Sydney Gregan: So is ons verneuk!

Ek het onlangs die boek van professor Sampie Terreblanche, Lost in Transformation: South Africa’s Search for a New Future Since 1986 aangekoop. Nie dat ek enige bewondering vir die man het nie; inteendeel. Hy is ‘n onrehabiliteerbare liberalis en klaarblyklik sal nie eens die sigbare verval en agteruitgang in hierdie land hom van daardie kwaal kan genees nie. Die boek het in 2012 verskyn en bevat baie belangrike inligting juis omdat Terreblanche van belangrike gebeure kennis dra en selfs deel van daardie stuk geskiedenis was. Opnuut word ook besef hoe die Blanke in die 1992-referendum verneuk is.

Die skrywer merk tereg op dat die uitstaande kenmerk van die tydperk 1994 tot 2012 die intensifisering van die sosiale probleme van armoede, werkloosheid en ongelykheid is. Hierby moet natuurlik gevoeg word geweld, misdaad, onstabiliteit, wanorde en gepaardgaande vrees en onsekerheid. Hy skryf dit toe aan die feit dat Suid-Afrika (en by uitstek die swart ANC-elite) voor die 1994-verkiesing permanent gekoöpteer is as ‘n satelliet van die Amerikaanse neo-liberale wêreldryk. Die gevolg daarvan was dat ‘n nuwe swart elite geskep is in Suid-Afrika wat hulle aangesluit het by die bestaande wit elite en tot uitsluiting van die res van die bevolking. Hierdie elite werk nou saam met die korporokrasie van die VSA.

Volgens hom is daar sedert veral 1986 druk uitgeoefen op die NP-regering deur die minerale-energiekompleks (met aanhitsing vanuit die VSA en Brittanje) om ‘n nuwe bedeling in te stel wat geskoei is op die voorskrifte van die Amerikaanse globale ryk. Sowat 40 000 transnasionale maatskappye van die VSA gee wêreldwyd die pas aan en het deur gesamentlike druk daarvoor gesorg dat daar geen beperkings op hulle imperialistiese strewe gestel word nie.

Die groot gevaar vir die korporokrasie in 1994 was ‘n Nelson Mandela wat sou staan by sy sosialistiese strewes soos ook verwoord in die Freedom Charter. Gevolglik is geen steen onaangeroer geraak om Mandela (en uitgesoekte ANC-leiers) onmiddellik te betrek by geheime onderhandelinge wat deur Harry Oppenheimer te Little Brenthurst en later ook by die Ontwikkelingsbank gehou is. Inderwaarheid het die eintlike onderhandelinge hier, eerder as by KODESA plaasgevind. Die KODESA-onderhandelinge is uitgerek om die korporokrasie die geleentheid te bied om die ekonomiese model in plek te kry. Nadat dit in plek was, het die NP (snaaks genoeg!) skielik afstand gedoen van sy voorheen “onverbiddelike” eis vir ‘n minderheidsveto en magsdeling. Nou word ook verstaan waarom ‘n liggewig soos Roelf Meyer by KODESA was — die res was seker almal by Little Brenthurst!

Hierdie swart elite (Mandela en sy trawante) is inderwaarheid omgekoop om die voorskrifte van die korporokrasie te aanvaar. Terreblanche stel prontuit dat alle soorte onheiligheid (“unholiness”) daar moes plaasgevind het ten einde Mandela te oorreed om van ‘n suiwer sosialistiese strewe te beweeg na ‘n uitgangspunt waar die Amerikaanse neo-liberale dogma aanvaar is. Toe die Tussentydse Oorgangsraad wat Suid-Afrika vanaf 1993 tot en met 1994 regeer het, dringend ‘n lening van $850 miljoen nodig gehad het, het die IMF (Internasionale Monetêre Fonds) toegesien dat ‘n dokument onderteken word wat die ekonomiese beleid van die nuwe Suid-Afrika uitgespel het voordat die lening toegestaan is. Dus, die gepeupel het geen sê hierin gehad nie! Só is Suid-Afrika verbind tot die Amerikaanse model van neoliberalisme en markfundamentalisme. Dit het gepaard gegaan met beloftes van belegging, hoër groeikoerse, minder werkloosheid en dreigemente dat as die nuwe model nie aanvaar word nie die Suid-Afrikaanse ekonomie ontwrig sou word. Van hierdie beloftes het min, indien enige tereg gekom.

Met die aanvaarding van GEAR in 1996 het die ANC finaal gekapituleer voor hierdie Amerikaans-geleide aanslag. Terreblanche stel dit soos volg:

…the ANC was deceived on such a massive scale by false prophets who led South Africa, not to the promised land, but into a desert in which the poorest part of the population was doomed to live permanently in a systemic condition of abject poverty.

Asemrowende ekonomiese geleenthede is vir die nuwe swart elite geskep om hulle te voeg by die bestaande wit elite; iets wat vir feitlik een en almal van hulle (behalwe moontlik Chris Hani) onweerstaanbaar was. So was BEE (swart ekonomiese bemagtiging) en regstellende aksie maar net nog ‘n metode (slenter) (vanuit die wit elite) om aan die swart elite, eerder as die veramde swart massas geleenthede te bied tot blitsrykdom.

Die gevolge van bostaande geheime onderhandelinge (komplot) is vandag vir almal sigbaar. Sowat 14 miljoen hoofsaaklik swartes ontvang maandeliks ‘n maatskaplike toelaag. Werkloosheid het toegeneem tot 25% (dalk eerder 33%?) van die bevolking. 50% van die bevolking (waarvan 23,7 miljoen swartes) lewe in armoede en ontvang slegs 7,8% van die land se totale inkomste, terwyl die top 20% sowat 75% van die totale inkomste ontvang. Die swart elite het nou wel aangegroei tot ‘n aansienlike 6,3 miljoen.

Wat ook besef moet word is dat die “kompromie” wat in 1993 bereik is tussen die ANC-elite en die Amerikaans-geïnspireerde korporokrasie ‘n raamwerk daargestel het vir deurlopende konsultasie ten einde gemelde ooreenkoms in stand te hou. Dit verklaar dan ook waarom iemand soos Jacob Zuma verhinder word om sy eie minister van finansies aan te stel. Baie duidelik sal daar elke keer as buite die raamwerk van hierdie magsgroep opgetree word, ‘n berekende aanval op die Suid-Afrikaanse ekonomie gemaak word. Duidelik is daar ‘n regering agter die regering en is die parlement van Suid-Afrika maar net ‘n rubberstempel vir die besluite wat in die eintlike regering (die Amerikaans-geleide koroprokrasie) gemaak word. Die aanval op Zuma het baie meer te doen met die feit dat hy sy rug op die VSA-beheerde korporokrasie draai as sy onbevoegdheid en dan veral ook sy voorneme om eerder bande met veral China aan te knoop. Ramaphosa se gewildheid in die geledere van die korporokrasie (en sy rykdom) en sy steun aan hulle minister van finansies, Pravin Gordhan, verklaar ook tot welke mate Ramaphosa deur hierdie kliek omgekoop is.

Daar het baie boeke en artikels die afgelope 22 jaar verskyn oor die bedrog van ons huidige sogenaamde demokrasie en nog baie meer oor die verpletterende gevolge van die Amerikaanse ryk soos dit sedert veral die Reagan-jare ontplooi het. John Perkins, skrywer van Confesssions of an Economic Hitman en Hoodwinked wys op die geweldige invloed wat hierdie korporokrasie uitoefen in feitlik elke land van die wêreld.

Almost no politician gets elected without money that flows through them and their stockholders. They control the mainstream media, either through direct ownership or advertising budgets.

In die VSA is daar sowat 3000 betaalde stemmingmakers (“lobbyists”) wat betaal word om die openbare mening sodanig te beïnvloed dat die korporokrasie se standpunte en beleid sal seëvier. Om die mees geslepe vrou in die VSA en boonop geestelik siek en fisies bedwelm voor te hou as die ideale president van die magtigste land ter wêreld, getuig van absolute onaantasbare mag en daarteenoor, verstommende oningeligtheid en tragiese onmag.

Dit bring mens by die vraag waarom Afrikaners, wat hieroor ingelig is en bewus is van hierdie feite — veral dan oor die regering deur die elite in ons land en die komplot om dit te kon bereik en steeds in stand te hou — daaroor swyg? Die antwoord is tog duidelik dat hulle deel van hierdie elite is en in- en omgekoop is deur die korporokrasie en geen saak het met die armoede en ellende van mede-Afrikaners nie, ondanks pretensies tot die teendeel. Ek laat my nie vertel dat hulle nie bewus is hiervan nie.

Met hierdie toedrag van sake sal daar voortgegaan word om lippediens te bewys aan die versugting van die armes en is die saad gesaai vir toenemende spanning, geweld en misdaad in ons land. Aan die ontvangkant is die middelklas wat in die slag sal bly sou hierdie stand van sake voortduur. Dit is die middelklas wat geteiken word deur onteiening en wat hulle sal voeg by die bedelstand. In die res van Afrika is dit trouens opmerklik om te sien dat daar van ‘n middelklas geen sprake is nie, maar wel net van ‘n swart elite en ‘n bedelstand wat maar te bly is vir elke krummel wat na hulle kant toe gegooi word. Ons is, terwyl baie van ons dit steeds nie wil glo nie, vinnig daarheen op pad.

Intussen word ons ure lank vermaak met onsinnighede soos die “krisis” in Suid-Afrikaanse rugby, terwyl ons vermoë om weerstand te bied elke dag verder afgebreek word. Ons is klaarblyklik meer ontsteld oor gebreinspoelde beginsellose sportmanne wat te veel betaal word om swak rugby aan ons op te dis as oor die uitwissing van ons volk.

Mag die Afrikaner tog dringend tot kentering kom want soos gesien word in die res van Afrika is ‘n bedelstand duidelik nie in staat om weerstand te bied teen die onheil van hierdie bose geldmagte nie!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ou Transvaal

    Ek wonder wie die grootste verloorders sal wees wanneer die Zumpie-sirkus homself vernietig , die blanke of die ewig verontregtes ?Ons aandag word ook afgelei deur die holrug geryde studente manewales sonder dat ons notisie neem van bv, die Russiese Noordvloot wat op pad is na Sirië toe nie .

    • Vicky Moriarty

      WW 3 sal n uitstekende geleentheid bied vir die wit man in SA. Konflik sal hier volgens rasselyne uitbars. Dan moet ons net ‘n kant kies en n deel van die land verower namens een van die wereldmagte.

      • eduard

        Die blank Afrikaner/Boer moet homself uit die ww3 uithou. Veg nie vir ‘n swart regering of volk nie of nog minder vir die behoud van die edomietjood. Eerste en tweede wereld oorloe was joodsgedrewe oorloe.

        • Vicky Moriarty

          Die Afrikaner kon die Duitsers gehelp het in WW 2.

          • eduard

            Daar was Afrikaners wat die Duitsers gehelp het, maar onthou dat die vuilgoed Smuts van hulle in kampe gehou het.

          • Vicky Moriarty

            Een van hulle was Vorster, wie ook maar later aan voor Israel gekruip het.

        • Vicky Moriarty

          As n mag teen die Jood opstaan gedurende WW 3 sal ek daardie mag steun, al is dit China.

          • eduard

            Stem heelhartig met jou in die verband, alhoewel dit eerder ‘n kombinasie van Rusland en Sjina sal wees.
            Moet ook onthou dat dit die edomjode was wat vir Mao in die stoel geplaas het. Die Russiese volk sal nie maklik die onderdrukking deur die edomietjode vergeet gedurende die USSR tydperk nie.

  • Wat vir my nog steeds baie hartseer is is dat so baie van ons mense nie ‘n veer voel vir die armes van ons Volk nie. Die Armes in ons midde is ‘n goeie begin punt om eenheid tussen ons te bewerkstellig, ek kan nie glo dat iemand wat niks het nie ‘n helpende hand sal weg klap nie. As die ouers onder ons hulp staan kan die kinders tenminste gered word van die totale verval wat besig is om te gebeur.
    Dit is natuurlik ook baie makliker om geld by ‘n libirale of draadsittende blanke te kry om ‘n wit kind te help as om die ouers te help. Ons moet net soos die Clinton organisasie koppe bymekaar sit en kyk hoe ons die klomp verlore linkses om die bos kan lei en sorg dat hulle betaal vir die grondlegging van ‘n Volkstaat sonder dat hulle dit besef.

    • Ou Transvaal

      Elke hulpbehoewende Volksgenoot is ‘n aanklag teen ons dat die stelsel wat ons van mekaar verwyder verkeerd is al probeer ons verskonings aanbied …..ek stem saam met jou Jan.

    • Hans Onrust

      “Wat vir my nog steeds baie hartseer is is dat so baie van ons mense nie ‘n veer voel vir die armes van ons Volk nie.”
      Da’s hier ook een drama en schande, Jan. En dan krijgen die geofferde mensen nog vaak de schuld en een SYSTEMATISCHE trap na ook. Ook of juist zelfs in tijden dat er ontelbare totalitair verplichte naasten naar binnen worden gelogen. Linkse volksvijandigheid gaat goed samen met boosaardigheid van buiten.

    • Vicky Moriarty

      Die omstandighede gaan baie erger word voor die wiel begin draai. Kyk hoe het Duitsland gelyk voor Hitler of Frankryk voor Napoleon.

  • boerie

    Britse mynmagnate is waarskynlik agter die proteste, opstande en EFF wat van hulle fondse kry om geweld en anargie aan te hits. Natuurlik is dit eintlik ou nuus dat Brits-Amerikaanse geldmag wat die Joodse bankier lobby (wat Amerikaanse senaat beheer) insluit, Suid-Afrika se ekonomie en politiek al begin beheer het van die 80’er jare af. Dis wel so dat hulle die hoofstroommedia in die wêreld beheer en enige teenstander soos Donald Trump wat nie finansieël van hulle afhanklik is, sal swart smeer met bewerings van vroue teisterings ens.

    • Kalium_Chloraat

      Die oues wat die myne besit is hoogs waarskynlik dieselfde ouens wat die banke besit, so wat hulle verloor eenkant wen hulle anderkant.

  • Suidpunt

    Ek het in die vroeë oggendure Claus Nordbruch se ‘Reguit: onthulling en gesprekke oor Suid-Afrika se geskiedenis 1989 tot 1997’ (Maart 1997) klaargelees. Ek moet nog die resensie op Goodreads gaan skryf (miskien moet ek sommer hierdie kommentaar plaas…), maar drie feite staan vir my soos ‘n paal bo water uit.

    1. Die hele “as dit en dit gebeur, gaan ons oorlog maak!” “Ons is tot die tande gewapen en gaan ons grond vat!” “Die grond is deurdrenk van bloed…” het absoluut dadels van gekom. Van die mense het al hulle besittings verkoop om grond te gaan beset (volgens Andrew Ford van die BWB, omtrent die AWB), wat nooit verwesenlik het nie, wat tot die blanke plakkerskampe van die volkstaat Rustenburg aanleiding gegee het. Dit herinner my ook aan die opruiende leserskommentaar wat ek gelees het die dag toe Eugene Terre’Blanche se moord op Nuus24 bekend gemaak is (destyds nog gratis). Al wat gebeur het is die swak en papbroekige naam waarmee die konserwatiewe Boer/Afrikaner geëtiketteer is: want ook hiervan, om wraak te neem, het dadels gekom. Die Duitse skrywer (wat flippen goeie Afrikaans opgedoen het sedert sy aankoms op 27-jarige ouderdom in 1986 tot en met die jaar 1997! Vergeleke met ander landsburgers wat 12 jaar op skool sit en skaars ‘n sin ordentlik kan skryf…) het voorspel (in ag genome die Afrikanerdom of Boere se gedissiplineerdheid waarmee hulle grootword):

    “Maar solank hulle [Die Afrikaners/Boere] nog steeds alles in die supermark kan koop, na werk tot slapenstyd in kroeë en restourante kan sit en twee keer per jaar met vakansie kan gaan, ‘gaan dit darem nie te sleg nie’. Onder die gegewe omstandighede sal daar nie binne die afsienbare tyd ‘n opstand of ‘n bevrydingsoorlog in die land plaasvind nie. Solank die konsep ‘brood en spele’ nog werk, sal niemand so vermetel wees om vrywillig uit die vermeende sonskyn op die wal in die nat sloot te spring nie.”

    Maar let wel op die volgende paragraaf:

    “Nogtans: die geskiedenis leer dat die druppel wat die emmer laat oorloop wel eendag val. Gewelddadige opstand is die laaste middel in die stryd om vryheid en geregtigheid.”

    Dat daar probleme gaan kom met ‘n allesverterende stelsel kan nie verhoed of afgeweer word nie. Die bom moet een of ander tyd bars, al is dit ook oor 10 jaar, 20 jaar, 30 jaar. ‘n Mens aanvaar dit maar gelate so.

    2. Enigiemand wat die Afrikaanse letterkunde studeer het (of ten minste die koerantkoppe van die hoofstroommedia daardie jare dopgehou het), sou weet in die 1990’s tot vroeë 2000’s was daar ‘n sware “hand-in-eie-boesem-steek”/mea culpa/ons-almal-moet-onsself-ondersoek/Ons-is-almal-skuldig/Ons-moet-boete-doen-tendens (wat vandag nog eintlik voortleef!). Hieroor skryf Nordbruch eenvoudig: waar hierdie sogenaamde kollektiewe skuld onder die Duitsers en Afrikaners vandaan kom weet hy werklik nie, want “volgens die Germaanse opvatting van moraal en reg kan skuld egter nooit gesamentlik wees nie, maar slegs individueel”. Dit is een van die mees bevrydende sinne op bl. 208 wat ek in my hele lewe gelees het. Weet jy hoe moerlekker is dit om al daardie 10 kilogram bedrukte tannies en ooms se boeke nou in die drom te loop smyt? My boekrak en gemoed is nou soveel ligter. En dink net aan al die tyd en geld wat ek spaar! Ek kan my hele lewe soveel nuttiger aanwend. Laat ek dit dan opvul met Latynse boeke.

    3. Hoe meer ek die boeke uit die 1990’s lees, hoe minder kan ek verstaan waarom die meeste mense steeds alles wil glo wat op Staats- en betaalkanale versprei word. Dis presies dieselfde inligting, waarheid, halwe waarheid, waarheid buite konteks en leuens wat oor en oor herhaal word. Toe ek Nordbruch se boek lees, is die inhoud nog kraakvars, amper soos langlewemelk wat botter geword het. Om vandag joernalis te wees is werklik geen kuns meer nie. Soos in ‘n sielkundeleunstoel moet jy herhaaldelik die verlede opraap, die lesers moet dieselfde trauma deurmaak, en elke keer net meer verdrietig word (wat onbybels is, aangesien mens mos vergewe en vergeet). Nee wat, jy sal nooit die hoofstroommedia tevrede kan stel nie. Smeer maar vir jou sonbrandroom aan en gaan lê lekker in die sonnetjie. Ondertussen leef ons in 2016, ek wag nou nog op my vlieënde motor, my silwer katpak en robothond om die posman agterna te sit.

  • Krisjan Lemmer

    “Mag die Afrikaner tog dringend tot kentering kom want soos gesien word in die res van Afrika is ‘n bedelstand duidelik nie in staat om weerstand te bied teen die onheil van hierdie bose geldmagte nie”
    Ek stem saam maar HOE gaan of kan ons dit doen.
    Ons het nie meer n Jaap Marais nie ,WIE gaan vir ons die padkaart teken wat gevolg moet word ? Wie gaan ons lei in die uitrol en volg van die “padkaart”

    • Vicky Moriarty

      Dit gaan ‘n internasionale, gedesentraliseerde beweging soos die Alt Reg of iets meer radikaal wees.

    • Middag Krisjan,
      ons moet nou net baie versigtig wees om nie die eerste die beste persoon wat die moontlike regte klanke maak te volg nie.

      • Kalium_Chloraat

        Ek is darem genees van daardie soort naïwiteit.

  • Mattewis Kat

    Die teenoorgestelde vorm van “gesonde verstand” is “liberaal”. Laasgenoemde probeer homself altyd as verstandig handhaaf deur te probeer wys dat hy die heersende omstandighede akkuraat kan weergee. Vir die gemiddelde persoon (wat oor ordes meer verstand beskik) is dit niks meer as blote vermelding van die voor-die-hand-liggende. Die kern oorsaak van hierdie voor-die-hand-liggende gevolge is egter vir die liberaal heeltemal duister, want hy is self nie daartoe in staat om dit te verklaar nie, selfs al is sy eie hand die direkte oorsaak. Snaaks hoe hulle hulle terroriste engeltjies altyd as die “deceived” probeer uitbeeld. Terreblanche self is te dom om misleiding te ervaar.

    Ek weet nie of ek iemand wat die verdigsels van so ‘n sot deursukkel, moet respekteer of bejammer nie. Ek sal myself nie kan martel om ‘n liberaal se verdigsels van voorblad tot agterblad te lees nie.

  • Karel Combrinck

    Sela, Sydney, Sela.

  • Owen

    Anglo American, Solly Smith, Oppenheimer, Ackerman & Anton Rupert were all responsible, so were Mr Bloom from Premier foods.

    • Vicky Moriarty

      Jews, Jews and more Jews.

      • Owen

        And many Afrikaners too like Pik Botha & Carl Niehaus.

        • Vicky Moriarty

          Oh Yes.

        • eduard

          They were used and brainwashed and paid off by the edomitejews.

  • Rifrug

    ” … by uistek …” – ‘by uitstek

  • Kalium_Chloraat

    Die kommunis/sosialis haat die kapitalis, maar is lief vir die kapitaal. Toe Mandela uit die tronk uit kom het hy skielik Rdermiljoene. Dit is die boosheid wat daar gebeur het. Mammon is ‘n sterk en jaloerse god.

  • Maus

    Soos die geldmag geleenthede vir ‘n swart elite geskep het, het hulle dit vir ‘n wit Afrikaner elite gedoen in die jare voor Verwoerd se dood. Daar het die Verligtes hul morele kompas gekry, vanuit die beursie van Oppenheimer en kie.. dertig sikels silwer van die Sanhedrin soos bepaal.

  • Martin Dellow

    So wat nou? Lyk Vir my politieke poepolle , genoem ‘ leiers’ , kan doen net wat hulle wil en dit is hoe dit is? Hulle kom skotvry daarmee weg. Of hulle skuil agter ‘stigtings’, soos fw. Is daar geen eerlike en opregte Afrikaners , of Suid Afrikaners leiers meer oor nie? Ek sien elke dag in die verkeer hoe hatig witmense geword het opmekaar. Wat nou??

  • Die effektiewe Volksbegogeling deur kerk, ekonomie en politiek is besmoontlik te veel vir die gemiddelde burger se honger-verswakde spysverteringstelsel. Dit lei ook tot verswakking in die rugmurg. Maar dis ‘n kwessie van sink of swem meen ek, – minstens vir die wie kan sien sonder oogklappe, pienk-getinte lense of breinspoeling. Nee, een man kan nie toevertrou word met die nuwe Volksplan nie. Dit sal ‘n Raad moet wees met fyn uitgewerkde magte, wigte en teenwigte en ook besluitnemende en uitvoerende meganismes. Daar is hopelik nog internasionale vennote met integriteit daar buite.

  • Mrs Helen Baker

    Hello

    Welcome to Oasis Unicredit Loan Firm…This is a Financial Institution who is able to help people who need financial assistance! I’m here to introduce you to a loan program.Do You Need an easy Loans? Are you in a serious credit / debt and need financial assistance or loans to start a business? If you are rejected by banks and property loan?. Here, the appropriate interest rate is 2% and the loan does vary is to offer financial support, personal loans and unsecured loans available.

    To apply for a Loan today,contact Oasis Unicredit Loan Firm (oasisunicreditloanfirm@gmail.com).

  • Mrs Helen Baker

    Hallo

    Welkom by Oasis UniCredit Lening firma … Dit is ‘n finansiële instelling wat in staat is om mense wat finansiële hulp nodig het te help! Ek is hier om jou te stel om ‘n lening program.Do Jy moet ‘n maklike lenings? Is jy in ‘n ernstige krediet / skuld en finansiële bystand of lenings nodig om ‘n besigheid te begin? As jy verwerp deur banke en eiendom lening ?. Hier is die toepaslike rentekoers is 2% en die lening wissel is om finansiële ondersteuning, persoonlike lenings en onversekerde lenings beskikbaar aan te bied.

    Om aansoek te doen vir ‘n lening vandag, kontak Oasis UniCredit Lening firma (oasisunicreditloanfirm@gmail.com).