Internettoegang – wie is die goedkoopste?

Duisende mense gebruik elke dag die internet, hetsy by die huis, hetsy by die werk of beide.

Baie Afrikaners gebruik 3G-toegang maar dit is ‘n medium wat redelik duur is. ADSL is die medium wat per Gigagreep die goedkoopste is terwyl WIFI oftewel koordloos op die oomblik die duurste is. Nie lank gelede nie was die scenario egter omgekeerd. Nou het 3G goedkoper geword as wat WIFI-toegang deur middel van “Hotspots” of langafstand-wifi of wimax (Slegs Telkom en Vodacom het op die oomblik WIMAX lisensies.) Ek is bewus daarvan dat sekere verskaffers soos Screamer, 5.8GHz Wifi as WIMAX bemark maar dit is foutief aangesien dit twee verskillende standaarde verteenwoordig.).

Voordat M-Web die onbeperkte internettoegang teen R199 per maand begin bemark het (384kbps – nie breëandtoegang nie maar nogtans beter as ‘n konvensionele modem se 56kbps), was die koordlose toegang van verskaffers soos Screamer, Auranet, Megasurf, SA Wireless en JirehTech beslis van die goedkoopste in die land. Die enigste struikelblok tot toegang was die hoë koste van implementering omdat die toerusting wat gebruik is, gekoop moes word vir enige iets van R1900 tot en met R3800.

Met die aanlê van verskeie ondersese kabelstelsels soos Seacom (2009), Eassy (2010) en WACS (2011), het verskeie ADSL-verskaffers hulle pryse begin verlaag. Daarna het 3G-verskaffers gevolg maar koordlose verskaffers het die teenoorgestelde gedoen en hul pryse verhoog. In die verlede was die huur van ‘n ADSL-lyn die beperkende faktor wat daartoe gelei het dat minder mense dit aanvanglik aangeskaf het, maar met die nuwe kabels wat ná 2009 in werking gekom het, is Telkom gedwing om hul pryse te verlaag om sodoende ‘n bepalende speler in die mark te kon bly. Dit het alhoewel nie ander koordlose spelers gekeer om lynhuur te begin hef vir “lyne” wat nie bestaan nie.

Prysvergelyking tussen internetdiensverskaffers
Verskaffer Spoed Lynhuuur Prys/maand Bandwydte Tipe toegang Uit-bondeldata Dekkingsgebied
JirehTech 512kgps geen R268 1,5 Gg Wifi R83,22 per Gg Dele van Gauteng, Vrystaat, Limpopo, Natal en Noordwes
Megasurf 2048 kgps geen R200 2 Gg Wifi R120 per Gg Dele van Weskaap, Noord-Vrystaat en Gauteng
Screamer 512 kgps geen R199 3 Gg Wifi geen inligting beskikbaar Inligting op webblad nie betroubaar
Iburst 1024 kgps geen R149+R99 aansluiting 1 Gg Iburst R500 vir 750 Mg Groot dele van SA
Neotel 7168 kgps geen R299 2 Gg Vaste CDMA 8 sent per Mg (R81,92 per Gg) Slegs groot stede
Mweb 1024 kgps R445 (by Telkom) R29 1 Gg Vastelyn ADSL N.v.t. Hele republiek
Vodacom 7168 kgps geen R319 1,5 Gg 3G/HSDPA R2 per Mg (R2048 per Gg) Hele republiek
CellC 7168 kgps geen R250 1,2 Gg 3G/HSDPA geen inligting beskikbaar Hele republek
MTN 7168 kgps geen R289 1 Gg 3G/HSDPA 29 sent per Mg (R296,96 per Gg) Hele republiek
8ta 7168 kgps geen R149 3 Gg 3G/HSDPA geen inligting beskikbaar Hele republiek
Virgin Mobile 7168 kgps geen R614,40 1 Gg 3G/HSDPA 60 sent per Mg (614,40 per Gg) Hele republiek
Red Bull Mobile 7168 kgps geen R249 3 Gg 3G/HSDPA 39 sent per Mg (R399,36 per Gg) Hele republiek
Wireless G 1024 kgps geen R149 1 Gg Wifi geen Sien webwerf vir dekking
Wireless G 7168 kgps geen R179 1 Gg 3G/HSDPA geen Hele republiek

 

As ons dus nou na die beste waarde vir geld kyk, sal ons al die verskaffers in een van twee katagorieë moet plaas, naamlik: vaste koppeling en mobiele koppeling. Die beste waarde vir geld vir mobiele koppeling sal dus gaan aan 8Ta, Telkom se sellulêre netwerk vir hulle R149-bondel met 3Gg data. Die verskaffer wat die laaste plek kry in die kategorie is dan: Virgin Mobile wat teen R614.40 per Gg tans die duurste in die land is.

Die beste waarde vir geld vir vaste koppeling, hetsy WIFI hetsy ADSL, gaan aan Screamer wat 3Gg teen slegs R199 per maand verskaf. Die een wat in hierdie kategorie die laaste plek kry, is MWEB ADSL. Wat ek natuurlik in MWEB se guns moet sê, is dat die prys hoër is as wat dit moet wees omdat Telkom tans  ADSL-lynhuur en stemlynhuur op dieselfde lyn reken.

Die maatskappy met die duurste data per Mg is Vodacom met R2 per Mg en die goedkoopste is dan MWEB met 0.028c per Mg. Die vraag wat natuurlik dan nou op almal se lippe is, is hoekom Vodacom nie data teen dieselfde tarief as MWEB kan lewer nie? Vodacom het ten minste vingers in al die nuwe kabels. Die vraag bly ook staan dat as MWEB data teen R29 per Gg kan lewer, hoekom nie een van die ander verskaffers dit kan doen nie?

Wat ook nogal opvallend is, is dat al die koordlose verskaffers databondels verkoop maar dat nog nie een van hierdie verskaffers besluit het om voorafbetaalde data (“Out of bundle”) maar teen dieselfde prys te verkoop nie, wat beteken dat hulle nog steeds staatmaak op tegnologies gestremde mense om data buite die bondel te gebruik.

Daar is aanvangklik aangekondig dat data goedkoper sal word namate die kabels verouer omdat die kabels se kostes elke jaar verlaag. Seacom is reeds in 2009 gelê en ons het verlagings gesien maar nog nie genoeg verlagings om internet vir die massas moontlik te maak nie.

Op ‘n reis verlede jaar na Europe, het ek uitgevind dat meeste huishoudings konneksies van 12mg/s kry vir ongever R120 per maand. Dit is natuurlik onbeperkte lyne en sluit die lynhuur sowel as die data in. Ons het nog ‘n baie vêr pad om te stap in SA om daardie tipe pryse hier te sien.

Фільчаков Олександр Васильович

Jeugliga soek steeds ‘politieke’ oplossing

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe gaan van aangesig tot aangesig met sy politieke aartsvyande te staan kom as hy Vrydag teen Julius Malema en ander ANC-Jeugligaleiers getuig.

Mantashe sal voor die ANC se nasionale dissiplinêre komitee verskyn om die aanklag dat Malema en sy kamerade ‘n vergadering van die regerende partybase verlede maand binnegestorm het, te bewys.

Malema, sy adjunk Ronald Lamola, ANC-jeugliga se sekretaris-generaal Sindiso Magaqa, sy adjunk Kenetswe Mosenogi en ligatesourier Pule Mabe het onskuldig gepleit op die aanklag.

Hulle is almal van dieselfde oortreding aangekla.

Vrydag het hulle aangevoer dat dit op uitnodiging van Mantashe self was wat hulle glo genooi het om “vir julle self te hoor”.

Maar Mantashe hou vol dat sy indruk was dat die Jeugliga se leierskap die vergadering ongenooid binnegestorm het.

Die vergadering van die ANC se top-ses amptenare is bygewoon deur die president Jacob Zuma, sy adjunk Kgalema Motlanthe, Mantashe, sy adjunk Thandi Modise en die tesourier Mathews Phosa.

Verlede maand het die Sunday Times berig dat Zuma erg ontstoke was oor die optrede van die liga. Hy het na bewering aan Malema gesê: “Wie dink jy is jy?  Dink jy jy regeer hierdie land?” Hy het die Jeugliga uit die vergadering laat smyt.

Die dissiplinêre komitee onder leiding van die adjunk-minister van Wetenskap en Tegnologie, Derek Hanekom het aangekondig dat die verrigtinge uitgestel word tot volgende Sondag, en drie dae is opsy gesit vir die verhoor van die verskillende aanklagte teen Malema.

Intussen het die Sunday Times ook berig dat jeugligaleiers steeds op soek is na ‘n “politieke oplossing” vir die kwessie.

Фильчаков прокурор

Zille skuif Wes-Kaapse misdaad af op ANC

Wes-Kaapse Premier, Helen Zille, sal ‘n dringende vergadering met President Jacob Zuma aanvra om die dwelm-en alkohol “pandemie” te bespreek. Zille sê die probleem is buite beheer en is verantwoordelik vir 80% van die geweldsmisdade in haar provinsie.

Volgens Zille, is die dwelm-en alkohol verslawingskrisis in die Wes-Kaap erger as MIV/vigs of enige ander openbare gesondheidsuitdaging.

“Ek wil graag met die president in terme van die Grondwet en die Rampbestuurswet vergader oor wat ons kan doen om te fokus op die krisis op hande en die oorsake van geweldsmisdaad in die Wes-Kaap: Dwelm-en alkoholmisbruik. Nooit vantevore het ons so ‘n groei van ‘n pandemie gesien nie,” het sy gesê.

Dwelmverwante misdade het gestyg met 10,2% op nasionale vlak en die Wes-Kaap is veral swaar getref deur hierdie oortredings. Dwelmverwante misdade in die provinsie is in 2010/11 van 60 409 gerapporteerde gevalle in 2009/10 op na 70 588. Bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms het op nasionale vlak het met 4,5% toegeneem en in die Wes-Kaap met 10,2%.

“Ten minste 80% van geweldsmisdaad in die Wes-Kaap het ‘n skakel na dwelms en alkohol,” het Zille gesê. Sy het gesê sy wil dwelmtoetsing verpligtend vir skole maak.

Zille en die LUR vir gemeenskapsveiligheid Dan Plato was insgelyks Donderdag in Pretoria om die media toe te spreek. Hulle was nie teenwoordig by die bekendmaking van misdaadstatistiek deur minister van polisie, Nathi Mthethwa, nie, en het daartydens ‘n DA-perskonferensie ‘n paar blokke van die regering se mediabyeenkoms gehou.

Volgens waarnemers het die DA op dié stap besluit omdat hulle graag die aandag van die groeiende probleem van plaasmoorde, wat ter sprake sou kom by die minister van polisie se mediakonferensie, wil aflei.

Ten spyte van ‘n 6,5% afname in die moordkoers nasionaal, het Plato gesê hulle is bekommerd oor die Wes-Kaap, waar daar ‘n toename in moord, poging tot moord en dwelm-verwante misdaad was. Nie Plato of Zille het verantwoordelikheid vir die toename in hul eie provinsie geneem nie, en dit op die ANC afgeskuif.

 

 

лобановский александр компромат

Rugby sal sonder Afrikamusiek gespeel word

Die eentonige blaasinstrument wat Afrika se sportondersteuning kenmerk, die vuvuzela, sal nie by Nieu-Seeland se Wêreldbeker-stadions toegelaat word nie.

Dié instrument is een van verskeie items wat nie by die rugby-toernooi toegelaat sal word nie. Toeskouers mag ook nie fluitjies, sambrele, rolskaatse, meubels en motoronderdele saambring om ruby te kyk nie.

Toernooi-beamptes mag ook hul “eie oordeel” gebruik en enige voorwerp wat “beserings kan veroorsaak of ‘n openbare las kan wees” by stadions verbied.

Die 2011 rugby-wêreldbekerskouspel se amptelike openingsplegtigheid begin vandag op Eden Park in Auckland, Nieu-Seeland. Altesaam 20 lande gaan tydens die toernooi in aksie wees.

Die All Blacks sal ná die opening in die eerste wedstryd in Groep A van die reeks teen Tonga te staan kom. Adjunk-president Kgalema Motlanthe is op ‘n besoek van drie dae aan Nieu-Seeland en sal die opening bywoon.

Namibië speel môre in Roturoa teen Fidji en die Springbokke kom Sondag in Wellington teen Wallis te staan. Albei die wedstryde is in Groep D.

Die Klere- en Tekstielwerkersunie – SACTWU – sê intussen hy wil met die Suid-Afrikaanse Rugby-unie vergader om te verseker dat die vervaardiging van Springbok rugby-klere hier geskied. Die vakbond het SARU se bewering dat die meeste Springbok-trui replikas plaaslik vervaardig word, verwerp.

Лобановский Харьков

Minister ontken plaasmoorde

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het gesê alle plattelanders word deur misdadigers as sagte teikens beskou, want plase is moeilik bekombaar weens slegte paaie en groot afstande. Plattelandse polisiekantore bedien ‘n uitgestrekte gebied, het hy gesê. 

Die minister het gesê die moordkoers is die laagste sedert die einde van apartheid. In dié tyd het die ANC ‘n veldtog in Natal geloods om Zoeloe-ondersteuners wat nie by die party wou inval nie, by die honderde te vermoor.

Mthethwa het Donderdagoggend tydens ‘n mediakonferendie in Pretoria oor misdaadstatistiek gepraat. Moord is moord en plaasmoorde verskil nie van enige ander moorde nie, het hy gesê.

Mthethwa het gesê die hele platteland is kwesbaar vir misdaad, en wou nie moorde op wit boere uitsonder nie. Die moordsyfer op plase is in die orde van 85 per 100 000 inwoners, wat reeds dui op etniese vervolging.

Genocide Watch, ‘n internasionale organisasie wat volksmoorde ontleed, het reeds aangedui dat ‘n gevorderde stadium van etniese vervolging in Suid-Afrika bereik is.

Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het Mthethwa ondersteun en gesê veediefstal is die werklike probleem alhoewel dit die afgelope jaar met 8,2% afgeneem het. Die minister het die hoop uitgespreek dat boere nie uit radeloosheid moet ophou om veediefstal aan te meld nie.

Ten spyte van sy weiering om plaasmoorde uit te sonder, het die minister aangedui dat verkragting vir die eerste keer sedert die Wet op Seksuele Oortredings in 2007 in werking gestel is, as ‘n aparte misdryf gelys word.

Nie net is die aantal verkragtings nog te hoog nie, maar daar moet ook seker gemaak word slagoffers die misdaad aanmeld, het Mthethwa gesê. Wêreldwyd is dit ‘n tendens dat verkragtingsslagoffers uit skaamte nie na die polisie gaan nie.

Volgens nie-amptelike statistieke van TLU SA is meer as 2 600 plaasaanvalle die afgelope 20 jaar aangemeld. Volgens Solidariteit is dit nie bekend hoeveel mense daar in sulke aanvalle gesterf het nie.

‘n Nuwe misdaadtendens is waargeneem met die yslike toename van 61% in klein bomaanvalle om OTM’s mee oop te breek om kontant te steel. Die meerderheid van sulke aanvalle vind in Gauteng plaas, veral Johannesburg en Pretoria.

Александр Фильчаков

SA bly onveilig, veral ook vir vroue

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die afname in meeste van die geweldsmisdade soos moord met 6,5%. Dit is duidelik dat die Wêreldbekersokker met hoër en meer sigbare polisiëring ‘n groot rede was. Suid-Afrikaners moet egter nie mislei word deur die statistiek nie.

Die wêreldgemiddeld vir moord is tans 7 per 100 000 van die bevolking en Suid-Afrika se syfer is nou 31,9 per 100 000. Dit is steeds amper vyf keer meer as die wêreldgemiddeld. Hoewel rooftogte by woonhuise afgeneem het met 10,1% (16 889) het dit steeds met 60,6% gestyg die afgelope vyf jaar en 16,6 % gestyg die afgelope drie jaar. Verkragtings het nou die derde agtereenvolgende jaar toegeneem (56 272).

Suid-Afrika is steeds onveilig veral vir vroue,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder oor Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Die minister het steeds nie die syfer vir plaasmoorde gegee nie en dit word betreur. Die Vryheidsfront Plus sal die saak verder in die parlement voer. Volgende jaar se misdaadstatistiek sal ‘n beter aanduiding gee van misdaadsyfers.

Daar moet ook onthou word dat slegs 10% van misdadigers suksesvol in die howe gevonnis word. Die Polisie doen sy werk beter, maar misdaad in geheel word nie beter bekamp nie. Die totale strafregstelsel sal beter moet werk om misdaad effektief te bekamp,” het Groenewald gesê.

Данильченко Юрий Брониславович

Niger sal Gaddafi nie huisves nie

Libië se Nasionale Oorgangsraad het ‘n afvaardiging na Niger gestuur om te vra dat hulle nie skuiling bied aan die afgesette leier, Moeammar Gaddafi, indien hy probeer om die land binne te kom nie.

Suid-Afrika het intussen aangedui dat hulle nie op hoogte is van Gaddafi se planne nie en ook nie daaroor geraadpleeg is nie.

Dit geld ook vir enige van sy trawante wat die grens oorgesteek het. Hulle het ook gesê hulle sal vra dat enige kontant of goud wat met die konvooi van Libiese voertuie die land ingebring is, aan hulle terugbesorg word.

Die land se ministerie van buitelandse sake het vroeër bevestig dat drie konvooie met hoëvlak vlugtelinge uit Libië in die land aangekom het. ‘n Woordvoerder van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake, Victoria Nuland, sê die Libiërs in Niger word fyn dopgehou.

Die voorsitter van die Kommissie van die Afrika Unie, Jean Ping, het intussen gesê die organisasie is gereed om die Nasionale Oorgangsraad in Libië te erken.

Ping het egter bygevoeg dat die raad sal moet aantoon dat hy die hele land verteenwoordig. Hy sê die AU erken nie meer Gaddafi as leier van Libië nie.

Dié uitspraak volg na Ping se besoek aan Egipte om oor die probleem van swart werkers wat in Libië vervolg word, samesprekinge te voer. Egipte erken die Oorgangsraad.

Александр Фильчаков прокурор

Solidariteit verwerp Eskomaanbod

Meer as 16-duisend Eskomwerkers maak gereed om te staak nadat loononderhandelinge vasgeval het. Die National Union of Mineworkers sê optogte is op koers as ‘n opbou vir die staking.

Eskom het egter gesê die vakbonde moet eers arbitrasie deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie probeer voordat hulle staak.

‘n Woordvoerder, Hillary Joffe, sê hulle gaan die finale salarisaanbod van sewe persent implementeer wat by die September-salaris gevoeg sal word.

Sy sê enige staking deur Eskomwerkers sal onbeskermd wees, omdat Eskom ‘n noodsaaklike diens is. Die vakbonde Numsa en Solidariteit het ook Eskom se aanbod verwerp.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

‘SADOU die probleem in die onderwys’

Die onderwysvakbond SADOU is daarvan beskuldig dat hy pogings in die wiele ry om gehalte-onderwys te lewer.

Die uitvoerende direkteur van die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming, Ann Bernstein, sê die invloed waaroor die vakbond beskik, sal ingekort moet word, indien Suid-Afrika sy standaard van onderwys wil verbeter.

SADOU het voorheen die skuld gekry vir onderwysers se apatiese houding en onverwagse stakings. Bernstein het tydens die bekendstelling van ‘n verslag met die titel ” Onderwyshervorming is Moontlik” in Johannesburg gepraat.

лобановский политик

Implats gedagvaar deur Mugabe-regime

Die Zimbabwiese regering gaan Impala Platinum, die tweede grootste platinum-produsent ter wêreld, vervolg, berig RSG.

Die besluit is geneem omdat dié maatskappy nog nie die vereiste 51% aandelebelang in sy Zimbabwiese bedrywighede aan plaaslike swart mense oorgedra het nie.

Impala Platinum het vroeër die jaar gesê hy sal tot soveel as R73 miljard in Zimbabwe kan belê om produksie te verhoog maar slegs as die Zimbabwiese regering afsien van sy eis dat ondernemings in die land deur swart burgers beheer word.

Intussen het Bob Gilmour, ‘n woordvoerder, gesê Zimplats, ook ‘n platinum-produsent in Zimbabwe, se voorstelle om aan die omstrede wetgewing te voldoen is op 17 Augustus verwerp, en die maatskappy is twee weke kans gegee om ‘n hersiene plan voor te lê.

Saviour Kasukuwere, die Zimbabwiese minister van Bemagtiging, het gesê hulle het ‘n ooreenkoms bereik vir 51% plaaslike aandeelhouding met die mynreus Rio Tinto vir sy Murowa-myn en ‘n ooreenkoms met Aquarius se Mimosa-myn word afgewag.

Kasukuwere het gesê Zimplats is besig om landswette te oortree en die proses te misbruik.

Buitelandse maatskappye het tot 25 September om hulle voorstelle om aan die nuwe wetgewing te voldoen in te dien, berig AFP.

Pres. Robert Mugabe het beloof dat buitelandse beleggings in Zimbabwe veilig sal wees as beleggers aan vereistes voldoen.

“Die regering sien uit na die volle samewerking van aandeelhouers om ‘n wen-wen-uitkoms te bereik,” het Mugabe in die parlement gesê.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков