Dan Roodt: Finne en Afrikaners: gemaal tussen twee groot klippe

Deel op

‘n Mexikaanse president uit die negentiende eeu, José de la Cruz Porfirio Díaz Mori, het op ‘n keer die beroemde woorde gespreek: “Arme Meksiko, so ver van God en so naby aan die Verenigde State!” Net so kan ‘n mens seker uitroep: “Die arme Afrikaner, so ver van God en so naby aan die Engelse en die Nguni’s!”

Deur die geskiedenis het al ons probleme óf van Engeland óf van die Nguni’s (Zoeloes en veral Xhosas) gekom. Vandag word ons geregeer deur ‘n vreemde Engelstalige bewind wat hoofsaaklik deur Nguni-kiesers by die stembus ondersteun word. Die idee van “swart meerderheidsregering” in Suid-Afrika was hoofsaaklik ‘n Engelse idee, ten einde die kulturele hegemonie van Engels in die land te (her-)vestig, asook saam met die swartes te plunder aan die publieke en staatsbates wat Afrikaners in die twintigste eeu opgebou het. Dink maar aan Eskom, Transnet, die SAL, munisipaliteite, die SAW, ens.

Daar is ietwat meer Finne (5 miljoen) as Afrikaners; desnieteenstaande word hulle ook as ‘n “klein en onbeduidende volk” gesien. Die groot verskil is natuurlik dat Finland oor ‘n eie staat beskik wat nie minder nie as 338 424 vk. Kilometer (amper so groot soos Duitsland) beslaan. In Europese terme word die Republiek van Finland egter as ‘n “jong staat” beskou aangesien dit eers as ‘n newe-effek van die Russiese revolusie in 1917 onafhanklikheid verkry het. Vir die grootste deel van die geskrewe geskiedenis was Finland óf deel van Swede óf van Rusland. Nadat hy Finland van Swede verower het, het Tsaar Alexaner I van Rusland van die streek ‘n outonome hertogdom gemaak. Vir die eerste keer in ses eeue was Finland dus onafhanklik van Swede, maar steeds ondergeskik aan Rusland.

Finse onafhanklikwording in 1917 het ook nie sonder slag of stoot plaasgevind nie. Daar was groot verdeeldheid onder die bevolking en ‘n burgeroorlog, soortgelyk aan dié in Rusland, het tussen die “Wittes” en die “Rooies” uitgebreek. Weens die steun van Imperiale Duitsland, het die Finse Wittes egter die oorhand verkry. Die verdeeldheid tussen Wittes en Rooies het egter geslagte geduur en tydens die Tweede Wêreldoorlog moes die Finne weereens hul grondgebied verdedig, eers teen die Russe in 1939-40 en daarna teen die terugvallende Duitsers in 1944-45. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog en die Sowjet-inval in Finland, het die Finne vir die Duitsers kan gekies en saam saam met hulle aan die beleg van Stalingrad deelgeneem. Ongeveer 93 000 Finse soldate het tydens die Tweede Wêreldoorlog gesneuwel, hoofsaaklik om die land se onafhanklikheid teenoor Rusland te handhaaf. Ná die oorlog moes Finland ter wille van vrede met die Russe 10% van hul grondgebied afstaan, waaronder die provinsies Karelia, Salla, en Petsamo, asook die hawestede Vyborg (Viipuri) en die ysvrye Liinakhamari (Liinahamari). Dié hawestede het 20% van die land se nywerheidsvermoë verteenwoordig en 400 000 mense, min of meer die totale bevolking, het uit die gebiede wat onder Russiese beheer verkeer het, gevlug.

Kort ná die ineenstorting van die Berlynse Muur het vele Oos-Europese lande en volkere onafhanklikheid verkry, waaronder die klein Oosseestate, Lithaue, Letland en Estland. Dié landjies is eeue lank, hetsy deur die Pruise of Duitsers, hetsy deur die Russe oorheers.

Vir vele kleiner volkere verteenwoordig vryheid ‘n gelukskoot van die geskiedenis wat deur een of ander eksterne gebeurtenis bewerkstellig word. Ander moet eeue lank teen groter volkere daarvoor veg.

Dikwels was die Finne aan die ontvangkant van oorloë en besettings tussen Swede en Rusland. Die land het ook verskeie groot hongersnode beleef waartydens tot ‘n derde van die bevolking gesterf het. So onlangs as 1866-68, het 270 000 van die honger gesterf weens buitengewone koue, nat weer en die onwilligheid van die regering om geld vir voedsel in die buiteland te leen.

Waarom is dit vir ons ter sake? Feit is dat die Finne tot onlangs tussen twee groot Europese moondhede, Swede en Rusland, vasgevang was wat hulle oorheers en dikwels vir hulle groot ellende veroorsaak het.

Oor die afgelope twee honderd jaar, ly Afrikaners insgelyks onder Engelse en die aggressiewe Bantoestamme wat as die Zoeloes en Xhosas (gesamentlik: Nguni’s) bekendstaan. In die negentiende eeu is daar massamoorde op grensboere en op die Voortrekkers deur die Nguni’s gepleeg, terwyl die Engelse koloniale bewind ons op verskeie maniere verdruk het. Kort ná die Tweede Vryheidsoorlog, het Lord Milner gepoog om genoeg Engelse immigrante na Suid-Afrika te lok sodat ons heeltemal ondergeploeg kan word en as ‘n volk en kultuurgroep kon verdwyn.

In die aanloop tot 1994, het die meer radikale plaaslike Engelse, tesame met hul broers in Brittanje, ‘n nuwe alliansie met die Xhosa-oorheersde ANC gesluit om die destydse Afrikanerregering omver te werp en ‘n Afro-sosialistiese of -kommunistiese staat hier te vestig. Mandela se gebalde vuis het die oorwinning van Anglo-Afro-marxisme in Suid-Afrika gesimboliseer.

Onder Anglo-Afro-marxisme, is die Afrikanervolk tot uitsterwing bestem, soortgelyk aan die Britse konsentrasiekampe van 1900-1902. Daar word van ons gepraat as iets wat tot die verlede behoort en eintlik reeds verdwyn het, soos Afrikaans uit die howe en universiteite.

Soortgelyk aan die toestand by die Finne in 1918, is daar tans by ons ook Rooi en Wit Afrikaners wat baie erg verdeeld is. Die Rooi Afrikaners vereenselwig hulle volkome met die Anglo-Afro-kommunisme en beskou die ANC-bewind as ‘n ideale regering vir die land, of selfs enige land. In hulle geledere is mense soos die mediamagnaat, Koos Bekker, te vinde wat hom vir die postume verering van Bram Fischer beywer het, asook die vele Afrikaners wat in die Engelse joernalistiek bedrywig is. Eintlik is die “Rooi Afrikaner” ‘n soort linkse Engelsman wat bloot nog sy Afrikaanse naam of van behou, soos Adriaan Basson of Max du Preez byvoorbeeld. Dis nou nog afgesien van selfs meer sinistere figure soos Pierre de Vos en Christi van der Westhuizen wat dalk eiehandig die ANC mag oortuig dat oorblywende, patriotiese Wit Afrikaners deur Umkhonto-soldate voor die vuurpeloton gestel en gefussilleer behoort te word.

Rooi Afrikaners wil as enkelinge (of as Engelse, want die meeste verkies Engels as omgangsgtaal) in Suid-Afrika oorleef en sien Wit Afrikaners as ‘n “bedreiging vir die vrede”.

U mag sê dat Cyril Ramaphosa glad geen Nguni is nie. Maar hy is juis daardie rare verskynsel: ‘n soort verkleurmannetjie uit ‘n minderheidstam, soos Josef Stalin wat ‘n Georgiër was en geen rasegte Rus nie. As ontstamde Engelse Bantoe, handhaaf Ramaphosa ‘n balans tussen die ANC se faksies terwyl hy die Rooi Afrikaners en nog Rooier Engelse om hom versamel ten einde die revolusie, waaronder grondgryp en selfs die verdrywing van Afrikaners uit die land, nog veel verder as sy Nguni-kollegas te voer.

Feit is dat, terwyl ons tussen die twee klippe van die Engelse en Nguni’s verkeer, sonder eie soewereiniteit en seggenskap, gaan ons konstant fyngemaal word.

Julle is die oorheersers en júlle die vertrappers
van ons wat sterk is, maar magteloos verneder;
julle maal ons soos koring; julle eet ons soos brood,

het N.P. van Wyk Louw gedig.

Al is dit hoe klein, simbolies en onbenullig, sal ons moet begin weerstand bied. Die Rooi Afrikaner sal dalk die eerste wees om teen ons in die loopgraaf aan te lê, maar die pad na vryheid loop ook deur die skare verraaiers onder ons eie mense.

Lank lewe die Wit Fin, die Wit Afrikaner!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.