsluitlik die grondgebied van die VSA te beskerm teen die ballistiese kapasiteit van ’n Islamitiese Republiek van Iran of ’n Noord-Korea, klink absurd en weerspreek die gees van Atlantiese solidariteit.

Europese state sal veel eerder sodoende in die reikwydte van kernkoppe wat eventueel uit die Ooste afgevuur word, kom as die veraf Amerika wat deur oseane beskerm word.

Duitsers behoort teen dié tyd te begryp dat die perfeksionistiese afweersisteem in ’n ekstreme geval nie geloofwaardige beskerming teen ’n blindewoedekernbedreiging van ’n vyandelike staat sal bied nie – in die afwesigheid van kontinentale konsensus – maar wel die beskikbaarheid van ’n eie nasionale kernafweervermoë. Frankryk dra deur hierdie insig met die skepping van sy Force de dissuasion al lank reeds die gevolge van sy besluit.

In die Duitse Bundestag, waar die burgerlike aanwending van kernenergie al soveel kere verwerp is, sal die voorstel van só ’n projek ’n storm van verontwaardiging veroorsaak.

Die tye onder Kohl en Mitterand – in alle lojaliteit teenoor Washington – toe daar nog oor militêre simbiose tussen Duitsland en Frankryk bespiegel is, behoort ooglopend tot die verlede. Van ’n Bondskanselier uit die Uckermark [arm, sanderige gebied in die noord-ooste van Duitsland], kan ’n mens kwalik “Karolingiese” visies verwag. In Parys daarenteen het die sin vir die grandeur van die Aandland de Gaulle se epigone handig te pas gekom.

Sedert George W. Bush en sy neo-konserwatiewe raadgewers, wat ten spyte van opportunistiese versoenende gebare aan Europa  steeds bly vasklou aan ’n unilaterale VSA-politiek en die werklik relevante state soos Nietzsche dit stel as “kälteste aller Ungeheuer” behandel, bly die plegtige versekeringe van getrouheid soos dit uit die Berlynse Bundestag oor die Atlantiese oseaan weerklink, naïef en ongevraag.

Wie kan origens vir Vladimir Putin kwalik neem as hy die opstel van nuwe afweerstellings op sy land se westelike grens oorweeg?  Die Warskou-aangevuurde “drang-na-die-Ooste”-uitbreiding van NAVO en die EU word as provokasie ervaar, en hy neem bloot genoegsame teenmaatreëls. Het enige van die gepatenteerde Kremlin-kritici ooit gedink hoe die Amerikaanse openbare mening sal reageer as Russiese ingenieurs hul missielsisteem – onder watter voorwendsel ook al – in Venezuela, Nicaragua of Kuba ontplooi?

воронеж мотор-тестерылобановский александр жена