praag.co.za

Armoede in Afrika neem toe

Sowat 10% van die wêreld se bevolking bly in Afrika, maar terselfdertyd word 30% van die armste mense op die planeet ook hier aangetref.

Volgens die verslag was daar groei in die 60’s en 70’s, maar tussen 1975 en 1995 was daar ’n afwaartse tendens in meeste lande op die vasteland. In 1970 het 36% van Afrika se totale bevolking in geweldige armoede geleef. Teen die einde van die eeu het die syfer toegeneem tot ’n verstommende 50%.

Xolile Guma, adjunkgoewerneur van die Suid-Afrikaanse reserwebank, is van mening dat baie van Afrika se ekonomiese probleme toegeskryf kan word aan die onvermoë van regerings om by hulle beleid te hou. Gebrek aan kontinuïteit pootjie ekonomiese groei.

Die verslag beveel aan dat die “beleggingsklimaat” verbeter moet word, asook infrastruktuur en die “kapasiteit” van regeringsinstellings.

Die vrystelling van hierdie verslag val saam met ’n kabinetskommeling in Zimbabwe. Robert Mugabe het verskeie adjunkministers bevorder en van meer senior kollegas (waaronder die minister van finansies) ontslae geraak. Tans staan die inflasiekoers in die land op 1 281%. Geweldige tekorte word in winkels ondervind en daar word geskat dat sowat 80% van die bevolking onder die broodlyn leef.

купить свитер мальчику 8 леттопкарго

Comments

Leave a Reply