Superintendent Abie Khoabane het verklaar dat die meisie haar ma vertel het wat Dinsdag gebeur het.
‘n Dokter het bevestig dat sy verkrag is.
Die tiener het intussen verdwyn.
‘n 14-jarige seun het ‘n sesjaaroue meisie wat by sy huis in Balfour, Oos-Transvaal, gespeel het, verkrag, het die polisie gister gesê.
Superintendent Abie Khoabane het verklaar dat die meisie haar ma vertel het wat Dinsdag gebeur het.
‘n Dokter het bevestig dat sy verkrag is.
Die tiener het intussen verdwyn.
Xingwana se agenda is ooglopend. Tog kan nie een van die landbou-unies dit raaksien nie. Of, eerder, wil hulle dit dalk nie verneem nie? Die sogenaamde minister het ‘n strategie wat effektief daarop gemik is om verhoudinge tussen die regering en die blanke landbougemeenskap te vernietig. Haar rede is waarskynlik dat wanneer die verhouding onherroeplik beskadig is, sy gaan aanvoer dat daar nie van haar verwag kan word om oor enige aspek van grondhervorming, plaasmoorde, haar gewraakte rassistiese uitsprake, of enige ander aspek van landbou met AgriSA en die TLU-SA te praat nie. Die feit dat veral AgriSA tot op hede uit hulle pad gegaan het (tot op die punt van kruiperigheid) om die regering se onredelike eise te akkommodeer, bewys duidelik dat die minister nie eens hulle oordrewe poging om die regime tevrede te stel, goed vind nie. Daar is basies niks wat die blanke landbousektor kan doen om die regime te bevredig nie, behalwe om van hul grond afstand te doen of instemmend vermoor te word nie.
Die sogenaamde minister se kat-en-muisspeletjies met georganiseerde landbou is ook ‘n duidelike aanduiding dat sy daarvan bewus is dat sy die hef in die hand het. Deur Xingwana voortdurend te vermaak met hul oorgretige poging om met haar te beraadslaag, is landbou eintlik besig om hul magteloosheid en desperaatheid te toon. Die boodskap wat die minister ontvang, is dat hulle geheel en al uitgelewer is aan die regime en dit misbruik sy tot haar volle revolusionêre voordeel.
Die sogenaamde minister se kat-en-muisspeletjies met georganiseerde landbou is ook ‘n duidelike aanduiding dat sy daarvan bewus is dat sy die hef in die hand het. Deur Xingwana voortdurend te vermaak met hul oorgretige poging om met haar te beraadslaag, is landbou eintlik besig om hul magteloosheid en desperaatheid te toon. Die boodskap wat die minister ontvang, is dat hulle geheel en al uitgelewer is aan die regime en dit misbruik sy tot haar volle revolusionêre voordeel.
Xingwana se jongste beskuldiging teen georganiseerde landbou, is dat hulle haar of die regering nie erken nie. Voorwaar het landbou nou meer as genoeg rede om haar inderdaad te ignoreer en halt te roep sover dit gesprekke met die regime betref.
Komende na PRAAG se verklaring vanmôre, het die FAK so pas ‘n verklaring uitgereik waarin die ANC-minister van kultuur, Pallo Jordan gekritiseer word vir sy ongevraagde uitlatings oor Bok van Blerk se De la Rey-lied. Hier volg Johann Rossouw, HUB, se volledige teks:
"Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings, die FAK, het die Departement van Kuns en Kultuur (DKK) gewaarsku teen ‘n kwaadwillige, neerbuigende wanvertolking van Bok van Blerk se liedjie, De la Rey. Volgens die FAK is dit verregaande om soos die DKK te suggereer dat dié lied hoegenaamd met sogenaamde "gewapende weerstand" of "kaping deur regsgesindes" in verband gebring word. Dit is eweneens ongegrond om soos die DKK te beweer dat die Anglo-Boereoorlog-held en vredemaker, genl. De la Rey, "deur ‘n minderheid van regses" as oorlogsheld beskou word, terwyl De la Rey allerweë as een van die mees wyse Afrikanerleiers tot nog en een van Afrika se eerste anti-koloniale vryheidsvegters geag word.
Die DKK behoort kennis te neem dat die lied, De la Rey, se reuse gewildheid baie wyd onder Afrikaners van alle oortuigings is. Hierdie gewildheid hou ongetwyfeld verband met die waardige, positiewe wyse waarop die lied Afrikaners se identiteit erken. Dit hou ook verband met die behoefte aan verbeeldingryke, demokratiese leierskap by Afrikaners, asook die dikwels hardhandige wyse waarop die regering met belangrike simboliese kwessies van Afrikaners omgaan. Die DKK se afmaking van druk op Afrikaanse kultuur en die taal Afrikaans – waaronder alle inheemse tale vandag gebuk gaan – as "onsin" is ‘n gevaarlike ontkenning van feite soos die dramatiese verengelsing van Afrikaanse universiteite en skole. Hierdie soort ontkenning herinner aan die manier waarop swart Suid-Afrikaners se legitieme griewe onder die vorige bedeling weggepraat is. Om ook nog die Wet op Hoogverraad en die Boeremag-verhoor soos die DKK met die De la Rey-debat ter sprake te bring, is onverantwoordelik en getuig van ‘n neiging om alle Afrikaners van smeulende rassisme en onpatriotisme te verdink.
Hierdie ongelukkige uitsprake van die DKK toon hoe groot die kloof tussen die regering en Afrikaners geword het. Dit is in niemand se belang dat hierdie toedrag van sake voortduur nie, en daarom doen die FAK ‘n beroep op die DKK om hom van die feite te vergewis en eerder ‘n volhoubare vennootskap met Afrikaners te vestig. Suid-Afrika se belangrikste voorwaarde vir sukses bly die vriendskap tussen Afrikaners en Afrikane, en hierdie doel moet met groot energie nagejaag word, eerder as om mekaar verdag te maak."
Volgens ’n Wêreldbankverslag wat op 6 Februarie vrygestel is, gaan Afrika-ekonomieë erg sukkel om die res van die wêreld in te haal, aangesien hulle twee dekades agter is wat ekonomiese groei betref.
Sowat 10% van die wêreld se bevolking bly in Afrika, maar terselfdertyd word 30% van die armste mense op die planeet ook hier aangetref.
Volgens die verslag was daar groei in die 60’s en 70’s, maar tussen 1975 en 1995 was daar ’n afwaartse tendens in meeste lande op die vasteland. In 1970 het 36% van Afrika se totale bevolking in geweldige armoede geleef. Teen die einde van die eeu het die syfer toegeneem tot ’n verstommende 50%.
Xolile Guma, adjunkgoewerneur van die Suid-Afrikaanse reserwebank, is van mening dat baie van Afrika se ekonomiese probleme toegeskryf kan word aan die onvermoë van regerings om by hulle beleid te hou. Gebrek aan kontinuïteit pootjie ekonomiese groei.
Die verslag beveel aan dat die “beleggingsklimaat” verbeter moet word, asook infrastruktuur en die “kapasiteit” van regeringsinstellings.
Die vrystelling van hierdie verslag val saam met ’n kabinetskommeling in Zimbabwe. Robert Mugabe het verskeie adjunkministers bevorder en van meer senior kollegas (waaronder die minister van finansies) ontslae geraak. Tans staan die inflasiekoers in die land op 1 281%. Geweldige tekorte word in winkels ondervind en daar word geskat dat sowat 80% van die bevolking onder die broodlyn leef.
MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP 7 FEBRUARIE 2007
Die sogenaamde minister van kuns en kultuur, wat onlangs die vermetelheid gehad het om te sê dat hy "die naam van Pretoria sal verander as hy die dag opstaan en lus het", het hom gister ongevraag oor Bok van Blerk se De la Reylied uitgelaat. Die stereotipe van die "verregse" Afrikaner is ons weereens onder die neus gevryf.
Die Afrikaner wat van Bok van Blerk hou, is "verregs".
Die Afrikaner wat in sy geskiedenis belangstel, is "verregs".
Die Afrikaner wat Standaardafrikaans wil praat en nie wil sien dat idiotiese omroepers van die SAUK dit opmors nie, is "verregs".
Die Afrikaner wat nie weens die ongebreidelde misdaadterreur wil emigreer en sodoende sy geboortereg aan onwettige immigrante uit Afrikalande wil afstaan nie, is "verregs".
Die Afrikaner wat nie soos Adriaan Vlok wil voete was weens misdade wat hy nie gepleeg of ondersteun het nie, is "verregs".
Met ander woorde, Bok van Blerk en ons almal is "verregs" volgens ANC-definisies.
Dit is tekenend van die prehistoriese Sowjetagtige taal wat sogenaamde ANC-ministers besig wat nie eens hul eie portefeuljes waarvoor hulle aangestel is, na behore kan hanteer nie (hetsy Veiligheid, hetsy Kultuur) dat die fundamentele onverdraagsaamheid, chauvinisme en rassisme van hul uitsprake altyd in die retoriek van "anti-fascisme" en "anti-verregs" ingeklee word. Presies soos in die ou Oosbloklande. Hallo Stalin, hallo Bresjnef, hallo Erich Hoenecker, hallo Pallo Jordan.
Namens alle regdenkende Afrikaners wat nog nie deur die eenpartystaat se skoothondjiemedia gebreinspoel is nie, verwerp ons Jordan se uitspraak totaal.
Die minister het geen belang by Afrikaans, behalwe om dit aktief te onderdruk soos hy en sy afskuwelike party elke dag doen nie. Laat hy sy totalitêre smoel van Bok van Blerk se De la Rey en alle Afrikaanse liedjies af hou.
Die ANC in KwaZoeloe-Natal gaan waarskynlik vir Jacob Zuma as die volgende president nomineer hoewel die uitvoerende komitee nog nie ‘n kandidaat wil benoem totdat die partytakke hul besluit bekend gemaak het nie. Daar is ongeveer 300 takke van die ANC in die provinsie.
Die ANC se provinsiale sekretaris, Senzo Mchunu, het gister gereageer op ’n City Press-berig verlede Sondag dat sekere lede van die provinsiale bestuurskomitee Zuma se ondersteuners uitgedaag het om te bewys dat provinsiale strukture reeds in Januarie 2005 hul steun aan Zuma sou toegesê het.
Mchunu het gesê dat die provinsiale bestuur eers “amptelik” ’n kandidaat vir die presidentskap kon benoem as ANC-takke op hulle kandidate besluit het en slegs ná ’n vergadering van die provinsie se elf provinsiale streke teen die einde van Augustus of in September sou besluit om Zuma te nomineer.
Fidel Castro is skynbaar op sy laaste bene en in sekere dele van die Westerse wêreld sal sy laaste asem verwelkom word. Castro het die dood wat dikwels aan hom gestuur is met groete van die CIA reeds meer as een keer vrygespring. Dit is ironies dat ’n man wat deur die magstigste land ter wêreld geteiken is blykbaar aan natuurlike oorsake op ’n rype ouderdom gaan sterf.
Castro se gesondheidsprobleme en verwagte afsterwe het reeds ’n taamlike indruk in die Amerikaanse pers gemaak en op afwagtende Kubaanse uitgewekenes in Miami, asook komediante wat grappe oor sy kunsmatige anus maak. Treurende linksgesindes het reeds begin om die man se lewe te ontleed.
Al die opwinding oor Castro is natuurlik buite verhouding met sy belangrikheid as ’n figuur in die twintigste eeu. Castro het weliswaar ’n sekere mindere rol in die dekoloniseringsproses in Afrika en Suid-Amerika gespeel, maar hy is in der waarheid histories minder belangrik as Pinochet of Lenin, of Ghandi, of selfs Ho Chi Minh.
Waarom is daar dan ’n obsessie met Castro, wat mens nugter as ’n mislukte leier van ’n onbenullige land kan beskou? Daar bestaan ’n paar redelike verduidelikings vir die obsessie wat mens in die ideologiese en sosiale stelsels van veral Suid-Amerikaanse lande kan vind. Maar miskien vertel die obsessie ons meer oor die Weste as wat dit enigsins iets oor Castro of sy nalatenskap sê.
Kommuniste en sosialiste (selfs die demokratiese soort) in die Weste wat Pinochet en Franco en Mussolini en ander fasciste verafsku, het skynbaar ’n blinde kol vir Castro se fascistiese neigings. In ’n ander wêreld sou Castro baie maklik in die lysie hierbo pas. Net soos hulle, is hy ’n geweldenaar, is hy lief vir militêre drag en het hy sy samelewing vermilitariseer en sy jong mense op militêre avonture gestuur wat nie direk in Kubaanse belang was nie.
Verder is rassesegregasie vandag op Castro se eiland opvallend – Kubaanse leiers is altyd wit, en wit Kubane is beter opgevoed en opgelei terwyl swart Kubane materieel minder daaraan toe is. Castro het glo selfs probeer om van sy rasseprobleem ontslae te raak deur swart Kubane aan te moedig om in Angola te gaan veg.
Castro se neiging om politieke teenstand met militêre geweld te beantwoord en te onderdruk, asook sy genadelose optredes teen politieke andersdenkendes, is soortgelyk aan die metodes van fasciste soos Franco, Mussolini of Pinochet. Politieke opponente van Castro het net twee opsies gehad – vlug Miami toe, of word aangehou en gemartel. Met geluk sal jy die jare in die tronk oorleef. In dié opsig is die twintigste eeu se twee ekstreme politieke filosofieë (kommunisme en fascisme) soortgelyk, indien nie in oortuiging nie, dan wel in metode. Kommuniste soos Castro het net so effektief soos die fasciste (Franco en Pinochet) vermoor, onderdruk en gesensor.
Fidel Castro is in 1926 gebore, die buite-egtelike kind van ’n arm immigrant in Kuba wat homself ryk gewerk het in suikerplantasies. Hy studeer in die regte aan die Universiteit van Havana in 1945, waar hy polities aktief word. Later sluit hy by die Partido Ortodoxo aan, ’n sosialistiese party wat die doel het om die ryk Kubaanse elite se houvas op Kuba te breek. Hy reis na Colombia in 1948 waar hy aan studente-onluste deelneem.
Terug in Kuba werk hy as ’n prokureur, maar ’n staatsgreep deur Batista noop hom om sy praktyk te sluit en om saam met Raúl Castro, sy broer, ’n beweging te stig met die doel om die Batista-regering omver te werp. Hulle versamel wapens en probeer om die militêre Moncada Barracks aan te val. Die aanval is ’n fiasko, en Castro en Raúl kom net-net met hul lewens daarvan af. Hierna trek hulle terug na die Sierra Maestra, ’n bergagtige deel van Kuba oos van stad Santiago. Later word hulle hier vasgetrek en merkwaardig vir daardie tyd, word hulle nie tereggestel vir hoogverraad nie. Fidel word wel 15 jaar tronk toe gestuur vir sy aandeel in die aanval. Gedurende sy verhoor gee Castro sy welbekende lesing “Die geskiedenis sal my vergewe” (in Engels vertaal as: “History Will Absolve Me”).
In die tronk gaan hy voort met planne om die Batista-regering omver te werp en in 1955 word hy vrygelaat, ná hy minder as twee jaar van sy vonnis uitgedien het. Hy vertrek Meksiko toe waar hy saam met ander Kubaanse uitgewekenes die sogenaamde Beweging van 26 Julie (26th of July Movement) stig met die doel om deur guerilla-oorlog die Batista-regering te ondermyn. Hier ontmoet Castro vir Erneste “Ché” Guavara, wat later deur Westerse jongmense vereer sou word as dié “sjiek” radikaal. Die waarheid oor Ché is egter anders: hy was ietwat oorgewig, asook baie wreed en lafhartig. Ché sou later deur Fidel na Bolivië toe gestuur word met die doel om die regering daar omver te werp. Hier is hy gevang en die Boliviaanse polisie het hom summier tereggestel, maar nie voor hulle hom verneder en vir sy lewe laat pleit het nie – Ché, wat sy slagoffers so maklik tereggestel het, was self glo baie bang vir die dood.
Teen 1959 is Castro terug in Kuba. Dié keer is die revolusie suksesvol en hy word die Maksimum Leier van die nuwe Revolutionêre Staat. Hy begin onmiddelik ’n Kommunistiese regeringstelsel in Kuba in te stel. Onteiening van privaat eiendom en grond vind plaas en noue bande word met die Sowjetunie gesmee. Die Sowjetunie stuur adviseurs in 1960 en die destydse Amerikaanse president (Eisenhower) stel sanksies teen die land in. Meer as veertig jaar later duur die sanksies voort en bly Kuba ekonomies ’n agterlike en tegnologies gestremde land.
Intussen het verskeie planne deur die CIA om Castro te vermoor skipbreuk gelei. Daar is bewerings van ontploffende sigare, pogings om hom te vergiftig en dergelike ander truuks, maar Castro is skynbaar onuitwisbaar. ’n Plan om Kuba in te val (die Bay of Pigs-aanval tydens die Kennedy-administrasie), misluk ook. ’n Belangrike gebeurtenis gedurende die Koue Oorlog is die sogenaamde Kubaanse missielkrisis in 1966, toe Castro aan die Sowjetunie magtiging verleen het om kernmissiele op die eiland te ontplooi. Die Amerikaanse reaksie was ’n seeblokkade rondom Kuba. Die krisis veroorsaak byna ’n kernoorlog tussen die Sowjetunie en die VSA.
Intussen vlug duisende van Kuba se (meestal wit) opgeleide bevolking van die eiland, dikwels op vlotte, en vestig hulle in Miami om die “Exile Cuban Community” te vorm. Dit word later ’n effektiewe drukgroep in Florida, een van die VSA se belangrikste state. Die groep het vandag steeds ’n beduidende invloed op Amerikaanse beleid jeens Kuba. Ná meer as veertig jaar hoop baie steeds om na die eiland terug te keer en om hulle verlore besittings terug te kry.
Kuba is vandag meer bekend in Suid-Afrika weens die Angolese oorlog, asook vir die swak opgeleide dokters wat die eiland uitvoer. Castro se regering het ook dele van die eiland se beste strande opsy gesit vir die ontwikkeling van oorde vir vakansiegangers van Noord-Amerika (veral vanuit Kanada). Gewone Kubane word die oorde verbied. Die eiland is egter steeds ’n verdrukkende kommunistiese staat, arm en agterlik. Duisende mense is tereggestel onder Castro se regering, dikwels ná onvoldoende verhore en baie meer is tronkstraf opgelê in die transformasie van die eiland tot ’n kommunistiese staat. Castro se broer Raúl, wat as weermagshoof aangestel is, is bekend vir sy persoonlike wreedheid gedurende die guerilla-veldtog. Een kommentator som dit soos volg op: “Along with Ché Guevara, Raúl’s notoriety in the Sierra Maestra would also grow for dispensing swift and severe revolutionary retribution via firing squads for those suspected of collaborating with Batista security forces or accused of treason.” http://www.haciendapub.com/castro22.html
Een van die groot ironieë van die twintigste eeu is sekerlik die bewondering wat sommige Westerse leiers vir Castro openbaar het. Pierre Trudeau, voorheen eerste minister van Kanada, was sy persoonlike vriend (Castro was ’n kisdraer op Trudeau se begrafnis). Hooggeplaaste Europese leiersfigure, Hollywood-akteurs, en ander linksgesindes in die Weste het oor die laaste veertig jaar hulle ondersteuning en bewondering vir Castro uitgespreek. Hy is, soos een keer opgemerk is, Hollywood se “gunstelingtiran”.
Castro se verpersoonliking in die Weste as ’n Latynse machismo oefen ’n sado-seksuele aantrekkingskrag in sekere Westerse kringe uit, veral op linksgesinde vroue. Die verleidelikheid van ’n geweldenaar in uniform wat verkrag en moor wakker ’n bewondering aan en ’n lus vir verbode avonture in ’n Westerse bevolking wat elke drang reeds bevredig het. Mens moet nooit die seksuele ondertone van die verbeeldingsvlugte van sandaaldraende linkse Westerse tannies onderskat nie – dit is uiters herkenbaar. Soortgelyke verhoudings is nou skynbaar gewoon in die nuwe Suid-Afrika. Voorheen konserwatiewe tantes wat met die revolusionêre ander kant ’n gemene deler vind. Mans wat revolusie bring of wat moor en geweld pleeg, het skynbaar steeds ’n seksuele aantrekkingskrag vir vroue wat hulleself voorgee as verlig en anti-geweld en wat iewers links op die politieke kontinuum leef.
Die lys van Castro se bewonderaars in die Weste en in die VSA, is inderdaad lank. Die lys bevat onder andere Jesse Jackson, Steven Spielberg (wat ’n ete met Castro as die agt belangrikste ure van sy lewe beskryf), Naomi Campbell (wat die seksuele revolusionêre sjiek van Castro skynbaar onweerstaanbaar vind), Oliver Stone (wat Castro een van die wêreld se mees wyse leiers noem) en verder Robert Redford, Spike Lee, Sidney Pollack, Woody Harrelson, Danny Glover, Ed Asner, Shirley MacLaine (nog ’n linkse Westerse tannie wat van vuil revolusionêre moordenaars hou), Alanis Morissette, Leonardo DiCaprio en Kevin Costner. Laasgenoemde is soos volg aangehaal na sy ontmoeting met Castro: “Dit was die ervaring van ’n leeftyd om net enkele voet van hom af verwyder te sit en te sien hoe hy ’n ervaring herleef wat hy as jong man beleef het.” (Hoe sê, Kevin? In die kammawêreld waarin jy leef het jy seker nog nooit iets egs as ’n jong man ervaar nie.)
Hierdie lys, wat toegegee meestal bestaan uit akteurs en ander invloedryke leë koppe, is nietemin ook een wat bestaan uit selfverklaarde demokrate wat in dieselfde asem die doodstraf veroordeel, vryheid van spraak ondersteun en Castro voorhou as die bevryder van sy mense en ’n groot humanitêre figuur. Daar bestaan ’n kognitiewe dissonansie by linkse ideoloë wat normaalweg byna onverstaanbaar is en wat nuwe inhoud aan Lenin se begrip van die “nuttige idioot” gee.
Nelson Mandela het met sy vrylating buite Pollsmoor-tronk na Fidel Castro as “’n groot vriend” verwys en sy ontmoetings met die Castro kan op Youtube aanskou word.
http://www.youtube.com/watch?v=-R7hw4rsUl8
Wat sê dit oor Nelson Mandela of oor Oliver Stone of Steven Spielberg? Wat sê dit oor Pierre Trudeau, of oor Helgeer Langeland (die Noorweër wat Castro in 2001 vir ’n Nobelvredesprys genomineer het)?
Die bewondering vir Castro in sekere Westerse kringe sê nie veel oor Castro self nie. Castro se persoonlike geskiedenis is bekend, sy wreedheid is bekend; in baie gevalle is daar oor sy slagoffers geskryf. Hy is, om dit kort te stel, ’n boelie wat verdink word van die moorde op mede-studente aan die Universiteit in Havana 60 jaar gelede en wat vandag ’n staat regeer wat oor die laaste 45 jaar duisende tereggestel het (ongeveer 550 net in die eerste ses maande ná die revolusie). Baie meer is toegesluit en word steeds aangehou (Castro het die feit al in die openbaar erken). Hy is verder verantwoordelik vir die verdrukkende klimaat in Kuba. Dit is alles goed gedokumenteer. Daar is inderdaad al aantygings gemaak dat genoeg in Kuba onder Castro gebeur het om ten minste ’n ondersoek na “misdade teen die mensdom” te gelas. http://en.wikipedia.org/wiki/Human_rights_in_Cuba
Die rede vir Castro se bewonderenswaardige beeld by sekere Westerse figure kan dus nie by Castro gesoek word nie, maar kan net vasgestel word deur diegene wat hom admireer te ondersoek.
Waarom het Castro ’n skadu oor die tweede helfte van die twingigste eeu gegooi? Was dit sy militêre avonture in Afrika waar duisende van sy soldate gesneuwel het of was dit sy rol in the Kubaanse missielkrisis? Is dit die Amerikaanse beheptheid met hom en hulle pogings om van hom ontslae te raak? Of was dit sy verpersoonliking as radikale leier? Of was dit omdat soveel joernaliste en invloedryke figure in Hollywood hom bevoordeel en bevorder het? Waarom word Castro se toesprake en bedrywighede met ywer in die Westerse pers opgedis? En hoekom is daar vandag afwagting in die Westerse pers vir sy ondergang, asof hy die leier van ’n beduidende land is?
Daar was blykbaar altyd ondersteuners van Castro onder Westerse joernaliste en hulle het dit as ’n persoonlike taak gesien om vir hom die woord te doen. Die vrye beriggewing en kolomspasie in invloedryke Westerse koerante (The New York Times en ander) het hom beroemd gemaak en Castro, wat bekend is vir sy urelange vervelige en dreunende toesprake, het op sy beurt die Westers pers briljant vir sy eiesoortige propaganda gebruik. Sy foute en wreedheid is ook deur die Westerse media oorgesien. Dit is ironies dat Castro bevoordeel is presies deur dít wat hy in Kuba sou verafsku het – ’n vrye pers en vryheid van spraak.
Nelson Mandela se heldeverering vir Fidel Castro is baie bekend. Mandela, wat hoog opgee oor vryheid (ten minste in al sy toesprake) praat van Castro as “sy goeie vriend”, as ’n “groot man” wat baie gedoen het vir bevryding en vir sy mense en as ’n revolusionêre figuur wat vryheid na Kuba gebring het. Dié heldeverering sê natuurlik baie meer oor Mandela as wat dit iets oor Castro te kenne gee, net soos wat dit baie meer vertel oor Hollywood se “bruikbare idiote”.
Castro se komende dood sal verandering in Kuba bring. Miskien sal die eiland nog vir ’n klompie jare aanstrompel onder Raúl, maar een of ander tyd sal die regime ondergaan. Daarna, en dit is die grootste ironie in die hele verhaal, sal Kuba word wat Castro nie wou hê dit moes word nie – ’n speelplek vir ryk Amerikaners en die eiendom van die invloedryke en ryk Kubaanse uitgewekenes in Miami.
Volgens die Suid-Afrikaanse Departement van Kuns en Kultuur loop Bok van Blerk se trefferliedjie, De la Rey, gevaar om deur “verregses” gekaap te word. Hulle wil skynbaar Afrikaanssprekendes mislei deur hulle te laat glo dat dit ‘n proteslied is wat mense oproep om die geweer op te neem.
Advertensies het vandag in Suid-Afrikaanse koerante verskyn waarin daar ’n beroep gedoen word op president Thabo Mbeki om die styging in misdaad hok te slaan.
Die Kaapse PSG-groep het ’n ope brief gepubliseer waarin Mbeki gevra word “om ons te wys dat jy omgee.” Verder lui die advertensie soos volg: “Ons kan slegs ’n bydrae maak in ’n stabiele Suid-Afrika.”
Mbeki berei tans sy toespraak vir die parlementsopening op 9 Februarie voor. Hy was onlangs in die spervuur omdat hy meen die meerderheid Suid-Afrikaners glo nie misdaad is buite beheer nie.
Eerste Nasionale Bank (ENB) het verlede week sy R20 miljoen-veldtog teen misdaad laat vaar en alle advertensies aan koerante onttrek. Die bank het skynbaar toegegee aan druk van ander sakeleiers wat bang was dat die sakegemeenskap hom die argwaan van die president op die hals sou haal.
Suid-Afrika het ongetwyfeld een van die hoogste misdaadsyfers op die planeet, met 18 528 moorde wat die afgelope jaar plaasgevind het.